Wys tans plasings met die etiket ongetroude jongmeisie. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ongetroude jongmeisie. Wys alle plasings

Donderdag 05 November 2015

Waarna verwys die woord "maagd" in die Skrif?

'n Tema wat al baie reaksie uitgelok het in die verlede is die van of Maria inderdaad 'n maagd was of nie en of dit as 'n bewys geneem kan word dat Jesus die beloofde Messias is.  Baie mense interpreteer dat die woord "maagd" in Jes. 7:14 eerder verwys na slegs "jongmeisie", nie na "maagd" nie - die vraag is of dit verkeerd vertaal is of nie? 

Daar is ook baie wat spot met hierdie feit en glad nie glo dat Maria 'n maagd was nie en so probeer hulle bewys dat Jesus nie die Seun van God is nie.  Ander gee voor dat Christene dit verkeerd vertaal omdat hulle nie Hebreeus ken nie, maar selfs Mattheus ('n boek wat vir die Jode geskryf is en tog duidelik deur 'n Jood geskryf is wat die Hebreeuse taal geken het!) gebruik nie net die feit van Maria "as maagd" nie, maar beskryf ook die omstandighede rondom dit wat weer verder bewys dat die manier hoe hulle die woord in Jes.7:14 verstaan het inderdaad "maagd" beteken! Wat ons sal sien uit hierdie studie is dat hierdie woord nie net vertaal kan word as "jongmeisie" soos baie geleerdes beweer nie, maar ook vertaal kan word as "maagd" (soos Mattheus inderdaad beskrywe het!).   
_________________________________________________________________________________
Bybelstudie:
--------------
(1)  Daar is geen twyfel nie:  Mattheus (wat spesifiek vir Jode geskryf is en beslis deur 'n Jood geskryf is) het die woord interpreteer as "maagd" want hy beskryf dat sy inderdaad 'n maagd was (Matt. 1:18-25).(Vgl. dit met Luk. 1:26-35).



(2)  Kom ons kyk na die skrifte waarna spes. verwys word, nl.  
       Matt. 1:23 wat vgl. word met Jes. 7:14:

-(Matt. 1:23)  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
(Mat 1:23)  Behold,G2400 a virginG3933 shall be with child,G2192 G1722 G1064 andG2532 shall bring forthG5088 a son,G5207 andG2532 they shall callG2564 hisG846 nameG3686 Emmanuel,G1694 whichG3739 being interpretedG3177 is,G2076 GodG2316 withG3326 us.G2257

-(Jes. 7:14)  Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.
(Isa 7:14)  ThereforeH3651 the LordH136 himselfH1931 shall giveH5414 you a sign;H226 Behold,H2009 a virginH5959 shall conceive,H2029 and bearH3205 a son,H1121 and shall callH7121 his nameH8034 Immanuel.H6005

3 punte word uitgelig in sowel die Jes. profesie asook die aanhaling daarvan in Matt. 1:  
(1)  "die maagd sal swanger word; 
(2) "en 'n seun baar"; 
(3) en "hom Emmanuel noem".

Om te sien wat die regte vertaling is (m.a.w. of G3933 en H5959 inderdaad as "maagd" vertaal kan word), moet ons gaan kyk na G3933 in die Griekse vertaling (omdat die Nuwe Testament vertaal is vanaf die Grieks), en gaan kyk na H5959 (omdat die Ou Vertaling vertaal is vanaf die Hebreeus):
- (G3933 - παρθένος;  parthenos;  par-then'-os;  Of unknown origin; a maiden; by implication an unmarried daughter: - virgin).
- (H5959 - עלמה - ‛almâh - al-maw' - Feminine of H5958; a lass (as veiled or private): - damsel, maid, virgin).

Volgens G3933 en H5959 verwys die woord "maagd" na beide ongetroude jongmeisie (damsel, maiden / noun, an unmarried girl or young woman/"two knights fought to win the hand of a fair maiden"asook na 'n meisie wat 'n maagd is (virgin). Dus, die feit dat dit die betekenis van ongetroude jongmeisie ook inhou, beteken nie dat dit glad nie na 'n maagd kan verwys nie!;  inteendeel, 'n ongetroude jongmeisie is veronderstel om nog 'n maagd te wees! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kom ons kyk na ander skrifte waar hierdie woorde ook voorkom om meer lig te werp op die onderwerp:
(1) - (Gen 24:16)  En die dogter was baie mooi van aansien, ‘n jongmeisie (H1330), en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom.  - 'n Ander woord wat ook vir "jongmeisie" gebruik word is H1330 (בּתוּלה, bethûlâh, beth-oo-law'/Feminine passive participle of an unused root meaning to separate; a virgin (from her privacy); sometimes (by continuation) a bride; also (figuratively) a city or state: - maid, virgin. Alhoewel hierdie ook kan verwys na 'n bruid, verwys dit in Gen. 24:16 verseker na 'n maagd! - Vgl. dit met v.43 waarin H5959 vir haar gebruik word!  IN V. 16 WORD GENOEM DAT "GEEN MAN HAAR BEKEN HET NIE" EN IN V. 43 WORD DIESELFDE WOORD WAT IN DIE JES. PROFESIE GEBRUIK WORD (H5959), VIR HAAR GEBRUIK.  Hierdie is 'n verdere bewys dat H5959 ook na maagd kan verwys!  Vgl. dit ook met Lev. 21:13 en 14 waar H1330 ook gebruik word vir 'n maagd.

(2)-In hierdie skrifgedeelte sien ons ook dat die woord "jongmeisie" somtyds spesifiek gebruik word vir "maagd":
(Lev 21:13)  En hy (die priester) moet ‘n vrou in haar maagdelike (H1331 - "virginity") staat neem.
(Lev 21:14)  ‘n Weduwee of een wat verstoot is of ‘n onteerde, of ‘n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar ‘n jongmeisie (H1330) uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,
(Lev 21:15)  dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig.

(3) Dieselfde woord wat in Matt. 1:23 vertaal word as maagd, word ook in 1 Kor. 7:28, 34, 36 en 37 gebruik, en word nie net as maagd vertaal nie, maar deels beskryf as ongetroude jongmeisie en deels MAAGD:
- (1Co 7:28)  Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd (G3933) trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.
- (1Co 7:34)  Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou ("wife") en ‘n maagd (G3933); die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
- (1Co 7:36)  Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd (G3933) handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
- (1Co 7:37)  Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd (G3933) te bewaar, hy doen goed.

(4)- (2Co 11:2)  Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd (G3933) aan Christus voor te stel. Ons moet verstaan wat hierdie skrif beteken, en verstaan dat die klem le op "reine maagd", in die sin van dat die Christen soos 'n ongetroude jongmeisie is wat REIN is! (nog 'n maagd) en haar verbind het aan 'n man, l.w. REIN MAAGD (weer gebore in Christus en geen gemeenskap met die onreine nie) - 
verbind aan die Here Jesus OM HOM TE DIEN (om in Hom te glo en Hom te gehoorsaam, Sy woorde te vertrou...).  Gaan lees ook die konteks van die skrif waarin ons sien dat dit 'n waarskuwing is vir Christene wie se sinne bedorwe raak en vervreemd raak van die Here omdat hulle nie ag gee op Sy woorde en die waarheid nie. 'n Ongetroude meisie wat nie meer 'n maagd is nie, is nie REIN nie! (Ef. 5:27; Rom. 7:4; Kol. 1:28)

(5)- (Spr.  30:18, 19) "Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie:
 die weg van die arend in die lug, die weg van ‘n slang oor ‘n rots, die weg van ‘n skip in die hart van die see, en die weg van ‘n man by ‘n maagd (H5959)...". (Vgl. dit met Eks. 22:16: -"As iemand ‘n jongmeisie (H1330) wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop").  Jongmense is nie veronderstel om seks te he voor die huwelik nie!  As 'n Joodse man 'n jongmeisie verlei het en met haar gemeenskap gehad het, was dit van hom verwag om met haar te trou (Eks. 22:16).  (Dieselfde was natuurlik nie verwag in die geval van waar 'n vrou verkrag is nie.... - in so 'n geval moes die verkragter doodgemaak word! -Deut. 22:22-29). In vandag se lewe dink selfs baie Christelike jongmense dat seks voor die huwelik in orde is en neem selfs aanstoot as daar van hulle verwag word om te trou!???  Nooit was seks voor die huwelik aanvaarbaar nie! Christene wat vandag dink dat dit aanvaarbaar is, is besig om in sonde te stap en besig om te hoereer (vgl. met 1 Kor. 7). (http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-huwelik-huwelik-hiernamaalsvoorhuwe.html)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou.html).


In die Ou Testament was die woorde "ongetroude jongmeisie" dus juis ook gebruik vir maagd omdat 'n ongetroude jongmeisie nie veronderstel is om seks te beoefen nie! 
_________________________________________________________________________________