Sondag 15 Desember 2024

Godsaliges uit versoeking verlos

 In hierdie pos kyk ons na die begrip "godsaliges uit versoeking verlos": (2Pe 2:9) - "die Here weet om die godsaliges uit versoeking (Griekse woord "pi-ras-mos' wat verwys na beproewing - "om op die proef te stel")  te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word".


ROL AF VIR DIE VOLGENDE OPSOMMINGS:
- Kort opsomming
- Waarna verwys die begrip "godsaliges"?
- Waarna verwys "versoeking" en "oordeel" in hierdie gedeelte?
- Na wie verwys die onregverdiges in hierdie gedeelte?
- Verwys "versoeking" in hierdie gedeelte na 'n spesifieke tyd van beproewing? (vgl. met "uur van beproewing-Openb. 3).
- Wanneer gaan die godsaliges verlos word?
___________________________________________________________________________________
KORT OPSOMMING:

Hierdie skrif word baiemaal verkeerd verstaan omdat dit nie in konteks gelees word nie.  
-In konteks gaan dit oor wie geoordeel sal word en wie nie...,; 
-die begrip "verlossing van versoeking" verwys na die wat die toets deurstaan. 
Kom ons kyk na die konteks vd vers 
Volgens 2 Pet. 2:9 kan ons die volgende leer:
- (1) "die godsaliges word uit versoeking verlos";
- (2) "die onregverdiges word bewaar vir die dag van oordeel".   M.a.w., in hierdie skrif word die wat nie uit versoeking verlos word nie bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word (of anders gestel, die wat gestraf gaan word sal nie uit veroeking verlos word nie). In die gedeelte word onregverdiges vgl. met die wat nie godsalig is nie (m.a.w., die wat nie hulle lewens afsonder vir die Here nie - leef nie heilige lewens nie, leef vir volgens die Here se wil nie, maar leef vir hulleself of doen soos hulle self dink).

Godsaliges kom nie maklik onder versoeking nie (want hulle leef heilige lewens, en word dus op hierdie manier van versoeking verlos - word dus nie maklik deur die bose versoek nie); en selfs al word hulle versoek, oorwin hulle dit! (omdat hulle heilige lewens lewe),  en word op hierdie manier verlos van oordeel - hulle sal dus nie GEOORDEEL of GESTRAF WORD NIE -  hierdie is dan veral die belangrikste konteks van 2 Pet. 2:
- is die feit dat godsaliges (die heiliges/die wat heilige lewens lewe) nie gestraf sal word nie want die Here sal hulle verlos (van oordeel);
- en ook dat die wat heilig lewe hulleself beskerm teen versoeking
Maar die wat nie verlos word nie sal geoordeel word... 

Kom ons kyk wat word bedoel met "versoeking" en dit in konteks:  
Die woord versoeking hier is die Gr. woord "pi-ras-mos'", wat beteken om getoets te word (dit is veral wat dit beteken om versoek te word - "word getoets) - soos om deur die kwaad versoek te word;  en kan o.a. verwys na 'n spesifieke tyd van BEPROEWING - kyk bv. Openb. 3:10 (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/08/die-uur-van-beproewing-wat-oor-die-hele.html).  Tog in konteks wil dit voorkom of dit meer verwys na "verlossing van oordeel", NIE"verlossing van 'n spesifieke versoeking of beproewing" nie ("VERLOS" in die sin van, "sal nie geoordeel word nie") , alhoewel  die wat heilig lewe nie maklik versoek word nie! (en op daardie manier deur verlossing kry van versoeking). Kyk gerus na die voorbeelde in die gedeelte genoem, bv. die vloed (v.5) (duidelik was die vloed nie 'n toets nie, maar 'n oordeel);  die werping vd sondige engele in die hel (v.4) (dit was nie 'n toets nie, maar 'n oordeel);  die verbranding van Sodom en Gomorra (v.6) (dit was nie 'n toets nie, maar 'n oordeel.).... ONS SIEN DUS DAT IN DIE VOORBEELDE WAT IN DIE GEDEELTE GENOEM WORD, "verlossing" hier nie na "verlossing van 'n betrokke toets verwys" nie, maar VERLOSSING  in die sin van omdat hulle heilig lewe (of dus die toets slaag) sal hulle NIE GEOORDEEL WORD NIE. M.a.w., dit is waaroor dit hier gaan... ..Dit beteken nie noodwendig dat die godsaliges nie deur versoeking sal gaan nie (en dus daarvan verlos sal word nie), maar dat hulle verlos sal word in die sin van "gered van oordeel" omdat hulle die toets slaag. Min mense bly bv. staande wanneer hulle versoek word - in hierdie opsig kan beproewing of versoeking amper gesien word soos 'n oordeel vir sommige. 

In voorbeelde in 2 Pet. 2 genoem kry ons dus 'n goeie idee van wat hier met "versoeking" bedoel word. Duidelik verwys die woord "versoeking" self na 'n toets (om op die proef te stel), maar verlossing is bedoel vir die wat die toets geslaag het...
- Duidelik is die "engele wat gesondig het " BEPROEF;  maar die beproewing is nie die deel waar hulle in die hel gewerp is nie, maar hulle is in die hel gewerp omdat hulle nie die toets geslaag het nie. Die versoeking/beproewing het duidelik voor dit gebeur..., en omdat hulle nie die toets deurstaan het nie is hulle in die hel gewerp en wag om GEOORDEEL te word... (2Pe 2:4).
- Duidelik was die mense vd ou wereld BEPROEF;  maar die beproewing was nie die vloed self nie..., maar hulle was nie gespaar nie en wag om GEOORDEEL te word (omdat hulle nie die toets geslaag het nie)(2 Pet. 2:5).  
- Duidelik was die mense van Sodom en Gomorra BEPROEF;  maar die beproewing was nie die verbranding self nie, maar die verbranding a.g.v. die feit dat hulle nie die toets geslaag het nie, en hulle wag om GEOORDEEL te word. 
Die wat "uit versoeking" verlos word, is dus anders (bv. Lot, Noag en die engele wat nie gesondig het nie), en verwys dus na mense of engele wat die toets geslaag het! - al was Lot en Noag en al die engele beproef het die regverdiges nie vir die versoeking geval nie... (en daarom is hulle verlos en is maw nie geoordeel nie). Die begrip "verlos van versoeking" in hierdie konteks verwys dus nie daarna dat hulle glad nie versoek word nie, maar dat hulle gered word van oordeel! (omdat hulle die toets geslaag het). DIE KLEM IN HIERDIE GEDEELTE, LE M.A.W. IN "OF IEMAND GEOORDEEL WORD OF NIE"... (nie of hy versoek sal word of nie). Hulle almal is versoek of beproef!, maar die wat die toets geslaag het is "verlos van die versoeking" omdat hulle vasgehou het aan die geloof, en sal dus nie geoordeel word nie. Godsaliges verwys dus na die wat die toets of beproewing deurstaan (en daarom sal hulle nie onder oordeel kom nie) - hierdie is waaroor hierdie gedeelte eintlik gaan. 
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waarna verwys die begrip godsaliges in hierdie gedeelte?

In konteks verwys dit duidelik na die wat nie geoordeel gaan word nie. 
(REGVERDIGES sal uit versoeking verlos word)  
(ONREGVERDIGES sal nie verlos word nie, maar gestraf word)

Die woord "godsaligheid" kom in sowat 9 verse in die N.T. voor (waarvan 8 deur Timoteus gebruik is -1 Tim. 3:16; 4:7,8; 6:3,5,6,11; 2 Tim. 3:5) en 1 deur Titus (Tit. 1:1). 
(1Ti 6:6)  "Maar die godsaligheid (Gr. woord "yoo-seb'-i-ah", wat verwys na vroomheid, beteken heiligheid) saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins". Vir 'n studie oor wat dit beteken om heilig te wees, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/heilig-onheilig-ontheilig-opsomming.html. In wese verwys die woord godsaligheid sekerlik na 'n lewe wat afgesonderd is vir die Here;  m.a.w., om 'n heilige lewe te lei (afgesonderd vir die Here). "Godsaliges" word nie geoordeel nie;  m.a.w., die wat hulle lewens vir die Here afle (Hom dien, volg, gehoorsaamloof, glo, ens.) sal nie onder oordeel kom nie. Al word hulle deur die kwaad versoek, kies hulle om die Here te dien en gehoorsaam (en sal dus nie geoordeel word nie omdat hulle die beproewing geslaag het). Godsalige mense verwys dus na mense wat heilig lewe (afgesonderd vir die Here). Nie almal wat bely hulle glo in Jesus jaag inderdaad die godsaligheid na nie. As jy bv. nie gehoorsaam is aan Jesus en Sy Gees nie, dan jaag jy nie godsaligheid na nie, en leef dus nie "heilig" (afgesonderd vir Hom) nie.

Baie Christene is vandag van mening dat almal wat bely hulle glo in Jesus sal nie onder oordeel kom nie, maar is dit so?  2 Pet. 2 leer vir ons dat nie so is nie... Bv., wat van die onregverdiges onder die volk? (dit is juis waarna Petrus hier verwys). Wat van die goddeloses?  Hierdie twee groepe (nl. die onregverdiges en die goddelose) word spesifiek na verwys in 2 Pet. 2 (o.a. "valse leraars") as die wat ONDER OORDEEL SAL KOM.  Daar is 'n miskonsepsie onder baie Christene dat maak nie saak wat hulle in hierdie lewe doen nie, hulle sal nie geoordeel word daarvoor nie, maar die Skrif leer vir ons iets anders. Dink ons regtig dat onregverdiges, goddeloses en valse leraars in die kerk (net omdat hulle "Christene" is) verlos sal word vanordeel?, want 2 Pet. 2 leer vir ons die teendeel. Godsaliges sal, al gaan hulle ook deur die versoeking of die uur van beproewing wat oor die wereld kom, sal hulle nie val vir die versoeking nie, want hulle leef 'n lewe afgesonderd vir die Here om Hom te gehoorsaam en dien, wat natuurlik op beurt kan lei tot verdrukking). Die onregverdiges val egter vir die versoeking... (hulle leef vir hulleself), en sal onder oordeel kom... Ja, nie almal wat bely hulle is Christene sal uiteindelik verlos word nie.

KOM ONS KYK BIETJIE MEER IN OP DIE WOORDE "VERSOEKING" EN "OORDEEL" IN HIERDIE SKRIFGEDEELTE. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waarna presies verwys "versoeking" en "oordeel" in 2 Pet. 2:9?  
Wat presies is dit waaruit godsaliges verlos sal word? 

In hierdie brief verwys Petrus na hoe die GODSALIGES (die wat heilig lewe/die regverdiges) uit versoeking verlos sal word
maar hoe die ONREGVERDIGES  bewaar sal word vir die dag van oordeel om gestraf te word. 
In konteks verwys dit na wie gespaar word, en wie nie... (bv., die goddeloses en onregverdiges, vgl. met gevalle engele, ou wereld en stede van Sodom en Gomorra - en in konteks 2 Pet. 2 is valse leraars ook spesifiek genoem - hulle sal geoordeel en gestraf word;  goddeloses, onregverdriges en valse leraars sal maw nie gespaar word nie... - hulle sal nie uit versoeking verlos word nie, maar sal val in versoeking en daarom geoordeel word).  

Die woord "versoeking" in hierdie skrif verwys na "beproewing";  m.a.w., die wat versoek word word op die proef gestel (getoets).  Hierdie "versoeking/beproewing" kan natuurlik ook verwys na 'n spesifieke tyd van versoeking , bv. waarin 'n klomp mense versoek word...; bv. 'n "uur van beproewing" (soos die "uur van beproewing" wat oor die wereld gaan kom, waarna Jesus verwys het in Openb. 3:10, en ook in daardie skrif word die betrokke kinders vd koninkryk daar belowe dat hulle bewaar sal word in "die uur van beproewing"). Soos hier en ook in Openb. 3:10, is dit bv. duidelik dat hulle nie noodwendig weggeneem sal word vd aarde in so 'n uur van beproewing nie, maar "bewaar sal word in" die uur van beproewing. Dit in ag geneem is dit duidelik dat die woorde "UIT VERSOEKING VERLOS" in hierdie gedeelte nie noodwendig verwys dat iemand glad nie deur 'n spesifieke versoeking sal gaan nie, maar beteken volgens die konteks dat diesulkes NIE GEOORDEEL SAL WORD NIE( omdat hulle godsalige/heilige lewens lewe).  Die woord "VERSOEKING" verwys duidelik na "beproewing" (m.a.w. "om getoets te word"), maar verlossing daarvan verwys na "hoe hulle oorwin" (omdat hulle godsalig lewe) en dus nie onder oordeel sal kom nie;  m.a.w., alhoewel dit mag voorkom of die skrif leer dat godsaliges nie beproef sal word nie, leer die konteks vir ons iets anders - bv., volgens die voorbeelde wat gegee word gaan dit bloot oor die feit dat godsaliges nie geoordeel sal word nie... (want hulle leef heilige lewens of het die toets deurstaan). 

Die Here versoek niemand nie, maar Hy laat versoeking toe of laat dit nie toe nie. Dus, alhoewel dit nie die Here is wat iemand versoek nie, besluit Hy of ons deur so 'n beproewing gaan of nie... Somtyds is dit bloot mense se eie begeerlikhede wat lei daartoe dat hulle versoek word.  Somtyds is dit a.g.v. 'n harde hart wat iemand in versoeking gelei word... (Rom. 1). Die Here kan keer dat ons VERSOEK (beproef) word , (en dit is moontlik dat 2 Pet. 2 ook dit beteken). Jesus het o.a. vir ons geleer dat ons moet bid dat ons nie in die versoeking kom nie. Niemand van ons wil versoek word nie, want "om getoets/beproef te word" plaas jou in 'n posisie waar jy kan valDie wat "afval" verwys gewoonlik na die wat "geen wortel het nie" - hulle glo net vir 'n tyd en val af in tyd van VERSOEKING... (Luk. 8:6,13)(2de groep in die gelykenis vd saaier), of wanneer daar verdrukking of vervolging kom ter wille vd woord (wat soos 'n versoeking is), val hulle af ("die saad wat op die rots val" verdroog omdat daar geen vogtigheid is nie - m.a.w. is sonder water - bestudeer gerus die tema van hoe die geestelike mens water nodig het...  Daar kan ook ingekyk word op die tema van verharde hart/"saad op ROTS"). Hier sien ons dat die wat sonder water is die gevaar staan dat hulle kan afval in tyd van versoeking... (Matt. 13:20,21; Mark. 4:16,17). "Versoeking" hier kan na baie dinge verwys, maniere waarop iemand getoets word, o.a. verdrukking of vervolging ter wille van die woord... Daarom word die tema van verdrukking somtyds in hierdie konteks behandel omdat dit iemand kan versoek om afvallig te word vd geloof, maar natuurlik verwys die woord versoeking in 2 Pet. 2:9 nie noodwendig na 'n tyd van verdrukking nie... Verdrukking is eerder die gevolg van iemand wat nie vir versoeking val nie - dit is nie self die versoeking nie! (vgl. Luk. 8:13 met Matt. 13:21). Bv., as iemand deur die kwaad versoek word, beteken dit nie dat hy verdruk word nie, maar word versoek om verkeerd te doen - en as hy eerder kies om heilig te lewe dan kan hy verdruk word. IN DAARDIE OPSIG WORD "VERDRUKKING" SOMTYDS VGL. MET VERSOEKING (nie omdat dit die versoeking self is nie, maar omdat iemand verdruk kan word sou hy nie vir die versoeking val nie).

Die "dag van oordeel" waarna verwys word, verwys na 'n spesifieke dag of tye waarop mense geoordeel sal word... (2Pe 3:7 - "Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense"). "Oordeel" hier verwys na "oordeel om gestraf te word".
Hoe verlos Hy die godsaliges uit versoeking?  -As ons die gedeelte in konteks lees, praat hy van die valse leraars wat nie gespaar sal word nie (net soos God ook nie sekere engele gespaar het, asook die ou wereld nie...). Interessant hoe valse leraars in (2Pe 2:17) vgl. word met "waterlose fonteine" (hulle stel hulleself soos fonteine voor, maar hulle het nie regtig water nie, of die water wat hulle het is giftig...), asook "miswolke wat voortgedrywe word deur 'n stormwind' (wat wys op hoe hulle rondgewaai word deur dwaalleringe).  Hier word ook 'n vgl gemaak met die ou wereld... - wie is uit die "versoeking" verlos?  Noag, met sewe ander;  en Lot... - want God het hulle veilig gehou.  Die skrifgedeelte verduidelik dus vir ons "hoe" Hy die godsaliges uit versoeking verlos het: m.a.w., Deels kan dit verwys na hoe Hy nie sal toelaat dat die godsaliges beproef word nie, ja, maar met hierdie vb. genoem verwys dit dalk liewer na hoe Hy hulle sal BESKERM TYDENS BEPROEWING  (omdat hulle heilig lewe)(en sal dus nie sal toelaat dat hulle onder oordeel kom nie - dit is waaroor die konteks eintlik gaan). Bv., Noag en 7 ander is nie weggeneem uit die wereld nie, maar daar was van Noag verwag om in geloof 'n boot te bou wat hulle sou veilig hou. Hulle moes dus "deur dit gaan", maar hulle is te midde daarvan beskerm en het nie onder oordeel gekom nie.  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wie is hierdie "valse leraars" wat kinders van die koninkryk versoek en probeer verlei?:

NA WIE VERWYS HIERDIE "GODDELOSES" of "ONREGVERDIGES" volgens 2 Pet. 2?
(2 Pet. 2:1-22)
- (v. 1)  Valse leraars;
- (v.10)  die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop (bv., onrein / onteer liggame onder mekaar/skandelike hartstogte/natuurlike verkeer verander ens.-Rom. 1:24-27)(bv., begeerlikheid van die vlees1Joh. 2:16
- (v.10)  die wat die heerskappy verag en die heerlike wesens belaster; hulle belaster wat hulle nie ken nie (v.12)(vgl. met Jud. 1:8-10);
- (v. 13) hulle ag die weelderigheid oordag 'n genot - hulle is skandvlekke van smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met die godsaliges saamsmul (vgl. met Jud. 1:12)(en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe-1 Joh. 2:16);
- (v.14) met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug (die begeerlikheid van die oë-1Joh. 2:16)(Jak. 1:14);
- (v.15) het die regte pad verlaat en verdwaal, en die loon van ongeregtigheid liefhet (bv., die wat die waarheid van God verruil het vir die leuen-Rom. 1:25);
- (v.18,19) die wat ander verlok deur trotse woorde en onsin, deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid;  en vryheid belowe terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is;
- (v.20,21) mense wat, nadat hulle deur Jesus Christus die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle weer deur hierdie dinge laat verstrik en daardeur oorwin word; mense wat hulle afkeer vd heilige gebod.

Vgl. dit met Rom. 1:18-32 waarin dieselfde soort punte aangeraak word rakende die goddeloses en ongeregtiges:
- die wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk (Rom 1:18);
- alhoewel hulle God geken het en Sy verordeninge goed ken, het hulle Hom nie as God verheerlik of gedank nie (Rom. 1:19-21,32); 
- hulle gee voor dat hulle wys is, maar het dwaas geword in hul oorlegginge en hul onverstandige hart is verduister (Rom. 1:21,22);
- hulle stel God gelyk aan gode - maak Hom gelykvormig aan beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere; vereer en dien skepsele (Rom. 1:23, 25); 
- hulle is oorgegee aan die begeerlikhede van hulle harte (aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer)(v.25) 
- hulle is oogegee aan skandelike hartstogte (want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is, en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang (v. 26,27);
- hulle het die waarheid van God verruil vir die leuen (v.25);
- hulle is oorgegee aan 'n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie (hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig (v. 28-31);
- hulle doen nie net hierdie dinge alleen self nie, maar skenk ook hulle goedkeuring aan ander wat dit doen (v.32). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons vgl. die tyd van "versoeking" waarna verwys word in 2 Pet. 2:9 met die "uur van beproewing" (Openb. 3:7-13):

Wie is dit volgens Openb. 3:7-13 wat bewaar sal word in die tyd van versoeking?:
(Openb. 3:7)  En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:
(Openb. 3:8)  Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.
(Openb. 3:9)  Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
(Openb. 3:10)  Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
(Openb. 3:11)  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
(Openb. 3:12)  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.
(Openb. 3:13)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

In hierdie gedeelte verwys dit na die wat die Here se woord bewaar en Sy Naam nie verloen nie, ten spyte van die feit dat hulle min krag het en blootgestel was aan valse mense wat hulle verdruk.  
Vgl. dit met die konteks van 2 Pet 2 - ook in daardie gedeelte is dit die godsaliges/regverdiges wat nie beproef sal word nie. 

Wie is dit wat nie bewaar sal word nie?
Niemand wil versoek word nie - "om beproef te word" plaas jou in 'n posisie waar jy kan val. Jesus het o.a. geleer dat die wat "afval" verwys na die wat "geen wortel het nie" - hulle glo net vir 'n tyd en val af in tyd van versoeking (Luk. 8:6,13)("die saad wat op die rots val" - verdroog omdat daar geen vogtigheid is nie - m.a.w. is sonder water - bestudeer gerus die tema van hoe die geestelike mens water nodig het...). Vogtigheid word verkry van WATER - 'n plant het water nodig om te kan groei (en uiteindelik vrug dra).  Sonder water sal die geestelike mens nie wortel skiet (en kan groei) nie.  "Water" verwys na:
DIE WOORDE VD HERE, en Jesus Christus is DIE WOORD;
- die GEES VAN GOD;  
- die HERE is soos 'N FONTEIN VAN WATER.
As 'n geestelike mens nie in die Here bly en in Sy woorde nie, dan is hy soos 'n plant wat nie water kry nie. Sulke mense glo net vir 'n tyd (want hulle bly nie in die woord nie), en in tyd van versoeking val hulle af.  

2 Pet. 2 leer vir ons dat dit die VALSE LERAARS en ONREGVERDIGES en GODDELOSES is wat deur hierdie tyd van beproewing sal gaan (en as hulle nie die toets deurstaan nie, sal hulle bewaar word vir die dag van oordeel waarin hulle gestraf sal word). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer gaan die Here dan nou eintlik die godsaliges verlos?   
Nie tydens verdrukking soos sommige leer nie!, maar wanneer die Here wraak uitoefen op die onregverdiges... (op die dag van oordeel).  

In Luk. 18:1-9, die gelykenis van die onregverdige regter, (Luk 18:7,8 - "Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?) wil dit lyk of Jesus vir ons 'n uitkoms belowe om hierdie ander dinge vry te spring;  tog, wanneer ons dit in konteks lees met die vorige hoofstuk, asook spes. v.9, dan moet ons verstaan dat Hy gepraat het van die daardie "dag van die Here", m.a.w., die "dag van oordeel".  (v. 9: "En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel").  Nog 'n konteks in die gedeelte: (Luk 18:1  "En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie").

 Wie val NIE onder die godsaliges nie? (wie sal nie veilig gehou word op die dag van oordeel nie?):   - Duidelik die wat nie die godsaligheid najaag nie - die wat nie 'n afgesonderde lewe vir die Here leef nie (hulle word nie gesien as godsaliges nie). Vb.e wat gegee is om beter te verstaan is "DIE MENSE VAN DIE OU WERELD , EN  DIE MENSE VAN SODOM EN GOMORRA"  - dit verwys dus na die wat nie die Here ken nie, sedeloses, en die wat losbandig lewe, onregverdiges, goddeloses; 
-  OOK DIE VALSE PROFETE EN DIE VALSE LERAARS - die wat uit hebsug met verdigte woorde voordeel trek uit ander, die wat verderflike ketterye heimlik invoer, en die Here verloen...  (in ander woorde, hulle leef vir hulleself, maar gee voor dat hulle vir die Here lewe).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 - "die Here weet om die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel..."

Saterdag 26 Oktober 2024

Die term "OES"

Die term "oes" in die Skrif word gebruik in konteks met vrug oes, oordele, en roeping. VIR 'N OPSOMMING WAARIN SLEGS DIE OESTE AAN DIE EINDE VAN DIE WERELD BESPREEK WORD, GAAN NA: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/waarna-verwys-oes-in-die-bybel-1.html.

IN HIERDIE POS STAAN ONS VERAL STIL BY DIE HUIDIGE OES.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WAARNA VERWYS DIE TERM "oes"?

Dit verwys na:
- (1) "die oeste" / oordele wat sal plaasvind wanneer Jesus Christus terugkom (rondom die tyd vd Wederkoms - o.a. sal die kinders vd Koninkryk se vrug geoes word/sien punt 3, maar daar sal sekere oordele plaasvind aan die einde vd wereld wat verwys na die "wraak van God")(Openb. 14:15)(https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/waarna-verwys-oes-in-die-bybel-1.html).  
(2) die vrug vd gelowige sal "geoes" word wanneer Jesus terugkom (Matt. 4:26-29; 13:30)(vrug sal bepaal of iemand ingaan in die Koninkryk of nie). In die gelykenis van die Saaier (en sekere ander skrifte) is dit duidelik dat iemand op die toestand van sy hart en op "vrug" geoordeel sal word (gelowiges sal selfs op hulle woorde geoordeel word!)... (1 Sam. 16:7). 

Die term word ook gebruik in konteks van "roeping":
(3) waar dit verwys na Christene wat uitgaan om te "oes"... (om mense te roep vir die Koninkryk" (huidiglik - voor die Wederkoms)(Joh. 4:35 - "Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes")(Matt. 9:37,38). Alhoewel die huidige oes nie gesien word soos oordeel nie, bring mense tog 'n oordeel oor hulleself as hulle nie die waarheid wat aan hulle verkondig word aanvaar nie ("baie is geroep, maar min uitverkies"...-kyk o.a. die gelykenis vd bruilof en die wat uigenooi is, maar een het ingegaan sonder 'n bruilofskleed/Matt. 22:1-14).


IN HIERDIE POS STAAN ONS STIL BY DIE DERDE PUNT, nl. in konteks met roeping.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE HUIDIGE OES WAARIN ARBEIDERS SAAI EN MAAI: 

Jesus het op geleentheid die tema van "oes" spesifiek in konteks gebring van arbeiders wat nodig is in die Koninkryk van God... In 'n oes is SAAI en MAAI altwee nodig. Die Here stuur arbeiders uit - sommige SAAI, en sommige MAAI. Die wat vir die Here werk is besig met hierdie oes... (waarin die woord gesaai word, en vrug gemaai word). (Joh 4:35 - "Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.  En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai. Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan"). 

Ons sien dus dat die begrip "oes" (wat bediening aanbetref) gaan oor die huidige oes waarin mense uitgestuur word om te saai en maai.... - hierdie mense word na verwys as "ARBEIDERS" (arbeiders in die koninkryk van God /- soos mense wat gehuur word om in die wingerd te werk (Matt. 20:1-16) - sommige saai, en sommige maai;  EN HULLE VERDIEN LOON!, EN HIERDIE "LOON" VERWYS NA "vrug tot ewige lewe". .. (rol af vir 'n paragraaf oor die begrip "arbeiders", en hoe die hart van 'n arbeider moet wees).

(Mat 9:36)  En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.
(Mat 9:37)  Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
(Mat 9:38)  Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.

(Mat 9:37,38 - "Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur")

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAARNA PRESIES VERWYS DIE HUIDIGE OES?

Die term "oes" word gebruik om na iets spesifiek te verwys:
- Ons het reeds gesien dat wat nodig is vir 'n oes is SAAI en MAAI... (bv. die woord word gesaai en vrug word gemaai).(Joh 4:35 - "Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.  En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai. Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan"). Jesus het baie oor hierdie onderwerpe gepraat, nie net oor  -(1) gelowiges se vrug wat geoes word aan die einde vd wereld (Mark. 4:26-29; Matt. 13:24-30; 36-43) nie, maar ook - (2) oor die huidige oes... Maar waarna verwys die huidige oes? 

Kom ons kyk in watter kontekste het Jesus na die huidige OES verwys:
- SAAI en MAAI (kyk vorige paragraaf).
- (Matt. 9:35-38 - "En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur"). In konteks Matt. 9 is die manier hoe Jesus na hierdie "oes" verwys, dat die mense 'n herder nodig het - arbeiders word uitgestuur om vir die skape te sorg - hierdie is nie net bedoel in die fisiese (bv. siekes gesond maak-Matt. 14:14; kos gee-Matt. 15:32; ens.) nie, maar ook in die geestelike (bv. lering gee-Matt. 6:34; bring onwetendes tot insig en bring dwalendes terug-Hebr. 5:2; ens.).  M.a.w., die skape het 'n herder nodig wat hulle kan versorg.
Natuurlik is Jesus die groot Herder!, maar die arbeiders word in hierdie konteks ook gesien soos herders, meer spesifiek dat hulle ons Herder Jesus se opdragte uitvoer (vir die skape sorg). IN HIERDIE KONTEKS VERWYS "OES" NA "OM VIR DIE SKAPE TE SORG - om te voed, maak siekes gesond, gee lering, ens.

- (Luk 10:1-12 - "En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur. Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe. Moenie ‘n beurs of ‘n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie. En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis!  En as dáár ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer. Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie. En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word. En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.  Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê: Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het. En Ek sê vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in dié dag as vir daardie stad"). "Om te oes" verwys nie net na voed en oppas nie, maar ook om siekes gesond te maak en onwetendes tot insig te bring (soos ons hier sien). In Luk. 10 word die dissipels bv. gestuur na die skape van Israel, om hulle o.a. te vertel dat die koninkryk van God naby gekom het. In hierdie gedeelte sien ons dat daar na die dissipels verwys word as "arbeiders" (wat dus saai en maai) - hulle word soos "herders" uitgestuur ... Jesus is die groot Herder en het die perfekte voorbeeld gestel van wat dit is om 'n herder te wees (het die skares gevoed, siekes genees, lering gegee, ens.). Hy het ook baie moeite gedoen met die "verlore skape van Israel" (Matt. 10:6; 15:24). Die Here wil nie he dat Sy skape moet sonder wagter wees of ronddwaal a.g.v. verkeerde leiding of 'n tekort aan herders nie (Num. 27:17; 1 Kon. 22:17; Jer. 50:6; Eseg. 34:36; Sag. 10:2). Sy bemoeines met die skape van Israel gaan veral daaroor dat hulle 'n herder nodig het, en die Here stuur "herders" uit om vir Sy skape te sorg.  Wat presies is die die doel van 'n herder? Volgens Sag. 11:16 en Eseg. 34:3-6 -(1) bring 'n herder skape terug wat weggedryf of verlore is; (2) 'n herder laat die skape wei;  (3) 'n herder soek die wat verstrooi is; (4)  genees die wat gebroke is; (5) versorg die skape; (6) versterk die swakkes; (7) verbind die wat gewond is. Waar daar nie 'n herder is nie, vind verstooiing plaas... (Sag. 13:7,8). Maar l.w. dat "om te arbei" vir 'n oes nie net gaan oor die saai nie, maar ook "om te maai".  In hierdie gedeelte word die vrug duidelik gemaai... - bv., wat doen die mense met die lering wat hulle ontvang? Hulle hoor die waarheid, maar wat doen hulle daarmee?  Nie alle vrug wat gemaai word is goed nie.  In die gelykenis vd saaier het Jesus geleer dat sommige wel die woord hoor, maar dit nie aanneem nie (eerste groep). Wat gebeur met die wat dit nie aanneem nie? - in Luk. 10 is dit soos 'n oordeel wat hulle oor hulleself bring! In hierdie opsig is "oes" o.a. om ONWETENDES TOT INSIG TE BRING, maar as hulle nie die waarheid ontvang nie, bring hulle 'n oordeel oor hulleself.(Joh 12:47,48 - "En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag').

 ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BEGRIP "ARBEIDERS":
In die Here se koninkryk is Hy soos die huisheer wat arbeiders vir Sy wingerd huur... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/07/die-here-se-wingerd.html). 
(Mat 20:1)  Want die koninkryk van die hemele is soos ‘n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om ARBEIDERS vir sy wingerd te huur.
(Mat 20:2)  En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir ‘n penning op ‘n dag, stuur hy hulle in sy wingerd.
(Mat 20:3)  En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan.
(Mat 20:4)  En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan.
(Mat 20:5)  Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen.
(Mat 20:6)  En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig?
(Mat 20:7)  Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.
(Mat 20:8)  En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.
(Mat 20:9)  En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ‘n penning ontvang.
(Mat 20:10)  Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ‘n penning ontvang.
(Mat 20:11)  En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer
(Mat 20:12)  en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
(Mat 20:13)  Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ‘n penning nie?
(Mat 20:14)  Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.
(Mat 20:15)  Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?
(Mat 20:16)  So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies. Hierdie gedeelte moet in konteks met die vorige hoofstuk gelees word, waarin die konteks (soos hier) gaan oor  "wat eerste is sal laaste wees, en wat laaste, eerste". Dit gaan  oor hoe ons moet opgee ter wille vd koninkryk van God - die wat die Here wil volg moet hulle lewens opgee. Volens hfst. 20 maak Jesus dit duidelik dat dit nie gaan oor hoe lank jy vir die Here werk nie, maar (volgens hfst. 19) oor die feit dat jy jou lewe vir die Here afle. M.a.w., arbeiders verdien nie vrug (tot lewe) vir hoe lank hulle vir die Here werk nie, maar hoedanig hulle bereid was om hulle lewens af te le vir die Here. In hfst. 19 word die ryk man gevra om sy goed te verkoop en aan die armes te gee (en dan kan hy die Here volg...) - so word hy "ryk in die Here". Hier sien ons hoe die gesindheid van die arbeider behoort te wees - dit moet nie vir jou belangrik wees hoeveel jof hoe lank y vir die Here werk nie, maar wat belangrik is is om jou lewe op te gee (ter wille van die Here se werk)! 

Die vrug vd gelowige wat geoes sal word aan die einde vd wereld, verwys nie na verdienste uit aardse werke/rykdom nie (want dit verdien jy alreeds op aarde!)(Luk. 12:13-21), maar gaan oor wat jy opgee in die lewe ter wille van die Koninkryk... (gaan oor rykdom in die Here-Matt. 13:44).  Ons visie op "oes" moet reg wees! - 'n arbeider arbei nie in die Koninkryk van God om homself te verryk nie (Luk. 12:13-21). In hierdie pos sien ons bv. dat die huidige oes verwys na arbeiders wat vir die skape sorg, maar hierdie "dade" wat hulle doen gaan nie oor om die self te verryk nie, maar om ryk te word in die Here;  bv., (1) hoe wend jy aardse werke en rykdom aan in die koninkryk van God?; (2) is jy bereid om in "die Here te bly" en dus wereldse wysheid en eie wil te verloen?;  ens.  Bestudeer gerus wat dit beteken om "ryk te word in die Here" (https://warechristene.blogspot.com/2017/09/wat-dit-beteken-om-ryk-te-wees-in-god.html). Die arbeider is inderdaad sy loon werd, en beslis verdien werke in die Koninkryk van God vir ons vrug (wat op beurt geoes sal word wanneer Jesus terugkom)Hoe gebruik jy die geld wat die Here aan jou gee, of die bediening wat Hy aan jou gee?, of talente? Is jy besig om die Koninkryk van God eerste te soek? (is jou begeerte om ryk te word in die wereld, of ryk in die Here?). En "bly jy in die Here"/KEN jy die Here?, en doen Sy wil? Jesus het geleer dat om vrug te kan dra moet ons IN HOM BLY.  Om 'n arbeider te wees in die Koninkryk van God en bv. die evangelie te verkondig, maak jou ryk! (in die Here) - jy verdien vrug...

ANDER BEGRIPPE WAT VIR "SKAPE" GEBRUIK WROD:
Daar is ook heelwat ander begrippe wat gebruik word vir die kinders vd Koninkryk om hulle stand of doel in verskillende kontekste te verduidelik..., bv. in Matt. 13, 22 en 25 word hulle "diensknegte" genoem;  in Matt. 25:1 word hulle "maagde" genoem;  of "bruilofsgaste" in Matt. 9:15; Johannes die doper het homself "vriend" genoem vd Bruidegom, en Jesus het ook in Joh. 15:15 verklaar dat die aan wie Hy Sy planne openbaar Sy "vriende" genoem word;  in sommige skrifte word hulle skape genoem, in ander koring, ens..... In die spesifieke konteks van arbeiders wat nodig is (bv. Matt. 9:36 en Luk. 10:1,3) het Jesus verwys na hoe die skape 'n herder nodig het en versamel moet word omdat die koninkryk naby is... Die begrip ARBEIDERS word in hierdie geval spesifiek gebruik om te verwys na die wat UITGAAN OM TE OES (te saai en te maai).  Wat is dit wat hulle saai?  - natuurlik die waarheid en goeie dade... Wat is dit wat hulle maai?  - natuurlik "vrug"...  "Oes" in hierdie konteks verwys daarna om vir die skape te sorg en voeding te gee (sodat hulle self ook kan groei en vrug dra), maar dit verwys ook na om mense gereed te kry om in die Koninkryk in te gaan (soos om hulle te nooi, sodat hulle die lig kry en instaat word om plante te word wat kan groei). M.a.w., as daar 'n oes is beteken dit noodwendig daar is plante/bome, en die arbeiders se plig is om hulle UIT TE NOOI en VIR HULLE TE SORG EN KOS EN WATER GEE.  Die genooides is soos bome wat lig gekry het (hulle het die Heilige Gees), en hulle kry hulleself gereed vir die Bruilof - het dus nodig om te groei sodat hulle kan vrug dra... (want hulle vrug sal geoes word wanneer die Bruidegom kom ).  Dit is dus duidelik dat hierdie soort beeldspraak in baie skrifte gebruik word. 

Die Here het arbeiders nodig wat mense kan uitnooi en Sy lammers en skape kan voed en laat wei... Paulus het hierdie goed verstaan en homself ook gesien as 'n ARBEIDER (as 'n arbeider in die koninkryk van God): (1Kor. 3:6-9 - "Ek het geplantApollos het natgemaakmaar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle").  

-  ARBEIDERS WORD UITGESTUUR (Luk. 10:1,2), en daar word vd arbeiders verwag om gehoorsaam te wees aan die wil vd Here (dit is o.a. soos voedsel vir hulleself), want hulle sal elkeen loon ontvang vir hulle arbeid (hulle loon in hierdie geval verwys na "vrug" - wanneer hulle die wil vd Here doen en "uitgaan", is dit soos kos vir hulle - wat groei en dus vrug tot gevolg het). Die Here "huur" mense om arbeiders vir Hom te wees (Matt. 20:9) - hetsy 'n arbeider vroeg of laat "gehuur" (geroep) word, hulle sal dieselfde loon ontvang (Matt. 20:9-16).  Arbeiders word gehuur om vir die skape om te gee (kyk vorige paragraaf; Mark. 12:1-12). 

-  SOMMIGE ARBEIDERS IS SAAIERS (doen plantwerk), EN ANDER IS MAAIERS (hulle gee kos en water sodat die bome kan groei en vrug dra)(1 Kor. 3:6-9)(Joh 4:34-37 - "Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring. Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die term "DIENSKNEGTE":
Die kinders van die Koninkryk van God word o.a. "diensknegte" genoem, want hulle is eitlik almal soos eersgeborenes en 'n afgesonderde priesterdom (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/n-heilige-priesterdom-n-volk-as-eiendom.html). Terwyl  "arbeiders" gehuur word vir spesifieke werke, is alle kinders vd Koninkryk mense wat "vrug verdien" tot ewige lewe... (Joh. 4:36; Rom. 6:22).
-(Joh 4:36)  En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
(Rom 6:22)  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

Elke kind van die Koninkryk van God se vrug sal eendag geoes word.  Die vraag is of  ons die nodige vrug sal dra om die lewe te verkry? (kyk gelykenis vd saaier).

(1) Kinders vd Koninkryk se vrug sal geoes word wanneer Jesus terugkom:
(Mar 4:26)  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27)  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28)  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29)  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.
Kinders vd Koninkryk is soos saad wat in die wereld geplant word, en het (geestelike) kos en water en lig nodig - lig word gegee (nl. die Heilige Gees), kos en water word deur die bedienaars in die Koninkryk gegee (sekere mense word geroep om dit te doen), en God laat groei....  GEESTELIKE GROEI IS NODIG OM VRUG tot lewe TE DRA (en dus is geestelike kos en water ook nodig, want 'n boom het dit nodig om te kan groei)( asook is die lig vd Heilige Gees nodig).  Om vrug tot LEWE te dra, het ons dus as gelowige bome geestelike kos en water en lig nodig, en het nodig om in die Here te bly!

(Mat 13:30 - "Laat altwee (koring en onkruid)(opregtes en valses) saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur"). Dit is die "oestyd"!, en dan sal die onkruid (die valses in die koninkryk van God/kerk) verwyder word vd koring (opregtes). (Mat 13:39 - "en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele"). Bestudeer gerus die gelykenis vd saaier om hierdie nog beter te verstaan. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer die oes daar is...:

Daar is 'n spesifieke tyd wanneer geoes word (Jes. 18:5).  
 (Joh 4:35-38 -  "Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai. Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan").

Die voleinding vd wereld word o.a. gesien soos 'n oestyd... (die woorde "die oes is ryp" word o.a. gebruik), want dan word die "vrug van baie geoes";  nie net van die kinders van die Koninkryk nie, maar daar sal ook ander oordele plaasvind (bv. die val van Babilon en die slag van Armageddon - Openb. 14:15; Joe 3:13). Jesus het o.a. verwys na die huidige oes toe Hy sien die skare was soos skape wat geen herder het nie, moeg en uitgeput...  Tog was daar baie leiers rondom hulle (maar wat hulle nie in die waarheid gelei het nie) - "blinde leiers" noem Jesus hulle op 'n plek - leiers wat nie sien soos die Here sien nie en Hom nie regtig KEN nie.  ARBEIDERS is veronderstel om vir die kudde te sorg en die wil van die Here te soek en doen (hulle moet hulle lewens opgee) - dan kan hulle "maai".  

Die huidige oes is nie maklik nie, want dit is soos om skape onder wolwe in te stuur... (Matt. 10:16 -  "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe"). En in hierdie "oes" gaan jy nie altyd maai nie (al is daar gesaai!), en die wat hulle harte verhard is ook geneig om in opstand te kom teen die wat die waarheid verkondig. Vir 'n arbeider om in sulke omstandigheid te bly vashou aan die Here, is nie altyd maklik nie (maar nodig om loon te verdien). Die een wat uitgaan om te oes, sal vervolg word, selfs onregverdig behandel word, dalk doodgemaak word en ervaar dat hy soos 'n skaap onder die wolwe ingestuur is (hope voorbeelde hiervan in die Evangelies). Die Christen moet dus nie voel hy't gefaal wanneer iemand nie gehoorsaam wil word aan die Here nie, want elke mens het 'n wil en maak nie saak hoeveel jy vir iemand preek nie, elkeen moet self besluit - besef dus dat in die huidige "OES" nie almal die woord sal aanneem nie.

(Joh 4:34)  "Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring".   -...En dan uit hierdie woorde van Hom vertel Hy vir hulle van die oes... Die gedeelte word ook voorafgegaan met waar Jesus gaan sit het by die fontein van Jakob en met die Samaritaanse vrou gesels het.  Hy vertel o.a. vir haar dat Hy die Messias is.  Intussen het Sy dissipels daar aangekom en het by Hom aangedring dat Hy iets moet eet, waarop Jesus geantwoord het:  (Joh 4:34) "... My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring".  Dit gaan dus in hierdie gedeelte oor:  "om mense te vertel, of te evangeliseer"."Saai en maai" gaan oor "gee" - (2 Kor. 9:6,7 - "Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief")  (Gal 6:7-9 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie"(vgl. dit ook met die skeiding van die skape en bokke - Matt. 25:32,33).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 12 Oktober 2024

Die Nuwe Jerusalem

In hierdie pos bestudeer ons die onderwerp "DIE NUWE JERUSALEM"(Openb. 3:12; 21:2).

Vir 'n KORT OPSOMMING ("feite oor die Nuwe Jerusalem"), gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2015/07/feite-oor-die-nuwe-jerusalem.html.

Die volgende word in hierdie pos bespreek:
- Wat is die "nuwe Jerusalem"?
- KORT OPSOMMING
- Die Nuwe Jerusalem voorgestel as Bruid / Vrou van die Lam.
- Wie sal eendag in die Nuwe Jerusalem woon, en wat word vir gereddes belowe?
- Volgorde van gebeure - wanneer sal die Nuwe Jerusalem op die aarde neerdaal? 
- Sal daar 'n tempel wees op die nuwe hemel en aarde?
- Hoe lyk die Nuwe Jerusalem?
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE NUWE JERUSALEM:

Die NUWE JERUSALEM verwys na 'n stad wat vanuit die hemel sal neerdaal op die nuwe aarde 
(aan die einde van Jesus se 1000 jaar regering/Ryk), maar oor die eeue was Jerusalem verskeie male "nuut gemaak"... (2 Kon. 22:14; 2 Kron. 34:22).  Wanneer Jesus Christus terugkom sal ook baie dinge van Jerusalem nuut gemaak word - bestudeer gerus die onderwerpe: (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2024/07/die-olyfberg.html) en (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/06/nuwe-hemele-en-nuwe-aarde-die-here-sal.html). In hierdie pos kyk ons veral na die "nuwe Jerusalem", 'n STAD wat vanuit die hemel sal neerdaal op die nuwe hemel en aarde nadat die 1000 jaar "volgende eeu"-bedeling verby is(Openb. 3:12 - "Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam") (Openb. 21:2 - "En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is").

- Die aarde en hemel sal nuut gemaak word, en die (nuwe) stad Jerusalem sal op die aarde neerdeel... (Openb. 21 en 22)(en die wat gered word sal daarin woon-Openb. 21:3). (Openb. 21:1,2 - "En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is").

- Jesus het o.a. na hierdie stad verwys as "die STAD VAN GOD"  (Openb. 3:12 - "Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam").

- Daar word ook na hierdie stad verwys as "DIE HEILIGE STAD" (Openb. 21:2).  Oor al die eeue was die stad Jerusalem gesien as 'n heilige stad (Neh. 11:1,18; Dan. 9:24; Matt. 4:5; Openb. 11:2), en sal ook 'n heilige stad wees in die 1000 Ryk (Jes. 52:1), en is vir ewig heilig (afgesonder)!

- Die nuwe Jerusalem word o.a. voorgestel soos 
"DIE BRUID VAN DIE LAM", of 
"DIE VROU VAN DIE LAM". (Openb. 21:9). 
_________________________________________________________________________________
KORT OPSOMMING:

-  NUUT:  Die woord "Jerusalem" kom in sowat 768 verse in die Bybel voor, en verwys na 'n stad (in Israel) (2Kon. 22:14 - "Toe gaan die priester Hilkía en Ahíkam en Agbor en Safan en Asája na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder—sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon—en hulle het met haar gespreek")(2 Kron. 34:22)  Die groot stad, nuwe Jerusalem, verwys nie na die oue nie, maar 'n NUWE wat uit die hemel van God sal neerdaal op die nuwe hemel en aarde...  (Openb.  3:12 - "Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam")  (Openb. 21:2 - "En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe (Gr. woord "kahee-nos'") Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is").

HEILIGE:  Die stad Jerusalem word ook die "HEILIGE Jerusalem" genoem (soos iets wat seremonieel afgesonder is)(Openb. 21:10 - "En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal")(Openb. 21:2 - "En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is").
STAD VAN DIE LEWENDE GOD: Die nuwe Jerusalem word o.a. die "stad van die lewende God" (nie enige of afgod nie) genoem (Heb 12:22 - "Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende Goddie hemelse Jerusalem en tien duisende engele")(Hebr. 13:14). Op hierdie stadium is hierdie nuwe stad (Jerusalem) IN DIE HEMEL waar God woon (derde hemel)..., maar sal op die nuwe hemel (1ste/2de hemelen (nuwe) aarde neerdaal aan die einde van die 1000 jaar Ryk (Openb. 21 en 22). 

TOEKOMSTIGE, BLYWENDE STAD: Die nuwe Jerusalem is toekomstig (dit is nie die huidige Jerusalem nie) en sal blywend wees... (is vir ewig die stad waarin die gereddes sal woon)(Heb 13:14 - "Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige").

VIR EWIG: Die stad Jerusalem sal vir ewig bewoon word (Jer 17:25 - "dan sal deur die poorte van hierdie stad konings en vorste ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle vorste, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem; en hierdie stad sal vir ewig bewoon word")(Joe 3:20);  nie dat dit altyd dieselfde daarna sal uitsien nie, maar sal vernuwe word en sal vir ewig bestaan! (2Ki 21:7 - "Hy het ook ‘n gesnede beeld van Asjéra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan die HERE vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig")(2 Kron. 33:4,7).

"VRY":  Die nuwe Jerusalem is bedoel vir die "kinders vd vrye" (die kinders vd belofte)(Gal 4:26 - "Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal") - is bedoel vir die wat gered word.

OPSOMMING - Openb. 21,22:
(hierdie is 'n opsomming van basiese feite oor die nuwe Jerusalem uit hierdie twee hoofstukke)
-(1)  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees
         (21:7):
- daar sal geen dood meer wees nie (21:4)(die wat gered word sal vir ewig lewe)
- daar sal ook geen droefheid en geween en moeite meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan (21:4)(dit wat deur die sondeval gekom het, nl. kennis van goed en kwaad, sal nou herstel wees - l.w. dat "goed en kwaad" hier verwys na blootstelling aan goed of sleg-Gen. 2:9; bv. "goed" in hierdie konteks verwys na dinge wat goed is soos mooi, beste, beter, vrugtevol, opgewonde, vredeliewend, liefdevol, plesier, voorspoed, welvaart, ens....; terwyl "sleg" in hierdie konteks verwys na dinge soos teenstand, verkeerd, sleg, ellende, rampspoed, bedroef, seermaak, swaar, siek, lawaaierig, ellende, seer, sleg af, ontevrede, goddeloos, nood, ens....)
- En daar sal in die Nuwe Jerusalem niks inkom, iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam (21:27).
(Rev 22:12)  En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
(Rev 22:13)  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.
(Rev 22:14)  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
- (2)  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood (21:8).
- En daar sal in die Nuwe Jerusalem niks inkom, iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam (21:27). ("verontreinig" beteken "nie skoon nie"/is besoedel, besmet - niks wat "vuil" is, onrein, sal in die Nuwe Jerusalem inkom nie)  (in die nuwe Jerusalem sal geen gruwels wees nie - gruwels verwys veral na dinge waardeur ons verontreinig kan word..., bv. afgodsaanbidding, sonde wat bloedskuld veroorsaak, en heidense geloofspraktyke)  (baie dinge val onder die onderwerp van "leuens", bv. laster, kwaadspreek, godslasterlik, belaster, verleiding deur leuens, ens.)
- (Rev 22:15)  Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die
afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

Hoe word die Nuwe Jerusalem beskryf?
- (3)  Die Nuwe Jerusalem:
- die bruid, die vrou van die Lam (21:9).
- groot stad (21:10).
- sal uit die hemel van God neerdaal (21:10).
-  en dit het die heerlikheid van God  en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen (21:11).
- en dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel (21:12).
- Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte (21:13).
- En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam (21:14).
- En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl ("12000 furlongs"); sy lengte en breedte en hoogte was gelyk (21:15). (HIER IS EEN INTERPRETASIE VAN DIE OPMETINGS: (myl - basies afstand van resiesbaan - vandag, 'n myl is 'n afstand wat gelykstaande is aan 5,280 voet of 1,760 yards (1,609 m) - wat weer verskil van 'n seemyl wat 6,076 voet is (of 1,852 m)): Dus:  op vandag se mate van 'n myl: (1500 myl x 1,609 m = 2413500 m = 2413.500 km);  Dus, as dit reg is, dan is die opmeting van die stad sowat 2414 km. HIERDIE LYK OF DIT VERWYS NA DIE STADSMUUR IN GEHEEL (m.a.w. al 4 kante van die muur saam) - as dit die geval is dan is die stadsmuur 2414 km. in geheel, nie elke kant van die muur nie. As dit so is, dan is al die kante saam = 1500 myl, en daarom, as elke muur 375 myl is, dan sou dit beteken dat elkeen van die 4 kante van die muur sowat 604 km. is in lengtebreedte en hoogte), MAAR HOE KLOP DIT MET DIE VOLGENDE VERS? - En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el , volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is (21:16) HIER VERTEL HY VIR ONS WATTER MANIER DIE ENGEL GEBRUIK OM DIE MUUR TE MEET, EN DAT DIT 144 CUBITS (144 EL) - wat dieselfde is as wat die mens gebruik.  Dus:  12000 furlong (vir die stadsmuur) = 3000 furlong (vir elke kant van die muur)- 1 furlong  =  440.001 cubits Dus:  (stadsmuur is 12000 furlongs) - daarom, 12000 x 440.001 cubits = 5280012 cubits = 1500 myl (stadsmuur) Dus:  (elke kant is 3000 furlongs) - daarom, 3000 furlongs x 440.001 cubits = 1320003 cubits = 375 myl (elke kant van die muur) Dus:  375 x 4 = 1500 myl (die stadsmuur. DUS:  volgens Openb. 21:15 is die stadsmuur (al 4 kante saam) 1500 myl (of 2414 km.);  daarom, elke kant van die muur, na noorde, ooste, weste en suide, is 375 myl (of 604 km.) elk (d.w.s. die stad in lengte, breedte en hoogte!).  Openb. 21:16 bevestig dit deurdat hy gee presies watter mate gebruik is - ons hoef dus nie eens op te soek of hulle mates in daardie tyd verskil het van vandag nie, want die mate wat gebruik is word in v. 16 gegee).

- En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas (21:18).
- En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag; die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís (21:19,20).
- En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas (21:21).
- En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam. En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid. En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin (21:22-24)(Openb. 22:5). En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie; en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring (21:25,26).
- En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam (21:27).
- En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies (22:1,2). (Rev 22:16)  Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
(Rev 22:17)  En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
- En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien. En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees (22:3,4).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die "nuwe Jerusalem" word as die BRUID voorgestel/ ook voorgestel as die VROU VAN DIE LAM:
(Openb. 21:9)  En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.

(beide die volk en land Israel, en die "Nuwe stad Jerusalem"

 word in 

die Skrif as die Lam se vrou voorgestel)


Wie is die "bruid van Christus" of die Lam se vrou?  - In die Skrif word hierdie soort beeldspraak gebruik om aan te toon hoe Jesus Christus Hom aan die volk en land (Israel) sal trou, en aan Jerusalem...  (Jes. 54:5; 62:4; Openb. 19:7). 2 Geleenthede kan uitgesonder word wat verwys na hoe Jesus Hom trou aan die land en Jerusalem, nl.: 
- Openb. 19:7 (aan die einde van "hierdie eeu"/wanneer Jesus terugkom) en 
- Openb.21:9 (aan die einde van die "volgende eeu"/aan die einde van die 1000 jaar - Nuwe Jerusalem). 

Wanneer Jesus terugkom, sal daar 'n bruilof wees!, en ons is die bruilofgaste...  Kyk die onderwerp, die  "BRUILOF VAN DIE LAM" (wanneer die Here 'n feesmaal berei vir die kinders vd Koninkryk aan die einde van die huidige bedeling nadat Hy teruggekom het)(Jes. 26:6). Daar word somtyds na die kerk verwys as die bruid van Christus, wat nie noodwendig verkeerd is nie want ons behoort aan Hom!, maar neem kennis dat hierdie soort beeldspraak met 'n spesifieke doel in die Skrif gebruik word; bv., in Mark. 2:18-20, Joh. 3:28,29, Luk. 5:34,35, en Matt. 9:15 waar o.a. na Jesus verwys word as die "Bruidegom" - vgl. dit gerus ook met die gelykenis vd koning wat vir sy seun 'n bruilofsmaal voorberei het (Matt. 22)(kyk ook na die gelykenis van die 10 (diens)maagde, asook Luk. 12...). In hierdie verskillende skrifte word daar na die kerk veral verwys as die genooides, bruilofsgaste, vriende, diensknegte/maagde (nie bruid nie). Die beeldspraak van "bruid" en "vrou" word spesifiek gebruik om aan te toon hoe die Here Hom sal "trou" aan Israel, die land en aan Jerusalem (Jes. 62:4) (Jes. 54:5 - "Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word") - hierdie wys veral na Hom as die "Man" - dit wys op outoriteit, Hy is in beheer. Hy is die Here vd leerskare, die Heilige, ons Verlosser, God vd aarde... 

Net soos daar na die volk van God of die land Israel verwys word as die vrou van die Lam, net so word daar na die Nuwe stad Jerusalem verwys as die Vrou of Bruid van die Lam. Die Here sal Hom trou aan hierdie stad... 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WIE SAL EENDAG IN DIE NUWE JERUSALEM WOON?

Die kinders gebore na die Gees is die "kinders van die Nuwe Jerusalem":
(Heb 12:22)  Maar julle het gekom by die berg Sion (vgl. met Ps. 132:13,14; 48:2; Openb. 14:1; Rom. 11:26) en die stad van die lewende God (vgl. met Gal. 4 - lees in konteks en kyk veral na v. 26), die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,
(Heb 12:23)  by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,

Alhoewel die kinders van Abraham 'n volk is wat geroep is om vir God 'n volk te wees, is dit slegs die deur 'n spesifieke geslag (die geslag van Isak - Jakob - 12 stamme van Israel) wat die belofte van die land Israel en Jerusalem ontvang het - veral verwysend na die wat die voorwaardes van GELOOF nagekom het (en l.w. dat sommige van hulle afgesny was omdat hulle nie geglo het nie...). Hagar en Sara is voorbeelde hiervan (bestudeer bv. die 2 geslagte, (1) die geslag gebore uit die seun van Hagar (Ismael), en die geslag wat gebore is uit die seun van Sara: -Isak , Jakob...).  Op dieselfde wyse is die wat die NUWE JERUSALEM (die vrye) sal beërwe, nie die wat gebore is na die vlees nie maar  die wat gebore is na die Gees... (Gal. 4)(kinders vd vrye) - dit wys op DIE WAT GLO ( vgl. hierdie ook met die tema "GEBORE UIT GOD"http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html); of kyk na die tema van bensnydenis, wat veral verwys na "besnydenis van hart en ore" - besnede hart en ore). Die volk gebore uit die geslag van Abraham - Isak - Jakob (Israel) is 'n volk vir God en die Here het sien hulle soos 'n EERSGEBORE SEUN - die EERSTELINGE van Sy opbrings (Jer. 2:3). Eersgeborenes erf! Die "Christelike kerk" (Jood en heiden een) word ook na verwys as die volk van eersgeborenes (om die tema van erfenis beter te verstaan, bestudeer gerus die tema van eersgeborenes - http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html).  Jesus Christus vergewe en stort die Gees uit op die wat in Hom glo sodat hulle gevul word met die Heilige Gees en so die wedergeboorte deelagtig word - en so GEBORE word UIT GOD (gebore na die Gees).Die wat in Jesus Christus glo word deel van hierdie familie wat sal erf (is "kinders van Jesus Christus" - van Sy vleen en been / kyk o.a. tema "met Christus beklee") - die wat in Hom glo, is "kinders van geloof" en dus die wat die nuwe aarde sal beërwe en woon in die NUWE JERUSALEM, want hulle is die kinders gebore uit die GeesTen eerste, Christus is die eersgebore Seun!, die eersgeborene uit die dode, die eersgeborene uit die broeders...  Aan Hom is/word alles onderwerp (1 Kor. 15:28; Ef. 1:22; 1 Pet. 3:22), en Hy is ook die Een in wie Dawid se troon vir ewig bevestig word - wanneer Jesus terugkom sal Hy die ander koninkryke verbrysel en Sy ewige koninkryk opneem, en die wat oorwin sal saam met Hom regeer (Dan. 7:14,21; ens.) - hulle sal soos eersgeborenes erwe... - hierdie erfenis begin met die 1000 jaar Ryk.  Die nuwe hemel en aarde, en "nuwe Jerusalem", volg eers na die 1000 jaar Ryk (Openb. 19-22), en die wat gered word sal in hierdie stad woon (Openb. 21:3).

Wat word volgens Openb. 21 vir die gereddes belowe?
(Openb. 21:1)  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. (Openb. 21:2)  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
- DIE TABERNAKEL VAN GOD IS BY DIE MENS: (Openb. 21:3)  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.  
- SAL NIE MEER DROEFHEID, DOOD OF MOEITE WEES NIE: (Openb. 21:4)  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
(Openb. 21:5)  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
- SAL WATER VAN LEWE KRY: (Openb. 21:6)  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
SAL ALLES BEERWE: (Openb. 21:7)  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.
(Openb. 21:8)  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.(Openb. 21:9)  En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.(Openb. 21:10)  En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Volgorde van gebeure - wanneer sal die Nuwe stad Jerusalem uit die hemel neerdaal? (kom ons kyk hoe dit in OPENBARING 20 - 22 beskryf word, wanneer wat sal gebeur):

INLEIDING:
- (1) Aan die einde van die wereld (aan die einde van "hierdie eeu"/bedeling) vind die opstanding vd kinders vd Koninkryk plaas, en dan word satan gebind vir 'n 1000 jaar.
- (2) Die volgende of "toekomende eeu"-bedeling sal 'n 1000 jaar lank wees, en die volk van God sal saam met Hom regeer in die 1000 jaar.
- (3) Aan die einde van die 1000 jaar sal die satan vir 'n kort ruk losgelaat word, hy sal die nasies verlei, die nasies sal optrek teen die laer van die Here en die heilige stad maar sal deur vuur uit die hemel verslind word.  
- (4) Dan word die duiwel in die poel van vuur gewerp.
- (5) Daarna vind die herlewing van die ander dooies plaas, en hulle sal voor die wit troon oordeel verskyn.
- (6) Dan volg die gebeure van Openb. 21 en 22:  Nuwe hemel en aarde..., en die Nuwe stad Jerusalem daal van die hemel af neer op die aarde.

Uiteensetting:
Openb. 20:1-15:
- (v. 1-3) Ons is nou in die huidige/"hierdie eeu", die teenswoordige wereld - aan einde van hierdie "eeu", word die satan gebind vir 'n 1000 jaar... (Openb. 20:1-3 - " En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word"). OOK IN HIERDIE (huidige) EEU WORD JERUSALEM GESIEN AS 'N HEILIGE STAD... (Jes. 52:1, Dan. 24 ens.).  JERUSALEM IS DIE STAD WAT DIE HERE UITVERKIES HET TUSSEN DIE STAMME VAN ISRAEL (1 Kon. 11:32; 14:21; 2 Kron. 12:13), MAAR DIE HERE HET OOK BELOWE DAT HY SY NAAM VIR EWIG SAL VESTIG IN JERUSALEM... (2 Kron. 33:7) - die nuwe stad Jerusalem sal vir ewig wees! 
- (v. 4) Die volgende/"toekomende eeu" bedeling sal 'n 1000 jaar lank wees, en dit begin aan die "einde van hierdie eeu" (m.a.w., dit wat ons verstaan as die "einde vd wereld" - ook beskryf as "die einde", "die einde van dae" of "einde van dinge") - m.a.w., aan die "einde vd wereld" (van hierdie eeu) begin die volgende bedeling..., wat 'n 1000 jaar lank sal wees. Vir 'n studie oor die "einde vd wereld", gaan na: (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/06/wanneer-is-die-einde-van-die-wereld-en.html).  V.4 leer vir ons dat die wat hulle lewe verloor het (terwille vd getuienis van Jesus en oor die woord van God) onder die regering van die dier, asook die wat nie die dier en sy beeld aanbid het of die merk geneem het nie, sal saam met Christus regeer in die 1000 jaar... (Openb. 20:4 - "En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank."). L.w. dat IN DIE "VOLGENDE EEU" SAL JESUS CHRISTUS VANUIT JERUSALEM REGEER OOR DIE HELE AARDE (Jes. 24:23) - en die heiliges sal saam met Hom regeer...  V. 6 leer ook vir ons dat hierdie mense wat saam met Christus gaan regeer, verwys na "die wat deel het aan die eerste opstanding".

- (v.5,6) Aan die begin van die 1000 jaar vind die opstanding plaas - dit verwys na die opstanding van die kinders vd Koninkryk (die oordeel begin by die huis van God-1Pet. 4:17) - sommige sal opstaan tot lewe, ander sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:29).  Vir 'n studie oor die onderwerp van opstanding, sien "eerste opstanding" en "opstaan tot lewe, of veroordeling" (die ander dode sal eers herlewe aan die einde van die 1000 jaar bedeling... - en sal dan voor die wit troon verskyn om geoordeel te word - Openb. 20:11-15). Die wat deel het aan die eerste opstanding, oor hulle het die tweede dood (oordeel vd hel/poel van vuur) geen mag nie (Openb. 20:5,6 - "En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank"). Jesus het die mag, en Hy besluit wie opstaan tot lewe en wie nie...

- (v.7-9) Aan die einde van die 1000 jaar sal die satan ontbind word, en hy sal uitgaan om die nasies te verlei...; hulle sal optrek teen die laer vd heiliges en die geliefde stad (Jerusalem) omsingel vir oorlog, maar vuur sal van God uit die hemel op hulle neerdaal en hulle verslind (Openb. 20:7-9 - "En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind").

- (v.10) Dan word die duiwel in die poel van vuur en swawel gewerp... (waar die dier en valse profeet alreeds dan is... - sien Openb. 19:20/die dier en valse profeet sal in die poel van vuur gewerp word aan die einde van hierdie huidige bedeling, wanneer Jesus terugkom, by die slag van Armageddon net voor die 1000 jaar begin - die duiwel word dan vir die 1000 jaar gebind, en 'n kort ruk daarna in die poel van vuur gewerp)(Openb. 20:10 - "En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid").

- (v.5,6)(v.11-15) Hierna vind ons die opstanding/herlewing van die ander dooies... - en hulle sal voor die Wit Troon Oordeel verskyn...  (Openb. 20:5,6 - "En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank") Vir 'n studie hieroor, sien "Opstanding/Dooies sal herlewe(Openb. 20:11-15 - "En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp").

_________________________________________________________________________________
Sal daar 'n tempel wees op die nuwe hemel en aarde?

Die term "nuwe hemel en aarde" verwys veral na die ewigheid nadat die "volgende eeu"-bedeling (1000jaar) voltooi is... (Openb. 21:1), maar l.w. dat in die "volgende eeu"-bedeling ook baie dinge nuut gemaak sal word (2 Pet. 3:13)(https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/06/nuwe-hemele-en-nuwe-aarde-die-here-sal.html) - en dit ook gesien kan word soos 'n nuwe hemel en aarde.  

Sal daar 'n tempel wees?
HUIDIGE BEDELING: Huidiglik (in "hierdie eeu"-bedeling waarin ons nou is) word die liggaam van die weergeborene gesien soos 'n TEMPEL (want weergeborenes het die Heilige Gees; "tempel" verwys deels na waar die Here teenwoordig is...)(1 Kor. 6:19). Wat die offersisteem aanbetref is die weergeborene se liggaam soos 'n slaaf en vegifnis in Jesus Christus. 
VOLGENDE BEDELING: Daar sal 'n tempel wees in die Here Jesus Christus se 1000-jaar "vrederyk", wat wil voorkom of dit ook na die Here se troon/paleis verwys.  Weer-eens sien ons hier dat "tempel" deels gaan oor waar die Here teenwoordig is)(Eseg. 41 en 42);  maar daar sal 'n offersisteem ook nodig wees want ons sien bv. dat, behalwe die volk in die land, sal daar nog ander nasies wees wat rondom oorgebly het... (Eseg. 36:36). Wat die volk self in die land aanbetref sal hulle skoongewas wees en hulle het die Heilige Gees (Eseg. 36:25-27).
NA DIE 1000 JAAR: Op die nuwe hemel en aarde (wanneer die nuwe Jerusalem op die aarde neersak) sal daar nie as sulks 'n tempel wees nie want die troon van God en van die Lam is in hierdie stad! (is dus soos 'n TEMPEL wat deels verwys waar die Here teenwoordig is)(Openb. 21:3)(Openb. 21:22 - "En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam") - die offersisteem sal dan nie meer nodig wees nie... 


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE LYK DIE NUWE JERUSALEM?

(Openb. 21:11)  en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
(Openb. 21:12)  En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehaden by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
(Openb. 21:13)  Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.
(Openb. 21:14)  En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.
(Openb. 21:15)  En hy wat met my gespreek het, het ‘n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.
(Openb. 21:16)  En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.
(Openb. 21:17)  En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is.
(Openb. 21:18)  En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.
(Openb. 21:19)  En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;
(Openb. 21:20)  die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís.
(Openb. 21:21)  En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.
(Openb. 21:22)  En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
(Openb. 21:23)  En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
(Openb. 21:24)  En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.
(Openb. 21:25)  En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie;
(Openb. 21:26)  en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.
(Openb. 21:27)  En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
(Openb. 22:1)  En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.
(Openb. 22:2)  In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.
(Openb. 22:3)  En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.
(Openb. 22:4)  En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. (vgl. dit met bg. skrif Openb. 3:12)
(Openb. 22:5)  En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------