Wys tans plasings met die etiket vermaning. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vermaning. Wys alle plasings

Saterdag 30 Januarie 2016

Hoe lyk, of hoe groei 'n Christen tot 'n Volwassene in Christus

Vir 'n dagstukkie oor hierdie onderwerp, gaan na:
_________________________________________________________________________________
(Ef. 4:13)  "totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus".

τέλειος
teleios
tel'-i-os
From G5056; complete (in various applications of labor, growth, mental and moral character, etc.); neuter (as noun, with G3588) completeness: - of full age, man, perfect.


DIESELFDE WOORD WORD GEBRUIK IN:
(Kol. 1:28)  "Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel".

AFKOMSTIG VAN HIERDIE WOORD WORD OOK 'N ANDER WOORD GEBRUIK WAT WEL AS "VOLWASSENES"  of "RYPE LEEFTYD" (bv. Job 5:26) VERTAAL WORD:
τέλειος
teleios
tel'-i-os
From G5056; complete (in various applications of labor, growth, mental and moral character, etc.); neuter (as noun, with G3588) completeness: - of full age, man, perfect.

(Heb 5:14)  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.
_________________________________________________________________________________
Die doel van die apostels, profete, evangeliste, herders en leraars:
:
(Ef. 4:12) - om heiliges toe te rus vir hulle dienswerk (tot opbouiing van die liggaam van Christus)
(Ef. 4:14) - SOADAT ONS NIE MEER KINDERS SOU WEES NIE...

Kinders: (Eph 4:13,14)(Hebr. 5:14)
- (1) word soos golwe geslinger en
- (2) word heen en weer gedryf deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense (deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring)
- (3) het nog nie volkome gekom tot die eenheid van die geloof nie
- (4) het nog nie volkome gekom tot die eenheid van die kennis van die Seun van God nie
- (5) besit nog nie geestesvermoens (deur die gewoonte geoefen) om goed van kwaad te onderskei nie.

Die volwassenes: (Eph 4:13)(Hebr. 5:14)
-  almal gekom tot die eenheid van die geloof en 
-  almal gekom tot die eenheid van die kennis van die Seun van God 
(tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus)
- besit geestesvermoëns (deur die gewoonte geoefen) om goed van kwaad te onderskei.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat beteken "tot die eenheid van die geloof" en "tot die eenheid van die kennis van die Seun van God"?
(KYK OPSOMMING ONDER)

Om dit te verstaan sal ons eerste moet gaan kyk na wat dit beteken in konteks van die betrokke Skrif waarin dit gebruik is (Ef. 4:13).  Hier is 'n opsomming daarvan (skrifgedeelte onder):
-  Dit is duidelik dat die wat "nog kinders" is nog nie totaal tot hierdie eenheid gekom het nie (Ef. 4:14);
-  Die wat nie tot hierdie eenheid gekom het nie, "wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed (Ef. 4:17). 

Hoe word "verdwaasdheid van hulle gemoed" verduidelik (en hier spesifiek in konteks met die wat nog nie die Here ken nie, maar Christene word gewaarsku om nie ook so te wandel nie, maar word beveel om die oue af te le en vernuwe te word in die gees van hulle gemoed...Ef. 4:20-32)?
-  verduisterd in die verstand;
-  vervreemd van die lewe van God deur hulle onkunde weens die verharding van hulle hart;
-  het ongevoelig geword en gee hulle oor aan die ongebondenheid (om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe).
Die rede waarom Christene nie altyd hulle gemoed vernuwe nie?
-  " as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus".

(Eph 4:11)  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
(Eph 4:12)  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
(Eph 4:13)  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
(Eph 4:14)  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
(Eph 4:15)  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,
(Eph 4:16)  uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
(Eph 4:17)  Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie
(Eph 4:18)  mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde
wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;
(Eph 4:19)  wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.
(Eph 4:20)  Maar julle het Christus nie so leer ken nie,
(Eph 4:21)  as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:
(Eph 4:22)  dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
(Eph 4:23)  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
(Eph 4:24)  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
(Eph 4:25)  Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
(Eph 4:26)  Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;
(Eph 4:27)  en gee aan die duiwel geen plek nie.
(Eph 4:28)  Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.
(Eph 4:29)  Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
(Eph 4:30)  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
(Eph 4:31)  Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
(Eph 4:32)  Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

OPSOMMING:
DIT IS DUS DUIDELIK DAT DIE WOORDE "OM TOT DIE EENHEID VAN DIE GELOOF ("vertroue") EN KENNIS VAN DIE SEUN VAN GOD TE KOM" ("kundig") VERWYS NA:
"OM DIE GEMOED TE VERNUWE" en na - "VERTROUE" 
-  dit is a.g.v. ONKUNDE dat sommige Christene nie tot hierdie volmaaktheid groei nie;  en dit a.g.v. die feit dat hulle nie glo in die waarheid wat Jesus gebring het nie, m.a.w. hulle vertrou Hom nie .  Die waarheid is in Jesus Christus (Ef. 4:21).  Die wat hulle nie deur Hom laat onderrig nie, is die wat nie die oue mens afle nie; en daarom word hulle nie vernuwe in hulle gemoed nie, en WANDEL IN DIE VERDWAASHEID VAN HULLE "eie" GEMOED.  

As iemand nie ag gee op die Here se woorde nie, dan wys dit dat hy Hom nie vertrou nie!  In die samelewing is dit ook duidelik dat die kind wat sy ouers vertrou die een is wat GEHOORSAAM is.  In die werksituasie kan ons dieselfde sien:  die werknemer wat gehoorsaam is is die een wat sy werkgewer of leier vertrou.  As 'n werknemer geen vertroue het in sy leier nie, dan sal hy altyd iets fout vind met daardie leier of sy opdragte. Die Christen wat nog wandel in sy eie gemoed, word gesien soos 'n kind wat nog lering nodig het.  'n Kind wat egter die lering kry maar hom nie wil laat onderrig nie, is 'n ongehoorsame kind!  

Dit kan ook vgl. word met die ongehoorsame kind wat ten spyte van sy ouers se onderrigting, nie na sy ouers luister nie, maar doen wat hy wil. Sou hy egter luister en ag gee op hulle kennis en wysheid, dan sal hy nie ongevoelig word nie, maar sy gemoed vernuwe en meer volwasse word in die proses. Kinders wat ongehoorsaam is aan hulle ouers, word nooit regtig volwasse alvorens hulle begin LUISTER nie. Die ongehoorsame Christen (die wat nie ag gee op Jesus se woorde nie) word vgl. met die wat nog in die wereld is wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur hulle ONKUNDE weens die VERHARDING VAN DIE HART.  Hy het "ongevoelig" geword (het nie respek vir die Here of vir sy medemens nie) en doen "soos hy wil", nie "soos die Here wil" nie.  "Om gehoorsaam te wees aan jou ouers" was altyd iets wat die Here as baie belangrik geag het, en met rede!  Inteendeel, om jou vader of moeder te verag is een van die sondes wat bloedskuld veroorsaak.  

Tieners is geneig om te dink dat omdat hulle nou meer volwasse is, hulle nie na hulle ouers hoef te luister nie, maar die waarheid is dat hulle nog die foute van "kinders" maak en duidelik nog nie volwasse is nie. Tieners het juis meer onderrigting nodig omdat hulle nou toegelaat word om meer besluite te neem en het dan verseker kennis en wysheid nodig sodat hulle daardie besluite kan neem. Om 'n tiener wat nog nie die vermoe het om "die kwaad te oorwin" of nog nie die nodige kennis het om sekere besluite te neem nie te hanteer asof hy al volwasse is, sal tot gevolg he dat hy vreeslike foute begaan. Gehoorsame tieners luister nog na hulle ouers en VERNUWE HULLE GEMOED, maar ongehoorsame tieners verhard hulle harte teen die lering en dit het tot gevolg dat hulle wandel in die verdwaasheid van hulle gemoed.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS KYK NA NOG SKRIFTE:
(1Kor. 1:10)  Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening. - Hierdie verwys natuurlik na waar elkeen "glo wat hy wil nie", maar daarna dat almal VAN DIESELFDE MENING MOET WEES OOR DIE WAARHEID!
-------------------------------------------------
(Kol. 1:28)  Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;

Wat is die drie dinge wat genoem word wat nodig is om iemand in Christus Jesus volmaak voor te stel?
- (1)  om Hom te verkondig
- (2)  vermaan
- (3) in wysheid onderrig

OUERS WAT HIERDIE DRIE DINGE IN GEDAGTE NEEM, GEE HULLE KINDERS 'N GOEIE KANS IN DIE LEWE SODAT HULLE TOT VOLWASSENES KAN GROEI IN DIE HERE. Waar Christen kinders egter 
(1) nooit geleer word van die Here Jesus (en Sy woorde) nie (waar daar bv. nie in die huishouding ag gegee word op die Here se leringe en dit nie prakties uitgeleef word nie), en 
(2) nie vermaan word wanneer hulle ongehoorsaam is nie (bv. waar kinders gelos word "om self reg te kom"), of 
(3) hulle nooit onderrig word in die Woord nie (soos bv. waar Sondagskool nie verpligtend is of daar geen huisgodsdiens gehou word nie)
is die kans skraal dat sulke Christen kinders tot volmaaktheid kan groei...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 09 Junie 2013

Wat beteken dit dat daar KRAG is IN DIE NAAM VAN DIE HERE; en om in die Naam van die Here op te tree?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:

http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/somtyds-is-ons-kleingelowig.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-raak-ons-kragtig-in-die-here.html
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

----------------------------------------------------------------
In hierdie blogpost gaan ons kyk na wat dit beteken dat daar
"krag is in die
Naam van ons Here Jesus Christus" ,
 en wat dit beteken om 
"in die Naam van die Here op te tree".


========================================================================
(1) WAT BETEKEN DIT DAT DAAR "KRAG IS IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS"?:  


  *  (Jer 10:6)  Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag.....(Jer 10:12)  Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.
*  (Dan 2:20)  Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.
*  (Rom 9:17)  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde; (Rom 9:18)  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.
*  (Ef. 1:20)  wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, (Ef. 1:21)  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. (Ef. 1:22)  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, (Ef. 1:23)  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.


BG. SKRIFGEDEELTES IN KONTEKS GENEEM, BETEKEN "KRAG IN DIE NAAM VAN DIE HERE", DAT DIE HERE GROOT IS -  "HY IS IN BEHEER, DIE LOT IS IN SY HANDE, ALLES IS AAN JESUS ONDERWERP" - "omdat Hy in beheer is, is daar krag in Sy Naam"

(Openb. 4:11)  U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
(Openb. 5:12)  en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

(Fil. 2:9)  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
(Fil. 2:10)  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,

========================================================================
(2) WAT DIT BETEKEN OM "IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS" OP TE TREE:

*  Kom ons kyk eerstens na wat dit beteken "om te SPREEK OF ander te LEER" IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(soos die dissipels gedoen het...)


-(Hand. 4:18)  En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.   (dus in KONTEKS: (1) was hulle besig om die volk te leer - v.2;  (2) hulle het die opstanding van die dode verkondig -vir die wat IN JESUS is - v.2; (3) geloof  en saligheid in Jesus verkondig - v.4,12; (4) deur die Naam van Jesus iemand genees - v.9,10; (5) gespreek van die dinge wat hulle gesien en gehoor het (getuig)- v. 20) 


-(Hand. 5:40)  En hulle het na hom geluister. En nadat hulle die apostels ingeroep het, het hulle hul laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie en hulle laat gaan.  (dus in KONTEKS: (1) -lering gegee oor Jesus; (2) Sy opstanding verkondig en dat Hy die Messias is; (3) bekering en vergifnis van sondes verkondig ens.)

-(Hand. 9:27)  Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het. (dus in KONTEKS: (1) -Christus in die sinagoges verkondig - dat Hy die Seun van God is; (2) bewys dat Jesus die Christus is; vgl. met v.29 - Hand.9:29:- "en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak").





DUS:  Volgens bg. skrifgedeeltes, beteken "om 'n woord IN SY NAAM te spreek of ander IN SY NAAM te leer", die volgende : 

(1) "om van Hom te getuig", Jesus Christus te verkondig aan ander en te bewys dat Hy die ENIGSTE Saligmaker is, die Seun van God; 
(2)   om lering te gee en te verkondig wat Jesus vir ons gedoen het, bv. "om die opstanding uit die dode" en "vergifnis van sondes" te verkondig;
(3)  te getuig van Sy werke (bv. wat Hy doen, gawes en bedieninge wat Hy deur ons werk, ens.) en Sy genade (bv. persoonlike ervaringe met Hom - "sien en hoor").

*  WAT BETEKEN DIT OM IN IEMAND ANDERS SE NAAM OP TE TREE?:
(1Sa 17:45)  Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het - vgl. dit met  (1Sa 25:5 - "stuur Dawid tien jongmanne, en Dawid sê aan die jongmanne: Trek op na Karmel en gaan by Nabal in en vra hom in my naam na die welstand") - ons moet verstaan wat dit beteken om "in die naam van" iemand anders op te tree.  As jy dan gestuur word om in iemand anders se naam op te tree, maar jy voer nie daardie persoon se wil uit nie, dan tree jy nie meer op ter wille van daardie persoon nie, maar vir jouself! Die Naam van Jesus moet nie soos 'n towerwoord gebruik word nie!  As 'n gelowige weergee dat hy iets se of doen "in die Naam van Jesus" (m.a.w. om in Sy Naam op te tree), maar hy tree nie op volgens die wil van die Here nie, dan tree hy eintlik op "vir homself"! Die waarheid is dat geeneen regtig "in outoriteit" die Naam van Jesus mag gebruik as dit wat hulle spreek, nie deur Hom beveel is nie! Elke gelowige moet dus seker maak van hierdie feit in hul Christelike lewens. As die Christen nie "bly in Hom" nie en Hom as eerste Liefde ken nie, kan hy maklik dink dat hy ter wille van die Here optree, maar in der waarheid is dit vir homself.  In die Ou Testament was die volgende oor sekere profete gese:  Deu 18:20 - "Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe" -  In die Nuwe Testament het Jesus ons egter beveel dat ons sulke mense moet verdra (Mark. 9:38,39) - elkeen sal uiteindelik geoordeel word vir sy dade. 
Elke gelowige moet verstaan dat, om in die Naam van die Here iets uit te spreek, nie gaan oor "outoriteit" nie, maar eerder "verantwoordelikheid" - ("gehoorsaamheid aan die Here") - dit gaan nie oor die status wat ek in die Here verkry het nie, maar oor "om 'n dienskneg" te wees. Gelowiges word uitgestuur soos "arbeiders" om te "oes". (As iemand "meer geloof" begeer, het Jesus verduidelik dat dit juis gaan oor om 'n dienskneg te wees... (Luk. 17)). As iemand nie die volle waarheid verkondig nie, dan tree hy nie meer op "in die Naam van die Here" nie, maar in sy eie naam.  As iemand 'n ander Jesus verkondig, of 'n ander weg of meer wee tot saligheid verkondig, of profeteer woorde wat die Here hom nie opdrag gegee het om te doen nie, of wereldse wysheid verkondig asof die Here se wil, dan tree so iemand nie meer op in die Naam van die Here nie!   

-  "omdat Hy in beheer is, is daar krag in Sy Naam" - dit is nie die Christen wat in beheer is nie!  Die Here is in beheer, en die Christen moet "ter wille van Hom" spreek, m.a.w. "Sy wil uitvoer..." (hoe kan jy Sy wil uitvoer, as jy nie weet wat Sy wil is nie?) -(Joh 15:4,5 - "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie")

*  WAT BETEKEN DIT OM "TEEN DIE NAAM VAN JESUS" OP TE TREE?  -Paulus noem die tyd wat hy die gelowiges vervolg het, 'n tyd wat hy "teen die Naam van Jesus" daardie dinge gedoen het:   (Hand. 26:9 - Wat my betref, ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasaréner moes doen).  
Die persoon wat egter "in die Naam van Jesus" optree, verteenwoordig die Here en erken Hom as Here en in beheer:  (Mat 25:40)  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen - kyk ook v.45.  Alhoewel sommige gelowiges dink dat hulle altyd "in die Naam van Jesus" optree, is dit tog nie so nie - baie gelowiges tree "teen die naam van Jesus" op wanneer hulle bv. in die pad staan van 'n ander broer se bediening, kwaadspreek van sy broeder, sy broeder vervloek ens.  


ANDER VERSE:


*  "DOOP" IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS; (in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees) -
(Hand. 2:38)  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. -(wanneer 'n gelowige gedoop word in die Naam van Jesus, dan word hy begrawe saam met Jesus in Sy dood - opstanding tot lewe;  sondige liggaam word gekruisig - RAAK DIENSBAAR AAN DIE HERE, nie meer diensbaar aan die sonde nie - Rom. 6)

(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

*  "MENSE KAN GESOND WORD" DEUR  DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(Hand. 4:10)  laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

*  Deur te glo, "LEWE" IN SY NAAM -
(Joh 20:31)  maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.

*  "GLO" IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(1Jn 3:23)  En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het.

*  "GEREGVERDIG" IN DIE NAAM VAN DIE HERE JESUS (en deur die Gees van God) -
(1Kor. 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

*  "DANK DIE VADER" IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(Ef. 5:20)  terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus
(Kol. 3:17)  En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

*  "VRA" DIE VADER IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(Joh 16:23)  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.
(Joh 16:24)  Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. - kyk ook Joh. 14:13 en 15:16.

*  ROEP DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS AAN -
(1Kor. 1:2)  aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, ...; -(1Kor. 1:9 - God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here).


*  "DOEN" ALLES IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(Kol. 3:17)  En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

*  "LEWE OORGEE" VIR DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(Hand. 15:26)  manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.


*  "VERMAAN" IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(1Kor. 1:10)  Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.
(1Kor. 5:1-5) "........ om hom wat so iets gedoen het, in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus—..."

*  "BEVEEL" IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(2Th 3:6)  Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.

*  HOE DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS IN GELOWIGES VERHEERLIK WORD -
(2Th 1:12)  sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.

*  OM "TE STERWE" VIR DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS:
(Hand. 21:13)  Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.

========================================================================

(3)  HOEKOM ONTVANG DIE GELOWIGE KRAG?:
Waar die Christen in Ef. 6 beveel word om KRAGTIG TE WORD IN DIE HERE, gaan dit nie oor "outoriteit" nie, maar in konteks gaan die skrifgedeelte oor onderwerping aan die Here se wil, om Hom gehoorsaam te wees, om Hom te vertrou, die waarheid te soek, in geregtigheid te stap ens., m.a.w. dit is 'n "verantwoordelikheid".

-(Hand. 9:22)  Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is. (WAT IS DIE REDE HOEKOM HY MEER KRAG ONTVANG HET? -om te getuig)
-(Hand. 1:8)  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. (WAT IS DIE REDE VIR "KRAG ONTVANG"? - om getuies te wees)
-(Hand. 4:29,30)  En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind. (WAT IS DIE REDE HOEKOM HULLE VRA DAT DIE HERE WONDERS, TEKENS ENS. DOEN? -om met vrymoedigheid te kan getuig!)

DIE GELOWIGE ONTVANG NIE KRAG OM WONDERWERKE OF WATOOKAL TE DOEN NIE, 
MAAR ONTVANG KRAG VIR DIE REDE "OM TE KAN GETUIG" -en dan sal ander dinge soos wonderwerke natuurlik volg, soos om in die gawes en bedieninge te stap.... (Hand. 1:8 - "maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde") - dus,  wanneer die Here wonderwerke, genesings of tekens deur die gelowige doen, is die rede vir "getuienis"!
Die gelowige moet nie begeer dat die Here hom vul met krag sodat hy wonderwerke kan doen nie, maar sodat hy kan getuig!



IN HIERDIE KONTEKS IS DIT OOK DUIDELIK DAT OM IN DIE NAAM VAN DIE HERE OP TE TREE, TE DOEN HET MET GETUIENIS!  
========================================================================

Maandag 16 Januarie 2012

Sou jy Paulus nog respek betoon?

VIR DAGSTUKKIES WAT HIERDIE ONDERWERP BEVAT, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/die-here-het-nie-gekom-om-vrede-op-die.html

---------------------------------------------------------------------------------------------
IN HIERDIE BLOGPOST WIL ONS KYK NA HOE WERELDSE WYSHEID DEEL GERAAK HET VAN DIE CHRISTEN SE DENKE.  
-----------------------------------------------------

Vir die Christen, was die apostel Paulus inderdaad 'n baie besonderse mens - iemand wat handomkeer verander het toe Jesus Christus oppad na Damaskus aan hom verskyn het.  Die verhaal rondom Paulus is maar alte goed bekend en sy talle briewe wat hy onder leiding van die Heilige Gees geskryf het, maak nie net deel uit van die Christen se Bybel nie, maar word wel daagliks gelees deur miljoene mense.  Hy was voorwaar lief vir die Here en het alles opgegee ter wille van Hom.  Hy kan gesien word as iemand wat heeltelmal onselfsugtig was en die evangelie sonder vrees verkondig het aan soveel moontlik mense wat hy kon.   Vreesloos, vol van geloof en met ywer vir die Here - dit is hoe ons Paulus ken. Daar is nie baie wat sy voorbeeld kan navolg nie en die Christen het verseker 'n tipe van respek vir hierdie geskiedkundige figuur, omdat hy die Here gedien het met al sy krag en  Hom begeer het bo enige iets anders.

MAAR, sou ons Paulus egter in die tyd plaas waarin ons lewe, wonder mens hoeveel van ons  hom  steeds daardie respek sou betoon?   Baie Christene neem eerder die "wereldse wysheid" aan, as die Here se wysheid.  Hierdie is iets waaroor Paulus baie gepraat het, en ook die rede waarom baie gelowiges van daardie tyd, sy woorde nie wou aanvaar nie!  Hulle het hom nie daardie respek betoon nie omdat hulle die wereldse wysheid eerder gesoek het as die waarheid.  Op dieselfde wyse gee vele gelowiges vandag voor dat hulle die waarheid liefhet, maar het eintlik die wereldse wysheid lief! Die manier hoe "ons sien", is nie altyd die manier hoe die Here sien nie.   
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  IN HIERDIE VOORBEELD GAAN ONS KYK NA HOE DIE CHRISTEN VAN VANDAG DIE WOORD "OORDEEL" VERSTAAN EN HOE DIT VERKEERDELIK VERWAR WORD MET "VERMANING" en HOE MIN VANDAG VERSTAAN WAT "KWAADSPREEK" REGTIG BETEKEN. In die eerste gemeentes was "vermaning" nie gesien as "oordeel" nie;  ook was dit nie gesien as "kwaadspreek" wanneer daar gewaarsku word teen iemand wat in opsetlike sonde stap nie!

-  3 Joh. 1:9-11 " Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.   Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente..." 
- In bg. geval sien ons iemand wat kwaadspreek van Paulus en die ander;  ook is hy nie gasvry ten opsigte van die broeders nie en hy verhinder selfs ander wat gasvry wil wees.   
*  Hoe het Paulus hierdie situasie hanteer? Paulus vertel hoe hy, wanneer hy daar kom, (1)Diotrefes gaan herinner aan wat hy verkeerd gedoen het (hy gaan hom dus VERMAAN!) - (2)hy noem ook die broeder se naam in die brief! (iets wat mense vandag sou sien as kwaadspreek, maar Paulus sien dit anders - hy sien dit as 'n manier van waarskuwing) - (3)Paulus noem selfs wat die wortel is van Diotrefes se optrede, nl. dat hy "eerste wil wees".    

 Min Christene verstaan wat "oordeel" regtig beteken.  Om "iemand te oordeel", beteken eintlik "kwaadspreek" en "fout soek"; dit is ook wanneer mense ander oordeel op hulle mensgemaakte wette, soos die Fariseers gemaak het met Jesus en Sy dissipels. A.g.v. die feit dat daar nie veel vermaning en teregwysing plaasvind in die kerk vandag nie, het tot gevolg dat min mense "godsaligheid najaag". (Ons moet verstaan dat, wanneer ons iemand egter vermaan op grond van ons mensgemaakte wette, dan is dit ook "oordeel"!). Dit is kommerwekkend hoeveel kwaadsprekers en foutsoekers verkeerd loop en oordeel, en dit dieselfde mense is wat vir ander vertel hoe "hulle nie moet nie oordeel nie"! Dit is duidelik dat daar dringende lering nodig is oor die onderwerp!

 Mense haal graag Jesus se woorde aan in Mat 7:1 - "Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie", maar sonder om te verstaan wat Hy bedoel het.  As Jesus "vermaning" of "waarskuwing" gesien het soos oordeel, dan sou Hy bv. nie die dinge gese het oor die Fariseers wat Hy gese het nie - kyk bv. (Mat 16:6)  "Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs" - in hierdie sin is Jesus nie besig om "kwaad te spreek" van die Fariseërs en Sadduseërs nie, maar besig om ander te "waarsku" teen hulle. Kyk (Mat 23:14):  "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang" - lees gerus v. 1!  Hy was besig om die skare en Sy dissipels te waarsku teen die (ongelowige) skrifgeleerdes en Fariseers!. Om iemand te waarsku teen valse leraars, is nie verkeerde oordeel nie.  Ons moet dus goed verstaan wat "oordeel" regtig beteken - DIFINITIEF NIE DIE SIENING VAN MEESTE VANDAG NIE! 
----------------------------------------------------------------- 
(2)  IN HIERDIE VB. GAAN ONS KYK NA HOE DIE CHRISTEN VAN VANDAG DIE TERME "LYDING" OF "VERVOLGING" VERSTAAN. Terwyl baie Christene glo dat dit die Here se wil is dat hulle nooit deur enige verdrukking gaan ter wille van hulle geloof nie en dat dit net beskore is vir die wat van die geloof afvallig geraak het om terug te kom op die pad, is dit egter nie die manier hoe die eerste gemeentes geglo het nie;  ook  hoe Jesus vir ons geleer het nie! :

-  Hand. 16:37  "Maar Paulus sê vir hulle: Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ;  
- Hand. 5:18  en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit. ; 
- Hand. 23:2  Maar die hoëpriester Ananías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan."

Dit is duidelik dat Paulus gereeld gely het terwille van die geloof - ook die ander dissipels.  Hierdie was nie 'n snaakse begrip of 'n verrassing vir hulle nie - hulle het dit verwag omdat Jesus spesifiek gese het dat dit is wat sal gebeur.  Dat die Christen van vandag dink dat die Here nie sal toelaat dat hy deur verdrukking gaan nie, is heeltemal onskriftuurlik.

(2Ti 3:12)  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
(1Pe 3:14)  Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
(Php 1:29)  omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,
(2Th 1:5)  ‘n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;
(Mat 5:10)  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
(Mat 5:11)  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
(Mat 10:28)  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

 1Kor. 4:11 " Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond" - WAT SAL ONS VANDAG DINK VAN IEMAND WAT TER WILLE VAN SY GELOOF HONGER EN DORS HET?  NAAK, GESLAAN?  Die kans dat mense van vandag Paulus sou jammer kry, sou nie noodwendig as "logies" bestempel word nie, want hulle sal gou sê:  "Hoekom kry hy nie vir hom 'n voltydse werk nie?" In vandag se lewe sien  mense dit as 'n skande wanneer iemand voltyds in die bediening gaan en daardie persoon word eerder gesien as 'n las en iemand "wat nie wil werk nie" !  (Christene heg hopeloos te veel waarde aan die wêreldse dinge en voorsiening - ons waardes is so verdraaid en die geestelike dinge is net nie belangrik genoeg nie!).

  2Kor. 11:25 " Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ‘n nag en ‘n dag het ek op die diepwater deurgebring—" WAT SAL ONS VANDAG DINK VAN IEMAND WAT DEUR SOVEEL "HARDSHIP" GAAN?  Eerstens sou daar vingers gewys word na sy geloof  - sommige sou hom wou leer "dat hy die Here sogenaamd moet herinner aan Sy beloftes!" (daar is vele valse leerstellings rondom "geloof" wat gaan oor wat hulle kan kry uit die "deal" - ook word die begrip van "geseende" heeltemal verkeerd verstaan). 
--------------------------------------------------------
(en so kan ons nog baie vb.e noem...)
Die waarheid is dat Christene vandag sou skaam wees vir Paulus  - dat baie niks met hom te doen sou wou he nie of hom die ondersteuning sou gee nie; hom miskien beskuldig daarvan dat hy die woord ontydig verkondig en deur verdrukkinge gaan as gevolg van sy hardkoppigheid om die geloof op ander af te dwing... Baie Christene sou ook eerder die leuens glo wat hulle oor hom hoor en saam kwaadspreek van hom, as om kompassie te hê en die Here te ondervra daaroor en die waarheid te soek of om vir hom te bid - hulle sou wonder hoekom die man altyd in die "moeilikheid is"... Dit sou dalk van hom verwag word om meer "subtiel op te tree" wanneer hy die woord verkondig.  So het baie "wereldse sieninge" deel geraak van die Christen se denke.  

- sou ons Paulus ook afmaak as 'n "praatjiesmaker",  soos hulle in Hand. 17:18 gedoen het omdat hy nie kon stilbly oor die waarheid nie? 
- sou ons hom glo as hy sê die Here het aan hom verskyn op die pad van Damaskus? (Dit klink vandag bietjie verregaande, is dit nie?) 

- sou ons hom glo as hy sê die Heilige Gees het hom gestuit om na 'n sekere plek te gaan? (of liewer besluit hy "dweep"?)
- sou ons hom glo as hy ons meedeel dat die Here met hom "in 'n gesig" gepraat het?...

 Is die Christen enigsins so ingestel op die Here dat hy/sy die onderskeiding kan maak tussen ware en valse.  Maar soos die hoofman oor honderd in Hand. 27:11 eerder die stuur en hoofman van die skip geglo het as die woorde van Paulus, so faal ons as Christene baiemaal om te erken wanneer iemand deur die Here gebruik word.
----------------------------------------------------------

So, dus, as ons Paulus moes plaas in die tyd van vandag - sou jy hom nog respek betoon?   Hopenlik is jy een van daardie Christene wat kan onderskei tussen ware en valse- die wat van die Here is en die wat nie is nie;  wat eerder die waarheid oor Paulus sou wou glo, as die stories wat die rondte doen;  wat ander vermaan wat kwaadspreek en wat glo in die krag van die Here;  wat nie skaam is vir 'n mede-Christen wat deur verdrukkinge gaan  of skaam is vir die arme en die een wat swaarkry nie;  wat nie verkeerdelik oordeel deur self kwaad te spreek van ander en fout te loop en soek by ander Christene nie;  wat nie stilbly oor die waarheid nie, maar soos Paulus opstaan vir wat reg is, en die woord verkondig tydig en ontydig; wat nie heeltyd vingers wys en jou menslike wette op ander afdwing nie, maar wel, soos Paulus, ander meet aan die Here se wette en wat van hulle verwag om die Here te dien en Hom te ken.

Min Christene soek regtig die waarheid vandag en baie is so verblind, dat hulle nie eens agterkom hoe hulle denke verander het en hoe dit in stryd is met die skrif nie! Ons het ook toegelaat dat allerhande gesegdes die plek van die waarheid ingeneem het en verkondig ons mensgemaakte beginsels vir wet. Vir sommige het die Bybelverhale bloot mites geraak wat ons aan ons kinders oordra - ons kom voor of ons saamstem met dit wat ons lees in die Bybel en ons gee voor dat dit "die woord van God is" en dat ons dit glo, maar glo ons dit regtig?  Stem ons regtig saam met die manier waarop Paulus die woord verkondig het, mense vermaan het, die waarheid gesoek het....verstaan ons regtig die begrip van lyding en swaarky en verdrukking? (of beoordeel ons die wat daardeur gaan?)(of beoordeel ons die manier waarop mense die woord bring?)(of beoordeel ons die wat ander in sagmoedigheid teregwys?).....

Paulus het nie geskrik vir owerhede of die wat die liggaam kan doodmaak nie.   Hy was tevrede met die minste en bereid om ander te dien. Dit was vir hom belangrik om meer gehoorsaam te wees aan die Here as aan mense.  Ten spyte van die verdrukkinge en die feit dat ander hom nie altyd "geestelik erken" het nie, het hy tog nie dieselfde fout gemaak nie, maar die erken wat deur die Here gebruik word en hulle aanvaar. Hy was egter nie skaam vir ander ware Christene nie en het bemoedig waar bemoediging nodig was, maar in liefde ook vermaan, waar dit nodig was.  Hy het die woord "tydig en ontydig" verkondig, ten spyte van menslike verwagtinge.  Hy het die Here meer vertrou en was gehoorsaam aan Sy stem ten spyte van of ander gedink het dit is die regte ding.

Mag ons as Christene, mekaar respekteer en meer vertroue in mekaar plaas, maar ook die nodige onderskeiding kan maak tussen vals en ware.   Mag ons mekaar so liefhê dat ons eerder bly is oor die waarheid, as oor die ongeregtigheid.  Mag ons ophou kwaadspreek en eerder mekaar bemoedig en kompassie hê vir mekaar.  Mag ons in alle sagmoedigheid mekaar teregwys, nie op ons mensgemaakte sieninge nie, maar op sondes, sodat ons ons kan oefen in die godsaligheid.    

 In gewone Afrikaans:  Paulus was arm,  'n dienaar (alhoewel nie 'n dienaar van menslike sieninge nie), het baie verdrukkinge gely en het nie geskroom om die waarheid te praat nie!
Sou jy Paulus nog respek betoon?