Wys tans plasings gerangskik volgens relevansie vir die navraag ewige oordeel. Rangskik volgens datum Wys alle plasings
Wys tans plasings gerangskik volgens relevansie vir die navraag ewige oordeel. Rangskik volgens datum Wys alle plasings

Woensdag 09 Julie 2014

Die Oordeel/Ewige Oordeel (3)

Vir die eerste twee dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Heb 9:27)  "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel..."  - van watter oordeel word hier gepraat? 


Volgens die Skrif, bestaan die hel uit verskillende dele (kyk bv. die gelykenis van Lasarus en die ryk man - Luk. 16:20-31), en dit is duidelik dat die ryk man reeds in 'n "vlam" (nie "poel van vuur nie") was. Die poel van vuur is egter verwysend na die "tweede dood", en "ewige oordeel".  Ons kan seker dink aan die hel as 'n "tronk", waarin die sondaars gehuisves word tot die DAG VAN (ewige) OORDEEL.  Sommige geleerdes is van mening dat die poel van vuur 'n deel is van die hel (Matt. 23:33)(en die hel is 'n deel van die doderyk...).  DIT IS DUIDELIK DAT DIE SONDAARS/ONGELOWIGES IN DIE HEL (gevange) GEHOU WORD VIR DIE DAG VAN DIE (EWIGE) OORDEEL - ook die engele wat gesondig het, word daar in bewaring gehou tot daardie dag.  (2Pe 2:4)  "Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word. 

Die O.T. heiliges het ook na 'n plek in die doderyk gegaan, maar dit was nie dieselfde deel van die doderyk as waarnatoe die sondaars/ongelowiges gegaan het nie (nl. die hel)(Luk. 16:23,24). Dus, VOLGENS LUK. 16 WAS LASARUS EN DIE RYK MAN IN VERSKILLENDE DELE VAN DIE DODERYK (sommige praat van "HEL", maar die Afrikaanse Bybel gebruik eintlik die regte woord, nl. "doderyk")In hierdie sin word elke mens alreeds "geoordeel" die oomblik wanneer hy/sy doodgaan -(Heb 9:27 - "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel"), en die gelowiges en ongelowiges gaan na verskillende plekke.  In die ou bedeling was dit wel na verskillende plekke (in die doderyk), maar in die nuwe bedeling is baie van mening dat gelowiges "inwoon by die Here" -(2Kor. 5:8-10 - "Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon. Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad")

Dus, daar vind alreeds OORDEEL plaas wanneer iemand doodgaan, MAAR ons moet verstaan dat die ewige oordeel  op 'n ander tyd geskied - en hierdie oordeel verwys na die "tweede dood", wanneer die wie se name nie in die boek van die lewe, in die poel van vuur gegooi word. Met Jesus Christus se wederkoms, sal die oordeel begin by die huis van God.  Gelowiges sal dan ook geoordeel word op "vrug", "werke" en "woorde" (en sal ook verskillende belonings ontvang) - en l.w. dat sommige hier weggestuur gaan word  in die "ewige oordeel" - vgl. hierdie met die tema van (skape en bokke)(koring en onkruid)(skape en skape)(koring en kaf). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Aan die einde van die 1000 jaar Ryk, gaan die "wit troon oordeel" plaasvind - die wit troon oordeel verwys spesifiek na die "ewige oordeel" (soos bo genoem) - "die tweede dood" - "die poel van vuur", MAAR die woord "OORDEEL" verwys nie oral na "EWIGE OORDEEL NIE" (Jak. 3:1; 5:12...);  alhoewel die woorde "die oordeel" wel kan verwys na beide:
- (1)  die oordeel met Jesus se wederkoms (aan die einde van hierdie eeu), asook die 
- (2)  wit troon oordeel aan die einde vd volgende eeu (1000 jaar Ryk). (Openb. 20:13)  "En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke"   (- nog verse waarin die woord "doderyk" gebruik is - graf, of plek van dooies - Gen. 37:35; 42:38 ens.).

 In Mat 23:33 word "hel" gesien soos "die oordeel" -  "Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?" - m.a.w., die hel is ook die oordeel waarin iemand val.  SOMMIGE SKRIFTE VERWYS DUS NA DIE (EWIGE) OORDEEL AS "HEL", MAAR ONS MOET OOK VERSTAAN DAT DIE HEL 'n plek is wat UIT VERSKILLENDE DELE BESTAAN.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wanneer die Here Jesus Christus ons opwek tot lewe, dan het die dood geen oorwinning oor ons nie - die duiwel kan nie besluit hieroor nie, want hy het nie die mag nie.  Jesus Christus besluit hieroor, want deur Sy dood en opstanding het Hy die mag, en Hy sal besluit wie lewe en wie nie;  wie opgewek word tot lewe, en wie nie... Hy gee die ewige lewe aan wie Hy wil. Die wat nie in Hom glo en Hom nie dien nie, sal nie opgewek word tot lewe nie, maar deur Hom veroordeel word omdat hulle nie gesien word as kinders van die Here nie, maar "kinders van die duiwel" (1 Joh. 3:10; Joh. 8:44l Matt. 25:41).

==================================================
-  Die woorde "die oordeel" verwys somtyds in die skrif na die wat veroordeel word:  (Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.  

-  Die woorde "die oordeel" verwys somtyds in die skrif net na die tyd van oordeel (en dat almal geoordeel word):
(Mat 12:41)  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!
(Mat 12:42)  Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!
(Luk 10:14)  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.
ens.
========================================================================
LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES, KAN NIE VERGEWE WORD NIE - SO IEMAND IS VERDOEM TOT "EWIGE OORDEEL":

(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel—
(Mar 3:30)  omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Joh 3:19)  En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
(Joh 9:39)  En Jesus sê: Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.
(Joh 12:31)  Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
========================================================================
DAAR SAL 'N DAG KOM WANNEER DIE HEMEL EN AARDE MET VUUR VERBRAND SAL WORD - DIE SKRIF VERKLAAR DAT DIT SAL GEBEUR OP "DIE DAG VAN DIE OORDEEL - DIT IS OOK WANNEER DIE GODDELOSE MENSE VERDERF SAL WORD.  

(2Pe 3:3)  Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel
(2Pe 3:4)  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.
(2Pe 3:5)  Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,
(2Pe 3:6)  waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.
(2Pe 3:7)  Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

---------------------------------------------------------------------------------
Wanneer sal die lewende en dode geoordeel word?

(1Pe 4:4)  Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.
(1Pe 4:5)  Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.


(2Ti 4:1)  Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
(2Ti 4:2)  verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

(HIERDIE WAS GESKRYF AAN GELOWIGES  - IN KONTEKS KAN ONS SE DAT HIERDIE OORDEEL OP LEWENDE EN DODE BY SY VERSKYNING EN SY KONINKRYK, OP GELOWIGES SAL WEES.

(Joh 3:19)  "En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos".
JESUS HET VERDUIDELIK DAT DIE WAARHEID SOOS 'N SWAARD IS:  (Mat 10:34 - "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard").  Daarom bring die wat die waarheid wegwys, 'n oordeel oor hulleself.  


(Heb 10:26)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
(Heb 10:27)  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
(Heb 10:28)  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
(Heb 10:29)  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?
(Heb 10:30)  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
========================================================================

(Heb 10:31)  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.
-In Jud. 1:6 word die woorde "die oordeel van die groot dag" gebruik:  
(Jud 1:6)  En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;

-In Hand. 24:25 word die woorde "toekomstige oordeel" gebruik:
(Hand. 24:25)  Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.

Die Oordeel/Ewige Oordeel (2)

Vir die eerste deel van hierdie onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-1.html
---------------------------------------------------------------------------------
WAARNA VERWYS "EWIGE OORDEEL"?
EN IS DIT DIESELFDE AS "HEL"?
Die "ewige oordeel" is die teenoorgestelde van "ewige lewe":  
(Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
M.a.w.
- "tweede dood" is 'n ander term wat gebruik word vir "ewige oordeel" - hierdie oordeel word vir ons beskryf in: Openb. 20:14 - "En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.


Ander woorde vir poel van vuur, is:
- "ewige straf": (Mat 25:46)  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
- "ewige vuur": (Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
- "oordeel van die hel"(Mat 23:33)  Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
------------------------------------------------------------------------
Die doel van die ewige oordeel:  
(Openb. 20:12)  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
(Openb. 20:13)  En die see het die dode (Griekse woord "nek-ros" - afgelei van "corpse" - "dead")("opstanding"- NIE eerste opstanding NIE) 
gegee wat daarin was, en die dood (Griekse woord "than-at-os" - "death") ("opstanding" - NIE EERSTE OPSTANDING NIE - eerste opstanding het plaasgevind met Jesus se wederkoms, 1000 jaar voor hierdie oordeel)
en die doderyk (Griekse woord, "hah-dace"- "Hades, place of departed souls", "grave, hell")("hel") het die dode gegee wat daarin was;
en hulle is

geoordeel, elkeen volgens sy werke.

(Openb. 20:14)  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
(Openb. 20:15)  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
---------------------------------------------------------------------------------
Wat is die doel van die oordeel met Jesus se wederkoms?: 
(Hand. 17:30)  God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
(Hand. 17:31)  omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.

(1Pe 4:5)  Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel. (in konteks: die mens oordeel op werke)


  DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE JESUS CHRISTUS, SAL MET "OORDEEL" GEPAARDGAAN.  HY SAL OORDEEL EN BESLUIT WIE DIE OPSTANDING TOT DIE LEWE ONTVANG:
(Openb. 19:11)  "Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid".
(Joh 5:21)  Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil. (Joh 5:22)  Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee, (Joh 5:23)  sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
(Joh 5:27)  En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
(Joh 12:48)  Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag- (HIER KAN ONS SIEN DAT HIERDIE OORDEEL WAARVAN JESUS HIER PRAAT, SAL PLAASVIND "IN DIE LAASTE DAG")
(Rom 2:16)  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.
(2Ti 4:1)  "Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk- (HIER SIEN ONS weer DAT HIERDIE OORDEEL "BY SY VERSKYNING" GAAN PLAASVIND)

DUS, VAN DIE BEGIN VAN DIE WERELD, WAS DIT GEEN GEHEIM NIE, 
EN OOK NIE STILGEHOU NIE!!!  IN ELKE GEVAL, IN DIE SKRIF WAAR DIE TEMA VAN OORDEEL BESPREEK WORD, GAAN DIT OOR  HOE DIE HERE DIE SONDAARS EN DIE GODDELOSES SAL OORDEEL (Rom 2:2)  En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.(Rom 2:3)  En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?.......(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God  /  (Rom 2:16)  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.   /   (1Co 4:5)  Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.   /   Hebr. 13:4   /   Jak. 2:13   /   1 Pet. 4:5
 Die waarheid is dat almal GEOORDEEL (gaan) word, en dat die wat nie die voorwaardes nagekom het of oorwin het nie, in die ewige oordeel (OPSTANDING TOT VEROORDELING) sal gaan... Die wat wel die voorwaardes nagekom het en oorwin het, sal die ewige lewe (OPSTANDING TOT DIE LEWE) ontvang (Hebr. 9:27,28). (2Pe 2:9)  "die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word".

-------------------------------------------
Wie gaan NIE onder die ewige oordeel val nie?
Openb.2:11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

Openb.20:6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. (EN LET WEL DAT "EERSTE OPSTANDING" SPES. VERWYS NA DIE WAT OPSTAAN TOT LEWE, NIE DIE WAT OPSTAAN TOT VEROORDELING NIE)

Joh 5:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

Mat 25:46  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

---------------------------------------------------------------
Wie gaan onder die ewige oordeel val?
Openb.20:14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 
Openb.21:8  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood. 
Mar 3:29  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— 
Mat_25:46  En hulle ("bokke") sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe. 
(2Thess. 1:8)  in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. 2Thess. 1:9  Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte, 
(Jud 1:4)  Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën........
Jud 1:7  soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.  (in konteks, v.5 - die ongelowiges; v. 10 - hulle belaster alles wat hulle nie ken nie - spotters -v.18;  v.16 - hulle is murmureerders wat oor hulle lot kla, volgens eie (goddelose - v.18) begeerlikhede wandel, hulle monde spreek trotse woorde; hulle vlei mense ter wille van voordeel, ens.)
(Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. - (in konteks, die wat onbarmhartig was)
(Mat 18:8)  En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. (sondaars) (ook 2 Pet. 2 - en l.w. hier in konteks met "gelowiges wat nie vashou aan die geloof nie).
---------------------------------------------------------------------------------

DIE "POEL VAN VUUR" IS 'N PLEK WAARNATOE DIE GAAN WAT VEROORDEEL WORD - ALHOEWEL LYK OF DIT NET 'N DEEL IS VAN DIE HEL, VERWYS JESUS DAARNA AS 
"die hel":
-  (Luk 12:5)  maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

-  (Mar 9:43)  En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur, 
-  (Mar 9:44)  waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
-  (Mar 9:45)  En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,

-  (Mat 23:33)  Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

 JESUS HET DUS IN HIERDIE SKRIFGEDEELTES BLOOT DIE WOORD "hel" GEBRUIK VIR DIE WAT VEROORDEEL WORD - ONS KAN DUS SE DAT IN SEKERE SKRIFGEDEELTES DIE WOORD "HEL" GEBRUIK WORD in die plek van (EWIGE) "OORDEEL", ASOOK in die plek van die "POEL VAN VUUR",(IN ANDER SKRIFGEDEELTES IS DIT DUIDELIK DAT DIE HEL UIT VERSKILLENDE DEPARTEMENTE BESTAAN).
Daarom praat geleerdes ook so, en verwys bloot na "iemand gaan na die hel" as hy veroordeel word deur die Here....  As ons egter se dat iemand na die hel gaan, beteken dit nie noodwendig die "poel van vuur" of die "tweede dood" nie, alhoewel dit dit kan beteken. DIE HEL KAN DUS soos 'N TRONK gesien word - die duiwel het mag gehad oor die dood, maar Jesus het deur Sy dood en opstanding, daardie mag verbreek:
 In die verhaal wat Jesus vertel van die ryk man en Lasarus, is dit duidelik dat "Ou Testamentiese" heiliges, met dood, ook na dele van die hel gegaan het, maar na bv. 'n verskillende deel as die deel waarin die ongelowige gaan (kyk vb. van ryk man en Lasarus). 

(1Pe 4:6)  Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.

(1Pe 3:19)  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,
(1Pe 3:20)  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

Ons sien bv. in Jud. 1:9 hoe Migael in woordestryd was met die duiwel oor die liggaam van Moses.  
 (Jud 1:9)  Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!

Die duiwel het mag gehad oor "die dood", maar Jesus het deur die dood daardie mag tot niet gemaak.  Die Here Jesus Christus het nou die sleutels van die doderyk en van die dood - die oordeel is aan Hom oorgegee, en Hy besluit wie moet "lewe" en wie nie!  Sy opstanding uit die dood, is 'n bewys dat Hy die mag vd duiwel verbreek het:  (Hand. 2:31)  "het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie"  ;  (Hand. 17:31)  "omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel heten Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek".

(Heb 2:14)  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—
(Heb 2:15)  en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.
(Heb 2:16)  Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.

(1Kor. 15:54)  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
(1Kor. 15:55)  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

Sommige geleerdes is van mening dat die wat met Jesus se wederkoms deur Hom veroordeel word, in bewaring gehou gaan word vir die dag van die Wit troon oordeel (wat eers na die 1000 jaar tydperk plaasvind)  - en dan eers in die poel van vuur gewerp gaan word.  Ander is weer van mening dat die wat deur Hom veroordeel gaan word op daardie stadium, onmiddellik in die poel van vuur ("ewige vuur") gegooi gaan word -(Mat 25:41)  "Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele".  Volgens Jesus se woorde hier, wil dit lyk of die "ewige vuur" nooit bedoel was vir die mens nie, maar vir die duiwel en sy engele. Iemand wat weier om homself ondergeskik te stel aan sy Skepper, is nie 'n kind van God nie, maar 'n "kind van die duiwel", en as jy 'n kind van die duiwel is, dan gaan jy saam met hom en sy engele in die poel van vuur gegooi word! 
(1Jn 3:10)  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.

(Joh 8:42)  "En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.
(Joh 8:43)  Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.
(Joh 8:44)  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan".

 (Openb. 20:10)  "En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid".  (Openb. 12:9; 1 Pet. 5:8; 2 Tim. 2:26).

Die Oordeel/Ewige Oordeel (1)

In hierdie blogpost gaan ons spes. kyk na die tema van "die oordeel" (en die "ewige oordeel") - (nou nie in die sin van waar "mense oordeel" nie - of nie mag oordeel nie, http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-6.html), maar:
"DIE HERE KOM OM TE OORDEEL".

(Openb. 6:12)  En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
(Openb. 6:13)  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
(Openb. 6:14)  en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
(Openb. 6:15)  en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
(Openb. 6:16)  en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
(Openb. 6:17)  want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?


(Openb. 11:18)  En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.
========================================================================

Die onderwerp van "oordeel" was glad nie 'n onbekende term by die volk van God nie - hulle het verstaan dat wanneer die Here kom, Hy almal sal oordeel.  Selfs van die vroegste tye af het God hierdie feit deur Sy profete duidelik gemaak:    (Jud 1:14-15)  "En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle, (1) om gerig te hou oor almal en (2) al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en (3) oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het".




So, ons sien reeds van die tyd van Genesis af dat hierdie "oordeel" nie 'n geheim was nie - Henog het hier geprofeteer van hoe die Here sal kom "OM GERIG TE HOU OOR ALMAL".

*  ANDER PROFETE HET OOK VAN HIERDIE OORDEEL GEPRAAT:
Dawid:  
(Psa 50:6)  En—die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.
(Psa 96:10)  Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.
Jesaja:
(Jes. 2:4)  En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
(Jes. 11:4)  maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.
Esegiel:
(Eseg. 18:30)  Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.
(Eseg. 34:17)  En wat julle aangaan, my skape, so sê die Here HERE, kyk, Ek sal oordeel tussen skape en skape, die ramme en die bokramme.
(Eseg. 34:20)  Daarom, so sê die Here HERE vir hulle: Kyk, hier is Ek, en Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.


Dit is duidelik dat, ook volgens die Jud. 1:4,5 skrifgedeelte, dat "oordeel" ook gaan plaasvind met die Here se koms. Ons sien 3 dele van "oordeel" wat uitgelig word:
(1)  "gerig hou oor ALMAL"
(2)  "gerig hou oor al die goddelose mense onder hulle, om hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het"
(3)  "gerig hou oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het". 

(Heb 9:27 - "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel").  Elke mens sal geoordeel word, of hy dit wil glo of nie!

(Openb. 19:11)  "Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid".
TOE JESUS DIE EERSTE KEER GEKOM HET, HET HY NIE GEKOM OM TE OORDEEL NIE, MAAR WANNEER HY TERUGKOM, SAL SY VERSKYNING MET OORDEEL GEPAARDGAAN.

ONS MOET EGTER ONDERSKEI TUSSEN: 
-hierdie OORDEEL WAT GEPAARDGAAN MET DIE HERE JESUS CHRISTUS SE WEDERKOMS;
- EN DIE OORDEEL WAT GAAN PLAASVIND NA JESUS SE 1000 JAAR KONINGSKAP (nl. die "wit troon oordeel"). 
In die oordeel met Jesus se wederkoms, sal baie weggestuur word in die ewige oordeel, maar dan is almal nog nie geoordeel nie.  Na die 1000 jaar gaan die ander dooies herlewe, en dan ook geoordeel word. 
========================================================================

*  In die skrif word daar na die dag van oordeel, ook verwys as "die dag van toorn"/toorn:

(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God
(Rom 2:6)  wat elkeen sal vergeld na sy werke:
(Rom 2:7)  aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;
(Rom 2:8)  maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;
(Rom 2:9)  verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;
(Rom 2:10)  maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

(Rom 1:18)  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

(Mat 3:7)  Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

(Mat 18:34)  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.

(1Th 2:16)  deurdat hulle ons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.

Let wel dat in sommige van hierdie skrifgedeeltes spes. gepraat word met gelowiges! - dit is nie net die ongelowiges wat geoordeel sal word nie, maar ook die gelowiges.  Die "toorn" egter verwys slegs op die ongehoorsames, en die wat aan die waarheid ongehoorsaam is, die eiesinniges...(Rom. 2:5-10), die wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk(Rom. 1:18), die wat nie die vrug dra wat by die bekering pas nie (Matt. 3:7)), die wat verhoed dat die waarheid verkondig word (1 Thess. 2:16), die wat nie barmhartig is nie/nie wil vryspreek nie/nie vergewe nie (Matt. 18:34). 
*  Die persoon wat geregverdig is in die bloed van Christus, word gered van hierdie toorn (wat aan kom is):

(Rom 5:9)  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.

(Ef. 2:1)  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes (Ef. 2:2)  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,(Ef. 2:3)  onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

(1Th 1:10)  "en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.(1Th 5:9)  Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus"  

-  Volgens 1 Thess. 5:9 is dit duidelik dat "toorn" te doen het met die wat "nie die saligheid verkry nie". 
- Die wie se "sondes vergewe is", sal nie onder toorn val nie, maar die Seun sal hulle verlos van die toekomstige toorn.  (Gelowiges wat egter weer die sonde begin dien, sal onder hierdie toorn val)(iemand het "vergifnis van sondes nodig, om nie onder toorn te val nie!)-vgl. dit met die oordele met Jesus se wederkoms: skeiding van die koring en kaf, koring en onkruid, en skape en bokke. 

==================================================
*  JESUS HET OOK VERSKEIE MALE VERWYS NA HIERDIE OORDEEL WAT VOORLE:

(Mat 23:14)  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang.
(Mat 23:33)  "Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?" 

(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel

(Luk 10:14)  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.

(Luk 19:22)  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.

DIT IS DUIDELIK DAT DIE MANIER HOE JESUS GEPRAAT HET VAN "OORDEEL", HY VERWYS HET NA  "wanneer mense op hulle werke geoordeel sal word").
========================================================================
*  Die eerste Christene het ook gepraat van hierdie oordeel, en l.w., nie net van hoe die goddelose geoordeel sal word nie, maar ook die gelowiges!

(Jak. 3:1)  Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan.

(1Pe 4:17)  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
(1Pe 4:18)  En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?

(Heb 10:30)  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
(Heb 10:31)  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. (in konteks gaan dit hier oor gelowiges (Christene) wat opsetlik bly sondig - (Heb 10:26 - "Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie") - en daar word klem gele op die feit dat die straf groter gaan wees vir die een wat opsetlik bly sondig nadat hulle tot die kennis van waarheid gekom, as wat dit is vir die was wat nie die wet van Moses nagekom het nie!(Heb 10:29 - "hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?")
 - vgl. dit met wat Jesus gese het terwyl Hy die evangelie van die koninkryk verkondig het:(Mat 5:20 - "Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie" - en dit het Hy gese in konteks met dat ons gehoorsaam moet wees aan die Here se gebooie).  

Ook tydens evangelie-prediking, is die mense gewaarsku teen die komende oordeel:
(Hand. 10:42)  "En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy (die Here Jesus Christus) is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode".

(Hand. 24:25)  Maar toe hy (Paulus) spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.
==================================================

*  INTEENDEEL, IN DIE EERSTE GEMEENTES WAS  leringe soos "bekering uit dooie werke" en "ewige oordeel",  DEEL VAN DIE FONDAMENT WAT GELE IS:  
(Heb 6:1)  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die 
bekering uit dooie werke en van die 
geloof in God,
(Heb 6:2)  van die leer van die 
doop en van die 
handoplegging en van die 
opstanding van die dode en van die 
ewige oordeel.


Menige Christene vandag glo dat gelowiges geensins geoordeel gaan word nie, maar dit is duidelik uit die Skrif dat dit nie die waarheid is nie!  Die oordeel begin by die huis van God - almal wie se sondes nie vergewe is nie, sal geoordeel word!  As gevolg van hierdie miskonsepsie (dat sommige gelowiges glo dat hulle nie geoordeel gaan word nie), het baie weggeval van die geloof en/of stap in opsetlike sonde sonder berou en sonder om hulle te bekeer daarvan, omdat hulle dink dat hulle hul nie hoef te bekeer van sonde nie...MAAR SONDER BEKERING, IS DAAR GEEN VERGIFNIS VAN SONDES NIE.(Rom 4:7- Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is).
  Christene moet ophou om mekaar te oordeel op hulle eie mensgemaakte reels, en soos die wereld oordeel, en eerder begin om mekaar te waarsku teen die komende oordeel, dat iemand nie afvallig raak van die geloof nie, of wegval in opsetlike sonde nie.  Die uiteinde vir die wat nie vashou in die geloof nie,  is dat hulle straf groter sal wees, as wat die straf was vir die wat die wet van Moses oortree het! (Jak. 5:19)  "Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek" LET WEL DAT HIERDIE GESKRYF WAS VAN GELOWIGES, NIE ONGELOWIGES NIE!  Daarom het Jesus die volgende vir ons geleer: (Mat 18:9 - "En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word") - en let wel dat Hy hier met mense gepraat het wat hulleself gesien het as "kinders van die koninkryk" - ja, dit is moontlik vir 'n "kind van die koninkryk" om in die helse vuur gewerp te word, as hy bv. die sonde weer begin dien! Hy sal onder die toorn val.

Sommige Christene dink net eenvoudig dat hulle kan wegkom daarmee - dat, omdat hulle eens "vergifnis van sondes ontvang het", hulle mag stap in sonde! Hulle het geen vrees vir die Here nie. (Rom 6:1-4 "Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel").

(Pred. 8:11)  "Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen".

HULLE GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE, SAL BEWYS OF HULLE WERKLIK GLO,  -OF HULLE VASGEHOU HET AAN DIE GELOOF! (ongehoorsaamheid wys daarop dat iemand nie glo nie, soos iemand wat ongehoorsaam is aan 'n leier vir wie hy nie vertrou nie).  As iemand sy hoop plaas in die Here, Hom vertrou, sal hy gehoorsaam wees aan Hom, aan Sy leringe en Sy wil soek..
In die brief aan die gemeente van Sardis (wat Christene was), het Jesus die volgende stelling gemaak: (Openb. 3:5 - "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele" - sou iemand dus "nie oorwin nie", skep dit die moontlikheid dat sy naam uit die boek van die lewe uitgewis word.
=======================================================================-

Donderdag 22 Augustus 2013

Moenie oordeel/veroordeel nie (6)

KORT OPSOMMING:  

(Jak. 2:13)  "Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel".


"OM TE VEROORDEEL", of  "OM TE OORDEEL",
 BETEKEN:  

"wanneer iemand NIE WIL VRYSPREEK (nie vergewe) NIE" 
OF 
"wanneer iemand NIE BARMHARTIG IS NIE".

========================================================================

Daar is 'n verkeerde manier van oordeel (in daardie sin: "moenie oordeel nie")
maar ook 'n regte (regverdige) manier van oordeel (in daardie sin: "oordeel")

* Om VERKEERD TE OORDEEL, beteken dat iemand onbarmhartig is en nie wil vryspreek nie

* Om REG TE OORDEEL (regverdige oordeel), beteken dat iemand barmhartig is en wil vryspreek - DAAROM GAAN HY NIE "verkeerd" OORDEEL NIE; (sou hy oordeel, is die doel om die teruggevalle of ongehoorsame terug te roep - dus, die rede?  -om te vergewe/barmhartig teenoor)(hy gaan ook nie iemand oordeel op sonde wat hy self doen nie, en eers die balk uit sy eie oog haal, sodat hy goed kan sien om die splinter uit sy broer se oog te haal)

Wat "om te veroordeel" NIE beteken NIE ("regverdige oordeel"):
(1) 'n Verwagting aan 'n gelowige "om heilig te
      lewe", IS NIE "veroordeling" nie; (MAAR ONS KAN NIE VAN ONGELOWIGES VERWAG OM HEILIG TE LEWE NIE)
(2)  Teregwysing of vermaning IS NIE "veroordeling" 
       nie; (MAAR ONS MOET NIE ONGELOWIGES, GODDELOSES OF SPOTTERS TEREGWYS NIE)
(3)  Om die waarheid te verkondig,  IS NIE
       "veroordeling" nie. (om bv. te preek oor die komende oordeel - Hand. 24:25, Rom. 2:16)(MAAR AS IEMAND NIE DIE WAARHEID WIL ONTVANG NIE, MOET ONS DIT NIE PROBEER AFDWING NIE)

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-2.html

========================================================================
OM "TE OORDEEL/VEROORDEEL" ("verkeerde oordeel")BETEKEN DIE VOLGENDE:  
*  OM IEMAND TE OORDEEL OP MENSGEMAAKTE WETTE, EIE SIENINGE EN WERELDSE WYSHEID - (om iemand te oordeel volgens die vlees) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeel-veroordeel-nie-3.html
* OM IEMAND VERKEERD TE OORDEEL DEUR WOORDE  - (om iemand te oordeel volgens wat jy sien) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-4.html
* DEUR IEMAND ANDERS TE OORDEEL OP SONDE, TERWYL DIE PERSOON SELF IN SONDE STAP  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-5.html

========================================================================
WIE WORD DEUR HOMSELF VEROORDEEL, OF SAL VEROORDEEL WORD:

* WAAR IEMAND SE DADE VERSKILLEND VAN SY WOORDE(1Jn 3:17)  Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? (1Jn 3:18)  My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. (1Jn 3:19)  En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, (1Jn 3:20)  want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. (1Jn 3:21)  Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God - waar woorde, maar geen dade (sonder barmhartigheid), dan sal iemand se hart homself veroordeel - en as iemand deur sy eie hart veroordeel word, dan het hy nie vrymoedigheid teenoor God nie.

*  WAAR  GELOWIGES loop en FOUT SOEK BY ANDER BROEDERS - (Jak 5:9 - "Moenie teen mekaar sug (fout soek, sug) nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur". (Jak 5:10)  Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het.(Jak 5:11)  Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is".) - in hierdie geval sal iemand veroordeel word as hy loop en fout soek by sy broeder.

*  WAAR IEMAND NIE GLO IN DIE NAAM VAN DIE SEUN VAN GOD NIE - (Joh 3:18)  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. - Ons moet verstaan dat Jesus nie gekom het om die wereld te veroordeel nie, maar sou iemand kies om nie te glo nie, bring hy 'n oordeel op homself en is veroordeel. 

*  DIE WAT TEEN DIE HEILIGE GEES LASTER - (Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— 
========================================================================


========================================================================

*  ONS MOENIE SPOTTERS EN GODDELOSES OORDEEL NIE (VERMAAN OF TEREGWYS NIE).
*  ONS MOENIE ONGELOWIGES OORDEEL NIE.
*  MAAR ONS MOET DIE WAARHEID VERKONDIG.

 Christene MOET "die wat binne is", oordeel: 

*  ONS MOET DIE WAT IN AANHOUDENDE SONDE STAP (NIE DIE SPOTTERS EN GODDELOSES NIE, MAAR DIE WAT HULLESELF WIL ONDERWERP AAN DIE HERE), IN SAGMOEDIGHEID VERMAAN 
*  ONS MOET VAN GELOWIGES VERWAG OM HEILIG TE LEWE/GODSALIGHEID NA TE JAAG
*  ONS MOET DIE WAARHEID VERKONDIG
---------------------------------------------------------------

Wat het Jesus bedoel met die woorde,  Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie  - (Matt. 7:6) ? 

L.w. dat die Jode die heidene "honde" genoem het en varke was onheilige diere.  Iets wat "heilig" was/is, is iets wat "afgesonder" is- (soos in die geval v/d artikels in die tempel wat afgesonder was vir die Here; sekere voedsels was heilig, en ander onheilig; die Jode was bv. "heiliges" genoem, want hulle was 'n volk afgesonder vir God....ens.)
 Ook in die geval van varke, weet ons dat varke nie veel waarde heg aan enige iets nie.  Hulle eet enige iets, maak nie saak watter waarde dit het nie en sal dit vertrap sonder om dit te beoordeel.  

*  Een interpretasie is dat dit VERWYS NA HOE ONS NIE "DIE WAT BUITE IS", MOET OORDEEL NIE, m.a.w. die "honde" (heidende) en die "varke" (onheiliges). 

*   'n Ander interpretasie is dat dit verwys na die wat wel tot bekering gekom het, maar teruggeval het, in so 'n mate dat hulle nie meer die Here vrees nie - so iemand moet nie geoordeel word nie:
  -(2Pe 2:20) " Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste. (2Pe 2:21)  Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is (2Pe 2:22)  Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol" - (dit is die spotters en goddeloses wat wel eens tot bekering gekom het, maar teruggeval het). 

Sou 'n gelowige egter in aanhoudende sonde stap, maar wys dat hy steeds die Here liefhet, kan hy "geoordeel", vermaan, tereggewys word, want:   "bestraf ‘n wyse, en hy sal jou liefhê".
(Spr. 9:7,8)  "Hy wat ‘n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat ‘n goddelose bestraf, vir homself ‘n skandvlek. "Bestraf ‘n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf ‘n wyse, en hy sal jou liefhê".



Kyk onderstaande skrifte om die twee begrippe beter te verstaan (lees in konteks):
-(Mat 15:26)  Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders (Jode) te neem en dit vir die hondjies (heidene) te gooi nie.

-(Fil. 3:2)  Let op die honde; let op die slegte arbeiders; let op die versnyding.

-(Spr. 26:11)  Soos ‘n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is ‘n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.

-(Openb. 22:14)  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
(Openb. 22:15)  Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.
----------------------------------------------------------------------------------------------

Ander skrifte oor "oordeel" (gelowiges wat sal oordeel)(dag van oordeel)(God se oordeel):


(Mat 19:28)  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel. - het Jesus gese aan Sy 12 dissipels
---------------------------------------------------------------
"dag van oordeel" ("damnation; condemnation"; "condemned"):
(Mat 23:14)  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang.
(Mat 12:41)  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!
(Mat 12:42)  Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!
(Mat 23:33)  Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— 
(Mar 12:40)  hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal ‘n swaarder oordeel ontvang.
(Luk 10:14)  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.
(Luk 11:31)  Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!
(Luk 11:32)  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!

(Hand. 24:25)  Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.

(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

(Rom 2:16)  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

(Rom 3:5)  Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys.
(Rom 3:6)  Nee, stellig nie! Want hoe sal God anders die wêreld oordeel?

(Gal 5:9)  ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
(Gal 5:10)  Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.

(2Th 1:5)  ‘n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;
(2Th 1:6)  aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,
(2Th 1:7)  en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele

(Luk 19:22)  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.

(Luk 23:40)  Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? —

(Joh 5:21)  Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
(Joh 5:22)  Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
(Joh 5:23)  sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.

(Act 17:30)  God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
(Act 17:31)  omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.


(Joh 5:27)  En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.

(Joh 9:39)  En Jesus sê: Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.

(Joh 5:30)  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

(Joh 12:47)  En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.
(Joh 12:48)  Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
(Joh 12:49)  Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
(Joh 12:50)  En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.

(Joh 12:31)  Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
(Joh 12:32)  En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.

(Joh 16:8)  en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
(Joh 16:9)  van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;
(Joh 16:10)  en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;
(Joh 16:11)  en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

(Rom 5:16)  En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.

(Kol 2:16)  Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie

(1Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
(1Kor. 5:12)  Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
(1Co 5:13)  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.



(1Kor. 6:1)  Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?
(1Kor. 6:2)  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
(1Kor. 6:3)  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

(Jak. 5:12)  Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie.
========================================================================