Wys tans plasings met die etiket laster. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket laster. Wys alle plasings

Maandag 08 Januarie 2024

Laster / godslasterlik / kwaadspreek / belaster

Vir ander poste waarin hierdie onderwerpe o.a. behandel word, gaan na:

https://warechristene.blogspot.com/2020/09/mislei-misleiding-verlei-verleier.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/09/ons-moet-versigtig-wees-wat-ons-oor-of.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat beteken die woorde laster, godslasterlik, kwaadspreek, en belaster:

(Rol af vir skrifte en Grieks en Hebreeuse betekenisse).

-LASTER: Mense wat laster is leuenaars, en die rede waarom hulle laster is om ander te verlei of te bedrieg. As iemand God se naam laster verwys dit gewoonlik na spot of veragting, of om aan te kla of blameer (soos in die geval van "belaster")(2 Sam. 12:14; Jes. 52:5; Spr. 30:10); maar dit kan ook verwys na iemand wat lieg oor wat God se naam is... (bv. om 'n afgod voor te stel as God)(Lev. 24:16). Die ou duiwel is 'n bekende lasteraar/leuenaar (Joh. 8:44),;  maar mense neem ook somtyds hierdie rol op... (1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24). Lasteraars en kwaadsprekers val gewoonlik onder die kategorie van valse leraars, valse profete, of valse broeders (alhoewel onkundiges ook somtyds mense kan mislei). Een vd kenmerke van verleiers is dat hulle kwaadspreek of laster - toe die duiwel vir Eva verlei het om verkeerd te doen, het hy kwaadgespreek van God (Hom voorgestel as 'n leuenaar) en gelaster deur die waarheid te verander in 'n leuen.

-GODSLASTERLIK: Net soos kwaadspreek en laster beteken om "vals te spreek" (en die rede is om te mislei), net so beteken "godslasterlik praat" om vals te praat - maar in hierdie geval verwys dit spesifiek na die wat voorgee dat hulle kan doen wat God doen of (soos) God is (Joh. 10:33-38; Mark. 2:7). 

-KWAADSPREEK: "Kwaadspreek" (1 Pet. 3:16; Jak. 4:11; Hand. 23:5; Mark. 9:39; Ps. 109:20; 41:5) is baie dieselfde as "om te laster" (Jud. 1:8), en word gewoonlik gebruik waar iemand iemand anders beledig, vloek, of vals aankla (Hand. 19:9 ens.). Somtyds word dieselfde Griekse woord gebruik vir kwaadspreek en laster, maar dan in sommige skrifte (AOV) vertaal as kwaadspreek, en in ander vertaal as laster. Kwaadspreek is soos om bedrog te pleeg... (1 Pet. 3:10) - dit is die tipiese "storiesaandraers" wat leuens verkondig... - een wat kwaadspreek van 'n ander praat nie die waarheid nie (die rede is "om te mislei"). Die begrip "kwaadsprekers" verwys ook nie net na die wat kwaadpraat van ander nie, maar ook na die wat kwaadpraat vd waarheid (bv. hulle verkondig wat vals is of verdraai die waarheid) - en in hierdie konteks word daar gewoonlik eerder daarna verwys as "laster". Wat kinders vd Koninkryk aanbetref sal kwaadsprekers NIE die koninkryk van God beërwe nie.... (1 Kor. 6:10) - dit verwys na die wat in hierdie sonde stap en dit nie afle nie.

-BELASTER:  Dit is dieselfde as om te laster of kwaad te praat (beledig, laster), maar meer in die sin van stories aandra. Dit verwys na die wat "rondgaan in kwaadsprekery"... - maw, iemand wat kwaadpraat deur stories aan te dra. Hulle is gewoonlik agterbaks en stook mense op om die leuen oor iets of iemand te glo (2 Sam. 19:27). Die woord word gewoonlik gebruik in konteks met "iemand aankla" (Spr. 30:10) of blameer (diskrediteer)(2 Kor. 8:20; 1 Pet. 3:16). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Is LASTER en KWAADSPREEK vergeeflike sondes?

"LASTER" (iemand vloek, kwaadpraat, belaster, stories aandra, beledig, beswadder, ens.) is een vd sondes wat bloedskuld veroorsaak - in die O.T. was dit 'n onvergeeflike sonde, bv. in die sin van sondeoffers).  Mense met bloedskuld was die tipiese "vervloektes" van die O.T. en al manier hoe kinders vd Koninkryk wat bloedskuld het vergifnis kon kry (sodat hulle nie eendag onder oordeel val nie), was deur eie bloed (moes gedood word/moes met eie lewe betaal)(Lev. 24:16). In daardie opsig was daar sekerlik "'n offer" (as jy dit so wil sien), maar die persoon se lewe was kortgesny... In die N.T. is daar wel 'n offer vir kinders vd Koninkryk wat bloedskuld opdoen sodat hulle nie eendag daarvoor geoordeel word nie, en dit is deur Jesus Christus se bloedoffer; MAAR natuurlik moet die persoon daardie sonde afle, anders verander dit in sonde tot dood... Ja, kinders vd Koninkryk sal eendag ook op hulle woorde geoordeel word, en sondes soos laster en kwaadspreek wat nie afgele word nie, kan verander in "sonde tot die dood"... (Rom. 6:16; Jak. 1:15; 1 Joh. 5:16,17; Joh. 12:25; Hebr. 10:26,27; 1 Kor. 6:10; ens.)(sonde tot die dood vrwys na sonde wat die dood verdien...- verwys dus na die wat onder oordeel sal val, nl. die tweede dood)(Hebr. 6:4-8). Lastering is 'n ernstige sonde en kinders vd Here wat dit nie afle nie, kan eendag a.g.daarvan onder ewige oordeel val (1 Kor. 6:10). In die eerste gemeentes was gelowiges beveel om nie om te gaan nie, en hulle af te keer van broeders wat kwaad spreek (1Kor. 5:11; 2 Tim. 3:5); en was verder beveel om nie eens saam met so iemand te eet nie.  "Kwaadsprekers" word o.a. beskryf as mense "wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het". 

Daar is 'n geval waar LASTERING in die N.T. onvergeeflik is (en sal ook onvergeeflik wees in die "volgende eeu"), en dit is "lastering teen die Heilige Gees" (Matt. 12:31,32).  Of "eie bloed" vir hierdie sonde kan betaal is nie seker nie want die Skrif gee nie vir ons uitsluitsel hieroor nie - of die Here kinders vd Koninkryk met hierdie sonde vroeer wegneem (sou hulle bv. daarvoor bid) en hulle so vergewe, kan miskien so wees... (?).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Laster / gelaster:

(1) Lev_24:16  En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word. Die woord "laster" is die Hebreeuse woord "naw-kab'" (Lev. 24:16), wat beteken om te laster en in wese verwys na 'n gebaar soos om verwoes gate in iets te druk... - dit kan na enige van die volgende woorde verwys "vloek, uitdruk, naam, met gate, steek, deursteek, boor".

(dieselfde Hebr. woord word in Lev. 24:11 gebruik vir "laster"/gelaster):

Lev_24:11  Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was Sélomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.

(2) 2Sa_12:14  Maar omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe. 'n Ander woord wat gebruik word vir "laster", is die Hebr. woord "naw-ats'" (2 Sam. 12:4), wat in wese verwys na minagting - "laster, verag, floreer, verafsku, uitlok". 

(dieselfde Hebr. woord word gebruik in Jes. 52:5 vir die woord "laster"/gelaster):

Isa_52:5  Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die HERE; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die HERE, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster.

(3) Psa_15:3  wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; Die Hebr. woord "raw-gal'" word ook gebruik (Ps. 15:3), wat in wese verwys na rondgaan in kwaadsprekery - iemand wat kwaadspreek deur stories aan te dra, agterbaks, soek, laster, bespeur, bekyk, lei in rigting".

(4) Psa_35:15  Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou. Hebr. woord "kaw-rah'", wat in wese verwys na oe verf soos om dit groter te maak, beledig - sny uit, skeur. 

(5)  Act_19:37  Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie. Die Griekse woord "blas-fay-meh'-o" , wat gaan oor beswadder -belaster, spoor aan, beledig, praat kwaad 

(dieselfde Griekse woord word in Hand. 26:11, 1 Tim. 1:20, Mark. 3:29, Luk. 12:10, Rom. 2:24, 1 Pet. 4:14, 2 Pet. 2:2; Openb. 16:9,11,21 gebruik vir "laster"):

Act_26:11  En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster; en ek het uitermate teen hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.

1Ti_1:20  onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.

Mar_3:29  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel—

Luk_12:10  En elkeen wat ‘n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.

Rom_2:24  Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.

1Pe_4:14  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.

2Pe_2:2  en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;

Rev_16:9  En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.

Rev_16:11  en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.

Rev_16:21  en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

(6) Col_3:8  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Gr. woord "blas-fay-me'-ah", beswaddering - laster, kwaadpraat.

(dieselfde Griekse woord word in 1 Pet. 4:4, Jud. 1:8 en Openb. 13:6 gebruik vir "laster"):

1Pe_4:4  Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.

Jud_1:8  Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens.

Rev_13:6  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

(7) 2Ki_19:6  sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie. Hebr. woord "gaw-daf'", belaster - laster, verwyt.

(dieselfde Hebr. woord word in 2 Kon. 19:22, en Jes. 37:6,23 gebruik vir "laster"/gelaster):

2Ki_19:22  Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!

Isa_37:6  sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.

Isa_37:23  Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Godslasterlik/e ; godslastering/e:

(1) Mat_9:3  En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlikDie Griekse woord "blas-fay-meh'-o" , wat gaan oor beswadder -belaster, spoor aan, beledig, praat kwaad.

(dieselfde Griekse woord word ook in Matt. 25:65, Joh. 10:36, Hand. 18:6, Matt. 26:5 gebruik vir "godslasterlik"): 

Mat_26:65  Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor!

Joh_10:36  sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik—omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?

Act_18:6  Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.

(2) Mar_2:7  Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God? Gr. woord "blas-fay-me'-ah", beswaddering - laster, kwaadpraat.

(dieselfde Griekse woord word ook in Luk. 5:21, Openb. 17:3, Mark. 14:64, Joh. 10:33, Openb. 13:1,5 gebruik vir "godslasterlik"/e):

Luk_5:21  En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het begin redeneer en sê: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?

Rev_17:3  En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.

Mar_14:64  Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het almal Hom veroordeel dat Hy die dood skuldig was.

Joh_10:33  Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor ‘n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat ‘n mens is, Uself God maak.

Rev_13:1  En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.

(Rev 13:5)  En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.

(3) Job_34:7  Waar is ‘n man soos Job wat godslastering drink soos water? Die Hebr. woord "lah'-ag" - bespotting, minagting.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kwaadspreek / kwaad gespreek / kwaadsprekers:

(1) Mar_9:39  Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ‘n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie; Die Griekse woord "kak-ol-og-eh'-o", beledig - vloek, praat kwaad".

(dieselfde Gr. woord word in Hand. 19:9 gebruik van "kwaadspreek"):

Act_19:9  Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van ‘n sekere Tiránnus samesprekinge gehou.

(2) (1Ti 5:14)  Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie. Die Gr. woord "loy-dor-ee'-ah", laster - verwyt.

Gen_31:29  Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar die God van julle vader het verlede nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob geen goed of kwaad te spreek nie.

(3) Rom_14:16  Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad gespreek word nie.Die Griekse woord "blas-fay-meh'-o" , wat gaan oor beswadder -belaster, spoor aan, beledig, praat kwaad.

Kwaadspreker/s:

(1) Lev_19:16  Jy mag nie as ‘n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE. Die Hebr. woord "raw-keel'", skandaalmaker - dra stories aan.

(dit is dieselfde woord wat gebruik word in Eseg. 22:9 van "kwaadspreker"/s):

Eze_22:9  Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen.

(2) Psa_140:12(11)  Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld—laat die ongeluk hom jaag met slag op slag. Die Hebr. woord "law-shone'", tong, praat - babbel, taal praat kwaad, wig.

(3) 1Co_5:11  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Die Gr. woord "loy'-dor-os", beledigend - lasteraar, kwaadspreker.

(dit is dieselfde woord wat gebruik word in 1 Kor. 6:10 van "kwaadspreker"/s):

1Co_6:10  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

(4) Rom_1:30  nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; Die Gr. woord "kat-al'-al-os", spraaksaam teen lasteraar - agterbaks.

(5) 2Ti_3:3  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, Dit is die Gr. woord "dee-ab'-ol-os", opspoorder - vals aanklaer, duiwel, lasteraar.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Belaster:

(1) 2Sa_19:27  Hy het ewenwel u dienaar by my heer die koning belaster, maar my heer die koning is soos ‘n engel van God: doen dan wat goed is in u oë. Die Hebr. woord "raw-gal'" word ook gebruik (Ps. 15:3), wat in wese verwys na rondgaan in kwaadsprekery - iemand wat kwaadspreek deur stories aan te dra, agterbaks, soek, laster, bespeur, bekyk, lei in rigting".

(2) Pro_30:10  Belaster nie ‘n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie. Die Hebr. woord "law-shan'", "swaai tong" om te laster - kla aan, laster.

(3) Rom_3:8  En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.Die Griekse woord "blas-fay-meh'-o" , wat gaan oor beswadder -belaster, spoor aan, beledig, praat kwaad.

(dit is dieselfde woord wat in 1 Kor. 4:13, 10:30; 1 Tim. 6:1, Tit. 2:5, 3:2, Jak. 2:7, 2 Pet. 2:10,12, Jud. 21:10 gebruik word van "belaster"):

1Co_4:13  word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe. 

1Co_10:30  En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?

1Ti_6:1  Almal wat diensknegte is onder ‘n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.

Tit_2:5  ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.

Tit_3:2  om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.

Jas_2:7  Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster wat oor julle aangeroep is nie?

2Pe_2:10  en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie,

 2Pe_2:12  Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan

Jud_1:10  Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.

(4) 2Co_8:20  om te voorkom dat iemand ons sou belaster in verband met hierdie groot bydrae wat deur ons berei word. Dit is die Gr. woord "mo-mah'-om-ahee", diskrediteer - blameer.

(5)1Pe_3:16  met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster. Die Griekse woord "ep-ay-reh-ad'-zo", beledig, laster - kla vals aan.