Wys tans plasings met die etiket ou bedeling. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ou bedeling. Wys alle plasings

Sondag 26 Januarie 2014

Bloedskuld (3)

VIR DIE VORIGE 2 POSTE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-2.html
========================================================================
In hierdie pos bespreek ons twee punte rondom die tema van bloedskuld, nl. (1) is die met bloedskuld, vervloek?, en (2) watter sondes veroorsaak nou juis bloedskuld.

(1) - IN DIE OU BEDELING WAS ENIGE IEMAND MET BLOEDSKULD, VERVLOEK - is hierdie die geval?, en wat het dit presies beteken? Beteken dit bv. dat hulle geensins vergewe kon word nie?, en watter gevolge waas daar? Bv., hoekom is diesulkes baiemaal doodgemaak?

(2) - IN MEESTE SKRIFTE IS BLOEDSKULD DIE GEVOLG VAN  "wanneer iemand 
      ONSKULDIGE BLOED VERGIET het";  m.a.w. wanneer iemand "doodslaan"..., maar wat presies anders veroorsaak alles bloedskuld?

========================================================================
(1) IN DIE OU BEDELING WAS ENIGE IEMAND MET BLOEDSKULD, VERVLOEK (Deut. 27)(Eks. 21:12)(Gen. 9:5). "Vervloektes" is tipies mense wat die dood verdien - in Matt. 25:41 verwys Jesus na die "bokke" (die onbarmhartiges) as "vervloektes" (Matt. 25:41 - "Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele") - vgl. gerus hoe die tema van onbarmhartigheid aanskakel by die tema van "sondes wat bloedskuld veroorsaak", en dat dit ook gaan oor spesifieke sondes wat teen ander mense gepleeg is.  Dit wil voorkom of "vervloektes" se uiteinde die poel van vuur is. Ander woorde wat ook gebruik word in die Skrif vir die woord "bloedskuld", is bv. "bloed op hoof" , of  "bloed(skuld) op hom" (Hand. 18:16)(2 Sam. 1:16) (Lev. 20:9) ens. (soos ons vandag praat van "bloed op hande"). Die tema van bloedskuld is 'n baie ernstige tema.  Toe Kain vir Abel doodgemaak het, het God die volgende gese: (Gen 4:10 - "En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af"). IN MEESTE SKRIFTE IS BLOEDSKULD DIE GEVOLG VAN WANNEER IEMAND onskuldige bloed VERGIET (punt 2)(soos in die geval van Kain wat vir Abel doodgemaak het), maar daar is eintlik baie meer sondes wat genoem word in die Skrif wat bloedskuld veroorsaak, bv. hoerery, bloedskande, kinders wat hulle ouers verag/vloek, homoseksualisme, afgodsdiens ens. (op 'n volgende pos, punt 3) (en dit het alles veral te doen met die TWEE belangrikste GEBOOIE). (Mat 22:37)  En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.(Mat 22:38)  Dit is die eerste en groot gebod. (Mat 22:39)  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Hier is die Here God se reel hieroor:
(Gen 9:5) -
(1)  "Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. 
(2)  Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis".

(Gen 9:6)  Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak (in konteks gaan dit hieroor die feit dat die siel in die bloed is /Gen 9:4). Let op die woorde "want God het die mens na sy beeld gemaak" - is o.a. die rede waarom die Here 'n probleem het met wanneer onskuldige bloed vergiet word...

Dit wil voorkom of die wat VERVLOEK is in die O.T., veral mense is wat sonde gepleeg het wat bloedskuld veroorsaak - vgl. dit met Deut. 27:16-26 (ons sal ook kyk hoe hierdie aanskakel by die N.T.) :
(Deu 27:16)  Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:17)  Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:18)  Vervloek is hy wat ‘n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:19)  Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:20)  Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:21)  Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:22)  Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:23)  Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:24)  Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:25)  Vervloek is hy wat ‘n omkoopgeskenk aanneem om ‘n persoon—onskuldige bloed—dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:26)  Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

(Gal 3:10)  Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.

---------------------------------------------------------------------

Dit is duidelik dat 'n VERVLOEKTE onder oordeel sal kom - kom ons kyk na voorbeelde in die N.T. van wie presies onder God se toorn sal val:
(Rom 1:18)  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,
(Rom 1:19)  omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.
(Rom 1:20)  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
(Rom 1:21)  omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.
(Rom 1:22)  Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
(Rom 1:23)  en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. AFGODSDIENS
(Rom 1:24)  Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer HOERERY/FAMILIESKANDE
(Rom 1:25)  hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. LEUENAARS/EIE WIL
(Rom 1:26)  Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; HOMOSEKSUALISME
(Rom 1:27)  en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. HOMOSEKSUALISME
(Rom 1:28)  En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
(Rom 1:29)  hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;
(Rom 1:30)  nuusdraers, kwaadsprekers, haters van Godgeweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;
(Rom 1:31)  onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,
(Rom 1:32)  mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

Dit is ook nie noodwendig daadsondes wat bloedskuld veroorsaak nie, maar iemand kan selfs hierdie sondes in die gedagtes pleeg, bv. slegte begeertes, ens.:
(Mat 5:21)  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.(Mat 5:22)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.

Vgl. dit met (Jak. 2:1)  My broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie...........(Jak. 2:9)  Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf........(Jak. 2:11)  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.....
DUS, IN HIERDIE SKRIFGEDEELTE VGL. JAKOBUS DIE SONDE VAN "OM PARTYDIG TE WEES" (aannemer van persoon), MET "DOODSLAAN"!  Dit sou beteken dat iemand wat net vir sy broeder kwaad is SONDER REDE, of iemand wat "partydig" is, skuldig is aan bloedskuld!
(Jak. 2:13)  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
(Jak. 4:11 - "Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter").

KYK OOK WAT JESUS GESE HET OOR "EGBREUK" EN DIE ONDERWERP VAN "SKEI":
(Mat 5:27)  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie.
(Mat 5:28)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
(Mat 5:29)  As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
(Mat 5:30)  En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.

(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.


(Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand (die bokke - die wat nie barmhartig was nie) sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Bloedskuld is basies ook die gevolg van wanneer onbarmhartigheid (hy ag sy eie lewe belangriker as die van 'n ander, of ag sy eie slegte begeertes belangriker), maar elke mens is na God se beeld gemaak en is ewe belangrik vir die Here (God is nie 'n aannemer van die persoon nie). Jesus het ook baie klem gele op die temas van BARMHARTIGHEID en die REG (om reg te oordeel/om ander nie verkeerd te oordeel of veroordeel nie);  geen wonder Hy het "om vir jou broeder kwaad te wees sonder rede" vgl. met "doodslaan", nl. dat net soos iemand verantwoording moet doen vir doodslaan, hy so verantwoording moet doen vir die feit dat hy vir sy broeder kwaad is sonder rede... (Matt. 5:22).  Wanneer iemand "doodslaan" faal hy om die tweede wet te onderhou, nl. "jy moet jou naaste liefhe soos jouself", en hy ag ook nie die nodige respek vir sy Maker nie, want elke mens is in die beeld van God. (Jak. 3:9 - "Daarmee (die tong) loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is".  GOD SAL ELKE MENS SE BLOED EIS. Jesus Christus se wederkoms sal gepaard gaan met OORDEEL - dan sal Hy o.a. die skape (die wat barmhartigheid bewys het) van die bokke (die wat onbarmhartig was) skei. Baie Christene glo vandag dat gelowiges glad nie onder oordeel kan val nie, maar dit is nie waar nie - enige gelowige wat (NADAT HULLE TOT BEKERING GEKOM HET, EN HULLE SONDES AFGEWAS IS) "die sonde weer begin dien", staan in gevaar om onder oordeel te val!, bv. die bokke in Matt. 25 wat die gevaar staan om in die helse vuur op te eindig... 
 
========================================================================
(2) - IN MEESTE SKRIFTE IS BLOEDSKULD DIE GEVOLG VAN "wanneer iemand ONSKULDIGE BLOED VERGIET het":

Die wet het heelwat inligting bevat rondom doodslaan (m.a.w. wat presies gesien is as "doodslaan" en "die vergieting van onskuldige bloed" )(rol af vir verse).

(Lev 17:4  "en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE ‘n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man uitgeroei word onder sy volk uit").   -Onder die wet van Moses is die met "bloedskuld" doodgemaak (of onder die volk uit verwyder);  sodoende kon die persoon wat doodgemaak is, se bloed geeis word. Daar is gevalle waar iemand anders vir iemand se bloedskuld betaal het, en dit vir God aanneemlik was, maar slegs in die geval van waar kinders in die bloedlyn ook bloedskuld gehad het (soos in 2 Sam. 21)(Luk. 11:50);  of dit is geeis deur die dood vd hoepriester (nie dat hy doodgemaak is nie, maar met sy uiteindelik dood is in sekere gevalle die bloed op hierdie manier geeis).  Bv., as iemand  "perongeluk" iemand anders doodgemaak het, kon hy vlug na stede (genoem "vrystede") wat spes. vir hulle uitgesit is op bevel van die Here; in so 'n geval moes hy daarin bly tot die dood van die hoëpriester,  en ná die dood van die hoëpriester mag hy teruggegaan het na sy land (want dan was hy weer rein). Dit het beteken dat die hoëpriester die persoon (wat perongeluk doodgeslaan is), se bloed op hom geneem het - (dit was immers die hoëpriester se plig om ten behoewe van mense op te tree in dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring - dit dan waarom so 'n offer vir die Here aanneemlik was)(Hebr. 5:1) - vgl. dit gerus met Jesus as Hoepriester in die nuwe bedeling... Somtyds is die bloedskuld betaal deur iemand in die bloedlyn, MAAR ons moet verstaan dat die Here dit duidelik gemaak het dat geen kind vir 'n ouer se sonde betaal nie, en geen ouer vir 'n kind se sonde betaal nie!   (2Kon. 14:6 - "Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe")Dat God elke mens se bloed eis, is nie net 'n O.T. begrip nie, maar ook N.Testamenties.  Bv., ook die wat in die Groot Verdrukking doodgemaak gaan word, se bloed sal geeis word:  (Openb. 6:10 - "En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?");  en alle onskuldige bloed wat deur Babilon vergiet word, sal geeis word: (Openb. 19:2 - "Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek").

---------------------------------------------------------------------------------------------------
Bloedskuld het 'n invloed op die land;  m.a.w., sondes hierbo genoem het 'n invloed op die land waarop ons woon: (Jer 26:15  "Maar weet verseker as julle my doodmaak dat julle onskuldige bloed bring op julleself en op hierdie stad en op sy inwoners; want die HERE het my waarlik na julle gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te spreek").    Bloedskuld het ook die "land ontheilig" (op 'n volgende pos, punt 4) - m.a.w. bloedskuld het almal in die land geraak!, en o.a. die rede waarom die met bloedskuld uitgewerp is onder die volk of doodgemaak is (want hulle was onrein, en dit het 'n invloed op die land) - onder die wet van Moses was daar nie 'n offer wat hulle van die soort onreinheid kon reinig nie.  Die onskuldige se bloed moes geeis word vir die land om weer "skoon" te raak  (die grond maak sy mond oop om bloed te ontvang, maar as daardie bloed van iemand is wat bv. doodgeslaan is, dan roep die bloed uit! - die grond sal nie sy vermoë meer gee nie... - bestudeer die vb. van Kain wat vir Abel doodgemaak het/Gen. 4:11,12 - so iemand moet sy mense verlaat). Sulke bloed moet altyd betaal word, hetsy deur die persoon self of deur iemand in die bloedlyn, maar dit beteken natuurlik nie dat bloedskuld soos 'n vloek op die nageslag kom, soos party leer nie!, want die Here het dit duidelik gemaak dat geen ouer vir kinders se sonde betaal nie, en geen kinders vir ouers se sonde betaal nie/Eseg. 18 (bv., in die gevalle waar bloed geeis was van die nageslag, het die nageslag ook bloedskuld op hulle gehad) (in Jesus Christus se geval het Hy Sy lewe vrywillig afgele vir ons!, en die wat in Hom glo is soos mense wat gesterf het - hierdie is een van die dinge wat deur die Christelike doop voorgestel word). 
 
----------------------------------------------------------------------------------------------------
Gaan lees gerus deur die boek van Levitikus om te sien wat God sien as "doodslaan", en selfs waar dit perongeluk geskied het, word bloed geeis: 
- selfs al sou iemand iemand per ongeluk doodslaan, hou God Sy belofte dat HY ELKEEN SE BLOED SAL EIS!  Jesus het geleer dat almal sondig en niemand goed is nie (Joh. 8:7); bekering was as 'n voorwaarde gestel met die prediking van die "koninkryk van God" wat naby was - dit beteken dat elkeen wat begeer het om deel te wees van die Here se koninkryk, bekering nodig het (want almal is sondig, en vergifnis van sondes is nodig om deel te word van Sy koninkryk;  deur bekering ontvang ons "vergifnis van sondes" sodat ons nie onder oordeel val nie) Kol. 1:14; Matt. 26:28; Rom. 5:9
Jesus het ook 'n veel uitnemender weg kom skep as die in die wet van Moses, waarin Hy almal (die wat in Hom glo), se "bloed op Hom neem"...- hierdie is basiese terminologie wat deur die kerk baiemaal gebruik word, wat meer presies verwys hoe hoe Hy onskuldige bloed geeis het deur Sy dood (Hy is die Hoepriester/Hebr. 9:11,12);  en natuurlik is dit miskien meer verwysend na die wat perongeluk bloeskuld op hulle gekry het (nl. onwetende sonde, wat ook die rede was vir die een keer 'n jaar offer in die O.T.).  Sy liggaam is gebreek en Sy bloed maak ons vry van enige vloek wat op ons gekom het (hetsy dit verwys na die vloek van die wet of bloedskuld...)(Gal 3:13 -  "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—" - so het Hy die Vader tevrede gestel omdat "elke onskuldige se bloed geeis kan word".  Jesus is ook nie enige hoepriester nie!, maar terloops 'n EWIGE HOEPRIESTER (Hy het opgestaan en leef vir ewig)/Hebr. 5. Die wat glo en vergifnis ontvang, kry genade sodat hulle nie onder oordeel val nie (kyk o.a. die vb. van die vrou wat in egbreuk betrap is - Joh 8:11 -"En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie" - let egter op Jesus se opdrag hier aan haar: "sondig nie meer nie!). Inderdaad moet ons nie die genade gebruik as 'n weg "om te sondig" nie.

Iemand wat hom bekeer en tot geloof kom, is vry van enige vloek, en het die belofte dat hulle nie onder oordeel sal kom, maar dit is slegs deur bekering en geloof wat iemand hierdie regverdigmaking verkry in Jesus Christus, en dit word van weergeborenes verwag om "in die Here te bly" en Hom te gehoorsaam. As jy dan nou bely dat jy die Here dien, dan kon jy tog nou nie die sonde weer begin dien nie, want wat sal tog die uiteinde wees van so 'n mens?  Geloof sonder werke is dood.

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde van wat bedoel word met "vergieting van onskuldige bloed" en "bloedskuld" (lees elk gerus in konteks):
Eks. 22:2  As ‘n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie; 
Eks. 22:3  as die son oor hom opgegaan het, ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word. 

Deu_22:8  As jy ‘n nuwe huis bou, moet jy ‘n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie. 

1Sa_25:26  En nou, my heer, so waar as die HERE leef en u siel leef, dit is die HERE wat u teruggehou het om in bloedskuld te geraak en u met eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat onheil soek teen my heer, soos Nabal word. (in die geval van onskuldige bloed vergiet)
...1Sa_25:33  En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat my vandag teëgehou het om in bloedskuld te geraak en my met eie hand te help. 

Psa_51:14  (51:16) Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.   (Gaan kyk gerus hoe Dawid hier later in die hfst. profeteer van die Here se toekomstige verlossing, en hoe hy getuig van iets wat Jesus ook geleer het, nl. dat die Here gehoorsaamheid soek, nie offers nie!)

Jes._33:15  Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie— 

Eseg._22:13  Kyk, so slaan Ek dan in my hand oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het, en oor jou bloedskuld wat in jou is. (bloed vergiet; drekgode gemaak - v.4)(vader en moeder verag; vreemdeling met geweld behandel; wees en weduwee verdruk - v.7)(heilige dinge geminag; sabatte ontheilig - v.8)....ens. 

Hos_1:4  En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.

Hier is 'n paar verse oor wat nog bloedskuld veroorsaak:
Lev 20:9  Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloedskuld is op hom. 
...Lev 20:11  En as ‘n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. 
Lev 20:12  En as ‘n man met sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het ‘n gruwelike vermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle. 
Lev 20:13  En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. 
...Lev 20:16  En as ‘n vrou naby enige dier kom om daarmee te doen te hê, moet jy die vrou en die dier doodslaan. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. 
...Lev 20:27  En as daar in ‘n man of vrou ‘n gees van ‘n afgestorwene is of ‘n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle. 

Num 35:27  en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat ‘n doodslag begaan hetdan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.
========================================================================