Wys tans plasings met die etiket brul. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket brul. Wys alle plasings

Donderdag 30 Mei 2024

Beeldspraak vergelyking met LEEU

In die Skrif vind ons dat iemand somtyds vgl. word met 'n leeu. In Openb. 5:5 word Jesus bv. "die leeu uit die stam van Juda" genoem;  in Gen. 49:9 word Juda vgl. met 'n jong leeu; ens. Sekere konings en/of koninkryke in die Skrif word vergelyk met verskillende diere, wat vir ons iets vertel van daardie betrokke konings of koninkryke. In hierdie pos kyk ons spesifiek na waar die vgl. gemaak word met 'n "LEEU".  Wat beteken dit dat Jesus die "LEEU uit die stam van Juda" genoem word?  Hoekom word die eerste koninkryk in Dan. 7 voorgestel met 'n leeu - wat kan dit vir ons leer oor daardie koninkryk? 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk eers na wat ons uit die Skrif kan leer oor leeus: 

- 'n Leeu word gesien as die held onder die diere, want hy draai vir niks om nie (Spr. 30:30).

- 'n Leeu laat hom nie opjaag nie (Num. 24:9).

- 'n Leeu se gebrul wys dat hy honger is (Amo 3:4). 

- 'n Leeu se gebrul wek vrees en is soos 'n geroep (Amos. 3:8; Hos. 11:10). 

- Wanneer 'n leeu brul hou hy wag of het prooi gevind (1Pe 5:8; Job 4:10; ens.).

- 'n Leeu maak gedreun, gryp die prooi en sleep weg... - vertrap en verskeur sonder dat iemand red... (Jes. 5:29; Jes. 21:8; Mig. 5:7).

- Wanneer 'n leeu opkom uit sy bos, verjaag hy, en maak dood, (Jer 4:7; Jer. 2:30; 5:6; 49:19), verskeur sy prooi en breek die beendere (Jes. 35:9; 38:13)(Eseg. 19:3; 22:25).

- Die teenwoordigheid van leeus veroorsaak benoudheid en angs (Jes. 30:6).

- Leeus se lêplek is ook die voedingsplek - hulle vul dit met buit - niemand maak hulle daar skrik nie (Nah. 2:11).

- Leeus roof en wurg ter wille van hulle families (Nah 2:12). 

Karaktertrekke wat met 'n leeu vgl. word:
-  Dapper: (2 Sam. 17:10) - "dapper man is, wat ‘n hart het soos ‘n leeu se hart". 
   Held (onder die diere)(Spr. 30:30)
-  Sterk:  (Rig. 14:8; 1 Sam. 17:37).
-  Wreed: (1 Kon. 13:24,26; Ps. 7:3; 17:12; 22:22; Jes. 38:13; Jer. 2:30; Eseg. 19:3-6; 22:25; Jes. 5:14)(verskeur/dra weg sonder dat iemand red/ens.). 
-  Grimmig / dreig / laat sy stem hoor (luidrugtige gebrul) en hou wag - gereed (Job 4:10; Ps. 22:14; Spr. 19:12; 22:2)(Jes. 21:8).
-  Gee nie in nie (knor vir prooi/skrik nie...-Jes. 31:4; Amos 3:4 -brul wanneer hy prooi het/laat sy stem hoor wanneer hy iets gevang het).
-  Moedig/veilig/rustig (Spr. 28:1).
-  Le en wag, en jag (prooi/jaag soos 'n leeu/is 'n verderwer - Job 10:16; Jer. 4:7; 5:6; 25:38; 49:19; 50:44)(soek wie hy kan verslind-1 Pet. 5:8).
-  Trots (Job 28:8).
-  Wek benoudheid en angs (Jes. 30:6).
- Sorg vir (roof en maak dood ter wille van familie)(Nah. 2:12).

Om met 'n leeu vgl. te word kan op verskillende dinge wys, bv. dapperheid, is sterk, is moedig, trots, ens. In ander kontekste kan dit verwys na mense of koninkryke wat benoudheid en angs wek, wreed is, ens. Wanneer ons verstaan waarom hierdie soort beeldspraak gebruik word, kan daar goeie afleidings gemaak word oor hoekom persone of koninkryke somtyds vgl. word met leeus in die Skrif.  Jesus word bv. o.a. "die LEEU uit die stam van Juda" genoem, want wanneer Hy bv. "uit Sy lêplek uitkom", moet almal vrees - Hy is soos 'n leeu vir Sy volk (Hos. 5;14,15). 'n Ander interessante vb.van waar die voorstelling van die brul van 'n leeu ook gebruik word is die in Openb. 10:3, waarin 'n groot engel uitroep "soos 'n leeu wat brul" - en na dit volg die 7 donderslae... (alhoewel ons nie weet waarna hierdie 7 donderslae verwys nie).  Hierdie "brul" is soos 'n geroep (soos die brul van 'n leeu 'n geroep is) - bv., "die 7 donderslae het hulle stemme laat hoor". Dit moet noodwendig vrees wek soos die gebrul van 'n leeu vrees wek... - dit is interessante  dat "brul" gewoonlik gepaardgaan met wag hou of wanneer prooi gevang is... (wat interessante interpretasies kan teweegbring).  Ons sien ook dat hierdie gebeur rondom die tyd vd wederkoms wat gepaardgaan met die "slag van Armageddon", "oordeel op die met die merk vd dier", "val van Babilon", ens.  Jesus, die Leeu uit die stam van Juda, sal terugkom en Hy kom om te oordeel...!  

In hierdie konteks waar ons nou verstaan waarom iemand of 'n koninkryk vgl. word met 'n leeu, kan ons beter verstaan waarom die koning van Babel ook vgl. was met 'n leeu (Dan. 7).  Hy was inderdaad soos 'n held onder die diere, het vrees gewek en vetrap en verskeur sonder dat iemand red. Sy lêplek was gevul met buit en niemand kon hom daar skrikmaak nie. Hy was dapper, moedig, sterk, trots, en het benoudheid en angs gewek...  

Nog 'n vb. is die vd dier uit die see in Openb. 13:1,2.  Hierdie dier het o.a. 'n bek gehad "soos die bek van 'n leeu" (Openb. 13:2). Hierdie verwys sekerlik deels na koninkryke wat hierdie koninkryk voorafgegaan het;  dus o.a. die Babiloniese koninkryk (- en kan miskien ook met die koppe vgl. word), en deels verwys dit na iets wat met die bek van 'n leeu te doen het... 'n Leeu gebruik bv. sy bek om sy prooi te vang en verskeur en weg te sleep, eet sy prooi ens.  Vgl. dit met hoe verborge Babilon (vd laaste dae) beskryf word as "dronk vd bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus" (Openb. 17:6). Daar is beslis 'n konneksie tussen die 7de (dier uit die see) en laaste koninkryk (skarekenrooi dier met stad Babilon/vrou)...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na spesifieke voorbeelde in die Skrif waar MENSE voorgestel is met leeus, of vgl. word met "soos 'n leeu":

-  Juda (Gen 49:9 - "Juda is ‘n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos ‘n leeu en soos ‘n leeuin; wie sal hom opjaag?").

-  Dan (Deut. 33:22 - "En van Dan het hy gesê: Dan is ‘n jong leeu wat uit Basan uitspring).

- Dawid se vyande (goddeloses in hierdie geval) (Psa 17:12 - "Hy is soos ‘n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos ‘n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê")(Ps. 22:14).

- Regverdiges (Spr. 28:1 - "Die goddelose vlug sonder dat daar ‘n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos ‘n jong leeu").

- Die dreiging van 'n koning (Spr. 20:2 - "Die dreiging van die koning is soos die gebrom van ‘n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe").

- Die op wagpos in (Jes. 21:8,9 - "En hy het geroep soos ‘n leeu. Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte. En kyk, daar kom ‘n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê: Geval, geval het Babel, en hulle het al die gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond").

'n Groep profete in (Eseg. 22:25 - "‘n Sameswering van sy profete is in hom, soos ‘n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte en kosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin").

Farao, koning van Egipte in (Eseg. 32:2 - "Mensekind, hef ‘n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos ‘n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak").

- Die duiwel (1Pe 5:8) - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind").

Die oorblyfsel van Jakob (Mig. 5:7 - "En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos ‘n leeu onder die diere van die woud, soos ‘n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red").

Die eerste lewende wese in (Openb. 4:7 - "En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg").

'n Sterk engel in (Openb. 10:3 - "en hy het met ‘n groot stem uitgeroep soos ‘n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor").

Jesus word die LEEU uit die stam van Juda genoem 

(Openb. 5:5 - "Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek") ;

 (Hos 5:14,15 - "Want Ek is soos ‘n leeu vir Efraim, en soos ‘n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red. Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek. In hulle nood sal hulle My soek") ; 

(Jes. 31:4)  Want so het die HERE vir my gesê: Soos ‘n leeu en ‘n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas—só sal die HERE van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel") ; 

(Jer 25:30,38 - "Jy moet dan al hierdie woorde vir hulle profeteer en aan hulle sê: Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy ‘n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.........................(Jer 25:38)  Hy het soos ‘n jong leeu sy lêplek verlaat; want hulle land het ‘n woesteny geword weens die gewelddadige swaard, ja, weens sy toorngloed") ; 

(Hos 11:10 - "Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos ‘n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom"); 

(Hos 13:7 - "Toe het Ek vir hulle soos ‘n leeu geword, soos ‘n luiperd lê Ek by die pad en loer").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na spesifieke voorbeelde in die Skrif waar KONINKRYKE voorgestel word met leeus, of voorstellings soos van leeus...:

Eerste dier (in Dan. 7) (Dan 7:4 - "Die eerste was soos ‘n leeu, en hy het vlerke van ‘n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan ‘n mensehart gegee is").

- Volk - Jakob/volk van Israel (Num. 23:24,; 24:9) (Num 23:24 - "Kyk, ‘n volk wat opstaan soos ‘n leeuin, en soos ‘n leeu verhef hy hom. Hy gaan nie lê voordat hy roof eet en die bloed van die wat verslaan is, drink nie").

Die dier uit die see (Openb.13:2 - "En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------