Wys tans plasings met die etiket op proef stel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket op proef stel. Wys alle plasings

Vrydag 11 Augustus 2017

Die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom

In die brief aan die gemeente van Filadelfía (Openb. 3:7-13) het Christus 'n interessante verklaring gemaak waarin Hy verwys na 'n tyd wat oor die hele wêreld sal kom, genoem:
"die uur van beproewing".
Om te verstaan wat met hierdie "uur van beproewing" bedoel word, moet ons gaan kyk na
wat die doel is daarvan,
en wie presies nou eintlik deur dit sal gaan.  
_________________________________________________________________________________

-  Wat is die doel van hierdie "uur van beproewing"?
Vir die antwoord hierop kan ons kyk na Openb. 3:10:  -"Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel".
- Maar natuurlik soos ons ook sien in hiedie gedeelte, sal nie almal sal op OP DIE PROEF GESTEL word nie!  Daar is 'n groep mense wat dit sal vryspring...(Openb. 3:10);  alhoewel die woorde "bewaar" in die uur van beproewing gebruik word, wat nie noodwendig beteken dat hulle dit sal vryspring nie, maar eerder kan beteken dat Hy hulle sal bewaar in hierdie tyd soos hulle bv. Sy woord "bewaar" (vashou/oppas).

Die woorde "uur van beproewing" verwys na 'n tyd van VERSOEKING.  Om die tema van "op die proef stel" beter te verstaan, moet ons gaan kyk na die tema van "versoeking" - bestudeer gerus die blogpos getiteld "Versoeking/Beproewing" - (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html). Versoeking gaan oor "om op die proef te stel".  Wanneer iemand nie die versoeking of beproewing deurstaan nie, "val hy af"!  Deur versoeking kan presies gesien word wat in iemand se hart aangaan. Dit is m.a.w. die toestand van elkeen se hart wat bepaal OF HULLE VERSOEKING KAN DEURSTAAN. Niemand van ons wil versoek word nie, want ons weet maar te goed dat daar baie dinge in ons harte is waaraan ons werk op die pad van godsaligheid (en terloops het Christus vir ons geleer dat ons moet bid dat ons nie versoek word nie). Die skrif leer bv. vir ons dat iemand deur sy eie begeerlikhede weggesleep en verlok word...  Christus het ook baie gepraat oor dit wat in die hart aangaan en o.a. verklaar dat dit dinge is wat uit die hart uit kom, wat iemand onrein maak (Matt. 15:18). Die tema vd "besnydenis van die hart", was nog altyd baie belangrik in beide die ou, en veral die nuwe testament!  Die gelowige wat AFVALlig word van God, is die met 'n bose en ongelowige hart (Hebr. 3:12) - vgl. dit gerus met die tyd van "AFVAL" waarvan gepraat word in 2 Thess. 2:3, wat net voor en/of rondom dieselfde tyd sal afspeel wanneer die mens van sonde of seun van verderf geopenbaar word! (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/08/want-eers-moet-die-afval-kom.html). Ons kan dus aflei, en dit wil dus voorkom, of hierdie "UUR VAN BEPROEWING" miskien te doen het met die AFVAL waarna verwys word in 2 Thess. 2:3.  Die wat in daardie tyd VERSOEK/BEPROEF word, sal getoets word, en hulle harte sal bepaal of hulle AFVALLIG word of nie... Natuurlik hou dit verband met verdrukking en vervolging vir die wat VASSTAAN, maar baie gelowiges sal val vir valse christusse en profete (en valse leerstellings), en "AFVAL" in hierdie uur van beproewing (versoeking) (2 Pet. 2:1; Matt. 24:24).

- Sommige wat bely dat hulle gelowig is het bose of ongelowige harte, wat veroorsaak dat hulle afval in tye van beproewing - 'n goeie vb. word gegee in die gelykenis van die saaier, waarin Christus verklaar wat gebeur met die Christen met 'n ongelowige hart, en Hy verklaar dat dit die is wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor, maar net vir 'n tyd glo! (Luk. 8:13) - EN LET WEL DIE WOORDE WAT HY DAAR GEBRUIK: ".....en in die tyd van versoeking val hulle af (v.13c)".
- 'n Vb. van 'n bose hart, is bv. die van Simon in Hand. 8:13-23 (en gaan hier oor waar iemand dit - in hierdie vb. "krag" - wat die Here gee, wil gebruik vir eie gewin!). Vgl. dit ook met wat die Skrif vir ons leer oor die laaste dae in 2 Tim. 3:1-9 en Jak. 5:3.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEBED kan help dat ons NIE in versoeking kom nie - (Luk 11:4b - ".....en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose"). Christus het vir ons hierdie waarheid geleer.  Gebed kan ons beskerm teen versoeking - kyk na die vb. in Luk. 22:46 en Mark. 14:38 (voor Christus gevange geneem is), hoe Hy die dissipels aangemoedig het om "TE BID"! Hoekom?  -dat hulle nie in VERSOEKING kom nie  (Mar 14:38 - "Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Dit beteken egter nie dat die wat wel tyd in gebed spandeer nooit versoek sal word nie, maar wat dit beteken is dat die wat wel tyd in gebed spandeer, die krag sal he om versoeking te deurstaan (soos Christus versoek is in die woestyn), en gebed kan ook help dat iemand glad nie in versoeking kom nie! Die wat tyd in gebed spandeer, verkry krag en wysheid om ten spyte van versoeking VAS TE STAAN.  Ons weet goed dat die Here ons harte en denke verander wanneer ons in Hom bly, en ons krag gee vir wat ons moet doen (Joh 15:5 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie"). Christus het elke versoeking deurstaan, ook wanneer sommige uit die Fariseers en Sadduseers Hom probeer versoek het deur woorde (met die doel dat hulle Hom wou "laat val"), en telkens het Hy die krag gehad om vas te staan en die wysheid om hulle terug te antwoord (Matt. 16:1; 19:3; 22:19,35).  Die probleem met "versoeking" (of beproewing) is dat dit iemand kan "laat val" ("AFVAL"). Gelowiges word nooit bo hulle kragte versoek nie (m.a.w., die Here laat nooit toe dat hulle bo hulle kragte versoek word nie!)(1 Kor. 10:13 - "Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra"), maar ons moet verstaan dat dit die begeerlikhede van die hart is wat kan veroorsaak dat iemand verlok en versoek word... en des te meer hoe belangrik gebed is en om ons denke te vernuwe en ons gedagtes te plaas op die dinge daarbo.  Let ook op die konteks van 1 Kor. 10:13 - kyk veral na verse 6 en 14: (1Kor. 10:6 - "En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie).  Die manier hoe die gelowige hom/haarself beskerm teen versoeking, is deur gebed, en deur om ag te gee op die pad van godsaligheid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kyk ons weer na die gemeente van Filadelfía, dan is daar sekere gelowiges daar aan wie Christus belowe dat hulle NIE soos die res van die wereld beproef sal word in die "uur van beproewing" nie (Openb. 3:8,10,11) - nie dat Hy die beproewing bring nie (Jak. 1:13), maar Hy sal hulle beslis daarteen beskerm, of hulle in hierdie tyd BEWAAR (oppas). In daardie sin het Hy vir hulle 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie!  Hy sal m.a.w. nie toelaat dat hulle in daardie spesieke "uur" versoek word soos die ander nie, sodat hulle geen rede kry om AF te VAL nie;  of andersins beteken dit dat Hy hulle die krag sal gee om die versoeking te verdra (en hulle op daardie manier bewaar).  Dit beteken egter nie dat hulle geen verdrukking ly nie!, want dit is tog duidelik dat hierdie gemeente weet wat dit is om te ly en ten spyte van verdrukking Sy woord bewaar het en Sy Naam nie verloën het nie!  "Beproewing" beteken nie "verdrukking" nie (alhoewel beproewing kan lei daartoe dat iemand verdruk word - d.w.s., die een wat nie AFVAL weens beproewing nie...).

Maar hierdie belofte om die uur van beproewing, hetsy vry te spring of bewaar te word midde dit, word slegs aan sekere Christene gemaak;  en nee, hierdie verwys NIE na wegraping voor die groot verdrukking soos sommige leer nie!  As ons verstaan wat presies met "verdrukking" bedoel word, dan sal ons verstaan dat geen Christen gevrywaar is van verdrukking en vervolging nie.  (Joh 15:20 - "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar").  Dit is ook interessant om te sien dat waar daar van "die afval" gepraat word in 2 Thess. 2:1-3, die KONTEKS van daardie skrif gaan oor hoe die Here vir hulle verligting sal gee wanneer Hy terugkom....- verligting van wat?  -van VERDRUKKING!  Die feit dat die Here sal toelaat dat sommige die "uur van beproewing" vryspring, beteken nie dat hulle nie verdruk sal word nie, maar wat dit beteken is dat hulle nie op daardie manier VERSOEK / BEPROEF sal word wat kan veroorsaak dat hulle afval en die deur vir hulle gesluit word nie.  En as Hy toelaat dat hulle op ander maniere versoek word, dan sal Hy vir hulle die uitkoms gee... (1 Kor. 10:13)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk wie dit is aan wie die Here Jesus hierdie belofte gemaak het (dat hulle nie deur die uur van beproewing sal gaan nie):

-  die met min krag (m.a.w., hulle sal nie bo hulle kragte versoek word nie!);

-  die wie Sy woord bewaar (bv., die wat hulle nie wend tot afgodsdiens nie-Deut. 33:9/Eks. 32:25-29; en die wat hulle voete terughou vd verkeerde pad, m.a.w. "ag gee op die godsaligheid"-Ps. 119:101; en die wat die waarheid bewaar en dit nie verdraai of verander om te wees "die oorlewering van mense" nie-Mark. 7:13; en die wat die woord ter harte neem-Luk. 11:27-30; en die wat glo in Christus Jesus, dat Hy die Seun van God is en glo in die waarheid wat Hy gebring het-Joh. 8:46-51 en 17:6-8; en die wat Christus Jesus KEN en Sy gebooie bewaar-Joh. 14:21-23 en 1 Joh. 2:3-5; en die wat die waarheid wat die dienskneg van die Here bring, ontvang-Joh. 15:20);

-  die wat nie Sy Naam verloën nie (m.a.w., die wat die Here vrees eerder as wat hulle vrees dat hulle doodgemaak word-Matt. 10:28-33;  en die wat bereid is om hulle lewens te verloor ter wille van die koninkryk-Matt. 16:24,25; en die wie se werke wys dat hulle die Here KEN-Tit. 1:16; en die wat nie Sy waarheid verloen nie-2 Pet. 2:1 en Jud. 1:4);

-  die wat die woord van Sy lydsaamheid bewaar (m.a.w., die hoop wat deur lydsaamheid kom-Rom. 5:4 en 15:4 - wat l.w., "deur verdrukking kom"!-Rom. 5:3; en om die goeie stryd van die geloof te stry deur ag te gee op die pad van godsaligheid en vergenoeg te wees, m.a.w. om eerder die wil van die Here te doen wat beteken dat ons lyding moet verdra...-2 Thess. 3:5 en 1 Tim. 6:11 en 2 Tim. 3:10 en Tit. 2:2 en Hebr. 10:36 en Jak. 1:1-5;  en dus "hulle wat VERDRA-Jak. 5:11; 2 Pet. 1:6; Openb. 2:3; Openb. 2:19; en die wat lyding verdra ter wille van die woord, selfs tot die dood-Openb. 13:10; 14:12);

-  die wat VASHOU! (m.a.w. die wat vashou aan die Here se wysheid, nie wereldse wysheid nie-Spr. 3:18 en Openb. 2:14,15; en die wie Sy woorde vashou, m.a.w. Sy gebooie onderhou-Spr. 4:4; en die wat aan die Here vashou deur Hom te vrees-Ecc. 7:18; en die wat vashou aan reg en geregtigheid en aan Sy verbond -Jes. 56:1,2,4 en Dan. 11:32; en die wat vashou aan die waarheid en Christus se leringe, nie die wat vashou aan menslike leringe nie-Mark. 7:3 en 1 Kor. 11:2; en die wat vashou aan die evangelie en die geloof in Christus Jesus, die belydenis van hoop, en 'n goeie gewete-1 Kor. 15:2 en Fil. 2:16 en Kol. 2:19 en 1 Tim. 1:19 en Tit. 1:9 en Hebr. 3:6,14 en 4:14 en 10:23).
_________________________________________________________________________________

(Jak. 1:2)  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
(Jak. 1:3)  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
(Jak. 1:4)  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
(Jak. 1:5)  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Vrydag 09 Augustus 2013

Versoeking/Beproewing

VIR DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waar-n-gelowige-die-here-versoek-wys-hy.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

---------------------------------------------------------------------------------------------
In hierdie blogpost gaan ons veral kyk na die tema van 
"versoeking" 
- in sommige skrifgedeeltes vertaal as "beproewing".

  Jesus het bv. die volgende aan die gemeente van Filadelfia gese:  
Openb. 3:10 - "Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing (G3986 - temptation) wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel".  Die woord "beproewing" hier,  is dieselfde as die woord wat gebruik word in die gelykenis van die saaier, maar daar vertaal word as "versoeking".  

(Luk 8:6)  "En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie"...................
(Luk 8:13)  "En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking (G3986 - temptation - a putting to proof, try) VAL HULLE AF" (G868 - fall away - withdraw self, depart, draw (fall) away).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kort opsomming:


(1)  VERSOEKING  GAAN OOR "OM OP DIE PROEF TE STEL".  Wanneer iemand nie die proef (beproewing) of versoeking deurstaan nie, VAL HY AF (Luk. 8:13; Hebr. 13:12)
(2)  GOD VERSOEK NIEMAND NIEDit is die duiwel wat mense versoek, maar dit is God wat dit toelaat, of nie toelaat nie - God sal ook nie toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie.
(3)  Dit is die TOESTAND VAN DIE HART wat bepaal of iemand versoeking kan deurstaan, en nie net dit nie, maar deur versoeking word ook bewys wat in die hart aangaan (vgl. met "vrug").
(4)  GEBED kan veroorsaak dat ons nie in versoeking kom nie.
(5) Iemand word versoek "AS HY DEUR SY EIE BEGEERLIKHEID WEGGESLEEP EN VERLOK WORD" -  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/versoeking-2.html
========================================================================

(Heb 3:12)  "Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God AFVALLIG (G868 - departing - withdraw self, depart, draw (fall)away) word nie".  In hierdie skrifgedeelte leer ons dat dit die HART is wat bepaal of iemand versoeking kan deurstaan.  Kyk ook na Jesus se verduideliking in die gelykenis van die saaier - "En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking  VAL HULLE AF".  Maar kan 'n Christen dan 'n bose hart he? Of 'n ongelowige hart? JA!  In die geval van waar die saad op die rots val, "neem hulle die woord met blydskap aan wanneer hulle dit hoor" - so iemand kom dus tot geloof, maar glo net vir 'n tyd en ontwikkel 'n ongelowige hart.

 'n Ander interessante vb. is die van Simon die towenaar, wat tot bekering gekom het, maar wie se hart nie reg was nie: - (Hand. 8:13)  "En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur"........(Hand. 8:18-23)  "En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek sien dat jy in ‘n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is".

DIT IS DIE TOESTAND VAN DIE HART WAT BEPAAL OF IEMAND VERSOEKING KAN DEURSTAAN.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIT IS DUS DUIDELIK DAT NIE ALLE "GELOWIGES" VERSOEKING DEURSTAAN NIE, DIE MET 'N BOSE OF ONGELOWIGE HART, EN DIT TOT GEVOLG HET DAT HULLE AFVALLIG RAAK VAN DIE HERE.  
In die geval van Simon, was hy in 'n "gal van bitterheid" en "bande van ongeregtigheid" - gaan lees meer hieroor op page E-H op hierdie blog, en rol af tot: 
"In 'n gal van bitterheid": http://warechristene.blogspot.co.nz/p/e-h.html.)
VGL. DIT OOK MET HEBR. 3:8 (VERHARDE HARTE - verbitterd)

Hierdie afvalligheid kan tot gevolg he dat sulke afvallige gelowiges verleidende geeste en leringe van duiwels aanhang:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Ti 4:1)  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof AFVALLIG (G868 - depart - withdraw self, depart, draw (fall) away) sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang  -  GAAN LEES GERUS DIE HELE 1 TIM. 4 OM TE SIEN WAT HIER GENOEM WORD, DIE BELANGRIKHEID VAN OM DIE GODSALIGHEID NA TE JAAG, en wat  AS LERINGE VAN DUIWELS beskou word...(" wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het .................ens......)".

GELOWIGES WAT NALAAT OM DIE GODSALIGHEID NA TE JAAG, EN "VERLEIDENDE GEESTE EN LERINGE VAN DUIWELS BEGIN AANHANG", IS DIE WIE SE HARTE NIE REG IS NIE - BOSE EN ONGELOWIGE HARTE - DIE WAT NIE DIE VERSOEKING DEURSTAAN NIE - DIE WAT AFVALLIG GERAAK HET.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1Ti 6:9)  "Maar die wat ryk wil word, val in versoeking (G3986) en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang". (ook in hierdie geval verwys dit na wat in die hart van die mens aangaan)

========================================================================
GOD VERSOEK NIEMAND NIE!
Dit is die duiwel wat mense versoek, maar dit is God wat dit toelaat, of nie toelaat nie.


(Jak. 1:12)  Salig is die man wat versoeking (G3986) verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek (G3985 - tempted - examine, proof, tempt, try) Hy niemand nie.

(Luk 4:13)  En toe die duiwel elke versoeking (G3986) geëindig het, het hy ‘n tyd lank van Hom gewyk.

(1Kor. 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking (G3985) bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

(1Kor. 10:13)  Geen versoeking (G3986) het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
========================================================================
GEBED kan ons beskerm teen versoeking:
(Heb 2:18)  Want deurdat Hy self onder versoeking (G3985) gely het, kan Hy dié help wat versoek word.


Jesus het vir ons geleer dat ons die volgende moet bid:
(Luk 11:4)  "en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking (G3986) nie, maar verlos ons van die Bose".

Voor Hy gevange geneem is, het Hy ook die volgende aan die dissipels gese:
(Luk 22:46)  En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking (G3986) kom nie.
(Mar 14:38)  Waak en bid, dat julle nie in versoeking (G3986) kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.


dus het Jesus vir ons 'n groot waarheid geleer, dat:  AS ONS BID, KAN DIT VEROORSAAK DAT ONS NIE IN VERSOEKING KOM NIE.
========================================================================
As dit gebeur dat 'n gelowige in versoeking val, moet hy dit sien louter vreugde!, want as hy die toets deurstaan, bewerk dit lydsaamheid...

(Jak. 1:2)  "Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
(Jak. 1:3)  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
(Jak. 1:4)  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie".

(Deu 8:2)  En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

========================================================================


Wie van ons is regtig sterk genoeg om staande te bly "sou ons versoek" word?  Bid ons genoeg?  Wat is die toestand van ons harte?  Vir die een wie se hart reg is, wat IN DIE HERE BLY, alhoewel met min krag, MAAR SY WOORD BEWAAR EN SY NAAM NIE VERLOEN NIE (Openb. 3:8), vashou aan die geloof en gereeld BID, sal die Here bewaar van hierdie "val" wat kan kom wanneer hy sou beproef word - m.a.w. bewaar van versoeking.  (2Pe 2:9)  'die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word' - kyk ook my blogpost: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-here-weet-om-die-godsaliges-uit.html.  Doen wat Jesus geleer het, WAAK EN BID, en  bid tot die Vader - "lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose".  Ondersoek jou eie hart en maak seker of jou begeerte is na Hom? (dat sou jy versoek word, jy staande kan bly en nie afval nie)

(Jak. 1:12)  "Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
(Jak. 1:14)  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
(Jak. 1:15)  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
(Jak. 1:16)  Moenie dwaal nie, my geliefde broeders".

Waarna is jou begeerte?  Hoe lyk jou hart?  En is jou gedagtes op die dinge daarbo?  
(Vgl. dit met 1 Tim. 6:9).


=================================================================================

Terwyl baie gelowiges dink dat die duiwel hulle uitlos omdat hulle "onder die bloed van Jesus Christus is", is die waarheid:
- dat die duiwel hulle steeds probeer vang om sy wil te doen, en nie die Here se wil nie.

- dat hy gelowiges nog steeds met sy listigheid probeer bedrieg, deurdat hy hulle probeer kry om (1) ‘n ander Jesus aan te neem; (2) of om 'n ander gees te ontvang; (3) en om 'n ander evangelie aan te neem. 

- dat hy probeer om gelowiges se sinne bedorwe te maak 


- dat hy probeer om gelowiges wat in sonde stap, opgeblase te maak met wereldse wysheid waardeur hulle hul sonde probeer regverdig 

- dat hy probeer om gelowiges afvallig te maak van die Here

- dat hy gelowiges versoek om verkeerd te doen


=================================================================================
Alhoewel "verdrukking" ook gesien kan word as "versoeking", moet ons verstaan dat die rede vir verdrukking nie altyd versoeking is nie!  Die rede vir verdrukking of vervolging, is nie altyd "om op die proef te stel" nie, maar ook om ander redes, soos om "uit die weg te ruim"! (en l.w. dat Jesus gese het:  Joh 15:20 -  "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar") - en l.w. dat hierdie beproewinge ook lydsaamheid leer!.


(1Pe 4:12)  "Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;
(1Pe 4:13)  maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
(1Pe 4:14)  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.
(1Pe 4:15)  Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.
(1Pe 4:16)  Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig".
========================================================================