Wys tans plasings met die etiket wapenrusting van God. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wapenrusting van God. Wys alle plasings

Vrydag 25 Mei 2012

Word sterk in die Here / GEESTELIKE OEFENINGE

Net soos die mens liggaamlike oefening nodig het, so het hy "geestelike oefening" nodig (wat terloops belangriker is as liggaamlike oefening...). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Rol af vir die volgende opsommings:
-  Hoe word ons kragtig/sterk in die Here?
-  Waarna verwys "oefening in die godsaligheid?
-  Wat anders word nog gesien as geestelike oefening?

(vir 'n DAGSTUKKIE oor hoe om kragtig te word in die Here, gaan na:http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-raak-ons-kragtig-in-die-here.html).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE WORD ONS KRAGTIG/STERK IN DIE HERE?

Daar is verskeie maniere wat vir ons geskets word in die Skrif van hoe om kragtig te word in die Here, o.a. om die WAPENRUSTING VAN GOD aan te trek, wat veral nodig is vir die geestelike geveg waarin ons betrokke is. In 'n geveg is klere/wapenrusting beslis tot baie nut (om jouself te beskerm en mee te veg), maar iets anders wat nodig is om voor te berei vir 'n geveg, is liggaamlike oefening... As 'n soldaat se liggaam sterk is kan hy bv. veel langer veg en homself beter beskerm - daaglikse liggaamlike oefening is bv. nie net goed vir voorbereiding vir iets (bv 'n geveg) nie, maar is tot baie ander nut ook vir die liggaam (o.a. laat oefening jou tevrede en helder voel, jy't meer energie, ens.).  HIERDIE IS BAIE DIESELFDE WAT "GEESTELIKE OEFENING" VIR ONS DOEN, BEHALWE DAT DIT GEESTELIK IS... (nie fisies nie), en ons dit eintlik meer nodig het! Geestelike oefening kan ons bv. ook sterk maak, maar in die gees!  (die uitwerking is baie dieselfde as liggaamlik, behalwe dat dit geestelik is, nie fisies nie). Christene wat "geestelike oefening" kry is gewoonlik geestelik sterker, is tevrede mense in die Here (bv. in Sy wil),  "sien en dink" soos die Here (is verlig, wakker, sober), ens. 1 Tim. 4:8 leer dat die (oefening in) godsaligheid, is nuttig vir alles! - hierdie is 'n "all-in-one", want geestelike oefening kan selfs jou fisiese gesondheid versterk;  bv., anders as liggaamlike oefening het geestelike oefening ewigheidswaarde! (1Ti 4:8 leer dat die liggaamlike oefening tot weinig nut is..., maar die godsaligheid is nuttig vir alles - hoekom? Omdat "dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het"). Anders as liggaamlike oefening is dit nie net goed vir die teenwoordige lewe nie, maar ook die toekomende!  

Is daar lewe nadat die mens doodgegaan het?  In ander woorde, liggaamlike oefening beteken nie veel vir die toekomende lewe nie..., maar is slegs tot nut vir die teenwoordige (nie dat dit nie nodig is nie, maar die geestelike is belangriker, want dit is goed vir die teenwoordige sowel die toekomende lewe).  "Geestelike oefeninge" in 1 Tim. 4:8 word beskryf as "DIE GODSALIGHEID"... (in die volgende paragraaf word veral ingekyk op hierdie begrip). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die vorige paragraaf het ons gesien dat geestelike oefeninge veral beskryf word as 
"OEFEN IN DIE GODSALIGHEID", maar kom ons kyk wat dit beteken? 

Om die godsaligheid na te jaag en jou daarin te "oefen", is soos om "geestelike oefening" te kry.  
Die Skrif leer dat dit is:
- NUTTIG VIR ALLES/1 Tim. 4:8; 
- saam met vergenoegdheid 'N GROOT WINS/1 Tim. 6:6; 
- KRAGTIG/2 Tim. 3:5; 
- KENNIS VD WAARHEID wat NA DIE EWIGE LEWE LEI/Tit. 1:1,2. 
Kortom, die "pad van godsaligheid" jkan o.a. beskryf word as KENNIS, en verwys nie na wereldse kennis/wysheid nie, maar na die kennis vd Here - die wat op hierdie pad is, is op pad van die ewige lewe (maw, die kennis vd waarheid en die wat DIE HERE KEN;  bv., glo in Jesus en die waarheid wat Hy gebring het, vertrou op Hom, glo Hom...).  In konteks word Christene in 1 Tim. 4 o.a. aangemoedig om "onheilige en oudwyfse fabels te verwerp" (bv. leringe wat mense verbied om te trou of hulle beveel om hulle te onthou van sekere voedsels... - lees dit gerus in konteks), en hulle liewer te OEFEN IN DIE GODSALIGHEID... - hier sien ons hoe baie klem gele word op hoe ons eerder die kennis van die Here moet soek (bv. vir die nuwe bedeling waarin ons is) en ons nie moet ophou met allerhande leringe nie.Wat ons hieruit kan leer, is dat ons wereldse leringe moet verwerp, en eerder die kennis van die Here moet soek - DIT GAAN OOR BEHOUD VAN LEWE..., nie net vir die toekomende lewe nie, maar ook die teenwoordige, maar wat presies is dit wat mense soek vir langer en beter lewe? Meeste mense is vandag slegs ingestel op die liggaamlike oefening en spesifieke voedsels, maar die waarheid is dat dit (nodig is, maar) tot weinig nut!, tewyl geestelike oefening (bv. oefening in die godsaligheid) nuttig is vir alles (vir beide die teenwoordige sowel die toekomende lewe). Waaraan ons veral ag moet gee, is GEESTELIKE OEFENING en GEESTELIKE KOS ('n GEESTELIKE OEFEN -en DIEETPLAN is belangriker).

Godsaligheid word dus o.a. in hierdie gedeelte beskryf as iets wat nuttig is vir alles, en l.w. "saam met vergenoegdheid" 'n groot wins is (vergenoegdheid is heir die Gr. woord "ow-tar'-ki-ah", wat verwys na tevrede wees, genoeg). Wanneer iemand steeds voel hy bereik niks, al doen hy "geestelike oefening" (leer die Here ken, Sy wil, ens.), dan is dit gewoonlik omdat so iemand nie "vergenoeg" is nie;  bv., hy ken die Here se wil, maar Hy is nie tevrede daarmee nie; hy kry kennis van die Here, maar hy leef steeds volgens hoe hy sien en dink... VERGENOEGDHEID is belangrik vir GEESTELIKE OEFENING. Dit help nie jy "oefen" om die Here te leer ken, maar jy is nie tevrede met Sy wil, of het jou opinie oor wat die waarheid is nie. 

Die oefening in die godsaligheid is goed vir die teenwoordige sowel toekomende lewe (terwyl liggaamlike oefening slegs tot nut vir die teenwoordige) - as jy jou hoop plaas in slegs die teenwoordige, sal jy teleurgestel word (1Tim. 4:8 - "Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het"). 

Die begrip "godsaligheid":
Godsaligheid gaan o.a. oor die evangelie/die waarheid, dat dit belangrik is! (1 Tim. 3:16), bv. redding en heiligmaking ('n afgesonderde lewe vir die Here lei/1 Thess. 3:4-7;  afgesonderd van verbode vrugte en eie wil). "Godsaligheid" verwys o.a. na die woorde vd geloof..., nl. die goeie leer en die gesonde woorde van Jesus Christus (1 Tim. 4:7; 6:3,5), waardeur ons LEWE. As ons ons dan daarin moet oefen, dan verwys dit na oefen in lering, in woorde vd geloof, die evangelie... Net soos mense insig soek in liggaamlike oefening en 'n gesonde dieet, net so het ons insig nodig in die gesonde leer en die evangelie van Jesus Christus. "Godsaligheid" (Gr. woord "yoo-seb'-i-ah", wat verwys na goddelikheid en heiligheid/1 Tim. 3:16) is 'n begrip wat basies beskryf hoe iemand 'n goddelike natuur deur die evangelie en die waarheid verkry (1 Tim. 6:6), wat duidelik NUTTIG IS VIR ALLES (1 Tim. 4:8) en 'n groot wins is as jy daarmee vergenoeg is (1 Tim. 6:6; 2 Tim. 3:5). 1 Tim. leer bv. dat saam met dinge soos geregtigheid, geloof, liefde, lydsaamheid, en sagmoedigheid, is godsaligheid die moeite werk om na te jaag... (1 Tim. 6:11). In ander woorde, dit is die moeite werd om 'n goddellike natuur na te jaag..., wat terloops slegs verkry kan word deur die gesonde leer en evangelie van Jesus Christus. M.a.w., ons moet die waarheid/woorde van geloof/die evangelie/Jesus se gesonde woorde..., najaag - en TEVREDE wees daarmee!, want dit is nuttig vir alles, het ewigheidswaarde, en dit is die manier om heiligheid te verkry. Dit verwys in kort na die wat DIE HERE DIEN. Maar die wat bely hulle glo in Jesus Christus maar nie die waarheid en Sy woorde ernstig opneem nie, is soos mense wat 'n gedaante van godsaligheid het... - hulle kom heilig voor, maar is nie! (hulle word bv. o.a. beskryf as mense wat altyd leer maar nooit tot kennis vd waarheid kom nie/2 Tim. 3:5)(kyk 2Ti_3:5  "mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af"- in konteks vewys mense wat net 'n "gedaante van godsaligheid het" na mense wat liefhebbers van hulleself is/hulle dien hulself, bv. grootpraters en trotsaards -  en word o.a. ook beskryf as mense wat nie tevrede is nie, ( is bv. geldgierig). Dit is hoe ons onderskei tussen wie godsaligheid het, en wie net 'n gedaante daarvan het - mense wat die godsaligheid najaag is baie besorg oor die waarheid en die ware evangelie, en staan terloops nie in die pad van die wat die waarheid verkondig nie (is mense wat vergenoegd is en die Here gehoorsaam, want hulle dien Hom, nie hulleself nie). Die godsaligheid is iets wat moet nagejaag word - ons moet onsself daarin OEFEN (1 Tim. 4:7,8)(moet oefen om die kennis van die Here te kry en dit te leef). 

Kom ons kyk na nog skrifte waarin die woord "godsaligheid" voorkom, en waarna dit elke keer verwys in konteks:
1Ti_3:16  En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid (Gr. woord "yoo-seb'-i-ah", wat o.a. verwys na heiligheid/afgesonder - godsaligheid) is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid. (verwys na die evangelie)
1Ti_4:7  Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid. (verwys na die woorde vd geloof en die goeie leer)
1Ti_4:8  Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het. (nuttig vir alles)
1Ti_6:3  As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, (die leer volgens die godsaligheid)
1Ti_6:5  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense. (die leer vd godsaligheid wat o.a. verwys na die gesonde woorde van Jesus Christus)
1Ti_6:6  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins. (evangelie en waarheid is voldoende)
1Ti_6:11  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. (1Ti 6:12)  Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. (godsaligheid, en baie ander dinge hier genoem, moet nagejaag word)
Tit_1:1  Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is(Tit 1:2)  in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het, (die evangelie)
Christene wat nie Jesus se woorde ernstig opneem nie (maar bv. self besluit wat is reg en verkeerd), is nie besig om hulle in die kennis van die waarheid te OEFEN nie (hulle bly soek en soek, bv. vir kennis wat hulle in die gehoor streel - het 'n gedaante van godsaligheid). Christene wat ander bv. gelowe raadpleeg (en deelneem aan ander geloofspraktyke) is nie besig om hulle in die evangelie en gesonde leer te oefen nie (of is nie tevrede met die Here se wil en woorde nie).   

OEFENING in die godsaligheid gaan oor om heiligmaking na te jaag en om jou hoop in die evangelie en Jesus se woorde te plaas:
Die begrip "godsaligheid" verwys na hoop op LEWE - saligheid/redding/goddellike natuur... - soos dat ons in 'n WEDLOOP is waarin ons verwag om saligheid eendag volkome te verkry (nl. die belofte wat deur hierdie evangelie beskryf word).  Anders as liggaamlike oefening verwys hierdie "oefening in godsaligheid" nie na werke (bv. om saligheid te verkry nie) nie, maar eerder na "diensbaarheid aan die Here" (omdat ons die belofte van saligheid alreeds in Hom het - sien "die evangelie")(maw dit verwys veral na geloof in die waarheid en om die wil vd Here te doen). Dit is die verskil tussen die een wat ag gee op die pad van godsaligheid en die een wat slegs 'n gedaante het daarvan, is die feit dat die eerste groep DIE HERE DIEN (Hom gehoorsaam, vertrou, en vergenoeg is in Hom), maar die tweede groep DIEN HULLESELF (2 Tim. 3). Die eerste groep soek die Here se wil, die tweede groep soek hulle eie wil. 

Wanneer Paulus die stelling maak dat ons ons moet oefen in die godsaligheid, dan is dit in konteks met hoe hy sy liggaam sien soos 'n vyand teen wie hy te staan kom... (jy moet jou liggaam kasty om die wil van die Here te doen, versoekinge te weerstaan, gedagtes te verander, ens. - jaag Sy waarheid na, en vertrou dat Sy wil genoeg is)(vir nog 'n studie oor die tema van godsaligheid, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/10/die-godsaligheid.html). Nie alle kinders vd Koninkryk wat deelneem aan hierdie wedloop, sal eendag "opstaan tot lewe" nie (Joh. 5:29)(1Kor. 9:24 - "Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie"). In konteks 1 Kor. 9 word hulle bv. beveel "om NIE begerig te wees na die slegte dinge nie", om "NIE afgode te aanbid of geestelik te hoereer nie", "om NIE die Here te versoek nie", en om "NIE te murmureer nie"... - in ander woorde, om die godsaligheid na te jaag beteken die teenoorgestelde van hierdie dinge; bv., moet die Here alleen aanbid en raadpleeg / moet die regte dinge begeer / vertrou die Here / wees tevrede..ens.)(1Tim. 6:6). Hierdie is o.a. 'n invloed van geestelike oefening (nl. "oefen in godsaligheid"), is dat iemand meer tevrede is. Net soos liggaamlike oefening 'n invloed op ons liggame het sodat ons TEVREDE voel, op dieselfde wyse maak geestelike oefening ons geeste tevrede. Oefening in die godsaligheid kan dus miskien o.a beskryf word as HART- of GELOOF OEFENINGE - dit gaan bv. oor wat jy begeer (ons moet die regte dinge begeer), en of jy jou denke verander tot gehoorsaamheid aan Christusom die Here te vertrou en tevrede te wees met Sy wil.  Volgens 2 Pet. 2:14 verwys die wat vals is o.a. na mense is wat "hulle hart geoefen het in hebsug"... (2Pe 2:14). Die vraag is, watter soort oefening gee jy jou hart? (wat begeer jy?, wat dink jy?). Ons sien dus hoe belangrik dit is dat jy jou hart oefen om die regte dinge te begeer, om die Here te vertrou, om jou gedagtes te verander tot gehoorsaamheid aan Christus (en dit sal jou gees ook tevrede maak!). Mense wat geestelike oefening doen, het baie meer sekerheid. Om meer te verstaan waaroor geestelike "hart- en geloofoefeninge" gaan, kan daar ingekyk word op die volgende temas (https://warechristene.blogspot.com/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html)(https://warechristene.blogspot.com/2012/04/god-weet-wat-jy-dink.html)(https://warechristene.blogspot.com/2013/09/versoeking-3-jy-mag-die-here-jou-god.html).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT ANDERS IS DAAR WAT NOG GESIEN KAN WORD AS GEESTELIKE OEFENINGE IN DIE SKRIF?
Ons het alreeds gesien dat geestelike oefening net so belangrik soos liggaamlike oefening - en is eintlik meer belangrik! (want dit het ewigheidswaarde). In die vorige paragrawe het ons ook gesien dat dit veral beskryf word deur die term "die godsaligheid". Kom ons kyk of daar enige iets anders is wat ook in die Skrif gesien kan word as geestelike oefening.

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde in die Skrif wat vir ons lig werp hierop:

- Net soos jy jou liggaam kasty wanneer jy liggaamlike oefeninge doen/diensbaar maak, net so moet jy jou liggaam kasty vir geestelike oefeninge om dit diensbaar te maak aan die Here. 1 Kor. 10 leer dat die Christen wat nie sy eie liggaam kasty en diensbaar maak nie, is soos iemand wat in die lug slaan! Die wat deur die Gees lewe/die Heilige Gees gehoorsaam, is besig om hulle liggame te kasty en diensbaar aan die Here (se wil) te maak (Rom 8:13,15 - "want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God")(geestelike mense is onder die wet van Jesus Christus en "onder die Gees"). In ander woorde, geestelike oefening in hierdie konteks verwys na "die wil van die Here doen" - gees ag op Sy woorde en luister na die Heilige Gees.

- Ons moet ons geestelik oefen oor "om 'n rein gewete te hê". Vgl. hierdie tema gerus met Paulus se woorde in Hand. 24:15,16 - ("en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges. Daarom OEFEN ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê"). Ons moet God in 'n REIN GEWETE dien...(2 Tim. 1:3; 1 Tim. 1:5) - en moet voor mense kan staan met 'n rein gewete. (https://warechristene.blogspot.com/2016/09/rein-skrifgedeeltes-en-betekenis.html)

- Geestelike oefening help dat iemand op die regte weg bly, of terugkom op die weg: (Spr. 22:6 - "Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie"). Bv., sondagskool of familie bybelstudie is belangrik vir Christelike kinders - alhoewel dit nie altyd vir hulle lekker is nie en miskien te veel voel (veral omdat die publieke alreeds soveel krag van hulle tap), is die geestelike lering belangriker omdat dit ewigheidswaarde het.

Om die Here se tugtiging te verdra:  (Heb 12:11-13 - "Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word"). Om die Here se tugtiging te verdra word ook gesien as geestelike oefening (en die vrug daarvan is geregtigheid!). Vgl. dit met (Hos 7:15a - "Alhoewel Ek hulle arms geoefen (Hebr. woord "yaw-sar'", wat o.a. kan beteken tugtig of leer) versterk het, .............") - die Here se tugtiging en lering maak jou STERK. 

- Geestelike oefeninge om te onderskei tussen goed en kwaad: Net soos liggaamlike oefeninge gewoonlik gepaardgaan met 'n goeie dieet, net so is GEESTELIKE KOS EN WATER belangrik wanneer dit kom by GEESTELIKE OEFENING. Sekere oefeninge (bv. om spiere te bou) dra ook slegs vrug wanneer dit gereeld geskied vir 'n lang tyd - dit is dieselfde met geestelike oefeninge...;  bv., om te kan onderskei tussen goed en kwaad kos "geestelike groei" (en vir geestelike groei het jy geestelike kos en water nodig)(Heb 5:12-14 - "Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei") - geestelike groei is belangrik voor iemand by die "volwasse"-stadium van Christenskap kom (kinders kan bv. nog nie onderskei nie en het lering en ondervinding nodig... - dit is waarom ouers vir hulle hul besluite neem). Daar is m.a.w. geestelike groei nodig voor iemand self kan kom by die stadium waar hy kan onderskei tussen goed en kwaad  (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2021/03/die-geestelike-mens-as-baba-en-kind.html). In ander woorde, GEESTELIKE GROEI (waarvoor geestelike kos en water nodig is) kan ook soos "geestelike oefening" gesien word. Om meer te verstaan waaroor "geestelike groei-oefeninge" gaan, kan ingekyk word op die volgende onderwerpe: (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html)(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/01/wanneer-is-iemand-regtig-volwasse.html).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------