Wys tans plasings met die etiket sondes. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket sondes. Wys alle plasings

Maandag 27 Januarie 2014

Bloedskuld (5)

VIR DIE VORIGE 4 BLOGPOSTS OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
==============================================
(5)  BLOEDSKULD WORD NIE OORGEDRA VAN EEN PERSOON NA 'N ANDER NIE (elkeen betaal vir sy eie sondes - Eseg. 18).

BLOEDSKULD KAN NET BETAAL WORD DEUR DIE VERGIETING VAN BLOED (deur die persoon se eie bloed of deur iemand in dieselfde bloedlyn, maar dan gewoonlik deur iemand wat ook self self bloedskuld gehad het). Ons moet  nie die fout maak om te dink dat "bloedskuld" soos 'n vloek oorgedra word in die bloedlyn nie - almal in die land word wel geraak deur "bloedskuld in die land", ja (wanneer onreines tussen reines woon, is dit logies) maar dit beteken nie dat mense in dieselfde bloedlyn vir voorouers se sonde betaal nie - die Here verwag nie van onskuldiges om vir skuldiges te betaal nie (alhoewel hulle kan as hulle wil). Daar is geen voorbeeld van bloedskuld wat oorgedra is van vaders na seuns nie, alhoewel daar 'n geval is van seuns in dieselfde bloedlyn wat  doodgemaak is ter wille van bloedskuld, maar l.w. dat ook daardie seuns bloedskuld gedra het! (hulle was self onrein)(2Sa 21:1 - "En toe daar in die dae van Dawid ‘n hongersnood was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het"). Sou ons dit bv. vgl. met wat Jesus gese het in Matt. 23:28-35 vir die Skrifgeleerdes en Fariseers, sal ons sien dat ook hier geen onskuldige betaal het vir voorvaders se bloedskuld nie ("So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. ................ en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie............ Maak die maat van julle vaders dan vol! Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?  Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg, sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar"). Onreines kan inderdaad vir onreines betaal..., maar die wat tot geloof kom in Jesus Christus en vergifnis ontvang (rein word), hoef nie te gaan soek vir moontlike vloeke wat op hulle rus nie (die Here maak dit bv. duidelik in Eseg. 18 dat geen kind vir sy ouer se sonde betaal nie). (Deu 24:16 - "Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word").

Kom ons kyk na die betrokke skrifgedeelte:
(Eseg. 18:1)  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
(Eseg. 18:2)  Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?
(Eseg. 18:3)  So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.
(Eseg. 18:4)  Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.
(Eseg. 18:5)  Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;
(Eseg. 18:6)  nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is nie,
(Eseg. 18:7)  en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ‘n kleed toedek;
(Eseg. 18:8)  nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;
(Eseg. 18:9)  in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel—hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE.
(Eseg. 18:10)  En het hy ‘n geweldenaar van ‘n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen—
(Eseg. 18:11)  terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie—as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,
(Eseg. 18:12)  die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen,
(Eseg. 18:13)  op rente leen en woeker neem—sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.
(Eseg. 18:14)  Maar kyk, as hy ‘n seun verwek wat al die sondes van sy vader sien wat hy gedoen het—dit sien en sulke dinge nie doen nie:
(Eseg. 18:15)  nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel nie, die vrou van sy naaste nie verontreinig
(Eseg. 18:16)  en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met ‘n kleed toedek die wat naak is,
(Eseg. 18:17)  sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, my verordeninge volbring en in my insettinge wandel—hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe.

========================================================================
(6) OM TE BETAAL VIR bloedskuld, MOET DAAR MET BLOED BETAAL WORD:

(Heb 9:22)  "En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie".

SONDER BLOEDVERGIETING VIND DAAR GEEN VERGIFNIS PLAAS NIE. Enige sondoffer, volgens die wet van Moses, moes met bloed betaal word, maar in die geval van sonde wat die dood verdien (soos bloedskuld), was daar nie 'n offer onder die wet van Moses nie, want stiere en bokke se bloed was nie voldoende nie. Die persoon moes met sy eie bloed betaal (Eks. 29:14; 30:10; Lev. 4:25,34 ens.).  (Hand. 13:38)  Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,(Hand. 13:39)  en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie)(Hebr. 9 en 10;  Rom. 3).

Terwyl Jesus Christus se bloed voldoende is en die wat in Hom glo gereinig word van alle sonde!, moet ons net pasop dat ons nie teruggaan om die sonde weer te begin dien nie. Enige gelowige wat weer die sonde begin dien en hom nie bekeer daarvan nie, is in gevaar om "onder oordeel te kom".  Wanneer Jesus terugkom, sal Hy kom om te oordeel (en die oordeel begin by die huis van God!)(1 Pet. 4:17). Op die nuwe hemel en aarde sal daar geen vervloeking meer wees nie (Openb. 22:3).


(Mat 26:28)  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. 

(Rom 3:10)  soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
..................(Rom 3:15)  Haastig is hulle voete om bloed te vergiet..................... (Rom 3:24)  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
(Rom 3:25)  Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God

(1Jn 5:6)  Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.

(Openb. 1:5)  en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed

(Rom 5:9)  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.
(Rev 7:14)  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die siel is in die bloed:

Vir 'n studie oor "bloed", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2018/12/bloed.html).
Die siel is in die bloed - jou bloed beskryf jou basies, is jy! Hierdie is een vd redes waarom "bloed geeis" word, want dit is soos om die onskuldige te vergelde (Gen 9:5  Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis) ; en is terloops ook die rede waarom ons nie mag bloed eet nie. 

- Ons mag nie bloed vergiet nie, en ons mag ook nie bloed eet nie:
(Lev 7:27)  Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
-  hierdie was nie net 'n O.T. begrip nie. (Hand. 15:19,20 - "Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie, maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed").

========================================================================