Wys tans plasings met die etiket sogenaamde bloedlynvloeke. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket sogenaamde bloedlynvloeke. Wys alle plasings

Dinsdag 07 Januarie 2014

Vloeke

HIERDIE POS IS 'N KORTER OPSOMMING VAN DIE POS GETITELD, 
"Is daar regtig iets soos vloeke?".  Vir meer skrifte, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-daar-regtig-iets-soos-vloeke.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:

* Die woorde "vloek/e, vervloek en vervloeking", kom in totaal sowat 168 keer in die Bybel voor, waarvan meeste in die Ou Testament, en het verskillende betekenisse in die verskillende skrifte.

IN SEKERE SKRIFTE BETEKEN DIT:
(1)  "Om iemand te vloek";   (dus,  nie "om 'n vloek op iemand te sit nie", maar eerder "verwensing deur kwaadspreek") (in hierdie geval gaan dit oor mense wat ander mense "vervloek")(dit is verkeerd om kwaad te spreek, of om iemand te vloek)

IN MEESTE SKRIFTE GAAN DIT OOR:
(2)  "Om 'n vloek op iemand te sit", of dat iemand 'n "verafskuwing" is, bv.: 
-(a) in meeste gevalle is dit waar DIE HERE MENSE VERVLOEK HET;  
-(b) enkele gevalle waar Joodse ouers vloeke oor kinders uitgespreek het, deur die wil van die Here gedryf, deur profesie - l.w. asof die Here die persoon vervloek;  
-(c) gevalle in die N.T. waar  valse leraars/valse profete/ongelowiges/goddeloses en afvalliges "vervloektes" genoem word - (ook eintlik gevalle waar "die Here mense vervloek).

Vloeke was altyd "AS GEVOLG VAN SONDE", m.a.w. geen vloek was op enige onskuldige geplaas nie en geen mens betaal vir iemand anders se sonde nie. Bv., God het die slang vervloek (omdat die slang gesondig het);  Hy het vir Kain vervloek (omdat Kain gesondig het); Hy vervloek die wat hulle pa en ma vloek (omdat hulle sondig - Deut. 27:16);  Hy vervloek die wat afgode aanbid (omdat hulle sondig teen Hom- Deut. 27:15)...  Ook in gevalle waar vloeke deur ouers uitgespreek is, was dit a.g.v. die kinders se "eie sondes". Elkeen wat nie instaat was om die wet te onderhou nie, het onder die vloek van die wet geval. Die wetboek was 'n boek van seëninge  en  vervloekinge  (Deut. 30:1; 30:19)- "vervloek" was elkeen wat nie die wet onderhou het nie.
Daarom, die wat vervloek is, was dus die wat: 
(1)  ongehoorsaam was en 
(2)  nie die gebooie van die Here gehou het nie of 
(3)  die wat nie hulle hoop in die Here geplaas het nie.

Dus:  telkens waar ons lees van "vervloeking" in die O.T., is dit in verband met persone "wat in sonde gestap het" ( bv. Num. 5:21-27 van die vrou wat hoereer ens.) - niemand was instaat om die volle wet te onderhou nie;  daarom het almal (wat die wet probeer hou) onder die vloek van die wet geval).  Almal is basies vervloek (omdat almal sondig)(en vir die wat die wet probeer onderhou, het die sonde meer geword) - almal het vergifnis van sondes nodig om nie vervloek te word tot die ewige oordeel nie.  

Let wel: 
- VLOEKE WAS AS GEVOLG VAN SONDE;   SONDE (daadsondes) WAS NIE A.G.V. VLOEKE NIE! Party mense gee die feit dat hulle in opsetlike sonde stap toe aan een of ander vloek wat op hulle lewens rus, maar as God die een is wat "vervloek", dan kan 'n vloek nooit "sonde self" wees nie, want God sal niemand "laat sondig" nie! ;
-   As God self die een is wat die vloek op iemand plaas EN DIT IS SY WIL, dan kan die Christen nie die vloek breek nie  (tensy die Here dit toelaat - die persoon moet tot bekering kom en vergifnis van sondes ontvang);  JESUS IS DIE EEN WAT SONDES VERGEWE, en dan kan ons vergewe...
- Daar is geen geval in die Bybel van waar enigiemand siek was a.g.v. 'n voorvader se sonde nie (alhoewel baie dit geglo het), maar wel vb.e van siekte a.g.v. EIE SONDE (alhoewel ons moet verstaan dat nie alle siektes is a.g.v. sonde nie)
- 'n Ongelowige kan nie 'n vloek op 'n ware gelowige plaas nie:   (Toe Goliat vir Dawid by sy gode vervloek, het sy vervloeking geen mag gehad op Dawid nie, omdat Dawid sy vertroue in die Here geplaas het en die Here geken het.  Ook, toe Balak wou he dat Bileam die Israeliete vervloek, het God sy vloek in 'n seen verander, omdat die volk deur God geseen was)(Jes. 54:17)(Luk. 6:28 - Jesus het selfs geleer dat ons die moet seen wat vir ons vervloek, nie om vreesagtig te wees vir 'n vloek wat a.g.v. hulle miskien op jou lewe kan rus nie, maar wens eerder net die beste vir hulle toe, al wens hulle vir jou die slegte toe).
========================================================================
Wat het hierdie te doen met die vloek van die wet? 
Dit wat vloeke veroorsaak, verwys basies na sonde - "nie die wil van die Here doen nie" (alhoewel nie alle sonde vloeke veroorsaak nie). Die wetboek was nie net 'n boek van seeninge nie, maar ook van vloeke, nl. dat die wat dit nie onderhou nie onder "die vloek van die wet" kom (Gal. 3:10), en waarna verwys hierdie "vloek"? 

IN JESUS CHRISTUS WORD ONS "SONDES VERGEWE" EN WORD ONS "VRYGEMAAK VAN DIE VLOEK VAN DIE WET" (Gal. 3:13; Jos. 8:34; Dan. 9:11)(sodat ons nie vervloek word of in die ewige oordeel val nie). Maar hierdie "genade" sluit nie almal in nie! (anders sou niemand bv. nodig gehad he om tot bekering of weergeboorte te kom nie).  Vir gelowiges wat onder vloek gekom het omdat hulle die wet van die Here oortree, is daar vergifnis in Jesus Christus. En sou iemand tot geloof kom maar steeds ongehoorsaam wees (m.a.w. "net die geloof he, maar nie die werke nie"), dan kan hy nie verwag dat hy nie vervloek sal word nie - "genade" is van toepassing op gelowiges, nie goddeloses nie!:
(1) Die wat nie Sy wil doen nie, word bv. steeds gesien as "die wat nie Sy gebooie hou nie", en sal steeds vervloek word! (Matt. 7:21) 
(2) Die wat nie die nodige vrug dra nie, word steeds as die ongehoorsames gesien, en sal vervloek word! (Joh. 15:2)
(3) Die wat nie die Here as eerste Liefde ken nie, en nie die Here eerste soek nie, word steeds gesien as die wat nie hulle hoop in die Here sit nie, en sal vervloek word!)(Openb. 2:4)(Matt. 10:39)... 
(- vgl. dit met wie die vervloektes is in die N.T., nl. valse leraars, valse profete,  ongelowiges, die goddeloses, die wat nog onder die wet lewe en die afvalliges). 
(4) Die wat steeds onder die wet van Moses lewe - niemand kan dit onderhou nie, wat beteken dat hulle almal onder die vloek van die wet val (Gal. 3:10), en het dus die Redder nodig - anders sal hulle vervloek word.

In die Nuwe Testament, verwys vloeke in meeste skrifte na "verwensing", maar waar dit praat van "vervloektes" of "die kinders van vervloeking", verwys dit na persone wat veroordeel is vir sonde. Weer-eens, wys dit in sulke gevalle na 
"DIE HERE WAT VERVLOEK"  (nie blote verwensing deur mense nie).
Neem kennis dat die oorgrote meerderheid van voorbeelde in die Bybel rondom vloeke,  
dus vloeke is wat 
DIE HERE OP MENSE GEPLAAS HET
In hierdie geval kan 'n "vloek" gesien word as "tugtiging", straf, miskien 'n maatstaf waarin die Here mense dwing om na Hom terug te kom. Net die Here self het die mag om vloeke te breek wat Hy uitgespreek het. Iemand wat in Christus is is bv. vrygekoop van die "vloek van die wet" en sy "sondes is vergewe" - hy  hoef nie te wonder watter vloeke op sy lewe rus nie.  Maar as die Here iemand vervloek, kan niemand die vloek verbreek nie, behalwe die Here self.  En as die Here besluit om iemand te tugtig (en iemand dit as 'n vloek wil sien), dan is dit ook net die Here wat hierdie vloek kan wegneem! 

Wat die "vloek van die wet" aanbetref, het Jesus Christus vir ons die "vloek" geraak  aan die kruis. (Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is"). 
*  Selfs in gevalle waar gelowige vaders in die O.T. vloeke oor hulle seuns uitgespreek het, was dit deur die "wil van die Here" (en let wel, a.g.v. die kind se EIE  SONDE) - sou daardie kind egter berou he en vergifnis vra, dan is dit ook in die Here se hande om te vergewe en sy lot te verander. 
==========================================================================
NIE ALLE LEERSTELLINGS OOR "VLOEKE" VERKONDIG DIE WAARHEID NIE:

Daar is baie leerstellings vandag oor vloeke (meer bekend in sommige Christelike kerke as "bloedlynvloeke"), MAAR daar is eintlik net een geval in die Bybel wat moontlik kan deurgaan as 'n "bloedlynvloek", nl. die "erfsmet" (soos geleerdes dit noem),  wat deur die bloed van Adam tot die hele mensdom oorgegaan het - "vleeslik, verkoop onder die sonde" (Rom. 7:14). Dit gese, is daar sonde wat besoek word tot aan die 3de en 4de geslag, maar dit word slegs besoek aan kinders wat die Here haat!, en kan dus nie noodwendig gesien word as 'n (bloedlyn)vloek nie, want dan sou almal in die bloedlyn daaronder lei;  alhoewel, daar mag miskien redeneer dat die vloek/straf in die bloedlyn oorgedra word spesifiek aan die wat dieselfde sonde doen (tot aan die 3de en 4de geslag) en dit vir daardie persone 'n bloedlynvloek is - en dan tereg, maar het ons mag om dit bloot te vergewe? (kyk gerus o.a. in op die tema van bloedskuld). Ten eerste het ons beslis NIE die mag om te vergewe as die persoon nie eers tot bekering kom nie! - en dit bring ons by die punt dat geloof in Jesus Christus die ding is wat eerder gepreek moet word as om vloeke te soek.
    
 "Bloedlynvloek-leringe is nie iets wat in die eerste kerke beoefen is nie: Wat die "vloek vd wet" aanbetref, sal dit Paulus se stelling in Gal. 3 nietig maak as ons ons gedra soos mense wat steeds onder vloek is, terwyl Christus ons losgekoop het vd vloek vd wet! (Gal. 3:10-13). Die persoon wat hom ophou met hierdie leringe, voel of hy nooit vrykom van "vloeke" nie en ervaar nie die volkome vrymaking in Jesus Christus nie.  En terloops, baie van hierdie leringe beweeg Christene glad nie om hulle te oefen in die godsaligheid nie, maar eerder om iets anders skuld te gee vir hulle eie daadsondes. 
Die mens moet self aanhoudende sondes afle, gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus en homself onderwerp aan die gesag van die Here.  Om slegs 'n "vloek op iemand se lewe sg. te breek", het tot gevolg dat daardie persoon geen verantwoordelikheid neem vir sy eie sonde nie en is dieselfde as die fout wat Adam gemaak het, deur Eva skuld te gee vir sy daadsonde. En in elk geval word daar nerens vir ons 'n vb. gegee in die Skrif van "vloeke breek op mense se lewens nie".  As die Here iemand vervloek, laat Hy dan besluit of Hy die persoon wil vryspreek of nie! 

Wat ons wel moet verkondig, is dat daar vrymaking is in Christus Jesus, vir die wat hulle bekeer van dooie werke en sonde, en glo in die Here Jesus Christus - ja, volkome vrymaking! So iemand kry vrymaking deur die Here self. As ons bv. kyk na 'n geval waar iemand  siek is a.g.v. sonde (en dit soos 'n vervloeking gesien kan word, omdat siekte somtyds is a.g.v. sonde;  maar l.w. dat siekte nie altyd is a.g.v. sonde nie...), kan so iemand slegs gesond word as hy hom bekeer van daardie sonde - "dit is nie 'n vloek wat sg. op sy lewe rus en verbreek moet word nie", maar hy het bekering nodig (om daardie rede moet ons terloops nie vir iemand haastig die hande ople nie -1 Tim. 5:22 - gaan lees hierdie in konteks, dit gaan oor die wat in opsetlike sonde stap!).  Dus, waar 'n gelowige in die mag van die Here optree en vir iemand bid vir genesing, is dit bedoel vir daardie persoon wat regmaak met die Here, en dit gaan oor wat die Here wil doen, nie wat die Christen wil doen nie (daarom handel 1 Tim. 5:22 ook oor "dat ons nie partydig moet wees nie" - kyk v.21).  Dit gaan nie oor 'n sg. mag wat die Christen ontvang het nie, maar is alles onderwerp aan gehoorsaamheid aan die Here.  Ook in die geval waar iemand 'n bose gees op hom het (en dit soos 'n vloek gesien kan word - kyk maar bv. die geval van koning Saul) (en let wel, a.g.v. sy eie sonde, nie wat hy deur 'n bloedlyn ontvang het nie), kan die Here die Christen gebruik om dit uit te dryf, maar daardie persoon moet ook eers regmaak met die Here - hy moet homself kom onderwerp aan die Here. Dit is dus nie 'n outoriteit wat die Christen besit om "vloeke te breek soos hulle wil nie", maar die Christen is bloot gehoorsaam aan die opdrag van die Here (soos Hy wil, nie soos ons wil nie)(nie om menslike leerstellings te verkondig en daarvolgens op te tree nie) -  die Here is die Een wat besluit om 'n vloek terug te trek, of nie. Hy besluit ook wie Hy wil vrymaak van die vloek van die wet - en Hy weet wie die is wat hulle regtig bekeer het en in Hom glo. Hy weet wie die opregtes is, en Hy besluit wanneer/wie Hy wil vrymaak.  Hy besluit wie Hy wil genees.  Hy besluit wie Hy wil vrymaak van bose geeste. Waar Christene begin om hulleself voor te stel met mag en krag, gaan dit nie meer oor die Here se wil nie.   
\
Laat die Here dan iemand vrymaak, as Hy wil ...
(Gal 3:10)  "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".

(Gal 3:13)  "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"

(Joh 8:36) - "As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees"

(Rom 5:18)  Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.

========================================================================
Voorbeelde uit die Skrif:

WANNEER DIT KOM BY DIE STUDIE VAN VLOEKE, IS DIT MISKIEN BELANGRIK OM 'N PAAR SPESIFIEKE VRAE TE VRA EN TE BEANTWOORD, ASOOK OM TE KYK SPESIFIEK WAT DIE N.T. LEER OOR HIERDIE ONDERWERP. Wat die NT aanbetref waar "vloeke" bespreek word (en ons is terloops in die Nuwe Testament!), is daar geen spesifieke verwysing na vloeke wat ontvang is weens voorouers se sonde nie... (of is dit omdat ons net nie verstaan wat presies as vloeke gesien word nie?).  Ons merk geen "lys van vloeke" waarteen die dissipels, of Jesus, die mense gewaarsku het van wat moontlik op hulle lewens kan rus nie (of is sekere dinge nooit gese nie omdat hulle meer kennis gehad het as ons?).  Daar is ook geen skrif in die N.T. waar hulle spesifiek 'n vloek op iemand se lewe "breek" nie (dit gese word baie dinge deur kerke gesien as "vloeke", bv. 'n bose gees in iemand word somtyds gesien as 'n vloek, siekte word somtyds gesien as 'n vloek, ens., maar die vraag is of hierdie inderdaad die "vloeke" is waarna verwys word in die O.T.?). WAT WORD MET 'N VLOEK OF VERVLOEKING BEDOEL? - is dit bloot een of ander spesifieke soort straf, of verwys dit daarna dat so iemand nie die ewige lewe sal beerf nie? EN WAS DAAR OFFERS IN DIE O.A. WAT VIR HIERDIE VLOEKE KON BETAAL?  As bloedskuld bv. gesien kan word as 'n vloek, weet ons dat daar in die O.T. geen offer was wat daarvoor kon betaal nie (tensy die persoon met sy eie lewe betaal het, of dit was deur 'n kleinkind wat ook 'n sondaar was, betaal). 

In die N.T. is ons van mening dat Jesus Christus enige sonde kan vergewe (ook vloeke kan breek/Gal. 3:10-13), behalwe "lastering teen die Heilige Gees" (Hy sal dit nie vergewe nie, nie in hierdie bedeling nie, en ook nie in die volgende bedeling nie - daar is geen offer wat vir lastering teen die Heilige Gees kan betaal nie). 

Kom ons kyk na 'n paar N.T. skrifte wat vir ons meer lig kan werp op die woor/e vloek, vervloek, vervloektes:
*  (Mat 15:4) - "Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe". (ook Mark. 7:10)
-"vloek" in hierdie skrif, beteken "kwaadpraat om te vervloek". Vgl. dit met 'n skrif in die O.T. waar kinders vervloek is as hulle hulle ouers verag (Deut. 27:16 - "Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen"). 

*  (Gal 3:10) - "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".
-  "vloek" in hierdie skrifgedeelte, beteken "verwensing, verafsku" en spreek van die "onder die wet" (van Moses). 

*  (Gal 3:13) - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"
-  "vloek" in hierdie skrif beteken  ook "verwensing of verafskuwing" en spreek van die feit dat Christus vir ons daardie vloek geword het aan die kruis sodat ons nie meer onder die wet is nie.

Kom ons kyk na nog Nuwe Testamentiese skrifte: nl.("vervloeking"):
*  (2Pe 2:14) - "met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking".
- Wie is die "vervloektes" in die skrifgedeelte - konteks?  = valse leraars/valse profete (v.1)

*  (Rom 3:14) - "Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid".
-  Wie?  = die sondaars (die woord "vervloeking" in die skrifgedeelte, beteken "verwensing").

*  (Hand. 23:14) - "Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie".
-  Wie?  'n Klompie Jode wat hulself "verwens" het (konteks:  iets wat aan God gewy word tot verwoesting).

-  Kyk ook:  Rom. 9:3; 1 Kor. 12:3; 16:22 en Gal. 1:8,9; Mark. 14:71.

*  (Heb 6:8) - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding".
-  Wie?  die Afvalliges.  (verwensing; gruwel; verafskuwing)

*  (Jak. 3:10) - "Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie".
-  in Konteks gaan dit oor "om iemand anders te vervloek" - (verwensing) - (wat het Jesus gesê moet ons doen wanneer iemand ons vervloek?  =  Luk 6:28 - "Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig".

*  (Matt 25:40) - "En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen".
-  Wie?  -die onregverdiges. (verwens, verdoem)

*  (Mark 11:21) - "En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog".

*  (Rom 12:14) - "seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie"

*  (Jak 3:9)  Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.

Skrifte wat somtyds uit konteks geneem of verkeerd verstaan word:
* (Eks. 20:5) - "Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat" (kyk ook Eks. 34:7).
Hierdie skrifte word graag gebruik om die konsep van "vloeke tot die derde en vierde geslag" te staaf, m.a.w., baie maak hier die afleiding dat 'n vloek tot op die derde en vierde geslag kan rus op iemand se lewe a.g.v. 'n voorouer se sonde, MAAR IS DIT REGTIG WAT DIE HERE BEDOEL HET HIER?   Wanneer ons bv. die skrifgedeelte in konteks gaan lees, gaan dit oor die wat: 
 -die wet oortree en; -die wat afgode aanbid.  Let gerus op die woorde "die misdaad besoek", m.a.w. kinders wat in die sondes van hulle vaders voortstap;  let ook op die woorde "van die wat My haat".  Dit spreek definitief nie van 'n nageslag wat lief is vir die Here en in opregtheid stap nie! (Kyk ook Deut. 5:9).
  
Ons kan die teendeel sien in 2 Kron. 28-35, wat bewys dat, sou iemand nie meer in die sonde van sy vader stap nie, al is hy ook in die derde of vierde geslag, hy definitief nie vervloek is deur die Here nie! -Agas was die vader van die godvresende Hiskia;  Hiskia se kind en kleinkinders, Manasse en Amon, was afgodsaanbidders, maar  Amon se seun, Josia, het die Here gedien en het leiding geneem in 'n groot herlewing in Israel - Al was sy eie vader 'n afgodsaanbidder, was hy geseen deur die Here!

"DIE VADERS MAG NIE VIR DIE KINDERS, EN DIE KINDERS MAG NIE VIR DIE VADERS GEDOOD WORD NIE;  ELKEEN MOET VIR SY EIE SONDE GEDOOD WORD" - (Deut. 24:16).
Num. 16:1-50 is 'n voorbeeld van waar dit wil lyk of selfs die vrouens en kindertjies vir die pa's se sondes betaal het, maar in die betrokke skrifgedeelte is dit duidelik dat al "die skuldiges" omgekom het, asook die wat "saam met die skuldiges gestaan het".  Wat ons moet raaksien is dat God wel vir die onskuldiges 'n kans gegee het om weg te kom!!!  Gaan lees gerus die hele gedeelte - (Num 16:26  "Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie" - Dus, die vroue en die kinders het die keuse gehad om weg te kom om nie onder die manne se "straf" te val nie.  (Vgl. dit ook met die geval in die boek van Openb. waar geprofeteer word oor die val van Babilon en die volk opdrag gegee word om "uit haar uit te gaan: (Openb. 18:4 - "sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie").

Ons moet versigtig wees om skrifte soos Eks. 20:5 en 34:7 uit konteks te neem en leerstellings daarop te bou wat nie skriftuurlik is nie, want as iemand dan nou wil voorgee dat iemand vervloek is, selfs tot die derde en vierde geslag, a.g.v. van 'n vader se sonde (ten spyte van of hy geregtig is of nie!),  wat moet ons dan se van Deut. 7:9 ??? - "Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte" - tog sekerlik praat dit nie hier van geslagte wat ongeregtigheid kies nie! So dus, net soos ons hierdie skrif nie uit konteks wil neem nie, moet ons ook nie Eks. 20:5  uit konteks neem nie! Natuurlik het kultuur en sekere gewoontes baie daarmee te doen, soos bv. kinders wat afgode aanbid omdat hulle ouers dit gedoen het en hulle so groot geword het... - dit beteken dan nie dat die kinders afgode aanbid  a.g.v. 'n bloedlynvloek nie, maar dat hulle self kies om afgode te aanbid! Dit beteken ook nie dat hulle vervloek is a.g.v. die feit dat hulle ouers afgode aanbid het nie, maar omdat hulle self in sonde stap.   
Volgens Lam. 5:7 was daar geglo dat kinders vir hulle vaders se sondes betaal -(Lam 5:7-"Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede"). Die Here stel dit egter duidelik in Es.18:1-20 dat Hy SPREEKWOORDE VAN SO 'N AARD SAL UITWIS! -(Ese 18:2-9).  Kinders betaal/boet vir hulle eie sondes, nie vir vaders se sondes nie! 

ANDER VOORBEELDE VAN VERVLOEKING:
Finale vloek - (Jes. 24:5,6)   - (kyk ook Jer. 23:10 - sonde veroorsaak vloek op die aarde / kyk ook aarde vervloek na adam sondeval, so ook met die sondeval - kyk na sondeval) (Gen 8:21)   ( Rom. 8:19-23)

Geen vloek meer met nuwe hemel en aarde:
(Openb. 22:3) - "En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien".

Maandag 14 Mei 2012

Is daar regtig iets soos "vloeke" ?

Omdat meeste mense net "vloeke"  sien as iets wat in heksery beoefen word, wil die Christen nie regtig veel daarvan weet nie. Wat belangrk is, is om te onderskei tussen vloeke wat in bose praktyke beoefen word, en vloeke in 'n Skriftuurlike konteks.  Ons wil nie hier stilstaan by "vloeke wat onder heksery beoefen" word nie (en wil niks daarvan weet nie!), maar ons moet ons vereenselwig met die skriftuurlike betekenis van die term "vloeke".

Rol af vir die volgende onderwerpe:
- Inleiding
- Voorbeelde van mense wat vervloek is, en deur wie.
- Wat is die doel van 'n vloek?
- Allerhande leringe rondom "bloedlynvloeke".
- Skrifte rondom die onderwerp wat somtyds uit konteks geneem word.
- Wat het die eerste kerke hieroor geleer?
- Nog voorbeelde van vervloeking

========================================================================
Inleiding:
Die woorde "vloek/e, vervloek en vervloeking", kom in totaal sowat 168 keer in die Bybel voor, waarvan meeste in die Ou Testament, en het verskillende betekenisse in die verskillende skrifte. 
(1) In sekere skrifte beteken dit  "om iemand te vloek";   dus,  nie "om 'n vloek op iemand te sit nie", maar eerder "verwensing deur kwaadspreek" (in hierdie geval gaan dit oor mense wat ander mense "vervloek")(dit is verkeerd om kwaad te spreek, of om iemand te vloek);http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-6.html.
(2)  In ander skrifte beteken dit "om 'n vloek op iemand te sit" (of dat iemand 'n "verafskuwing" is = vervloek) hierdie geval is die oorgrote meerderheid van vb.e in die Skrif, (1) gevalle waar DIE HERE MENSE VERVLOEK HET;  (2) gevalle waar Joodse ouers vloeke oor kinders uitgespreek het, deur die wil van die Here gedryf (bv. deur profesie, asof die Here die persoon vervloek);  (3) die gevalle in die N.T. waar  valse leraars/valse profete/ongelowiges/goddeloses en afvalliges "vervloektes" genoem word, is 'n geval waar "die Here mense vervloek. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html)

In Bybelse tye was die volk van God baie meer ingelig oor VLOEKE as vandag.  Daar is egter 'n duidelike onderskeid in die hantering van vloeke tussen die Nuwe en die Ou Testament, en die rede hiervoor is die feit dat Jesus Christus die verskil kom maak het - vir die wat in Jesus Christus glo, was die wat onder die vloek van die wet geval het, nou vrygekoop;  selfs ook sonde soos bloedskuld wat onvergeeflik was in die Ou Testament, kan in die Nuwe vergewe word...  Enige iemand wat hulself diensbaar stel aan die Here (nie meer aan die wet nie)(nie meer aan  die sonde nie), in die Here Jesus Christus glo, kan vrygemaak word... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-5.html).  Let op dat daar op geen stadium in die eerste gemeentes 'n vb. was van waar vloeke sg. verbreek moes word deur ander Christene nie... - dit is op hierdie punt waarin kerke o.a. verskil, is hoe die tema van vloeke hanteer word.  Volgens die Skrif wil dit voorkom of dit net die Here self is wat vloeke kan verbreek op mense se lewens, alhoewel gelowiges wel die "mag" gegee om "sondes te vergewe" http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html, - bv., iemand wat onder die vloek van die wet val maar nou glo in Jesus Christus, kan verseker deur 'n ander Christen bevestig word dat hy vrygekoop is en in Jesus Christus nie meer onder die vloek van die wet is nie!  Geen gelowige het egter die mag om sonde te vergewe wat nie deur die Here self vergewe word nie (m.a.w. as die persoon nie die voorwaardes nakom wat deur die Here neergele is nie, kan jy hom nie regtig vergewe nie). Die tema van vloeke moet op hierdie manier hanteer word, want sonder vergifnis kan geen vloek "gebreek" word nie. Geen bloedskuld kan bv. vergewe word waar iemand nie in Jesus Christus glo nie, want dit is eintlik deur die bloed van Jesus wat daardie persoon vergifnis kan ontvang en die vloek daarvan uitgevee kan word. 

*  Is vloeke "for real"?  JA !  

Daar is 3 vrae wat ons miskien kan vra om hierdie tema makliker te maak, nl.
- (1) wie in die Skrif die vloeke uitspreek; 
- (2) waarom die vloeke uitgespreek is, en
- (3) wat die vloeke self was.   

*   'n Ongelowige kan nie 'n vloek op 'n ware gelowige sit nie:   
Is dit moontlik vir 'n heks om 'n vloek op jou (as gelowige) te plaas?  'n Goeie voorbeeld waarin ons kan inkyk om hierdie vraag te beantwoord, is die van Dawid en Goliat..., want toe Goliat vir Dawid by sy gode vervloek, het sy vervloeking geen mag gehad op Dawid nie! (omdat Dawid sy vertroue in die Here geplaas het en die Here geken het).  Nog 'n voorbeeld is die van Balak en Bileam..., nl. toe Balak wou he dat Bileam die Israeliete vervloek, het God sy vloek in 'n seen verander! (omdat die volk deur God geseen was)(Jes. 54:17).  Luk. 6:28 - Jesus het o.a. geleer dat ons moet seen vir die wat julle vervloek..., nie dat ons in vrees moet lewe en die vervloeking op een of ander manier moet probeer verbreek nie (of bv. spefisieke woorde moet gebruik om dit te verbreek nie). Natuurlik kan jy vir die Here vra om jou te beskerm - Jesus het immers vir ons geleer om te bid dat Hy ons BEWAAR VAN DIE BOSE...

* Neem kennis dat die oorgrote meerderheid van voorbeelde in die Bybel rondom vloeke, vloeke is wat DIE HERE OP MENSE GEPLAAS HET, of was A.G.V. SONDE:  In hierdie gevalle, kan 'n "vloek" gesien word soos 'n "tugtiging", of miskien nie  - miskien meer soos 'n GEVOLG, 'n maatstaf waarin die Here mense dwing om na Hom terug te kom (?);  of andersins is dit soos 'n "straf" (bv. in die geval van die vloek van die wet).  Net die Here self het die mag om vloeke te verbreek wat Hy uitgespreek het... (iemand wat in Christus is en die onder die vloek van die wet geval het, is bv. vrygekoop van die "vloek van die wet" en hoef nie te wonder of daardie vloek nog op sy lewe rus nie). As die Here egter iemand vervloek, soos die vb.e  in die N.T.van valse profete, valse leraars, afvalliges ens., kan niemand hierdie vloek verbreek nie...., tensy daardie persoon hom/haar tot die Here bekeer (en dan kan hy deur die Here vergewe word).  En as die Here besluit om iemand te tugtig (en iemand dit as 'n vloek wil sien), dan is dit ook net die Here wat hierdie vloek kan wegneem. Nerens het Jesus vir Christene die mag gegee om vloeke te breek nie, alhoewel hy vir hulle die mag gegee het om te vergewe... (sien eerste paragraaf).(Gal 3:13)  Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
 *  Volgens die skrif is enige iemand wat God se wette oortree, vervloek...  Sekerlik geld dit ook vir die Nuwe Testament, alhoewel in die N.T. ons nie meer onder die wet van Moses is nie, maar die wet van Jesus Christus en Sy Gees. Die wat in Hom glo is veronderstel om Hom te gehoorsaam.  Die wat Hom nie gehoorsaam nie kan onder 'n spesifieke soort vloek val, nl. "die vloek van Sy wet", en as dit met jou gebeur het leer die Skrif nie dat hierdie vloek deur 'n spesifiek gebed gebreek word nie, alhoewel bekering tot Here nodig is! Jesus het wel vir ons die "vloek" geword  aan die kruis... (Gal 3:13 - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—) sodat ons o.a. vrygekoop kan word van die vloek vd wet (wat meer verwys na die wat onder die wet van Moses was), maar geen mens kan vrygekoop word van hierdie vloek as hy nie in Jesus Christus glo (en Hom/Sy Gees gehoorsaam) nie. (Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is")Let wel dat hierdie genade (bv. om vrygekoop te word van die vloek vd wet) nie alle groepe insluit nie (anders sou niemand nodig gehad het om tot weergeboorte te kom nie).  
 Dit hang natuurlik af van watter vloek ons praat.  Bv., mense wat nie onder die genade is nie is vervloek tot die tweede dood;  nl. word "die vervloektes" genoem in die Skrif.. (bv. valses,  ongelowiges, die goddeloses, die wat nog onder die wet lewe, afvalliges, ens.).  In die Nuwe Testament, verwys vloeke in meeste skrifte na "verwensing" - in geval vd "vervloektes" of "die kinders van vervloeking", is hulle "verwens" tot die tweede dood (is "deur die Here vervloek")

*  Daar is gevalle waar gelowige vaders in die O.T. vloeke oor hulle seuns uitgespreek het, l.w. waar dit deur die "wil van die Here" geskied het (was bv. a.g.v. die kind se sonde) - sou daardie kind egter berou he en vergifnis vra, dan is dit ook in die Here se hande om te vergewe en iemand se lot te verander, maar in die geval van bloedskuld kan dit net op een manier betaal word, nl. deur die persoon se bloed of iemand in sy nageslag (wat die N.T. aanbetref kan iemand se bloedskuld nie uitgevee word as hy nie glo in Jesus Christus nie, en in die geval verwys dit veral na onwetende bloedskuld).

*  Vloeke was altyd "AS GEVOLG VAN SONDE", m.a.w. geen vloek was op enige onskuldige geplaas nie en geen mens betaal vir iemand anders se sonde nie.   Uiteindelik moet ons ook besef dat elke mens se lot in die Here se hande is. God se wil vir ons, is altyd goed, maar waar die mens verkeerde besluite neem, het dit gevolge.  

*  Daar is net een geval in die Bybel wat moontlik kan deurgaan as 'n "bloedlynvloek", nl. die "erfsmet" (soos geleerdes dit noem),  wat deur die bloed van Adam tot die hele mensdom oorgegaan het, "vleeslik, verkoop onder die sonde" (Rom. 7:14). Alhoewel, "bloedskuld" word ook baiemaal gesien soos 'n "bloedlynvloek" omdat dit slegs deur bloed betaal kan word, en as die persoon nie met sy eie bloed daarvoor betaal nie, dan word dit deur iemand in sy nageslag betaal (l.w., nie deur iemand wat in geregtigheid stap nie - kinders betaal nie vir hulle ouers se sonde nie).    
Daar kan gerus ook onderskei word tussen 
(1)  "sonde in die vlees (erfsmet)", 
(2)  "daadsondes" en 
(3) "opsetlik, aanhoudende sondes" http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html
 Die "erfsmet" gaan oor die keuse om gehoorsaam of ongehoorsaam te wees (kennis van goed en kwaad)(party noem dit tereg, "'n neiging om te sondig" (wat veral wys na 'n verkeerde manier van sien en dink); -terwyl daadsondes fisies die daad van sonde behels). Om daardie rede betaal ons nie vir Adam se daadsondes nie, maar wel vir ons eie sondes.  Dit kan miskien op so 'n manier gesien word, dat die "vloek" van die erfsmet die dood vd liggaam beteken - (Gen 2:17  -"maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe");  terwyl die "eet van die verbode vrugte" (wat bloedskuld veroorsaak het) die tweede dood tot gevolg het  (hulle wederstrewigheid moet nie verwar word met die vloek vd tweede dood nie, alhoewel hulle bloedskuld veroorsaak dat hulle onder die vloek van ewige oordeel val, nl. wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word). Moontlik die een rede waarom God vir Adam en Eva uit die tuin van Eden weggestuur het, is sodat hulle nie van die boom van die lewe eet en vir ewig in die toestand lewe nie;  anders gestel, jy kan nie verwag om die ewige lewe te oes as jy bloedskuld op jou het nie! - (Gen 3:22-24).

Paulus skryf:  (Rom 7:23,24)  "maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.  Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?"  Dat ons hierdie begeerte om te sondig geerf het van Adam is verseker (Adam was 'n slaaf - sy kinders word noodwendig as slawe gebore), maar dit beteken nie dat ons vir Adam se daadsondes betaal nie.  Die wat in die Here Jesus Christus glo sal met Sy wederkoms deur Hom die opstanding tot die lewe kry (verheerlikte, geestelike liggame wat vir ewig lewe)(dan is die dood finaal oorwin) - vloek verbreek!
 
Waar dit in die Ou Testament mag lyk of kinders vir ouers se sondes betaal, meer bekend onder sekere kerke as bloedlyn-vloeke, is die skrif duidelik daaroor dat die kinders ook self in die ouers se sonde gestap het;  dus, buiten die feit dat sommige "erfsmet" 'n bloedlynvloek noem, wil dit nie voorkom of enige iets anders in die Skrif gesien kan word as bloedlynvloeke nie, behalwe miskien "bloedskuld" (en dan word daarna verwys as bloedskuld, nie bloedlynvloeke nie (want nie almal in daardie generasie gaan die vloek erf nie;  ook sal geregtiges nie daarvoor betaal nie).

========================================================================
Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde in die Skrif van mense wat vervloek is, en deur wie?:

-Wie het die slang vervloek? -God het -(a.g.v. sonde/verlei/laster)
-Wie het vir Kain vervloek?  -God het (a.g.v. sonde/moord gepleeg-bloedskuld)
-Wie het vir Kanaän vervloek?  -Noag het (dit was sy sy seun, a.g.v. sonde/hy het sy ouer verag-bloedskuld)
-Wie vervloek die wat vir Israel vervloek?  -God (a.g.v. sonde/kwaadspreek;vloek)(as jy 'n geseende vloek, sal jy vervloek word)
-Wie het vir Simeon en Levi vervloek?  -Jakob (dit was sy seuns, a.g.v. sonde)
-Deur wie word die vervloek wat afgode maak en aanbid?  -deur God (a.g.v. sonde/afgodsaanbidding - bloedskuld)..............

Spesifieke voorbeelde van mense wat vervloek is in die Ou Testament:
- Gen. 3:17, die aarde;  Gen. 5:29, die aarde; 
- Gen. 12:3, die wat Abraham se nageslag vervloek, kyk vb. Josef..., Gen. 27:29; 
- Gen. 49:7, Simeon en Levi se toorn vervloek deur Jakob - daarom verstrooi in Israel;  
- Deut. 21:23, iemand wat opgehang is, deur God vervloek;  Deut. 27:15, die wat afgode maak;  
- Deut. 27:16, hy wat sy vader of moeder verag;  
- Deut. 27:17, hy wat sy naaste se grenslyn verlê;  
- Deut. 27:18, hy wat 'n blinde op die dwaalweg lei;  
- Deut. 27:19, hy wat die reg van die vreemdeling, wees of weduwee verdraai;  
- Deut. 27:20, hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het;  
- Deut. 27:21, hy wat met enige dier gemeenskap het;  
- Deut. 27:22, hy wat met sy suster gemeenskap het;  
- Deut. 27:23, hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het;  
- Deut. 27:24, hy wat sy naaste in die geheim doodslaan;  
- Deut. 27:25, hy wat 'n omkoopgeskenk aanneem om iemand dood te slaan;  
- Deut. 27:26, die een wat die woorde van die wet nie hou nie en dit nie doen nie;  
- Deut. 18:16-20, die ongehoorsames en die wat nie Sy gebooie en insettinge onderhou nie; 
- Jos. 9:23, die wat vir Joshua mislei het - vervloek om houtkappers en waterputters vir hulle te wees; 
- Rig. 5:23, die wat nie die Here te hulp kom nie;  Rig. 21:18, die wat 'n vrou aan Benjamin stam gee;  
- 1 Sam. 14:24, Saul dreig sy manskappe in geveg, dat hy die vervloek wat iets eet tot die aand toe- ook 14:28;  
- 1 Sam. 17:43, Goliat vervloek Dawid by sy gode;  
- 1 Sam. 26:19, vervloek is die wat Dawid verdrywe;  
- Num. 22:11, 24:9 en Jos. 24:9, Neh. 13:2, God het die vervloeking wat Balak oor die kinders van Israel wou bring, in 'n seën verander deur Bileam;  
- Job 3:1, Job vervloek sy dag;  
- Job 5:3, die dwaas se woning vervloek;  
- Job 24:18, vervloeking van die onregverdiges;  
- Ps. 37:22, onregverdiges deur God vervloek; 
- Spreuke 24:24, vervloek deur die volke en die nasies,  is die een wat aan die kant van die skuldige is;  
- Spr. 28:27, vervloek is die een wat sy oë toehou vir die in nood; 
- Spr. 30:11, die een wat sy vader vervloek;  
- Jer. 11:3, die een wat nie luister na die verbond;  
- Jer. 17:5, die een wat op die mens en die vlees vertrou en wie se hart van die Here afwyk;  
- Spr. 20:14, Jer. verbitterd oor hy lewe; 
- Spr. 48:10, die een wat nalaat om die werk van die Here te doen;  
- Mig. 6:10, die goddelose;  
- Mal. 1:14, die een wat siek of lam of geroofde dier vir offer bring; 
- Mal. 2:2, die wat ongehoorsaam is en nie die Here ter harte neem nie. 
(gaan lees gerus elke skrif in konteks).  

Opsomming: Die wat vervloek is, was die wat: 
(1)  ongehoorsaam was, 
(2)  nie die gebooie van die Here gehou het nie, of 
(3)  die wat nie hulle hoop in die Here geplaas het nie.

LET WEL DAT DIT NIE REGTIG VERANDER HET IN DIE N.T. NIE, MAAR VERVUL WORD OP 'N ANDER MANIER...  Gehoorsaamheid word steeds verwag.  Die Here verwag steeds dat Sy gebooie onderhou word.  Die Here verwag steeds ons ons hoop in Hom plaas (en Hom raadpleeg).  In die N.T. is Christene wel nie meer onder die wet van Moses nie, ja, maar hulle is onder die Here Jesus Christus en Sy Gees!  
(1) Die wat nie Sy wil doen nie, word steeds gesien as "die wat nie Sy gebooie hou nie", en sal vervloek word! (Matt. 7:21) 
(2) Die wat nie die nodige vrug dra nie, word steeds gesien as die ongehoorsames, en sal vervloek word! (Joh. 15:2)http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html
(3) Die wat nie die Here as eerste Liefde ken nie, en die wereld eerder soek as Sy Koninkryk, word steeds gesien as die wat nie hulle hoop in die Here plaas nie, en sal vervloek word!)(Openb. 2:4)(Matt. 10:39)... http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/05/is-jy-meer-besig-met-die-lewe-as-met.html;   http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wat-hulle-lewe-verloor-sal-dit-wen.html

(- vgl. dit gerus met wie die vervloektes in die N.T. genoem word...- bv., valses,  ongelowiges, goddeloses, die wat nog onder die wet lewe, afvalliges, ens.).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT IS DIE DOEL VAN 'N VLOEK?

Waar 'n Joodse vader 'n vloek op 'n kind geplaas het, was dit straf vir sonde (nie straf wat die kind moes dra vir sonde wat deur die ouer gepleeg is nie!) en dan het die Here die vader die mag gegee daartoe, dus was dit steeds die Here se wil - die Skrif gee vele van hierdie voorbeelde (die Here se woorde) van watter sonde veroorsaak dat iemand vervloek word (sien die vorige paragraaf);  logies gesproke gaan vaders hierdie vloeke oor die kinders uitspreek sodat hulle verstaan wat die Here hieroor daaroor te se het. As jy weet dat 'n spesifieke sonde 'n vloek bring, is dit dan bloot iets wat jy te kenne gee (dit is wat gebeur het wanneer hierdie vaders vloeke uitgespreek het... - nie noodwendig dat hulle hul wou verwens nie, maar eerder dat hulle bloot te kenne gegee het van wat gebeur nadat die kind gesondig het). Vandag het meeste kinders van die Here nie eens hierdie kennis nie!

Kyk gerus na die voorbeelde in die vorige paragraaf, want ons kan die volgende daaruit leer:
- 'n Vloek was net op iemand geplaas as die persoon self gesondig het.
- 'n Vloek was deur God op iemand geplaas as hy gesondig het.
-  Ook die vloek deur 'n gelowige vader op kinders, was as hulle die spesifieke sonde gepleeg het wat gewoonlik veroorsaak dat iemand vervloek word (in daardie geval was dit natuurlik in die gelowige vader se mag om 'n vloek of 'n seën oor hulle seuns uit te spreek... (Gen. 27:12)).
- Die wetboek was 'n boek van nie net seëninge  nie!, maar ook  vervloekinge  (Deut. 30:1; 30:19)want "vervloek" was elkeen wat nie die wet onderhou het nie). 
Dus:  telkens waar ons lees van "vervloeking" in die O.T., is dit in verband met persone "wat in sonde gestap het" ( bv. Num. 5:21-27 van die vrou wat hoereer, ens.). 

VLOEKE WAS AS GEVOLG VAN SONDE;  
SONDE (daadsondes)   WAS NIE A.G.V. VLOEKE NIE! 

Daar is sommige wat glo dat die rede waarom sommige kinders in spesifieke sondes stap, is a.g.v. 'n vloek, maar eerder is dit andersom... Kinders wat in sonde stap, veral in die konteks van die wat die Here haat, kan die ouer se vloek dra!  (l.w. dat hierdie gebeur tot aan die 3de of 4de geslag!). En hierdie vloek kan nie bloot gebreek word deur die wil van 'n Christen wat dit "breek" nie, tensy daardie persoon tot bekering kom - en noodwendig sal hy nie vir die vloek betaal nie, maar iemand sal!, iemand in die geslag wat die Here haat. In ander woorde, kinders betaal nie vir hulle vader se sondes nie, maar as hulle "doen soos hulle vader", beteken dit nie dat dit was a.g.v. 'n vloek nie, maar dit maak hulle kandidate om daardie vloek te dra!

M.a.w., vloeke a.g.v. ouers se sondes gaan nie oor na 'n kind toe nie (alhoewel dit kan oorgaan na 'n kind wat self bloedskuld het!) - bloeskuld word nooit betaal deur 'n geregtige nie, maar kan deur 'n ongeregtige betaal word (en kan tot in die derde of vierde geslag geneem word). Daardie vloek wat maw op die vader kom, kan oorgaan tot aan die 3de en 4de geslag van die wat die Here haat! Bv., in die geval van "gelowiges" wat hulle tot afgode wend..., se God dat Hy die misdaad van die vaders sal besoek aan die kinders..., die Skrif leer tot aan die 3de en aan die 4de geslag! - let op die woorde, "VAN DIE WAT MY HAAT", nie die wat vir die Here lief is nie... (Eks. 20:5 - "Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat"). Kinders van die Here wat hulle met afgode besig hou, moet verstaan dat hulle nageslag (spesifiek die in die geslag wat die Here haat) sal betaal vir hulle misdaad. Dit is beter om die Here ALLEEN lief te he en te gehoorsaam, want die seen waarmee Hy jou seen (wat dit ookal is), bewys Hy aan 1000e! (Exo 20:6 - "en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou). *  Kyk gerus die bv. in 2 Kron. 28-35:  -Agas was die vader van die godvresende Hiskia;  Hiskia se kind en kleinkind, Manasse en Amon, was afgodsaanbidders, maar  Amon se seun, Josia, het die Here gedien en het leiding geneem in 'n groot herlewing in Israel - hy het nie die VLOEK gedra a.g.v. sy voorvaders se sonde nie. 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Allerhande leringe rondom bloedlynvloeke:

Sommige "bloedlynvloek-leermeesters" beweer dat sonde in mense se lewens toegeskryf kan word aan die vaders se sondes en dat dit self  'n vloek is op hulle lewens (asof die sonde wat hulle doen, die vloek is wat oor hulle uitgespreek is) -  dit is onskriftuurlik.  Hoe kan "n vloek" (of straf of tugtiging), wat die Here op iemand sit,  self  'n "sonde" wees? Hoekom sal die Here wil he dat iemand in sonde stap? Selfs die voorbeeld in Rom. 1 wat praat van waar God die ongeregtiges en goddeloses kan oorgee aan die begeerlikhede van hulle harte,  is nie 'n vb waar God iemand "laat sondig" nie... - nee, wat dit beteken is dat Hy hulle bloot toelaat om die dwaling wat hulle so graag wil glo, te glo (sulke mense begin glo hulle is reg, al is hulle verkeerd! - duidelik probeer die Gees hulle nie eens meer oortuig van sonde nie, want hulle wil nie luister nie, maar dit beteken nie dat die vloek hulle beweeg om verkeerd te doen nie). 

 "Bloedlynvloeke" is een van die bekendste onderwerpe in sekere kerke vandag, vloeke wat van een generasie oorgedra word na 'n ander, maar terwyl dit in baie spesifieke gevalle gebeur, is die kerk nooit geleer om vloeke links en regs te breek nie...  Die lering behels somtyds ook dat die vloek die oorsaak is van baie siektes, wat natuurlik ook moontlik is, maar nie alle siektes is a.g.v. vloeke nie... (Joh. 9:2,3).  In kerke waar lede ingelig word hieroor, word die lidmate ook geleer om  "vloeke" te verbreek in die naam van Jesus. En sommige gaan sover as om te se dat hierdie siektes (en sondes) toegeskryf kan word aan bose geeste wat oorgedra is aan die nageslag deur die bloed van die vader. Terwyl dit moontlik is vir kinders om bose geeste te he (Mark. 9:21), en dit moontlik is vir bose geeste om mense siek te maak (Mark. 9:25; 12:22; Hand. 8:7), moet ons egter versigtig wees om bose geeste agter elke siekte, swaarkry (of verkeerd doen) te gaan soek, want dit is ongelukkig was baiemaal gebeur. Vir die wat egter werklik deur die Gees gelei word om 'n bose gees uit te dryf, te bid vir genesing, of selfs bid dat die Here 'n vloek moet wegneem waar iemand tot bekering kom, welgedaan! (niemand mag die werk van die Here te stop nie), maar ons moet versigtig wees om agter elke siekte 'n bose gees te soek, en agter elke sondaar, 'n vloek (?). Daar is nie een voorbeeld in die Skrif van bose geeste wat deur die bloedlyn oorgedra is nie, nog minder dat geregtiges die vloek dra van 'n vader se sonde...  Omdat siektes SOMTYDS die gevolg kan wees van sonde, word daar ook wilde afleidings gemaak dat familiesiektes toegeskryf kan word aan bloedlynvloeke. Ook in hierdie geval is dit gevaarlike stellings, want jy kan skaars iets anders voortbring as wat jyself is... - terwyl 'n familiesiekte net sowel 'n vloek kan wees wat oorkom om 'n kind wat in ongeregtigheid stap, is daar vele geseendes wat familiesiektes het en nie noodwendig genesing kry nie.  Ander voorbeelde in die Bybel van waar iemand siek was a.g.v. sonde, was spesifiek a.g.v. hulle eie sonde, bv. (Joh 5:14 - "Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie"). Daar is daar geen klinkklare voorbeel in die Bybel waar enigiemand siek was a.g.v. 'n voorvader se sonde nie, en ook nie waar 'n vloek beskryf word as 'n "daadsonde" nie...

-  In feitlik elke geval was dit God self  wat die vloek op iemand plaas omdat die persoon ongehoorsaam was; dus kon "die vloek" nie "sonde" self wees nie, want God sal niemand beweeg om te sondig nie (alhoewel Hy hulle somtyds oorgee aan dit wat hulle alreeds verkeerd doen, omdat hulle nie wil luister nie).
-   En ss God self die een is wat die vloek op iemand plaas, EN DIT IS SY WIL!, watter reg het die Christen dan om die vloek te verbreek?  (die persoon moet tot bekering kom en self vergifnis van sondes eers ontvang).

Oral in die skrif, waar 'n vloek uitgespreek was, is ook genoem deur wie en waarom (soos ons reeds bespreek het), asook "WAT DIE VLOEK WAS", bv., gaan lees gerus in die volgende skrifgedeeltes: Deut. 11:28, 29:20-29, Dan. 9:11, Sag. 8:13 ens. In Mal. 2:2 was die vloek as volg:  die persoon se naam sou onder die hemel uitgedelg word, en afgeskei word van die stamme van Israel... (a.g.v. die volk se ongehoorsaamheid sou daar plae en siektes in die land wees, swawel en sout, geen plante ens. ).  In die geval van Num 5:27...(i.v.m. 'n vrou wat deur haar man wantrou word dat sy hoereer het, waar die priester 'n ritueel moet uitvoer - as sy skuldig was, sou die vloek op haar as volg wees:  -  haar skoot sou opswel en haar heup inval en sy sou onder die volk 'n vervloeking wees). DUS: TELKENS WAS DIE PERSOON BEWUS GEWEES VAN WAT DIE VLOEK WAS - in geen vb. was die persoon onbewus van 'n vloek op sy lewe wat aan hom openbaar moes word nie, en as dit openbaar moet word, laat die Here dit doen, maar te veel word vrees gekweek deur die bloedlynvloek-leringe.  Daar is terloops geen vb. in die Bybel van waar iemand 'n vloek op hom gedra het waarvan hy nie bewus was nie, maar as iemand nie bewus is van so iets (veral 'n ongeregtige in die 3de of 4de geslag), laat hy tot bekering en geloof kom, en dit is seker dat die Heilige Gees so iets aan hom sal openbaar.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skrifte wat somtyds uit konteks geneem of verkeerd verstaan word:

Die bekende skrifte van (Eks. 20:5) - "Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat" en Eks. 34:7 word graag gebruik om die lering van "bloedlynvloeke" te staaf.  Wanneer ons egter die skrifgedeelte in konteks gaan lees, gaan dit oor die wat:  -die wet oortree en -die wat afgode aanbid.  Let gerus op die woorde "die misdaad besoek", m.a.w. kinders wat in die sondes van hulle vaders voortstap;  let ook op die woorde "van die wat My haat".  Dit spreek definitief nie daarvan dat die wat vir die Here lief is, vloeke onwentend op hulle kan he nie (Kyk ook Deut. 5:9). Ons kan dit sien in 2 Kron. 28-35, wat bewys dat sou iemand nie meer in die sonde van sy vader stap nie, al is hy ook in die derde of vierde geslag, hy definitief nie vervloek is deur die Here nie  -Agas was die vader van die godvresende Hiskia;  Hiskia se kind en kleinkinders, Manasse en Amon, was afgodsaanbidders, maar  Amon se seun, Josia, het die Here gedien en het leiding geneem in 'n groot herlewing in Israe. Al was sy eie vader 'n afgodsaanbidder, was hy geseen deur die Here! Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.(Deut. 24:16).  

In Num. 16:1-50 kry ons 'n voorbeeld waar dit kan lyk of selfs die vrouens en kindertjies vir die pa's se sondes betaal het...  Uit die betrokke skrifgedeelte is dit duidelik dat al "die skuldiges" omgekom het, asook die wat saam met die skuldiges gestaan het.  Maar wat ons moet raaksien is dat God wel vir die onskuldiges 'n kans gegee het om weg te kom!  Korag, Datan en Abiram, wou nie hulle tente verlaat nie, en alhoewel Moses die ander gewaarsku het (op bevel van die Here) om weg te kom, dat hulle hul moet afskei van die manne, het hulle nie so gedoen nie - (Num 16:26  "Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie"). Dus, die vroue en die kinders het die keuse gehad om weg te kom om nie onder die manne se "straf" te val nie.  (Vgl. dit ook met die geval in die boek van Openb. waar geprofeteer word oor die val van Babilon en die volk opdrag gegee word om "uit haar uit te gaan: (Openb. 18:4 - "sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie").

Nie met alle leringe rondom vloeke het mense die kat aan die stert beet nie, en dit is eintlik wonderlik dat daar mense is wat preek oor die feit dat jy 'n vloek op jou kan kry, maar net soos vandag mense somtyds verkeerd glo oor sekere van hierdie dinge, net so die geval in Lam. 5:7 - daar was bv. ook geglo dat kinders vir hulle vaders se sondes betaal...(Lam 5:7-"Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede"). Die Here stel dit egter duidelik in Es.18:1-20 dat Hy spreekwoorde van so 'n aard, sal uitwis! (Ese 18:2-9 - "Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?  So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.  Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe. Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen...en  in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel—hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE").    Kinders betaal/boet vir hulle eie sondes...  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat het die eerste kerke hieroor geleer?

Die geestelike mens wat behep is met bloelynvloek-leringe, voel of hy nooit vrykom van "vloeke" nie en ervaar nie die volkome vrymaking wat hy in Jesus Christus gekry het nie.  Die lering beweeg Christene glad nie om hulle te oefen in die godsaligheid nie...http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html, maar eerder om iets anders skuld te gee vir hulle eie sondes. Dit sal nie veel help om net 'n vloek te breek as die persoon nie self sondes afle nie.  Hierdie is liewer die dinge waaroor in die eerste gemeentes gesels is..., nl. hoe ons moet ag gee op die pad van godsaligheid.  Daar is nie veel gepraat oor vloeke nie, behalwe waar aangewys is hoe Jesus Christus ons verlos het (bv., die wat onder die vloek van die wet van Moses is, kan deur Jesus Christus losgekoop word-Gal. 3).  En in elk geval word daar nerens vir ons 'n vb. gegee in die Skrif van "vloeke breek op mense se lewens nie"!  

As die Here iemand vervloek, laat Hy dan besluit of Hy die persoon wil vryspreek of nie, en as die Here die Christen stuur om vir so iemand te bid, laat dit geskied uit gehoorsaamheid aan Hom.  Wat ons wel moet verkondig, is dat daar vrymaking is in Christus Jesus..., nl. vir die wat hulle bekeer en glo in die Here Jesus Christus - ja, volkome vrymaking! - so iemand kry vrymaking deur die Here self (Hy kan hulle vrymaak van enige vloeke). In die eerste gemeentes was daar geen leringe waar mense aangemoedig is om hulle lewens te ondersoek of hulle dalk vloeke op hulle het nie;  eerder moes hulle hulleself ondersoek of hulle sonde in hulle lewens het en in die Here bly, Hom raadpleeg, eerste soek, ens. Dit is die dinge waaraan aandag gegee is.

In die geval waar iemand hom bekeer en sy geloof bely kan die Christen inderdaad vir die persoon hande ople en bid, natuurlik (soos in die eerste gemeentes ook gedoen is). In geval van waar iemand siek is a.g.v. sonde (wat ook nie altyd die geval is nie!), moet die persoon eers die sonde neerle voor die Christen vir hom moet hande ople en bid vir genesing - (om daardie rede moet ons nie vir iemand haastig die hande ople nie! -1 Tim. 5:22 - gaan lees hierdie in konteks - dit gaan oor die wat in opsetlike sonde stap!) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/handoplegging.html . Waar 'n gelowige in die mag van die Here optree en vir iemand bid vir genesing, is dit beloel vir daardie persoon wat regmaak met die Here, en dit gaan oor wat die Here wil doen en die voorwaardes wat Hy stel, nie net wat die Christen wil doen nie (daarom handel 1 Tim. 5:22 ook oor "dat ons nie partydig moet wees nie" - kyk v.21).  Dit gaan nie oor 'n sg. mag wat die Christen ontvang het nie, maar gaan oor gehoorsaamheid aan die Here.  Ook in die geval waar iemand 'n bose gees op hom het (en dit miskien selfs soos 'n vloek gesien kan word - kyk maar bv. die geval van koning Saul - en let wel, a.g.v. sy eie sonde, nie wat hy deur 'n bloedlyn ontvang het nie), kan die Here die Christen gebruik om dit uit te dryf, maar l.w. dat daardie persoon ook eers moet regmaak met die Here, en dit nie 'n mag is wat die Christen ontvang "ten spyte van" nie.   Die leerstelling van vloeke op mense se lewens "gaan soek", is selfs belaglik, alhoewel die tema van vloeke baie werklik is, en daar veel meer aandag gegee moet word aan wat die Skrif daaroor leer.  Laat die Here dan iemand vrymaak, as Hy wil... - die Christen hoef nie self te soek wat hy moet doen nie, hy moet liewer die Here soek.

Hier is 'n paar skrifte wat miskien meer lig kan werp op die onderwerp:
(Gal 3:10)  "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".
(Gal 3:13)  "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"
(Joh 8:36) - "As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees"
(Rom 5:18)  Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
*  (Mat 15:4) - "Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe". (ook Mark. 7:10)
-"vloek" in hierdie skrif, beteken "kwaadpraat om te vervloek".
*  (Gal 3:10) - "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".
-  "vloek" in hierdie skrifgedeelte, beteken "verwensing, verafsku" en spreek van die "onder die wet".
*  (Gal 3:13) - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"
-  "vloek" in hierdie skrif, beteken  ook "verwensing of verafskuwing" en spreek van die feit dat Christus vir ons daardie vloek geword het aan die kruis sodat ons nie meer onder die wet is nie.

Kom ons kyk na nog Nuwe Testamentiese skrifte: nl.("vervloeking"):
*  (2Pe 2:14) - "met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking".
- Wie is die "vervloektes" in die skrifgedeelte - konteks?  = valse leraars/valse profete (v.1)
*  (Rom 3:14) - "Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid".
-  Wie?  = die sondaars (die woord "vervloeking" in die skrifgedeelte, beteken "verwensing").
*  (Hand. 23:14) - "Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie".
-  Wie?  'n Klompie Jode wat hulself "verwens" het (konteks:  iets wat aan God gewy word tot verwoesting).
-  Kyk ook:  Rom. 9:3; 1 Kor. 12:3; 16:22 en Gal. 1:8,9; Mark. 14:71.
*  (Heb 6:8) - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding".
-  Wie?  die Afvalliges.  (verwensing; gruwel; verafskuwing)
*  (Jak. 3:10) - "Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie".
-  in Konteks gaan dit oor "om iemand anders te vervloek" - (verwensing) - (wat het Jesus gesê moet ons doen wanneer iemand ons vervloek?  =  Luk 6:28 - "Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig".
*  (Matt 25:40) - "En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen".
-  Wie?  -die onregverdiges. (verwens, verdoem)
*  (Mark 11:21) - "En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog".
*  (Rom 12:14) - "seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie"
*  (Jak 3:9)  Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.

Dit is dus duidelik dat geen van bg. NT skrifte enigsins verwys na vloeke wat ontvang is weens voorouers se sonde nie...  Ons merk ook geen "lys van vloeke" waarteen die dissipels of Jesus die mense waarsku van wat moontlik op hulle lewens kan rus nie - ook geen plek waar hulle so 'n vloek op iemand se lewe "breek" nie!  Ook is daar geen voorbeeld van siektes wat was a.g.v 'n vloek nie..., maar wel gevalle van waar siekte was a.g.v sonde (nie iemand anders se sonde nie!, maar eie sondes) of bose geeste.  Ook vind ons geen voorbeeld van waar daadsonde was a.g.v. vloeke nie, maar wel vloeke a.g.v sondeOm in Sy gawes te kan stap, verg nie 'n aangeleerdheid nie, maar gehoorsaamheid!

2Co 5:17)  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
(2Ch 25:4)  hulle kinders ewenwel het hy nie gedood nie, maar gedoen soos geskrywe is in die wet, in die boek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders moet nie vir die kinders sterwe, en die kinders moet nie vir die vaders sterwe nie; maar hulle moet elkeen vir sy eie sonde sterwe.

(Rom 8:1)  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

========================================================================
NOG VOORBEELDE VAN VERVLOEKING:

Finale vloek:
(Jes. 24:5,6)  -"Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor" - (kyk ook Jer. 23:10 - sonde veroorsaak vloek op die aarde / kyk ook aarde vervloek na adam sondeval, so ook met die sondeval - kyk na sondeval, (Gen 8:21)  En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.)( Rom. 8:19-23)
Geen vloek meer met nuwe hemel en aarde:
(Openb. 22:3) - "En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien".