Sondag 09 Augustus 2015

12 Stamme van Israel (3)

VIR DIE ANDER GEDEELTES IN HIERDIE REEKS "12 STAMME VAN ISRAEL", GAAN NA:
(4)
(5)

In hierdie pos kyk ons na Issaskar en Sebulon.
_________________________________________________________________________________

OPSOMMING 12 STAMME : 
(Gen. 49 en Deut. 33)

_________________________________________________________________________________
LEA het vir Jakob nog 2 seuns gebaar:
- Issaskar
- Sebulon

(Gen 35:23 - "Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Issaskar en Sébulon").
______________________________________________________

(5)  ISSASKAR

Die seeninge deur Moses en Jakob uitgespreek oor Issaskar:
Moses: (Gen 49:14)  Issaskar is ‘n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lê.
(Gen 49:15)  Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.

Jakob: (Deu 33:18)  En van Sébulon het hy gesê: Verheug jou, Sébulon, oor jou togte, en Issaskar, oor jou tente.
(Deu 33:19)  Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers van geregtigheid offer; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand.

"En dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog uit die teenwoordigheid van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die helde wat gehelp het in die oorlog"
...........en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was twee honderd, en al hulle broers onder hulle bevel"  (1 Kron. 12:1, 32).


(Jos 19:17)  Vir Issaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Issaskar volgens hulle geslagte;
(Jos 19:18)  en hulle grondgebied was na Jísreël toe en Kesúllot en Sunem,
(Jos 19:19)  en Hafaráim en Sion en Anagárat,
(Jos 19:20)  en Rabbit en Kísjon en Ebes,
(Jos 19:21)  en Remet en En-Gannim en En-Hadda en Bet-Pases;
(Jos 19:22)  en die lyn raak aan Tabor en Sahasíma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe.
(Jos 19:23)  Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Issaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

Deel van hulle grondgebied was na Jísreël toe - een van die rykste dele in Palestina!  




------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6)  SEBULON

Die seeninge deur Moses en Jakob uitgespreek oor Sebulon:
Moses: (Gen 49:13)  Sébulon sal woon by die strand van die see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe.

Jakob: (Deu 33:18)  En van Sébulon het hy gesê: Verheug jou, Sébulon, oor jou togte, en Issaskar, oor jou tente.
(Deu 33:19)  Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers van geregtigheid offer; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand.

"hy sal by die strand van die skepe wees" (Gen. 49:13)


Die gedeelte van die land wat aan hulle uitgedeel is, was die suidelike van Galilea,
 en die oostelike grens, die see van Galilea;
  westelike grens, die Meditireense see;
  suidelike grens, grens van Issaskar (Jos. 19:11-16).


-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In die dae toe Jesus op aarde was was Palestina in 3 dele verdeel 
(Hand. 9:31):
- Judea
- Samaria
- Galilea

Jesus was van Galilea (Matt. 21:11).  Hy het daar opgegroei en meeste van Sy bediening was in daardie dele.  Wat interessant is is dat Galilea in Matt. 15 genoem word "Galilea VAN DIE HEIDENE" (alhoewel hulle Jode was).  Hulle was gesien as mense wat nie so op hoogte was met die Wet nie, en nie ingestel op Joodse tradisie nie, maar was baie bekend vir hulle moed in tye van oorlog. Galilea word verder verduidelik as "die volk wat in duisternis sit" (Matt. 4:16), en "die wat sit in die land en skaduwee van die dood".  Die "in duisternis" verwys gewoonlik na die "in sonde" en wie se werke boos is (Joh. 3:19; 1 Joh. 1:6; Luk. 22:53); en l.w. hoe dit ook genoem word "Galilea van die heidene". Christus is die Lig wat kom skyn in die duisternis;  daarom die woorde in Matt. 4:16, "het 'n groot lig gesien", en "vir hulle het 'n lig opgegaan". (Nog skrifgedeeltes:  1 Thess. 5:5-8)(1 Pet. 2:9,10).

(Mat 4:13)  En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali,
(Mat 4:14)  sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:
(Mat 4:15)  Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene—
(Mat 4:16)  die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan.
(Mat 4:17)  Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.


(Vgl. met Jes. 9:1,2).

Geen opmerkings nie: