Vrydag 17 Julie 2015

Profete / Valse Profeet

Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html

Vir 'n opsomming oor PROFETIESE BOEKE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/profetiese-boeke.html


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die Ou Testament was God se Gees nie op al Sy dienaars uitgestort nie.  Die volk van God was bv. "diensknegte" van God genoem, tog het net sekeres van die volk die Heilige Gees ontvang.  Die wat wel die Gees van God ontvang het, was die wat bekwaam gemaak is om spesifieke werke vir die Here te doen,  om Sy wil aan die volk bekend te maak en hulle te waarsku waar hulle verkeerd gaan (2 Sam. 23:2).  Voorbeelde is profete soos Samuel, Esegiel, Daniel, Jesaja ens. - hulle het die wil van God aan die mense bekend gemaak, die volk gewaarsku wanneer hulle verkeerd gaan, en somtyds ook geweet wat in die toekoms sou gebeur (2 Kron. 24:20; Neh. 9:30; Num. 27; 2 Kron. 15:1). Dit was duidelik om te sien wie die persoon is wat die Gees van God het, want hulle was instaat om dinge te doen en te weet wat ander mense nie kon doen nie of nie geweet het nie.  Daar was ook profete soos Elia en Elisa wat wonderwerke gedoen het.  Ander voorbeelde was sekere konings, soos koning Dawid en koning Salomo - die Here het baie wysheid vir hulle gegee, deur Sy Gees, sodat hulle Sy kon volk lei;  om daardie rede het die Gees van God bv. ook op mense soos Moses gerus.  Nog ander vb.e van mense wat die Gees van God op hulle gehad het, was bv. Besáleël - sodat hy wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid kon kry vir allerhande werk in die tabernakel (Eks. 28:3; 31:3; 35:31).  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html). 


Die volk het gekyk na die wat die Gees van God het vir leiding in wat die waarheid is, maar die wat nie van die waarheid gehou het nie, het teen hulle in opstand gekom. Kyk maar bv. hoeveel profete is om die lewe gebring deur Agab en Isabel (1 Kon. 18).  Waarheid was nog altyd soos 'n swaard, en dit is om hierdie rede wat Jesus gese het dat Hy nie gekom het om vrede op die aarde te bring nie (want Hy het vir ons die waarheid gebring). Dit is ook om hierdie rede wat baie diensknegte van die Here doodgemaak is (dissipels, apostels...), omdat hulle die waarheid verkondig het! Jesus het die Gees van God "die Gees van die waarheid"genoem! (Joh. 14:17; 15:26; 16:13).  Die Gees is die WAARHEID (1 Joh. 5:6). Daarom word die dienskneg van die Here soos skape onder die wolwe ingegooi.  Die ware dienskneg/profeet van die Here, spreek die waarheid.  Die valse profeet spreek nie die waarheid nie!   Daar was ook baie profete in die O.T.  wat nie na die wil van die Here gesoek het nie, en nie in Hom gebly het nie, maar geprofeteer het uit eie wil - die wat slegs "voorgegee" het dat hulle die Here KEN en Sy wil en woorde verkondig.. Waar iemand WETEND is van die waarheid, maar steeds sy eie lering in stryd met die waarheid, of woorde in stryd met wat die Here eintlik vir iemand wil se, verkondig, is hy nie opreg nie - so iemand is besig met afgodsdiens, want eiesinnigheid is afgodsdiens.  So iemand kom wetend in opstand teen die waarheid, en sy bedoeling is dat mense hulle hoop plaas in hom en ander dinge, in plaas van in die Here.  Jesus het hulle genoem, "geveinsdes" (wat beteken "akteurs").  Hulle gee voor dat hulle die Here ken en Sy wil en waarheid verkondig, maar dit is nie waar nie - (Jer 23:31 - "Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek!").  Hierdie mense is in aansien omdat hulle verkondig wat mense eerder wil hoor as die waarheid (Luk 6:26 - "Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen").http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/wat-is-die-waarheid-3.html.  

DIE PERSOON WAT EGTER DIE WAARHEID VERKONDIG (die ware dienskneg van die Here op wie die Gees van God rus en wat profeteer volgens wat die Here spreek, nie uit eie hart nie), SAL VERVOLG WORD. MENSE GAAN NIE ALTYD VAN HULLE HOU NIE, OMDAT HULLE DIE WAARHEID PRAAT.  EN SOMMIGE WORD DOODGEMAAK TER WILLE VAN DIE WAARHEID.  (1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Alhoewel die Profeet van die O.T. spesifiek geroep was (deel was van die volk van God, en spes. deur God geroep en uitgestuur), word Christene gesien soos 'n "Priesterdom". (1Pe 2:9 - "Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig"). Christene word gesien as die gemeente van eersgeborenes, en het die pligte van eersgeborenes (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html), wat ten eerste beteken dat hulle aan die Here behoort (nie aan hulleself nie).  Hulle is ook "priesters" vir die Here - hulle DIEN DIE HERE (dien nie hulleself nie!).  'n Belangrike plig van 'n priester is om die KENNIS TE BEWAAR. Die priester is ook 'N BOODSKAPPER VIR DIE HERE (net soos die profete van die O.T.). Priesterskap en om 'n Profeet te wees van die Here, het gegaan oor OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN, nie eie wil nie.  Daarom kon die priester ook seeninge uitspreek, want hy het die Here geken in die saak.  Beide die priester en profeet het die Here geraadpleeg.

Elke wedergebore kind van God wat gevul is met die krag van die Heilige Gees (soos die profete en konings van die O.T.), kan deur die Gees van God gebruik word in die gawe of bediening van PROFESIE  (Hand. 2:18; 1 Kor. 14:1,31,39...).
(Ef. 4:11 - "En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars").
(1Co 12:10 - "aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale")(1 Kor. 12:28).

maar ons moet verstaan dat nie almal wat bely dat hulle Christene is, regtig in die Here bly en Hom raadpleeg nie! Baie kom tot geloof "vir eie gewin". Hulle verstaan nie dat geloof gaan oor OM DIE HERE TE DIEN en om HOM GEHOORSAAM te wees nie. Sou so iemand nou egter "profeteer", en hy hom nie laat lei deur die Gees van God nie, maar hom eerder deur sy eie hart laat lei, dan probeer hy die wat na hom luister, opsetlik mislei (want hy gee voor dat hy van die Here hoor, maar hy KEN nie regtig die Here nie!;  hy bly nie in Hom nie en hy is nie deur die Here gestuur om daardie woord te gee nie!)  - so iemand is 'n Valse Profeet.

Daar is dus diesulkes wat voorgee dat hulle die Here ken of voorgee dat hulle Hom raadpleeg, maar hulle doen nie.  Ons moet hulle nou egter nie verwar met die onwetende gelowige nie.  Baie gelowiges verkondig valse leerstellings, maar in onwetendheid! Waar iemand egter wetend is van wat die waarheid, maar steeds die verdraaide leerstelling verkondig, verander hy self in 'n valse profeet!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WAT WORD BEDOEL MET die woorde "VALSE PROFEET"?

Wat ons eerstens moet verstaan is dat wanneer daar gepraat word van "valse profete", dit verwys na "die wat slegte vrug dra" - dit verwys m.a.w. na die wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15)  -  in daardie sin bely hulle dat hulle glo, maar hulle werke bewys dat hulle eintlik hulleself liefhet! Hulle gee voor dat hulle die Here dien, maar hulle dien hulleself;  hulle gee voor dat hulle die Here ken en van Hom hoor en "reg sien", maar dit is nie so nie. Die doel van die valse profeet is OM MENSE TE VERLEI en TE MISLEI! (Mat 24:11,24) - dit is m.a.w. OPTETLIKE MISLEIDING.  En soos ons goed weet, is hierdie 'n kenmerk van die duiwel self;  daarom word hy vgl. met 'n slang. Sommige doen selfs tekens en wonders met die doel om TE MISLEI (sodat mense liewer in hulle glo as in die waarheid).  Dit sal ook 'n kenmerk wees van DIE valse profeet in die laaste dae (Openb. 13:14), nl. "om die mense te verlei om die Antichris te aanbid" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/die-valse-profeet.html).

(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 7:22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
(Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Die mens wat as valse profeet optree weet goed wat die waarheid is, maar verkondig 'n verdraaide leerstelling met die doel om ander te verlei of te mislei. Hierdie persoon wil deur "ander gesien word" en wil he dat hulle dink "hy word deur die Here gebruik", maar in der waarheid raadpleeg hy nie die Here nie en is Hom nie gehoorsaam nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die valse profeet is ook 'n "valse leraar", omdat hy valse waarheid verkondig.  Vgl. dit met 2Pe 2:1,2 - "Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat gaan word van die Valse Profeet?

DIE VALSE PROFEET GEE VOOR DAT HY VAN DIE HERE HOOR, EN GEE VOOR DAT HY "SIEN", MAAR DIT IS NIE SO NIE.   A.G.DAARVAN SPREEK HY LEUENS. DIT IS WAT DIE HERE SE VAN VALSE PROFETE:
 -  hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie;
-   en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie;
-   en in die land van Israel nie kom nie.

Die persoon in Christus Jesus word ingeeent op die boom (die volk van God), en word so "kinders van Abraham". Die belofte van om deel te wees vd vergadering van God se volk, en om in die boek opgeskryf te word, en om die land te beerwe, is vir alle Christene bedoel, maar die Christen wat voorhou dat hy/sy die Here ken en deur die Here gestuur word, maar 'n leuen-woord gee, profeteer uit eie hart en raadpleeg nie regtig die Here nie.  So 'n Christen gaan slegte vrug dra, sal afgesny word en sal nie hierdie beloftes deelagtig raak nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe sal ons 'n Valse Profeet uitken?

Die valse profete is tussen die kinders van die Here.  Hulle is tussen Sy volk en beweeg tussen Sy kinders. Hulle sit in die Christelike kerke en doen hulleself voor asof hulle die Here ken.
HULLE WORD GEKEN AAN HULLE VRUG - hulle dra nie goeie vrug nie, OMDAT HULLE NIE REGTIG DIE HERE KEN NIE!  Hulle gee voor dat hulle Hom ken, en praat asof hulle Sy woorde verkondig, maar die waarheid is dat hulle Hom nie ken nie en daarom NIE SY WIL DOEN NIE.  Die ware kind van God DOEN egter DIE HERE SE WIL en RAADPLEEG HOM!  DIE HERE MAAK SY PLANNE AAN SY VRIENDE BEKEND!  En Sy vriende GEHOORSAAM Hom.  As iemand nou kom en verklaar dat hy die Here se planne ken, maar hy is nie gehoorsaam aan die Here nie (en dra daarom nie goeie vrug nie)(Joh. 15:5), dan ken Hy Hom nie werklik nie, en dan ken hy ook nie die Here se planne nie  -  hoe kan hy dan profeteer?  Hoe kan hy dan se "die Here het gese" as hy nie eens weet wat die Here se nie?  
(Joh 15:14,15 - "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het"). Wanneer "Christene" geen tyd met die Here spandeer nie, dan is hulle nie besig om Sy wil te soek nie, en is nie besig om Hom te raadpleeg nie.  Wanneer "Christene" liewer hulle antwoorde soek by die wereld (as by die Here), is hulle nie besig om Sy wil te soek nie en nie besig om Hom te raadpleeg nie.  So iemand KEN HOM nie regtig nie!

(Mat 7:15)  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
(Mat 7:16)  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
(Mat 7:17)  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
(Mat 7:18)  ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
(Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
(Mat 7:20)  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.



DIE HERE NOEM "VALSE PROFETE", "profete uit hulle eie hart" (Eseg.. 13:2). Die valse profeet is die een wat voorgee dat hy die woord van die Here bring, maar bring eintlik sy eie woord. Hulle gee voor dat hulle van die Here hoor, en dat hulle "sien", maar hulle sien niks en hoor nie regtig van die Here nie.  Hulle gee voor dat hulle deur die Here gestuur word, maar is nie regtig deur Hom gestuur nie! . So iemand is eerder besig met waarsêery, nie besig om te profeteer nie!  Hy spreek leuens (Eseg. 13:6). Hulle gee m.a.w. die verkeerde raad, soos om te se dat daar vrede is wanneer daar nie regtig vrede is nie. Hulle maak die hand van die goddelose sterk sodat hy nie van sy verkeerde weg terugkeer nie. Hulle veroorsaak dat die wat na hulle luister (terwyl hulle leuens spreek), val.

Ons sien ook 'n goeie vb. van valse profete in 2 Kron. 18.  Daar is 'n vb. van 400 profete "wat uit hulle eie hart" profeteer.  Duidelik het hulle nie die Here geraadpleeg nie, want die Here het 'n leuengees in hulle gegee sodat hulle vals geprofeteer het.  Dit is ook duidelik dat Miga (wie 'n ware profeet van die Here was) nie so gewild was by die koning van Israel nie, want hy het nie geprofeteer wat die "koning graag wou hoor" nie. En weer-eens hier in 2 Kron. 18 steur die koning hom nie aan Miga nie, maar luister na die wat vir hom vertel wat hom in die gehoor streel en a.g.daarvan, sterf hy in die oorlog. Wanneer Christene ook slegs ingestel raak op "die wat hulle in die gehoor streel", dan kan dit juis hulle val beteken!  (2Ti 4:3 - "want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede").

'n Ander vb. van valse profesie is die in 1 Kon. 13.  Ook hier sien ons hoe die man van God sy lewe verloor het omdat hy ag gegee het op profesie wat in stryd was met wat die Here gese het.  Alhoewel hy oorspronklik self sterk gestaan het en self 'n profeet van die Here was, het hy uiteindelik toegegee aan 'n ander profeet wat vir hom gelieg het:  (1Ki 13:18 - "Maar hy sê vir hom: Ek is ook ‘n profeet net soos jy, en ‘n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg"). Hierdie is 'n goeie vb. van waar iemand WEET WAT DIE WAARHEID IS EN WAT DIE HERE VERWAG, maar ag gee op iemand wat hom voordoen asof hy van die Here hoor.  Net soos Christene baiemaal goed weet wat die Here beveel en wat die waarheid is, maar ag gee op die profeet of leermeester wat kom met mooi praatjies.  As 'n Christen ag gee op hierdie steenstrydige waarhede omdat dit hom in die gehoor streel, dan kan dit sy val beteken!  In die geval van 1 Kon. 13 het dit die dood van die man van God beteken.  In die geval van 2 Kron. 18 het dit ook die dood van die koning beteken.
_________________________________________________________________________________

(1)  Mense wat tot geloof kom, maar nie ag gee op DIE PAD VAN GODSALIGHEID NIE, is soos BABAS in die geloof  en kan vgl. word met die 2de groep in die gelykenis van die saaier (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/hoe-groei-die-christen-geestelik.html).  Hulle gee voor dat hulle die Vader KEN en tyd met Hom spandeer en Hom raadpleeg, maar hulle ken Hom nie regtig nie. Die oomblik as daar verdrukking of versoeking kom, dan val hulle af.
(2)  Sommige begin wel die Here KEN en begin selfs vrug dra (soos die 3 de groep in die gelykenis van die saaier)(dan voorgestel as "KINDERS", 1 Joh. 2:12-14), maar begin dan meer besig wees met die lewe as met die Here en word verstik deur die sorge, rykdom, begeerlikhede en genietinge van die lewe.  Hulle gee voor dat hulle Hom GEHOORSAAM, maar hulle soek hulle eie wil.  Hulle ken die Vader se wil, maar kies nou hulle eie wil.  Sulke Christene staan die gevaar dat hulle hul vrug kan verloor sou hulle nie die Here begin gehoorsaam nie.  En as hy onvrugbaar raak, sal hy uitgekap word!
(3)  Dan is daar die 4 de groep in die gelykenis van die saaier, wat wel vrug dra, en vashou aan die geloof, gesnoei word, en meer vrug dra.  Hulle kan vgl. word met die JONGMENSE en VADERS in 1 Joh. 2:12-14.  Hulle staan vas deur versoeking en kry oorwinning oor sonde.  Hulle soek die waarheid, hou vas aan die geloof en KEN die Vader.
(http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html)

 Nie een van die bogenoemde groepe kan gesien word as VALSE PROFETE nie, maar wat sou gebeur as  "babas en kinders" soos "vaders" begin optree!  (en lering gee en profeteer asof hulle die Here ken en Hom gehoorsaam soos "jongmense en vaders"!), dan raak dit baie onveilig.  Dan gee hulle voor wat hulle nie is nie  -  soos akteurs! Baie valse en verdraaide leerstellings word so gebore en sonder dat die persone dit altyd bedoel, lyk hulle soos valse profete omdat hulle iets probeer wees wat hulle nie is nie!  Maar ons moet versigtig wees om diesulkes onmiddellik as valse profete te kenmerk, want baiemaal praat hulle slegs uit die mond van iemand anders (wat 'n valse profeet of leraar is), en besef nie eens self dat wat hulle verkondig, verdraai is nie.  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html). Dit dan die rede waarom babas hulle nie moet gedra soos vaders nie!   Dus, as hulle onwetend die verdraaide waarheid verkondig, dan beteken dit nou nie dat hulle self valse profete is nie, maar ongelukkig sal so 'n gelowige, ten spyte van hoe hard hy gewerk het, geen vrug dra deur daardie soort evangelisasie nie omdat hy nie die waarheid verkondig het nie. 'n Gelowige kan slegs goeie vrug dra wanneer hy ag gee op die waarheid (nie valse of verdraaide waarheid nie)(http://warechristene.blogspot.co.nz/p/die-waarheid.html)  - Daarom sal sulke werke verbrand word, maar die gelowige self gered word, maar soos deur vuur heen! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/as-iemand-se-werk-verbrand-word-sal-hy.html). Mense wat nie in die Here bly nie (soos 2de groep gelykenis van die saaier) en die wat "meer besig is met die lewe as met die Here" (3de groep gelykenis van die saaier), glo maklik die leuens van die valse profeet/leraar omdat dit soos vleitaal is, en baie verkondig dit ook aan ander asof die waarheid! Des te meer moet ons dan nou verstaan hoekom die Christen moet ag gee op die pad van godsaligheid. Die gelowige wat eerder sy eie wil soek, praat soos die wereld en luister na wereldse wysheid, EN WIL NIE NA DIE WARE PROFEET LUISTER NIE.  Hulle het 'n teensin in die wat die waarheid verkondig en probeer hulle selfs stilmaak!  Die persoon wat ag gee op woorde wat hulle in die gehoor streel, is OPSTANDIG.  Die manier hoe God die "opstandiges" voorstel in Jes. 30, is:
-  die wat ‘n plan uitvoer, maar dit is nie uit die Here nie!;
-  of die wat ‘n verbond sluit, en dit is nie uit Sy Gees nie  (Jes. 30:1).  OPSTANDIGE MENSE SE FOUT IS DAT HULLE NIE DIE HERE RAADPLEEG NIE! 'n Gelowige wat nalaat om die Here te raadpleeg, neem verkeerde besluite, en dit is hulle wat ag gee op die woorde van valse profete.

Hierdie wederstrewige mense word verder vir ons voorgestel in Jes. 30, die manier hoe hulle dink en sien:
(Isa 30:10 - "wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry"). Dit is hulle wat diesulkes stilmaak wat die waarheid bring.  Hulle verkies liewer die vleitaal (vgl. met Jer. 26:8,9 en 26-23).  (Luk 6:26 - "Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen"). Valse profete word nie vervolg nie;  dit is die ware profete wat vervolg word, want hulle word stilgemaak - en ware profete gaan nie om met "vleitaal" nie, maar bring die waarheid. Vir ware profete gaan dit nie daaroor dat hulle dit se wat mense graag wil hoor nie en hulle bedoeling is glad nie om iemand te vlei nie, maar eerder om soos Amos te spreek wat God se! (2Ch 18:13)  Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek! 

Maar wanneer iemand goed weet wat die waarheid is, maar dit opsetlik verdraai en soos 'n "vader" dit leer aan ander asof vir waarheid, dan het ons te doen met die valse profeet. Die valse profeet weet wat die waarheid is, maar vertel opsetlik leuens.
(1Jn 4:1)  Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
(1Jn 4:2)  Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
(1Jn 4:3)  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
(1Jn 4:4)  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
(1Jn 4:5)  Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.
(1Jn 4:6)  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

(Amo 2:12 - "Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!").  Hierdie is die tipe hart van die opstandige - hy begeer om die te laat struikel wat nie struikel nie en probeer verhoed dat die waarheid verkondig word (Amos 7:13).  Op dieselfde wyse het die Joodse Raad vir Petrus en Johannes probeer stop om die waarheid te verkondig:  (Act 4:17,18 - "Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie. En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie")(Hand. 5:28,40).  Kyk Stefanus woorde die dag toe hy gestenig is:  (Act 7:51 - "Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle").  Die hardnekkige luister nie na die Heilige Gees nie en wil nie hoor wanneer hulle verkeerd is nie.  Daarom maak hulle die ware profete dood en probeer hulle stil maak (1 Thess. 2:15,16).
_________________________________________________________________________________
SKRIFGEDEELTES:

(2Ch 18:1)  En toe Jósafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy hom verswaer met Agab.
(2Ch 18:2)  En ná verloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na Samaría, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in Gílead op te trek.
(2Ch 18:3)  Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Jósafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in Gílead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees.
(2Ch 18:4)  Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE.
(2Ch 18:5)  Toe laat die koning van Israel die profete, vier honderd man, bymekaarkom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee.
(2Ch 18:6)  Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?
(2Ch 18:7)  En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
(2Ch 18:8)  Daarop roep die koning van Israel ‘n hofdienaar en sê: Gaan haal gou vir Miga, die seun van Jimla.
(2Ch 18:9)  Onderwyl die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee met koninklike klere, en hulle op ‘n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samaría, en al die profete voor hulle profeteer,
(2Ch 18:10)  het Sedekía, die seun van Kenaäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die HERE: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.
(2Ch 18:11)  En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
(2Ch 18:12)  Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge. (die boodskapper wou seker maak dat Miga dieselfde se as die ander profete, maar Miga profeteer nie uit eie hart nie, maar profeteer dit wat die Here wil he hy moet spreek)
(2Ch 18:13)  Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek!
(2Ch 18:14)  Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word. (hierdie is 'n vb. van sarkasme)
(2Ch 18:15)  En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?
(2Ch 18:16)  Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
(2Ch 18:17)  Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?
(2Ch 18:18)  Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter— en sy linkerhand staan.
(2Ch 18:19)  En die HERE het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.
(2Ch 18:20)  Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?
(2Ch 18:21)  En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
(2Ch 18:22)  En nou, kyk, die HERE het ‘n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het.
(2Ch 18:23)  Daarop kom Sedekía, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?
(2Ch 18:24)  En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.
(2Ch 18:25)  Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.
(2Ch 18:26)  En julle moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.
(2Ch 18:27)  Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!
(2Ch 18:28)  En die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in Gílead.
(2Ch 18:29)  En die koning van Israel het aan Jósafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan.
(2Ch 18:30)  En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.
(2Ch 18:31)  En sodra die owerstes van die waens Jósafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel! En hulle het hom omsingel om te veg; maar Jósafat het geskreeu, en die HERE het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok.
(2Ch 18:32)  En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.
(2Ch 18:33)  Toe het ‘n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.
(2Ch 18:34)  En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Eze 13:1)  En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
(Eze 13:2)  Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sê aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van die HERE!
(Eze 13:3)  So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie.
(Eze 13:4)  Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope.
(Eze 13:5)  Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie.
(Eze 13:6)  Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek—terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!
(Eze 13:7)  Het julle nie ‘n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deurdat julle sê: Die HERE spreek, terwyl Ék nie gespreek het nie?
(Eze 13:8)  Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE.
(Eze 13:9)  En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.
(Eze 13:10)  Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê: Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk ‘n muur bou, kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk;
(Eze 13:11)  sê vir hulle wat met los kalk pleister, dat dit sal afval; daar sal ‘n oorstromende stortreën kom; en julle, haelstene, sal val en ‘n stormwind sal losbreek.
(Eze 13:12)  En kyk, daar val die muur! Sal dan nie vir julle gesê word: Waar is die pleister waarmee julle gepleister het nie?
(Eze 13:13)  Daarom, so spreek die Here HERE: Ja, Ek sal ‘n stormwind in my grimmigheid laat losbreek, en daar sal ‘n oorstromende stortreën kom in my toorn en haelstene in grimmigheid tot vernietiging.
(Eze 13:14)  En Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val, en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
(Eze 13:15)  En Ek sal my grimmigheid laat uitwoed teen die muur en teen hulle wat dit met los kalk gepleister het; en Ek sal vir julle sê: Weg is die muur! En weg is hulle wat dit gepleister het,
(Eze 13:16)  naamlik die profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die Here HERE.
(Eze 13:17)  En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle
(Eze 13:18)  en sê: So spreek die Here HERE: Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van my volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou?
(Eze 13:19)  En julle ontheilig My by my volk vir ‘n paar hande vol gars en vir ‘n paar stukke brood om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle my volk belieg wat na leuens luister.
(Eze 13:20)  Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen julle bande waarmee julle die siele vang soos voëls, en Ek sal hulle van julle arms afskeur; en Ek sal die siele losmaak, die siele wat julle vang soos voëls.
(Eze 13:21)  Ek sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer ‘n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
(Eze 13:22)  Omdat julle met leuens die hart van die regverdige droewig gemaak het—terwyl Ek hom geen smart aangedoen het nie—en die hande van die goddelose versterk het, dat hy van sy slegte weg nie sou terugkeer, om hom in die lewe te hou nie;
(Eze 13:23)  daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Ki 13:14)  En hy het agter die man van God aan gegaan en hom aangetref terwyl hy onder die terpentynboom sit; en hy sê vir hom: Is jy die man van God wat uit Juda gekom het? En hy antwoord: Ja.
(1Ki 13:15)  Toe sê hy vir hom: Gaan met my saam huis toe en eet brood.
(1Ki 13:16)  Maar hy antwoord: Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie;
(1Ki 13:17)  want aan my is gesê deur die woord van die HERE: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.
(1Ki 13:18)  Maar hy sê vir hom: Ek is ook ‘n profeet net soos jy, en ‘n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg.
(1Ki 13:19)  Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink.
(1Ki 13:20)  Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die woord van die HERE tot die profeet wat hom laat omdraai het;
(1Ki 13:21)  en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek die HERE: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die HERE deur nie die gebod te hou wat die HERE jou God jou beveel het nie,
(1Ki 13:22)  maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie—daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie.
(1Ki 13:23)  Nadat hy dan geëet en gedrink het, saal hy vir hom die esel op—vir die profeet wat hy laat omdraai het—
(1Ki 13:24)  en hy gaan weg; toe kom ‘n leeu hom teë op die pad en maak hom dood. En sy lyk het neergewerp op die pad bly lê, terwyl die esel daarlangs staan en die leeu ook langs die lyk bly staan.
(1Ki 13:25)  Intussen kom daar manne verby wat die lyk op die pad sien lê, terwyl die leeu langs die lyk staan; en hulle het dit kom sê in die stad waar die ou profeet woon.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 13 Julie 2015

Jerusalem


Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Jerusalem in "DIE HUIDIGE WêRELD/EEU":
Jerusalem word gesien as 'n heilige stad. Die volk van God het ook van Jerusalem gepraat as "die heilige stad":  (Jes. 52:1; Dan. 9:24; Neh. 11:1,18; Sag. 8:3; Ps. 48:1; Jes. 48:2; Matt. 4:5; 27:53).

Die stad Jerusalem is vir die Here meer belangrik as enige ander stad in die wereld (1 Kon. 11:32)(dit beteken egter nie dat Hy tevrede is met enige toestand van goddeloosheid en afvalligheid in die land nie! (Eseg. 5:6)).  Volgens Eseg. 5:5 is Jerusalem in die middel van al die nasies - Jerusalem is die stad wat die Here uitverkies het tussen die stamme van Israel:
-(1Kon. 11:32)  maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel
-(1Kon. 14:21)  En Rehábeam, die seun van Salomo, was koning in Juda; een en veertig jaar was Rehábeam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE verkies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.
-(2Kon. 21:7)  Hy het ook ‘n gesnede beeld van Asjéra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan die HERE vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig.
-(2Kron. 12:13)  En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.


-(2Kron. 33:7)  Hy het ook ‘n gesnede afgodsbeeld wat hy gemaak het, in die huis van God opgestel waarvan God aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel verkies het, sal Ek vir ewig my Naam vestig.

Jerusalem word gesien soos 'n "basis waarvanaf alles gebeur". Onthou dat dit ook in Jerusalem is wat Christus Jesus gekruisig, begrawe en opgestaan het uit die dode;  en ook dat dit vanuit Jerusalem is wat die evangelie uitgegaan het oor die hele wereld (Hand. 1:8) ...en tereg, want die Here het Jerusalem uitverkies en in die middel geplaas van al die nasies!  Jesus se opvaarding na die hemel het ook plaasgevind vanaf die Olyfberg naby Jerusalem (maar 'n Sabbatsreis ver)(Hand. 1:12), en wanneer Hy terugkom, sal Hy op daardie juiste berg kom staan (...en die Olyfberg sal middeldeur splyt...) (Sag. 14:4; Hand. 1:9-12) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/10/olyfberg.html. Die eerste twee tempels was in Jerusalem, en volgens sekere skrifte sal die laaste tempel voor Christus terugkom, ook in die heilige stad wees (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/die-tempel-van-god.html)(daar sal ook 'n tempel wees in Christus Jesus se 1000 Ryk (Eseg. 40) - ook in Jerusalem, en word gesien soos Christus se troon of paleis). Die doel van die tempel (of tabernakel), het veral beteken dat "God by hulle was" (daarom ook genoem "die huis van God").  Ons moet dus verstaan waarom dit so 'n wonderlike gebeurtenis was vir die volk om jaarliks op te gaan NA DIE TEMPEL IN JERUSALEM.

Jerusalem was ook die hoofstad van Israel se vroee konings en later van die suidelike koninkryk van Juda. Sommige geleerdes is selfs van mening dat dit die "Salem" is waarvan ons lees in Gen. 14:8 (?)(waarvan Melgisedek in die tyd van Abraham koning was).

 Ons weet dat die neerdaling van die nuwe stad Jerusalem op die nuwe hemel en aarde, eers sal plaasvind na die tydperk van die 1000 jaar.
-Ons is nou in die huidige "eeu";
-die 1000 jaar is in die volgende "eeu";
-die neerdaal van die nuwe stad Jerusalem lyk of dit beskryf word as aan die einde van die volgende "eeu" (Openb. 21,22)(tot in ewigheid).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/hierdie-eeu-volgende-eeu.html

 Daar moet onderskei word tussen die:
(1) BRUILOF VAN DIE LAM wat met aanvang van die 1000 jaar plaasvind - met wederkoms en wanneer Jesus Homself sal "trou" aan die land Israel, en
(2) die neerdaal van die nuwe stad Jerusalem, die VROU en BRUID van die Lam wat eers aan die einde vd 1000 jaar gebeur met die nuwe hemel en aarde... (aan die einde vd "volgende eeu). 

In sekere skrifgedeeltes verwys "vrou" na die nuwe stad Jerusalem (wat neerdaal uit die hemel aan die einde van die volgende eeu, Christus se 1000 jaar Ryk), maar in ander skrifte soos Openb. 19:7 verwys dit na Israel en die land 
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-kerk-is-nie-die-bruid-van-christus.htmlIn O.T. skrifte word ook van ISRAEL gepraat as die Lam se VROU.  In hierdie sin gaan die woorde "die Here wat trou met die land",  gepaard met die "bruilof van die Lam", wanneer die Here 'n feesmaal berei:  (Jes. 25:6)  "En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn". (vgl. dit met die gelykenis van die koning wat vir sy seun 'n bruilofmaal voorberei het...- Matt. 22)---Christus Jesus is die bruidegom (Mark. 2:18,19; Joh. 3:28,29).

-(Openb. 19:7)  "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak". 
-Openb. 19:8 - "En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges".  
Ons lees hier die aankondiging van die BRUILOF VAN DIE LAM, (net voor die "wederkoms" wat ook vir ons beskryf word in Openb. 19). (Soos enige ander eindtyd onderwerp, is daar natuurlik ook heelwat inligting rondom die bruilof van die Lam wat nie so duidelik is nie;  tog laat die skrif ons nie heeltemal in die duister nie).   Die kerk word genoem "die diensknegte, genooides of maagdes", wat hulle gereed maak vir hierdie bruilof en ander uitnooi na die bruilofsmaal. 
(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/die-bruilof-van-die-lam-die-maaltyd.html).  (Vgl. dit ook met die onderwerp van "die kerk wat besig is om te oes":  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/is-die-kerk-nog-besig-om-te-oes.html).
_________________________________________________________________________________

Jerusalem in "DIE VOLGENDE /(toekomende) WêRELD/EEU" 
(die Here Jesus Christus 1000 jaar Ryk):

Die profeet Jeremia het geprofeteer dat wanneer Christus terugkom, Hy vanuit JERUSALEM sal regeer oor die hele aarde (Jer. 33:16; 3:17;  1 Kon. 11:36).
Die tempel waarvan ons lees in Eseg. 40, verwys na 'n tempel in Christus se 1000 Ryk, en word voorgestel as Sy TROON (of paleis)(Eseg. 43).  Daar word ook in Sag. 6 na hierdie tempel verwys - dus wanneer die Here Jesus die land herstel het, die tempel laat bou en die volk veilig laat woon.

_________________________________________________________________________________

Jerusalem "IN EWIGHEID":
(Joe 3:20)  "Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag"  - (vgl. hierdie met die onderwerp: "die koninklike geslag uit die stam van Dawid" - http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/die-koninklike-geslag-uit-die-stam-van.html). Jerusalem sal vir altyd bestaan, maar wel nie in die huidige toestand nie, maar vir ewig in die vorm van die "nuwe stad Jerusalem".

-(1Kon. 14:21)  En Rehábeam, die seun van Salomo, was koning in Juda; een en veertig jaar was Rehábeam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE verkies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.
-(2Kon. 21:7)  Hy het ook ‘n gesnede beeld van Asjéra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan die HERE vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig.
-(2Kron. 12:13)  En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.


-(2Kron. 33:7)  Hy het ook ‘n gesnede afgodsbeeld wat hy gemaak het, in die huis van God opgestel waarvan God aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel verkies het, sal Ek vir ewig my Naam vestig.

En ook na die "1000 jaar Ryk" het die stad Jerusalem 'n ewige plek, nl. die "nuwe stad Jerusalem" wat uit die hemel sal neerdaal op die aarde.  Alhoewel Israel/ land Israel beskryf word as die "vrou van die Lam", word die nuwe stad Jerusalem wat sal neerdaal uit die hemel (Openb. 21), ook beskryf as
- "die vrou van die Lam".  Verder word dit beskryf as:
- 'n heilige stad, en
- die bruid.

Daar sal geen tempel wees op die nuwe hemel en aarde nie, want die NUWE STAD JERUSALEM sal uit die hemel neerdaal op die aarde en word gesien as die "tabernakel van God" (Openb. 21:22)(die woord "tempel" word ook gebruik vir "tabernakel").  (Daar sal wel 'n tempel wees in die 1000 jaar tydperk wanneer Christus ook vanuit Jerusalem sal regeer;  dus, gedurende Sy 1000 jaar Ryk. Volgens Sag. 6 sal die Messias 'n tempel laat bou in die tydperk waarin Hy die land herstel het en die volk veilig laat woon.  Volgens ander O.T. profesiee word hierdie tempel (van die 1000 Ryk) voorgestel as Jesus Christus se troon (of paleis)(Eseg. 43) - die tempel word ook in Eseg. 40 volledig beskryf). Die liggaam van die Christen word huidiglik gesien as die "tempel" omdat die Heilige Gees in hulle woon. Openb. 11 verwys ook na 'n tempel in 'n tydperk voor die wederkoms (Mal. 3:1,2) - hierdie tempel sal ook in die "heilige stad" wees - in Jerusalem  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/die-tempel-van-god.html).
_________________________________________________________________________________




Saterdag 04 Julie 2015

Hierdie Eeu / Volgende Eeu

Jesus het op verskillende geleenthede verwys na HIERDIE "eeu" en die VOLGENDE of TOEKOMENDE "eeu":
(Mat 12:32 - "En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu ( "an age")(periode, wereld) nie en ook in die toekomende nie").

Die woord "eeu" in bg. skrif, is die Griekse woord ""ahee-ohn", en word in die Afrikaanse Bybel in baie gevalle vertaal as "eeu" en in ander skrifte as "wereld". In die engels word ook die woord "world" gebruik, maar ons moet verstaan dat daar verskillende Griekse woorde vir die woord "wereld" is. Waar die woord "wereld" gebruik word, kan dit ook verwys na "land" of "aarde"  (in ander skrifte), maar in hierdie blogpost wil ons spesifiek kyk na daardie verse waar die woord "wereld" verwys na PERIODE, of soos vertaal in sekere skrifte, "eeu" (alhoewel die woord "eeu" hier nie verwys na 100 jaar nie, maar eerder verwysend na 'n tydperk). 

Sommige geleerdes verdeel die hele Bybel in verskillende "bedelings" en tydperke;  en alhoewel daar tog duidelik onderskeid is tussen verskillende tydperke vanaf die Skepping van die aarde tot op Christus se koms, moet ons verstaan dat waar die Griekse woord "ahee-ohn" (hierdie "eeu" of "wereld") gebruik word, dit altyd verwysend is na die tydperk vanaf die Skepping tot op die wederkoms (nie slegs na 'n sekere tydperk soos bv. net die Nuwe Testament, nie) (Ef. 1:21; 3:9 ens.)(rol af vir skrifte).
=======================================================================

-  Die woorde "HIERDIE EEU" verwys na die tydperk vanaf die Skepping tot op die Wederkoms.  "Hierdie eeu" gaan eindig met die 7 seels wat vir ons beskryf word in die boek van Openbaring en op die Wederkoms met die gebeure daar rondom wat plaasvind onder die laaste, die 7de seel.   DIE EINDE VAN "HIERDIE EEU" WORD ook in sekere skrifte na verwys as "DIE VOLEINDING VAN DIE WERELD" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/wanneer-is-die-einde-van-die-wereld.html). 

-  die woorde "TOEKOMENDE EEU" verwys na die Here Jesus Christus se 1000 jaar Ryk.  Sy wederkoms en die opstanding , is die begin van die volgende/toekomende eeu (Luk. 20:34,35). Die einde van "hierdie eeu" word genoem "die voleinding van die wereld", maar is ook die begin van die toekomende eeu wat gepaard gaan met heelwat dinge wat dan met die aarde gaan gebeur, en met Christus Jesus se oordeel wat sal plaasvind met Sy wederkoms (vgl. dit met die tema van die verskillende "oeste" en "vrug wat geoes word" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/waarna-verwys-oes-in-die-skrif.html  ; http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html ). 

Die toekomende eeu lyk of dit eindig met die gebeure in Openbaring 20 - 22, maar die koninkryk is ook 'n koninkryk tot in ewigheid... In Openb. 20 tot 22 word o.a. die volgende gebeure beskrywe: die NUWE HEMEL EN AARDE, die Wit troon oordeel, die nuwe stad Jerusalem wat neerdaal op die aarde en die Here se diensknegte wat Hom vir ewig dien, die wie se name opgeskryf is in die boek van die lewe van die Lam... 

=======================================================================

Kom ons kyk waar die woord "ahee-ohn" vertaal is as "eeu":
(Mar 10:29)  En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,
(Mar 10:30)  of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
(Mar 10:31)  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.

(Luk 18:29)  En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,
(Luk 18:30)  wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.

(Luk 20:34)  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;
(Luk 20:35)  maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kom ons kyk waar die woord "ahee-ohn" vertaal is as "wereld" in ander skrifte:
(Mat 13:22)  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld (dieselfde Griekse woord "ahee-ohn" as bo vir eeu) en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.

(Mar 4:19)  en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.

(Luk 16:8)  En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
(Luk 16:9)  En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VGL. OOK DIE VOLGENDE VERSE (waar die woord "ahee-ohn" vertaal is as wereld) MET DIE TEMA VAN "Wanneer is die Einde?":
(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
(Mat 13:40)  Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:

(Mat 13:49)  So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei

(Mat 24:3)  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

(Mat 28:20)  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

DIE EINDE VAN "HIERDIE EEU" WORD GENOEM "DIE VOLEINDING VAN DIE WERELD".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Alhoewel daar tog duidelik onderskeid is tussen verskillende tydperke vanaf die Skepping van die aarde tot op Christus se koms, moet ons verstaan dat waar die Griekse woord "ahee-ohn" (hierdie "eeu" of "wereld") gebruik word, dit altyd verwysend is na die tydperk vanaf die Skepping tot op die wederkoms (nie slegs na die tydperk van die Nuwe Testament nie):

(Act 15:18)  Aan God is al sy werke van ewigheid ("from the beginning of the world") af bekend.

(2Co 4:4)  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

(Gal 1:4)  wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,

(Eph 1:21)  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.

(Eph 3:9)  en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af ("from the beginning of the world") verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,

(Eph 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

(2Ti 4:10)  Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië.

(Tit 2:12)  en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,

(Heb 6:4)  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,
(Heb 6:5)  en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
(Heb 6:6)  en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

(1Co 1:20)  Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?

(Eph 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jer 7:7 - "dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, van eeu tot eeu")(Jer. 25:5).  

Maandag 13 April 2015

Eersgeborenes en Eerstelinge/Priesters

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE BETEKENIS VAN DIE WOORDE "EERSGEBORENES" EN "EERSTELINGE".  ONS GAAN VERAL KYK NA HOE
 "EERGEBORENES" VERBAND HOU MET PRIESTERLIKE PLIGTE, EN WAT PRIESTERLIKE PLIGTE SPESIFIEK BEHELS.  Daar is ook ander onderwerpe rakende "eersgeborenes" (bv. 'n volk wat gesien word soos eersgeborenes, of die berip "eersgeborene uit die dode"), maar in hierdie pos staan ons stil by die priesterlike pligte van eersgeborenes.




_________________________________________________________________________________
Die woord eergeborene verwys na die seun wat "eerste gebore" is. 

-Christus is bv. die "Eersgeborene van die hele Skepping" (Kol. 1:15; Hebr. 1:6), ook "Eersgeborene uit die dode" (Kol. 1:18; Openb. 1:5), die "Eersgeborene onder baie broeders" (onder Christene) (Rom. 8:29)(en die eniggebore Seun van God) - 1Jh 4:9, 2 Jh 1:3,Openb.2:18).

-(Psa 89:4)  (89:5) "Tot in ewigheid sal Ek jou (Dawid se) nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela".  (Psa 89:27)  (89:28) "Ja, Ék sal hom ‘n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde". - IN CHRISTUS JESUS IS DAWID SE TROON VIR EWIG BEVESTIG.

-Die volk Israel was ook gesien as God se eersgebore seun (Eks. 4:22).
-Ook die geslag uit die stam van Levi is onder die volk in die plek geplaas van die eersgeborenes v/d volk (Num. 3:41).

Die woord eersteling ("first-fruits") verwys na "eerstelinge uit 'n groep", bv. eerstelinge van 'n oes (Eks. 23:16), of van beeste en kleinvee (Ek. 34:19), of eerstelinge van inkomste (Spr. 3:9).  Die 144 000 van Openb. 7 en 14, beskryf "eerstelinge" wat gekoop is uit die mense vir God (en almal uit die stamme van Israel). Die woord eerstelinge kan ook na die eersgeborenes van 'n land verwys (Ps. 78:51) - die volk Israel is vir die Here 'n heiligheid, en EERSTELINGE VAN SY OPBRINGS (Jer. 2:3). Ook in Rom. 11:16 word die volk van Israel gesien as die eerstelinge. In Jak. 1:18 word Christene EERSTELINGE VAN SY SKEPSELE genoem (maar let ook daarop dat die brief van Jakobus gerig is aan die 12 stamme wat in die verstrooing is...).   Christene het die EERSTELINGE VAN DIE GEES (Rom. 8:23).
========================================================================

EERSGEBORENES:
Volgens Joodse tradisie, wil dit voorkom asof die oudste seun (Joodse seun / Hebreer) oorspronklik die pligte van "priester" gekry het - die eersgeborene moes aan die Here opgedra word sodat hy hierdie pligte kon uitvoer. Die eersgebore seun was dus die priester van die familie.  Die woord "priester" verwys na die een wat in beheer is, maar gaan nie noodwendig oor status nie alhoewel daardie persoon 'n besonderse plek het. Die plek van om in beheer te wees, het gegaan oor verantwoordelikheid teenoor die Here! Ons sou die priester kon beskryf as 'n "dienaar van God" (Jes. 61:6) - die priester DIEN DIE HERE.  Die priester was die een wat die kennis bewaar, en 'n boodskapper van die Here...  Hy ken die wil van die Here en lei die res van die familie IN DIE WIL VAN DIE HERE.
Dit gaan nie daaroor dat die priester doen wat hy wil nie, maar dat hy doen wat die Here wil.  Daarom kon die priester ook seeninge uitspreek, want hy het die Here geken in die saak.

Die volk Israel word gesien as God se eersgebore seun, die EERSTELINGE van Sy opbrings (Jer. 2:3)(daarom sal almal wat in opstand kom teen Sy volk, skuld op hulleself laai). Nie net het God Israel Sy EERSGEBORE SEUN genoem nie, maar Hy gaan verder en verklaar dat alle eersgeborenes onder die kinders van Israel, aan Hom behoort!
(Eks. 4:22)  Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: MY EERSGEBORE SEUN IS ISRAEL.
(Eks. 4:23)  Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
Sommige geleerdes beskryf dit as volg, dat toe God die volk se eersgeborenes gespaar het die nag wat alle eersgeborenes in Egipte doodgemaak is, het Hy so al die eersgeborenes van Israel vir Homself gekoop.
(Exo 13:2)  Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.
Maar na die insident van die "goue kalf", was hierdie priesterlike pligte weggeneem van die eersgebore seuns, en aan die stam van die Leviete gegee.  Op dieselfde tyd was die instelling dat elke eersgeborene losgekoop moes word, m.a.w. hulle moes betaal om van die priesterlike verpligting los te kom (Num. 3:41-51).
Levi het 3 seuns gehad:  Kehat, Gerson en Merari (Gen. 46:11; Num. 3:17-27).  (In die tyd wat hulle in die woestyn was, was die Kehatiete verantwoordelik vir die dra van die tabernakelmeubels, die Gernotsiete het die gordyne en bedekkings gedra, en die Meratiete was verantwoordelik vir die opslaan van die tabernakel self en om dit te dra).  Die priestelike geslag was uit een van hierdie 3 geslagte - uit die geslag van Aaron (nageslag van Kehat)(Num. 3).  Net die priesters kon offers bring - die res van die Leviete-families was meer soos bediendes van die priesters (Num. 3:9,10).

BEHANDEL DIT GERUS SAAM MET:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

En natuurlik het die Here altyd vir Sy priesters gesorg!  
-In die geval van die eersgeborene, het hy 'n dubbele porsie geerf (Deut. 21:17).  
-In die geval van die volk Israel (vir wie God "Sy eersgebore seun" genoem het, Eks. 4:22) het Hy vir hulle die beste land gegee en verseker dat hulle saam met Hom soos konings en priesters sal regeer. 
-So ook het die Priesterlike Levitiese stam al die tiendes en eerstelinge van alles gekry.... 

Anders gestel, daar is vir die eersgeborenes en die wat IN DIE HERE SE DIENS IS (die priester of priesterdom), gesorg.

Maar daar is heelwat voorbeelde van waar mense hulle "eersgeboortereg" verloor het!  Die rede hiervoor was "ongehoorsaamheid aan die Here" of "ongeloof". 

Voorbeelde:

-Jakob en Esau (Esau was die eersgeborene, maar het sy eersgeboortereg verloor)(daarom het die volk wat God vir Homself uitgekies het, uit die geslag van Jakob gekom, en nie uit Esau se geslag nie, al was Esau na regte die eersgeborene)(God het dus vir Hom 'n priesterdom gekies uit die geslag van Jakob);

-Ruben en Josef (Ruben was die eersgeborene, maar het dit verloor)(daarom het Josef twee porsies land geerf toe hulle in die beloofde land kom, al was Ruben na regte die eersgeborene, het Ruben sy eersgeboortereg verloor, en dit is aan Josef gegee) 

-En wat van die volk van Israel? (wie die Here se "eersgebore seun" genoem word).  God het nie Sy volk verstoot nie (Rom. 11:1), maar 'n oorblyfsel daaruit geneem (Rom. 11:5); (Rom 11:7 - "Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard"). Alhoewel Paulus sy volk "eerstelinge" noem, en "heilig" (Rom. 11:16), maak hy dit duidelik in v.14 dat nie almal van hulle gered gaan word nie. Hy verklaar verder dat die van die volk wat nie in die ongeloof bly nie, weer ingeeent kan word (Rom. 11:23). Wat die uitverkiesing aanbetref, is die volk Israel "bemindes ter wille van die vaders" (Rom. 11:28) - Net soos die Here aan die ongehoorsame heidene die geleentheid gegee het om barmhartigheid te ontvang, so sal Hy ook vir die ongehoorsames van Sy volk die geleentheid gee om weer barmhartigheid te ontvang (Rom. 11:30-32). Hy verklaar ook in Rom. 9:27 dat slegs 'n oorblyfsel van die volk gered sal word (Sag. 8:12; Hand. 15:17; Rom. 11:5).  Christus het ook verklaar dat baie van die "kinders van die koninkryk" uitgedryf sal word! (Matt. 8:12).

-Die eersgeborenes onder die volk het aan die Here behoort (Eks. 13:2), want toe die Here al die eersgeborenes in Egipteland gedood het, het Hy die eersgebore seuns van die volk van Israel gespaar (Eks. 13:14-16). Maar toe die eersgeborenes onder die volk ongehoorsaam was aan die Here en die volk afvallig maak en toelaat dat hulle 'n goue kalf maak, is die stam van Levi gekies om die plek/werk van die eersgeborenes te vervul (Num. 3:41-51). Die eersgeborenes onder die volk het nie hulle status verloor nie, maar die plig is van hulle weggeneem, en daarom moes die volk hul eersgeborenes loskoop sodat die Leviete in hulle plek vir hulle diens kon verrig. Dit dan ook die doel van die teken op die hand en voorhoofsband tussen die oë (Eks. 13:16)(rol af vir meer skrifte hieroor).


ONS MOET VERSTAAN DAT NET SOOS HIERDIE EERSGEBORENES HULLE EERSGEBOORTEREG EN PRIESTERLIKE PLIGTE VERLOOR HET A.G.V. ONGEHOORSAAMHEID EN ONGELOOF, baie van die volk van God (as deel van die "eersgebore seun van God") hulle "eersgeboortereg" verloor het a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof.  En terwyl Christene hulleself sien as 'n priesterdom, 'n heilige volk en 'n volk as eiendom verkry, moet ons verstaan dat ook Christene wat verval in ongehoorsaamheid of afvallig raak van die geloof, hierdie "eersgeboortereg" (as deel van die volk van God, Sy eersgebore seun) kan verloor.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Pligte van 'n priester:
- sy lippe moet kennis bewaar;(Mal. 2:7)(2 Kron. 17:8,9;  30:22)(Esra 7:10)
- moet onderrig gee;(Mal. 2:7)(2 Kron. 17:8,9)(Deut. 24:8)(2 Kron. 17:8,9)(Esra 7:10)(Neh. 8:2-8)
- 'n boodskapper van die Here v/d leerskare;(Mal. 2:7)
- moet geregtelike uitspraak gee;(Deut. 17:8-11)(Hag. 2:11-13)
- moet die Here dien;(Deut. 21:5)
- moet in Sy Naam seeninge uitspreek;(Deut. 21:5)
- moet uitspraak gee op sake van twis en verwonding;(Deut. 21:5).
- doen versoening vir die kinders van Israel; (Num. 8:19)
- verrig dienswerk in die tent van samekoms; (Num. 8:19).

WIE WORD IN DIE N.T. GESIEN AS DIE HERE SE "konings en PRIESTERS":
-  (Openb. 20:6)  "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank". - DIE WAT DEEL HET AAN DIE EERSTE OPSTANDING

-  (Openb. 5:9,10)  "Toe sing hulle (24 ouderlinge) ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers".

-  (Openb. 1:4-6)  "Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen".

- (1Pe 2:5)  en laat julle (die gelowige Jode wat in die verstrooiing is;  die heiliges en gelowiges in Christus Jesus - vgl. ook met Ef. 2:19) ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. (1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,


DUS, DIE WAT IN DIE N.T. GESIEN WORD AS "konings en priesters" VIR DIE HERE, IS:
- DIE WAT GAAN DEEL HE AAN DIE EERSTE OPSTANDING (die opstanding tot lewe), M.A.W. "CHRISTENE" (JODE EN HEIDENE WAT TOT GELOOF GEKOM HET IN CHRISTUS JESUS)- hulle is deur die geloof "kinders van Abraham" en kinders van die belofte (Gal. 3:7-9; Rom. 11:24)(Gal 3:29 - "En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename")(Ef. 3:6).

(Heb 12:22,23 - "Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges"



_________________________________________________________________________________

Die teken op die hand of voorhofsband:

-(Deu 6:8)  Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.

-(Deu 11:18)  Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees, (Deu 11:19)  en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan; (Deu 11:20)  en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,

-(Eks. 13:16)  En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.

Wat baie skrifgeleerdes en Fariseers verkeerd gedoen het, is om skrifte op hulle te dra met die doel sodat hulle as belangrik geag kon word deur ander:   (Mat 23:5 - "En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls ("phylacteries" - dra skrifte op hulle) breed en die some van hul klere groot").  Die doel van die teken op die hand of die voorhofsband, en so ook skrifte op deurposte ens.,  was wel bedoel as 'n teken vir die wat in die Here se diens is asook om hulle kinders te leer en te herinner aan hoe die Here die volk uit Egipte verlos het, maar nooit met die bedoeling om hulle hoogmoedig te maak nie! Die woord "phylactery" is verkry van die Griekse woord, "phylakterion" (Aramees "tefillin"), en word gedra as 2 swart leerbokse met skrif in (Exod. 13:1-10, 11-16; Deut. 6:4- 9; 11:13-21)  - dit word gedra op die voorhoof of op die linkerarm.  Sommige geleerdes is van mening dat hoe die Here dit oorspronklik bedoel het (dat hulle dit moet bind as teken op hand en as voorhofsband tussen oe),  nie letterlik geinterpreteer moes word nie (Eks. 13:9; Deut. 11:18), maar dit is wel duidelik dat die opdrag ook letterlike ingesluit het! (Deut. 11:20).  Hier is 'n paar ander skrifte waar 
"om die skrif te bewaar" meer figuurlik bedoel is:
Spr. 1:8,9;  3:1,3;  6:20-22; 7:2,3; Jer. 31:32.  

DIE TEMA VAN "TEKEN OP DIE VOORHOF", IS EGTER 'N TEMA WAT OOK GESIEN WORD IN DIE BOEK VAN OPENBARING.  En kyk die profesie in Eseg. 9:4 waarin sekere manne 'n teken op hulle voorhoofde kry (die wat sug en steun oor al die gruwels wat in die stad gedoen word) - in hierdie gedeelte word hierdie manne met die teken op die voorhof beskerm.  Vgl. dit ook met Openb. 7:3 en Openb. 14:1 (die 144000) - "dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam"
------------------------------------------------

Onder die Antichris se bewind sal die valse profeet maak dat "almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ook ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het (Openb. 13:16,17). Die wat hierdie merk ontvang is die wat vir die Antichris aanbid en dien - hulle sal uiteindelik almal onder God se toorn val! : 
-(Openb. 14:9-11 - "En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang").
_________________________________________________________________________________


Skrifgedeeltes:

(Num 3:39)  Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van ‘n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.
(Num 3:40)  En die HERE het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van ‘n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.
(Num 3:41)  En jy moet vir My—Ek is die HERE—die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.
(Num 3:42)  En Moses het, soos die HERE hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.
(Num 3:43)  En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ‘n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig.
(Num 3:44)  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
(Num 3:45)  Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.
(Num 3:46)  Wat aangaan die loskoping van die twee honderd drie en sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,
(Num 3:47)  moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.
(Num 3:48)  En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.
(Num 3:49)  Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;
(Num 3:50)  van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.
(Num 3:51)  En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Num 8:16)  Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die kinders van Israel uit, in die plek van alles wat die moederskoot open—al die eersgeborenes uit die kinders van Israel—het Ek hulle vir My geneem.
(Num 8:17)  Want al die eersgeborenes onder die kinders van Israel is myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek hulle vir My geheilig.
(Num 8:18)  En Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geneem
(Num 8:19)  en die Leviete gegee—hulle is gegee aan Aäron en sy seuns onder die kinders van Israel uit om die dienswerk van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig en om vir die kinders van Israel versoening te doen, sodat daar geen plaag mag wees onder die kinders van Israel as die kinders van Israel na die heiligdom aankom nie.
(Num 8:20)  En Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel het met die Leviete gedoen net soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van Israel met hulle gedoen.
(Num 8:21)  En die Leviete het hulleself ontsondig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.
(Num 8:22)  En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns te verrig; soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.
(Num 8:23)  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
(Num 8:24)  Dit is die saak wat die Leviete betref: Van vyf en twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die dienswerk van die tent van samekoms.
(Num 8:25)  Maar van vyftig jaar oud moet hy vry wees van diensplig en nie meer dien nie—
(Num 8:26)  hy kan sy broers in die tent van samekoms behulpsaam wees om die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig nie. So moet jy met die Leviete doen insake hulle ampspligte.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Deu 15:19)  Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Exo 13:11)  En as die HERE jou in die land van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ‘n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,
(Exo 13:12)  dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê—wat manlik is, behoort aan die HERE.
(Exo 13:13)  Maar elke eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.
(Exo 13:14)  En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.
(Exo 13:15)  Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan die HERE alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.
(Exo 13:16)  En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Num 18:8)  Verder het die HERE met Aäron gespreek: Ek self het jou die diens van my offergawes gegee; wat betref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel en aan jou seuns as ewige insetting.
(Num 18:9)  Van die hoogheilige gawes, met uitsondering van wat verbrand word, moet dít joue wees: al hulle offers, naamlik elke spysoffer en elke sondoffer en elke skuldoffer van hulle, wat hulle My bring—as iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees.
(Num 18:10)  In ‘n hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees.
(Num 18:11)  Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ‘n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
(Num 18:12)  Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.
(Num 18:13)  Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
(Num 18:14)  Alles wat onder die ban is in Israel, moet joue wees.
(Num 18:15)  Alles wat die moederskoot open—alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere—moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.
(Num 18:16)  En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf ‘n maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting, vir ‘n geldsom van vyf sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; dit is twintig gera.
(Num 18:17)  Maar die eersgeborene van ‘n bees of die eersgeborene van ‘n skaap of die eersgeborene van ‘n bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
(Num 18:18)  En hulle vleis moet joue wees; soos die bors van die beweegoffer en die regterboud moet dit joue wees.
(Num 18:19)  Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ‘n ewige insetting. Dit is ‘n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.
(Num 18:20)  Ook het die HERE vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.
(Num 18:21)  En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.
(Num 18:22)  En die kinders van Israel moet nie meer nader kom na die tent van samekoms om sonde op hulle te laai sodat hulle sterwe nie.
(Num 18:23)  Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en húlle moet hul ongeregtigheid dra—’n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.
(Num 18:24)  Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.
(Num 18:25)  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
(Num 18:26)  Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan ‘n offergawe aan die HERE afgee, ‘n tiende van die tiende.
(Num 18:27)  En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip.
(Num 18:28)  Só moet julle ook ‘n offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester Aäron gee.
(Num 18:29)  Van al jul gawes moet julle die hele offergawe aan die HERE afgee, van al die beste daarvan, as die heilige gawe wat daarvan moet afgaan.
(Num 18:30)  Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvan afgee, sal dit vir die Leviete gereken word as opbrings van die dorsvloer en as opbrings van die parskuip.
(Num 18:31)  En julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huisgesin; want dit is vir julle ‘n loon vir jul dienswerk by die tent van samekoms.
(Num 18:32)  En julle sal daarby geen sonde op julle laai as julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Spr. 3:9)  Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

(Jer 2:3)  Israel was vir die HERE ‘n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die HERE.

(Eks. 19:5)  As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
(Eks. 19:6)  En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.

(Deu 7:6)  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.

(Deu 14:2)  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.

(Deu 26:17)  Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou ‘n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.
(Deu 26:18)  En die HERE het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom ‘n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou;
(Deu 26:19)  en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ‘n lof en ‘n roem en ‘n sieraad, en dat jy ‘n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het.

(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

(Ef. 1:4)  soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

(Rom 8:23)  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

(Jak. 1:18)  Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 11:16)  En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.
(Rom 11:17)  En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ‘n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,
(Rom 11:18)  moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.
(Rom 11:19)  Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.
(Rom 11:20)  Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
(Rom 11:21)  Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.
(Rom 11:22)  Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
(Rom 11:23)  Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 14:4)  Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
= 144000

Vrydag 20 Maart 2015

Waarna verwys die term "Jode"?

In skrifte soos 2 Kon. 16:1 verwys die term "Jode" slegs na die stam van Juda, maar dit is duidelik dat alhoewel die term "Jode" oorspronklik gebruik was vir die gebore uit die stam van Juda, dit later gebruik was vir die hele volk en vandag (en lyk of dit ook in die eerste gemeentes) algemeen gebruik was/word vir al die stamme van Jakob/Israel, en die "kinders van Abraham, Isak"..., al is dit tegnies verkeerd.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die woord "Jood" beteken:   "uit die stam van Juda" (Hebreeus: 'yeh-hoo-dee').
Die oospronklike woord wat gebruik is vir "Jode", was Hebreërs - dit is ook nog 'n manier hoe Paulus na homself verwys in Fil. 3:5.  Die eerste keer wat die woord "Hebreër" gebruik is, was in Gen. 14:13 van Abraham - "Eberite".
So daar word na die volk verwys op verskillende maniere:
-  as "Hebreërs" (omdat kinders van Abraham)
-  as "Israeliete" (omdat kinders van Jakob)
-  of as "Jode".  Na die dood van koning Salomo het die nasie in twee koninkryke verdeel, nl. "die koninkryk van Juda" (die suidelike 2 stamme), en "die koninkryk van Israel" (die noordelike 10 stamme)(1 Kon. 12; 2 Kron. 10). Op daardie stadium kon die term "Jode" dus verwys het na enige iemand uit die stamme uit die "koninkryk van Juda" (m.a.w. stam van Benjamin of stam van Juda; en natuurlik ook uit die stam van Levi, asook dele van ander stamme wat oor koninkryk versprei was).

Ook in Esra 2:5,6 en 4:1-12 is 'n bv. van waar die term Jode verwys na "die uit die stam van Juda, asook die uit die stam van Benjamin". In omtrent 722 v.C. was die "10 koninkryke" (koninkryk van Israel) weggevoer deur die Assiriers, en hulle is versprei oor die aarde.  Die "koninkryk van Juda" het dus oorgebly in die land, en daar was oor die algemeen na hulle verwys as Jode.

Kom ons kyk na ' paar skrifte van hoe die term gebruik is in die Nuwe Testament:

Joh 2:13: "En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem"
Joh 7:2 - "En die fees van die Jode, die huttefees, was naby".
Al was baie nie meer in die land nie, was daar heeltyd nog verwys na die 12 stamme,  en Jakobus rig ook sy brief aan die 12 stamme! (Jak. 1:1).  Al was almal nie meer in die land nie, het die woorde "pasga van die Jode" nie net verwys na die wat in die land is nie, want dit was 'n fees wat deur al die stamme van Israel gevier is.  Dit wil lyk of die term alreeds in die eerste gemeentes as 'n meer algemene term gebruik is wat nie net verwys het na die in die "koninkryk van Juda" nie, maar na alle Israeliete.

Ook in verskeie ander skrifte verwys Paulus na sy volk as "Jode" (1 Kor. 1:24; 12:13; Gal. 2:15; Rom. 3:29...).  Hy noem Petrus 'n Jood in Gal. 2:14 (die Skrif gee nie vir ons duidelikheid oor uit watter stam Petrus kom nie...), en noem homself 'n Jood in v.15 ( en Paulus kom natuurlik uit die stam van Benjamin) - Fil. 3:5.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Esra 4:12)  aan die koning word bekend gemaak dat die Jode wat van u af na ons opgetrek het, in Jerusalem aangekom het. Hulle is besig om die rebelse en slegte stad op te bou: die mure voltooi hulle en die fondamente herstel hulle. (Esra 4:23; 5:1,5; 6:7)

-  "Jode" verwys nie hier slegs na die uit die stam van Juda nie, maar ook die uit die stam van Benjamin - kyk Esra 4:1
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Kon. 16:6)  In dieselfde tyd het Resin, die koning van Aram, Elat aan Aram gebring en die Jode uit Elat verdrywe; en die Edomiete het in Elat gekom en daar gaan woon tot vandag toe. (2 Kon. 25:25)

- "Jode" verwys hier na die stam van Juda (2 Kon. 16:1)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Neh 1:2)  het Hanáni, een van my broers, gekom, hy en manne uit Juda; en ek het hulle gevra na die Jode, die vrygeraaktes wat oorgebly het uit die gevangenskap, en na Jerusalem. (Neh. 2:16; 4:1,12; 5:1,17; 6:6; 13:23)(Est. 3:6,10,13; 4:3,7,13,14,16; 6:13; 8:1,3,5,7-11 ens.)

- koninkryk van Juda
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jer 40:12)  daarom het al die Jode teruggekom uit al die plekke waarheen hulle verdryf was, en in die land Juda na Gedálja gekom, in Mispa; en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte ingesamel.

- koninkryk van Juda
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 2:2)  en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.
(Mat 27:11)  En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U sê dit.
(Mat 27:29)  en hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en ‘n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
(Mat 28:15)  Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
(Mar 7:3)  Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense.
(Luk 7:3)  Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.
(Luk 23:51)  —hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie—van Arimathéa, ‘n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.
(Joh 1:19)  En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
(Joh 2:6)  En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Gal 2:14)  Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?

(Gal 2:15)  Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------