In die Skrif vind ons dat iemand somtyds vgl. word met 'n leeu. In Openb. 5:5 word Jesus bv. "die leeu uit die stam van Juda" genoem; in Gen. 49:9 word Juda vgl. met 'n jong leeu; ens. Sekere konings en/of koninkryke in die Skrif word vergelyk met verskillende diere, wat vir ons iets vertel van daardie betrokke konings of koninkryke. In hierdie pos kyk ons spesifiek na waar die vgl. gemaak word met 'n "LEEU". Wat beteken dit dat Jesus die "LEEU uit die stam van Juda" genoem word? Hoekom word die eerste koninkryk in Dan. 7 voorgestel met 'n leeu - wat kan dit vir ons leer oor daardie koninkryk?
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk eers na wat ons uit die Skrif kan leer oor leeus:
- 'n Leeu word gesien as die held onder die diere, want hy draai vir niks om nie (Spr. 30:30).
- 'n Leeu laat hom nie opjaag nie (Num. 24:9).
- 'n Leeu se gebrul wys dat hy honger is (Amo 3:4).
- 'n Leeu se gebrul wek vrees en is soos 'n geroep (Amos. 3:8; Hos. 11:10).
- Wanneer 'n leeu brul hou hy wag of het prooi gevind (1Pe 5:8; Job 4:10; ens.).
- 'n Leeu maak gedreun, gryp die prooi en sleep weg... - vertrap en verskeur sonder dat iemand red... (Jes. 5:29; Jes. 21:8; Mig. 5:7).
- Wanneer 'n leeu opkom uit sy bos, verjaag hy, en maak dood, (Jer 4:7; Jer. 2:30; 5:6; 49:19), verskeur sy prooi en breek die beendere (Jes. 35:9; 38:13)(Eseg. 19:3; 22:25).
- Juda (Gen 49:9 - "Juda is ‘n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos ‘n leeu en soos ‘n leeuin; wie sal hom opjaag?").
- Dan (Deut. 33:22 - "En van Dan het hy gesê: Dan is ‘n jong leeu wat uit Basan uitspring).
- Dawid se vyande (goddeloses in hierdie geval) (Psa 17:12 - "Hy is soos ‘n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos ‘n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê")(Ps. 22:14).
- Regverdiges (Spr. 28:1 - "Die goddelose vlug sonder dat daar ‘n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos ‘n jong leeu").
- Die dreiging van 'n koning (Spr. 20:2 - "Die dreiging van die koning is soos die gebrom van ‘n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe").
- Die op wagpos in (Jes. 21:8,9 - "En hy het geroep soos ‘n leeu. Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte. En kyk, daar kom ‘n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê: Geval, geval het Babel, en hulle het al die gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond").
- 'n Groep profete in (Eseg. 22:25 - "‘n Sameswering van sy profete is in hom, soos ‘n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte en kosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin").
- Farao, koning van Egipte in (Eseg. 32:2 - "Mensekind, hef ‘n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos ‘n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak").
- Die duiwel (1Pe 5:8) - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind").
- Die oorblyfsel van Jakob (Mig. 5:7 - "En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos ‘n leeu onder die diere van die woud, soos ‘n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red").
- Die eerste lewende wese in (Openb. 4:7 - "En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg").
- 'n Sterk engel in (Openb. 10:3 - "en hy het met ‘n groot stem uitgeroep soos ‘n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor").
- Jesus word die LEEU uit die stam van Juda genoem
(Openb. 5:5 - "Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek") ;
(Hos 5:14,15 - "Want Ek is soos ‘n leeu vir Efraim, en soos ‘n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red. Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek. In hulle nood sal hulle My soek") ;
(Jes. 31:4) Want so het die HERE vir my gesê: Soos ‘n leeu en ‘n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas—só sal die HERE van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel") ;
(Jer 25:30,38 - "Jy moet dan al hierdie woorde vir hulle profeteer en aan hulle sê: Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy ‘n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.........................(Jer 25:38) Hy het soos ‘n jong leeu sy lêplek verlaat; want hulle land het ‘n woesteny geword weens die gewelddadige swaard, ja, weens sy toorngloed") ;
(Hos 11:10 - "Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos ‘n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom");
(Hos 13:7 - "Toe het Ek vir hulle soos ‘n leeu geword, soos ‘n luiperd lê Ek by die pad en loer").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na spesifieke voorbeelde in die Skrif waar KONINKRYKE voorgestel word met leeus, of voorstellings soos van leeus...:
- Eerste dier (in Dan. 7) (Dan 7:4 - "Die eerste was soos ‘n leeu, en hy het vlerke van ‘n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan ‘n mensehart gegee is").
- Volk - Jakob/volk van Israel (Num. 23:24,; 24:9) (Num 23:24 - "Kyk, ‘n volk wat opstaan soos ‘n leeuin, en soos ‘n leeu verhef hy hom. Hy gaan nie lê voordat hy roof eet en die bloed van die wat verslaan is, drink nie").
- Die dier uit die see (Openb.13:2 - "En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------