Wys tans plasings met die etiket sondig in gedagtes. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket sondig in gedagtes. Wys alle plasings

Woensdag 14 Oktober 2026

Van begeerte brand

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE BEGRIP "van begeerte brand", BV. WAT DIT BETEKEN, 

EN IS DAAR 'N VERSKIL TUSSEN die twee begrippe "VAN BEGEERTE BRAND" en "IEMAND BEGEER"?

Rol af vir die volgende opsommings:

- Inleiding

- Betekenis van bg. begrippe.

- Kan vleeslike begeertes saligheid beinvloed?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------INLEIDING:

Dit is so dat liefde somtyds gepaard gaan met spesifieke gevoelens vir die ander geslag, in welke geval ongetroudes bv. beveel word om liewer te trou as om van begeerte te brand... (natuurlik is "om te trou" hier bedoel in die konteks van geoorloofde vorme van gemeenskap)(1Kor. 7:8-11  "Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie;  en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie"). 

Die vertaling hier vir "beheers" en "van begeerte brand", is die Gr. woorde "eng-krat-yoo'-om-ahee",  wat gaan oor jouself beheer of matig (nl. moet vleeslike begeertes beheer);  en "poo-ro'-o", soos iets wat ontvlam = brand, vuurgloed. Die skrif leer NIE hier dat hulle alreeds vleeslike gemeenskap het en daarom moet trou nie, maar eerder dat hulle vir mekaar "brand" en dus liewer moet trou as hulle hul nie kan beheers nie;  maw, omdat hulle nie vleeslike gemeenskap buite die huwelik mag beoefen nie, word daar van hulle verwag om hullseself te beheer, en as hulle nie kan nie, moet hulle trou. Vgl. dit gerus met (1Thess. 4:3-7  "Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;  dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer, nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie; dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here ‘n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het. Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking). 

In die Skrif word verskillende terme gebruik om hierdie soort gevoelens te beskryf, bv. "van begeerte brand" is nie noodwendig dieselfde as "wellus" of "iemand te begeer" nie (rol af na die volgende paragraaf vir 'n studie hieroor, met skrifte). Kinders vd Here is nie veronderstel om soos die heidene te leef nie, maar moet die Here gehoorsaam in wat Hy verwag.  Bv., Hy verwag o.a. dat Sy kinders nie hoereer voor hulle trou nie..., en dat die wat "van begeerte brand" en hulle nie kan beheers nie, liewer trou (want "iemand begeer" hoort binne die huwelik, nie buite die huwelik nie). Dit is natuurlik nie in konteks van ongeoorloofde vorme van vleeslike gemeenskap nie..., want in so 'n geval kan diesulkes geensins nie in die huwelik tree nie, al brand hulle ook van begeerte! (m.a.w., in die geval van ongeoorloofde vorme van vleeslike gemeenskap, is sulke begeertes bloot nie toelaatbaar nie). Ongeoorloofde vorme van vleeslike gemeenskap word bv. nie reg gemaak deur bloot in die huwelik te tree nie, want hulle mag nie mekaar begeer nie - ons moet onderskei tussen watter vorme van gemeenskap toelaatbaar is, en watter nie - ook wat vleeslike gemeenskap aanbetref (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).

Die Skrif leer dat kinders vd Koninkryk wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop, eendag onder oordeel sal val (2 Pet. 2:10).  Hulle word "soos vyande van God"... (Jak. 4:4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.), en sal nie die Koninkryk beërwe nie (Gal. 5:21). Hierdie is 'n ernstige saak en behoort nie ligtelik opgeneem te word nie. Bestudeer gerus wat dit beteken as iemand 'n vyand is... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/06/vriend-of-vyand.html) (dit word ook in hierdie pos gemeld: https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-toorn-van-god.html). 'n Vyand is iemand wat teen jou stry..., in konteks kan dit verwys na haat (haat die waarheid, haat God se wil... - bv., 'n kind vd Koninkryk wat bv. hoereer en hom nie daarvan bekeer nie, kom in opstand teen die Here se wil /waarheid - is 'n vriend vd wereld en 'n verwoester van die Here se wil, omdat wat die wereld begeer nie dieselfde is as wat die Here begeer nie). Vir wie behaag jy?

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na die verskil tussen soortgelyke terme in die Skrif;  bv., wat is die verskil tussen "van begeerte brand" en "wellus"?, of  om "iemand te begeer"?:

WELLUS:

Die term "van begeerte brand" is nie noodwendig dieselfde as "WELLUS" (Hebr. woord "or'-ex-is"/Rom. 1:27) nie  - wellus verwys na 'n verlange na, of die gemoed wat opgewonde raak..., en dit wil voorkom of die woord veral in konteks van vleeslike gemeenskap gebruik word, bv. die vreugde wat 'n huwelikspaar ervaar wanneer hulle vleeslike gemeenskap het (Gen 18:12  En Sara het by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is?)(vgl. dit ook met Matt. 15:19 en Mark. 7:21). Die woord "wellus" word ook in Rom. 1:27 gebruik, waar dit in konteks is van ditto geslag verhoudings, waar dit ook voorkom of dit verwys na 'n gevoel tydens vleeslike gemeenskap (Rom 1:26,27  Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang). Ons moet onderskei tussen die twee terme "van begeerte brand" en "in wellus ontbrand", want die terme word in verskillende kontekste gebruik.  "Om in wellus te ontbrand" lyk bv. of dit spesifiek gebruik word in die konteks van vleeslike gemeenskap,  maar die term "van bebeerte brand" word nie in dieselfde konteks gebruik nie.  

Wellus kan selfs in die gedagtes gebeur (Mark. 7:21) (Matt. 5:28  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het" - die geval waarna Jesus hier verwys is die waar 'n man na 'n getroude vrou op hierdie manier kyk.. nl., jy mag nie iemand anders se huweliksmaat begeer nie). Bv., as jy iemand wat getroud is op hierdie manier begeer..., is dit verkeerd! (jy sondig in die gedagtes) - dit is duidelik dat hierdie geval verwys na iemand wat se gedagtes gaan na vleeslike gemeenskap. 

IEMAND BEGEER:

Ons kan miskien ook onderskei tussen die begrippe "van begeerte brand" (1 Kor. 7:8) en "IEMAND BEGEER" (Matt. 5:28).., want dit wil voorkom of "om iemand te begeer" ook meer beskrywend is van die gevoel wat iemand beleef tydens vleeslike gemeenskap... (soos die geval met "wellus")(dit is waarom dit bv. in Matt. 5 gesien word as "egbreuk" in die geval waar 'n man 'n getroude vrou begeer). In Matt. 5:28 is  die woorde "haar begeer" die Gr. woord "ep-ee-thoo-meh'-o", wat verwys na hart op iemand plaas en verlange na, baie dieselfde beskrywing as die Hebr. woord "or'-ex-is" wat gebruik is in Gen. 18:12 (l.w., in konteks van Sara en Abraham wat 'n seun gaan verwek..., natuurlik deur vleeslike gemeenskap / die woord "ep-ee-thoo-meh'-o" beteken, om te lus na, 'n begeerte na). 

BEGERIG WEES / LUS:

Alhoewel die term "begerig wees" ook verwys na lus..., word dit in 'n meer algemene konteks gebruik van "begerig na spesifieke dinge" (bv., ons moenie begerig wees na slegte dinge nie/1 Kor. 10:6)(moet vrykom vd "begeerlikheid in die wêreld"/2 Pet. 1:4);  en somtyds ook wel gebruik in die konteks van "iemand begeer"...  (bv. wanneer jy versoek word op hierdie manier / Jak. 1:14.15). Sekere begeerlikhede kan tot sonde lei..., bv. wanneer jy verkeerde dinge begeer, of dit wat nie geoorloof is nie (bv. rykdom, of iemand anders se vrou)("Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort). Gal. 5:16 leer dat ons moenie die begeerlikhede vd vlees volbring nie... - wat natuurlik verwys na verkeerde en verbode "luste", want dit het vleeslike werke tot gevolg (o.a. owerspel, hoerery en onreinheid, ongebondenheid, ens..../Gal. 5:16-21). Alhoewel, om begerig te wees na verkeerde dinge word nie altyd in die konteks van die fisiese bedoel nie;  bv., in Jak. 4:1-4, waar daar verwys word na verkeerde BEGEERTES (v.2) en WELLUSTE (v.1 en 3), is dit wel in konteks met "egbrekers en egbreeksters"  (v.4)..., maar die vgl. is hier met die wat "vriende vd wêreld wil wees";  nl., as jy aan die Here behoort, moet jy Hom behaag (bestuurdeer die tema van wat dit beteken om "geestelik te hoereer")(Jak. 4:1-4  "Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?  Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God").

BEGEERLIKHEID:

Die woord "lust" in die Engels is in die Afrikaans nie noodwendig vertaal as "wellus" nie, maar die woord "begeerlikheid" word baiemaal gebruik = (die Gr. woord "ep-ee-thoo-mee'-ah" wat wys op 'n verlange na = begeerte of "lus na")(1Jn 2:16,17  Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig")(Ps. 52:9; Spr. 10:3; 11:6; Rom. 7:7,8; Gal. 5:16; Jak. 1:14,15; 2 Pet. 2:10). Basies verwys hierdie "begeerlikheid" na begeerlikhede wat nie die wil van God is nie.  Dit is egter anders "binne die huwelik"..., in welke geval sulke begeerlikhede wel toelaatbaar is en God se wil (en hierdie is natuurlik in konteks met geooorloofde vorme van gemeenskap, nie ongeoorloofde vorme nie;  bv., dieselfde kan nie  gese word van 'n homoseksuele huwelik nie.  Waar vleeslike gemeenskap nie geoorloof is nie, hetsy buite die huwelik of ongeoorloofde vorme van gemeenskap, is dit verkeerd om iemand te begeer...).

Ongeoorloofde begeerlikhede veroorsaak dat iemand ONREIN word (bv. as jy iemand anders se vrou begeer). 

(1Th 4:1)  Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.

(1Th 4:2)  Want julle weet watter bevele ons julle deur die Here Jesus gegee het.

(1Th 4:3)  Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;

(1Th 4:4)  dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer,

(1Th 4:5)  nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;

(1Th 4:6)  dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here ‘n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.

(1Th 4:7)  Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.

God wil nie hê dat Christene soos heidene leef nie! - Sy kinders is HEILIG (is afgesonder...), en let gerus op die konteks van bg. skrifgedeelte, bv. v.3 "julle jul moet onthou van die hoerery".  Hierdie verwys nie bloot na 'n hart wat verlang of brand nie, maar die woord "begeerlikheid" word gebruik in konteks met "vleeslike gemeenskap", nl. )1) 'm ongeoorloofde vorm van vleeslike gemeenskap (bv. buite die huwelik);  of (2) om geestelik te hoereer, nl. gemeenskap met die bose (2 Pet. 1:4)(1Pe_4:3  Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.). Bestuurdeer gerus ook die term "ONGEBONDHEID" (wat verwys na vuil begeertes in konteks met seks, iemand wat homself nie kan beheer nie) - 'n woord wat gebruik word in konteks met owerspel, hoerery, en allerhande onreinheid.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die verband tussen "begeertes" en "gemeenskap":

Die woord "begeerte" kan op beurt bestudeer word saam met die woord "gemeenskap", alhoewel die woord "gemeenskap" natuurlik nie altyd verwys na vleeslike gemeenskap nie, maar is 'n vorm van "vennootskap"...;  bv., mense wat aan iets behoort waarin diesulkes met mekaar uithang, kommunikeer, en in ditto dinge deel... (soos 'n getroude paartjie) - die Gr. woord "koy-nohn-ee'-ah". In ander woorde, hulle het 'n verlange na dieselfde dinge... - ons kan miskien sê "hulle begeer dieselfde dinge"! Bestudeer gerus wat dit beteken "om een te wees"... https://warechristene.blogspot.com/2026/08/wat-beteken-dit-om-een-te-wees.html. 

Vir 'n studie oor verskillende "vorme van gemeenskap" (bv. wat toegelaat is, en wat nie), gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).  Dit hang bv. grootliks af van wat se soort begeertes ons praat... (sommige is geoorloof, en sommige nie).  In ander woorde, die Skrif is duidelik daaroor dat sekere vorme van gemeenskap toelaatbaar is, en ander nie. Hierdie feit kan ook toegepas word op die feit dat "van begeerte te brand" (hart wat ontvlam), nie dieselfde is as "iemand begeer" of "wellus" ('n verlange waar die gemoed opgewonde raak spesifiek in die konteks van vleeslike gemeenskap) nie. Die verskillende terme beskryf basies spesifieke soort gevoelens, wat nie in alle situasies geoorloof is nie. Die hart kan bv. ontvlam sonder dat iemand se gedagtes gaan na vleeslike gemeenskap - nl. "van begeerte brand" is m.a.w. anders as "wellus", want dit word nie noodwendig in die konteks gebruik van vleeslike gemeenskap nie.  Bv., wellus (of om iemand te begeer), is nie geoorloof buite die huwelik nie, en daarom moet ongetroudes wat "van begeerte brand", liewer trou (want wellus word slegs binne die huwelik toegelaat). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- Kan vleeslike begeertes saligheid beinvloed?

Ja, dit kan. Soos bo gesien word kinders vd Koninkryk wat hoereer en hulle nie bekeer nie (hetsy vleeslik of geestelik), soos 'n vyand van God gesien! (Jakl. 4:4),  Gal. 5:21 leer dat diesulkes nie die Koninkryk sal beërwe nie... Baie Christene besef nie hoe gevaarlik hierdie is nie.

 (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Die wat afgesonder is vir die Here is veronderstel om hulle gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus... (nl. as jy nie getroud is nie, mag jy nie vleeslike gemeenskap met iemand anders hê nie - ook nie in jou gedagtes nie!)(Matt. 5:28; 2 Kor. 10:5). Wanneer jy geestelik hoereer (bv. afgode dien of afgodspraktyke volg of raadpleeg), word jy ook soos 'n "egbreker" gesien! (nl. op 'n geestelike manier), want kinders vd Koninkryk is deel van die volk van God (deel vd "vrou" wat aan die Here behoort - die geestelike mens behoort aan die Here en mag nie ander gode dien of doen soos die heidene nie). In Jak. 4 WORD VIR ONS 'N GROOT ANTWOORD GEGEE VAN HOE ONS SULKE BEGEERTES KAN OORWIN!, nl. (Jak. 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug) (https://warechristene.blogspot.com/2026/03/die-wapenrusting.html) - lees gerus ook die res van daardie gedeelte, wat o.a. beteken dat jy jou gedagtes kruisig/verander tot gehoorsaamheid aan Christus. M.a.w., jy moet kies om eerder die wil van God te doen, as om verkeerde begeertes te koester - wie is dit vir wie jy behaag? (1Jn 2:17  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig)(2 Kor. 10:5). As jy kies om jouself of die bose te dien, is jy nie besig om die Here te dien nie.

Kortom, die Skrif leer dat kinders vd Koninkryk wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop, eendag onder oordeel sal val (2 Pet. 2:10); hulle word "soos vyande van God"! (Jak. 4:4), en sal nie die Koninkryk beërwe nie... (Gal. 5:21). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------