Wys tans plasings gerangskik volgens datum vir navraag natuurlike geestelike mens. Rangskik volgens relevansie Wys alle plasings
Wys tans plasings gerangskik volgens datum vir navraag natuurlike geestelike mens. Rangskik volgens relevansie Wys alle plasings

Donderdag 09 Julie 2026

Die boek van Judas (3)(dwalendes, ongelowiges, hoereerders)

In hierdie pos word daar gekyk na punte 3,4,10,16 op die lys gegee in die inleiding pos van hierdie bybelstudie - "die boek van Judas":  (punt3 -die wat eie beginsel nie bewaar, vers 6)(punt16,vers 5 -ongelowiges)(punt4 -hoereerders, vers 7)(punt10 -dwalendes, v.13).

Vir die eerste 2 punte (1-ingesluiptes) en (2-ongebondes), gaan na:  https://warechristene.blogspot.com/2022/01/die-boek-van-judas-2ingesluip-ongebonde.html

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Inleiding:

WAT IS DIE GEVOLGE VAN SONDE, ONGELOOF EN AFVALLIGHEID  (gegee in punte 3,4,10,16)?  Kom ons kyk wat die boek van Judas hieroor leer:

Wat het gebeur met die engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie en hulle woning verlaat het- (hulle is geboei en word in bewaring gehou vir die dag van oordeel). 

Wat het gebeur met die ongelowiges onder die volk van God tydens die uittog? - (hulle is in die woestyn omgebring en kon nie in die beloofde land ingaan nie).

Wat het gebeur met die mense van Sodom en Gomorra wat gehoereer het en agter vreemde vlees aangeloop het? - (is verwoes en sal die straf vd ewige vuur ondergaan).

Om sy punt (dat daar gevolge is vir optrede!) te bevestig, gebruik Judas hierdie vergelykings.  Die mense na wie hy verwys in hierdie hfst (bv spotters, goddeloses, ongelowiges, ingesluiptes ens.) vgl hy met "die engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie", die "ongelowiges onder die volk" en die "mense van Sodom en Gomorra".  Kortom, net soos daar gevolge was vir hierdie groepe mense se optrede, net so sal daar gevolge wees vir die na wie verwys word in Judas 1 (bv. spotters, goddeloses, ongelowiges, en ingesluiptes).  Net soos die ongelowiges onder die volk van God omgebring is in die woestyn en nie in die beloofde land kon ingaan nie, net so kan die ongelowiges onder die Christen-volk nie staatmaak op beloftes wat spesifiek gegee was aan "gelowiges" nie (geloof is belangrik om te kan ingaan). Bv., geroepenes wat in ongebondenheid stap, kan nie verwag om in ditto beloftes te deel as die met 'n skoon gewete nie (die begrip "ongebondenheid" word in konteks gebruik met sondes soos hoerery, owerspel, en allerhande onreinheid). Christene wat bv. hoereer en "agter vreemde vlees aanloop"(soos die mense van Sodom en Gomorra), kan nie verwag om die ewige vuur vry te spring nie! Hierdie is alles belangrike waarskuwings wat deur Judas in hierdie boek gemaak word. 

Jud 1:5 "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ONGELOWIG was, omgebring het. 

Jud. 1:6 - "En die ENGELE WAT HULLE EIE BEGINSEL (Gr. woord "ar-khay'", wat beteken "begin, owerheid, mag, krag, magistraat, heerskappy ens.) NIE BEWAAR HET NIE, maar hul eie woning (huis, tuiste) verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;" 

Jud. 1:7 - "soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense GEHOEREER EN AGTER VREEMDE VLEES AANGELOOP het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan"

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DWALENDES:

(Kom ons staan eers stil by punt 10 op die inleiding pos van hierdie reeks) mense wat DWAAL (v.13): (soos "dwaalsterre" - v.13, vir wie die donkerheid vd duisternis vir ewig bewaar word/spreek harde woorde teen die Here)(Jud 1:13 - "woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, DWAALSTERRE vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word"). Vgl. dit gerus met (1Kor. 6:10 - "Moenie DWAAL nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Wat ons leer uit hierdie twee skrifte is dat kinders vd Koninkryk wat DWAAL (in hierdie geval spesifiek verwysend na die "ingesluiptes" en "goddeloses" onder die kinders vd Koninkryk (Jud. 1:3,4), bv. die "valse profete" of die "sonder vrugte" (Jud. 1:12)) nie die koninkryk van God sal beerwe nie.  Hierdie mense word tipies baiemaal herken as hoereerders, afgodedienaars, egbrekers, wellustelinge, sodomiete, diewe, gierigaards, dronkaards, kwaadsprekers, rowers, die wat hulle vertroue plaas in wereldse wysheid, en die wat laster... (1 Kor. 6:10 en Jud. 1:13).  Hoekom val hulle onder dieselfde groep as dwalendes? - want dit is duidelik dat hulle die vlees dien; hulle is gehoorsaam aan die vlees, nie aan die Here nie. Kinders van die Koninkryk is veronderstel om die Here te dien, nie hulleself nie.  Dit gaan nie oor wat jy begeer, wil doen, of wat jy glo is die waarheid nie (dit is bv. kenmerkend dat diesulkes altyd leer maar nooit tot die kennis vd waarheid kom nie... - vgl. dit met 2 Tim. 3:1-9;  hulle gebruik bv. nie die waarheid om die wil van die Here te leer ken en Hom te gehoorsaam nie, maar om hulle sonde te regverdig of om die waarheid te verdraai). 

Na wie verwys "dwalendes" in die Skrif?
Dwalendes word o.a. ook beskryf as ONGELOWIG (bose,ongelowige, verharde hart)(eerste groep in die gelykenis vd saaier), het GEEN WORTEL nie (en val dus af in tyd van versoeking)(tweede groep in die gelykenis vd saaier), of is aan die SLAAP of DRONK (en bedrieg hulleself)(derde groep in die gelykenis vd saaier)(vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html), en verwys tipies na die wat velei en versoek word en vir die versoeking val (bv. verlei deur die duiwel/deur 'n mens/deur eie begeerte...).  Versoeking is soos 'n vangnet wat gestel word - die duiwel probeer alewig ons vang in sy strik, om sy wil te doen, maar ons moet seker maak dat ons staande bly in hierdie stryd (Psa_119:110  Die goddelose het vir my ‘n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie). Daar is beslis gevolge vir dwaling... Op dieselfde wyse as wat daar gevolge was vir die engele wat gedwaal het, kan Christene nie verwag om nie gestraf te word as hulle dwaal en hulle nie daarvan bekeer nie. (Jak. 5:19,20 - "Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek") - met hierdie skrif maak Jakobus dit o.a. duidelik dat die wat afdwaal van die waarheid en hulle nie bekeer nie, die dood sal erf! - DWALING is 'n erstige probleem.
- die wat deur hulle eie begeerlikhede verlok word (Jak. 1; Spr. 7);
- die wat deur die verleiding vd sonde hulle harte verhard (bose en ongelowige harte)(Hebr. 3);
- die wat deur 'n sonde oorval word (word versoek)(Gal. 6);
- die wat afdwaal vd kennis van God en/of mislei word om te dink soos die wereld (1 Kor. 15; 1 Kor. 6);
- die wat verkeerd sien en glo omdat hulle nie die Skrifte ken nie, en ook nie die krag van God ken nie (Mark. 12).

Om die begrip dwalendes beter te verstaan, kan ons na verskillende groepe of mense kyk wat gedwaal het of wie se optrede as "dwalende" beskryf word, bv.:

(1) - Die DWALENDE ENGELE: 2 Pet. 2:4 leer vir ons dat daar 'n groep engele is WAT GESONDIG HET, en dat hulle nie gespaar is nie... (Job 4:18; 2 Pet. 2:5; Jud. 1:13)(hierdie groep engele is in die hel gewerp en aan kettings vd duisternis oorgegee - word in bewaring gehou vir die oordeel). Vgl. dit gerus met Jud 1:6 - "En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar". Hierdie engele het gesondig (bv. is engele wat gemeenskap gehad met mense-vrouens, 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap...), het die Here verloën en hulle woning verlaat (Job 4:18 - "Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling") - in ander woorde, hulle het GEDWAAL (kyk ook Job 15:15,16) - hulle het vir versoeking geval. In hierdie geval sien ons dat die uiteinde van hulle dwaling was dat hulle hul woning verlaat het... L.w. dat daar beslis gevolge is vir dwaling, net soos met die dwalende engele gebeur het. Dit was die rede waarom die Here 'n poel van vuur en swawel berei het, was eintlik bedoel vir die duiwel en sy engele... (Openb. 20:10; Matt. 25:41).

(2) - DIE WAT VERLEI WORD DEUR VALSE LERINGE: (1Kor. 15:33 - "Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes"). In hierdie gedeelte sien ons dat daar Christene was in die gemeente van Korinthe wat nie in die opstanding van Christus geglo het nie.  Hulle het hulle vertroue geplaas in die wat leuens verkondig (in plaas van om ag te gee op die bewyse dat Jesus opgestaan het uit die dood, nl. die feit dat Hy aan menigtes verskyn het na Sy opstanding...en l.w., hierdie was terloops geskryf in die tyd toe baie van daardie getuies nog in die lewe was!...). Ons sien hierdie ook baiemaal in die Christelike kerk gebeur, waar die Here Sy waarheid en krag bevestig maar sommig Christene dan steeds kies om die leuen te glo. Vgl. dit met (Mar 12:18-27), waar Sadduseërs (die wat sê dat daar geen opstanding is nie) vir Jesus probeer vasvra het - in hierdie gedeelte maak Jesus dit duidelik dat hulle DWAAL (hulle ken nie die Skrifte nie, en ken nie die krag van God nie) - (Mar 12:24,27 - "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?...... (v.27)  God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks"). Hierdie is baiemaal die rede waarom sommige DWAAL, is omdat hulle nie die Skrifte ken nie en dan bog praat/deelneem aan bogpraatjies (1Tim. 1:6 - "waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies") (2Ti 2:16-18 - "Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid, en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is, wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om"). Die goddelose span graag 'n vangnet vir Christene!, maar Christene moet seker maak dat hulle nie van die Here se waarheid afdwaal nie... (Psa 119:110). Die wat afdwaal van die waarheid verwys na mense wat vir die versoeking geval het, en die rede hiervoor is gewoonlik omdat hulle nie die Skrif ken nie, of nie die krag van God ken nie!

(3) - DIE WAT DIE HERE VERSOEK:  Geroepenes wat die Here versoek, is ook soos DWALENDES... - hulle "dwaal met die hart" (Heb 3:7-10 - "Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.  Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie"). Hierdie dwalendes verwys na kinders vd Koninkryk wat hulle harte verhard (verbittering teen die Here is baiemaal 'n teken hiervan). Die volk in die woestyn is 'n goeie voorbeeld - hulle het bv. die Here werke goed geken en gesien hoe Hy vir hulle sorg en lei, tog het hulle in opstanding gekom teen die Here en hulle harte teen Hom verhard... - was ONGELOWIG en het Hom nie vertrou nie. Dit is interessant om na hierdie vb te gaan kyk om te sien hoe presies dit lyk wanneer mense "die Here versoek", nl. hulle het Hom "getoets"! (bv. getoets of Hy steeds vir hulle sal sorg en omgee, al doen hulle wat hulle wil.  Hulle het Hom getoets of Hy hulle steeds sal vergewe al doen hulle wat hulle wil.  Hulle het Hom getoets of Hy Sy beloftes sal hou al tree hulle ongelowig op). Hierdie is ook 'n vorm van dwaling, maar verwys na dwaling in die hart... - hulle word deur hulle eie harte verlei (om hierdie beter te verstaan, kan ingekyk word na die term "bedrieg hulleself" - dit is nie iemand anders wat vir hulle lieg en so verlei nie, maar hulle lieg vir hulleself en word deur hulle eie begeertes verlei; dit is ook 'n vor van "vir versoeking val"). Vgl. hierdie punt gerus met die volgende twee punte.

(4) - DIE WAT IN DIE VLEES SAAI: (Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai"). Christene wat hulle nie bekeer van sonde in hulle lewens nie, is besig om in die vlees te saai (en so iemand kan nie die ewige lewe maai nie! - bestudeer gerus die onderwerp "NIETIGHEID"). Geloof sonder werke is dood... Jy kan nie bely jy's 'n gelowige, maar jy doen die werke van 'n ongelowige nie.  Baiemaal DWAAL Christene deur te dink dat hulle steeds die ewige lewe sal maai al bly stap hulle in sonde, maar die waarheid is dat Christene wat in die vlees maai en nie ophou daarmee nie, die gevaar staan dat hulle nie op die ou end die ewige lewe sal kan maai nie (al is jy ook gered is dit gevaarlik as jy nie "vrug tot lewe" dra nie, of die vrug wat jy alreeds dra, verloof!). So iemand wat die Here versoek deur te doen wat hy wil en te glo dat die Here hom in elk geval sal red, is besig om te DWAAL... Dis soos 'n stout kind wat sy ouers tart deur ongehoorsaam te wees en staatmaak daarop dat hulle hom sal oorsien omdat hulle lief is vir hom.  Net so is dit met stout kinders vd Koninkryk - Christene wat so optree word gewoonlik deur die Here getugtig met die doel om hulle terug te bring by die plek waar hulle weer in die Gees begin saai (hierdie verwys nie na ingesluiptes en valses nie, maar weergeborenes wat, nadat hulle in die Gees begin saai het, terugval (vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier)(1Kor. 6:9,10 - "Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie").

(5) - DIE WAT VERSOEK WORD DEUR HULLE EIE BEGEERLIKHEDE:  (Jak. 1:13-16 - "Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Moenie dwaal nie, my geliefde broeders"). Sonde bring altyd die dood voort;  daarom moet Christene daagliks hulle gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus. Dit is belangrik om sonde af te le, nie net fisiese sonde wat deur die liggaam gedoen word nie, maar ook in die gedagtes! Ons moet versigtig wees wat dit is wat ons begeer... Dit is nie altyd verkeerd om iets te begeer nie - dit hang af wat jy begeer! (bv., wanneer jy na 'n getroude vrou kyk om haar te begeer, is jy besig om die sonde van egbreuk te pleeg, l.w. in jou gedagtes!/Matt. 5:28). As iemand in die Gees wandel, sal hy gedagtes van onwettige begeertes kruisig en sy gedagtes verander. Sekere gedagtes moet beslis nie gekoester word ni, en begeerlikhede is die rede waarom Christene baiemaal in die versoeking kom en sondig.  Wat is dit wat jy begeer?  Dit is bv. verkeerd om iets wat aan jou naaste behoort, te begeer... (hetsy vrou, besittings ens.). Dit is verkeerd vir 'n Christen om geld te begeer, want dit kan tot gevolg he dat iemand afdwaal vd geloof (1Ti 6:10 - "Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor"). Dit is verkeerd om slegte dinge of sonde te begeer... Dit is verkeerd vir Christene om leringe in stryd met die Woord te begeer (bv. leringe wat hulle eerder in die gehoor streel)... Baiemaal dwaal Christene op hierdie manier in hulle harte deurdat hulle verkeerde begeertes koester en nalaat om gedagtes te verander tot gehoorsaamheid aan Christus.  Sulke begeertes kan tot "dwaling" lei en tot gevolg he dat iemand in sonde begin stap (nl. vir die versoeking val);  bv., begeertes na verdraaide leringe (dit wat jy bv. eerder graag wil glo as wat Jesus Christus geleer het) kan veroorsaak dat 'n Christen begin om sy vertroue in daardie valse leringe te plaas, en sou hy hom nie daarvan bekeer nie kan hierdie sonde verander in "sonde tot die dood" (sulke werke lei tot nietigheid). Vir nog 'n skrif oor hierdie onderwerp, kyk na Spr. 7, waarin die een wat agter 'n hoer aanloop vgl. word met iemand wat dwaal... - op dieselfde wyse word die wat "geestelik hoereer" gesien as dwalendes (Spr. 7:21 - "Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. v.22  Hy loop skielik agter haar aan soos ‘n bees wat na die slagpaal gaan...................... v.23..................—sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is. v.24 Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. v.25 Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie..... v.27 Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood").

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ONGELOWIGES:

(Jud 1:5 - "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ONGELOWIG was, omgebring het"). Wat Judas hierdie leer, is dat ongeloof kan veroorsaak dat 'n geroepene eendag nie erf nie! Net soos sekere vd volk nie in die beloofde land kon ingaan nie a.g.v. ONGELOOF (Hebr. 3:19), net so kan ongelowige kinders vd Koninkryk nie verwag om eendag in te gaan in die Koninkryk van God nie (Heb 3:10-12 - "Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie"). Ons sien in hierdie skrif dat die begrip "ongelowiges" o.a. verwys na mense wat afvallig word... (nie mense wat nog die waarheid ken nie, maar die wat gelowig word het maar daarna ongelowig weer word).

Soos bo gesien word ONGELOWIGES somtyds ook beskryf as mense wat dwaal (wat duidelik nie noodwendig slegs verwys na natuurlike mense/heidene nie, bv. die wat nog nie die evangelie gehoor het nie, maar verwys veral in hierdie konteks na die wat wel die evangelie en waarheid gehoor het, maar hulle harte daarteen verhard... - hulle kies dus om ongelowig te bly). In 2 Kor. 4:4 word daar na ongelowiges verwys as die WIE SE SINNE VERBLIND IS ("naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie") - wat natuurlik ook waar is vir heidene, maar geestelike mense kan ook in daardie strik trap as hulle nie sterk staan nie (vir 'n studie hieroor en die belangrikheid vd wapenrusting van God, waarvan die skild geloof terloops deel is, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2026/03/die-wapenrusting.html). Ongelowiges word op beurt ook beskryf as ONGEHOORSAMES (1Pe 2:7,8), en word in Tit. 1:15 in ditto konteks gebruik as "besoedeldes"... (l.w. dat geen onreine sal eendag in die Koninkryk van God ingaan nie/Ef. 5:5).

'n Goeie vb is in Luk. 16, waar die ryk man (wat gekies het om ongelowig te bly) wat gesterf het en smart daar smart verduur, vra om terug te kom sodat hy sy familie kan waarsku..., maar kyk Abraham se woorde aan hom: (Luk 16:29-31 - "Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan"). Baie van die volk wat uit Egipte uitgelei is na die Beloofde land, het nie ingegaan nie a.g.v. ONGELOOF! (Hebr. 3:19; Jud. 1:5).  Al is jy ook 'n geroepene, dit is belangrik om vas te hou aan die geloof. 

Hierdie mense word tipies voorgestel deur veral die eerste groep in die gelykenis van die saaier (die wat die woord hoor, maar nie glo nie), maar kan ook verwys na gelowiges wat nie wortel het nie en dus afval in tyd van versoeking (hulle het gelowig geword, maar kies ongeloof - kyk tweede groep in die gelykenis vd saaier). Dit beskryf die met 'n bose, ongelowige, of verharde hart. Vir 'n studie oor wat bedoel word met die begrip "ongeloof", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2017/09/ongeloof.html). Mense hoor maar HOOR nie altyd nie!  Dit is belangrik om ag te gee op die waarheid. Mark. 16:14 is 'n goeie vb. waarin daar getuig is dat Jesus opgestaan het uit die dode, maar hulle nie geglo het nie;  l.w. dat Jesus hulle verwyt het vir hierdie "hardheid van hart"! ONGELOOF WORD in hierdie betrokke vb. VOORGESTEL AS "HARDHEID VAN HART" (hulle het hulle harte verhard teen die waarheid en besluit hulle wil nie glo nie) - die Here verwag van ons om die waarheid te vertrou (Joh 20:27 - "Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig") - daar word van jou as kind van die Koninkryk verwag om te glo. Die manier hoe iemand die woord ontvang, wys wat in sy hart aangaan, nl. of hy GELOWIG, of ONGELOWIG (Hand. 28:24) - hierdie is gewoonlik 'n baie eenvoudige manier om te bepaal wie glo, en wie nie! (is of iemand die waarheid glo;  bv., as iemand bely hy glo in Jesus Christus maar hy glo nie in Jesus se woorde nie, is dit 'n bewys dat hy ongelowig is). Gelowiges GLO die waarheid...

In 'n kerk of gemeenskap waar kragdade gewoonlik kortkom en die dienaars vd Here nie veel krag kan verrig nie, is die rede gewoonlik nie a.g.v. die dienaars se ongeloof nie (alhoewel dit ook kan wees), maar gewoonlik omdat baie mense in daardie kerk of gemeenskap ONGELOWIG is (Matt. 17:20; 13:58;). Daar kan miskien 'n bietjie genesings en lering plaasvind, maar geen kragte in so 'n geval nie (Mark. 6:5,6). In Mark. 9:23,24 maak Jesus die stelling dat alle dinge moontlik is vir die een wat glo. Ongeloof veroorsaak selfs dat mense onwetend kan sondig (1 Tim. 1:13), en dit is waarom kinders vd Koninkryk mekaar somtyds laster en seermaak, is nl. dat die wat ongelowig is verlei word om in opstand te kom teen die wat gelowig is. Wanneer kinders van die Koninkryk kies om nie die waarheid te glo nie, maak hulle hulself oop vir allerhande verleidinge - die gevolg hiervan is bv. baiemaal dat hulle ander gelowe raadpleeg of begin deelneem aan ander geloofspraktyke omdat hulle nie die krag van die Here ervaar nie;  in ander woorde, diesulkes val maklik vir versoeking omdat hulle ONGELOWIG is ('n goeie vb. is koning Saul wat alewig sy eie kop gevolg het i.p.v. sy vertroue plaas in die Here se opdragte, en die gevolg is dat die Here hom later nie wou antwoord nie, en dit het weer tot gevolg gehad dat hy uiteindelik 'n dodebesweerder gaan opsoek het). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------HOEREERDERS: 

(Jud 1:7 - "soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense GEHOEREER en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan"). In konteks verwys die "mense" na wie in hierdie skrif verwys word, na INGESLUIPTES en GODDELOSES - (Jud 1:4-8 - "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën. Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het. En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan. Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens"). "Ingesluiptes" is VALSES wat onder die kinders van die Koninkryk beweeg asof hulle koring is, maar hulle is nie (is onkruid, en is deur die bose daar gesaai). Hulle beskryf basies ongelowiges, en word o.a. beskryf goddeloos, mense wat in ONGEBONDHEID leef (owerspel, hoerery, allerhande onreinheid) - hulle verwys na mense wat die Here Jesus Christus verloën. Vir 'n studie oor waarna "ingesluiptes" verwys, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html). "Goddeloses" word tipies beskryf as "slegte mense", "onregverdig", en word o.a. ook verwys as "vyande vd Here".  Vir 'n studie oor waarna "goddeloses" verwys, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/05/goddelose-mense.html).

Hierdie mense word baiemaal gekenmerk as o.a. "hoereerders" (vir 'n studie oor "hoereer", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/03/hoereer-hoerery-hoereerders.html), en verwys nie altyd net na die wat in die vlees hoereer (nl. onwettige lus/begeertes) nie, maar kan ook verwys na die wat "geestelik hoereer" (die wat ander geloofspraktyke volg of afgode aanbid;  dus, hulle verloën die Here!), asook is dit 'n sonde wat in die hart gepleeg kan word! (Matt. 5:28/kyk die tema van "besoedelde gewete"). Hoereerders is ONREIN en kan nie verwag om eendag in te gaan in die Koninkryk van God nie (Ef. 5:5). Hoerery word verder gesien as 'n "werk vd vlees" (Gal. 5:19), en ons weet dat sulke werke uitloop op nietigheid...  Somtyds word daar na hoereerders vewys as mense wat dwaal, wat op beurt baiemaal na verwys word as die wat "SLAAP" of "DRONK" is (die wat hulleself bedrieg )(vgl. hierdie mense ook met die derde groep in die gelykenis vd saaier)(vir 'n studie oor "dwalendes", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html).  Soos reeds gesien, verwys "dwalendes" tipies na die wat velei en versoek word en vir die versoeking val (bv. verlei deur die duiwel/deur 'n mens/deur eie begeerte...) - in die geval van "hoereerders" is dit baiemaal omdat hulle deur eie begeerte verlok word en hulleself bedrieg.

Vir nog poste oor hierdie onderwerp, gaan na: 

https://warechristene.blogspot.com/2017/03/hoereer-hoerery-hoereerders.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html

https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/01/ongebondenheid.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

     

Dinsdag 02 Junie 2026

Die duiwel

 

In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "duiwel", en waarna of na wie dit verwys. 

Rol af vir die volgende opsommings:

- Die begrip "duiwel"

- Soos 'n duiwel / die duiwel as pa?

- Onreine geeste is duiwels

- Die Satan is 'n duiwel

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE DUIWEL:  

Die woord "duiwel" word nie altyd vir 'n spesifieke wese gebruik nie, en is die Gr. woord "dee-ab'-ol-os", wat beteken "vals aanklaer of lasteraar. Somtyds word daar na die Satan verwys as "duiwel" (Openb. 12:9; 20:2,10), en in ander gevalle word daar na bose geeste verwys as duiwels (wat verwys na "onreine geeste").Vir 'n pos wat by hierdie onderwerp aansluit, gaan na:

https://warechristene.blogspot.com/2026/05/die-duiwel-die-satan-die-ou-slang-groot.html.

Die Satan, na wie ook somtyds verwys word as "duiwel", word met verskillende name voorgestel, wat elk 'n besonderse betekenis het. (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). Die Satan, die owerste van die onreine geeste, is 'n lasteraar en "vals aanklaer" (vgl. dit met die tema van "kwaadspreek" die duiwel is 'n kwaadspreker) - sien die woorde hierbo in Openb. 12:9 wat hom beskryf as 'n wese wat "die hele wereld verlei" (vgl. dit met Openb. 20:3)(die begrip duiwel verwys na 'n VERLEIER). In Matt. 4, waar die duiwel vir Jesus Christus probeer versoek het in die woestyn, is die woord duiwel ook die Gr. woord ("dee-ab'-ol-os")(Matt. 4:1 - "Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel"). Hierdie is 'n goeie voorbeeld van hoe die duiwel opereer..., nl. dat hy mense in versoeking probeer lei, en die manier hoe hy dit doen is deur die waarheid te laster en mense so probeer verlei dat hulle afval vd geloof, of hy bederf mense se sinne sodat hulle nie die evangelie ontvang nie (hy mislei/verlei hulle om die leuen te glo of te sondig)(Matt. 4:1-11; 2 Kor. 11:3).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------SOOS 'N DUIWEL: 

Waar die woord "duiwel" gebruik word in die Skrif, verwys dit nie altyd na die spesifieke wese nie. In Joh 6:70 waar Jesus vir die dissipels sê "Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel!", is dit bv. dieselfde Gr. woord wat daar gebruik word vir die woord "duiwel", maar Hy verwys nie hier na Judas Iskáriot as die wese, die ou slang, nie, maar wys dat hy 'n lasteraar is (soos die ou slang). In ander woorde, waar die woord "duiwel" gebruik word verwys dit nie altyd na die wese "groot draak" of "ou slang" nie, maar dit word somtyds gebruik om te beskryf dat die persoon soos die ou slang is. Die woord "satan" word ook somtyds op hierdie manier gebruik, bv. in (Mat 16:23 - "Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan (Gr. woord "sat-an-as'", wat verwys na 'n aanklaer of 'n duiwel/lasteraar)! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense". Hy het nie bedoel dat Petrus die Satan self is nie, maar eerder dat hy op daardie oomblik soos die Satan was... Dit wat Petrus gesê het het die waarheid verdraai, want hy het gedink soos die wereld (nie soos God nie). Kinders van die Here behoort "soos die Here te dink en sien", nie soos die wereld nie (kyk die groot verskil tussen "geestelike mense" en "natuurlike mense" nie), want die wereld (die wat dink en sien soos die wereld) is onder die mag van die bose (1 Joh. 5:19). 

'n Duiwel is 'n KWAADSPREKER ('n "vals aanklaer").  As iemand kwaadspreek is hy soos die duiwel - noodwendig is kinders soos hulle pa;  dus, as iemand die gewoonte het om kwaad te spreek (soos die duiwel), wys dit wie sy pa is! Die wat soos die duiwel optree sal saam met die duiwel (hulle pa) in die poel van vuur beland (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Dade en woorde is belangrik, want dit wys aan wie jy behoort.

DIE DUIWEL AS PA vir sommige beskryf? 

In Hand. 13:10 noem Paulus vir Elimas (die towenaar) "kind vd duiwel"... omdat hy die reguit weë van die Here verdraai het (want Elimas het vir Barnabas en Saulus teëgestaan, en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof) - in ander woorde, Elimas was 'n verleier en lasteraar... ("soos 'n duiwel").  Vgl. dit met Joh. 8:44. (1Jn_3:8 - "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek"). Hierdie verwys nie dat die persoon 'n wese is fisies gebore uit die Satan self nie, maar wys dat hy soos die Satan is... (soos kinders soos hulle pa is). Weergeborenes word bv. ook gesien asof "gebore uit God", want hulle is soos hulle Pa, die Here (1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) - hulle dink, sien en doen soos Hy. Kinders van die duiwel sal noodwendig eendag opeindig saam met hulle "pa"..., nl. in die ewige van vuur (wat berei is vir die duiwel en sy engele/Matt. 25:41) = "vervloektes". 

LASTERAARS word o.a. in die Skrif beskryf as mense wat slegs 'n gedaante van godsaligheid het... (2 Tim. 2:3.5).  Die waarheid is dat diesulkes godsalig voorkom, wat dus die rede is waarom baie deur hulle verlei word. Duidelik is lasteraars "soos die duiwel" (het die duiwel as pa), en as lasteraars onder kinders van die Koninkryk beweeg, is hulle soos struikelblokke in die kerk.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Onreine geeste:

Onrein of BOSE GEESTE word ook somtyds na verwys as DUIWELS (Joh. 10:21) (https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html). As onreine geeste o.a. deur die woord "duiwel" beskryf word, beteken dit dat hulle lasteraars en kwaadsprekers is, en dit is interessant dat wanneer iemand gelaster het, hy gesien is as iemand "met 'n duiwel". Kyk gerus die vb. waar sommige vir Jesus valslik aankla dat hy "duiwel besete" is (Joh. 7:20; Joh. 10:20), en op 'n ander geleentheid  het sommige skrifgeleerdes gese dat hy 'n onreine gees het (Mark. 3:30), en selfs voorgegee dat hy deur die owerste van die duiwels, duiwels uitdryf! (Mark. 3:22; Luk 11:15)(lees gerus hoe Jesus hulle reghelp dat die duiwel nie self duiwels sal uitdryf nie - hulle het Jesus voorgestel soos 'n lasteraar, maar hulle was eintlik die lasteraars!).  Kranksinnigheid (Joh. 10:20; Hand. 26:24,25) of om "buite die sinne" (Mark. 3:21) te wees, is 'n tipiese kenmerk dat iemand 'n duiwel het, want dit is hoe duiwels is - hierdie gaan oor hoe iemand "sien en dink" (en sy woorde getuig hiervan). 

Maar natuurlik is nie alles wat duiwels kwytraak, vals nie, want hulle weet goed wat is die waarheid... (Luk. 4:34,35,41; Mark. 1:24; 3:11).  Dit is nie omdat hulle nie weet wat die waarheid is waarom hulle lieg nie, maar hulle lieg omdat hulle die waarheid wil verdraai. Hierdie is gewoonlik iets wat mense nie altyd verstaan van die bose nie;  bv., wanneer iemand die bose raadpleeg is die antwoorde nie altyd leuens nie, maar dit kan net sowel wees! En dit is hierdie gedaante van godsaligheid wat mense baiemaal uitgooi. Kinders van die Koninkryk is spesifiek beveel om nie die bose te raadpleeg nie, en ons moet gehoorsaam wees aan die Here. Terwyl "laster" en "kwaadspreek" dus kenmerkend kan wees van mense wat bose geeste het, beteken dit nie dat hulle nooit die waarheid praat nie, eerder is dit dat hulle goed weet wat is die waarheid en dit opsetlik verdraai om mense te verlei. Dit is egter anders as iemand onkundig is! en tot insig gebring word... "Lastering teen die Heilige Gees" is bv. 'n onvergeeflike sonde in hierdie, sowel die volgende bedeling, maar ons moet verstaan wat met "laster" bedoel word, want onkundiges wat bog praat is nie noodwendig besig om te laster nie. Lasteraars is eintlik kundig..., maar verander die waarheid in 'n leuen. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die worstelstryd..., en hoe die duiwel daarby inpas:

Natuurlik bestaan "die duiwel" - 'n manier hoe daar somtyds na die Satan verwys word omdat hy verleier is.  Die Satan is NIE God NIE (daar is net een God, en Hy bestaan uit 3, nl. die Vader, Seun en Heilige Gees). Wat se wese die Satan ookal is (?), wat wel seker is is dat hy hy rêrig is!, nie 'n denkbeeldige voorstelling in een of ander mite nie...  En alhoewel die Here God die mag het (en die duiwel bv. toestemming moet kry voor hy iets aan die Here se kinders kan doen / kyk die vb. van Job), is die duiwel 'n VERLEIER en 'n VERWOESTER. Sommige Christene het ongelukkig "onder die mag van satan" beland omdat hulle geluister het na sy leuens. Daarom is dit belangrik om ag te gee op die wapenrusting van God - en dit help nie jy trek dit net deur woorde elke dag aan nie, maar wat belangrik is is dat jy 'n dader is... (bv., dis iets anders om geloof uit te leef as om bloot te bely dat jy glo). Christene bely bv. dat hulle glo in Jesus Christus, maar wanneer sommige begin praat hoor jy gou dat hulle liewer in wereldse wysheid glo as dit wat Jesus geleer het. Alhoewel die natuurlike mens die duiwel mag gee in hulle lewens (daar word bv. o.a. na die duiwel verwys as die "god vd wereld"), behoort die krag en mag en heerlikheid nie aan hom nie!, maar aan die Here.  

Die "duiwel", nl. die Satan, het wesens wat onder hom dien en hy's o.a. die leier vd bose geeste (nl. vd onreine geeste/duiwels - hy is "Beelsebul", is hulle "god"), en is daarop uit om mense te verblind en te verlei (bv., wat in die tuin van Eden gebeur het met die sondeval, is 'n goeie voorbeeld hiervan...). Hierdie is maniere wat hy gebruik om die mens te probeer VERWOES. DIE REDE HOEKOM HY LASTER EN KWAADSPREEK, IS OM TE VERWOES. Jesus het geleer dat die duiwel 'n mensemoordenaar is, 'n leuenaar (hy is die vader van leuensen staan nie in die waarheid nie (want daar is geen waarheid in hom nie)(Joh. 8:44);  m.a.w., wat die duiwel praat is gewoonlik leuens (hy praat uit sy eie).  Jy gaan nie sommer die waarheid vind by duiwels nie..., miskien deels omdat hulle jou in hul strik wil vang, maar verseker sal hulle die geleentheid gebruik om jou te mislei. 

Die wat afgode aanbid of deelneem aan ander-geloofspraktyke moet verstaan dat hulle eintlik besig is om met duiwels gemeenskap te hou (1Kor. 10:20). Daarom is dit belangrik om die waarheid op die regte plek te soek! (jy kan nie die bose raadpleeg en verwag om noodwendig die waarheid daar te vind nie). Hierdie is 'n strik vd duiwel waarin sommige Christene val..., en dit is om die waarheid by ander gelowe te probeer vind (hoekom doen sommige dit?)(https://warechristene.blogspot.com/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html). Sommige is kwaad vir die Here en dan terg hulle Hom op hierdie manier - dit hoort nie so nie. En natuurlik moet ons soek, maar die vraag is "waar soek jy"?  Die Here moet jou bron wees... - kinders van die Here is nie veronderstel om die bose te raadpleeg nie (https://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-here-ons-bron.html), en as jy dit doen wys jy dat jy nie die Here vertrou nie of besig is om Hom te versoek ('n Christen wat by die bose antwoorde gaan soek, is beslis nie veilig nie). Hierdie stryd het alreeds begin in die tuin van Eden..., 'n stryd waarin die duiwel mense probeer vang om sy wil te doen (in plaas van die Here se wil te doen)(2Tim. 2:25,26 - "Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die wat afval van die waarheid en gevang word om die duiwel se wil te doen, word o.a. na verwys as "blind" of "dronk" of "aan die slaap" - bestudeer gerus die verband tussen "dronk" en  "gemeenskap met duiwels"/1 Kor. 10:19,20; Openb. 17:2, "gemeenskap met duisternis"/2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6, "gemeenskap met sondes"/1Tim. 5:22, en "gemeenskap met bose werke"/2 Joh. 1:11. In konteks gaan dit oor die weerspanniges, Christene wat van die waarheid afdwaal.  Die wat nie nugter is nie (geestelik bedoel), verwys bv. o.a. na die wat nie kennis van die Here het nie... (1 Kor. 15:34). Daar is net twee kante, die een is die kennis van God, en die ander een is wereldse wysheid. ONS IS ALTYD IN HIERDIE STRYD GEWIKKELD! - WATTER KANT KIES JY?  Kies jy die kennis van God? (en raadpleeg Hom)?, of kies jy wereldse wysheid (en raadpleeg ander bronne)? Dit is kommerwekkend hoeveel Christene vandag ander geloofsbronne raadpleeg en hulle antwoorde daar probeer kry, en selfs deelneem aan praktyke wat in ander gelowe en satanisme beoefen word.., tog is hulle uitgesproke oor hulle Christelike "geloof", maar die waarheid is dat hulle eintlik besig is om geestelik te hoereer. WIE IS JOU BRON? ...Dit is belangrik om hierdie te weet want anders besef jy nie die stryd waarin jy gewikkeld is nie, en as jy die stryd nie verstaan nie, gaan jy nie ag gee op die geestelike wapenrusting van God nie. 

Kom ons kyk na 'n paar dinge wat die Skrif spesifiek leer oor die Satan, na wie o.a. verwys word as DIE DUIWEL:

Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan...  Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12) - dit wys weer-eens vir ons wie het eintlik die mag!

Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit, of iemand aanhits... (Job 2:3). 

Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

Die duiwel kan veroorsaak dat mense verdruk word  (bv. in die gevangenis gewerp word sodat hulle op die proef gestel kon word-Openb. 2:10 / en hulle het vir 10 dae verdrukking gehad - die duiwel gebruik baiemaal mense om sy wil uit te voer). 

Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

WAT KAN DIE DUIWEL NIE DOEN NIE: 

(1) Die duiwel se mag kan wel ook beskryf word as 'n "koninkryk", want hy het bv. engele onder hom en is die owerste van die bose of onreine geeste... ("Beelsebul"/Matt. 3:22,23; 12:24; 17:8), maar noodwendig sal hy nie "duiwels uitdryf" nie want dit sou beteken dat hy (sy koninkryk) teen homself verdeeld is;  in ander woorde, die Satan sal nie iets doen wat kan veroorsaak dat sy koninkryk verwoes word nie.  M.a.w., DIE SATAN KAN/SAL NIE BOSE GEESTE UITDRYF NIE (Mat 12:22-32 - "Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien. En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie? Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie"). Hierdie is 'n interesante punt van bespreking... 

Noodwendig, nie almal wat sg. duiwels uitdryf ("duiwelbesweerders") is deur die Here gestuur nie... (Hand. 19:13-17), maar dit is nie vir ons om te besluit wie is gestuur, en wie nie (Luk 9:49,50 - En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie. Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons"). Waar bekering gepreek word (Matt. 3:2; 4:17), siekes gesond gemaak word en bose geeste uitgedryf word (Matt. 10:7,8; Luk. 10:9), is dit duidelik dat die Koninkryk van God daar naby gekom het. Vir iemand om duiwels te kan uitdryf moet hy dus aan die Koninkryk van God behoort... (hierdie verwys na weergeborenes).  Jesus Christus het die mag (dit is waarom die geeste uitgaan in die Naam van Jesus Christus) en Hy is die een wat iemand die mag gee (Luk. 10). Wanneer iemand mag oor ander het, kan hy hulle gebied;  dus, alhoewel die duiwels 'n owerste het (nl. die Satan, en hy hulle kan gebied), het Jesus algehele mag en hulle moet Hom gehoorsaam (Matt. 17:18 - "Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af") ; (Mark.7:26  En sy was ‘n Griekse vrou, ‘n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.......v:29,30  En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.Mrk_7:30  En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê") ; (Luk_4:33,34 - "En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu. En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak") ; (Hand_10:38  "met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was"). 

(2) In Joh. 12:31, 14:30 en 16:11 verwys Jesus na die duiwel as die "die owerste van hierdie wêreld", en in 2 Kor. 4:4 word hy die "god van hierdie wêreld" genoem;  meer presies die god van die ongelowiges en die kinders van ongehoorsaamheid...  (2Kor. 4:4 - "naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie") - die wêreld is onder die mag van die bose... (maar die wat in Jesus Christus glo is deur Jesus verlos van daardie mag/Kol 1:13 - "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde"). (1Jn 5:19 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê"). Die kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID (deels "gebore in sonde", en deels omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR HY HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / het die Heilige Gees). Tensy hulle hom die mag gee... - kinders vd Koninkryk moet seker maak dat hulle die geestelike wapenrusting van God aanhet. 

Die natuurlike mens is soos 'n slaaf van sonde... Die mens word in sonde gebore;  of anders gestel, hy word in slaafskap onder sonde gebore (en het dus vrymaking nodig van hierdie slaafskap!) - hierdie is een van die dinge wat Jesus bewerk het, nl. dat Hy die mens kan vrykoop uit hierdie slaafskap. Die natuurlike mens doen dus nie die wil van die Here nie, maar doen die wil van die duiwel (gehoorsaam aan die sonde / asof onder die mag van die duiwel). Maar geestelike mense doen die wil van die Here... - in ander woorde, hulle is vrygekoop van slaafskap onder sonde (hulle doen nie meer die wil van die duiwel nie). In ander woorde, die wat vrygekoop is, is nie meer "kinders vd duiwel" nie;  en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie..., maar hulle het nou 'n nuwe vader (kinders volg hulle vader)(1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). 

(3) Die owerste van hierdie wêreld is geoordeel! (Joh. 16:11).(Joh 12:31 - "Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word"). DIE DUIWEL IS 'N VERWOESTER EN HET DIE MENS GEVANG OM SY WIL TE DOEN, WAT TOT GEVOLG HET DAT ALLE MENSE DOODGAAN, MAAR SY MAG IS GEBREEK!;   nl, hy het mag gehad oor die dood, maar Jesus Christus het daardie mag verbreek  (Heb_2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—)(Jes. 25:8; Hos. 13:14; 2 Tim. 1:10). Almal wat in Jesus Christus glo, SAL DIE DOOD OORWIN! (1 Kor.. 15:54,55). DIE DUIWEL HET NIE MEER DAARIE MAG OOR DIE DOOD EN DODERYK NIE, maar Jesus Christus het... (Openb. 1:18 - "en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek  leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek (Jesus Christus) het die sleutels van die doderyk en van die dood"). 

Die weergeborene het oorwinning oor die dood, want wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterwe het opwek uit die dood (hulle sal nuwe liggame kry) - wat die doderyk aanbetref het Jesus hulle losgekoop (die doderyk kan hulle nie gevange hou nie)(1 Kor. 15:54,55. Alhoewel die duiwel mense kan doodmaak, natuurlik slegs as God hom toelaat, het hy nie die mag om geestelike mense in die doderyk te hou of onder oordeel te laat kom nie. Jesus Christus het die mag en sal besluit wie losgekoop word, en wie nie;  wie opgewek word tot lewe, en wie nie (Joh. 5:29).  Die duiwel word wel die "god van hierdie wereld" genoem omdat mense hom mag oor hulle lewens gee en baie mense hom gehoorsaam, maar uiteindelik sal hy nie meer toegelaat word om dit te doen nie.  Dit sal gebeur wanneer Jesus Christus terugkom... - dan sal die duiwel gebind word vir 'n 1000 jaar sodat hy nie instaat is om die mens te verlei nie.  Tereg, in die volgende bedeling sal almal vir Jesus Christus aanbid en Hom gehoorsaam!, en dus sal Hy ook die God (van hierdie wereld) wees. Alles sal Jesus Christus se eiendom wees en die duiwel sal nie meer die mens kan aankla nie (Openb. 12:10 - "Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag"). Huidiglik is die duiwel nog instaat om die mens aan te kla en te probeer verwoes, maar in die volgende bedeling sal hy nie toegelaat word om dit te doen nie (behalwe aan die einde van daardie bedeling).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Donderdag 07 Mei 2026

Die duiwel / die Satan / die ou slang / groot draak

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE VOLGENDE TERME: DUIWEL/DIE SATAN/ DIE OU SLANG/GROOT DRAAK (wie is hy?, en wat doen hy?, die betekenis van die betrokke woorde..._ - en ons kyk ook in op ander name wat somtyds aan die Satan toegeskryf word, bv. LEVIATAN, LUCIFER EN BEELSEBUL).

Rol af vir die volgende opsommings:

- Begrip (die duiwel, die groot draak, leviatan, satan, beelsebul, ou slang, lucifer)

- Die betekenis van die woord DUIWEL (en maniere hoe dit gebruik word).

- Wie presies is die Satan/ou slang? (en gebruik vd woord),

Terme "sinagoge vd Satan", "dieptes vd Satan" en "troon vd Satan".

- Die uiteinde van die duiwel en sy engele.

- Hoeveel mag het die duiwel? (en waaroor het hy mag?).

- Sal die duiwel enige mag hê in die volgende bedeling?

- Beelsebul, owerste oor die onreine geeste. 

- Die begrip "owerste van hierdie wereld is geoordeel".

- Gee aan die duiwel geen plek nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------BEGRIP: Om te verstaan na wie die Satan of ou slang verwys (of nie verwys nie!), kom ons bestudeer kortliks die betekenis van terme wat gewoonlik aan hom toegeskryf word:

- DIE DUIWEL:  Daar is baie duiwels... (https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html), maar daar word na 'n spesifieke wese somtyds verwys as "die duiwel" (want hy is 'n duiwel!). Bv. Matt. 4:1 ("Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel") - die woord duiwel hier is die Gr. woord "dee-ab'-ol-os", wat beteken valse AANKLAER, duiwel, LASTERAAR (en somtyds word daar na hom verwys as 'n "groot draak" of 'n slang, bv. "die ou slang", want hy is listig - hy word ook somtyds na verwys as "die Satan"... - al hierdie verskillende name wat vir hom gegee word, beteken iets (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). Die duiwel se doel is om die hele wêreld te verlei, en die manier hoe hy dit doen is deur "om te laster" (hy is baie bewus van die waarheid, maar verander die waarheid in 'n leuen, want hy wil nie he dat die mens in die waarheid glo nie). Hy is ook 'n "aanklaer" (Gr. woord "katēgoros", wat verwys na 'n aanklaer soos een vd wet) en kla ons bv. aan by God... (kyk die vb van Job) - sy doel is om te oordeel en dat ons gestraf word (in die volgende paragraaf word nog meer ingekyk op die betekenis van die woord "duiwel").  Bose geeste word ook somtyds na verwys as duiwels... (Mark. 9:32,33)(Gr. woord daemon, wat beteken "duiwel"). 

- DIE GROOT DRAAK: Die woord "draak" (Jes. 27:1) is die Gr. woord "tan-neen'" of "drak'-own" (Openb. 12:7), wat verwys na 'n groot see-monster of slang of walvis / draak. In Openb. 13, waar die "dier uit die see" en die "dier uit die aarde" beskryf word (wat terloops o..a. verwys na koninkryke), leer die skrif dat die draak sy mag aan die dier uit die see gee, en dat die dier uit die aarde praat soos 'n draak (bv., kla aan, laster) - l.w. dat die "draak" waarna verwys word in die betrokke Skrif (soos wie hy praat), nie noodwendig na die Satan verwys nie, maar dit wil liewer voorkom of dit verwys na die "voorrooi draak" ('n koninkryk/Babilon?)(vgl. dit ook met Openb. 16:3). Kortom, nie oral waar die woord "draak" gebruik word in die Skrif verwys dit na die Satan nie (bv. Jes. 27:1), maar die Satan word ook o.a. 'n draak genoem..., wat miskien meer vewysend is na hoe magtig hy is/groot (die Skrif leer bv. dat die Satan owerste is oor die duiwels/Matt. 12:24, en engele onder hom het/Openb. 12:7..., en dit is duidelik dat hy mag het)(kyk die woord "GROOT" draak)(Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp")(kyk ook Openb. 20:2). Kan dit beskrywend wees van hoe hy lyk? - wie weet... Daar word dus beslis ook na die Satan verwys as 'n draak (nl. "groot draak") - kyk Openb. 12:7,8, en volgens hierdie skrif wil dit voorkom of hierdie groot draak (Openb. 12:7-9) 'n plek "in die hemel" het en die aarde kan deurkruis... (lyk of hy instaat is om voor God (in die derde/hoogste hemel) te verskyn, en ons voor God kan aankla/Job 1:6,7 - "En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het"). Openb. 12 leer dat die draak uiteindelik neergewerp sal word/is (Openb. 12), wat beteken dat wanneer hy neergewerp is (nl. op die aarde), sal die aarde (wat huidiglik onderwerp is aan owerhede, magte, wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, bose geeste in die lug/Ef. 6:12) die eiendom word van onse God!, wat beteken dat Jesus Christus koningskap opneem/opgeneem het. Op hierdie stadium het hy nog mag om "aan te kla", asook om te verlei.  Net voor Jesus Christus terugkom sal die duiwel se mag "OM, MENSE AAN TE KLA", weggeneem word..., en wanneer hy gebind word (nadat Jesus Christus teruggekom het), sal hy (en dus ook die duiwels onder hom) nie meer toegelaat word om mense te VERLEI nie - vir 'n 1000 jaar lank! (die duiwel sal dan gebind wees/ Openb. 20:2,3)(en in daardie dae sal Jesus Christus oor die hele aarde vanuit Jerusalem regeer).  Wanneer die DRAAK/die Satan neergewerp is, het hy min tyd..., en sal alle stops uithaal om mense te verlei en te probeer verwoes (Openb. 12:2; 1 Pet. 5:8)(dit is dae waarin die dier uit see regeer en die stad Babilon oor die konings vd aarde.../Openb. 13,17). Sommige geleerdes is van mening dat Openb. 12 leer dat die duiwel alreeds "uitgegooi is" en nie meer 'n plek in die hemel het nie, siende hy ons bv. nie meer kan aankla nie (Openb. 12:7-10)(daar is verskillende interpretasies van Openb. 12, sommige glo dat dit histories is, en ander glo dat dit nog vervul moet word, nietemin, hetsy hy ons nog kan aankla of nie, die wat aan Jesus Christus behoort word deur Hom beskerm). 

- LEVIATAN: Daar word somtyds na die Satan verwys as die "Leviatan" (Hebr. woord "liv-yaw-thawn'", wat verwys na 'n slang of groot see-monster, en figuurlik konstellasie van 'n draak, ook simbolies van Babilon). Die woord "Leviátan" word in 'n paar verse in die Skrif gebruik (Job 3:8; Ps. 74:14; 104:26; Jes. 27:1), maar dit verwys nie noodwendig na hierdie spesifieke wese (die Satan) nie, maar is miskien meer simbolies van iets anders, soos "Babilon"...  Die Leviatan word o.a. na verwys as 'n "slang", en die Satan word ook na verwys as 'n slang, nl. die "ou slang" (Gen. 3:1-4, 13,14; 2 Kor. 11:3; Openb. 12:9,14,15; 20:2);  sekerlik is hierdie die rede waarom die woord "Leviatan" ook somtyds aan die Satan toegeskryf word, maar dit wil voorkom of in die skrifte waar die begrip "Leviatan" gebruik is, dit eerder beeldspraak is van iets anders (bv., Babel of Egipte). Kyk (Jes. 27:1 - "In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is"); -kan bv. verwys na die koning van Babel/Jer. 51:34 of koning van Egipte/Eseg. 39:3 - en die woord "see" na "see van mense"). Nog 'n skrif waarin die woord Leviatan voorkom, is (Psa 104:26 - "Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel"). In Ps. 74 wil dit ook voorkom of hierdie monster, die Leviatan, 'n beeld is van die Here se teëstanders... (Psa 74:14 - "U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir ‘n volk—vir woestyndiere"). Kortom, die woord "Leviatan" verwys nie noodwendig na die spesifieke wese, nl. die Satan nie, maar word somtyds ook so na hom verwys omdat hy 'n (ou) slang is (en die woord "leviatan" beteken slang of groot seemonster).

- SATAN: Die woord "Satan" is die Gr. woord "sat-an-as'" (wat verwys deels na "aanklaer", meer presies is hy 'n valse aanklaer... dit is die duiwel;  asook verwys die woord na 'n "teëstander"). Die klem is hier op die feit dat hy 'n AANKLAER is. 'n Goeie vb. is die boek van Job..., waar die Satan (Hebr. woord "saw-tawn'" in daardie skrif, wat verwys na 'n opponent, die groot vyand van wat goed is, 'n teestander) vir Job aankla (volgens Job 1:7 swerf/deurkruis hy die aarde..., en dit is duidelik dat hy soek wie hy kan aankla of probeer verwoes deur hulle te verlei). In die boek van Job word daar vertel hoe die Satan (verwysend na hierdie wese - duiwel/draak/ou slang) hom voor die Here gaan stel het op die dag wat die seuns van God hulle plek voor die Here gaan inneem het... (Job 1:6), en hy het God aangehits teen Job om Job op hierdie manier te probeer vernietig (Job 2:3). (Sag. 3:1 - "Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae") - in hierdie vers sien ons hoe die Satan mense aankla in die hemel by God (maar neem kennis dat Jesus sit nou aan die regterhand van die Vader!, en Hy tree vir Sy kinders in vir wie Hy duur betaal het!);  terloops, ons sien ook in die boek van Job dat die Satan mense kan siek maak, en selfs kan doodmaak..., dit is as God hom toelaat (Job 2:6,7). Die Satan is duidelik daarop uit om mense te verslind... (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle TEëSTANDER, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"), en een manier hoe hy dit probeer doen is om mense "aan te kla..." - bv., hy het baie mense aangehits teen die dissipels, en hierdie is bv. ook die rede waarom Jesus op die ou end gekruisig is! (is omdat die mense die leuens/vals aanklagte geglo het). Die Satan "hits mense aan" sodat daardie mense teen ander mense optree - "aankla" in hierdie sin gaan nie net daaroor dat hy ons by God probeer aankla nie, maar hy gebruik ander mense om om teestanders van ons te word;  hy skep bv. verwarring sodat mense 'n verkeerde opinie vorm en dan teen ons optree (sodat hulle verkeerd optree teen / die regverdiges te na kom, of hulle oordeel/"is aanklaers"). In Matt. 16 waar Jesus vir Petrus "Satan" noem, het Hy natuurlik nie beweer dat Petrus self die Satan is nie, maar het verwys na hoe hy op daardie oomblik "soos" die Satan gepraat het... (Mat 16:23 - "Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan (Gr. woord "sat-an-as'", wat verwys na 'n aanklaer of 'n duiwel/lasteraar)! Jy is vir My ‘n struikelblok (Gr. woord "skan'-dal-on", wat verwys na "in strik vang" - 'n okkasie wat geskep word om iemand te laat val), omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense". Hy het nie bedoel dat Petrus die Satan self is nie, maar eerder dat Petrus homself op daai oomblik laat gebruik deur die Satan (of soos die Satan optree) - Petrus het soos die wereld gedink, nie soos God nie.

- BEëLSEBUL:  Matt. 12:24,26 leer dat die Satan DIE OWERSTE VAN DIE DUIWELS is (owerste van die "bose of onreine geeste" wat terloops ook bekend staan as "duiwels")(vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html)(dit wil voorkom of dit is waarna die woord Beëlsebul hier verwys).  Die woord "Beëlsebul" word dus somtyds vir die Satan gebruik (as owerste vd duiwels), maar neem ook kennis dat die naam "Beelsebul" eintlik die naam van 'n Fililstynse god was wat later gedoop is as "die god van wat vuil is/vuilgoedhoop" ("poop god / dung god")(Beelsebul is 'n woord wat deur profete gebruik was om na gode te verwys as vals en nietig). Die Satan word in Matt. 12 die owerste van die duiwels genoem..., en "Beelsebul" (die god van wat vuil is, nl. van die demone wat onrein is - die woord onrein beteken "vuil")(Mark. 3:22,23 - "En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! (Gr. woord "beh-el-zeb-ool'", 'n naam van Satan) en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit. En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?").  Dit is ook interessant om te merk dat die bose geeste (in die lug, wat somtyds in mense intrek) net soos die Satan mense o.a. kan siek maak... (bv. Matt. 17:18)(alhoewel nie alle siektes van bose geeste kom nie). Die Satan het 'n koninkryk... (Mark. 3:23-27) - hy is die owerste/regeerder/hoof van die bose (onrein, vuil) geeste, en hy het ook engele saam met hom... (Openb. 12:7). 

- OU SLANG: In Openb. 12:9 word daar na die duiwel/draak/Satan o.a. verwys as die "ou slang" (Gr. woord "of'-is", wat verwys na 'n listige slang) - die klem hier is op die feit dat hy LISTIG is (2Kor. 11:3 - "Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid (die Gr. woord "pan-oorg-ee'-ah", wat verwys na hoe hy mense in 'n strik vang deur sy listigheid/subtiel) bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus") (Gen 3:4,5 -"Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken"). Die Skrif leer o.a. dat DIE DUIWEL IS 'N VERLEIER wat die hele wêreld verlei... (Openb. 20:3).  Wat die woord "slang" dus veral verwys, is dat die Satan 'n BEDRIEER en VERLEIER is, en hy mense op hierdie manier probeer vang om sy wil te doen in plaas van die Here se wil (2 Tim. 2:26).

- MôRESTER / LUCIFER (?):  Die woord "lucifer" word baiemaal gebruik vir die duiwel..., maar neem kennis van die betekenis vd woord!, en dat die woord nie aan een persoon toegeken word nie, want dit beteken bloot "môrester" (Openb. 2:28; 22:16) en gaan in hierdie konteks oor "woord wat skyn". Baie geleerdes is van mening dat "môrester " en  "die seun van dageraad" in Jes. 14 daar verwys na die duiwel (wat oop is vir interpretasie) - die een na wie daar verwys word word bv. o.a. "môrester" genoem., wat nie bedoel is om 'n naam aan iemand spesifiek toe te skryf nie (want Jesus word bv. ook "môrester" genoem, nl. "blink morester"), maar die term gaan oor die betekenis daarvan in daardie konteks... (Jes. 14:12 - "Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester (Hebr. woord "hay-lale'", wat verwys na "skyn"/môrester - lucifer), seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!"). En natuurlik hang dit ook af na wie daar spesifiek verwys word.  As Jes. 14:12 bv. inderdaad vewys na die duiwel soos baie geleerdes glo, dan beteken dit dat hy 'n "lig" bring vir die mense... (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html) - hierdie "lig" verwys na kennis..., maar in hierdie konteks nie die ware lig (die profetiese woord en waarheid/2 Pet. 1:19) is nie!, want die duiwel doen hom voor as 'n engel van die lig en baie sal glo dit is die waarheid maar hy bring nie die ware lig nie - en net so sy dienaars (die valse profete)... Bv., kyk 2 Kor. 11:13,15, waar valse apostels die Satan se dienaars genoem. (2Kor. 11:14 - "En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig").  Die duiwel doen homself voor as iets wat hy nie is nie, nl. 'n engel van die lig... (op dieselfde wyse doen die valse apostels hulleself voor as dienaars van geregtigheid, wat hulle nie is nie). Die duiwel is NIE 'N ENGEL VAN DIE LIG NIE (en duidelik ook nie die engele onder hom nie). Die woord/kennis wat hulle bring, bederf mense se sinne sodat hulle nie die waarheid of evangelie kan ontvang nie (2 Kor. 11:3) - vgl. dit met (1Tim. 4:1 - "Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang"). Vir die wereld, nl. die wat verlore gaan, is die duiwel soos 'n lig, maar vir die een wat gered word is Christus die Lig!, en Christus het die ware lig/waarheid/profetiese woord!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------BETEKENIS VAN DIE WOORD "DUIWEL":

DIE DUIWEL:  Die Satan, na wie ook somtyds verwys word as "die duiwel", word ook na verwys as 'n "groot draak", somtyds na 'n slang, bv. "die ou slang" (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). In Matt. 4:1 is die woord duiwel die Gr. woord ("dee-ab'-ol-os", valse aanklaer, duiwel, lasteraar)(Matt. 4:1 - "Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel"). Hierdie is 'n goeie voorbeeld van hoe die duiwel opereer, nl. dat hy mense aankla en leuens oor hulle verkondig (sodat hulle geoordeel kan word) - die manier hoe hy dit doen is dus deur bedrog... (hy bederf mense se sinne sodat hulle nie die evangelie ontvang nie)(Matt. 4:1-11; 2 Kor. 11:3) - hy draai mense teen die een wat die waarheid verkondig of praat.  

SOOS 'N DUIWEL: Waar die woord "duiwel" gebruik word in die Skrif, verwys dit nie altyd na die spesifieke wese nie. In Joh 6:70 waar Jesus vir die dissipels sê "Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel!", is dit bv. dieselfde Gr. woord wat daar gebruik word vir die woord "duiwel", maar Hy verwys nie hier na Judas Iskáriot as die wese, die ou slang, nie, maar wys dat hy (Judas) 'n lasteraar en aanklaer is soos die slang. In ander woorde, waar die woord "duiwel" gebruik word verwys dit nie altyd na die wese, nl. die "groot draak" of  "ou slang" nie, maar dit word somtyds gebruik om te beskryf dat die persoon "soos die ou slang is". 

DIE DUIWEL AS PA? In Hand. 13:10 noem Paulus vir Elimas (die towenaar) "kind vd duiwel" - hoekom? -... omdat hy "die reguit weë van die Here verdraai het", soos die duiwel doen! (Elimas het vir Barnabas en Saulus teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof) - in ander woorde, hy was 'n lasteraar (en verleier, teestander...), soos die duiwel.  Kinders is soos hulle pa..., en dit die rede waarom Paulus hierdie vgl. maak. (op ditto wyse is weergeborenes bv. kinders van God, wat daarna verwys dat hulle "soos God" is, bv. hulle dink en sien soos God, en doen soos hulle hemelse pa) - vgl. dit ook met Joh. 8:44. (1Jn_3:8 - "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek"). Om "soos jou pa" te wees, wys "uit watter saad" iemand gebore is (in hierdie geval, geestelik bedoel). Weergeborenes is "uit God se saad gebore", dit is waarom hulle soos God is en nie die sonde dien nie, maar wanneer iemand die sonde dien is hy soos iemand wat uit die duiwel gebore is (geestelik bedoel) - dit verwys nie daarna dat die persoon 'n wese is wat fisies gebore is uit die Satan self nie, maar wys dat hy soos die Satan is, asof uit hom gebore... Maar weergeborenes word gesien asof "gebore uit God", want hulle is soos hulle Pa, die Here! (1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) - hulle het die Gees van God, maar die natuurlike mens het die gees vd wereld. Kinders van die duiwel sal noodwendig eendag opeindig saam met hulle "pa"..., nl. in die ewige vuur (wat berei is vir die duiwel en sy engele/Matt. 25:41) = "vervloektes".

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------WIE PRESIES IS DIE SATAN/OU SLANG?

Die Satan word deur verskillende name beskryf..., wat natuurlik op beurt elk iets van sy karakter vertel...;  bv.:

- die woord "satan":  =aanklaer;  

- die woord "slang":  =listig; 

- die woord "draak": =groot monster/slang/walvis  (die woord "Leviatan word ook gebruik); 

- die woord "duiwel": =valse aanklaer en lasteraar; 

- die woord "Beelsebul", 'n naam wat aan hom gegee is as die owerste vd duiwels/bose geeste (god van die onreine). 

Elkeen van hierdie name beskryf iets van hoe hy lyk, wat hy doen, of sy karakter... (bv., hy is 'n verleier, hy is 'n aanklaer, hy is 'n lasteraar, ens.). Ons lees die eerste keer van die "slang" in die Genesis-verhaal, waar die slang vir Eva verlei om ongehoorsaam te wees aan die Here..., en daar sien ons iets van die Satan se karakter, nl. dat hy listig is ("soos 'n slang") waarmee hy vir Eva (en Adam) gevang het om sy wil te doen.  

Is die Satan 'n engel?  Baie geleerdes is van mening dat die Satan 'n engel (wese) is (alhoewel die woord "engel" eintlik verwys na 'n "werk"  nl. is 'n boodskapper, nie noodwendig 'n spesifieke soort wese nie - die woord word bv. in baie Skrifte gebruik om te verwys na die wesens "wat daardie werk doen" - 'n mens kan bv. 'n engel genoem word/boodskappers-Openb. 1:20).  Alhoewel daar nie duidelikheid is oor wat se soort wese die Satan is nie, is daar Skrifte waarvan sommige geleerdes hierdie afleiding maak..., bv. die woorde dat die Satan hom voordoen as 'n engel van die lig... (2Kor. 11:14 - "En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig") - wat verwys daarna dat hy hom voordoen as iemand wat 'n boodskapper van die Here is.  Die feit dat hy soos die seuns van God (wat gewoonlik ook deur sommige na verwys word as engele), tussen hulle ook voor die Here kan verskyn... (Job 1:6 - "En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom"), is 'n ander rede waarom hy gesien word as een van die "seuns van God" (maar duidelik, as hy is, is hy 'n ongehoorsame seun van God!).  Nog skrifte wat somtyds gebruik word om na die Satan as 'n seun van God te verwys, is Jes. 14 en Eseg. 28, alhoewel die betrokke skrifte nie noodwendig na die duiwel verwys nie... (https://warechristene.blogspot.com/2018/03/verwys-dele-in-jes-14-en-eseg-28-regtig.html). Of die Satan 'n engel-wese is of wat se wese ookal, wat wel seker is is dat hy 'n wese is!, nie 'n denkbeeldige voorstelling in een of ander mite nie;  en alhoewel hy onder God se mag is (en bv. toestemming moet kry voor hy iets aan die Here se kinders kan doen - kyk die vb. van Job), dra hy nie God se belange op die hart nie;  inteendeel is hy 'n verleier en verwoester.

Nog 'n rede waarom hy baiemaal gesien word as 'n engel-wese, is omdat hy sekere mag het. Bv., wat engele aanbetref wil dit voorkom of sommige van hulle (of almal?) groot mag het, en sterk is... (Openb. 5:2; 18:1), en instaat om baie dinge te doen soos om mense siek te maak, bv. iemand stom maak (Luk. 1:20) blind maak (Gen. 19:11)..., ens. (vir 'n studie oor engele, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/engele.html).  Bose geeste kan ook mense siek maak (en terloops, baie geleerdes is van mening dat bose geeste die kinders is van gevalle engele/boek van enog..). - kyk vir Job /  en onthou ook dat die Satan die owerste is van die bose/onreine geeste. Alhoewel baie mense die duiwel mag gee in hulle lewens (hy is die "god vd wereld"), het hy nie almag nie!  Die Skrif leer dat die engele ONDER Jesus Christus gestel is en alle engele van God Hom moet aanbid... (Heb 1:6-8 "En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer"). 1 Pet. 3:22 leer ook vir ons dat die engele aan Jesus Christus onderwerp is, en Jesus Christus is aangestel bo elke naam, alle owerheid en mag en krag en heerskappy. (1Pe 3:22 - "wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is") -  in hierdie sowel die toekomstige wêreld (Ef. 1:20-23), en Hy gebruik die engele as boodskappers en hulle DIEN Hom (Hebr. 1:6,7). Dit gese, is nie almal engele van die lig nie! Daar was bv. ook 'n groep (engele) wat "geval" het en ongehoorsaam was aan die Here - hulle het hulle (hemelse) woning verlaat en agter vreemde vlees aan gehoereer... (Gen. 6:4; Jud. 1:6,7), daardie groep engele is huidiglik in die hel gebind is (en hulle wag op die oordeel / 2 Pet. 2:4; Jud. 1:6). 

- WAT SE SOORT WESE IS DIE SATAN? Alhoewel hy die OWERSTE VAN DIE BOSE GEESTE is (Matt. 12:24,26; Mark. 3:22,23) beteken dit nie hy is ook 'n bose gees self nie.  Meeste geleerdes is van mening dat die Satan 'n engel (seun van God) is... (en het engele onder hom)(Matt. 25:41; Openb. 12:9; 2 Kor. 11:14), maar hy en hulle is duidelik nie "boodskappers van die lig" nie (soos reeds bespreek, waar die woord "engel" gebruik word in die Skrif is die klem op "werk", nie op "wese" nie). Die feit dat die Satan s trawante as "engele" verwys word, beskryf nie regtig presies wat se soort wesens hulle is nie, liewer beskryf dit dat hulle sy boodskappers is. Die Satan word 'n "groot draak" of Leviatan genoem..., en lyk dus bes moontlik soos 'n groot monster/slang (?), maar sy karakter beskryf eerder wat se soort wese hy is. Dit is duidelik dat hy toegang het tot die (derde) hemel (Job 1,2) en voor God kan verskyn, maar hy sal eendag daardie plek verloor (Openb. 12:7,8). Dat hy 'n "regering" het, is verseker, want hy het selfs engele onder hom, en is ook die owerste van die bose geeste (hierdie "regering" wat o.a. na verwys kan word as 'n koninkryk.)(Matt. 12:26 - "En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?")

- DIE SATAN IS 'N VYAND: Hy probeer mense verwoes (die boek van Job is 'n goeie vb.), en hy kan mense siek maak, en selfs doodmaak as hy toegelaat word (Job 1:12). Selfs in die Christelike kerk saai die duiwel somtyds onkruid onder die koring... (Matt. 13:39) met die doel om die valses te gebruik om die gemeente te verwoes (https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html)(hierdie valses verwys nie na kaf nie... - kaf is mense wat gered is maar nie vrug dra nie of vrugeteloos word,  terwyl "onkruid" mense is wat voorgee hulle is gered maar hulle is nie/is vals). Die "ingesluipte" se doel is om die koring te verlei deur bv. leuens te verkondig en in opstand te kom teen die wat die waarheid verkondig, sodat hulle die ander kan verlei (soos wat duiwels doen!). In ag geneem dit wat in die vorige paragraaf beskryf is, is dit baie moontlik dat hierdie valses wat in die kerk insluip, mense is wat bose geeste het...(alhoewel nie noodwendig nie)(?). Ingesluiptes is soos diewe, en 'n dief se doel is om te steel en slag en verwoes... (Joh 10:10) - vgl. dit met Matt. 13:39 waarin DIE DUIWEL o.a. 'n VYAND genoem word. Jesus het geleer dit is wanneer die kerk "slaap" wanneer onkruid onder die koring gesaai word, en die een wat hulle daar saai is die vyand (nl. die Satan)!  

- DIE SATAN IS 'N VERLEIER - hy verlei mense om sy wil te doen / hom te dien en aanbid: Soos in die eerste opsomming gesien, beteken die woord "satan" aanklaer en teestander - hy is die vyand!, en sy doel is om mense te verlei (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). Mense wat deur die duiwel verlei is is "gevang om sy wil te doen" - dit is presies wat hy wil he, is sodat mense sy wil doen, en nie die Here se wil nie (diesulkes word somtyds in die Skrif beskryf as "dronk", asof hulle van hom gedrink het) (2Ti 2:26 - "en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die Satan is daarop uit om mense te vernietig! - as hulle sy wil kan doen, is hulle lewens oppad na nietigheid (gaan dood) (Luk_22:31 - "En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif") (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). En deels hoe hy dit doen, is om mense se sinne te verblind... (terloops, daarom is dit nodig dat hulle oë geopen word!/Hand. 26:18) - die wat "verblind" is is "in die duisternis"... (soos mense wat nie kan sien nie! - hulle verstaan nie)(Hand. 26:18);  en terloops, hierdie skrif leer verder dat diesulkes onder "die mag van die Satan" is! (hulle sien en dink anders)(2 Kor. 4:3,4). Wammeer mense "soos die wereld" dink en sien, is hulle onder die mag van die Satan, hulle is verlei... (1Jn 5:19 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê").  Die duiwel/die Satan is die owerste van die bose geeste, en somtyds gebruik hy die bose geeste/duiwels/onreine geeste om sy doel te bereik;  bv., somtyds trek bose geeste in mense in en beweeg hulle om die wil van die duiwel te doen... (Openb. 16:13,14; Joh. 13:2,27; Luk. 22:3)(https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html). Joh. 13:27 verklaar dat die Satan in Judas ingevaar het... - of dit na 'n bose gees verwys is nie seker nie, maar beslis het dit Judas beweeg om die wil van die duiwel te doen. Die Satan kan mense beweeg om die verkeerde te doen, bv. Hand. 5:3 waar Ananias vir die Heilige Gees gelieg het en het nie gedoen wat die Here van hom verwag het nie - die Skrif verklaar dat die Satan sy hart vervul het (om te lieg). Die Satan wil gedien en aanbid word (Luk. 4:8). In Matt. 4 het die Satan probeer om Jesus te versoek om eerder sy wil te doen as die Vader se wil - in v.3 word die duiwel o.a. "die versoeker" genoem, en hy het verskillende maniere probeer om vir Jesus te laat val, eerste probeer om Sy vas te breek, toe Hom probeer kry om vir God (die Vader) te versoek, en toe het hy Hom probeer kry om hom te dien en te aanbid..,  maar Jesus het vir geen van sy versoekings geval nie. Op dieselfde wyse probeer die Satan gelowiges versoek om nie die wil van die Here te doen nie, en om sy wil te doen, of hulle eie wil eerder as die Here se wil te doen! Die Satan kan terloops mense verhinder om te doen wat hulle beplan... (1 Thess. 2:18). God laat toe dat Sy kinders somtyds versoek/beproef word.  In tyd van versoeking val sommige af... (nl. van die wat tot geloof gekom het), en die rede hiervoor is gewoonlik omdat hulle nie geestelik groei nie (maw, groei en vrug dra is belangrik) - as iemand nie geestelik groei en die vrug van die Gees dra nie, is dit maklik om af te val in tyd van versoeking en die wil van die Satan te doen (kyk die tweede groep in die gelykenis vd saaier -ons moet verstaan hoe belangrik geestelike groei is!). Hierdie is een van die rede waarom opsieners nie nuwelinge moet wees nie en 'n goeie getuienis dra, sodat hulle nie "in verangting IN DIE STRIK VAN DIE DUIWEL VAL nie! (1 Tim. 3:7).  Wanneer iemand al geestelik gegroei het en die vrug van die Gees dra, dan staan hulle makliker vas (en sal dan nie so maklik deur die duiwel gevang kan word om sy wil te doen nie)(en l.w. v.6..., "verwaand word en in die oordeel vd duiwel val nie" - die wat die wil van die duiwel begin doen, in plaas van die Here se wil, kan nie verwag om anders op te eindig as die duiwel nie - hulle uiteinde is saam met die een vir wie hulle gehoorsaam). . 

 In 1Tim. 5:15 word die woorde gebruik dat die wat vir versoeking val "afwyk agter die Satan aan"... (m.a.w. hulle doen sy wil).  Kinders vd Koninkryk moet ook ag gee dat hulle die duiwel geen plek gee om hulle te versoek nie! (bv. waar ons versoek kan word deur ons eie begeertes - een so 'n vb. is in 1Kor. 7:5 waarin huwelikspaartjies gevra word om hulle nie te lank van mekaar te onttrek (bv. as hulle vas) nie -  die rede? = "sodat die Satan hulle nie in versoeking bring deur hulle gebrek aan selfbeheersing nie")(kyk ook 1 Tim. 1:20)(Matt. 5:30 - "En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie"). 

- HY IS 'N VALS AANKLAER WAT AANHITS: Die Satan kan iemand beinvloed om iets spesifiek te doen..., bv. in 1 Kron. 21:1 waar hy teen Israel wou optree het hy Dawid aangehits (om Israe te tel...). Op 'n ander geleentheid het hy die Here opgehits teen Job... (om vir Job te vernietig sonder oorsaak)(Job 2:3). Een van van sy kenmerke, soos ons reeds gesien het, is dat hy mense vals aankla... (Job 1), en is die juiste rede waarom hy o.a. "duiwel" genoem word. Kyk ook (Sag. 3:1 - "Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae") - in die brokke gedeelte het die Satan vir Josua, die hoëpriester, aangekla by God, maar die Here het Josua se skuld weggeneem. In Job 1 kla hy vir Job aan by God - die Satan swerf oor die aarde en kyk "wie hy kan verslind" (Job 2:2)(1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Terwyl ons nie kan keer om aangekla te word nie, het die wat in Jesus Christus glo nou iemand wat vir hulle intree..., nl. Jesus Christus tree vir ons in! (Heb 7:25 - "Daarom kan Hy (Jesus) ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree")

- HY KAN MENSE SIEK MAAK: Die Satan kan mense siek maak... - hy het bv. vir Job met bose swere getref (Job 2:7).  Neem ook kennis dat hy die owerste (genoem, Beëlsebul) is van die bose geeste (Luk. 11:18), onreine geeste wat mense kan siek maak - bv., in vele skrifte waar Jesus duiwels uitgedryf het, het die mense gesond geword nadat die duiwels uit is. Nog 'n vb. is Luk. 13:11,16 vd vrou wat 'n gees van krankheid gehad het... (sy was inmekaargetrek en nie instaat om regop te kom nie) - in v.16 noem Jesus dat sy "deur satan gebind was" vir al daardie jare. Die Satan verderf vlees... (1 Kor. 5:5) - (vgl. dit met 1 Kor. 5:5). Wanneer 'n engel van satan gestuur word (bv. om iemand siek te maak)(2 Kor. 12:7) beteken dit NIE 'n bose gees trek in nie, maar die Here laat somtyds toe dat sy kinders deur die Satan se engele "met die vuis geslaan word", bv. Paulus noem dat in sy geval dit was sodat hy homself nie verhef nie. Wat presies hierdie "doring in die vlees" was is nie seker nie, maar dit kon moontlik 'n siekte wees. Ook in Job se geval was die Satan toegelaat om vir Job siek te maak (alhoewel nie toegelaat om hom dood te maak nie), maar dit beteken nie dat daar 'n bose gees in Job ingegaan het nie, alhoewel die Satan ook bose geeste kan stuur om in sekere mense in te gaan... (siende hy immers hulle owerste is), maar neem kennis dat bose geeste slegs kan intrek in 'n huis/iemand wat voorberei is vir hulle! (bv. mense wat op die bose vertrou/Matt. 12:43-45, bv. afgode aanbid of afgodspraktyke volg, die bose raadpleeg, ens...). 

- HY PROBEER VERHOED DAT MENSE DIE EVANGELIE AANNEEM: Die Satan bedink nie die dinge van God nie (Matt. 16:23; Mark. 8:33), en kan die woord wat gesaai is uit mense se harte wegneem sodat hulle nie die evangelie aanneem nie... (Mark. 4:15). Somtyds doen hy homself voor as 'n "engel van die lig" (2 Kor. 11:4) - in ander woorde, hy gee voor dat hy die woord vd Here en waarheid bring, maar hy doen nie. En somtyds gebruik hy allerhande kragtige dade en tekens en wonders vd leuen om mense te vang... (1 Thess. 2:9).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Terme "sinagoge vd Satan", "dieptes vd Satan" en "troon vd Satan":

Sinagoge van die Satan: Hierdie woorde word in 2 skrifte gebruik, en verwys na 'n "vergadering van mense"/gemeente wat voorgee dat hulle Jode is, maar nie is nie... - is eintlik 'n groep LASTERAARS (/kwaadsprekers) en LEUENAARS (Openb. 2:9; 3:9) - vir 'n studie hieroor, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/11/sinagoge-vd-satan-dieptes-vd-satan.html).

Troon van die Satan: Openb. 2:13  Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon (Gr. woord "thron'-os", wat verwys na 'n sitplek van mag / troon) van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woonDit is duidelik dat die woord "troon" hier verwys na 'n troon van 'n god... (l.w. dat die Satan en die bose geeste onder hom ook gesien kan word soos sy koninkryk/Matt. 12:26).  Of Openb. 2:13 letterlik opgeneem word of beeldspraak, is nie seker nie, maar baie moontlik dat dit gebruik is in konteks van Openb. 12:2..., waar die draak sy mag en krag oorgee aan 'n wereldse koning/koninkryk (en daardie geval kan dit verwys na 'n fisiese troon(?)). Nietemin, die Satan word deur baie aanbid soos 'n god, en hierdie "troon" kan bloot verwys na 'n spesifieke plek waar hy aanbid word (wat so na verwys word).(https://warechristene.blogspot.com/2025/11/sinagoge-vd-satan-dieptes-vd-satan.html)

Dieptes van die Satan: Openb. 2:24  En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes (Gr. woord "bath'-os", wat verwys na diepgaande of mate - diep (te)) van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.         -  Om die woorde "dieptes vd Satan" beter te verstaan, kan ingekyk word op ander skrifte waarin soortgelyke woordgebruik. Wat die die gemeente in Thiatíre aanbetref was daar 'n valse profetes toegelaat om lering te gee (sy het die gemeente verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet). Die "lering" wat sy gebring het was duidelik soos 'n openbaring vir die wat daarvoor geval het - duidelik nie wysheid van God nie!, en bes moontlik aan haar geopenbaar deur onreine geeste... (wysheid wat sy van die bose gekry het ="dieptes van Satan").(https://warechristene.blogspot.com/2025/11/sinagoge-vd-satan-dieptes-vd-satan.html)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE UITEINDE VAN DIE DUIWEL EN SY ENGELE: 

(Matt. 25:41 - "Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele") - die EWIGE VUUR was berei vir die duiwel en sy engele.  Aan die begin van die volgende bedeling (die "volgende" bedeling, nl. 'n 1000jaar tydperk wanneer Jesus oor die hele aarde regeer) sal die duiwel/draak/ou slang/die Satan gebind word vir die 1000 jaar lank (hy sal in die afgrond gewerp en toegesluit word, sodat hy nie die nasies kan verlei nie)(Openb. 20:2,3). Aan die einde van die 1000 jaar sal hy 'n kort tydjie ontbind word... (Openb. 20:3)(hy sal uit sy gevangenis ontbind word en sal uitgaan om die nasies te verlei, en hulle selfs versamel vir oorlog - dan sal hulle die laer vd heiliges en die geliefde stad omsingel, maar vuur sal uit die hemel neerdaal, van God af, en hulle verslind / Openb. 20:7-9). Hy sal uiteindelik in die poel van vuur en swawel gewerp word... (Openb. 20:10).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOEVEEL MAG HET DIE DUIWEL? (en waaroor het hy mag?):

Alhoewel baie mense die duiwel mag gee in hulle lewens (hy is die "god vd wereld"), en hy wesens het wat onder hom dien, en is bv. die leier vd bose, onreine geeste/duiwels (hy is "Beelsebul"), en is ook instaat om sekere ander dinge aan mense te doen bv. om hulle te verblind of verlei, siekmaak of selfs dood te maak, ens. (as God hom toelaat);  maw, hy het nie die algehele mag nie! Inteendeel, die Skrif leer dat hy eers moet toestemming vra voor hy iets aan God se kinders kan doen, en ook is alle engele onderwerp aan Jesus Christus! - Jesus Christus is die Een met die mag! (soos ons in die vorige paragraaf gesien het). 
Die duiwel is NIE God NIE.  Daar is net een God (wie bestaan uit die Vader, Seun en Heilige Gees). Die Skrif leer dat alle magte ONDER Jesus Christus gestel is en Hom moet aanbid.... (Hebr. 1:6,7) - Jesus Christus is aangestel BO elke naam, alle owerheid en mag en krag en heerskappy! Ook die engele is aan Jesus Christus onderwerp... -1 Pet. 3:22, l.w., "in hierdie, sowel die toekomstige wêreld" (Ef. 1:20-23), en Hy gebruik die engele (verwysend van die boodskappers vd lig) en hulle DIEN Hom (Hebr. 1:6,7). 

Daar is 'n groep engele wat "geval" het en ongehoorsaam was aan God... - hulle het hulle (hemelse) woning verlaat en agter "vreemde vlees aan hoereer" (Gen. 6:4; Jud. 1:6,7)(het met vrouens hoereer wat verbode was - alle wesens het nie dieselfde vlees nie...).  Hierdie engele is huidiglik in die hel gebind (en hulle wag op die oordeel / 2 Pet. 2:4; Jud. 1:6) en het groot verwoesting op die aarde teweeggebring omdat hulle baie mag het. Die Satan is 'n wese met mag, wat se wese hy ookal is (?) - wat wel seker is is dat hy 'n wese is!, nie 'n denkbeeldige voorstelling in een of ander mite nie;  en alhoewel hy onder God se mag is (en bv. toestemming moet kry voor hy iets aan die Here se kinders kan doen / kyk die vb. van Job), dra hy nie God se belange op die hart nie;  inteendeel hy is 'n VERWOESTER. Dus, alhoewel die duiwel instaat is om sekere dinge aan mense en in die wereld te doen, is hy NIE God is nie, en het nie algehele mag nie.  Wat die huidige wereld aanbetref, is baie mense "onder die mag van satan", maar dit is omdat hulle hom die mag gee (hulle kies om hom te gehoorsaam). 
 
- Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

- Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

- In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan...  Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12) - dit wys weer-eens vir ons wie het eintlik die mag!

- Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit, of iemand aanhits... (Job 2:3). 

- Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

- Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

- In Openb. 2:10 het die duiwel sommige Christene in die gevangenis gewerp sodat hulle op die proef gestel kon word (en hulle het vir 10 dae verdrukking gehad - die duiwel gebruik baiemaal mense om sy wil uit te voer). 

- Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

WAT KAN DIE DUIWEL NIE DOEN NIE: 

(1) Die duiwel se mag kan wel ook beskryf word as 'n "koninkryk", want hy het bv. engele onder hom en is die owerste van die bose of onreine geeste ("Beelsebul"/Matt. 3:22,23; 12:24; 17:8), maar noodwendig sal hy nie "duiwels uitdryf" nie..., want dit sou beteken dat hy (sy koninkryk) teen homself verdeeld is;  in ander woorde, die Satan sal nie iets doen wat kan veroorsaak dat sy koninkryk verwoes word nie - m.a.w., DIE SATAN KAN/SAL NIE BOSE GEESTE UITDRYF NIE (Mat 12:22-32 - "Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien. En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie? Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie"). Hierdie is 'n interesante punt van bespreking... Dit gese, nie almal wat duiwels uitdryf ("duiwelbesweerders") is noodwendig deur die Here gestuur nie! (Hand. 19:13-17) - vir iemand om te kan duiwels uitdryf moet hy ten eerste vir Jesus Christus ken, want Jesus Christus het die mag (dit is waarom die geeste uitgaan in die Naam van Jesus Christus) en Hy is die een wat iemand die mag gee (Luk. 10). 

Slegs wanneer iemand mag oor ander het, kan hy hulle gebied. Dus, alhoewel die duiwels 'n owerste het (nl. die Satan, en hulle hom gehoorsaam), het Jesus algehele mag en hulle moet Hom gehoorsaam... (Matt. 17:18 - "Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af") ; (Mark.7:26  En sy was ‘n Griekse vrou, ‘n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.......v:29,30  En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.Mrk_7:30  En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê") ; (Luk_4:33,34 - "En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu. En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak") ; (Hand_10:38  "met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was"). 

(2) In Joh. 12:31, 14:30 en 16:11 verwys Jesus na die duiwel as die "die owerste van hierdie wêreld", en in 2 Kor. 4:4 word hy die "god van hierdie wêreld" genoem;  meer presies die god van die ongelowiges en die kinders van ongehoorsaamheid...  (2Kor. 4:4 - "naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie"). Die wêreld is onder die mag van die bose... (maar die wat in Jesus Christus glo is deur Jesus verlos van daardie mag/Kol 1:13 - "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde"). (1Jn 5:19 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê"). Die kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID (deels "gebore in sonde", en deels omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR HY HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / het die Heilige Gees). Die natuurlike mens is soos 'n slaaf van sonde... Die mens word in sonde gebore;  of anders gestel, hy word in slaafskap onder sonde gebore (en het dus vrymaking nodig van hierdie slaafskap!) - hierdie is een van die dinge wat Jesus bewerk het, nl. dat Hy die mens kan vrykoop uit hulle slaafskap. Die natuurlike mens doen dus nie die wil van die Here nie, maar doen die wil van die duiwel (gehoorsaam aan die sonde / asof onder die mag van die duiwel). Maar geestelike mense doen die wil van die Here... DIE DUIWEL HET GEEN MAG OOR MENSE WAT DIE WIL VAN GOD DOEN NIE.  Geestelike mense is maw vrygekoop van slaafskap onder sonde... (doen nie meer die wil van die duiwel nie). In ander woorde, die wat vrygekoop is is nie meer "kinders vd duiwel" nie, en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie..., want hulle het nou 'n nuwe vader (1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). 

(3) Die owerste van hierdie wêreld is geoordeel! (Joh. 16:11).(Joh 12:31 - "Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word"). DIE DUIWEL SE MAG IS GEBREEK...: nl, die duiwel het mag gehad oor die dood, maar Jesus het daardie mag verbreek  (Heb_2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—). DIE DUIWEL HET NIE MAG OOR DIE DOOD EN DODERYK NIE, maar Jesus Christus het... (Openb. 1:18 - "en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek  leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek (Jesus Christus) het die sleutels van die doderyk en van die dood"). M.a.w., die weergeborene het oorwinning oor die dood, want wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterwe het opwek uit die dood - ook wat die doderyk aanbetref het Jesus hulle losgekoop... (die doderyk kan hulle nie gevange hou nie). Alhoewel die duiwel mense kan doodmaak, sou God hom toelaat, het hy nie die mag om mense in die doderyk te hou of onder oordeel te laat kom nie. Jesus Christus het die mag en sal besluit wie losgekoop word, en wie nie, wie opgewek word tot lewe en wie nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Sal die duiwel enige mag hê in die volgende bedeling?

Die duiwel word wel huidiglik die "god van hierdie wereld" genoem omdat almal in sonde gebore word, hy mense kan verlei en natuurlike mense hom mag gee oor hulle lewens (hom gehoorsaam), maar uiteindelik, wanneer Jesus Christus terugkom, sal hy nie meer toegelaat word om mense te vang om sy wil te doen nie. 

...Dit sal gebeur WANNEER JESUS CHRISTUS TERUGKOM  - DAN SAL DIE DUIWEL GEBIND WORD vir 'n 1000 jaar sodat hy NIE instaat is om DIE MENS te VERLEI NIE (Openb. 20:1-3).  Tereg, in die volgende bedeling sal almal gedwing word om vir Jesus Christus te aanbid en Hom gehoorsaam!, maar aan die einde van daardie bedeling, wanneer die duiwel weer losgelaat word vir 'n kort ruk, sal die wereld ongelukkig weer onder sy mag kom (Openb. 20:7-10).  Dit sal eindig in die verbranding van die aarde, en die duiwel sal in die poel van vuur gewerp word (Openb. 20:10; Matt. 25:41). 

In die volgende bedeling "sal alles Jesus Christus se eiendom wees", wat sekerlik veral verwys daarna dat Hy "die God van die wereld" sal wees, nl. dat almal vir Jesus Christus sal aanbid EN GEHOORSAAM.. (om dat beter verstaan, kan ingekyk word op Luk. 4:5-8)(in die volgende bedeling sal die duiwel nie meer die mens kan verlei nie, en sal hulle nie kan aankla nie) (Openb. 12:10 - "Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Beëlsebul, owerste oor die onreine geeste:

In Luk 11:15, Matt. 12:24 en Mark. 3:22 word Beëlsebul die "owerste" van die duiwels genoem (Matt. 9:24). "Beelsebul" is dus ook o.a. 'n naam wat aan Satan toegeskryf word... (Matt. 12:24,26),en dit verwys na "die god van vuilgoed" (sien eerste opsomming).  In ander woorde, DIE SATAN IS DIE OWERSTE VAN DIE DUIWELS, die "onreine" ("duiwels" hier verwys na bose of onreine geeste) (Mark. 3:22,23 - "En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul (Gr. woord "beh-el-zeb-ool'", 'n naam van Satan)! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit. En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?"). Wat is hierdie "duiwels"?:  - hulle is geeste..., en kan in mense intrek. Woorde wat o.a. in die Skrif gebruik word vir mense wat duiwels in hulle het, is die woorde "duiwel besete" (Matt. 9:32; 15:22; Joh. 10:20/8:49) - wat beteken dat hy 'n duiwel (in hom) het... (Matt. 9:32 is so 'n vb., van iemand wat "van die duiwel besete" was; kyk ook Mark. 9:32; Matt. 15:22). Bose geeste kan in mense ingaan en het 'n invloed op die persoon in wie hulle intrek - daar word o.a. ook na bose geeste verwys as "onrein" (Joh. 10:21), want waar hulle ookal intrek maak hulle die plek ONREIN (besoedel/vuil). Iemand wat 'n bose gees het word verder beskryf as "is onder die mag van die duiwel" (Hand. 10:38). Bose of onreine geeste swerf rond oor die aarde op soek na plek om te rus... (Matt. 12:44,45), en as hulle in iemand ingegaan maar uitgedryf is, probeer hulle weer terugkeer (en neem dan baiemaal nog 'n klomp duiwels saam met hulle)(Luk. 11:24; Matt. 12:45; Mark. 9:25).

Daar is baie bose (of onrein of "ander") geeste, wat terloops somtyds op die naam genoem word in die Skrif, bv.gees van hoerery (Hos. 4:12), stomme gees (Mark. 9:17), 'n gees wat waarse (Lev. 20:27), ens. Hierdie geeste bly nie noodwendig in iemand nie, maar word somtyds geraapleeg (wat natuurlik verbied word!/Deut. 18:10,11). Waar hulle ookal intrek het hulle 'n invloed op die persoon..., bv. in Luk_8:29 het die onreine gees 'n man so sterk gemaak dat hy boeie uitmekaar kon ruk, en het hom somtyds in die woestyn ingedrywe. In Luk_9:42 het die duiwel iemand laat stuiptrekkings kry. In vele voorbeelde sien ons dat die duiwels mense siek gemaak het, bv. Luk. 11:14 het 'n duiwel iemand stom gemaak. Natuurlik, nie oral waar daar in die Skrif verwys word na iemand het sus of so 'n gees..., verwys dit spesifiek na 'n bose gees nie, maar kan bloot 'n beskrywing wees van die toestand van iemand se gees (die mens se gees).  Vir 'n studie oor bose geeste, gaan na:  https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html

Lasteraars en verleiers word somtyds beskryf as "het 'n duiwel (bose gees)"... (bv. hulle het so van Johannes gepraat..., maar natuurlik was hy nie 'n lasteraar en verleier nie/Matt. 11:18;  maar die vb. leer vir ons dat daar lasteraars en verleiers gesien is as mense met bose geeste - het 'n duiwel;  dit is wat die woord duiwel immers beteken, 'n aanklaer en lasteraar). Wat interessant is!, want ons dink gewoonlik dat mense met bose geeste slegs meer uiterlike gebare sal toon, soos mal voorkom of struiptrekkings kry, of wat ookal (wat baiemaal die geval is, maar nie noodwendig nie, want dit hang af wat se gees in iemand ingetrek het).  Dus, dit is duidelik volgens die Skrif dat lasteraars en verleiers gesien is as mense wat bose geeste in hulle het...  Kyk ook die vb in Matt. 9:34 waar sommige Fariseërs Jesus voorgestel het as 'n lasteraar (en Hom beskuldig het dat hy die duiwel uitdryf d.m.v. die owerste van die duiwels). Indirek wil dit voorkom asof hulle Hom beskuldig het dat Hy 'n bose gees het (Joh. 7:20, en vgl. ook met Joh. 8:47-49 waarin sommige Hom aankla as met die duiwel besete) , maar natuurlik was dit nie die waarheid nie, en Jesus was nie die een wat gelaster het nie - liewer was hulle self die lasteraars! In ag geneem dat die duiwel, en dus ook die onreine geeste (wat ook somtyds na verwys word as "duiwels", wat terloops aanklaers of lasteraars beteken) verleiers is, is dit nie onwaarskynlik dat 'n mens wat 'n verlei en laster 'n bose gees in hom het nie...

Waar die Koninkryk van God naby is, het die duiwel nie mag nie: Alhoewel die duiwel mag het oor die duiwels, het hy geen mag waar die Koninkryk van God teenwoordig is nie... Bv., wanneer die Here iemand outoriteit gee om geeste uit te dryf, kan hy hulle gebied om die plek heeltemal te verlaat - en hulle sal en moet luister!, want die persoon het meer mag oor hulle...;  bv., weergeborenes in wie die Heilige Gees is, het hierdie mag (want God is daar dmv Sy Gees!, en in so 'n geval sal die duiwel se mag oor iemand se lewe, gebreek word). God het die algehele mag (en Hy gee daardie mag aan sy dienaars);  dus, al is die Satan owerste (hoof) oor die bose geeste, moet hulle die Here (en Sy diensknegte in wie die Heilige Gees is) gehoorsaam waar hulle ookal gestuur word (1 Sam. 16:14). 

Waar die Heilige Gees teenwoordig is, is die koninkryk van God naby..., in so 'n geval het die duiwel geen mag nie want die Here het algehel mag (Mat 12:28)  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom")   (Mar 16:16,17 - "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek"). Jesus gebruik 'n soort beeldspraak in Matt. 12:29 om hierdie beter verduidelik, bv. dat daardie bose geeste wat uitgedryf word is soos diewe wat geboei en weggeneem word... Die duiwels word nie fisies gebind nie (want as dit die geval was sou hulle nie meer enige iemand kan verlei nie/Openb. 20:2), maar wat dit beteken is dat hulle uitgesmyt word uit daardie spesifieke huis, en wel nie meer daardie persoon kan verlei nie (wat die persoon self aanbetref, is hulle dus soos gebindes), en hulle kan weggestuur word na 'n ander plek (Matt. 8:28-34). In die volgende bedeling (nadat Jesus terggekom het) sal nie net die duiwel gebind wees nie, maar dit wil voorkom of ook die ander duiwels sal na 'n spesifieke plek gestuur sal word (Openb. 18:2). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GEE AAN DIE DUIWEL GEEN PLEK NIE:

Eph_4:27  en gee aan die duiwel geen plek nie.

Eph_6:11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Die wat die wil van die duiwel doen, is "in sy strik gevang"... - kan ook vgl. word met mense wat dronk is en nodig het om nugter te word (2Ti_2:26  en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen). 1Pe_5:8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

Jas_4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------