Dinsdag 03 April 2012

Om in die gawes van die Heilige Gees te kan stap...

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-raak-ons-kragtig-in-die-here.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waarseery-in-die-kerk.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Om in die gawes van die Heilige Gees te kan


 stap, verg gehoorsaamheid

Baie tekens wys daarop dat ons ons in die laaste dae bevind.  Dat ons die laaste generasie op aarde is voor Jesus se terugkoms, is baie moontlik. (Mat 24:6)  Oorloë en gerugte van oorloë..., die skrif se dit is nog net die begin van smarte (Matt. 24:6-8). Vele valse Christusse het al opgestaan, net soos Jesus gewaarsku het (v.4,5). "Swaar tye" (2 Tim. 3:1), hongersnode, pessiektes, aardbewings (Matt. 24:7) - ook dit is net die begin van smarte!  Ander tekens van die tye, is die feit dat die mensdom so ingestel is op rykdom en die vergadering van skatte (Jak. 5:1-3).  Ons sien baie onregverdigheid en onderbetaling aan werkers, ander wat weelderig lewe, selfs losbandig (Jak. 5:4,5).   
Ons leef in 'n tyd waarin baie net 'n "gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloen het"  (2 Tim. 3:5).  Mense, en selfs baie Christene, is meer besorg oor die dinge van die lewe as die dinge van God (Matt. 24:37). Vele sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, selfs wreed en sonder liefde vir die goeie (2 Tim. 3:3).  Verraaiers, mense wat verwaand is en roekeloos, MEER LIEFHEBBERS VAN GENOT AS LIEFHEBBERS VAN GOD.  Die skrif praat ook van mense wat "altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kom nie (2 Tim. 3:7) - klink dit bekend?  Ons lees ook in v.6 van manne wat "deur allerhande begeerlikhede gedryf word" en  v.8, van die wat die waarheid teestaan, verdorwe in die verstand en onbetroubaar! ONGEHOORSAMES.

 (2Ti 4:3) - "want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede".

Die dinge word nie net in die wereld gesien nie, maar wel ook onder "kinders van die Here!"  Ons kerke is besmet met "liefhebbers van genot", "hoereerders", "Christene wat die waarheid teestaan", selfs diesulkes "sonder natuurlike liefde", "kwaadsprekers", "onregverdigheid", "ingesteldheid op rykdom" ens. Dit laat mens dink aan Jesus se woorde in  (Luk 18:8)- "Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?"  Jesus self het ook gese dat die laaste dae sal wees soos in die dae van Noag, en in die dae van Lot (Luk. 17:26-28) waar mense min tyd met die Here spandeer of selfs ag gee op Hom.  Hulle eet en drink, koop en verkoop, plant, bou...meer besig met die lewe as met die Here.  

Met sulke ingesteldheid op die verkeerde en 'n wil om ONGEHOORSAAM te wees, is daar min Christene wat regtig opdragte van die Here ervaar of in Sy gawes stap.   As die mens glad nie begeer om gehoorsaam te wees aan die Here nie, hoe kan die Here hom dan gebruik?  As die Christen kies om in opsetlik, aanhoudende sonde te stap en hom glad nie steur aan die wil van die Here nie, hoe is hy dan onderwerp aan die Here? Min Christene jaag godsaligheid na en die wil ontbreek om regtig VIR DIE HERE TE LEEF. Die woorde "om jouself daagliks te kruisig" beteken nie veel vir die algemene Christen van vandag nie.   In heelwat kerke is Christene van mening dat hulle die kerk lei en hulle die besluite neem - daar word min gevra na die wil van die Here!  (Die mens doen soos hy goeddink, nie noodwendig soos die Here beveel nie.)  Min Christene begeer selfs om van die Here te "hoor" -  ander "hoor" die Here en weet wat Sy opdragte is, maar hulle is ongehoorsaam.  Dit is soos wanneer jy met iemand praat en hy ignoreer jou.  So ignoreer baie Christene die Here. Hy praat met hulle, maar hulle gee nie ag nie en hulle gedagtes is op die dinge van die wereld. Dit is gerieflik om kerk toe te gaan op 'n Sondag "waar iemand anders van die Here moet hoor en dit aan jou oordra"- in die eerste plek reken so iemand dat hyself nie soveel tyd met die Here hoef te spandeer nie en dit verg ook geen "gehoorsaamheid" van sy kant af nie (behalwe om kerk toe te gaan). Die kerk is egter bedoel om soos die liggaam van Christus te funksioneer waar almal na die waarheid soek, in 'n persoonlike verhouding met die Here is, begeer om Sy wil te doen (nie mense se wil nie) en om in Sy gawes en bedieninge te stap. -dit verg gehoorsaamheid (nie gehoorsaamheid in die sin van wat ons dink ons moet doen nie, maar gehoorsaamheid aan wat die Here ons beveel om te doen).  Ook het ons Sy gawes en bedieninge nodig om te kan evangeliseer.  Daarom dan die rede dat Christene stil geraak het en nie altyd die waarheid verkondig nie of 'n dringendheid het om vir ander te bid nie! (2Ti 4:2)  -"VERKONDIG DIE WOORD; hou aan tydig en ontydig" / (1Pe 4:7)  -"En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan BID". Hierdie dinge  verg GEHOORSAAMHEID!  Hoeveel keer wys die Here vir iemand om vir iemand anders te bid, en dan doen hy dit nie?  Hoeveel keer wys die Here vir iemand om die waarheid te verkondig, maar dan swyg hy?

Om in die gawes van die Heilige Gees te kan stap of in Sy bedieninge, verg bloot GEHOORSAAMHEID!  -om gehoorsaam te wees aan Sy stem (nie wat jy self reken moet gebeur nie - gaan kyk gerus na my blogpost getiteld:  "as jy dink jy doen goed...").  Wanneer ons so stap, deur gehoorsaam te wees aan die Here se daaglikse opdragte, stap ons in Sy gawes sonder dat ons dit eens besef!  Met die tyd kom die Christen agter in watter gawes die Here hom lei.  Hy gee ons ook die krag om enige iets te doen wat Hy wil deur ons. Die Christen moet net "gehoorsaam" wees.  

Dit gaan nie oor hoeveel talente iemand het of oor dit wat hy alreeds kan doen nie, maar dit gaan OOR WAT DIE HERE DEUR IEMAND WIL DOEN.

Is jy meer besig met die Here as met die lewe?
Spandeer jy alleentyd met die Here?
Is jy gehoorsaam wanneer Hy jou 'n opdrag gee?




Geen opmerkings nie: