Die term "oes" in die Skrif word gebruik in konteks met vrug oes, oordele, en roeping. VIR 'N OPSOMMING WAARIN SLEGS DIE OESTE AAN DIE EINDE VAN DIE WERELD BESPREEK WORD, GAAN NA: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/waarna-verwys-oes-in-die-bybel-1.html.
IN HIERDIE POS STAAN ONS VERAL STIL BY DIE HUIDIGE OES.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAARNA VERWYS DIE TERM "oes"?
Dit verwys na:
- (1) "die oeste" / oordele wat sal plaasvind wanneer Jesus Christus terugkom (rondom die tyd vd Wederkoms - o.a. sal die kinders vd Koninkryk se vrug geoes word/sien punt 3, maar daar sal sekere oordele plaasvind aan die einde vd wereld wat verwys na die "wraak van God")(Openb. 14:15)(https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/waarna-verwys-oes-in-die-bybel-1.html).
- (2) die vrug vd gelowige sal "geoes" word wanneer Jesus terugkom (Matt. 4:26-29; 13:30)(vrug sal bepaal of iemand ingaan in die Koninkryk of nie). In die gelykenis van die Saaier (en sekere ander skrifte) is dit duidelik dat iemand op die toestand van sy hart en op "vrug" geoordeel sal word (gelowiges sal selfs op hulle woorde geoordeel word!)... (1 Sam. 16:7).
Die term word ook gebruik in konteks van "roeping":
- (3) waar dit verwys na Christene wat uitgaan om te "oes"... (om mense te roep vir die Koninkryk" (huidiglik - voor die Wederkoms)(Joh. 4:35 - "Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes")(Matt. 9:37,38). Alhoewel die huidige oes nie gesien word soos oordeel nie, bring mense tog 'n oordeel oor hulleself as hulle nie die waarheid wat aan hulle verkondig word aanvaar nie ("baie is geroep, maar min uitverkies"...-kyk o.a. die gelykenis vd bruilof en die wat uigenooi is, maar een het ingegaan sonder 'n bruilofskleed/Matt. 22:1-14).
IN HIERDIE POS STAAN ONS STIL BY DIE DERDE PUNT, nl. in konteks met roeping.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE HUIDIGE OES WAARIN ARBEIDERS SAAI EN MAAI:
Jesus het op geleentheid die tema van "oes" spesifiek in konteks gebring van arbeiders wat nodig is in die Koninkryk van God... In 'n oes is SAAI en MAAI altwee nodig. Die Here stuur arbeiders uit - sommige SAAI, en sommige MAAI. Die wat vir die Here werk is besig met hierdie oes... (waarin die woord gesaai word, en vrug gemaai word). (Joh 4:35 - "Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai. Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan").
Ons sien dus dat die begrip "oes" (wat bediening aanbetref) gaan oor die huidige oes waarin mense uitgestuur word om te saai en maai.... - hierdie mense word na verwys as "ARBEIDERS" (arbeiders in die koninkryk van God /- soos mense wat gehuur word om in die wingerd te werk (Matt. 20:1-16) - sommige saai, en sommige maai; EN HULLE VERDIEN LOON!, EN HIERDIE "LOON" VERWYS NA "vrug tot ewige lewe". .. (rol af vir 'n paragraaf oor die begrip "arbeiders", en hoe die hart van 'n arbeider moet wees).
(Mat 9:36) En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.
(Mat 9:37) Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
(Mat 9:38) Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.
(Mat 9:37,38 - "Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur")
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAARNA PRESIES VERWYS DIE HUIDIGE OES?
Die term "oes" word gebruik om na iets spesifiek te verwys:
- Ons het reeds gesien dat wat nodig is vir 'n oes is SAAI en MAAI... (bv. die woord word gesaai en vrug word gemaai).(Joh 4:35 - "Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai. Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan"). Jesus het baie oor hierdie onderwerpe gepraat, nie net oor -(1) gelowiges se vrug wat geoes word aan die einde vd wereld (Mark. 4:26-29; Matt. 13:24-30; 36-43) nie, maar ook - (2) oor die huidige oes... Maar waarna verwys die huidige oes?
Kom ons kyk in watter kontekste het Jesus na die huidige OES verwys:
- SAAI en MAAI (kyk vorige paragraaf).
- (Matt. 9:35-38 - "En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur"). In konteks Matt. 9 is die manier hoe Jesus na hierdie "oes" verwys, dat die mense 'n herder nodig het - arbeiders word uitgestuur om vir die skape te sorg - hierdie is nie net bedoel in die fisiese (bv. siekes gesond maak-Matt. 14:14; kos gee-Matt. 15:32; ens.) nie, maar ook in die geestelike (bv. lering gee-Matt. 6:34; bring onwetendes tot insig en bring dwalendes terug-Hebr. 5:2; ens.). M.a.w., die skape het 'n herder nodig wat hulle kan versorg.
Natuurlik is Jesus die groot Herder!, maar die arbeiders word in hierdie konteks ook gesien soos herders, meer spesifiek dat hulle ons Herder Jesus se opdragte uitvoer (vir die skape sorg). IN HIERDIE KONTEKS VERWYS "OES" NA "OM VIR DIE SKAPE TE SORG - om te voed, maak siekes gesond, gee lering, ens.
- (Luk 10:1-12 - "En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur. Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe. Moenie ‘n beurs of ‘n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie. En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis! En as dáár ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer. Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie. En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word. En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom. Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê: Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het. En Ek sê vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in dié dag as vir daardie stad"). "Om te oes" verwys nie net na voed en oppas nie, maar ook om siekes gesond te maak en onwetendes tot insig te bring (soos ons hier sien). In Luk. 10 word die dissipels bv. gestuur na die skape van Israel, om hulle o.a. te vertel dat die koninkryk van God naby gekom het. In hierdie gedeelte sien ons dat daar na die dissipels verwys word as "arbeiders" (wat dus saai en maai) - hulle word soos "herders" uitgestuur ... Jesus is die groot Herder en het die perfekte voorbeeld gestel van wat dit is om 'n herder te wees (het die skares gevoed, siekes genees, lering gegee, ens.). Hy het ook baie moeite gedoen met die "verlore skape van Israel" (Matt. 10:6; 15:24). Die Here wil nie he dat Sy skape moet sonder wagter wees of ronddwaal a.g.v. verkeerde leiding of 'n tekort aan herders nie (Num. 27:17; 1 Kon. 22:17; Jer. 50:6; Eseg. 34:36; Sag. 10:2). Sy bemoeines met die skape van Israel gaan veral daaroor dat hulle 'n herder nodig het, en die Here stuur "herders" uit om vir Sy skape te sorg. Wat presies is die die doel van 'n herder? Volgens Sag. 11:16 en Eseg. 34:3-6 -(1) bring 'n herder skape terug wat weggedryf of verlore is; (2) 'n herder laat die skape wei; (3) 'n herder soek die wat verstrooi is; (4) genees die wat gebroke is; (5) versorg die skape; (6) versterk die swakkes; (7) verbind die wat gewond is. Waar daar nie 'n herder is nie, vind verstooiing plaas... (Sag. 13:7,8). Maar l.w. dat "om te arbei" vir 'n oes nie net gaan oor die saai nie, maar ook "om te maai". In hierdie gedeelte word die vrug duidelik gemaai... - bv., wat doen die mense met die lering wat hulle ontvang? Hulle hoor die waarheid, maar wat doen hulle daarmee? Nie alle vrug wat gemaai word is goed nie. In die gelykenis vd saaier het Jesus geleer dat sommige wel die woord hoor, maar dit nie aanneem nie (eerste groep). Wat gebeur met die wat dit nie aanneem nie? - in Luk. 10 is dit soos 'n oordeel wat hulle oor hulleself bring! In hierdie opsig is "oes" o.a. om ONWETENDES TOT INSIG TE BRING, maar as hulle nie die waarheid ontvang nie, bring hulle 'n oordeel oor hulleself.(Joh 12:47,48 - "En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag').
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BEGRIP "ARBEIDERS":
In die Here se koninkryk is Hy soos die huisheer wat arbeiders vir Sy wingerd huur... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/07/die-here-se-wingerd.html).
(Mat 20:1) Want die koninkryk van die hemele is soos ‘n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om ARBEIDERS vir sy wingerd te huur.
(Mat 20:2) En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir ‘n penning op ‘n dag, stuur hy hulle in sy wingerd.
(Mat 20:3) En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan.
(Mat 20:4) En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan.
(Mat 20:5) Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen.
(Mat 20:6) En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig?
(Mat 20:7) Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.
(Mat 20:8) En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.
(Mat 20:9) En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ‘n penning ontvang.
(Mat 20:10) Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ‘n penning ontvang.
(Mat 20:11) En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer
(Mat 20:12) en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
(Mat 20:13) Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ‘n penning nie?
(Mat 20:14) Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.
(Mat 20:15) Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?
(Mat 20:16) So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies. Hierdie gedeelte moet in konteks met die vorige hoofstuk gelees word, waarin die konteks (soos hier) gaan oor "wat eerste is sal laaste wees, en wat laaste, eerste". Dit gaan oor hoe ons moet opgee ter wille vd koninkryk van God - die wat die Here wil volg moet hulle lewens opgee. Volens hfst. 20 maak Jesus dit duidelik dat dit nie gaan oor hoe lank jy vir die Here werk nie, maar (volgens hfst. 19) oor die feit dat jy jou lewe vir die Here afle. M.a.w., arbeiders verdien nie vrug (tot lewe) vir hoe lank hulle vir die Here werk nie, maar hoedanig hulle bereid was om hulle lewens af te le vir die Here. In hfst. 19 word die ryk man gevra om sy goed te verkoop en aan die armes te gee (en dan kan hy die Here volg...) - so word hy "ryk in die Here". Hier sien ons hoe die gesindheid van die arbeider behoort te wees - dit moet nie vir jou belangrik wees hoeveel jof hoe lank y vir die Here werk nie, maar wat belangrik is is om jou lewe op te gee (ter wille van die Here se werk)!
Die vrug vd gelowige wat geoes sal word aan die einde vd wereld, verwys nie na verdienste uit aardse werke/rykdom nie (want dit verdien jy alreeds op aarde!)(Luk. 12:13-21), maar gaan oor wat jy opgee in die lewe ter wille van die Koninkryk... (gaan oor rykdom in die Here-Matt. 13:44). Ons visie op "oes" moet reg wees! - 'n arbeider arbei nie in die Koninkryk van God om homself te verryk nie (Luk. 12:13-21). In hierdie pos sien ons bv. dat die huidige oes verwys na arbeiders wat vir die skape sorg, maar hierdie "dade" wat hulle doen gaan nie oor om die self te verryk nie, maar om ryk te word in die Here; bv., (1) hoe wend jy aardse werke en rykdom aan in die koninkryk van God?; (2) is jy bereid om in "die Here te bly" en dus wereldse wysheid en eie wil te verloen?; ens. Bestudeer gerus wat dit beteken om "ryk te word in die Here" (https://warechristene.blogspot.com/2017/09/wat-dit-beteken-om-ryk-te-wees-in-god.html). Die arbeider is inderdaad sy loon werd, en beslis verdien werke in die Koninkryk van God vir ons vrug (wat op beurt geoes sal word wanneer Jesus terugkom). Hoe gebruik jy die geld wat die Here aan jou gee, of die bediening wat Hy aan jou gee?, of talente? Is jy besig om die Koninkryk van God eerste te soek? (is jou begeerte om ryk te word in die wereld, of ryk in die Here?). En "bly jy in die Here"/KEN jy die Here?, en doen Sy wil? Jesus het geleer dat om vrug te kan dra moet ons IN HOM BLY. Om 'n arbeider te wees in die Koninkryk van God en bv. die evangelie te verkondig, maak jou ryk! (in die Here) - jy verdien vrug...
ANDER BEGRIPPE WAT VIR "SKAPE" GEBRUIK WROD:
Daar is ook heelwat ander begrippe wat gebruik word vir die kinders vd Koninkryk om hulle stand of doel in verskillende kontekste te verduidelik..., bv. in Matt. 13, 22 en 25 word hulle "diensknegte" genoem; in Matt. 25:1 word hulle "maagde" genoem; of "bruilofsgaste" in Matt. 9:15; Johannes die doper het homself "vriend" genoem vd Bruidegom, en Jesus het ook in Joh. 15:15 verklaar dat die aan wie Hy Sy planne openbaar Sy "vriende" genoem word; in sommige skrifte word hulle skape genoem, in ander koring, ens..... In die spesifieke konteks van arbeiders wat nodig is (bv. Matt. 9:36 en Luk. 10:1,3) het Jesus verwys na hoe die skape 'n herder nodig het en versamel moet word omdat die koninkryk naby is... Die begrip ARBEIDERS word in hierdie geval spesifiek gebruik om te verwys na die wat UITGAAN OM TE OES (te saai en te maai). Wat is dit wat hulle saai? - natuurlik die waarheid en goeie dade... Wat is dit wat hulle maai? - natuurlik "vrug"... "Oes" in hierdie konteks verwys daarna om vir die skape te sorg en voeding te gee (sodat hulle self ook kan groei en vrug dra), maar dit verwys ook na om mense gereed te kry om in die Koninkryk in te gaan (soos om hulle te nooi, sodat hulle die lig kry en instaat word om plante te word wat kan groei). M.a.w., as daar 'n oes is beteken dit noodwendig daar is plante/bome, en die arbeiders se plig is om hulle UIT TE NOOI en VIR HULLE TE SORG EN KOS EN WATER GEE. Die genooides is soos bome wat lig gekry het (hulle het die Heilige Gees), en hulle kry hulleself gereed vir die Bruilof - het dus nodig om te groei sodat hulle kan vrug dra... (want hulle vrug sal geoes word wanneer die Bruidegom kom ). Dit is dus duidelik dat hierdie soort beeldspraak in baie skrifte gebruik word.
Die Here het arbeiders nodig wat mense kan uitnooi en Sy lammers en skape kan voed en laat wei... Paulus het hierdie goed verstaan en homself ook gesien as 'n ARBEIDER (as 'n arbeider in die koninkryk van God): (1Kor. 3:6-9 - "Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle").
- ARBEIDERS WORD UITGESTUUR (Luk. 10:1,2), en daar word vd arbeiders verwag om gehoorsaam te wees aan die wil vd Here (dit is o.a. soos voedsel vir hulleself), want hulle sal elkeen loon ontvang vir hulle arbeid (hulle loon in hierdie geval verwys na "vrug" - wanneer hulle die wil vd Here doen en "uitgaan", is dit soos kos vir hulle - wat groei en dus vrug tot gevolg het). Die Here "huur" mense om arbeiders vir Hom te wees (Matt. 20:9) - hetsy 'n arbeider vroeg of laat "gehuur" (geroep) word, hulle sal dieselfde loon ontvang (Matt. 20:9-16). Arbeiders word gehuur om vir die skape om te gee (kyk vorige paragraaf; Mark. 12:1-12).
- SOMMIGE ARBEIDERS IS SAAIERS (doen plantwerk), EN ANDER IS MAAIERS (hulle gee kos en water sodat die bome kan groei en vrug dra)(1 Kor. 3:6-9)(Joh 4:34-37 - "Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring. Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai").
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die term "DIENSKNEGTE":
Die kinders van die Koninkryk van God word o.a. "diensknegte" genoem, want hulle is eitlik almal soos eersgeborenes en 'n afgesonderde priesterdom (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/n-heilige-priesterdom-n-volk-as-eiendom.html). Terwyl "arbeiders" gehuur word vir spesifieke werke, is alle kinders vd Koninkryk mense wat "vrug verdien" tot ewige lewe... (Joh. 4:36; Rom. 6:22).
-(Joh 4:36) En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
- (Rom 6:22) Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
Elke kind van die Koninkryk van God se vrug sal eendag geoes word. Die vraag is of ons die nodige vrug sal dra om die lewe te verkry? (kyk gelykenis vd saaier).
(1) Kinders vd Koninkryk se vrug sal geoes word wanneer Jesus terugkom:
(Mar 4:26) En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27) en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28) Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29) En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.
Kinders vd Koninkryk is soos saad wat in die wereld geplant word, en het (geestelike) kos en water en lig nodig - lig word gegee (nl. die Heilige Gees), kos en water word deur die bedienaars in die Koninkryk gegee (sekere mense word geroep om dit te doen), en God laat groei.... GEESTELIKE GROEI IS NODIG OM VRUG tot lewe TE DRA (en dus is geestelike kos en water ook nodig, want 'n boom het dit nodig om te kan groei)( asook is die lig vd Heilige Gees nodig). Om vrug tot LEWE te dra, het ons dus as gelowige bome geestelike kos en water en lig nodig, en het nodig om in die Here te bly!
(Mat 13:30 - "Laat altwee (koring en onkruid)(opregtes en valses) saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur"). Dit is die "oestyd"!, en dan sal die onkruid (die valses in die koninkryk van God/kerk) verwyder word vd koring (opregtes). (Mat 13:39 - "en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele"). Bestudeer gerus die gelykenis vd saaier om hierdie nog beter te verstaan.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer die oes daar is...:
Daar is 'n spesifieke tyd wanneer geoes word (Jes. 18:5).
(Joh 4:35-38 - "Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai. Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan").
Die voleinding vd wereld word o.a. gesien soos 'n oestyd... (die woorde "die oes is ryp" word o.a. gebruik), want dan word die "vrug van baie geoes"; nie net van die kinders van die Koninkryk nie, maar daar sal ook ander oordele plaasvind (bv. die val van Babilon en die slag van Armageddon - Openb. 14:15; Joe 3:13). Jesus het o.a. verwys na die huidige oes toe Hy sien die skare was soos skape wat geen herder het nie, moeg en uitgeput... Tog was daar baie leiers rondom hulle (maar wat hulle nie in die waarheid gelei het nie) - "blinde leiers" noem Jesus hulle op 'n plek - leiers wat nie sien soos die Here sien nie en Hom nie regtig KEN nie. ARBEIDERS is veronderstel om vir die kudde te sorg en die wil van die Here te soek en doen (hulle moet hulle lewens opgee) - dan kan hulle "maai".
Die huidige oes is nie maklik nie, want dit is soos om skape onder wolwe in te stuur... (Matt. 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe"). En in hierdie "oes" gaan jy nie altyd maai nie (al is daar gesaai!), en die wat hulle harte verhard is ook geneig om in opstand te kom teen die wat die waarheid verkondig. Vir 'n arbeider om in sulke omstandigheid te bly vashou aan die Here, is nie altyd maklik nie (maar nodig om loon te verdien). Die een wat uitgaan om te oes, sal vervolg word, selfs onregverdig behandel word, dalk doodgemaak word en ervaar dat hy soos 'n skaap onder die wolwe ingestuur is (hope voorbeelde hiervan in die Evangelies). Die Christen moet dus nie voel hy't gefaal wanneer iemand nie gehoorsaam wil word aan die Here nie, want elke mens het 'n wil en maak nie saak hoeveel jy vir iemand preek nie, elkeen moet self besluit - besef dus dat in die huidige "OES" nie almal die woord sal aanneem nie.
(Joh 4:34) "Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring". -...En dan uit hierdie woorde van Hom vertel Hy vir hulle van die oes... Die gedeelte word ook voorafgegaan met waar Jesus gaan sit het by die fontein van Jakob en met die Samaritaanse vrou gesels het. Hy vertel o.a. vir haar dat Hy die Messias is. Intussen het Sy dissipels daar aangekom en het by Hom aangedring dat Hy iets moet eet, waarop Jesus geantwoord het: (Joh 4:34) "... My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring". Dit gaan dus in hierdie gedeelte oor: "om mense te vertel, of te evangeliseer"."Saai en maai" gaan oor "gee" - (2 Kor. 9:6,7 - "Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief") (Gal 6:7-9 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie"(vgl. dit ook met die skeiding van die skape en bokke - Matt. 25:32,33).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------