Wys tans plasings met die etiket versoeking. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket versoeking. Wys alle plasings

Vrydag 11 Augustus 2017

Die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom

In die brief aan die gemeente van Filadelfía (Openb. 3:7-13) het Christus 'n interessante verklaring gemaak waarin Hy verwys na 'n tyd wat oor die hele wêreld sal kom, genoem:
"die uur van beproewing".
Om te verstaan wat met hierdie "uur van beproewing" bedoel word, moet ons gaan kyk na
wat die doel is daarvan,
en wie presies nou eintlik deur dit sal gaan.  
_________________________________________________________________________________

-  Wat is die doel van hierdie "uur van beproewing"?
Vir die antwoord hierop kan ons kyk na Openb. 3:10:  -"Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel".
- Maar natuurlik soos ons ook sien in hiedie gedeelte, sal nie almal sal op OP DIE PROEF GESTEL word nie!  Daar is 'n groep mense wat dit sal vryspring...(Openb. 3:10);  alhoewel die woorde "bewaar" in die uur van beproewing gebruik word, wat nie noodwendig beteken dat hulle dit sal vryspring nie, maar eerder kan beteken dat Hy hulle sal bewaar in hierdie tyd soos hulle bv. Sy woord "bewaar" (vashou/oppas).

Die woorde "uur van beproewing" verwys na 'n tyd van VERSOEKING.  Om die tema van "op die proef stel" beter te verstaan, moet ons gaan kyk na die tema van "versoeking" - bestudeer gerus die blogpos getiteld "Versoeking/Beproewing" - (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html). Versoeking gaan oor "om op die proef te stel".  Wanneer iemand nie die versoeking of beproewing deurstaan nie, "val hy af"!  Deur versoeking kan presies gesien word wat in iemand se hart aangaan. Dit is m.a.w. die toestand van elkeen se hart wat bepaal OF HULLE VERSOEKING KAN DEURSTAAN. Niemand van ons wil versoek word nie, want ons weet maar te goed dat daar baie dinge in ons harte is waaraan ons werk op die pad van godsaligheid (en terloops het Christus vir ons geleer dat ons moet bid dat ons nie versoek word nie). Die skrif leer bv. vir ons dat iemand deur sy eie begeerlikhede weggesleep en verlok word...  Christus het ook baie gepraat oor dit wat in die hart aangaan en o.a. verklaar dat dit dinge is wat uit die hart uit kom, wat iemand onrein maak (Matt. 15:18). Die tema vd "besnydenis van die hart", was nog altyd baie belangrik in beide die ou, en veral die nuwe testament!  Die gelowige wat AFVALlig word van God, is die met 'n bose en ongelowige hart (Hebr. 3:12) - vgl. dit gerus met die tyd van "AFVAL" waarvan gepraat word in 2 Thess. 2:3, wat net voor en/of rondom dieselfde tyd sal afspeel wanneer die mens van sonde of seun van verderf geopenbaar word! (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/08/want-eers-moet-die-afval-kom.html). Ons kan dus aflei, en dit wil dus voorkom, of hierdie "UUR VAN BEPROEWING" miskien te doen het met die AFVAL waarna verwys word in 2 Thess. 2:3.  Die wat in daardie tyd VERSOEK/BEPROEF word, sal getoets word, en hulle harte sal bepaal of hulle AFVALLIG word of nie... Natuurlik hou dit verband met verdrukking en vervolging vir die wat VASSTAAN, maar baie gelowiges sal val vir valse christusse en profete (en valse leerstellings), en "AFVAL" in hierdie uur van beproewing (versoeking) (2 Pet. 2:1; Matt. 24:24).

- Sommige wat bely dat hulle gelowig is het bose of ongelowige harte, wat veroorsaak dat hulle afval in tye van beproewing - 'n goeie vb. word gegee in die gelykenis van die saaier, waarin Christus verklaar wat gebeur met die Christen met 'n ongelowige hart, en Hy verklaar dat dit die is wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor, maar net vir 'n tyd glo! (Luk. 8:13) - EN LET WEL DIE WOORDE WAT HY DAAR GEBRUIK: ".....en in die tyd van versoeking val hulle af (v.13c)".
- 'n Vb. van 'n bose hart, is bv. die van Simon in Hand. 8:13-23 (en gaan hier oor waar iemand dit - in hierdie vb. "krag" - wat die Here gee, wil gebruik vir eie gewin!). Vgl. dit ook met wat die Skrif vir ons leer oor die laaste dae in 2 Tim. 3:1-9 en Jak. 5:3.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEBED kan help dat ons NIE in versoeking kom nie - (Luk 11:4b - ".....en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose"). Christus het vir ons hierdie waarheid geleer.  Gebed kan ons beskerm teen versoeking - kyk na die vb. in Luk. 22:46 en Mark. 14:38 (voor Christus gevange geneem is), hoe Hy die dissipels aangemoedig het om "TE BID"! Hoekom?  -dat hulle nie in VERSOEKING kom nie  (Mar 14:38 - "Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Dit beteken egter nie dat die wat wel tyd in gebed spandeer nooit versoek sal word nie, maar wat dit beteken is dat die wat wel tyd in gebed spandeer, die krag sal he om versoeking te deurstaan (soos Christus versoek is in die woestyn), en gebed kan ook help dat iemand glad nie in versoeking kom nie! Die wat tyd in gebed spandeer, verkry krag en wysheid om ten spyte van versoeking VAS TE STAAN.  Ons weet goed dat die Here ons harte en denke verander wanneer ons in Hom bly, en ons krag gee vir wat ons moet doen (Joh 15:5 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie"). Christus het elke versoeking deurstaan, ook wanneer sommige uit die Fariseers en Sadduseers Hom probeer versoek het deur woorde (met die doel dat hulle Hom wou "laat val"), en telkens het Hy die krag gehad om vas te staan en die wysheid om hulle terug te antwoord (Matt. 16:1; 19:3; 22:19,35).  Die probleem met "versoeking" (of beproewing) is dat dit iemand kan "laat val" ("AFVAL"). Gelowiges word nooit bo hulle kragte versoek nie (m.a.w., die Here laat nooit toe dat hulle bo hulle kragte versoek word nie!)(1 Kor. 10:13 - "Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra"), maar ons moet verstaan dat dit die begeerlikhede van die hart is wat kan veroorsaak dat iemand verlok en versoek word... en des te meer hoe belangrik gebed is en om ons denke te vernuwe en ons gedagtes te plaas op die dinge daarbo.  Let ook op die konteks van 1 Kor. 10:13 - kyk veral na verse 6 en 14: (1Kor. 10:6 - "En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie).  Die manier hoe die gelowige hom/haarself beskerm teen versoeking, is deur gebed, en deur om ag te gee op die pad van godsaligheid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kyk ons weer na die gemeente van Filadelfía, dan is daar sekere gelowiges daar aan wie Christus belowe dat hulle NIE soos die res van die wereld beproef sal word in die "uur van beproewing" nie (Openb. 3:8,10,11) - nie dat Hy die beproewing bring nie (Jak. 1:13), maar Hy sal hulle beslis daarteen beskerm, of hulle in hierdie tyd BEWAAR (oppas). In daardie sin het Hy vir hulle 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie!  Hy sal m.a.w. nie toelaat dat hulle in daardie spesieke "uur" versoek word soos die ander nie, sodat hulle geen rede kry om AF te VAL nie;  of andersins beteken dit dat Hy hulle die krag sal gee om die versoeking te verdra (en hulle op daardie manier bewaar).  Dit beteken egter nie dat hulle geen verdrukking ly nie!, want dit is tog duidelik dat hierdie gemeente weet wat dit is om te ly en ten spyte van verdrukking Sy woord bewaar het en Sy Naam nie verloën het nie!  "Beproewing" beteken nie "verdrukking" nie (alhoewel beproewing kan lei daartoe dat iemand verdruk word - d.w.s., die een wat nie AFVAL weens beproewing nie...).

Maar hierdie belofte om die uur van beproewing, hetsy vry te spring of bewaar te word midde dit, word slegs aan sekere Christene gemaak;  en nee, hierdie verwys NIE na wegraping voor die groot verdrukking soos sommige leer nie!  As ons verstaan wat presies met "verdrukking" bedoel word, dan sal ons verstaan dat geen Christen gevrywaar is van verdrukking en vervolging nie.  (Joh 15:20 - "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar").  Dit is ook interessant om te sien dat waar daar van "die afval" gepraat word in 2 Thess. 2:1-3, die KONTEKS van daardie skrif gaan oor hoe die Here vir hulle verligting sal gee wanneer Hy terugkom....- verligting van wat?  -van VERDRUKKING!  Die feit dat die Here sal toelaat dat sommige die "uur van beproewing" vryspring, beteken nie dat hulle nie verdruk sal word nie, maar wat dit beteken is dat hulle nie op daardie manier VERSOEK / BEPROEF sal word wat kan veroorsaak dat hulle afval en die deur vir hulle gesluit word nie.  En as Hy toelaat dat hulle op ander maniere versoek word, dan sal Hy vir hulle die uitkoms gee... (1 Kor. 10:13)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk wie dit is aan wie die Here Jesus hierdie belofte gemaak het (dat hulle nie deur die uur van beproewing sal gaan nie):

-  die met min krag (m.a.w., hulle sal nie bo hulle kragte versoek word nie!);

-  die wie Sy woord bewaar (bv., die wat hulle nie wend tot afgodsdiens nie-Deut. 33:9/Eks. 32:25-29; en die wat hulle voete terughou vd verkeerde pad, m.a.w. "ag gee op die godsaligheid"-Ps. 119:101; en die wat die waarheid bewaar en dit nie verdraai of verander om te wees "die oorlewering van mense" nie-Mark. 7:13; en die wat die woord ter harte neem-Luk. 11:27-30; en die wat glo in Christus Jesus, dat Hy die Seun van God is en glo in die waarheid wat Hy gebring het-Joh. 8:46-51 en 17:6-8; en die wat Christus Jesus KEN en Sy gebooie bewaar-Joh. 14:21-23 en 1 Joh. 2:3-5; en die wat die waarheid wat die dienskneg van die Here bring, ontvang-Joh. 15:20);

-  die wat nie Sy Naam verloën nie (m.a.w., die wat die Here vrees eerder as wat hulle vrees dat hulle doodgemaak word-Matt. 10:28-33;  en die wat bereid is om hulle lewens te verloor ter wille van die koninkryk-Matt. 16:24,25; en die wie se werke wys dat hulle die Here KEN-Tit. 1:16; en die wat nie Sy waarheid verloen nie-2 Pet. 2:1 en Jud. 1:4);

-  die wat die woord van Sy lydsaamheid bewaar (m.a.w., die hoop wat deur lydsaamheid kom-Rom. 5:4 en 15:4 - wat l.w., "deur verdrukking kom"!-Rom. 5:3; en om die goeie stryd van die geloof te stry deur ag te gee op die pad van godsaligheid en vergenoeg te wees, m.a.w. om eerder die wil van die Here te doen wat beteken dat ons lyding moet verdra...-2 Thess. 3:5 en 1 Tim. 6:11 en 2 Tim. 3:10 en Tit. 2:2 en Hebr. 10:36 en Jak. 1:1-5;  en dus "hulle wat VERDRA-Jak. 5:11; 2 Pet. 1:6; Openb. 2:3; Openb. 2:19; en die wat lyding verdra ter wille van die woord, selfs tot die dood-Openb. 13:10; 14:12);

-  die wat VASHOU! (m.a.w. die wat vashou aan die Here se wysheid, nie wereldse wysheid nie-Spr. 3:18 en Openb. 2:14,15; en die wie Sy woorde vashou, m.a.w. Sy gebooie onderhou-Spr. 4:4; en die wat aan die Here vashou deur Hom te vrees-Ecc. 7:18; en die wat vashou aan reg en geregtigheid en aan Sy verbond -Jes. 56:1,2,4 en Dan. 11:32; en die wat vashou aan die waarheid en Christus se leringe, nie die wat vashou aan menslike leringe nie-Mark. 7:3 en 1 Kor. 11:2; en die wat vashou aan die evangelie en die geloof in Christus Jesus, die belydenis van hoop, en 'n goeie gewete-1 Kor. 15:2 en Fil. 2:16 en Kol. 2:19 en 1 Tim. 1:19 en Tit. 1:9 en Hebr. 3:6,14 en 4:14 en 10:23).
_________________________________________________________________________________

(Jak. 1:2)  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
(Jak. 1:3)  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
(Jak. 1:4)  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
(Jak. 1:5)  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Donderdag 12 September 2013

Versoeking (3) - "Jy mag die Here jou God nie versoek nie"

Vir die eerste 2 dele oor die tema van "versoeking", gaan na:
========================================================================



IN HIERDIE GEDEELTE GAAN ONS SPESIFIEK KYK NA 
WAAR IEMAND die Here probeer versoek ("to test" or "try").  In die vorige twee blogposts het ons gesien dat alhoewel God "versoeking" toelaat, Hy niemand versoek nie. Ons wil ook nie graag versoek (beproef) word nie (want dan kan ons faal en dit is moeilik om daardeur te gaan); Jesus het ook vir ons geleer om die Vader te vra, "lei ons nie in die versoeking nie...".  "Om vleeslike begeertes te koester" kan gevaarlik wees, want deur dit kan ons onsself in versoeking lei/veroorsaak dat ons versoek word.  Versoeking gaan egter nie net oor "om deur die kwaad versoek te word" nie (om te toets of die persoon sal toegee aan sy begeertes nie), maar iemand se geloof word ook somtyds getoets, soos in die geval van Job. 

"Om die Here te versoek", beteken nie "om deur die kwaad versoek te word" nie, want God kan nie deur die kwaad versoek word nie, maar in alle gevalle van versoeking, gaan dit oor om die ander se motiewe te toets.  Ook wanneer iemand die Here versoek, gaan dit oor "om Sy motiewe te toets" - in die geval van die gelowige wat die Here versoek, toets hy of die Here regtig vir hom omgee; toets hy of Hy hom sal vergewe as hy nie Sy wil doen nie; toets hy of die Here tevrede sal wees met bloot offers, in plaas van barmhartigheid; toets hy of die Here Sy beloftes sal hou, al doen/begeer die persoon nie Sy wil nie. In die geval van die ongelowige wat die Here versoek (en ook die geval by sommige "gelowiges"!), toets hy die Here se outoriteit, en staan hy die waarheid tee.
=================================================================================

 (Mat 4:5)  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan (Mat 4:6)  en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.

(Mat 4:7)  Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.


In die skrifte waarna ons spes. gaan kyk hieronder, is die betekenis van die woord "versoek", om te toets ("to test" or "try").  
=================================================================================


OPSOMMING:

(Rol af vir skrifgedeeltes)



Wat beteken dit as iemand "die Here versoek"?


-  (1) wanneer iemand kla oor die Here;  ontevrede is oor sy omstandighede en nie die Here vertrou nie (SOOS DIE VB. V/D VOLK IN DIE WOESTYN - 1 Kor. 10:1-12; Hebr. 3:7-13; Eks. 17:2-7; Num. 14:22,23; Deut. 6:16; Ps. 78:19-22...) - (ongeloof;  hy plaas nie sy vertroue in die Here nie, m.a.w. waar iemand twyfel, die Here verag, nie na Sy stem luister nie, in sonde stap, wederstrewigheid - ontevrede, kla, verbitterd, begerig...vra volgens hulle sin, praat teen die Here - vertrou nie op die Here se hulp nie) (vergeet Sy werke, en hou nie Sy getuienis nie)(afgunstig teenoor die wat tevrede is).  Sekeres van die volk in die woestyn het bv. woorde gebruik soos "is die Here in ons midde of nie?";  die oomblik wat dinge nie so goed verloop het nie, het hulle God bevraagteken en Hom getoets, gemaak asof Hy nie vir hulle omgee nie; - hulle oe was nie op die Here nie, maar op hulle omstandighede; - hulle denke op die wereldse en hulle het nie regtig die Here vertrou nie. IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE SE LIEFDE VIR HOM, TOG VERTROU HYSELF NIE DIE HERE NIE.

-  (2) wanneer iemand weier om te erken dat die Here in beheer is (SOOS IN DIE GEVAL WAAR DIE  Fariseërs en Sadduseërs JESUS VERSOEK HET DEUR TE VRA VIR 'N TEKEN - Matt. 16:1-4; Matt. 12:40-42; Luk. 11:14-28) (waar iemand die Here versoek vir 'n teken a.g.v. ongeloof/m.a.w. geen vertroue in die Here nie)(waar iemand wil bewyse inbring teen die Here)(waar iemand self in beheer wil wees). IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE SE OUTORITEIT met die motiewe om te probeer bewys dat die Here nie in beheer is nie of omdat hyself in beheer wil wees.
  
-  (3) wanneer iemand die waarheid teestaan - menslike wysheid (SOOS IN DIE GEVAL WAAR DIE FARISEERS RAAD GEHOU HET OM JESUS IN SY WOORDE TE VERSTRIK - Matt. 22:15-22; 19:3-6; Luk. 10:25-42; Joh. 8:1-11)  (wanneer iemand probeer om die Here in Sy woord te verstrik)(vergader leermeesters wat hulle in hulle gehoor streel, en bevraagteken die waarheid) (waar iemand nie die waarheid liefhet nie)(sommige ongelowige Fariseers en wetgeleerdes het Jesus getoets en probeer om Hom 'n strik te stel om Hom te beoordeel op Sy woorde). IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE WAARHEID, met die motiewe om te bewys dat sy eie sieninge reg is.

-  (4) wanneer 'n gelowige, nadat die Heilige Gees hom oortuig van sonde, voortstap in sonde sonder om dit af te le (SOOS IN DIE GEVAL WAAR ANANIAS EN SAFFIRA DIE HEILIGE GEES VERSOEK HET - Han. 5:1-11) (waar iemand weier om aanhoudende sonde neer te le - op die manier versoek (test) hy die Here deur te dink dat hy kan wegkom daarmee.  IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND OF HY KAN WEGKOM MET "SY EIE WIL DOEN".  

-  (5) wanneer iemand "offers" belangriker ag as barmhartigheid (SOOS IN DIE GEVAL WAAR SOMMIGE FARISEERS WAT GELOWIG GERAAK HET, GOD VERSOEK HET DEUR 'N JUK OP DIE DISSIPELS TE LE - Hand. 15:5-11) (waar wette belangriker as barmhartigheid)(waar iemand nalaat om die Here lief te he  en sy naaste soos homself - eerste twee gebooie - , maar gee meer aandag aan wat is "reg of verkeerd" (wette) en "goed doen" (in plaas van om die Here se wil te soek, Hom te ken...) IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE DEUR SY GUNS TE PROBEER KRY DEUR WETTE OF "GOED DOEN", IN PLAAS VAN OM SY WIL TE DOEN.

-  (6)  wanneer iemand die Here se beloftes gebruik vir eie gewin, in plaas van om die wil van die Vader te soek (SOOS IN DIE GEVAL WAAR DIE DUIWEL VAN JESUS VERWAG HET OM DIE VADER TE VERSOEK - Matt. 4:5-7) (waar iemand die Here herinner aan Sy beloftes, nie beweeg deur die wil van die Vader nie, maar beweeg deur eie gewin)(waar iemand God se beloftes gebruik om hulle eie begeertes te bevredig) IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE OM TE SIEN OF HY SY BELOFTES SAL NAKOM, TEN SPYTE VAN OF DIE PERSOON SY WIL DOEN/BEGEER.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFGEDEELTES VIR BG. OPSOMMING:

(1)
 In die eerste gemeentes was die gelowiges gewaarsku dat hulle nie dieselfde moes doen soos die volk in die woestyn, wat God versoek het nie. 


(1Kor. 10:1)  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het,
(1Kor. 10:2)  en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,
(1Kor. 10:3)  en almal dieselfde geestelike spys geëet het,
(1Kor. 10:4)  en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.
(1Kor. 10:5)  Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.
(1Kor. 10:6)  En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.
(1Kor. 10:7)  En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.
(1Kor. 10:8)  En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.
(1Kor. 10:9)  En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.
(1Kor. 10:10)  En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.
(1Kor. 10:11)  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
(1Kor. 10:12)  Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
---------------------------------------------------------------------
(Heb 3:7)  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,
(Heb 3:8)  verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,
(Heb 3:9)  waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.
(Heb 3:10)  Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie,
(Heb 3:11)  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
(Heb 3:12)  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.
(Heb 3:13)  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.
-----------------------------------------------------------------
(Eks. 17:2)  Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE?
...........................(Eks. 17:7)  en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?
-------------------------------------------------------
(Num 14:22)  al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al tien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie,
(Num 14:23)  hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ‘n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.
--------------------------------------------------------
(Deu 6:16)  Julle mag die HERE julle God nie versoek soos julle Hom by Massa versoek het nie.
-----------------------------------------------------
(Psa 78:17)  Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land.
(Psa 78:18)  En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin.
(Psa 78:19)  En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God ‘n tafel kan dek in die woestyn?
(Psa 78:20)  Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het—sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?
(Psa 78:21)  Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en ‘n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel;
(Psa 78:22)  omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.
--------------------------------------------------------
(Psa 78:56)  Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie.
(Psa 78:57)  En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos ‘n bedrieglike boog.
(Psa 78:58)  En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek.
(Psa 78:59)  God het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp.
---------------------------------------------
(Psa 95:8)  Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;
(Psa 95:9)  waar julle vaders My versoek hetMy beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.
(Psa 95:10)  Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;
(Psa 95:11)  sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!
----------------------------------------
(Psa 106:10)  En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand.
(Psa 106:11)  En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie.
(Psa 106:12)  Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.
(Psa 106:13)  Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.
(Psa 106:14)  En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.
(Psa 106:15)  Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel ‘n maerte gestuur.
(Psa 106:16)  En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die HERE.
(Psa 106:17)  Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Abíram oordek.
=================================================================================
(2)
(Mat 16:1)  En die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle ‘n teken uit die hemel te laat sien.
(Mat 16:2)  Maar Hy antwoord en sê vir hulle: In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi.
(Mat 16:3)  En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?
(Mat 16:4)  ‘n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet. En Hy het hulle verlaat en weggegaan.

(Mat 12:40)  Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.
(Mat 12:41)  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!
(Mat 12:42)  Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!


(Luk 11:14)  En Hy het ‘n duiwel uitgedryf, en dié was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder.
(Luk 11:15)  Maar sommige van hulle sê: Deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit.
(Luk 11:16)  En ander het Hom versoek en van Hom ‘n teken uit die hemel begeer.
(Luk 11:17)  Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ‘n huis wat teen homself is, val.
(Luk 11:18)  En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf.
(Luk 11:19)  En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.
(Luk 11:20)  Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.
(Luk 11:21)  Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.
(Luk 11:22)  Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.
(Luk 11:23)  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
(Luk 11:24)  Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.
(Luk 11:25)  En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.
(Luk 11:26)  Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
(Luk 11:27)  En terwyl Hy dit spreek, het ‘n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het.
(Luk 11:28)  En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.

=================================================================================
(3)
(Mat 22:15)  Toe gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te verstrik.
(Mat 22:16)  En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie—
(Mat 22:17)  sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?
(Mat 22:18)  Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê:
(Mat 22:19)  Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt. En hulle het vir Hom ‘n penning gebring.
(Mat 22:20)  En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?
(Mat 22:21)  Hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
(Mat 22:22)  En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.


(Mat 19:3)  Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit ‘n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?
(Mat 19:4)  En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,
(Mat 19:5)  en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;
(Mat 19:6)  sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.


(Luk 10:25)  En daar het ‘n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
(Luk 10:26)  En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?
(Luk 10:27)  En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
(Luk 10:28)  Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.
(Luk 10:29)  Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?
(Luk 10:30)  En Jesus antwoord en sê: ‘n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.
(Luk 10:31)  En bygeval het ‘n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.
(Luk 10:32)  En net so het ook ‘n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.
(Luk 10:33)  Maar ‘n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,
(Luk 10:34)  en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ‘n herberg geneem en vir hom gesorg.
(Luk 10:35)  En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.
(Luk 10:36)  Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
(Luk 10:37)  En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.
(Luk 10:38)  En op hulle reis het Hy in ‘n sekere dorp gekom, en ‘n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.
(Luk 10:39)  En sy het ‘n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.
(Luk 10:40)  Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.
(Luk 10:41)  Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;
(Luk 10:42)  maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

(Joh 8:1)  Maar Jesus het na die Olyfberg gegaan.
(Joh 8:2)  En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer.
(Joh 8:3)  En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ‘n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.
(Joh 8:4)  En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ‘n daad van egbreuk betrap;
(Joh 8:5)  en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?
(Joh 8:6)  En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.
(Joh 8:7)  Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi.
(Joh 8:8)  En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.
(Joh 8:9)  En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.
(Joh 8:10)  En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?
(Joh 8:11)  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
=================================================================================
(4)
(Hand. 5:1)  Maar ‘n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra ‘n eiendom verkoop,
(Hand. 5:2)  en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ‘n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
(Hand. 5:3)  Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
(Hand. 5:4)  As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.
(Hand. 5:5)  En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en ‘n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.
(Hand. 5:6)  Daarna het die jongmanne opgestaan en hom toegedraai en uitgedra en begrawe.
(Hand. 5:7)  En ná verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het.
(Hand. 5:8)  En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel.
(Hand. 5:9)  En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.
(Hand. 5:10)  Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe.
(Hand. 5:11)  En ‘n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.

ANANIAS EN SAFFIRA HET GEDINK DAT HULLE KAN WEGKOM DAARMEE.  HULLE WEET DAT GOD ALLES WEES EN DAT HULLE NIE VIR HOM KAN LIEG NIE, MAAR HULLE HET DIT NOGMAALS PROBEER - DIE HERE GE"TEST" OM TE SIEN WAT GAAN GEBEUR.  Wanneer iemand in opsetlike sonde stap, versoek hy die Here, versoek hy die Heilige Gees, deur te dink hy kan moontlik wegkom daarmee, net soos Ananias en Saffira.  God laat nie met Hom speel nie - wat jy saai, sal jy maai. So iemand mag dink dat niemand anders weet nie, maar die Here weet en niemand kan vir Hom lieg nie.  Soos 'n stout kind wat sy ouers versoek deur verkeerd te doen en hulle reaksie te toets, so versoek iemand die Here wanneer hy toets of hy kan wegkom met 'n sonde -  versoek hy die Heilige Gees (wat hom oortuig van sonde), wanneer hy opsetlik voortstap in sonde. 
=================================================================================
(5)
(Hand. 15:5)  Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.
(Act 15:6)  En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.
(Hand. 15:7)  En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.
(Hand. 15:8)  En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.
(Hand. 15:9)  En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.
(Hand. 15:10)  Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels ‘n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?
(Hand. 15:11)  Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.
=================================================================================
 (6)
(Mat 4:5)  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan (Mat 4:6)  en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.
(Mat 4:7)  Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.