Wys tans plasings gerangskik volgens relevansie vir die navraag ewige oordeel. Rangskik volgens datum Wys alle plasings
Wys tans plasings gerangskik volgens relevansie vir die navraag ewige oordeel. Rangskik volgens datum Wys alle plasings

Woensdag 09 Julie 2014

Die Oordeel/Ewige Oordeel (3)

Vir die eerste twee dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Heb 9:27)  "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel..."  - van watter oordeel word hier gepraat? 


Volgens die Skrif, bestaan die hel uit verskillende dele (kyk bv. die gelykenis van Lasarus en die ryk man - Luk. 16:20-31), en dit is duidelik dat die ryk man reeds in 'n "vlam" (nie "poel van vuur nie") was. Die poel van vuur is egter verwysend na die "tweede dood", en "ewige oordeel".  Ons kan seker dink aan die hel as 'n "tronk", waarin die sondaars gehuisves word tot die DAG VAN (ewige) OORDEEL.  Sommige geleerdes is van mening dat die poel van vuur 'n deel is van die hel (Matt. 23:33)(en die hel is 'n deel van die doderyk...).  DIT IS DUIDELIK DAT DIE SONDAARS/ONGELOWIGES IN DIE HEL (gevange) GEHOU WORD VIR DIE DAG VAN DIE (EWIGE) OORDEEL - ook die engele wat gesondig het, word daar in bewaring gehou tot daardie dag.  (2Pe 2:4)  "Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word. 

Die O.T. heiliges het ook na 'n plek in die doderyk gegaan, maar dit was nie dieselfde deel van die doderyk as waarnatoe die sondaars/ongelowiges gegaan het nie (nl. die hel)(Luk. 16:23,24). Dus, VOLGENS LUK. 16 WAS LASARUS EN DIE RYK MAN IN VERSKILLENDE DELE VAN DIE DODERYK (sommige praat van "HEL", maar die Afrikaanse Bybel gebruik eintlik die regte woord, nl. "doderyk")In hierdie sin word elke mens alreeds "geoordeel" die oomblik wanneer hy/sy doodgaan -(Heb 9:27 - "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel"), en die gelowiges en ongelowiges gaan na verskillende plekke.  In die ou bedeling was dit wel na verskillende plekke (in die doderyk), maar in die nuwe bedeling is baie van mening dat gelowiges "inwoon by die Here" -(2Kor. 5:8-10 - "Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon. Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad")

Dus, daar vind alreeds OORDEEL plaas wanneer iemand doodgaan, MAAR ons moet verstaan dat die ewige oordeel  op 'n ander tyd geskied - en hierdie oordeel verwys na die "tweede dood", wanneer die wie se name nie in die boek van die lewe, in die poel van vuur gegooi word. Met Jesus Christus se wederkoms, sal die oordeel begin by die huis van God.  Gelowiges sal dan ook geoordeel word op "vrug", "werke" en "woorde" (en sal ook verskillende belonings ontvang) - en l.w. dat sommige hier weggestuur gaan word  in die "ewige oordeel" - vgl. hierdie met die tema van (skape en bokke)(koring en onkruid)(skape en skape)(koring en kaf). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Aan die einde van die 1000 jaar Ryk, gaan die "wit troon oordeel" plaasvind - die wit troon oordeel verwys spesifiek na die "ewige oordeel" (soos bo genoem) - "die tweede dood" - "die poel van vuur", MAAR die woord "OORDEEL" verwys nie oral na "EWIGE OORDEEL NIE" (Jak. 3:1; 5:12...);  alhoewel die woorde "die oordeel" wel kan verwys na beide:
- (1)  die oordeel met Jesus se wederkoms (aan die einde van hierdie eeu), asook die 
- (2)  wit troon oordeel aan die einde vd volgende eeu (1000 jaar Ryk). (Openb. 20:13)  "En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke"   (- nog verse waarin die woord "doderyk" gebruik is - graf, of plek van dooies - Gen. 37:35; 42:38 ens.).

 In Mat 23:33 word "hel" gesien soos "die oordeel" -  "Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?" - m.a.w., die hel is ook die oordeel waarin iemand val.  SOMMIGE SKRIFTE VERWYS DUS NA DIE (EWIGE) OORDEEL AS "HEL", MAAR ONS MOET OOK VERSTAAN DAT DIE HEL 'n plek is wat UIT VERSKILLENDE DELE BESTAAN.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wanneer die Here Jesus Christus ons opwek tot lewe, dan het die dood geen oorwinning oor ons nie - die duiwel kan nie besluit hieroor nie, want hy het nie die mag nie.  Jesus Christus besluit hieroor, want deur Sy dood en opstanding het Hy die mag, en Hy sal besluit wie lewe en wie nie;  wie opgewek word tot lewe, en wie nie... Hy gee die ewige lewe aan wie Hy wil. Die wat nie in Hom glo en Hom nie dien nie, sal nie opgewek word tot lewe nie, maar deur Hom veroordeel word omdat hulle nie gesien word as kinders van die Here nie, maar "kinders van die duiwel" (1 Joh. 3:10; Joh. 8:44l Matt. 25:41).

==================================================
-  Die woorde "die oordeel" verwys somtyds in die skrif na die wat veroordeel word:  (Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.  

-  Die woorde "die oordeel" verwys somtyds in die skrif net na die tyd van oordeel (en dat almal geoordeel word):
(Mat 12:41)  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!
(Mat 12:42)  Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!
(Luk 10:14)  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.
ens.
========================================================================
LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES, KAN NIE VERGEWE WORD NIE - SO IEMAND IS VERDOEM TOT "EWIGE OORDEEL":

(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel—
(Mar 3:30)  omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Joh 3:19)  En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
(Joh 9:39)  En Jesus sê: Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.
(Joh 12:31)  Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
========================================================================
DAAR SAL 'N DAG KOM WANNEER DIE HEMEL EN AARDE MET VUUR VERBRAND SAL WORD - DIE SKRIF VERKLAAR DAT DIT SAL GEBEUR OP "DIE DAG VAN DIE OORDEEL - DIT IS OOK WANNEER DIE GODDELOSE MENSE VERDERF SAL WORD.  

(2Pe 3:3)  Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel
(2Pe 3:4)  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.
(2Pe 3:5)  Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,
(2Pe 3:6)  waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.
(2Pe 3:7)  Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

---------------------------------------------------------------------------------
Wanneer sal die lewende en dode geoordeel word?

(1Pe 4:4)  Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.
(1Pe 4:5)  Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.


(2Ti 4:1)  Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
(2Ti 4:2)  verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

(HIERDIE WAS GESKRYF AAN GELOWIGES  - IN KONTEKS KAN ONS SE DAT HIERDIE OORDEEL OP LEWENDE EN DODE BY SY VERSKYNING EN SY KONINKRYK, OP GELOWIGES SAL WEES.

(Joh 3:19)  "En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos".
JESUS HET VERDUIDELIK DAT DIE WAARHEID SOOS 'N SWAARD IS:  (Mat 10:34 - "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard").  Daarom bring die wat die waarheid wegwys, 'n oordeel oor hulleself.  


(Heb 10:26)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
(Heb 10:27)  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
(Heb 10:28)  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
(Heb 10:29)  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?
(Heb 10:30)  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
========================================================================

(Heb 10:31)  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.
-In Jud. 1:6 word die woorde "die oordeel van die groot dag" gebruik:  
(Jud 1:6)  En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;

-In Hand. 24:25 word die woorde "toekomstige oordeel" gebruik:
(Hand. 24:25)  Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.

Die Oordeel/Ewige Oordeel (2)

Vir die eerste deel van hierdie onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-1.html
---------------------------------------------------------------------------------
WAARNA VERWYS "EWIGE OORDEEL"?
EN IS DIT DIESELFDE AS "HEL"?
Die "ewige oordeel" is die teenoorgestelde van "ewige lewe":  
(Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
M.a.w.
- "tweede dood" is 'n ander term wat gebruik word vir "ewige oordeel" - hierdie oordeel word vir ons beskryf in: Openb. 20:14 - "En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.


Ander woorde vir poel van vuur, is:
- "ewige straf": (Mat 25:46)  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
- "ewige vuur": (Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
- "oordeel van die hel"(Mat 23:33)  Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
------------------------------------------------------------------------
Die doel van die ewige oordeel:  
(Openb. 20:12)  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
(Openb. 20:13)  En die see het die dode (Griekse woord "nek-ros" - afgelei van "corpse" - "dead")("opstanding"- NIE eerste opstanding NIE) 
gegee wat daarin was, en die dood (Griekse woord "than-at-os" - "death") ("opstanding" - NIE EERSTE OPSTANDING NIE - eerste opstanding het plaasgevind met Jesus se wederkoms, 1000 jaar voor hierdie oordeel)
en die doderyk (Griekse woord, "hah-dace"- "Hades, place of departed souls", "grave, hell")("hel") het die dode gegee wat daarin was;
en hulle is

geoordeel, elkeen volgens sy werke.

(Openb. 20:14)  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
(Openb. 20:15)  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
---------------------------------------------------------------------------------
Wat is die doel van die oordeel met Jesus se wederkoms?: 
(Hand. 17:30)  God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
(Hand. 17:31)  omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.

(1Pe 4:5)  Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel. (in konteks: die mens oordeel op werke)


  DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE JESUS CHRISTUS, SAL MET "OORDEEL" GEPAARDGAAN.  HY SAL OORDEEL EN BESLUIT WIE DIE OPSTANDING TOT DIE LEWE ONTVANG:
(Openb. 19:11)  "Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid".
(Joh 5:21)  Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil. (Joh 5:22)  Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee, (Joh 5:23)  sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
(Joh 5:27)  En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
(Joh 12:48)  Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag- (HIER KAN ONS SIEN DAT HIERDIE OORDEEL WAARVAN JESUS HIER PRAAT, SAL PLAASVIND "IN DIE LAASTE DAG")
(Rom 2:16)  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.
(2Ti 4:1)  "Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk- (HIER SIEN ONS weer DAT HIERDIE OORDEEL "BY SY VERSKYNING" GAAN PLAASVIND)

DUS, VAN DIE BEGIN VAN DIE WERELD, WAS DIT GEEN GEHEIM NIE, 
EN OOK NIE STILGEHOU NIE!!!  IN ELKE GEVAL, IN DIE SKRIF WAAR DIE TEMA VAN OORDEEL BESPREEK WORD, GAAN DIT OOR  HOE DIE HERE DIE SONDAARS EN DIE GODDELOSES SAL OORDEEL (Rom 2:2)  En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.(Rom 2:3)  En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?.......(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God  /  (Rom 2:16)  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.   /   (1Co 4:5)  Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.   /   Hebr. 13:4   /   Jak. 2:13   /   1 Pet. 4:5
 Die waarheid is dat almal GEOORDEEL (gaan) word, en dat die wat nie die voorwaardes nagekom het of oorwin het nie, in die ewige oordeel (OPSTANDING TOT VEROORDELING) sal gaan... Die wat wel die voorwaardes nagekom het en oorwin het, sal die ewige lewe (OPSTANDING TOT DIE LEWE) ontvang (Hebr. 9:27,28). (2Pe 2:9)  "die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word".

-------------------------------------------
Wie gaan NIE onder die ewige oordeel val nie?
Openb.2:11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

Openb.20:6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. (EN LET WEL DAT "EERSTE OPSTANDING" SPES. VERWYS NA DIE WAT OPSTAAN TOT LEWE, NIE DIE WAT OPSTAAN TOT VEROORDELING NIE)

Joh 5:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

Mat 25:46  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

---------------------------------------------------------------
Wie gaan onder die ewige oordeel val?
Openb.20:14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 
Openb.21:8  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood. 
Mar 3:29  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— 
Mat_25:46  En hulle ("bokke") sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe. 
(2Thess. 1:8)  in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. 2Thess. 1:9  Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte, 
(Jud 1:4)  Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën........
Jud 1:7  soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.  (in konteks, v.5 - die ongelowiges; v. 10 - hulle belaster alles wat hulle nie ken nie - spotters -v.18;  v.16 - hulle is murmureerders wat oor hulle lot kla, volgens eie (goddelose - v.18) begeerlikhede wandel, hulle monde spreek trotse woorde; hulle vlei mense ter wille van voordeel, ens.)
(Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. - (in konteks, die wat onbarmhartig was)
(Mat 18:8)  En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. (sondaars) (ook 2 Pet. 2 - en l.w. hier in konteks met "gelowiges wat nie vashou aan die geloof nie).
---------------------------------------------------------------------------------

DIE "POEL VAN VUUR" IS 'N PLEK WAARNATOE DIE GAAN WAT VEROORDEEL WORD - ALHOEWEL LYK OF DIT NET 'N DEEL IS VAN DIE HEL, VERWYS JESUS DAARNA AS 
"die hel":
-  (Luk 12:5)  maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

-  (Mar 9:43)  En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur, 
-  (Mar 9:44)  waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
-  (Mar 9:45)  En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,

-  (Mat 23:33)  Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

 JESUS HET DUS IN HIERDIE SKRIFGEDEELTES BLOOT DIE WOORD "hel" GEBRUIK VIR DIE WAT VEROORDEEL WORD - ONS KAN DUS SE DAT IN SEKERE SKRIFGEDEELTES DIE WOORD "HEL" GEBRUIK WORD in die plek van (EWIGE) "OORDEEL", ASOOK in die plek van die "POEL VAN VUUR",(IN ANDER SKRIFGEDEELTES IS DIT DUIDELIK DAT DIE HEL UIT VERSKILLENDE DEPARTEMENTE BESTAAN).
Daarom praat geleerdes ook so, en verwys bloot na "iemand gaan na die hel" as hy veroordeel word deur die Here....  As ons egter se dat iemand na die hel gaan, beteken dit nie noodwendig die "poel van vuur" of die "tweede dood" nie, alhoewel dit dit kan beteken. DIE HEL KAN DUS soos 'N TRONK gesien word - die duiwel het mag gehad oor die dood, maar Jesus het deur Sy dood en opstanding, daardie mag verbreek:
 In die verhaal wat Jesus vertel van die ryk man en Lasarus, is dit duidelik dat "Ou Testamentiese" heiliges, met dood, ook na dele van die hel gegaan het, maar na bv. 'n verskillende deel as die deel waarin die ongelowige gaan (kyk vb. van ryk man en Lasarus). 

(1Pe 4:6)  Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.

(1Pe 3:19)  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,
(1Pe 3:20)  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

Ons sien bv. in Jud. 1:9 hoe Migael in woordestryd was met die duiwel oor die liggaam van Moses.  
 (Jud 1:9)  Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!

Die duiwel het mag gehad oor "die dood", maar Jesus het deur die dood daardie mag tot niet gemaak.  Die Here Jesus Christus het nou die sleutels van die doderyk en van die dood - die oordeel is aan Hom oorgegee, en Hy besluit wie moet "lewe" en wie nie!  Sy opstanding uit die dood, is 'n bewys dat Hy die mag vd duiwel verbreek het:  (Hand. 2:31)  "het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie"  ;  (Hand. 17:31)  "omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel heten Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek".

(Heb 2:14)  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—
(Heb 2:15)  en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.
(Heb 2:16)  Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.

(1Kor. 15:54)  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
(1Kor. 15:55)  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

Sommige geleerdes is van mening dat die wat met Jesus se wederkoms deur Hom veroordeel word, in bewaring gehou gaan word vir die dag van die Wit troon oordeel (wat eers na die 1000 jaar tydperk plaasvind)  - en dan eers in die poel van vuur gewerp gaan word.  Ander is weer van mening dat die wat deur Hom veroordeel gaan word op daardie stadium, onmiddellik in die poel van vuur ("ewige vuur") gegooi gaan word -(Mat 25:41)  "Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele".  Volgens Jesus se woorde hier, wil dit lyk of die "ewige vuur" nooit bedoel was vir die mens nie, maar vir die duiwel en sy engele. Iemand wat weier om homself ondergeskik te stel aan sy Skepper, is nie 'n kind van God nie, maar 'n "kind van die duiwel", en as jy 'n kind van die duiwel is, dan gaan jy saam met hom en sy engele in die poel van vuur gegooi word! 
(1Jn 3:10)  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.

(Joh 8:42)  "En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.
(Joh 8:43)  Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.
(Joh 8:44)  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan".

 (Openb. 20:10)  "En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid".  (Openb. 12:9; 1 Pet. 5:8; 2 Tim. 2:26).

Die Oordeel/Ewige Oordeel (1)

In hierdie blogpost gaan ons spes. kyk na die tema van "die oordeel" (en die "ewige oordeel") - (nou nie in die sin van waar "mense oordeel" nie - of nie mag oordeel nie, http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-6.html), maar:
"DIE HERE KOM OM TE OORDEEL".

(Openb. 6:12)  En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
(Openb. 6:13)  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
(Openb. 6:14)  en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
(Openb. 6:15)  en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
(Openb. 6:16)  en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
(Openb. 6:17)  want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?


(Openb. 11:18)  En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.
========================================================================

Die onderwerp van "oordeel" was glad nie 'n onbekende term by die volk van God nie - hulle het verstaan dat wanneer die Here kom, Hy almal sal oordeel.  Selfs van die vroegste tye af het God hierdie feit deur Sy profete duidelik gemaak:    (Jud 1:14-15)  "En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle, (1) om gerig te hou oor almal en (2) al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en (3) oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het".




So, ons sien reeds van die tyd van Genesis af dat hierdie "oordeel" nie 'n geheim was nie - Henog het hier geprofeteer van hoe die Here sal kom "OM GERIG TE HOU OOR ALMAL".

*  ANDER PROFETE HET OOK VAN HIERDIE OORDEEL GEPRAAT:
Dawid:  
(Psa 50:6)  En—die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.
(Psa 96:10)  Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.
Jesaja:
(Jes. 2:4)  En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
(Jes. 11:4)  maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.
Esegiel:
(Eseg. 18:30)  Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.
(Eseg. 34:17)  En wat julle aangaan, my skape, so sê die Here HERE, kyk, Ek sal oordeel tussen skape en skape, die ramme en die bokramme.
(Eseg. 34:20)  Daarom, so sê die Here HERE vir hulle: Kyk, hier is Ek, en Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.


Dit is duidelik dat, ook volgens die Jud. 1:4,5 skrifgedeelte, dat "oordeel" ook gaan plaasvind met die Here se koms. Ons sien 3 dele van "oordeel" wat uitgelig word:
(1)  "gerig hou oor ALMAL"
(2)  "gerig hou oor al die goddelose mense onder hulle, om hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het"
(3)  "gerig hou oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het". 

(Heb 9:27 - "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel").  Elke mens sal geoordeel word, of hy dit wil glo of nie!

(Openb. 19:11)  "Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid".
TOE JESUS DIE EERSTE KEER GEKOM HET, HET HY NIE GEKOM OM TE OORDEEL NIE, MAAR WANNEER HY TERUGKOM, SAL SY VERSKYNING MET OORDEEL GEPAARDGAAN.

ONS MOET EGTER ONDERSKEI TUSSEN: 
-hierdie OORDEEL WAT GEPAARDGAAN MET DIE HERE JESUS CHRISTUS SE WEDERKOMS;
- EN DIE OORDEEL WAT GAAN PLAASVIND NA JESUS SE 1000 JAAR KONINGSKAP (nl. die "wit troon oordeel"). 
In die oordeel met Jesus se wederkoms, sal baie weggestuur word in die ewige oordeel, maar dan is almal nog nie geoordeel nie.  Na die 1000 jaar gaan die ander dooies herlewe, en dan ook geoordeel word. 
========================================================================

*  In die skrif word daar na die dag van oordeel, ook verwys as "die dag van toorn"/toorn:

(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God
(Rom 2:6)  wat elkeen sal vergeld na sy werke:
(Rom 2:7)  aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;
(Rom 2:8)  maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;
(Rom 2:9)  verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;
(Rom 2:10)  maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

(Rom 1:18)  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

(Mat 3:7)  Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

(Mat 18:34)  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.

(1Th 2:16)  deurdat hulle ons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.

Let wel dat in sommige van hierdie skrifgedeeltes spes. gepraat word met gelowiges! - dit is nie net die ongelowiges wat geoordeel sal word nie, maar ook die gelowiges.  Die "toorn" egter verwys slegs op die ongehoorsames, en die wat aan die waarheid ongehoorsaam is, die eiesinniges...(Rom. 2:5-10), die wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk(Rom. 1:18), die wat nie die vrug dra wat by die bekering pas nie (Matt. 3:7)), die wat verhoed dat die waarheid verkondig word (1 Thess. 2:16), die wat nie barmhartig is nie/nie wil vryspreek nie/nie vergewe nie (Matt. 18:34). 
*  Die persoon wat geregverdig is in die bloed van Christus, word gered van hierdie toorn (wat aan kom is):

(Rom 5:9)  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.

(Ef. 2:1)  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes (Ef. 2:2)  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,(Ef. 2:3)  onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

(1Th 1:10)  "en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.(1Th 5:9)  Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus"  

-  Volgens 1 Thess. 5:9 is dit duidelik dat "toorn" te doen het met die wat "nie die saligheid verkry nie". 
- Die wie se "sondes vergewe is", sal nie onder toorn val nie, maar die Seun sal hulle verlos van die toekomstige toorn.  (Gelowiges wat egter weer die sonde begin dien, sal onder hierdie toorn val)(iemand het "vergifnis van sondes nodig, om nie onder toorn te val nie!)-vgl. dit met die oordele met Jesus se wederkoms: skeiding van die koring en kaf, koring en onkruid, en skape en bokke. 

==================================================
*  JESUS HET OOK VERSKEIE MALE VERWYS NA HIERDIE OORDEEL WAT VOORLE:

(Mat 23:14)  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang.
(Mat 23:33)  "Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?" 

(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel

(Luk 10:14)  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.

(Luk 19:22)  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.

DIT IS DUIDELIK DAT DIE MANIER HOE JESUS GEPRAAT HET VAN "OORDEEL", HY VERWYS HET NA  "wanneer mense op hulle werke geoordeel sal word").
========================================================================
*  Die eerste Christene het ook gepraat van hierdie oordeel, en l.w., nie net van hoe die goddelose geoordeel sal word nie, maar ook die gelowiges!

(Jak. 3:1)  Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan.

(1Pe 4:17)  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
(1Pe 4:18)  En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?

(Heb 10:30)  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
(Heb 10:31)  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. (in konteks gaan dit hier oor gelowiges (Christene) wat opsetlik bly sondig - (Heb 10:26 - "Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie") - en daar word klem gele op die feit dat die straf groter gaan wees vir die een wat opsetlik bly sondig nadat hulle tot die kennis van waarheid gekom, as wat dit is vir die was wat nie die wet van Moses nagekom het nie!(Heb 10:29 - "hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?")
 - vgl. dit met wat Jesus gese het terwyl Hy die evangelie van die koninkryk verkondig het:(Mat 5:20 - "Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie" - en dit het Hy gese in konteks met dat ons gehoorsaam moet wees aan die Here se gebooie).  

Ook tydens evangelie-prediking, is die mense gewaarsku teen die komende oordeel:
(Hand. 10:42)  "En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy (die Here Jesus Christus) is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode".

(Hand. 24:25)  Maar toe hy (Paulus) spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.
==================================================

*  INTEENDEEL, IN DIE EERSTE GEMEENTES WAS  leringe soos "bekering uit dooie werke" en "ewige oordeel",  DEEL VAN DIE FONDAMENT WAT GELE IS:  
(Heb 6:1)  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die 
bekering uit dooie werke en van die 
geloof in God,
(Heb 6:2)  van die leer van die 
doop en van die 
handoplegging en van die 
opstanding van die dode en van die 
ewige oordeel.


Menige Christene vandag glo dat gelowiges geensins geoordeel gaan word nie, maar dit is duidelik uit die Skrif dat dit nie die waarheid is nie!  Die oordeel begin by die huis van God - almal wie se sondes nie vergewe is nie, sal geoordeel word!  As gevolg van hierdie miskonsepsie (dat sommige gelowiges glo dat hulle nie geoordeel gaan word nie), het baie weggeval van die geloof en/of stap in opsetlike sonde sonder berou en sonder om hulle te bekeer daarvan, omdat hulle dink dat hulle hul nie hoef te bekeer van sonde nie...MAAR SONDER BEKERING, IS DAAR GEEN VERGIFNIS VAN SONDES NIE.(Rom 4:7- Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is).
  Christene moet ophou om mekaar te oordeel op hulle eie mensgemaakte reels, en soos die wereld oordeel, en eerder begin om mekaar te waarsku teen die komende oordeel, dat iemand nie afvallig raak van die geloof nie, of wegval in opsetlike sonde nie.  Die uiteinde vir die wat nie vashou in die geloof nie,  is dat hulle straf groter sal wees, as wat die straf was vir die wat die wet van Moses oortree het! (Jak. 5:19)  "Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek" LET WEL DAT HIERDIE GESKRYF WAS VAN GELOWIGES, NIE ONGELOWIGES NIE!  Daarom het Jesus die volgende vir ons geleer: (Mat 18:9 - "En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word") - en let wel dat Hy hier met mense gepraat het wat hulleself gesien het as "kinders van die koninkryk" - ja, dit is moontlik vir 'n "kind van die koninkryk" om in die helse vuur gewerp te word, as hy bv. die sonde weer begin dien! Hy sal onder die toorn val.

Sommige Christene dink net eenvoudig dat hulle kan wegkom daarmee - dat, omdat hulle eens "vergifnis van sondes ontvang het", hulle mag stap in sonde! Hulle het geen vrees vir die Here nie. (Rom 6:1-4 "Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel").

(Pred. 8:11)  "Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen".

HULLE GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE, SAL BEWYS OF HULLE WERKLIK GLO,  -OF HULLE VASGEHOU HET AAN DIE GELOOF! (ongehoorsaamheid wys daarop dat iemand nie glo nie, soos iemand wat ongehoorsaam is aan 'n leier vir wie hy nie vertrou nie).  As iemand sy hoop plaas in die Here, Hom vertrou, sal hy gehoorsaam wees aan Hom, aan Sy leringe en Sy wil soek..
In die brief aan die gemeente van Sardis (wat Christene was), het Jesus die volgende stelling gemaak: (Openb. 3:5 - "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele" - sou iemand dus "nie oorwin nie", skep dit die moontlikheid dat sy naam uit die boek van die lewe uitgewis word.
=======================================================================-

Donderdag 21 Mei 2020

Algemene vrae oor SALIGHEID (1): (Inleiding)

In hierdie pos:
-(1) Inleiding: SALIGHEID
(en "die salgheidsboodskap")

_________________________________________________________________________________
In hierdie pos kyk ons na die volgende vrae:
- (1) wat presies is "saligheid"?;
- (2) "hoekom het die mens saligheid nodig"?; en
- (3) hoe beïnvloed iemand se antwoord op hierdie vrae die saligheidsboodskap?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) Wat presies is SALIGHEID?

Die woord "saligheid" is die Gr. woord "so-tay-ree'-ah", wat beteken: -"om te red, gesondheid, red, redding...", en is bv. dieselfde woord wat as "redding" vertaal word (AOV) in Luk. 19:19, Hand. 7:25, 13:47, Rom.1:16 e.a. Ons kan ook kyk na die woord "sode'-zo" wat vertaal word as "gered" (wat basies dieselfde beteken...)(bv. 1 Pet. 4:18; Tit. 3:5 ens.).
Dus, as ons beweer die mens het "redding" nodig dan moet ons weet wat dit is waarvan hy GERED moet word, bv.:
-  Wat is dit waarvan die mens GERED moet word - vyand?, slaaf?, is hy "siek"?;
-  Is daar 'n manier hoe hy van hierdie vyand en/of slaaf en/of siekte gered kan word?, 
en wat moet hy doen om hierdie "saligheid" te verky?  Hoedanig lyk hierdie redding (saligheid) wat hy beërwe wanneer hy gered word?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  Hoekom het die mens saligheid nodig?

(2a) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "vyand"?
Die mens se VYAND:

Die DOOD is 'n groot VYAND (1Kor. 15). Die mens was nie geskep om dood te gaan nie, maar in sy huidige toestand is hy bestem om een maal te sterwe en daarna die oordeel...(Hebr. 9:27) - hierdie is die gevolg vd sondeval, Gen. 3.  Die blote feit dat elke mens sterwe is bewys dat dit wat in die tuin van Eden gebeur het, werklik gebeur het (Gen. 2:17; 3:3). Ons moet verstaan dat dit SONDE is wat hierdie vyand aanbring het...(1 Kor. 16:56; Ps. 90:3; Joh. 8:24; Rom. 5:15; 6:23), en dat dit die duiwel (die VYAND van alle geregtigheid - Hand. 13:10; Matt. 13:39) is wat die mens verlei het om te sondig (Gen. 3:4). As die mens nie gesondig het nie, dan sou hy nie sterwe nie! (Gen. 2:17). Die loon vd sonde is die DOOD (Rom. 6:23). Net soos 'n vyand iemand agtervolg en inhaal en verwoes, so maak "die dood" met die mens - dit agtervolg en haal hom in, en vewoes elke mens. In ander woorde kan ons sê dat die mens word geoordeel... tot die DOOD, maar dit verwys (1) nie net na wanneer die uiterlike mens STERWE nie, maar (2) verwys ook na die OORDEEL wat daarna volg..., want wanneer die mens doodgaan sterf sy "uiterlike mens" wel en keer terug na stof, ja, maar dan wag hy (die mens as gees,siel / die innerlike mens) op "die (ewige) oordeel" (die "tweede dood" / "oordeel vd hel")(Matt. 10:28; 23:33)(Openb. 20:14; 21:8). Die wie se name nie in die boek vd lewe is nie sal deur die TWEEDE DOOD gaan (verwysend na "natuurlike mense"). "Geestelike mense" sal nie deur die tweede dood gaan nie, en het nie net hierdie belofte nie, maar het ook die belofte van eendag "opstanding" in 'n nuwe uiterlike mens (nuwe liggaam - onverganklike liggaam (maw wat nie kan doodgaan nie - dan is die vyand finaal verslaan!).

Die loon vd sonde is die dood - die wat die sonde dien is m.a.w. tot TOORN bestem (Ef. 2:3; Kol. 3:6; Ef. 5:6; 1Th 5:9; 2:16; Hebr. 3:11...) en het dus redding nodig! - het m.a.w. nodig om GERED te word van hierdie TOORN nl. die ewige oordeel (ook genoem die "tweede dood")(Openb. 20:6,14), want as hulle nie daarvan gered word nie dan sal hulle onder God se toorn val - m.a.w., sal onder die ewige oordeel val. Vir iemand om hierdie toorn of oordeel vry te spring, moet hy dus VAN DIE DOOD GERED WORD (1 Thess. 1:10), en die woord "saligheid" beskryf o.a. hierdie redding. En beskryf ook redding in die sin van die uiterlike mens wat die dood kan oorwin deur "opstanding tot lewe" - "geestelike mense". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2b) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "slaafskap"?
Die mens, uit vlees gebore, is " 'n slaaf - verkoop onder sonde "... 

Die natuurlike mens is 'n SLAAF van die SONDE (1Kor. 15) - soos iemand wat verkoop word as slaaf is die natuurlike mens verkoop onder sonde (Rom. 7:14). Hierdie soort beeldspraak is bedoel om te beskryf wie dit is vir wie die natuurlike mens DIEN - net soos 'n slaaf behoort aan die een wat hom gekoop het, net so is die natuurlike mens soos 'n slaaf verkoop onder die sonde "en dien dus die sonde" (Joh. 8:34; 2 Pet. 2:19; Rom. 6:16).  En hulle het dit verkry deur geboorte (die saad waaruit hulle gebore is - om dit beter te verstaan kan die tema van "natuurlike mense" behandel word - "saad" bepaal wat se soort plant of boom opkom...). Elke "natuurlike mens" kan dus gesien word soos 'n SLAAF ('n slaaf is van sonde)(Tit. 3:3; 2 Pet. 2:19), en is daarom van nature "kinders vd TOORN"! (Ef. 2:3). Al manier hoe iemand van hierdie slaafskap verlos kan word, is wanneer iemand anders hom LOSKOOP, en dan word hy 'n slaaf van die een wat hom losgekoop het;  of om van voor af gebore te word maar hierdie keer uit saad van iemand wat vry is (1 Pet. 2:16). Die een wat "weergebore" word (geestelike mense) is soos mense wat gebore word uit 'n vrye, maar hulle is ook duur gekoop deur Christus se bloed - dus, deur Hom gekoop - dus, behoort aan Hom en is Sy slaaf (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus"). 
Natuurlike mense kan slegs "natuurlike mense" voortbring.  Dus, vir iemand om nie meer die sonde te dien nie moet hy "weer gebore" word maar hierdie keer uit God se saad (word dan as vrye gebore).

Anders gestel:Net soos sommige mense as slawe gebore word omdat hulle ouers slawe is, net so kan "natuurlike mense" slegs "natuurlike mense" voortbring;  dus gebore as "SLAWE van sonde" (omdat Adam 'n slaaf was van sonde). 
- (1) Sou hulle egter uit ander saad gebore word van bv. iemand wat nie 'n slaaf is nie, dan word hulle as VRYMENSE gebore.  Hierdie is waar van die "weergeborene" wat gebore word uit God se saad - dus is "vry" (want gebore uit 'n vrye).  (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus").
- (2) Of sou hulle losgekoop word, dan sal hulle aan 'n nuwe behoort en wees onder die leiding van die een wat hulle LOSGEKOOP het. Hierdie is waar vd een wat deur Jesus Christus losgekoop word - dus is nou 'n SLAAF VAN JESUS CHRISTUS en behoort aan Hom en dien Hom (Rom. 6:18; Gal. 5:13; 1 Pet. 2:16; Rom. 6:12-14)
(Rom 6:22 - "Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe").
.
(Joh 8:32)  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
(Joh 8:33)  Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?
(Joh 8:34)  Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.
(Joh 8:35)  En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.
(Joh 8:36)  As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Elke natuurlike mens, gebore uit vlees, is dus soos 'n "SLAAF of dienskneg" van SONDE (2 Pet. 2:19; Rom. 6:17; Rom. 5:15,17; Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34...) want hulle is "in sonde gebore" (Ps. 51:5; 1 Joh. 1:8) - want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword! (2Pe 2:19)(vgl. hierdie met die verhaal van Adam en Eva). Toe Adam en Eva kies om eerder die slang te vertrou as om die Here te vertrou, het hulle "slawe geword vd sonde" en het so die sonde begin dien i.p.v. om die Here te dien, en "verganklikheid" het deel geword van hulle (Gen. 2:17; 3:3,4). Ons sien dus dat die NATUURLIKE MENS in 'n probleem gewikkeld is, in die sin van dat hy in sonde gebore is en dus soos 'n slaaf is van sonde - iets waarvan hy REDDING NODIG het!, anders sal hy beslis onder ewige oordeel val. Die (natuurlike) mens het nie net AFWASSING nodig nie maar ook VERNUWING... (Tit. 3:5), want as hy nie weergebore word nie, dan bly hy 'n slaaf van sonde.  Dit gaan hier oor die saad waaruit iemand gebore is (1 Joh. 3:9). Die natuurlike mens is gebore uit vlees (en dien dus die sonde), maar die geestelike mens is uit Gees gebore (Joh. 3:5-8)(uit God gebore-Joh. 1:13; 1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) en dien dus die Here (hy verkry 'n goddelike natuur-2 Pet. 1:4).  Die geestelike mens is duur gekoop en sy liggaam is 'n slaaf van Christus... (nie meer 'n slaaf vd sonde nie). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2c) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "is siek"?

Die begrip "siek" of  "ongesteld" word in beeldspraak in die Skrif gebruik van die wat in sonde stap of lewe.
"Natuurlike mense" kan almal gesien word as "siek" omdat hulle "slawe is van sonde" (en hulle het dus bekering nodig). Alhoewel "siekte" nie altyd tot die dood lei nie, lei hierdie "siekte" beslis tot die dood, want alle natuurlike mense dra "vrugte vir die dood" (sal die dood oes) - wat nie net verwys na die sterwe vd uiterlike mens nie, maar elke natuurlike mens sal ook deur die tweede dood gaan (die oordeel vd hel).
"Geestelike mense" word ook somtyds gesien as "siek", m.a.w. verwys na die wat in sonde stap (hulle het ook bekering nodig voor hulle vergifnis van sondes kan kry). "Siek" Christene wat stap in "sonde tot die dood" kan nie verwag om eendag aanneming tot kinders te kry as hulle nie vergewe is nie;  dus, hulle sonde sal tot die dood lei sou hulle hul nie daarvan bekeer nie.  Christene is geroep om vrug te dra (vrug tot ewige lewe).  Siekte het beslis 'n invloed op vrug - dis nie goed as Christene hulle vrug verloor nie, en wat sal word vd een "sonder vrug" eendag?

In hierdie gedeelte moet ons dus onderskei tussen: 
-die bekering wat voor wedergeboorte plaasvind (van "natuurlike mense"), en 
-die bekering somtyds nodig van die wat reeds wedergebore is (van "geestelike mense"). 

Die natuurlike mens is soos 'n sieke (het bekering nodig):
Na regte kan die "natuurlike mens" gesien word as "SIEK" (Rom. 6:19), en gesien word soos 'n "kind van die duiwel" omdat hy die sonde DIEN (Hand. 13:10; Joh. 8:44). (Rom 6:19 - "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees..............") - die woord "swakheid" hier is die Griekse woord "as-then'-i-ah", wat nie net verwys na swakheid nie, maar ook "siekte" beteken (figuurlik bedoel, asof die mens gesien kan word as "siek" in die vlees maar verwys nie na 'n letterlike siekte nie). Rom 6:19 verduidelik ook vir ons presies wat hierdie "swakheid" of "siekte" is:  -  "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees...". Dit gaan oor wie dit is vir wie jy dien/vertrou/gehoorsaam! (1 Joh. 3:8). Die mens wat nie in hierdie opsig gesien word as "siek" nie, DIEN nie die onreinheid en wetteloosheid nie (Rom. 6:19c), maar die persoon wat "SIEK" is, DIEN (1) die onreinheid ("vuil" / is nie skoon nie), en (2) die wetteloosheid ("ongeregtigheid")(is ongehoorsaam aan die wet)(Rom. 7:14-16). HIERDIE BESKRYF DIE TOESTAND VAN DIE "NATUURLIKE MENS" (gebore uit vlees/bloed - "kinders van Adam")("vleeslik" / verkoop onder die sonde... -Rom. 7:14) en verwys veral na die INNERLIKE MENS. Die "geestelike mens" begin bv. wel die geregtigheid DIEN (bv. "met sy gemoed"), maar dit verwys veral na die innerlike mens - m.a.w., omdat sy innerlike vernuwe is! (weer gebore uit die saad van God...). Wat die "geestelike mens" se innerlike aanbetref dien hy dus wel die Gees, maar sy uiterlike mens is nog nie vernuwe nie... (Rom. 7:25). Bestudeer gerus die tema van "met Christus beklee" om hierdie beter te verstaan.

In daardie opsig kan ons sê dat die natuurlike mens SIEK is... Sommige geleerdes noem dit "geestelik dood" omdat die innerlike mens vd natuurlike mens gesien kan word as "dood" ("donker") terwyl die innerlike vd geestelike mens gesien kan word as "lewendig"! (is verlig)(Kol. 3:3; 1 Pet. 4:6...). Die geestelike mens sal wel geoordeel word na die vlees (verwys hier na tema "regterstoel van Christus - Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10), maar lewe na God "in die gees"! (1Pe 4:6). Wanneer die mens doodgaan is dit sy uiterlike mens wat sterwe - die innerlike mens wag dan op die oordeel... ("oordeel vd hel";  ook genoem "tweede dood") - tensy vernuwe! In daardie opsig is die natuurlike mens "dood" maar die geestelike mens lewendig.

Daar is 'n plek berei vir die duiwel en sy engele nl. "die poel van vuur" (oordeel vd hel), en alhoewel hierdie plek nooit bedoel was vir mense nie sal alle "natuurlike mense" wat uit vlees gebore is daar opeindig omdat hulle VERGANKLIK is... (omdat hulle "siek" is agv sonde) - almal wat sondig kan dus gesien word soos "kinders vd duiwel" en moet dus na dieselfde plek gaan wat berei is vir die duiwel, want die loon vd sonde is die dood! (Rom. 6:23), en sal soos hulle vader in die poel van vuur opeindig.
Maar die "geestelike mens" (die wat weergebore is uit ONVERGANKLIKE saad) sal nie in hierdie oordeel (nl. die oordeel vd hel) kom nie - hulle sal wel voor die regterstoel van Christus verskyn, ja (en geoordeel word na die vlees), maar hulle innerlike mens sal nie in "die oordeel" (die oordeel vd hel) kom nie - en hulle "uiterlike mens" sal ook die dood oorwin! (want hulle het die belofte van opstanding eendag in nuwe verheerlikte onverganklike liggame...).  Alhoewel, hierdie verwys nie na gelowiges wat geen wortel skiet en afval nie..., en die eendag "sonder vrug" kan ook nie staatmaak op hulle "redding" nie want geloof sonder werke is dood.

Die gelowige wat siek is (het bekering nodig):
Die begrip "bekering" moet nie verwar word met wedergeboorte nie;  alhoewel dit deel is van wedergeboorte.  Bekering word somtyds gesien as 'n eenmalige gebeurtenis (maw wanneer iemand tot geloof kom), maar alhoewel iemand bekering nodig het voor hy weergebore word, is bekering nodig in enige situasie waar iemand in sonde stap of nie in regstand is met die Here nie; dus ook nodig waar gelowiges hierdie doen. Gelowiges word dus ook somtyds gesien as "siek" (die wat in sonde stap) en moet hulle van die sonde bekeer voor hulle genesing kan ontvang (en dus vergifnis ontvang).  As hulle kies om te stap in "sonde tot die dood", kan hierdie "siekte" dus lei tot die dood... In so 'n geval sal die gelowige (wat in sonde tot die dood stap en hulle nie daarvan bekeer nie) "die dood" oes in plaas van "lewe" (sal maw nie aangeneem word as 'n kind nie - sal dus sy beloofde saligheid verloor).
- https://warechristene.blogspot.com/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html
https://warechristene.blogspot.com/2013/09/die-christelike-doop.html
https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html

Vir 'n studie oor gelowiges wat gesien word as "siek", gaan na:
https://warechristene.blogspot.com/2020/04/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Hoe beïnvloed iemand se antwoorde op bg. vrae die saligheidsboodskap?

Die salgheidsboodskap:
DIE EVANGELIE:
Saligheidsboodskap word bevat in die "EVANGELIE" ('n "goeie boodskap" wat redding verkondig).
Die manier hoe die evangelie gebring word, word beinvloed deur dit wat iemand sien as "evangelie" en m.a.w. deur dit wat hy "glo" (bv., "hoekom het iemand redding nodig?", "waarvan het hy redding nodig?", en "hoedanig lyk hierdie redding of saligheid?"). Wat iemand dus sien as WAARHEID beinvloed die manier hoe hy die evangelie bring. Om saligheid te onvang gaan nie net oor 'n gebed soos baie leer nie. Mense moet na eers die boodskap hoor en verstaan! - maar wat is die boodskap? 

As iemand bv. nie glo dat daar iets is soos "ewige oordeel" nie, dan sal hy 'n "ander evangelie" bring (2 Kor. 11:4). Baiemaal word 'n "ander evangelie" van die preekstoel af gepreek en dit kan veroorsaak dat iemand dink hy het saligheid en dan het hy nie. "Eerste beginsels" (bekering, geloof, die Christelike doop, handoplegging, die opstanding, ewige oordeel) gebring in die eerste gemeentes is veral belangrik omdat dit die denkwyse vd evangelie beskryf - sou iemand hierdie basiese leringe nie verstaan nie, hoe kan hy dan die ware evangelie bring? Mense wat bely hulle is Christene maar nie glo dat daar bv. iets is soos 'n ewige oordeel wag, of nie verstaan wat is geloof of die belangrikheid van bekering nie, of die Christelike doop verander in iets anders of nie as nodig sien nie, of nie glo in 'n optanding nie, of niks te doen wil he met die gebare van handoplegging nie, sal heel moontlik 'n ander evangelie bring! En dit sien ons reeds gebeur in sommige kerke. Baie Christene bely dat hulle GLO maar hulle glo nie eens in Jesus se woorde nie?, maar glo liewer iets anders as wat Jesus gepreek het.

As ons nie hierdie basiese dinge verstaan nie, dan sal baie inligting boontoe in hierdie pos, nie sin maak nie;  bv. "die opstanding" (oorwinning oor die dood); "die ewige oordeel" (hoe om dit vry te spring);  "handoplegging" (wedergeboorte, genesing, ontvang vd Gees);  "bekering" (tot die Here; van sonde; van werke); "geloof" (bly in Hom en vrug; slaaf vir Christus; vry);  "die Christelike doop" (teken; afwassing; vernuwing; hoop), ens. Kyk maar hoeveel is "die opstanding" saam met die evangelie gepreek in die eerste kerke!  Kyk hoeveel is daar hande opgele en die belangrikheid van bekering gepreek.  Johannes het ook sy bediening begin deur mense op te roep tot bekering.  Jesus het ook so begin deur mense op te roep tot bekering.  Daar is nie geskroom om te praat oor die oordeel wat kom wanneer die evangelie gepreek is nie. Kyk die belangrikheid van "jy moet glo in Jesus Christus" wanneer die evangelie gebring is. Doen gerus bybelstudie van hoe presies die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes: ( http://warechristene.blogspot.com/p/die-waarheid.html ).



Die evangelie gaan nie net oor die "evangelie van Jesus Christus" nie, maar ook "die evangelie vd Koninkryk" asook "die evangelie van vrede" - saam vorm hierdie DIE EVANGELIE
_________________________________________________________________________________