Donderdag 05 November 2015

Waarna verwys die woord "maagd" in die Skrif?


In hierdie pos kyk ons na die woord "maagd" in die Skrif, 'n onderwerp wat al baie reaksie uitgelok het in die verlede, bv. dat sommige dit bevraagteken of Maria inderdaad 'n maagd was.  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
----------------
Sommige interpreteer dat die woord "maagd" in Jes. 7:14 bloot as "jongmeisie" - die vraag is of dit verkeerd vertaal is of nie? Die bose probeer hard om die teendeel te bewys, en leerstellings het al die rondte gegaan dat Maria nie 'n maagd was nie (en so probeer hulle bewys dat Jesus nie die Seun van God is nie).  Ander gee voor dat Christene dit verkeerd vertaal omdat hulle nie Hebreeus ken nie..., maar selfs Mattheus ('n boek wat vir die Jode geskryf is en tog duidelik deur 'n Jood geskryf is wat die Hebreeuse taal geken het!) meld nie net dat Maria "maagd" was nie, maar beskryf ook die omstandighede rondom dit wat weer verder bewys dat die manier hoe hulle die woord in Jes.7:14 verstaan het inderdaad "maagd" beteken... Wat ons sal sien uit hierdie studie is dat hierdie woord nie net vertaal kan word as "jongmeisie" soos sommige geleerdes beweer nie, maar ook vertaal kan word as "maagd" (soos Mattheus inderdaad haar beskryf het!).   

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BYBELSTUDIE:
--------------
(1)  Volgens Matt. 1:18-25 is duidelik dat Maria 'n maagd was, nie net jongmeisie nie;  bv., as jy die vergelyking wat gemaak is in v.23 vgl. met die profesie waar dit vandaan kom (Jes. 7:14),  dan is dit duidelik dat dit as "maagd" vertaal kan word, nie net jongmeisie nie.  Die Hebr. woord wat bv. in Jes. 7:14 gebruik word vir "maagd", nl. "al-maw'", kan afhangende vd konteks vertaal word as "meisie, bediende, of maagd".  L.w. dat die rede waarom die engel na Josef gestuur is, is omdat Josef getwyfel het of sy 'n maagd is! (nie of sy 'n "jongmeisie" is nie). Duidelik was die rede vir die engel se besoeking aan hom om hom gerus te stel dat sy 'n maagd was... Daar is geen twyfel nie.  Mattheus (wat ook spesifiek vir Jode geskryf is, ...en beslis "deur 'n Jood geskryf") het dit ook so verstaan en die woord interpreteer as "maagd" (Matt. 1:18-25). Vgl. dit met Luk. 1:26-35, waarin Maria vir die engel vertel dat sy geen man het nie, so hoe kan sy swanger word? (duidelik het sy hier verklaar dat sy nie 'n man het met wie sy dus vleeslike gemeenskap het nie, en al was sy alreeds aan Josef verloof, maak sy dit duidelik dat hulle nie vleeslike gemeenskap het nie). En die engel vertel terloops vir haar hoe sy sal swanger word..., nl. deur die Heilige Gees, die saad van God - dit is immers hoekom Jesus Christus genoem kan word "Seun van God" (Hy is nie net mens nie, maar ook God). 

-(Matt. 1:23)  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
-(Jes. 7:14)  Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.

3 punte word uitgelig in sowel die Jes. profesie asook die aanhaling daarvan in Matt. 1:  
(1)  "die maagd sal swanger word; 
(2) "en 'n seun baar"; 
(3) en "hom Emmanuel noem".

Volgens beide die Grieks en Hebreeuse woorde gebruik in hierdie skrifte, verwys die woord "maagd" na beide ongetroude meisie (damsel, maiden / noun, an unmarried girl or young woman/"two knights fought to win the hand of a fair maiden"asook na 'n meisie wat 'n maagd is (virgin). Dus, die feit dat dit die betekenis van ongetroude jongmeisie ook inhou, beteken nie dat dit glad nie na 'n maagd kan verwys nie!;  inteendeel, 'n ongetroude jongmeisie is veronderstel om nog 'n maagd te wees... 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na ander skrifte waar hierdie woorde ook voorkom om meer lig hierop te werp:
(1) - (Gen 24:16)  En die dogter was baie mooi van aansien, ‘n jongmeisie (Hebr. woord "beth-oo-law'" - jongmeisie of maagd ), en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom.  Alhoewel hierdie ook kan verwys na 'n bruid, verwys dit in Gen. 24:16 verseker na 'n maagd - Vgl. dit met v.43 waarin daar ook na haar verwys word en die woord "al-maw'" gebruik is soos in Jes. 7:14 - damsel, maid, virgin. IN V. 16 WORD GENOEM DAT "GEEN MAN HAAR BEKEN HET NIE" EN IN V. 43 WORD DIESELFDE WOORD WAT IN DIE JES. PROFESIE GEBRUIK WORD (H5959), VIR HAAR GEBRUIK. Duidelik is die woord "maagd" die perfekte vertaling om te gebruik in Jes. 7:14, en waar die engel aan Josef verskyn in Matt. 1, verwys hy na daardie profesie. 

(2) -Vgl. dit ook met Lev. 21:13 en 14 waar die woord "beth-oo-law'" gebruik is soos in Gen. 24:16 (wat op beurt vgl. moet word met v.43). In beide skrifgedeeltes (nl. Gen. 24:16 en Lev. 21:14 sien ons dat die woord "jongmeisie" somtyds spesifiek gebruik word vir "maagd"... (want 'n jongmeisie is veronderstel om 'n maagd te wees, so die woord jongmeisie is somtyds bloot gebruik).

(3) Kom ons kyk na 1 Kor. 7:28, 34, 36 en 37, waar daar verwys word na maagde, want dieselfde Gr. woord wat in Matt. 1:23 vir "maagd" gebruik is, is ook daar gebruik vir "maagd":
- (1Co 7:28)  Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd (Gr. woord "par-then'-os", wat verwys na 'n meise wat nie getroud is nie = 'n maagd) trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.

- (1Co 7:34)  Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou (Gr. woord "goo-nay'", wat verwys na 'n vrou wat getroud is = die vrou van 'n man)('n getroude) en ‘n maagd ("par-then'-os")('n ongetroude); die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
- (1Co 7:36)  Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd ("par-then'-os") handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
- (1Co 7:37)  Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd ("par-then'-os") te bewaar, hy doen goed.

(4)- Kom ons kyk na nog 'n vb in 2Kor. 11:2 - ("Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd ("par-then'-os") aan Christus voor te stel").   Ons moet verstaan wat hierdie skrif beteken..., en verstaan dat die klem lê op "reine maagd", in die sin van dat die weergeborene soos 'n ongetroude jongmeisie is wat REIN is (wat reinheid aanbetref)("is 'n maagd" - is rein;  natuurlik is hierdie beelspraak, bv. die wat "verbode vrugte eet" val vir die strik van die bose, hulle sinne word bederf, en is dan nie meer rein nie - lees gerus die gedeelte in konteks om dit beter te verstaan)(weergeborenes moet nie gemeenskap he met dit wat onrein is nie, want dit maak hulle weer onrein) - kyk die woord "verbind aan die Here Jesus OM HOM TE DIEN - om in Hom te glo en Hom te gehoorsaam, Sy woorde te vertrou - dit is wat nodig is om rein te bly, is dat jy nie geestelik hoereer nie. Sien die konteks vd Skrif, wat 'n waarskuwing is vir Christene wie se sinne bederf en vervreemd raak van die Here omdat hulle nie ag gee op Sy woorde en die waarheid nie. 'n Ongetroude meisie wat nie meer 'n maagd is nie, is nie REIN nie (Ef. 5:27; Rom. 7:4; Kol. 1:28)

(5)- Nog skrifte waarop ingekyk kan word is Spr.  30:18, 19 - ("Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie: die weg van die arend in die lug, die weg van ‘n slang oor ‘n rots, die weg van ‘n skip in die hart van die see, en die weg van ‘n man by ‘n maagd ("al-maw'" - meisie, bediende, maagd);  en  Eks. 22:16: -"As iemand ‘n jongmeisie (beth-oo-law') wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop").  Jongmense is nie veronderstel om seks te hê voor die huwelik nie. As 'n Joodse man 'n jongmeisie verlei het en met haar gemeenskap gehad het, was dit van hom verwag om met haar te trou (Eks. 22:16).  (Dieselfde was natuurlik nie verwag in die geval van waar 'n vrou verkrag is nie.... - in so 'n geval moes die verkragter doodgemaak word -Deut. 22:22-29). In vandag se lewe dink baie Christelike jongmense dat seks voor die huwelik in orde is, en neem selfs aanstoot as daar van hulle verwag word om te trou, maar nooit was seks voor die huwelik aanvaarbaar nie! Christene wat vandag dink dat dit aanvaarbaar is is besig om in sonde te stap en besig om te hoereer... (vgl. met 1 Kor. 7). (http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-huwelik-huwelik-hiernamaalsvoorhuwe.html)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou.html).

In die Ou Testament was die woorde "ongetroude jongmeisie" dus ook gebruik vir maagd, en tereg, want 'n ongetroude jongmeisie is nie veronderstel om in 'n verhouding te wees waar sy vleeslike gemeenskap beoefen nie. 
_________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie: