Wys tans plasings met die etiket onreine geeste. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket onreine geeste. Wys alle plasings

Dinsdag 02 Junie 2026

Die duiwel

 

In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "duiwel", en waarna of na wie dit verwys. 

Rol af vir die volgende opsommings:

- Die begrip "duiwel"

- Soos 'n duiwel / die duiwel as pa?

- Onreine geeste is duiwels

- Die Satan is 'n duiwel

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE DUIWEL:  

Die woord "duiwel" word nie altyd vir 'n spesifieke wese gebruik nie, en is die Gr. woord "dee-ab'-ol-os", wat beteken "vals aanklaer of lasteraar. Somtyds word daar na die Satan verwys as "duiwel" (Openb. 12:9; 20:2,10), en in ander gevalle word daar na bose geeste verwys as duiwels (wat verwys na "onreine geeste").Vir 'n pos wat by hierdie onderwerp aansluit, gaan na:

https://warechristene.blogspot.com/2026/05/die-duiwel-die-satan-die-ou-slang-groot.html.

Die Satan, na wie ook somtyds verwys word as "duiwel", word met verskillende name voorgestel, wat elk 'n besonderse betekenis het. (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). Die Satan, die owerste van die onreine geeste, is 'n lasteraar en "vals aanklaer" (vgl. dit met die tema van "kwaadspreek" die duiwel is 'n kwaadspreker) - sien die woorde hierbo in Openb. 12:9 wat hom beskryf as 'n wese wat "die hele wereld verlei" (vgl. dit met Openb. 20:3)(die begrip duiwel verwys na 'n VERLEIER). In Matt. 4, waar die duiwel vir Jesus Christus probeer versoek het in die woestyn, is die woord duiwel ook die Gr. woord ("dee-ab'-ol-os")(Matt. 4:1 - "Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel"). Hierdie is 'n goeie voorbeeld van hoe die duiwel opereer..., nl. dat hy mense in versoeking probeer lei, en die manier hoe hy dit doen is deur die waarheid te laster en mense so probeer verlei dat hulle afval vd geloof, of hy bederf mense se sinne sodat hulle nie die evangelie ontvang nie (hy mislei/verlei hulle om die leuen te glo of te sondig)(Matt. 4:1-11; 2 Kor. 11:3).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------SOOS 'N DUIWEL: 

Waar die woord "duiwel" gebruik word in die Skrif, verwys dit nie altyd na die spesifieke wese nie. In Joh 6:70 waar Jesus vir die dissipels sê "Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel!", is dit bv. dieselfde Gr. woord wat daar gebruik word vir die woord "duiwel", maar Hy verwys nie hier na Judas Iskáriot as die wese, die ou slang, nie, maar wys dat hy 'n lasteraar is (soos die ou slang). In ander woorde, waar die woord "duiwel" gebruik word verwys dit nie altyd na die wese "groot draak" of "ou slang" nie, maar dit word somtyds gebruik om te beskryf dat die persoon soos die ou slang is. Die woord "satan" word ook somtyds op hierdie manier gebruik, bv. in (Mat 16:23 - "Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan (Gr. woord "sat-an-as'", wat verwys na 'n aanklaer of 'n duiwel/lasteraar)! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense". Hy het nie bedoel dat Petrus die Satan self is nie, maar eerder dat hy op daardie oomblik soos die Satan was... Dit wat Petrus gesê het het die waarheid verdraai, want hy het gedink soos die wereld (nie soos God nie). Kinders van die Here behoort "soos die Here te dink en sien", nie soos die wereld nie (kyk die groot verskil tussen "geestelike mense" en "natuurlike mense" nie), want die wereld (die wat dink en sien soos die wereld) is onder die mag van die bose (1 Joh. 5:19). 

'n Duiwel is 'n KWAADSPREKER ('n "vals aanklaer").  As iemand kwaadspreek is hy soos die duiwel - noodwendig is kinders soos hulle pa;  dus, as iemand die gewoonte het om kwaad te spreek (soos die duiwel), wys dit wie sy pa is! Die wat soos die duiwel optree sal saam met die duiwel (hulle pa) in die poel van vuur beland (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Dade en woorde is belangrik, want dit wys aan wie jy behoort.

DIE DUIWEL AS PA vir sommige beskryf? 

In Hand. 13:10 noem Paulus vir Elimas (die towenaar) "kind vd duiwel"... omdat hy die reguit weë van die Here verdraai het (want Elimas het vir Barnabas en Saulus teëgestaan, en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof) - in ander woorde, Elimas was 'n verleier en lasteraar... ("soos 'n duiwel").  Vgl. dit met Joh. 8:44. (1Jn_3:8 - "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek"). Hierdie verwys nie dat die persoon 'n wese is fisies gebore uit die Satan self nie, maar wys dat hy soos die Satan is... (soos kinders soos hulle pa is). Weergeborenes word bv. ook gesien asof "gebore uit God", want hulle is soos hulle Pa, die Here (1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) - hulle dink, sien en doen soos Hy. Kinders van die duiwel sal noodwendig eendag opeindig saam met hulle "pa"..., nl. in die ewige van vuur (wat berei is vir die duiwel en sy engele/Matt. 25:41) = "vervloektes". 

LASTERAARS word o.a. in die Skrif beskryf as mense wat slegs 'n gedaante van godsaligheid het... (2 Tim. 2:3.5).  Die waarheid is dat diesulkes godsalig voorkom, wat dus die rede is waarom baie deur hulle verlei word. Duidelik is lasteraars "soos die duiwel" (het die duiwel as pa), en as lasteraars onder kinders van die Koninkryk beweeg, is hulle soos struikelblokke in die kerk.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Onreine geeste:

Onrein of BOSE GEESTE word ook somtyds na verwys as DUIWELS (Joh. 10:21) (https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html). As onreine geeste o.a. deur die woord "duiwel" beskryf word, beteken dit dat hulle lasteraars en kwaadsprekers is, en dit is interessant dat wanneer iemand gelaster het, hy gesien is as iemand "met 'n duiwel". Kyk gerus die vb. waar sommige vir Jesus valslik aankla dat hy "duiwel besete" is (Joh. 7:20; Joh. 10:20), en op 'n ander geleentheid  het sommige skrifgeleerdes gese dat hy 'n onreine gees het (Mark. 3:30), en selfs voorgegee dat hy deur die owerste van die duiwels, duiwels uitdryf! (Mark. 3:22; Luk 11:15)(lees gerus hoe Jesus hulle reghelp dat die duiwel nie self duiwels sal uitdryf nie - hulle het Jesus voorgestel soos 'n lasteraar, maar hulle was eintlik die lasteraars!).  Kranksinnigheid (Joh. 10:20; Hand. 26:24,25) of om "buite die sinne" (Mark. 3:21) te wees, is 'n tipiese kenmerk dat iemand 'n duiwel het, want dit is hoe duiwels is - hierdie gaan oor hoe iemand "sien en dink" (en sy woorde getuig hiervan). 

Maar natuurlik is nie alles wat duiwels kwytraak, vals nie, want hulle weet goed wat is die waarheid... (Luk. 4:34,35,41; Mark. 1:24; 3:11).  Dit is nie omdat hulle nie weet wat die waarheid is waarom hulle lieg nie, maar hulle lieg omdat hulle die waarheid wil verdraai. Hierdie is gewoonlik iets wat mense nie altyd verstaan van die bose nie;  bv., wanneer iemand die bose raadpleeg is die antwoorde nie altyd leuens nie, maar dit kan net sowel wees! En dit is hierdie gedaante van godsaligheid wat mense baiemaal uitgooi. Kinders van die Koninkryk is spesifiek beveel om nie die bose te raadpleeg nie, en ons moet gehoorsaam wees aan die Here. Terwyl "laster" en "kwaadspreek" dus kenmerkend kan wees van mense wat bose geeste het, beteken dit nie dat hulle nooit die waarheid praat nie, eerder is dit dat hulle goed weet wat is die waarheid en dit opsetlik verdraai om mense te verlei. Dit is egter anders as iemand onkundig is! en tot insig gebring word... "Lastering teen die Heilige Gees" is bv. 'n onvergeeflike sonde in hierdie, sowel die volgende bedeling, maar ons moet verstaan wat met "laster" bedoel word, want onkundiges wat bog praat is nie noodwendig besig om te laster nie. Lasteraars is eintlik kundig..., maar verander die waarheid in 'n leuen. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die worstelstryd..., en hoe die duiwel daarby inpas:

Natuurlik bestaan "die duiwel" - 'n manier hoe daar somtyds na die Satan verwys word omdat hy verleier is.  Die Satan is NIE God NIE (daar is net een God, en Hy bestaan uit 3, nl. die Vader, Seun en Heilige Gees). Wat se wese die Satan ookal is (?), wat wel seker is is dat hy hy rêrig is!, nie 'n denkbeeldige voorstelling in een of ander mite nie...  En alhoewel die Here God die mag het (en die duiwel bv. toestemming moet kry voor hy iets aan die Here se kinders kan doen / kyk die vb. van Job), is die duiwel 'n VERLEIER en 'n VERWOESTER. Sommige Christene het ongelukkig "onder die mag van satan" beland omdat hulle geluister het na sy leuens. Daarom is dit belangrik om ag te gee op die wapenrusting van God - en dit help nie jy trek dit net deur woorde elke dag aan nie, maar wat belangrik is is dat jy 'n dader is... (bv., dis iets anders om geloof uit te leef as om bloot te bely dat jy glo). Christene bely bv. dat hulle glo in Jesus Christus, maar wanneer sommige begin praat hoor jy gou dat hulle liewer in wereldse wysheid glo as dit wat Jesus geleer het. Alhoewel die natuurlike mens die duiwel mag gee in hulle lewens (daar word bv. o.a. na die duiwel verwys as die "god vd wereld"), behoort die krag en mag en heerlikheid nie aan hom nie!, maar aan die Here.  

Die "duiwel", nl. die Satan, het wesens wat onder hom dien en hy's o.a. die leier vd bose geeste (nl. vd onreine geeste/duiwels - hy is "Beelsebul", is hulle "god"), en is daarop uit om mense te verblind en te verlei (bv., wat in die tuin van Eden gebeur het met die sondeval, is 'n goeie voorbeeld hiervan...). Hierdie is maniere wat hy gebruik om die mens te probeer VERWOES. DIE REDE HOEKOM HY LASTER EN KWAADSPREEK, IS OM TE VERWOES. Jesus het geleer dat die duiwel 'n mensemoordenaar is, 'n leuenaar (hy is die vader van leuensen staan nie in die waarheid nie (want daar is geen waarheid in hom nie)(Joh. 8:44);  m.a.w., wat die duiwel praat is gewoonlik leuens (hy praat uit sy eie).  Jy gaan nie sommer die waarheid vind by duiwels nie..., miskien deels omdat hulle jou in hul strik wil vang, maar verseker sal hulle die geleentheid gebruik om jou te mislei. 

Die wat afgode aanbid of deelneem aan ander-geloofspraktyke moet verstaan dat hulle eintlik besig is om met duiwels gemeenskap te hou (1Kor. 10:20). Daarom is dit belangrik om die waarheid op die regte plek te soek! (jy kan nie die bose raadpleeg en verwag om noodwendig die waarheid daar te vind nie). Hierdie is 'n strik vd duiwel waarin sommige Christene val..., en dit is om die waarheid by ander gelowe te probeer vind (hoekom doen sommige dit?)(https://warechristene.blogspot.com/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html). Sommige is kwaad vir die Here en dan terg hulle Hom op hierdie manier - dit hoort nie so nie. En natuurlik moet ons soek, maar die vraag is "waar soek jy"?  Die Here moet jou bron wees... - kinders van die Here is nie veronderstel om die bose te raadpleeg nie (https://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-here-ons-bron.html), en as jy dit doen wys jy dat jy nie die Here vertrou nie of besig is om Hom te versoek ('n Christen wat by die bose antwoorde gaan soek, is beslis nie veilig nie). Hierdie stryd het alreeds begin in die tuin van Eden..., 'n stryd waarin die duiwel mense probeer vang om sy wil te doen (in plaas van die Here se wil te doen)(2Tim. 2:25,26 - "Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die wat afval van die waarheid en gevang word om die duiwel se wil te doen, word o.a. na verwys as "blind" of "dronk" of "aan die slaap" - bestudeer gerus die verband tussen "dronk" en  "gemeenskap met duiwels"/1 Kor. 10:19,20; Openb. 17:2, "gemeenskap met duisternis"/2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6, "gemeenskap met sondes"/1Tim. 5:22, en "gemeenskap met bose werke"/2 Joh. 1:11. In konteks gaan dit oor die weerspanniges, Christene wat van die waarheid afdwaal.  Die wat nie nugter is nie (geestelik bedoel), verwys bv. o.a. na die wat nie kennis van die Here het nie... (1 Kor. 15:34). Daar is net twee kante, die een is die kennis van God, en die ander een is wereldse wysheid. ONS IS ALTYD IN HIERDIE STRYD GEWIKKELD! - WATTER KANT KIES JY?  Kies jy die kennis van God? (en raadpleeg Hom)?, of kies jy wereldse wysheid (en raadpleeg ander bronne)? Dit is kommerwekkend hoeveel Christene vandag ander geloofsbronne raadpleeg en hulle antwoorde daar probeer kry, en selfs deelneem aan praktyke wat in ander gelowe en satanisme beoefen word.., tog is hulle uitgesproke oor hulle Christelike "geloof", maar die waarheid is dat hulle eintlik besig is om geestelik te hoereer. WIE IS JOU BRON? ...Dit is belangrik om hierdie te weet want anders besef jy nie die stryd waarin jy gewikkeld is nie, en as jy die stryd nie verstaan nie, gaan jy nie ag gee op die geestelike wapenrusting van God nie. 

Kom ons kyk na 'n paar dinge wat die Skrif spesifiek leer oor die Satan, na wie o.a. verwys word as DIE DUIWEL:

Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan...  Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12) - dit wys weer-eens vir ons wie het eintlik die mag!

Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit, of iemand aanhits... (Job 2:3). 

Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

Die duiwel kan veroorsaak dat mense verdruk word  (bv. in die gevangenis gewerp word sodat hulle op die proef gestel kon word-Openb. 2:10 / en hulle het vir 10 dae verdrukking gehad - die duiwel gebruik baiemaal mense om sy wil uit te voer). 

Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

WAT KAN DIE DUIWEL NIE DOEN NIE: 

(1) Die duiwel se mag kan wel ook beskryf word as 'n "koninkryk", want hy het bv. engele onder hom en is die owerste van die bose of onreine geeste... ("Beelsebul"/Matt. 3:22,23; 12:24; 17:8), maar noodwendig sal hy nie "duiwels uitdryf" nie want dit sou beteken dat hy (sy koninkryk) teen homself verdeeld is;  in ander woorde, die Satan sal nie iets doen wat kan veroorsaak dat sy koninkryk verwoes word nie.  M.a.w., DIE SATAN KAN/SAL NIE BOSE GEESTE UITDRYF NIE (Mat 12:22-32 - "Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien. En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie? Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie"). Hierdie is 'n interesante punt van bespreking... 

Noodwendig, nie almal wat sg. duiwels uitdryf ("duiwelbesweerders") is deur die Here gestuur nie... (Hand. 19:13-17), maar dit is nie vir ons om te besluit wie is gestuur, en wie nie (Luk 9:49,50 - En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie. Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons"). Waar bekering gepreek word (Matt. 3:2; 4:17), siekes gesond gemaak word en bose geeste uitgedryf word (Matt. 10:7,8; Luk. 10:9), is dit duidelik dat die Koninkryk van God daar naby gekom het. Vir iemand om duiwels te kan uitdryf moet hy dus aan die Koninkryk van God behoort... (hierdie verwys na weergeborenes).  Jesus Christus het die mag (dit is waarom die geeste uitgaan in die Naam van Jesus Christus) en Hy is die een wat iemand die mag gee (Luk. 10). Wanneer iemand mag oor ander het, kan hy hulle gebied;  dus, alhoewel die duiwels 'n owerste het (nl. die Satan, en hy hulle kan gebied), het Jesus algehele mag en hulle moet Hom gehoorsaam (Matt. 17:18 - "Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af") ; (Mark.7:26  En sy was ‘n Griekse vrou, ‘n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.......v:29,30  En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.Mrk_7:30  En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê") ; (Luk_4:33,34 - "En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu. En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak") ; (Hand_10:38  "met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was"). 

(2) In Joh. 12:31, 14:30 en 16:11 verwys Jesus na die duiwel as die "die owerste van hierdie wêreld", en in 2 Kor. 4:4 word hy die "god van hierdie wêreld" genoem;  meer presies die god van die ongelowiges en die kinders van ongehoorsaamheid...  (2Kor. 4:4 - "naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie") - die wêreld is onder die mag van die bose... (maar die wat in Jesus Christus glo is deur Jesus verlos van daardie mag/Kol 1:13 - "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde"). (1Jn 5:19 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê"). Die kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID (deels "gebore in sonde", en deels omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR HY HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / het die Heilige Gees). Tensy hulle hom die mag gee... - kinders vd Koninkryk moet seker maak dat hulle die geestelike wapenrusting van God aanhet. 

Die natuurlike mens is soos 'n slaaf van sonde... Die mens word in sonde gebore;  of anders gestel, hy word in slaafskap onder sonde gebore (en het dus vrymaking nodig van hierdie slaafskap!) - hierdie is een van die dinge wat Jesus bewerk het, nl. dat Hy die mens kan vrykoop uit hierdie slaafskap. Die natuurlike mens doen dus nie die wil van die Here nie, maar doen die wil van die duiwel (gehoorsaam aan die sonde / asof onder die mag van die duiwel). Maar geestelike mense doen die wil van die Here... - in ander woorde, hulle is vrygekoop van slaafskap onder sonde (hulle doen nie meer die wil van die duiwel nie). In ander woorde, die wat vrygekoop is, is nie meer "kinders vd duiwel" nie;  en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie..., maar hulle het nou 'n nuwe vader (kinders volg hulle vader)(1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). 

(3) Die owerste van hierdie wêreld is geoordeel! (Joh. 16:11).(Joh 12:31 - "Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word"). DIE DUIWEL IS 'N VERWOESTER EN HET DIE MENS GEVANG OM SY WIL TE DOEN, WAT TOT GEVOLG HET DAT ALLE MENSE DOODGAAN, MAAR SY MAG IS GEBREEK!;   nl, hy het mag gehad oor die dood, maar Jesus Christus het daardie mag verbreek  (Heb_2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—)(Jes. 25:8; Hos. 13:14; 2 Tim. 1:10). Almal wat in Jesus Christus glo, SAL DIE DOOD OORWIN! (1 Kor.. 15:54,55). DIE DUIWEL HET NIE MEER DAARIE MAG OOR DIE DOOD EN DODERYK NIE, maar Jesus Christus het... (Openb. 1:18 - "en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek  leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek (Jesus Christus) het die sleutels van die doderyk en van die dood"). 

Die weergeborene het oorwinning oor die dood, want wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterwe het opwek uit die dood (hulle sal nuwe liggame kry) - wat die doderyk aanbetref het Jesus hulle losgekoop (die doderyk kan hulle nie gevange hou nie)(1 Kor. 15:54,55. Alhoewel die duiwel mense kan doodmaak, natuurlik slegs as God hom toelaat, het hy nie die mag om geestelike mense in die doderyk te hou of onder oordeel te laat kom nie. Jesus Christus het die mag en sal besluit wie losgekoop word, en wie nie;  wie opgewek word tot lewe, en wie nie (Joh. 5:29).  Die duiwel word wel die "god van hierdie wereld" genoem omdat mense hom mag oor hulle lewens gee en baie mense hom gehoorsaam, maar uiteindelik sal hy nie meer toegelaat word om dit te doen nie.  Dit sal gebeur wanneer Jesus Christus terugkom... - dan sal die duiwel gebind word vir 'n 1000 jaar sodat hy nie instaat is om die mens te verlei nie.  Tereg, in die volgende bedeling sal almal vir Jesus Christus aanbid en Hom gehoorsaam!, en dus sal Hy ook die God (van hierdie wereld) wees. Alles sal Jesus Christus se eiendom wees en die duiwel sal nie meer die mens kan aankla nie (Openb. 12:10 - "Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag"). Huidiglik is die duiwel nog instaat om die mens aan te kla en te probeer verwoes, maar in die volgende bedeling sal hy nie toegelaat word om dit te doen nie (behalwe aan die einde van daardie bedeling).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 26 Desember 2016

Onreine geeste

Wat presies is "onreine geeste"?   

In hierdie blogpost gaan ons kyk na 'n studie uit die Skrif oor onreine geeste;  en ook kyk na Christus Jesus (en ook die Christen) se mag oor onreine geeste.
========================================================================
OPSOMMING:
Die volk van God was nie onbekend met die teenwoordigheid van onreine geeste (Sag. 13:2) nie. Die volk het na onreine geeste verwys as "duiwels" (Joh. 10:21), en na iemand met 'n onreine gees verwys as "onder die mag v/d duiwel" (Hand. 10:38).  In heelwat skrifte word die woorde "duiwel besete" gebruik (Mark. 9:32; Matt. 15:22).  Hierdie onreine geeste bly binne-in mense en swerf rond oor die aarde op soek na plek om te rus (Matt. 12:44,45), en probeer om weer terug te gaan na mense van wie hulle uitgedryf is (as die "huis" hulle toelaat) (Luk. 11:24; Matt. 12:45; Mark. 9:25).  Toe Jesus in Mark. 9:25 die onreine gees uit die seun uitdryf, het Hy die gees gebied om nooit weer terug te gaan in die seun nie.  Hierdie bose geeste word baiemaal  "onreine" geeste genoem, want die in wie hulle woon, word deur hulle "besoedel" (dan is so iemand dus "nie skoon nie, maar besoedel deur 'n gees"). Onreine geeste is bang vir die pyniging in die onderwereld en het, toe Jesus 'n klomp van hulle uitdryf uit 'n man in Luk. 8:28-32, Hom gesmeek om hulle tog nie na die onderwereld te stuur nie. In die geval van koning Saul was 'n "bose gees" deur God self gestuur om Saul te verskrik (1 Sam. 16:14)(vgl. ook met Rig. 9:23) - dit beteken natuurlik nie dat die betrokke bose gees "goed" was (omdat hy deur God gestuur is) nie, maar moet eerder verwys na God se gesag...

Heelwat verskillende onrein of bose (Rig. 9:23; 1 Sam. 16:14-16,23; 18:10; 19:9; Hand. 19:15,16; Luk. 8:2...) of "ander" geeste (1 Joh. 4:1,3) wat in mense woon, word somtyds in die Skrif op die naam genoem bv. "gees van ‘n afgestorwene, ‘n gees wat waarsê" (Lev. 20:27; Hand. 16:16; 1 Sam. 28:8; Deut. 18:11; 1 Kron. 10:13); " 'n gees van hoerery" (Hos. 4:12; 5:4)(ook i.v.m. afgodsaanbidding);  " 'n stomme gees" (Mark. 9:17); die "gees wat gegee sal word aan die beeld van die dier" (Openb. 13:15)... Hierdie geeste bly nie noodwendig in iemand nie (soos in die geval van waar 'n gees van 'n afgestorwene in iemand bly - Lev. 20:27, nie), maar hulle word somtyds geraadpleeg deur mense (in wie hulle nie woon nie) -  iets wat ook deur die Here spesifiek verbied is! (Deut. 18:10,11). Maar natuurlik, nie oral in die skrif verwys die woord "gees" na bose geeste nie, want in sekere skrifte beskryf die woord "gees" slegs 'n gevoel in iemand se eie gees, soos in Num. 5:14,30 ("gees van jaloersheid").
In die Skrif moet ons altyd onderskei tussen wanneer daar gepraat word van:
- die mens se gees (wat deur die Here in die binneste v/d mens geformeer word)(Sag. 12:1; Hand. 7:59; Ef. 4:23; 1 Thess. 5:23; Hebr. 4:12; Esra 1:5; Job 6:4; Ps. 142:3; Spr. 18:14; Pred. 12:7; Jes. 26:9; Jer. 51:11...); of
-die Gees van God / Heilige Gees  (wat woon in die gelowige - deur Wie verskillende gawes en bedieninge werk...);  
- of wanneer daar verwys word na onrein of bose geeste .

Dit gebeur somtyds dat iemand van kindsdae af 'n duiwel in hom kan he (Mark. 9:21) en daar is verskeie voorbeelde in die Skrif van kinders met onreine geeste (bv. Mark. 7:25).  Daar kan meer as een onreine gees in iemand woon, bv. in Maria Magdalene was daar 7 duiwels (Mark. 16:9), en in Mark. 5 het die man ook baie geeste in hom gehad... Die met duiwels/onreine geeste word somtyds na verwys as "siek", en baie wat onreine geeste het, het somtyds spesifieke siektes soos om blind te wees, stom, doof, lam, kreupel (Mark. 9:25; 12:22; Hand. 8:7) - sommige skrifte verklaar dat hulle "gesond word" wanneer die gees uitgedryf word (Matt. 15:28; 17:18; Hand. 5:16)  - MAAR ons moet natuurlik ook verstaan dat siektes nie altyd die gevolg is van onreine geeste nie!!! (Joh. 9:2,3). Sommige kerke laat verkeerdelik leringe toe waar daar geleer word dat alle siektes die gevolg is van vloeke en bose geeste - dit is nie waar nie!

Die met onreine geeste kan ook somtyds baie abnormaal optree - bv., in Matt. 17:18 word die persoon daar "maansiek" genoem, wat beteken "mal" (of kranksinnig-Joh. 10:20). Die man in Mark. 5 het by die grafte gebly, kon voetboeie en kettings uitmekaar ruk en breek, en het dag en nag geskreeu, geen klere gedra nie en homself met klippe stukkend geslaan...  Die stom seun in Mark. 9 het geskreeu, en stuiptrekkings gekry, skuim in die mond, gekners met sy tande en styf geword - ook dikwels het die duiwel hom probeer doodmaak deur hom in die vuur of water te laat val. In Luk. 4:35 het die onreine gees/duiwel die persoon neergegooi, en ook in Hand. 8:7 het die lam en kreupel man met 'n groot stem geskreeu... Dit is duidelik dat die met onreine geeste baiemaal optree asof hulle nie beheer het oor hulle eie liggame nie.  En kyk ons na hoe die mense in Bybelse tye verstaan het van wat gesien word as "kranksinnig" of "mal", is daar ook nog ander vb.e  in die Skrif soos "speeksel wat uit die mond uitloop" en "deure wat gekrap word" (soos toe Dawid homself voorgedoen het as kranksinnig in 1 Sam. 21:13); en iemand wat allerhande bog kwytraak (soos waarvan hulle vir Jesus verkeerdelik beskuldig het - Joh. 10:20).   
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die volk het uitgesien na die tyd wanneer die Here die "onreine gees uit die land (Israel) sal laat wegtrek" (Sag. 13:2).  Hierdie profesie was spesifiek gespreek t.o.v. die tyd wanneer die Messias kom, en kan ook deels verwys na die 3 onreine geeste wat uitgestuur word net voor die Here se terugkoms in Openb. 16:13 (geeste van duiwels wat tekens doen) om die konings te versamel vir oorlog;  maar dit kan ook deels verwys na hoe Babilon die woonplek van duiwels en versamelplek van allerhande onreine geeste sal word (Openb. 18:2).

Toe Jesus Christus die eerste keer gekom het het Hy wel in Sy bediening baie onreine geeste uitgedryf, maar tog nie op daardie stadium noodwendig ook die onreine geeste laat wegtrek uit die land nie - inteendeel het Hy het die volgende verklaar:
-(Mat 12:43)  En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.
-(Mat 12:44)  Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.
-(Mat 12:45)  Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.
Die profesie in Sag. 13 verwys dus na wanneer Jesus Christus  terugkom (wanneer Hy Sy volk en die land sal herstel),  en Hy sal dan "die onreine gees uit die land laat wegtrek" (Sag. 13:2) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/sagaria-12-en-13.html).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Jesus Christus het mag oor die duiwels/onreine en bose geeste (Hand. 10:38) en gee ook hierdie mag aan die wat in Hom glo (Mark. 16:17). Hy het baie onreine geeste uitgedryf terwyl Hy op aarde was, en so het Sy dissipels ook gedoen nadat Hy hulle die mag gegee het (Mark. 9).  Die Here Jesus het geleer dat "vas" somtyds nodig is om sekere geeste uit te dryf (Mark. 9). Hy het ook geleer dat Christene liewer bly moet wees oor die feit dat hulle name in die hemele opgeskryf is, as om bly te wees dat hierdie geeste aan hulle onderwerp is (Luk. 10:17-20). Hierdie mag wat die Christen ontvang, gaan dus nie oor selfverheffing of om magtig voor te kom nie...  Alhoewel niemand bose geeste kan uitdryf deur behulp van die duiwel/s nie (Matt. 12:24-28), maar slegs deur die Heilige Gees, beteken dit nie dat almal wat duiwels uitdryf gaan ingaan in die koninkryk van God nie! (Matt. 7:21,22 - Ook nie almal wat in die Here se Naam profeteer of in Sy Naam baie kragte doen, sal ingaan nie, maar dit is slegs die wat die wil van die Vader doen, wat sal ingaan - l.w., GELOOF en WERKE). Tog, al is daar iemand wat in Jesus se Naam duiwels uitdryf en ons nie seker is oor die persoon se stand voor die Here nie, het Jesus vir ons geleer dat ons hom nie moet belet nie (Mark. 9:38-41 - "want wie nie teen ons is nie, is vir ons"). Kyk gerus wat het gebeur met sommige rondtrekkende Jode (wat duiwelbesweerders was) wie gewaag het om die Naam van die Here Jesus te gebruik waar hulle bose geeste probeer uitdryf het -(alhoewel hulle nie self geglo het in Jesus Christus nie )- (Hand. 19:13-16). Hulle het gedink dat hulle die Naam van Jesus Christus soos 'n towerwoord kan gebruik!  Mense wat hulle met towerye besighou doen dit vir redes van selfverheffing, maar wanneer die Christen (wat GLO in die Here Jesus) Sy Naam gebruik om duiwels uit te dryf, is dit nie ter wille van selfverheffing nie, maar ter wille van getuienis en om die aandag juis op die Here Jesus te vestig, nie op die self nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat leer die Skrif nog vir ons oor die tema van "duiwels"?

-  Alhoewel 'n afgod niks is (omdat dit uit hout of watookal bestaan), word afgodsoffers geoffer aan duiwels en het die wat dit offer of deel het daaraan,  daardeur "gemeenskap met duiwels"  (1 Kor. 10-21).
-  Die duiwels is verleidende geeste wie se leringe ten doel is om mense van die geloof afvallig te maak (1 Tim. 4:1-5). Deur hierdie leringe probeer hulle mense onder wette plaas (soos om te verbied om te trou en gebied dat mense hulle moet onthou van sekere voedsels...) waardeur mense dink dat hulle aanneemlik is sou hulle dit nakom. Maar wat help dit jy het die werke, maar nie die geloof nie?
-  Die duiwels glo dat God één is, en hulle sidder! (Jak. 2:18,19)(Vgl. dit met verskeie skrifgedeeltes waar die duiwels/onreine geeste vir Jesus herken het as die Seun van God!).  Die verskil?  - hulle "glo" in die sin van weet dat Hy is, maar hulle het nie die werke nie, want hulle GEHOORSAAM Hom nie!  Hulle weet ook wie is kinders van die Here en wie het die Gees van God! (Hand. 19:13-17).
-  Aardse wysheid wat lieg teen die waarheid, word gesien "as duiwels" - saam met dit, bittere afguns en selfsug... - in konteks gaan dit hier oor die verdraaiing v/d waarheid en kwaadspreek teenoor daardie broeders wat die waarheid verkondig(Jak. 3:14,15).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die begrip "onrein geeste" verwys na GEESTE VAN DUIWELS.  
Hierdie geeste is steeds oral op die aarde, in die lug en soek woning in mense -  en aan "die einde", net voor Jesus Christus terugkom, sien ons ook hoe 3 onreine geest uitgaan om die konings v/d aarde en die hele wereld te verlei en te versamel vir oorlog teen die Lam (vir die slag van Armageddon).  In die tyd wanneer die 6de engel sy skaal uitgooi (onder die 7de seel), dan sal daar uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet, 3 onreine geeste kom (wat beskryf word as "soos paddas lyk")(Openb. 16:13) - hulle word as volg beskryf:  "Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God" (Openb. 16:14)....
...Onreine geeste kan tekens doen en mense beweeg om iets spesifiek te doen (wat hulle wil he hulle moet doen) (Openb. 16:14). Die man in Mark. 5 is 'n goeie vb. van waartoe hierdie duiwels instaat is soos die feit dat hulle hom so sterk gemaak het dat hy boeie en kettings kon breek...  

Wat sal gebeur met hierdie onreine geeste wanneer Jesus Christus terugkom?:
-  Dit wil lyk of (baie van) hierdie geeste gestuur sal word om te woon in "Babilon" (na die val van Babilon plaasgevind het).  Die skrif verklaar dat weens Babilon se sondes, dit uiteindelik verwoes sal word, en " 'n woonplek word van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste"... (Openb. 18:2).  In 'n ander skrif is dit ook duidelik dat die bose geeste weet dat hulle uiteindelik gepynig sal word (Matt. 8:29). Party geleerdes vergelyk onreine geeste met gevalle engele (?), wat natuurlik debateer moet word, want die Skrif leer dat die gevalle engele op die oomblik met ewige boeie onder die duisternis bewaar word vir die oordeel v/d groot dag... (Jud 1:6).   Ef. 6:12 verklaar dat die bose geeste IN DIE LUG is, en soos ons sien in bg. skrifte, hulle WONING IN MENSE PROBEER MAAK.  Die "engele wat gesondig het", is egter in die hel gewerp en "aan kettings v/d duisternis oorgegee" (2 Pet. 2:4 - vgl. met Jud. 1:6).  Matt. 25:41 verklaar ook verder dat die ewige vuur oorspronklik berei is vir die duiwel en sy engele (nie vir die mense nie;  alhoewel baie, sowel ook die dier en die valse profeet, daar sal beland - die wat nie glo en die Here nie gehoorsaam nie -Matt. 25:41; Jud. 1:7; Matt. 18:8)(Openb. 20:10).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
FEITE OOR WAT 'N ONREINE GEES IS:
-  In Luk. 9:42 en Luk. 4:33 word 'n onreine gees " 'n duiwel genoem " (kyk ook Joh. 10:21); of "gees van 'n onreine duiwel", genoem in Luk. 4:33;
-  Die met 'n onreine gees, word ook beskryf as "onder die mag van die duiwel" (Hand. 10:38);
-  Hulle is sleg, sommige slegter as ander (Matt. 12:45);
-  Alhoewel kranksinnigheid nie altyd gesien moet word as die manier hoe iemand met 'n onreine gees optree nie, is daar wel 'n geval in die Skrif  wat wys dat daar somtyds 'n verband tussen die twee geskied (Joh. 10:20)  -  (vgl. dit met Mark. 5:15 - nadat die onreine geeste uitgedryf is, was hy weer "by sy verstand";  die trop vee in wie die geeste ingegaan het, het duidelik kranksinnig geword want hulle het by die krans af in die see ingestorm).  Die met 'n onreine gees, was "besete" (besetene) (Luk. 8:36)(of soos in engels, "possessed with the devil")(vgl. Mark. 5:2,8 met 5:12 en met 5:15  -  5:2 "man met onreine gees"; 5:12 "duiwels";  5:15 "besetene"). In heelwat skrifte word die woorde "duiwel besete" gebruik (Mark. 9:32; Matt. 15:22...).
-  In Matt. 12:22 was 'n duiwelbesetene wat blind en stom was - of die blindheid en stomheid iets te doen gehad het met die duiwel, weet ons nie, maar dit is duidelik dat hy gesond geword het van hierdie dinge toe die duiwel uitgedryf is.  In Mark. 9:25 noem Jesus die onreine gees "stom en dowe gees".
-  In Openb. 16:14 word die onreine geeste ook "geeste van duiwels" genoem.
-  Onreine geeste kan tekens doen en mense beweeg om iets spesifiek te doen (Openb. 16:14);
-  Daar is somtyds baie onreine geeste in een mens, bv. in Maria Magdaléna was daar sewe duiwels (Mark. 16:9); in Mark. 5 het die man baie geeste in hom gehad.


HOE TREE IEMAND MET 'N ONREINE GEES OP?:  
-  Volgens Mark. 5 (die man met die baie geeste):  het by die grafte gebly;  hy was besonders sterk en kon voetboeie en kettings uitmekaar ruk en breek;  die duiwel het hom baiemaal saamgesleep en in die woestyn ingedrywe (Luk. 8:29)- asof hy nie altyd beheer gehad het oor sy eie liggaam nie;  het nag en dag geskreeu; geen klere gedra nie (Luk. 8:27) homself met klippe stukkend geslaan.  
-  In geval van Matt. 9:31,32 het die duiwel veroorsaak dat die man stom was (Luk. 11:14). 
-  Iemand met 'n bose gees is soos 'n "sieke" - in verskillende skrifte word van die persoon van wie die gees uitgedrywe is, gese dat hy/sy "gesond" geword het (Matt. 15:28; Matt. 17:18; )(Hand. 5:16). 
-  In Matt. 17:18 word die persoon met 'n onreine gees, genoem "maansiek" wat ook beteken "mal".  Dikwels het hy in die vuur geval, en dikwels in die water. Vgl. met Mark. 9 - die seun was stom ("stomme gees");  en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom;  kry skuim in die mond;  kners met sy tande en word styf (Mark. 9:18);  stuiptrekkings, val op grond neer met skuim in mond (9:20); die duiwel het hom dikwels probeer doodmaak deur hom in die vuur of water te laat val (9:22); skreeu en stuiptrekkings (9:26);
-  In Luk. 4:35 het die onreine gees/duiwel die persoon neergegooi.  Ook hier in v..34 sien ons hoe hy Jesus Christus herken (wie Hy is) en vir Hom bang is:  "...........Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!".
-  In Luk. 9:42 het die duiwel die seun geskeur (?) en laat stuiptrekkings kry.
-  Ook in Mark. 1:23 het die onreine gees die man stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu.
-   In Hand. 8:7 het baie wat lam en kreupel was, gesond geword wanneer die onreine gees uitgedrywe word;  hulle het ook met 'n groot stem geskreeu.


WAAR BLY HULLE?
-  Hulle swerf rond oor die aarde en soek plek om te rus  -  bly in sekere mense (Matt. 12:44,45).  (Dit is duidelik dat die onderwereld vreeslik is om in te bly, want die duiwels (in Mark. 5:  en Luk. 8:31) wou nie he dat Jesus hulle onderwereld toe stuur nie en het Hom gevra om hulle tog nie te pynig nie.
-  Wanneer hulle uitgedryf is, probeer hulle weer teruggaan om in daardie mens te gaan bly (Luk. 11:24; Matt. 12:45; Mark. 9:25).

KAN KINDERS ONREINE GEESTE HE?
- Ja, in Mark. 9:21 is daar iemand wat dit van kindsdae af gehad het. Daar is nog voorbeelde van kinders met onreine geeste, soos in Mark. 7:25:  'n dogtertjie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die Skrif moet ons altyd onderskei tussen wanneer daar gepraat word van:
die mens se gees (wat deur die Here in die binneste v/d mens geformeer word)(Sag. 12:1; Hand. 7:59; Ef. 4:23; 1 Thess. 5:23; Hebr. 4:12; Esra 1:5; Job 6:4; Ps. 142:3; Spr. 18:14; Pred. 12:7; Jes. 26:9; Jer. 51:11...); of
-die Gees van God / Heilige Gees  (wat woon in die gelowige - deur Wie verskillende gawes en bedieninge werk...);  

- of wanneer daar verwys word na onrein of bose geeste .
WATTER VERSKILLENDE "GEESTE" WORD IN DIE SKRIF GENOEM:

(1) -ander geeste:
- heelwat "ander geeste" (2 Kor. 11:4)(1 Joh. 4:1; 1 Joh. 4:3)
-  bose gees (Rig. 9:23; 1 Sam. 16:14-16,23; 18:10; 19:9; Hand. 19:15,16);
-  gees van ‘n afgestorwene (nie onreine gees nie maar is gees van iemand wat dood is) - maar hulle mag nie geraadpleeg word nie! - dan onrein - ‘n gees wat waarsê (Lev. 20:27; Hand. 16:16; 1 Sam. 28:8; Deut. 18:11; 1 Kron. 10:13);
-  'n leuengees (1 Kon. 22:22,23);
-  'n gees van hoerery (Hos. 4:12; 5:4)(afgodsaanbidding);
-  die onreine gees (Sag. 13:2);
-  'n stomme gees (Mark. 9:17);
-  gees wat gegee sal word aan die beeld van die dier (Openb. 13:15);
--------------------------
(2) -die mens se gees (is nie 'n onrein of duiwelse gees nie, maar "asem" waarsonder niemand kan lewe nie -Gen. 2:7, en 'n gees wat deur God in iemand se binneste gevorm word -Pred. 12:7)
-  die mens se gees (Sag. 12:1; Hand. 7:59; Ef. 4:23; 1 Thess. 5:23; Hebr. 4:12; Esra 1:5; Job 6:4; Ps. 142:3; Spr. 18:14; Pred. 12:7; Jes. 26:9; Jer. 51:11...);
-  gees van jaloersheid (Num. 5:14,30) - in hierdie geval verwys dit na 'n gevoel (in die persoon se eie gees);
--------------------------
(3) -die Gees van God (is nie 'n onrein of duiwelse gees nie, maar is 'n Gees van God)(Jesus Christus stuur Sy Heilige Gees aan Sy kinders, en net soos die natuurlike mens nie kan lewe sonder die asem wat God gee nie, net so kan die geestelike mens nie lewe sonder die asem vd Heilige Gees nie)
- die Gees van God / Heilige Gees  (deur wie verskillende gawes en bedieninge werk).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DUIWEL BESETE: 
Die volk het na onreine geeste verwys as "duiwels" (Joh. 10:21), en na iemand met 'n onreine gees verwys as "onder die mag v/d duiwel" (Hand. 10:38).  In heelwat skrifte word die woorde "duiwel besete" gebruik (Mark. 9:32; Matt. 15:22), of sommige is aangespreek as "besetenes". Mat_9:32  En terwyl hulle weggaan, bring die mense ‘n stom man wat van die duiwel besete ("possessed with a devil") was, na Hom toe.

Gewoonlik wanneer iemand BESETE is, dan tree hulle op soos iemand wat sonder beheer is en die woord word vertaal as "mal",  "waansinnig" of "kranksinnig".  Net soos siekte beheer het oor 'n kranke se liggaam en die persoon nie heeltemal in mag is van sy eie liggaam nie, so het die duiwel beheer oor die persoon wat duiwel besete is, en daardie persoon het nie altyd mag oor sy eie liggaam nie. Ons sien die talle vb.e in die Skrif, boontoe genoem, wat juis uitbeeld hoe die duiwels diesulkes se stemme of aksies somtyds oorneem en hoe die persone nie daaroor beheer het nie.

Mal mense sê ook baiemaal dinge wat glad nie waar is nie -  iets in hulle kop wat hulle regtig dink so is, maar nie werklik is nie;  of hulle praat deurmekaar en maak nie veel sin nie. Mens wil nie eens luister na so iemand nie en gewoonlik word die wat regtig mal is, ge-ignoreer en daar word natuurlik nie veel ag gegee op wat hulle sê nie. 'n Mal of besete persoon word nie gesien as by sy volle verstand nie (...Mark. 5:15).

Somtyds is iemand nie "mal" nie en hy sien wat werklik aangaan, soos toe Jesus geweet het dat die skare beplan om Hom om die lewe te bring (in Joh. 7:19) - toe Hy egter vra waarom hulle Hom om die lewe wil bring, sien hulle dat hulle uitgevang is en met hulle eerste reaksie probeer hulle maak asof Hy mal is! Asof Hy nie weet waarvan Hy praat nie - dit dan waarom hulle Hom "duiwel besete" genoem het - (Joh_7:20  "Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring?). Baie van hierdie ongelowige Jode het probeer maak asof Jesus mal of duiwel besete was in 'n poging om ander te oortuig om nie na Hom te luister nie (Joh_10:20  En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?).
________________________________________________________________________________
Kranksinnig / Mal:
Die met onreine geeste kan somtyds baie abnormaal optree - bv., in Matt. 17:18 word die persoon daar "maansiek" genoem, wat beteken "mal" (of kranksinnig-Joh. 10:20). Dit is duidelik dat die met onreine geeste lyk of hulle nie altyd beheer het oor hulle eie liggame nie (DUS:  -hulle kom KRANKSINNIG voor).

(maar hoe word "kranksinnigheid" in die skrif verduidelik?):
Deu_28:34  En jy sal kranksinnig (H7696 - "mad", "to rave through insanity") wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien. 

1Sa_21:13  Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop. (kyk manier hier hoe hy "kranksinnig voorstel")
1Sa_21:14  Daarop sê Agis aan sy dienaars: Julle sien tog die man is kranksinnig, waarom bring julle hom na my toe? 

Psa_34:1  ‘n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het. (34:2) Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees. 
Jer_29:26  Die HERE het jou as priester aangestel in die plek van die priester Jójada, dat daar opsigters kan wees in die huis van die HERE oor elkeen wat kranksinnig is en as profeet optree, dat jy hom in die blok en in die nekyster kan sit— 
Joh_10:20  En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig (mal); wat luister julle na Hom? 

Act_26:24  Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met ‘n groot stem: Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid
Act_26:25  Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand. 

1Co_14:23  As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie? 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
TOWENAARS EN VALSE PROFETE:
Towenaars kan deur duiwels allerhande tekens doen om mense te verlei sodat hulle in hulle glo en glo dat hulle iets besonders is (Eks. 7:11).  In Hand. 13:9 noem Paulus vir Elimas die towenaar, "kind v/d duiwel". Op dieselfde wyse wat towenaars die magte van duiwels gebruik, gebruik valse profete tekens en leringe van duiwels om mense afvallig te maak van die waarheid sodat hulle in hulle wereldse wysheid glo, en dit is ook juis die manier hoe die valse profeet in die laaste dae die massas sal verlei... (1 Joh. 4:1; Jer. 27:9; Hand. 13:6)(Openb. 13:15).(1Ti 4:1 - "Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang). Waarseery is 'n voorbeeld van valse profesie - daarom moet daar altyd deeglik onderskei word deur watter gees 'n profesie plaasvind! (1 Joh. 4:1).  As enige profesie bv. nie dieselfde is as die waarheid wat Jesus gebring het nie, dan is dit valse profesie.  Ware profesie stem altyd saam met Die Waarheid  -bv., ons moenie ag gee op die woorde van iemand wat nie glo dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie (1 Joh. 4:3). (Gal 1:8 - "Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!").

Babel maak ook gebruik van towery om die nasies te verlei (Openb. 18:23). Towery word gesien as "werke v/d vlees" en die wat gelowig word, moet wegbly van dinge soos towery (Gal. 5:20).  In Hand. 19:19 het die wat gelowig geword het, hulle tower boeke verbrand. Hierdie heidense geloofspraktyke soos towery, waarseery, goelery ens., is alles praktyke wat beoefen word deur behulp van duiwels, of die wat daarin begin speel, is besig om hulle binnekant gereed en versierd te maak, aanloklik vir die onrein duiwels om in te trek... Wanneer mense in sulke dinge begin glo, dan maak hulle hulself oop vir bose geeste.  In Hand. 8:9 was 'n sekere man met die naam Simon gesien as "iets besonders" en "die groot krag van God", terwyl hy tog nie die groot krag van God was nie want hy het nie deur die krag van die Here hierdie towerye gedoen nie, maar deur behulp van duiwels;  en verder was sy doel om verhewe te wees en as iets belangriks gesien te word... ONS MOET ONDERSKEI DEUR WATTER GEES TEKENS EN KRAGTE PLAASVIND (Hand. 8:11-13), en met watter DOEL dit uitgevoer word.
Bose gees deur die Here gestuur:

Jdg_9:23  het God ‘n bose gees gestuur tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het troueloos gehandel teen Abiméleg,
1Sa_16:14  Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.

"bose gees van God/van die Here" - deur die Here gestuur (1 Sam. 16:14):
1Sa_16:15  Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, ‘n bose gees van God verskrik u:
1Sa_16:16  laat ons heer net sê, en u dienaars wat voor u staan, sal ‘n man soek wat op die siter kan speel; en as die bose gees van God oor u is, moet hy speel met sy hand, dan sal dit beter met u word.
1Sa_16:23  En net wanneer daar ‘n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.
1Sa_18:10  Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel, en Saul ‘n spies in sy hand hou.
1Sa_19:9  Maar ‘n bose gees van die HERE het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die bose geeste weet goed wie God is en wie aan Sy kant is!:

Act_19:15  Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
Act_19:16  Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

SKRIFGEDEELTES:

(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 7:22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?


(Mat 12:24)  Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.
(Mat 12:25)  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.
(Mat 12:26)  En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?
(Mat 12:27)  En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.
(Mat 12:28)  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

(Mar 9:38)  Toe antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.
(Mar 9:39)  Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ‘n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;
(Mar 9:40)  want wie nie teen ons is nie, is vir ons.
(Mar 9:41)  Want elkeen wat vir julle in my Naam ‘n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

(Mat 10:7)  En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
(Mat 10:8)  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

(Mar 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
(Mar 16:16)  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
(Mar 16:17)  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
(Mar 16:18)  slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

(Luk 10:17)  En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.
(Luk 10:18)  Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.
(Luk 10:19)  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
(Luk 10:20)  Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

(1Co 10:19)  Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is?
(1Co 10:20)  Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.
(1Co 10:21)  Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.

(1Ti 4:1)  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang
(1Ti 4:2)  deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,
(1Ti 4:3)  wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.
(1Ti 4:4)  Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;
(1Ti 4:5)  want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.

(Jas 2:18)  Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.
(Jas 2:19)  Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.

(Jas 3:14)  Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.
(Jas 3:15)  Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;

(Act 19:13)  En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
(Act 19:14)  Dit was sekere sewe seuns van Skeva, ‘n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het.
(Act 19:15)  Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
(Act 19:16)  Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
(Act 19:17)  En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.
________________________________________________________________________________
Sag. 13:2  En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
Mat_12:43  En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.
Mar_1:23  En daar was in hulle sinagoge ‘n man met ‘n onreine gees; en hy het uitgeskreeu
Mar_1:26  En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met ‘n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.
Mar_3:30  omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.
Mar_5:2  En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet ‘n man met ‘n onreine gees,
Mar_5:8  Want Hy het vir hom gesê: Onreine gees, gaan uit die man uit!
Mar_7:25  Want ‘n vrou wie se dogtertjie ‘n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval.
Mar_9:25  En toe Jesus sien dat ‘n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.
Luk_4:33  En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu
Luk_8:29  want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe.
Luk_9:42  En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.
Luk_11:24  Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.

Mat_10:1  En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
Mar_1:27  En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?
Mar_3:11  En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!
Mar_5:13  En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop—daar was omtrent twee duisend—het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.
Mar_6:7  En Hy het die twaalf na Hom geroep en hulle twee-twee begin uitstuur en het hulle mag gegee oor die onreine geeste,
Luk_4:36  Toe kom daar verbaasdheid oor almal, en hulle praat met mekaar en sê: Wat vir ‘n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit!
Luk_6:18  wat gekom het om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word; en die wat gekwel was deur onreine geeste, is ook genees.
Act_5:16  En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.
Act_8:7  Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
Rev_16:13  En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.
Rev_18:2  En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Mat_4:1  Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel
Mat_4:5  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan 
Mat_4:8  Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, 
Mat_4:11  Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien. 
Mat_9:32  En terwyl hulle weggaan, bring die mense ‘n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe. 
Mat_9:33  En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesê: So iets is nog nooit in Israel gesien nie! 
Mat_11:18  Want Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ‘n duiwel. 
Mat_13:39  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. 
Mat_15:22  En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 
Mat_17:18  Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af. 
Mat_25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. 
Mar_7:26  En sy was ‘n Griekse vrou, ‘n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf. 
Mar_7:29  En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar. 
Mar_7:30  En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê. 
Luk_4:2  waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in dié dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword. 
Luk_4:3  Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word. 
Luk_4:5  Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 
Luk_4:6  En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 
Luk_4:13  En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy ‘n tyd lank van Hom gewyk. 
Luk_4:33  En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu 
Luk_4:35  En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak. 
Luk_7:33  Want Johannes die Doper het gekom en het nie brood geëet of wyn gedrink nie, en julle sê: Hy het ‘n duiwel. 
Luk_8:12  Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. 
Luk_8:29  want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe. 
Luk_9:42  En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee. 
Luk_11:14  En Hy het ‘n duiwel uitgedryf, en dié was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder. 
Joh_6:70  Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel
Joh_7:20  Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring? 
Joh_8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. 
Joh_8:48  Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ‘n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie? 
Joh_8:49  Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan. 
Joh_8:52  Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie. 
Joh_10:20  En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom? 
Joh_10:21  Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ‘n besetene nie; ‘n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie. 
Joh_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai— 
Act_10:38  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was. 
Act_13:10  Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie? 
Eph_4:27  en gee aan die duiwel geen plek nie. 
Eph_6:11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel
1Ti_3:6  Hy moet nie ‘n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie. 
1Ti_3:7  Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie. 
2Ti_2:26  en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen. 
Heb_2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 
Jas_4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 
1Pe_5:8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. 
1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. 
1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie. 
Jud_1:9  Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou! 
Rev_2:10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 
Rev_12:9  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. 
Rev_12:12  Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. 
Rev_20:2  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 
Rev_20:10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Mat_9:32  En terwyl hulle weggaan, bring die mense ‘n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe. 
Mat_15:22  En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete
Joh_7:20  Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring? 
Joh_8:48  Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ‘n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie? 
Joh_8:49  Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan. 
Joh_8:52  Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie. 
Joh_10:20  En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom? 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Mar_5:15  Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand—die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees. 
Mar_5:16  Die wat dit gesien het, vertel toe aan hulle hoe dit met die besetene gegaan het, en ook van die varke. 
Luk_8:36  En die wat ooggetuies was, het ook aan hulle vertel hoe die besetene genees is. 
Joh_10:21  Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ‘n besetene nie; ‘n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------