Wys tans plasings met die etiket insig. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket insig. Wys alle plasings

Vrydag 20 Desember 2024

Kennis

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE BEGRIP "kennis". 

Rol af vir die volgende opsommings:
- Kort opsomming oor die begrip kennis (Grieks en Hebr. betekenisse, en die verskil tussen kennis en wysheid).
- Die begrip "kennis vd Here/God".
- Hoe verkry iemand "kennis van die Here"?
- Die begrip "kennis vd waarheid".
- Die "valslik sg. kennis".
- Die "gawe van (woord van) kennis".
- Die kennis van die Here is soos...
- Die begrip "kennis vd Here".
- Nog aantekeninge oor die verskil tussen kennis en wysheid.

_________________________________________________________________________________
KORT OPSOMMING:   

Griekse en Hebreeuse betekenisse vd woord KENNIS: Die woord "kennis" verwys na INSIG (die Gr. woord "gno'-sis"-kennis, wetenskap)(2 Pet. 1:6), en gaan oor verstand, bewustheid, redevoering, ens. Hoe dink of sien iemand? - wat is dit waarvan iemand bewus is of hoe verstaan hy?  Kennis beskryf maw hoe iemand "sien" (hoe sien hy die Here? - wat is sy kennis vd Here?)(hoe sien hy die waarheid? - wat sien hy as waarheid?).  In Gen 2:9,17; Eks. 31:3 is dit die  Hebr. woord " dah'-ath ", wat beteken "wetend, geslepe, bewus van". Die Gr. woord "ip-ig'-no-sis" word ook in sommige skrifte vir die woord kennis gebruik, wat verwys na "onderskeiding" of "kennis neem van" (Hebr. 10:26; 2 Pet. 1:8; Fil. 1:6; Tit. 1:1; ens.) - hoe onderskei of verstaan hy? - dit gaan oor waarvan iemand bewus is... (waarvan neem hy kennis, is hy bewus van, ens.).  

- Kennis kan kortom beskryf word as insig, maar l.w. dat nie alle insig in die wereld van die Here is (m.a.w. volgens waarheid, of hoe Hy sien en dink) nie.  KENNIS wys hoedanig iemand se verstand is, m.a.w. hoe hy iets verstaan of sien, en kan o.a. beskryf word deur die begrip "wetenskap" (iemand se begrip van "waar kom iets vandaan?, hoe kom dit totstand? Wat is die doel? Wat is werklik en wat nie?; m.a.w. wat is die waarheid en wat nie?, ens.).
- Kennis kan ook beskryf word deur dit waaruit wysheid bestaan... (bv. insig in 'n spesifieke kunsvorm, of insig om oordeel uit te voer, ens.). M.a.w., wanneer iemand wysheid ontvang (om iets te kan doen), ontvang hy die insig/kennis van daardie "proses" om dit te kan uitvoer.

WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN kennis EN wysheid?: 
- KENNIS beskryf insig en iemand se begrip/verstand, veral hoe hy die lewe sien en vertaan... (wie is ek?; wie is God?; ens.)(Hebr. woord "dah'-ath" - is uitgeslape, bewus, verstand...)(die Gr. woord "gno'-sis"-kennis, wetenskap);  
- terwyl die begrip WYSHEID "kennis oor 'n spesifieke proses beskryf"..., bv. musiek, 'n kunsvorm of ambag, beoordeling, ens...(Hebr. woord "khok-maw'" - bv. vaardig om iets uit te voer,  verstandig in prosesse, ens...) - dit wat ons in vandag se lewe sien as "lering, ambagte en beroepe" word basies deur wysheid beskrywe - is dus KENNIS wat jy ontvang en dan is jy WYS in daardie veld...'n Musikant is bv. wys in 'n spesifieke soort musiekveld (wat beteken hy het die kennis wat nodig is om die spesifieke soort musiek te doen - wysheid is soos om die volle lering in 'n veld te ontvang, en kennis die dele vd lering beskryf - jy is bv. nie noodwendig wys in 'n musiekveld as jy net 'n bietjie kennis daaroor het nie...)(wysheid is maw meer omvattend)(Eks. 36:1 - "So moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het"). Vir 'n studie oor "wysheid", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/wysheid-en-die-gawe-van-wysheid.html

Die twee begrippe "kennis" en "wysheid" word baiemaal saam in skrifte gebruik... (Eks. 31:3; 36:1).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die begrip "kennis vd Here/God":

- Waarna verwys die begrip "kennis vd Here"? In die eerste gemeentes is baie gepraat oor die belangrikheid van die KENNIS VAN DIE HERE - dit is bv. belangrik dat ons GROEI in hierdie kennis..., maar wat beteken dit?  (Kol. 1:10 - "sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei")(2 Pet. 3:18; 2:20; 1:2,8; Fil. 3:8).  Die begrip "kennis" soos bo gesien verwys na hoe ons dink en sien, wat terloops nie altyd is soos die Here dink en sien nie.  In Kol. 1 word gelowiges aangemoedig om te groei in "die kennis van God" (hoe Hy dink en sien). Ons moet m.a.w. ywer om meer soos die Here te begin dink en sien, en v. 9 gee vir ons 'n bietjie meer insig hieroor... (Kol. 1:9 - Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig"). Hierdie "kennis van die Here" beskryf maw Sy wil (en dus "hoe Hy sien en verstaan")(terwyl wysheid meer gaan oor wat Hy wil he jy moet doen en hoe dit gedoen moet word, en dan gee hy jou die kennis om dit te kan doen).  Jy kan bv. die kennis van jou ouers beskryf as hoe hulle die lewe sien en verstaan..., en hulle wil word hierdeur gevorm; in v. 9 word hierdie kennis van die Here se wil bv. verder verduidelik as "wysheid in geestelike insig". Wysheid is soos lering wat 'n mens ontvang, om bv. 'n proses van iets te verstaan;  en kennis is daardie geestelike insig (wat natuurlik op beurt verwys na "KENNIS VAN DIE WAARHEID").

- Hoe word" KENNIS VAN DIE HERE" ontvang?  Daar is verskillende maniere waarop hierdie kennis ontvang kan word..., o.a. deur die Heilige Gees... (Ef. 1:17). Kennis onderskei natuurlike en geestelike mense - geestelike mense dink en sien bv. anders as natuurlike mense;  die rede hiervoor is omdat natuurlike mense 'n wereldse gees het, terwyyl geestelike mense die Gees van God het.  Wysheid van bo of kennis van die Here word deur die Gees ontvang (Eks. 35:31), en daarom het geestelike mense gewoonlik kennis vd Here en weet wat is waarheid! (want hulle kry dit by die Gees van waarheid).  Kennis wys dus op wat iemand se wete is, wat hy van bewus is - wat hy WEET (iemand met kennis vd Here weet bv. wat die Here se wil is en hoe Hy wil he iets uitgevoer moet word - die Here se wil en die waarheid word so iemand se standpunt)(Kol. 1:9). In die Skrif word o.a. die woord "geregtigheid" gebruik (geregtigheid is soos 'n rigtingwyser en gaan oor wat is reg en regverdig;  m.a.w., wat is die wil vd Here?) - die wat hierdie geregtigheid (nl. wat is reg en regverdig) najaag, ontvang of uitvoer, is soos mense wat Kennis het vd Here se weë (Deut. 6:20,25; 33:21; Jes. 58:2; ens.).

- Die wat kennis van die Here het verwys na die wat HOM KEN en dus Sy wil doen/Hom vrees:  
- Spr. 2:5  dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind - HOE VIND IEMAND DIE KENNIS VD HERE?  KYK V. 1-5 (moet die Here se woorde aanneem en Sy gebooie bewaar - laat jou oor na Sy wysheid luister en jou hart neig tot Sy verstand;  m.a.w., soek na die Here se wil en na wat Hy sien as waarheid, en hou dit). M.a.w., KENNIS VD HERE WORD ONTVANG DEUR OM SY WIL EN WOORDE TE LEER KEN (so iemand verstandig en sal "haat wat sleg is" - hulle ontvang verstand). Pro_9:10  Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
Spr. 1:7  Die vrees van die HERE is die beginsel (begin, eerste, hoofding) van die kennis; sotte verag wysheid en tug. - KENNIS VD HERE VERWYS NA KENNIS WAT VAN HOM ONTVANG WORD OMDAT IEMAND DIE HERE VREES (m.a.w., soek Sy wil en wil verstaan soos Hy sien/het Sy beleid lief).  In die Skrif word die woord kennis baiemaal gebruik in konteks met die wat glo en kennis vd Here en vd waarheid het... (2 Pet. 3:17,18;  2:20; 1:3,4,8; Hebr. 10:26) - wat natuurlik verwys na hulle standpunt!(as jy kennis het vd Here dan weet jy wie Hy is, wat Hy kan doen ens., en jy weet wat is die waarheid...). Dit word bv. ook baiemaal gebruik in konteks met "die wat die Here vrees" en "Sy kennis het, Sy wil soek"..., ens. (hulle ken die wil vd Here). Hulle bewustheid en begrip (hulle kennis) wys daarop dat hulle die Here KEN... - in sommige skrifte word "kennis" en "vrees vd Here" saam genoem, wat (net soos in die geval van wysheid) vir ons wys die konneksie tussen hierdie twee onderwerpe... (kyk bv. Jes. 11:2 - "Gees van KENNIS en vd VREES VD HERE")(die wat die Here vrees doen Sy wil - hulle is onderdanig aan Hom). OM DIE HERE TE KEN GAAN DUS OOR HOM VREES EN GEHOORSAAM..., bv. SY WIL KEN EN SOEK. Die Gr. woord "ip-ig'-no-sis" word ook in sommige skrifte vir die woord kennis gebruik, wat verwys na "onderskeiding" of "kennis neem van" (Hebr. 10:26; 2 Pet. 1:8; Fil. 1:6; Tit. 1:1; ens.) - hoe onderskei hy? - dit gaan oor waarvan iemand bewus is... (waarvan neem hy kennis, wat sien hy as waarheid?, ens.). Die persoon met "meer kennis" van die Here (bv. weet wat is Sy wil, weet hoe Hy "sien en dink") kan beter onderskei. Die wat KENNIS VD HERE (bv. dit deur die Gees van God) het, wys dat hulle Hom KEN (hulle glo in Sy waarheid, in wie Hy is, ens.). Die begrip "kennis vd Here" verwys o.a. somtyds na "om te haat wat sleg is" - dus, dit verwys na die wat die Here vrees! (Hom ken, Hom gehoorsaam, Sy wil soek, Sy insettinge volg, ens.). KENNIS en VREES VD HERE werk dus saam;  (1) Die Skrif leer bv. ook dat die manier om die vrees vd Here te ontvang is deur kennis vd Here... (ons sien bv. in die wereld dat kinders wat in hierdie kennis vd Here (kennis waaroor hulle ouers beskik rakende die Here) grootword, gewoonlik meer vrees het vir die Here as die wat dit nie hoor nie. (2) Op beurt is die "vrees vd Here" die beginsel van KENNIS... (Spr. 1:7)(en terloops ook die beginsel van wysheid!-Spr.9:10), en word o.a. beskryf as om "te haat wat sleg is";  m.a.w., "kennis van die Here/God" word ontvang wanneer iemand die Here vrees en lief is vir wat goed is. Sonder hierdie vrees (vir die Here) sal jy nie die kennis vd Here ontvang nie. Ons sien baiemaal hierdie gebeur waar sommige kinders vd Koninkryk hulle bevind op 'n plek waat hulle nie seker is wat die wil van die Here is nie, of nie mooi weet hoe God oor iets sien en dink nie...;  somtyds moet ons bloot wag op die Here, maar dit gebeur somtyds onder die wat nie die Here vrees nie maar gewoond is om hulle eie wil te volg of ander bronne op te soek... (so iemand sal altyd twyfel;  dus die "kennis vd Here" sal ontbreek). Kennis vd Here is op beurt veronderstel om vrees vir die Here te wek, maar as iemand kies om nie die waarheid te glo nie dan gaan hy nie hierdie "vrees vd Here" ontvang nie.     Hos_4:1  Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie. - WANNEER 'N LAND "SONDER KENNIS VAN GOD IS" DAN VERWYS DIT NA DIE FEIT DAT HULLE NIE DIE HERE VREES NIE (en dus nie Sy kennis het of hou nie)(kyk v.2), want DIE WAT DIE HERE VREES "HAAT WAT SLEG IS".  DIE WAT NIE AG GEE OP SY BELEID NIE, DOEN SLEG (bv. sweer, lieg, moor, steel, pleeg owerspel, ens.-v.2) - HULLE IS SOOS MENSE "SONDER DIE KENNIS VAN GOD" (want as hulle Sy kennis het en hou, sal hulle nie sleg doen nie). WAAR KENNIS VAN DIE HERE IN 'N LAND ONTBREEK, HET DIT 'N INVLOED OP DIE LAND SELF A.G.V. DIE SONDE (v.3-alles wat daarop woon kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel; die visse van die see kom om...). Hierdie is iet wat baie kenmerkend is vd tyd waarin ons lewe, en dit beteken dus dat die wereld op die oomblik  "sonder kennis van God" is - mense doen wat sleg is... (gee nie ag op God se beleid nie, en doen dus verkeerd).

- Kennis word in sommige skrifte gebruik in konteks met waar iemand vaardig of bekwaam gemaak word OM IETS UIT TE VOER, TE SPREEK, ENS. (soos in die geval met wysheid)(bestudeer gerus die tema van "wysheid" saam met hierdie onderwerp)(Eks. 36:1,2). In hierdie opsig wys dit na kennis wat hy/sy ontvang - kry dus insig en 'n bewustheid van hoe om iets te doen of te spreek... Die persoon is nie noodwendig wys in daardie veld nie, maar ontvang dan die kennis nodig vir daardie oomblik.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE VERKRY IEMAND KENNIS VAN DIE HERE:

-  Jes. 11:2  en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE. - KENNIS WORD DEUR DIE GEES VD HERE ONTVANG (daarom word die Heilige Gees o.a. "Gees van kennis..vd Here" genoem). Eph_1:17  dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee - DIE HEILIGE GEES GEE VIR ONS VERSTAN,/ KENNIS VD HERE....

-  LET VERAL HOE "KENNIS" EN "VREES VD HERE" HIER SAAM GENOEM WORD... (rol af vir 'n paragraaf hieroor, met skrifte...).  Daar is 'n sterk verband tussen die twee begrippe "kennis vd Here" en "vrees vd Here" - in ander woorde, jy moet die Here vrees voor jy hierdie kennis kan ontvang;  op beurt wek die kennis van die Here vrees...  (l.w., OP DITTO WYSE WORD "WYSHEID EN VERSTAND" SAAM GENOEM, WANT VERSTAND WORD ONTVANG WANNEER IEMAND MET WYSHEID VERVUL WORD.  EN OP DITTO WYSE WORD RAAD EN STERKTE SAAMGENOEM...). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 Die begrip "kennis van die waarheid":

-  KENNIS VAN DIE WAARHEID lei tot vrug dra en godsaligheid... (Tit 1:1 - "Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is").  Vir die geestelike mens is die KENNIS VAN DIE WAARHEID belangrik op die pad van godsaligheid (Tit 1:1), want dit gaan oor die hoop van die ewige lewe wat God belowe het... (Tit. 1:2).  As ons die verkeerde kennis aanneem, dan ontvang ons nie die waarheid nie en is dan nie besig om ons te oefen in die godsaligheid (wat op die ou end vir ons die ewige lewe gee) nie, (maar dan besig om in die verkeerde kennis te oefen, wat tot gevolg het dat iemand sy pand kan verloor). Inderdaad is "wat jy sien as "WAARHEID" belangrik, want die soort kennis wat jy ontvang "as waarheid" bepaal waarin jy glo! Hier gaan dit presies oor wat ons sien as belangrik vir die godsaligheid, bv., is die onthouding van sekere voedsels belangrik daarvoor of nie? Waar mense hulle besig hou met onheilige, onsinnige praatjies wat in stryd is met die waarheid van die heilige Skrifte (1 Tim. 6:20,21), is hulle op 'n dwaalweg en nie op die weg van godsaligheid nie.  Op watter weg of pad is jy besig om te stap?  (1Ti 6:20 - " o Timótheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis..."). "n Pand word gegee in die geval van borgskap (Job 17:3) - bv. waar iets later ontvang word, of 'n bewys van wat ontvang moet word (Gen. 38:17,18), of bewys van sekuriteit (1 Sam. 17:18)... Die Christen ontvang 'n pand - 'n bewys van sekuriteit, 'n borgskap vir die ewige lewe, maar as hy nie hierdie pand bewaar nie dan kan hy sy sekuriteit of borgskap verloor. Die manier om hierdie pand te bewaar, is deur vas te hou aan die waarheid (dus moet hy kennis wat in stryd is met die waarheid, vermy)(2 Kor. 10:5 - "terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus").      (2Ti 1:12 - "Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe. Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is. Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon"). Die Heilige Gees help ons om hierdie pand te bewaar deurdat Hy ons oortuig en lei in die WAARHEID;  maar as iemand nie gehoorsaam is aan die Gees nie, dan is hy nie besig om sy pand te bewaar nie (geestelike mense is onder die wet vd Gees en moet dus die Heilige Gees gehoorsaam).

-  KENNIS VAN DIE WAARHEID gaan oor "kennis van Jesus Christus"... (1Ti 2:4-6 - "wat wil hê dat alle mense gered word en tot KENNIS VAN DIE WAARHEID kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd"). 

-  Jesus Christus se woorde is KENNIS VD WAARHEID - Hy gee "die leer wat volgens die godsaligheid is"...  (1Tim. 6:3-5 - "As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,  dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense").      (1Ti 1:6-8 - "waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies;  hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.  Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik").      (2Ti_2:25  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die KENNIS VAN DIE WAARHEID nie").      (Heb_10:26  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die KENNIS VAN DIE WAARHEID ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie").        
- (2Pe_2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste. - VOLGENS HIERDIE SKRIF IS DIE REDE WAAROM HULLE DIE BESMETTINGE VD WERELD ONTVLUG HET EN OORWIN HET, OMDAT HULLE "KENNIS VD HERE EN SALIGMAKER" VERKRY HET. KENNIS VD HERE HET GEESTELIKE GROEI TOT GEVOLG...;  maar as iemand hierdie kennis ontvang het en vrug begin dra het, maar die kennis verloor en terugval in die wereld, is sy/haar saligheid in gevaar... (sien derde groep in die gelykenis vd saaier). 

-  KENNIS VAN DIE WAARHEID is NIE gebooie van mense nie... (Tit 1:14 - "en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie").     (1Ti 4:7 - "Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid").

-  Die wat die waarheid teestaan kom nooit tot KENNIS VAN DIE WAARHEID nie... (sommige bly leer en leer..., maar het net 'n "gedaante van godsaligheid omdat hulle nie die waarheid aanneem en daarvolgens begin lewe nie)(2Ti_3:7  - "wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie"). Die wat kennis van die waarheid het verwys na mense wat ag gee op die waarheid - bv., dit verwys na mense wat glo! As iemand bv. bely hy glo in Jesus maar glo nie in Sy woorde nie, dan het hy nog nie "kennis van die waarheid" nie maar glo wat hy wil...

-  KENNIS VAN DIE WAARHEID verwys na kennis van die Here se wil en wet... (Rom_2:20 - "‘n opvoeder van onverstandiges, ‘n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van KENNIS VAN DIE WAARHEID in die wet het").

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- Die "sg valslike kennis":

- (1Tim. 6:20 - "o Timótheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis"). Nie alle kennis in die wereld is die waarheid nie! - somtyds word kennis of wetenskap valslik "KENNIS" genoem. Dit word bv. baiemaal bewys deur "wetenskap" wat gedurigdeur verander...- kyk bv. die mediese veld, een dag is iets goed vir jou en die volgende dag sleg... Die waarheid is "waarheid" kan nie vandag reg wees en more verkeerd nie.  (m.a.w., nie alle kennis is hierdie wereld is die waarheid nie). Daar is baie kennis in die wereld wat voorgehou word as waarheid, maar nie is nie;  en dit is bes moontlik die juiste "kennis" waarna verwys word in 1 Tim. 6:20, die "valslik sg. kennis"... (dit gaan deur asof ware kennis/wetenskap, maar is nie die waarheid nie). Volgens 1 Tim. 6:20 moet die wat die waarheid weet, SULKE KENNIS VERMY (nie akkomodeer bv. om "inklusief" te wees, soos baiemaal gebeur nie). 

- In die teks word daar o.a. ook verwys na ONHEILIGE en ONSINNIGE PRAATJIES... (wat vermy moet word).  2 Tim. 2:16 verwys ook hierna (2Ti 2:16 - "Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid"). In konteks verwys hierdie soort praatjies na praatjies "wat tot ondergang is vd hoorders" en "tot geen nut" (v. 14), en "soos 'n kanker versprei" (v. 17)('n bietjie deeg maak die hele deeg suur).  In konteks v.18 verwys hierdie "onheilige en onsinnige" praatjies na praatjies van mense wat van die waarheid afgedwaal het (in hierdie spesifieke geval het sekere mense, nl. Himenéüs en Filétus, geleer dat die opstanding alreeds plaasgevind het, en dit het veroorsaak dat hulle sommige se geloof omkeer-v.17,18 - hulle sg. kennis was nie "kennis vd Here" nie).  SULKE PRAATJIES GAAN NIE DEUR AS "KENNIS VD HERE" NIE , want "KENNIS VD HERE" VERWYS NA WAARHEID...  Die wat kennis vd Here het, is die wat die woord vd waarheid "reg sny"... (v. 15)(bv., wanneer jy iets oopsny dan sien jy alles en verstaan hoe dit werk). DIE WAT KENNIS VD HERE HET IS DIE WAT VERSTAAN, maar die wat valslike kennis versprei verstaan nog nie;  m.a.w., hulle "sien" nie (al dink hulle hulle sien!). Christene word gewaarsku om liewer die godsaligheid na te jaag as onheilige en oudwyfse fabels (1 Tim. 4:7) waarin mense onder wette geplaas word bv. "verbied om te trou", "gebied mense dat hulle hul moet onthou van sekere voedsels" ens.  Iemand kan baie tyd insit in wereldse verwagtinge bv. liggaamlike oefening, maar is hy besig om homself te OEFEN in die godsaligheid? (1 Tim. 4:8).  Christene word gewaarsku deur die Gees dat in die laaste dae sommige van die geloof afvallig sal word omdat hulle verleidende geeste en leringe van duiwels aanhang. Wat ons moet doen is nie om onsself te voed in die leringe van die wereld nie, maar te VOED MET DIE WOORDE VAN DIE GELOOF EN VAN DIE GOEIE LEER (1 Tim. 4:6) die kennis wat regtig vir iemand godsaligheid gee (m.a.w., ons moet die godsaligheid najaag / die waarheid soek).  Net soos iemand die liggaam oefen vir 'n wedloop, so moet ons ons OEFEN IN DIE GODSALIGHEID - dit kasty en diensbaar maak vir die Here (1 Kor. 9:27).Watter KENNIS is dit wat jy najaag? Is dit kennis van die Here Jesus Christus?  Is dit die waarheid wat Hy gebring het?, of soek ons liewer leerstellings wat ons in die gehoor streel?  GEHOORSAAMHEID is wel 'n vereiste vir godsaligheid, maar aan wie is jy gehoorsaam? Geloof, Deug, Kennis, Selfbeheersing, Lydsaamheid, Godsvrug, Broederliefde, en Naasteliefde is die VRUG vd KENNIS van onse Here Jesus Christus: - (2 Pet. 1:2-10)(2Pe 1:8 -"Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie").
Die tema van hoe ons HOOR en hoe ons BOU is baie aangeraak in die eerste kerke en deur Jesus Christus self (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/die-waarheid.html).  Dit is inderdaad belangrik dat ons reg bou, wat veral verwys na watter soort KENNIS ons ontvang en hoe ons ag gee op die WAARHEID.  As ons bv. nie ag gee op die waarheid wat Christus gebring het nie, dan "hoor" ons nie.  As ons verkeerd bou, bv. valse of verdraaide leerstellings aanneem (en ons laat meesleep deur die dwaling van sedelose mense), dan kan dit veroorsaak dat die gelowige wat eens vastigheid gehad het, daaruit wegval.  Wat vir ons in 2 Pet. 3:18 beveel word, is dat ons MOET TOENEEM IN DIE GENADE EN KENNIS VAN ONSE HERE EN SALIGMAKER, JESUS CHRISTUS. In hierdie opsig is hierdie KENNIS vir ons soos 'n beskerming sodat ons nie uit vastigheid wegval nie - ons moet dus pasop dat ons nie ag gee op verkeerde kennis nie.  - Bestudeer gerus die tema van "besnydenis van hart en ore" (https://warechristene.blogspot.com/2016/11/die-besnydenis-2-besnydenis-van-hart-en.html) - daar is kinders vd Koninkryk wat nog nie hulle hart en ore besny het nie...  - hulle "dink en sien" nog verkeerd, en het hulle nog nie bekeer van die manier hoe hulle dink en sien tot die manier hoe die Here dink en sien nie;  maar mense wat KENNIS VAN DIE HERE het, het hul bekeer vd manier hoe hulle dink en sien tot die manier hoe die Here dink en sien. 

- Psa_14:4  Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie. - "WERKERS VAN ONGEREGTIGHEID" IS SOOS MENSE SONDER KENNIS... ;  ANDERS AS DIE WAT DIE ONGEREGTIGHEID SOEK VERWYS DIE WAT GEREGTIGHEID HET OF DIE VREES VD HERE, GEWOONLIK NA DIE WAT "HAAT WAT SLEG IS" (en het dus die met kennis vd Here).  

Valse broeders bring verkeerde kennis: Ons moet bedag wees daarop dat ONKRUID somtyds in die kerk insluip..., en valse kennis inbring. ("onkruid" verwys na die wat lyk soos koring, maar net voorgee dat hulle koring is - hulle glo nie regtig nie - glo nie die kennis vd waarheid nie).  Dit is maklik om so iemand uit te ken, want diesulkes glo nie werklik in Jesus Christus se woorde nie..., maar verkondig 'n ander soort of verdraaide kennis of evangelie. In die eerste kerke was die skrifte daagliks ondersoek om te sien wat is waarheid en wat nie.  Ons is veronderstel om dieselfde te doen. Dit is nie mense wat besluit "wat is waarheid" nie, maar die Here is die Een wat besluit en sê wat is waarheid, en wat nie. Dit is duidelik dat die Here 'n gawe van kennis deur die apostels gewerk het, want nie net het hulle onder Christus se lering gesit en die Skrifte daagliks ondersoek nie, maar hulle kon ook die Christene lei in wat die ware kennis is. Die Gees van God is die Gees van waarheid, en Hy bring die waarheid - die ware kennis.  Deur die gawe van kennis kan enige Christen deur wie die Gees hierdie gawe werk, weet wat is waarheid en wat nie;  en terloops sal die waarheid wat die Gees bring nooit in stryd wees met die Woord (die woord en Jesus Christus/waarheid wat Hy gebring het) nie. As iemand bely dat die Gees 'n gawe van kennis deur hom werk maar sy lering nie ooreenstem met die waarheid van die heilige Skrifte en Jesus Christus nie, dan is hy vals.  (2Pe 3:17)  Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.(2Pe 3:18)  Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.  

-  Valse profete en valse leraars bring die verkeerde kennis (kennis wat nie die waarheid is nie, of hulle verdraai die waarheid).  Hierdie mense voer "verderflike ketterye heimlik" in deur verdigte woorde, waardeur hulle die Here Jesus Christus verloën (2 Pet. 2:1,3).  Let wel dat hulle eens op die regte pad was! ((2 Pet. 2:15), maar het die pad verlaat en verdwaal (2 Pet. 2:15), en verlok onvaste siele om soos hulle te lewe (2 Pet. 2:14)(2Pe 2:22 - "Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol")..  Hulle is "gelowiges" wat eens tot KENNIS vd Here en Saligmaker, Jesus Christus, gekom het, en het die besmettinge vd wereld ontvlug (2 Pet. 2:20), maar nou het hulle Hom verloën deur hulle weer deur die wereldse kennis te laat verstrik en oorwin, en hulle bedrieg ander gelowiges om dieselfde te doen.  Baie gelowiges volg ongelukkig hulle verderflikhede na en dit is a.g.hiervan dat die WAARHEID gelaster word (2 Pet. 2:2). Hierdie soort kennis het ook tot gevolg dat mense losbandig lewe en sedeloos is (2 Pet. 2:3-7,14), omdat hulle glo dat hulle vry is om te doen wat hulle wil.  Hoekom verloën hulle die Here deur hierdie verleidende leerstellings te vol?  Want hulle is liefhebbers van hullseself: -geldgierig, grootpraters, trots, laster, ongehoorsaam aan ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God - MENSE WAT 'N GEDAANTE VAN GODSALIGHEID HET, MAAR DIE KRAG DAARVAN VERLOëN HET! (2 Tim. 3:1-5). Valse profete en valse leermeesters is soos waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur 'n stormwind (2 Pet. 2:17) - hulle belowe vryheid terwyl hulle self slawe is van die verdorwenheid (want waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook 'n slaaf geword )(2 Pet. 2:19). Dit is hoe baie Christene gevang word om die waarheid te verloën, is deur BELOFTES. Kyk maar hoeveel Christene verval deesdae in heidense praktyke vir die sg. voordele wat dit inhou!  Hulle verloën die waarheid vir die wereldse beloftes, en stop nie daar nie, maar probeer soveel ander ook daarin betrokke kry.  Hierdie mense praat kwaad van dinge wat hulle nie verstaan nie (2 Pet. 2:12) en kom in opstand teen die WAARHEID (bv. kom in opstand teen die wat die waarheid verkondig, en teen Jesus Christus se leerstellings)(2Ti 3:8 - "En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof").  Deur trotse woordgebruik praat hulle onsin (2 Pet. 2:18) - hulle word in die skrif verduidelik as bedrieërs, vol van hegsug (2 Pet. 2:14), wat ander verlok deur die begeerlikhede van die vlees, en deur ongebondenheid (2 Pet. 2:18).  Die wat val vir hierdie verdraaide en valse KENNIS,  word deur allerhande begeerlikhede gedryf (2 Tim. 3:6). - HULLE LEER ALTYD, MAAR KOM NOOIT TOT DIE KENNIS VAN DIE WAARHEID NIE! (2 Tim. 3:6). Hulle dink hulle is slim, maar hulle is eintlik dwaas (2 Tim. 3:9).  Hulle word gesien as goddeloos en is bedrieërs - hulle wat verlei en verlei word - hulle sal voortgaan van kwaad tot erger (2 Tim. 3:13). Die gelowige wat egter die waarheid liefhet, is 'n navolger van Christus se leer, en navolgers van die wat die waarheid verkondig - in lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid, vervolginge, lyding (2 Tim. 3:10,11). Hulle word vervolg ter wille van die waarheid en val nie in by kennis van die massas wat slawe is van wereldse kennis nie (2Ti 3:12). Ware Christene (die wat die waarheid liefhet) moet bly/ seker maak dat hulle bly in die waarheid (bly in dit wat hulle geleer het uit die heilige Skrifte)(2 Tim. 3:14,15). Die wat die waarheid liefhet word beveel om liewer weg te bly van die wat die waarheid verloen (2 Tim. 3:4). Verder word dienaars beveel om die weerspanniges in sagmoedigheid tereg te wys (of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die KENNIS VAN DIE WAARHEID nie!)(2 Tim. 2:25). Weerspanniges word gesien soos "dronk" mense (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html), onder die strik van die duiwel en gevang om die duiwel se wil te doen (2 Tim. 2:26). As die wat weerspannig is (teen die kennis vd waarheid) tereggewys word, gee dit hulle geleentheid om hulle te bekeer van hulle dwaling...  Die teregwysing is nie bedoel om te veroordeel nie, maar om in liefde "reg te oordeel" sodat die persoon geleentheid kry om hom te bekeer. Wat sal die uiteinde wees van valse profete en valse leraars?
Hulle sal soos die gevalle engele nie gespaar word nie - en sal nie soos die godsaliges verlos word nie, maar eerder in bewaring gehou word vir die oordeel! (2 Pet. 2:4-9).  Hulle sal soos goddelose mense die loon van die ongeregtigheid ontvang (2 Pet. 2:5-16). (Heb 10:26 - "Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie"). Waardeur is jy oorwin?  Het jy jou laat oorwin deur die kennis wat Jesus Christus gebring het?, of deur die wat die kennis van die wat die waarheid verdraai? Vir wie is jy 'n slaaf?

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- Wat is die gawe van "woord van kennis":

(1Kor. 12:8 - "Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees").  Vgl. gerus hierdie met die vorige paragraaf..., waar "woorde/praatjies" veral opkom...  Hoe klink iemand se woorde?  - is dit kennis van die Here?  Is dit die waarheid?  Iemand wat 'n gawe van woord van kennis ontvang, ontvang dit noodwendig van die Heilige Ges (so iemand moet dus gevul word met die Heilige Gees om hierdie "krag" te ontvang)(1 Kor. 12:8; Jes. 11:2), en hierdie gawe verwys dus na insig van die Here (nie jou eie of iemand anders se manier van sien en dink nie!). (Job 32:8 - "Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak").

Die "GAWE VAN KENNIS" is 'n gawe wat deur die Heilige Gees deur sekere gelowiges werk (1 Kor. 12:8). In so 'n geval kry iemand 'n WOORD VAN INSIG - WOORD VAN WAARHEID.... (in hierdie geval gaan dit oor insig op die lewe en insig van die Here, bv. wat is die waarheid en wat is die wil van die Here - hoe sien en dink die Here oor iets...  Die woorde wat hierdie persoon spreek gee maw hierdie insig... (en is dus die waarheid, is reg, is regverdig, ens.). Paulus se gebed vir die gemeente van Efese is dat die Vader aan hulle die Gees van wysheid en OPENBARING IN KENNIS VAN HOM MAG GEE - (Ef. 1:17,18 - " dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is"). Hierdie kennis laat mens "sien" (nl. so iemand "sien" reg/verstaan!). 

Hierdie WOORD VAN KENNIS kan miskien ook in die vorm kom van verhale (wat bv. lering makliker maak om te verduidelik)... - Jesus het bv. dmv gelykenisse lering gegee oor die Koninkryk (Matt. 13:11 - "Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te KEN, maar aan hulle is dit nie gegee nie"). Jesus Christus (wie as 'n "takkie" verwys word in Jes. 11) is die beste voorbeeld van iemand met KENNIS (Jes. 11:2 - "en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE"). Ons het ook bo gesien hoe "kennis" en "vrees vd Here" baiemaal saamgebruik word in skrifte (soos ook in hierdie geval van Jes. 11:2). Jesus het dit op 'n ander geleentheid duidelik gemaak dat Hy na die Vader luister... (). 'Die geestelike mens wat deur die Gees kennis ontvang, is noodwendig iemand wat na die Here luister! - is bv. die wat die Here vrees en na Jesus luister, en onder die wet van die Gees is. Die geestelike mens met "meer verstand" verwys na die wat die Here se woorde bepeins en Sy bevele bewaar (Psa 119:99,100 - "Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.  Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele") - dit is gewoonlik hoe iemand uitgeken kan word as iemand wat kennis van die Here het... - hulle kyk op na hulle Leermeester Jesus: (Matt. 23:10 - "Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus"). As iemand bv. 'n "woord van kennis" bring, dan is dit maklik om te sien of daardie woorde deur die Heilige Gees gegee is, want as dit is sal sy woorde ooreenstem met wat Jesus geleer het.

Die gawe van "woord van kennis" is dus WOORDE wat van die Here af kom.  Hy gee hierdie insig deur Sy Gees - dit is nie net insig wat iemand kry nie, maar hierdie "woord van kennis" verwys veral na hoe so iemand die gawe kry om daardie verstand of "wetenskap" in woorde uit te druk (Jes. 59:21 - "Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie")(1 Kor. 12:8). Geestelike mense word veral bemoedig om RYK TE WORD IN DIE HERE, en om kennis van die Here af te kry is o.a. deel van "ryk word in die Here (1Kor. 1:5 - "dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis"). Die wat ryk is in die Here, bv. in Sy kennis, het goeie verstand - en die persoon met 'n "woord van kennis" kry die vermoe deur die Gees om hierdie in woorde uit te druk.  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die KENNIS VD HERE is soos......:

- DIE KENNIS VD HERE is soos KOS EN WATER vir die geestelike mens, en bevorder geestelike groei... Om kennis vd Here te hê verwys nie bloot net na iemand wat geleerd is in die Skrifte nie, maar verwys veral na die wat VERSTAAN en REG SIEN EN DINK,;  maw, die wat die waarheid ken (omdat hulle Sy woord bepeins, Hom gehoorsaam, Sy Gees het...). Dit verwys bv. o.a. na KENNIS VAN VERLOSSING (bv. hoe of in wie verlossing verkry word... (2Kor. 4:6 - "Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus")   (2Kor. 11:6 - "En al is ek ook onbedrewe in woord, dan tog nie in kennis nie; maar ons het ten volle in alle opsigte openbaar geword by julle"). M.a.w., iemand wat kennis vd Here het verwys na iemand wat die waarheid ken! (rol af vir 'n opsomming oor "kennis vd waarheid"). Die KENNIS VD WAARHEID is belangrik op die pad van godsaligheid, want die regte soort geestelike "kos en water" LEI TOT GEESTELIKE GROEI EN VRUG DRA... (Tit. 1:1). Sonder hierdie waarheid/KENNIS kan niemand gered word nie!, en dit word o.a. dus beskryf as KENNIS VAN JESUS CHRISTUS - bv., in Hom is die kennis van hoe om gosaligheid te ontvang, nl. hoe om gered word en in Hom te bly (sodat ons die geestelike kos en water kry wat nodig is vir geestelike groei en vrug dra tot ewige lewe...).

- DIE KENNIS VAN DIE HERE is soos 'N LIEFLIKE REUK(2Co 2:14-16 - "Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan;  vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?").

- DIE KENNIS VAN DIE HERE is (soos) WAARHEID - (1Kor. 15:33,34 - Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes. Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming). Nie alle geestelike mens het die kennis van die Here nie, bv. die wat dronk is word rondgeslinger deur allerhande leringe... Ons moet nugter wees op die regte manier! Die geestelike mens met "meer verstand" verwys na die wat die Here se woorde bepeins en Sy bevele bewaar, en hulle kyk op na hulle Leermeester Jesus (Matt. 23:10) (Psa 119:99,100 - "Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.  Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele") - hierdie is gewoonlik hoe iemand uitgeken kan word as iemand wat kennis van die Here het.

- DIE KENNIS VAN DIE HERE is (soos) VERSTAND - dit beskryf hoe iemand dink en sien. Mense wat die kennis vd Here liefhet en verkies om die Here te vrees, sien en dink op 'n sekere manier;  maar die wat niks van Sy raad wil hoor nie en Sy teregwysinge verag (soos die hoogmoediges, trotsaards, grootpraters, ens.), haat die kennis vd Here (Spr. 1:29-31; Rom. 1). Kinders vd Koninkryk wat hoogmoedig en trots is en dink hulle weet beter as die waarheid (maw, die wat die kennis van die Here haat en Hom nie vrees nie) is op 'n gevaarlike plek, want die gevolg is dat die Here sulke "kinders" nie antwoord nie! (selfs as hulle hom soek sal hulle Hom nie vind nie-Spr. 1:28). Almal sal eendag geoordeel word op wat hulle weet.2Ch_30:22  En Jehiskía het na die hart van al die Leviete gespreek wat deeglik kennis (Hebr. woord "seh'-kel", wat verwys na intelligensie - diskresie, kennis, beleid, omsigtigheid, wat sin maak, verstandig, wysheid, wys) geopenbaar het in die saak van die HERE; en hulle het die feesoffer sewe dae lank geëet, terwyl hulle dankoffers geslag en die HERE, die God van hulle vaders, geloof het.   
- DIE LEVIETE HET DIE KENNIS VD HERE (bv. Sy beleid, ens.) AAN DIE VOLK GELEER...  Mal_2:7  Want die lippe van ‘n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ‘n boodskapper van die HERE van die leërskare. 
- DIE WAT DIE KENNIS VD HERE BEWAAR EN LEER, IS SOOS "BOODSKAPPERS VD HERE" WAT SY WIL BEKEND MAAK... (bv. die priesters in hierdie geval).         
- (Jes. 11:9  Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek. - HIERDIE SPREEK VD MILLENIUM TYDPERK ("volgende eeu"/1000 jaar nadat Jesus teruggekom het).  DIE AARDE SAL VOL WEES VD KENNIS VD HERE!  (almal sal geleer word in die Here se beleid). Hab_2:14  Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek).        
- (Mic_6:5  My volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van die HERE. - DIE BEGRIP "KENNIS VD HERE" VERWYS OOK NA DIT WAT GOD SE DADE BESKRYF (bv. oorlegginge van dit wat God gedoen het, Sy regverdige dade...). WAAR SULKE KENNIS VD HERE OORGEDRA WORD AAN GESLAGTE, LEER MENSE WIE GOD IS, WAT SY WIL IS, HOE HY SIEN EN DINK, ENS. SULKE KENNIS IS BAIE BELANGRIK... ). 

- DIE KENNIS VAN DIE HERE IS BELANGRIKER AS ENIGE ANDER KENNIS, en belangrik vir geestelike groei...  Fil. 3:8  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry - DIE KENNIS VD HERE IS BELANGRIKER AS ENIGE ANDERS.  Col_1:10  sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, - DIT IS O.A. IETS WAARNA CHRISTENE MOET SMAG, EN DIT IS OM "IN DIE KENNIS VAN GOD TE GROEI". IN ANDER WOORDE, "KENNIS VD HERE" IS DEEL VAN GEESTELIKE GROEI - kyk bv. hoe die kind en vader-fase die beskryf wat die Here (leer) ken, en die jongman-fase die beskryf wat die bose oorwin... KENNIS VD HERE IS BELANGRIK VIR HIERDIE FASES VAN GEESTELIKE GROEI. 2Pe_3:18  Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

- DIE KENNIS VAN DIE HERE GEE VREDE en skep 'n BEGEERTE OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN - IS VOL GENADE... 2Pe_1:2  Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here! - GENADE EN VREDE KAN ONTVANG WORD DEUR "KENNIS VAN GOD EN JESUS".       2Pe_1:8  Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; - KYK V. 6 WAT BESKRYF DAT SELFBEHEERSING DEUR KENNIS VERKRY WORD... DIE WAT DIE HERE SE WIL DOEN, IS MENSE MET KENNIS VD HERE. Vgl. dit gerus met kinders wat hulle ouers vrees en 'n goeie bewustheid het van wat hulle ouers verwag - sulke kinders is gewoonlik gehoorsame kinders.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog aantekeninge oor die verskil tussen kennis en wysheid?

Hierdie begrippe word baiemaal saam gebruik in een skrif, bv. al 4, of 2 saam bv. wysheid en kennis, of kennis en verstand, ens. (Eks. 31:3; 35:31; 1 Kon. 7:14; Spr. 1:7; 2:10; ens.), 

Eks. 31:1-3 - "Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:  Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met 
- WYSHEID (die Hebr. woord "khok-maw'", wat verwys na vaardigheid, wysheid, verstandigheid, knapheid) en 
- VERSTAND (die Hebr. woord "taw-boon'", wat verwys na intelligensie, diskresie, redenasie, vaardig, begrip, wysheid) en 
- KENNIS (die Hebr. woord "dah'-ath", wat beteken uitgeslape, kennis, bewus, verstandig) en
- BEKWAAMHEID VIR ALLERHANDE WERK (die Hebr. woord "mel-aw-kaw'", wat verwys na werk, besigheid, okkupasie, beampte, werkmanskap, ens.

Iemand wat WYSHEID ontvang het het die KENNIS om 'n werk uit te voer...;  in ander woorde, iemand wat kennis het het dit in hierdie geval omdat hy wysheid ontvang het... (Eks. 36:1,2 - "So moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het. En Moses het Besáleël en Ohóliab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart die HERE wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak"). So iemand is verstandig gemaak deur "wysheid" (m.a.w., is verstanding of het kennis ontvang omdat hy met wysheid gevul is...). Wat die "wysheid van bo" aanbetref, verwys dit eintlik daarna dat so 'n persoon met die Gees vervul word en so wysheid of kennis of verstand of bekwaamheid ontvang... Op dieselfde manier werk die Heilige Gees die gawe van "woord van kennis" deur sommige weergeborenes OMDAT HULLE VERVUL IS MET DIE HEILIGE GEES.  

Noodwendig het iemand wat gevul is met wysheid, insig of kennis... WYSHEID is dus iets waarmee iemand VERVUL word, en dit het tot gevolg dat so iemand kennis verkry of verstandig of bekwaam word: Kom ons kyk na skrifte wat daarop wys dat wysheid iets is wat sekere mense mee "vervul" word - en sien hier dat dit veral verwys dat daardie persone met die Gees vervul is:
-  Eks. 28:3  Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
-  Eks. 31:3  en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,
-  Eks. 35:31  en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;
-  Kol. 1:9  Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig.
-  Daniël (Béltsasar), Hanánja (Sadrag), Mísael (Mesag) en Asárja (Abednégo)- die Here het vir hulle wysheid gegee (Dan 1:17 - "En hierdie vier jong seuns—God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome"). 

Kom ons kyk na nog verse om beter te verstaan waarna die begrip kennis verwys (l.w. dat in hierdie paragrawe ons veral stilstaan by WYSHEID VAN BO of EN KENNIS VAN DIE HERE):
(Job 34:35 - "Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand"...);  maw, die woorde wat hy spreek "is sonder kennis" (bv., het nie 'n goeie bewustheid/is nie vertandig nie; ens.) en "sonder verstand" (bv., is on-intelligent/het nie diskresie nie/kan nie redeneer nie/het nie 'n goeie begrip nie; ens.). Wanneer iemand "sonder kennis" praat dan wil dit voorkom of hy/sy nie bewus is van wat werklik aangaan nie/het nie 'n begrip van waarvan hy praat nie ;  maw, het nie kennis nie! WAARAAN SOU DIT TOEGESKRYF WORD DAT IEMAND NIE "WOORDE VAN KENNIS OF VERSTAND" (van bo) HET NIE?  - vorige paragraaf in ag geneem, wil dit voorkom of so iemand 'n tekort het aan wysheid;  of eerder, het dit nie deur die Gees ontvang nie. Hierdie is o.a. 'n groot verskil tussen natuurlike mense (wie nie die Gees het nie) en geestelike mense (die wie die Gees het) - natuurlike mense het 'n wereldse gees, en geestelike mense het die Heilige Gees (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 3:1) - dit is waarom natuurlike mense nie die geestelike verstaan nie (want hulle het nie die Gees van God nie/is nie met Hom vervul nie). As 'n natuurlike mens oor Christelike dinge gesels is hy soos iemand "sonder kennis en verstand" (weet nie waarvan hy praat nie- het nie diskresie nie, kan nie saam redeneer nie, het nie die regte begrip nie, ens. - die geestelike moet met die geestelike beoordeel word) - hy kan dus nie die geestelike beoordeel nie want hy het nie die kennis nie. Wat kennis aanbetref is kinders gewoonlik ook op die vlak waar hulle "nie altyd weet waarvan hulle praat nie";  op ditto wyse word die wat nog "babas en kinders is in Christus" somtyds "vleeslik" genoem, omdat hulle nog nie alles verstaan nie... (1 Kor. 3:1). Dit is gevaarlik wanneer die wat nog jonk is in Christus dink hulle kan ander leer, want hulle "spreek nog sonder kennis en hulle woorde is baiemaal nog sonder verstand".  

Kennis om te kan werk:
Kennis is nodig wanneer dit kom by die uitvoering van pligte of bv. in die geval van kunsvaardigheid.
Die Here het vir Besáleel en Ohóliab nie net gevul met wysheid en verstand nie, maar ook met KENNIS (Ek. 31:2-5; 35:31; Eks. 36:1) sodat hulle bekwaam was vir allerhande kunsarbeid in die tent van Getuienis, en dus MET KENNIS al die werk tot vervaardiging van die heiligdom kon verrig - SODAT HULLE DIT KON DOEN SOOS DIE HERE BEVEEL. Gawes, en in hierdie geval die gawe van kennis word nie gegee vir eie gewin nie, maar sodat ons die Here se wil kan uitvoer... - m.a.w., sodat ons kan werk!  Deur hierdie wysheid en KENNIS kon Besáleël en Ohóliab kunstige planne uitdink en uitvoer, bv. werk met goud, silwer, koper, snywerk in stene en houtsnywerk (deur Besáleël), en artikels maak vir die tabernakel asook die kunstige en heilige klere van die priesters, en die salfolie en reukwerk (deur Ohóliab). Hulle het die KENNIS gekry om dit presies uit te voer SOOS DIE HERE DIT WOU HE. 

Die gawe van "woorde van kennis" is anders as kennis wat aangeleer word...  Bv., dit wil lyk of Hiram sy kennis van werk met koper aangeleer het by sy vader (1 Kon. 7:13,14), maar in bg. geval het Besáleël en Ohóliab ekstra kennis verkry deur die Gees om die wil van die Here uit te voer presies soos Hy die werke gedoen wou he. Koning Salomo het baie wysheid gehad omdat hy dit van die Here gevra het sodat hy die vermoe kon he om die volk te kan regeer; maar dit is nie net vir wysheid (verstand/insig) wat hy gevra het nie, maar hy het ook gevra vir KENNIS (2 Kron. 1:10).  Om die Here se wil uit te voer het ons beslis KENNIS van Hom nodig - kennis van wat Sy wil is, hoe Hy sien en dink, ens. - "om te kan werk" en dus te weet hoe dinge uitgevoer moet word. Kennis wat van die Here af kom, is beslis gekoppel aan Sy wil en hoe Hy sien en dink en wil doen.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
NOG SKRIFTE: 

(Php 3:8)  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry

(Php 1:9)  En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring,(Php 1:10)  om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus,(Php 1:11)  vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.

(Col 3:10)  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

(1Ti 6:20)  o Timótheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis,

(Col 1:9)  Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,(Col 1:10)  sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,(Col 1:11)  en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,(Col 1:12)  en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig—

(Eph 4:12)  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,(Eph 4:13)  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;(Eph 4:14)  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;(Eph 4:15)  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,(Eph 4:16)  uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

(Eph 1:17)  dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,(Eph 1:18)  verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;(Eph 1:19)  en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte(Eph 1:20)  wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,(Eph 1:21)  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.Eph 1:22)  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,

(2Ti 3:14)  Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,(2Ti 3:15)  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.(2Ti 3:16)  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

En kyk veral die konteks waarin die woord kennis gebruik is in die volgende skrifte:
 - 2 Pet. 3:17,18;  2:20; 1:18.

(2Pe 1:3)  Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,(2Pe 1:4)  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.(2Pe 1:5)  En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,(2Pe 1:6)  en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug,(2Pe 1:7)  en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.(2Pe 1:8)  Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;(2Pe 1:9)  want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Donderdag 07 Maart 2024

Wysheid

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE BEGRIP "wysheid".

Wat beteken wysheid?
(Spr. 3:13-15 - "Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie").
In hierdie pos:
- (1) Kort opsomming;
- (2) Griekse en Hebreeuse betekenisse vd woord wysheid;
- (3) Spesifieke voorbeelde van mense in die Skrif wat wysheid gehad het;
- (4) Praktiese voorbeelde van wysheid, hoe dit tot voordeel is in die alledaagse lewe;
- (5) Nog skrifte waarin wysheid beskryf word (- "wys/e/s"). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) Kort opsomming:
"Wysheid" wys op  intellegensie, vaardigheid en bekwaamheid.  In sekere kontekste verwys iemand met wysheid na iemand wat uitgeslape is, subtiel, of hom/haarself kragtig in woorde kan uitdruk. 

In hierdie pos kyk ons veral na wysheid wat "van bo" kom. Alhoewel wysheid en verstand ook gewoonlik kom met jare (grysaards)(Job 12:12; 32:7), is nie alle wysheid "van bo" nie.  Die wysheid waarna in meeste van die voorbeelde in die Skrif verwys word is besonderse wysheid wat deur die Here (en deur Sy Gees) gegee word aan sekere mense... (Eks. 28:3; 31:2-5; Job 32:8,9; 2 Pet. 3:15; ens.)(bv. die wat die Gees van wysheid (die Heilige Gees) ontvang).  Die Here gee wysheid en kennis wanneer dit nodig is, bv. sodat dinge VOLGENS SY WIL uitgevoer kan word... (soos om die volk te lei volgens Sy wil, om oordeel uit te spreek volgens Sy wil, om iets kunssinnig te skep volgens Sy wil, ens.)(Matt. 23:34). Dit dan die rede waarom iemand wysheid van bo ontvang.  "Wysheid van bo" het o.a. tot gevolg dat geregtigheid kan geskied (1 Kon. 3:16-28). 'n Volk wat geen wyses het wat hulle lei nie, is op die afdraende... (Jer. 51:57; Jes. 29:14). Die Here gebruik wysheid as 'n manier om Sy volk te lei en op die regte pad te hou.

Wat is wysheid?
- Wysheid is INSIG (Job 11:6; 12:12) wat iemand verkry, bv. insig op wat is reg en verkeerd (bv., kan 'n goeie oordeel uitspreek of goed rede voer-Kon. 3:28; 10:9), of insig om in vrede te lewe met mense rondom (uitgeslape/subtiel-2 Sam. 14:20), of insig om 'n spesifieke taak uit te voer (1 Kon. 5:12; 10:4), ens. Wysheid kom ook goed te hulp wanneer lering/onderrigting gegee word, bv. die waarheid verkondig of waar inligting vd vaders oorgelewer word (Job 15:18,19; Spr. 22:17; 24:23)(2 Pet. 3:15,16; Kol. 1:28; en Spr. 31:26). Dit kom dus goed te pas in die uitvoer van opdragte of waar 'n onderwerp bespreek word (Hand. 6).
- Deur wysheid, bv. wysheidspreuke, kan iets op 'n kragtige manier in woorde uitgedruk word (Pred. 12:11)(bv. sodat niemand dit kan weerspreek nie).
- Wysheid word gewoonlik gekenmerk deur kennis (iemand wat meer weet as ander, bv. kenners vd tye of van wet en reg-1 Kron. 12:20; Est. 1:13);
- en word gekenmerk deur die vermoë om te kan lei (die insig en kennis om te weet wat gedoen moet word, wat belangrik is, wanneer dit nodig is, ens.; bv. Salomo wou wysheid verkry "om die volk te kon lei"), 
- Wysheid kan ook beskryf word as " 'n goeie begrip", bv. 'n goeie begrip hê van prosesse, bv. het insig/ is vaardig of bekwaam om iets te skep soos in kunste (spesifieke soorte kunste-Eks. 31:2-5) en musiek (bv. liedjies skryf-1 Kon. 4:32). Wysheid kom goed te pas wanneer besonderse kennis nodig is in 'n spesifieke veld (Eks. 28:3). Die persoon met wysheid het die verstand om (spesifieke) take uit te voer en weet hoe om dit te doen (Gen. 41:33; 1 Kon. 2:9).
- Dit kan ook beskryf word deur die vermoë om iets in woorde te kan uitdruk (bv. wysheidspreuke-1 Kon. 4:32), en goeie antwoorde te kan gee (Luk. 21:15).
- Dit is deur wysheid wat Salomo die insig gehad het van hoe om in vrede te lewe met mense rondom, asook die insig gehad het om die tempel te bou (1 Kon. 5:12; 10:4). 
- 'n Wyse man kan grimmigheid tot bedaring bring (Spr. 29:8; 16:14; Dan. 2:14-16) - in konteks kan die woord wysheid bv. verwys na die vermoe om rede te kan voer, 'n goeie begrip, is uitgeslape, subtiel, ens. (rol af vir 'n opsomming oor die Hebr. en Gr. betekenisse vd woord "wysheid"). Die wyse weet wanneer om stil te bly (Job 13:5) en wanneer om te praat  (Matt. 10:16 en Spr. 14:8)(Spr. 29:9). 
- Kol. 1 leer vir ons dat die "wysheid van bo" dinge soos lankmoedigheid, lydsaamheid, dankbaarheid ens. tot gevolg het, en 'n begeerte na meer kennis en beskaafdheid - m.a.w., wysheid het 'n invloed op die manier hoe ons sien en dink en optree.
- Die met wysheid kan toetse (bv. versoekinge) makliker te deurstaan (Jak. 1:5) - bv. insig om te weet wat om te doen, of insig op hoe om ander mense te hanteer (bv. hoe om te wandel teenoor die wat buite is)(Kol. 4:5); 
- Die met wysheid verstaan dinge wat ander mense nie verstaan nie (bv. verstaan die krag van God en roeping...)(Ef. 1:18-21). Bv. belangrik vir spesifieke bedieninge, bv. apostels, profesie, lering, ens.
- Die met wysheid kan oordeel, beoordeel en besluite neem (meer spesifiek, besluite wat tot geregtigheid lei)(1 Kor. 3:16-28);  kan bv. regsake hanteer (Deu 1:15-18), of die geleerdes, die wat weet wat moet gebeur, bv. kenners vd tye of kenners vd wet en reg (1 Kron. 12:20; Est. 1:13). 

Ons moet onderskei tussen aardse wysheid en wysheid van bo, want nie alle wysheid word van dieselfde BRON verkry nie;  m.a.w., nie alle wysheid in die wêreld is "wysheid van bo" nie. Mense wat wysheid ontvang het kennis -  wysheid veroorsaak INSIG in iets spesifiek..., en hierdie insig het 'n effek op ons lewe, woorde en werk. Die kennis wat egter verkry word deur aardse wysheid het nie dieselfde invloed as wysheid van bo nie, en is eintlik maar dwaasheid by God (1 Kor. 3:18,19).  Studie kan 'n vermoeiing wees vd vlees en 'n gejaag na wind, bv., aardse wysheid... (Pred. 1:17; 12:12), en het 'n groot invloed op HOE ONS SIEN EN DINK - dit is waarom dit eerder belangriker is om ag te gee op "vrees vir die Here en om Sy gebooie te hou" (Pred. 12:13) as om aardse wysheid te soek, want die Here se insettinge het 'n ander invloed op ons. 

Die wat die Here vrees ontvang wysheid van bo... (die vrees vd Here is die beginsel van wysheid en kennis...-Ps. 111:10; Spr. 1:7; Job 28:28; ens.) - sulke insig kom van die Here af en diesulkes begin dan soos Hy dink en sien (dis is wat gebeur met mense wat die Heilige Gees ontvang - die Gees gee vir hulle "wysheid van bo" en skryf die Here se wette op hulle harte). In die geval van "wysheid van bo" is die Here DIE BRON...  Dit is dus belangrik "van watter bron af" wysheid verkry word. As jy die Here soek/raadpleeg/vrees, sal jy wysheid van Hom af kry, maar aardse wysheid het 'n ander bron en bou terloops 'n ander soort karakte!. 'n Goeie lewenswandel is belangriker as om slim te klink (Jak. 3:13,14) - wat help dit iemand het baie kennis en kom baie wys voor maar het nie goeie werke nie (die persoon is miskien afgunstig of selfsugtig... - Jak. 3:13,14) - in so 'n geval wys dit waar sy wysheid vandaan kom. Dit is m.a.w. maklik om te sien waar 'n slim persoon se wysheid vandaan kry, want wysheid het 'n spesifieke soort invloed op iemand... Slim mense met aardse wysheid het bv. baiemaal 'n soort karakter waar hulle hulself verhef of selfs dink hulle verdien meer as ander mense omdat hulle slimmer is... - hulle sal bv. hulle kennis (aardse wysheid) gebruik tot eie voordeel (is selfsugtig), of omdat hulle hulself hoër ag is hulle jaloers op die wat het wat hulle nie het nie (is baiemaal afgunstig). Die Skrif het 'n woord wat hiervoor gebruik word, en dit is dat so iemand "vleeslik" is (hy dink en sien aards/sien soos die wereld sien).  Jong Christene is ook somtyds vleeslik en kan maklik beterweterig voorkom, in plaas van om ag te gee op goeie lewenswandel en om te leer... (wat basies maar net daarop wys dat hulle nog nie veel wysheid van bo het nie! - hulle mag dalk dink hulle is slim oor hulle kennis vd woord begin verkry het, maar het nog baie aardse kennis in hulle en weet nog nie veel vd woord nie) - maar die Here kan natuurlik iemand wat jonk is ook gebruik, kyk bv. Jeremia en hoe die Here vir hom woorde gegee het...(Jer. 6:1,9).  Wêreldse wysheid veroorsaak vleeslike gedrag terwyl wysheid van bo anders is, en 'n kombinasie van die twee het beslis beide 'n invloed op iemand.  Wysheid van bo het 'n ander soort effek op mense as wat aardse wysheid het, bv. dat hulle rein wil lewe, vredeliewend is, vriendelik optree, geseglik, is vol barmhartigheid, dra goeie vrugte, is onpartydig en ongeveins... (Jak. 3:13-18). So iemand wil volgens die wil vd Here lewe en Hom gehoorsaam. Iemand se gedrag en optrede kan dus 'n aanduiding wees van waar sy wysheid vandaan kom (kom dit van bo, of is dit aards/werelds?). Dit is duidelik dat waar "wysheid van bo" oorgedra word aan geslagte (selfs onder heidennasies), daardie kinders outomaties ook beter lewenswandel sal toon...

Geen wonder die Here se insettinge word gesien as wysheid... (en verstand)(Deut. 4:6; Ps. 111:10) - as jy die Here vrees dan verstaan jy dat Hy die wyse Een is en wysheid van bo "van Hom af kom".  Hierdie wysheid is nodig vir 'n GOEIE BEGRIP en INSIG en OM REDE TE KAN VOER (Dan. 5:11)(... is bv. o.a. nodig om oordele te kan uitspreek-1 Kon. 10:9).  WYSHEID HET DUS BAIE TE DOEN MOET HOE IEMAND SIEN EN VERSTAAN (en verwys dus ook op "verstand in die skrifte"-Dan. 1:17). Daniël was beskryf as iemand met voortreflike wysheid of 'n "voortreflike gees" (Dan. 5:12,14; 6:4), want hy het 'n goeie begrip gehad en besonderse insig. Die Here se insettinge maak ons bekwaam en gee ons insig om te weet wat om te doen en wat om te sê (sien die begrip "woord van wysheid"). 

In Hand. 7:22 word iemand met wysheid beskryf as "magtig in woorde en dade" - dit is bv. moeilik om iemand met wysheid te weerstaan, want so iemand het besonderse insig en kan hom/haarself goed in woorde uitdruk (Hand. 6:10). As ons wysheid as werke kon beskryf (bv. dat wysheid nodig is om daardie werk te kan uitvoer), kan dit miskien beskryf word in die mense met werke soos kunste, ambagte, wetgewing, leierskap, musiek, sprekers, leermeesters, ens. (maar natuurlik is nie alle soorte wysheid in die wereld "wysheid van bo, of het die Here as bron nie, en dus word daar nie altyd leiding gegee volgends die Here se wil nie, of regsprake uitgevoer volgens Sy wil nie, musiek gemaak volgens Sy wil nie, kunste volgens Sy wil nie, ens...).  

In Deut. 34:9 word daar na die Gees van God verwys as "die Gees van WYSHEID" - mense wat die Heilige Gees ontvang (m.a.w., "geestelike/weergebore" mense) kry wysheid van bo.  Die Heilige Gees kan iemand leer wat die waarheid is, en bekwaam maak om te doen wat gedoen moet word, rigting gee, hulp om sake te hanteer, help in woorde, ens... Jesus het bv. die Gees van wysheid gehad en kon deur woorde mense se verstand open sodat hulle die Skrifte kon verstaan (Luk. 24:45).  Die Heilige Gees werk o.a. hierdie gawe "WOORD VAN WYSHEID" deur sommige gelowiges sodat daardie gelowiges die vermoe het om hulleself goed in woorde te kan uitdruk -1 Kor. 12:8 (Luk 21:15 - "Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie")(Hand. 6:10). Met so 'n "woord van wysheid" hoef iemand nie eens vooraf te dink wat hy sal spreek nie, want die woorde (van wysheid) sal vir hom deur die Gees gegee word in daardie oomblik... (Luk 21:14), en word gewoonlik gekenmerk deur die feit dat so iemand se woorde so kragtig is dat sy teëstanders dit nie kan teëspreek of weerstaan nie (Luk. 21:15; Hand. 6:10)(Eks. 4:11,12). 

Jesus Christus se leringe is ook soos wysheid vir ons en die Gees herinner ons terloops aan Sy woorde... (Joh. 14:26). Die wysheid van bo is waarheid (is die Here se insettinge). Christus Jesus het vir ons DIE WAARHEID kom deel en so baie wysheid vir ons kom gee (Joh. 3:34). Hy word o.a. voorgestel as "die krag van God en die WYSHEID VAN GOD", want net soos die insettinge vd wet wysheid van bo is, so is Jesus se woorde wysheid van bo (1 Kor. 1:24,30).  As ons ag gee op Jesus se woorde en die Heilige Gees gehoorsaam, is ons wys! Solank ons ons deur Hom en deur die Heilige Gees laat lei sal ons goeie begrip en insig hê, presies weet wat om te doen (bv. wanneer, hoe, waar, ens.), kan selfs woorde verkry waar of wanneer ons dit nodig het as die Gees so 'n woord van wysheid deur jou werk, en kan besonderse insig verkry in sekere prosesse soos die Here dit uitdeel...(bv. ambagte, kunste, ens.)(1 Joh. 2:20,27; Joh. 16:13; 1 Joh. 4:6; 14:26; 1 Kor. 2:12,13; Luk. 21:14,15; ens.).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Griekse en Hebreeuse betekenisse vd woord "wysheid":

- die Hebr. woord " khok-maw' " ; wysheid - vaardig, wys, bekwaam (Eks. 28:3). In konteks Eks. 28 het dit hier verwys na mense wat deur die Here kunsvaardig gemaak is sodat hulle die priesters se klere kon maak. Vgl. dit ook met Eks. 31:2-5 ("Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid (vaardig/bekwaam) en verstand (vaardig, diskresie, insig, rede, begrip) en kennis (weet, bewus, wetend, uitgeslape) en bekwaamheid (werk, werker) vir allerhande werk, om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper, en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk")(kyk ook Deut. 4:6, waarin die volk beveel word om die Here se insettinge te hou..., sodat die ander volke hulle kan sien as 'n wyse en verstandige volk;  m.a.w., die Here se insettinge is wysheid en verstand... - Sy insettinge maak ons vaardig en bekwaam (wysheid) en gee insig/rede/begrip (verstand). Dieselfde Hebr. woord word ook gebruik in Deut. 34:9 - in hierdie vers word daar na die Gees verwys as "die Gees van WYSHEID" - die Gees maak ons bekwaam om te kan doen wat ons moet doen)(kyk ook 1 Kon. 3:28 - wysheid wat Salomo vd Here af gekry het - hy kon as regter optree, en dit het tot gevolg gehad dat die mense hom gevrees het. Vgl. dit ook met 1 Kon. 10:9 - die wysheid wat Salomo van die Here af gekry het het gesorg dat reg en geregtigheid onder die volk geskied. Vgl. dit met 1 Kon. 4:29 - Salomo se wysheid was oral bekend, en dit was o.a. gekenmerk deur 3000 wysheidspreuke en 1005 liedere-v.32; 1 Kon. 4:34; 1 Kon. 5:12; 10:4,6-8,24; 11:41; 2 Kron. 1:10,11)(kyk ook Eks. 31:6; 36:2;2 Sam. 20:22; 1 Kon. 2:6; 7:4; 2 Kron. 9:3,5-7,22,23; Esra 7:25; Job 4:21; 11:6; 12:2,12,13; 13:5; 15:8; 28:12,18,20,27,28; 33:33; 38:36,37; Ps. 37:30; 104:24; 111:10; Spr. 1:2,7; 2:6,10; 3:13,19; 4:5,7,11; 5:1; 7:4; 8:1; 9:10; 10:13,23,31; 11:2; 13:10; 14:6; 14:6,8,33; 16:16; 17:16,24, ens.) (Dan. 1:17,20; 5:11,14). 

- Die Hebr. woord " haw-kawm' " (2 Sam. 14:20) wat verwys na intelligensie en vaardigheid - uitgeslape, subtiel. 

- Die Hebr. woord " khaw-kam' " (Ps. 105:22) om wyser te maak, of wysheid leer.

- Die Hebr. woord " khok-moth' " (Spr. 1:20) - wysheid, 'n wyse persoon - wysheid word hier soos 'n vrou voorgestel... Kyk ook (Spr. 9:1; 14:1; 24:7).

- Griekse woord "sof-ee'-ah" - wysheid (Matt. 11:19; 12:24; 13:54; Mark. 6:2; Luk. 2:40,52; 7:35; 11:49; 21:15; Hand. 6:3,10:; 7:10,22; Rom. 11:33; 1 Kor. 1:17,19-22,24,30; 2:1,4-7,13; 3:19; 12:8; 2 Kor. 1:12; Ef. 1:8,17; 3:10; Kol. 1:9,28; 2:3,23; 3:16; Kol. 4:5; Jak. 1:5; 3:13,15,17; 2 Pet. 3:15; Openb. 5:12; 7:12; 13:18; 17:9).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde van mense in die Bybel wat wysheid van bo ontvang het (in bg. paragraaf is ook alreeds heelwat voorbeelde aangehaal):

-    Daniël (Béltsasar), Hanánja (Sadrag), Mísael (Mesag) en Asárja (Abednégo) - die Here het vir hulle WYSHEID gegee (Dan 1:17 - "En hierdie vier jong seuns—God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome")(KJV:  Dan 1:17 - "Now as for these four youths, God gave them knowledge and skill in all learning and wisdom: and Daniel had understanding in all visions and dreams"). - IN HIERDIE SPESIFIEKE GEVAL VERWYS WYSHEID NA "VERSTAND IN DIE GESKRIFTE"... HIERDIE SEUNS HET BUITENGEWONE WYSHEID GEHAD, EN ENIGE IETS WAARIN DIE KONING HULLE ONDERVRA HET HET HY BEVIND DAT HULLE AL DIE GELEERDES IN SY KONINKRYK 10 MAAL OORTREF HET! (Dan 1:20). 
-    Daniël (Dan 5:11 - "Daar is ‘n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadnésar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers aangestel—u vader, o koning! —") - IN HIERDIE SKRIF WORD DAN. SE WYSHEID BESKRYF AS "wysheid van die gode" (die woord "gode" word hier gebruik, want die Chaldeers het nie in die Hebreeuse God geglo nie, maar besef dat sy wysheid "van bo" kom) - SY WYSHEID WORD VERDER IN V. 12 BESKRYF AS DAT HY 'N VOORTREFLIKE GEES EN KENNIS (begrip, insig, rede voer) EN VERSTAND (begrip) GEHAD HET (Daniel kon o.a. ook drome uitlê en raaisels oplos-wat miskien meer die begrip "kennis" beskryf as "wysheid"..., alhoewel wysheid en kennis baie saamgaan).
-   Moses (Hand. 7:22 - "En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade"). ALHOEWEL WYSHEID IN KONTEKS IN HIERDIE SKRIF VERWYS NA AARDSE WYSHEID (nie "wysheid van bo" nie), WORD MOSES SE WYSHEID HIER O.A. BESKRYF AS "MAGTIG IN WOORDE EN DADE" -  ONS SIEN DUS DAT IEMAND WAT "WYSHEID" HET O.A. BEKWAAM IS EN GOED KAN WEES MET WOORDE...;  WAT NOGAL KOMIES IS IN MOSES SE GEVAL, WANT HY HET HOMSELF NIE GESIEN AS "N MAN VAN WOORDE" NIE... (Eks. 4:10-12).  MAAR DIE HERE KON VIR HOM WYSHEID VAN BO GEE EN DUS DIE WOORDE WAT HY NODIG GEHAD HET... (bv. om Sy wil uit te voer).  Iemand met wysheid kan dus o.a. beskryf word as iemand wat magtig is in dade en woorde - word duidelik gekenmerk as mense wat intelligent is, bekwaam, vaardig, goed met woorde, ens.
-   Stéfanus (Act 6:10)  Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie (Hand. 6:10 - "Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie"). STEFANUS HET DEUR WYSHEID GEPRAAT, EN DEUR DIE GEES GEPRAAT... DIT WIL VOORKOM OF STEFANUS DIE GAWE VAN "woorde van wysheid" DEUR DIE HEILIGE GEES ONTVANG HET. WAT HET DIT IN HIERDIE SKRIF BETEKEN?  IN HIERDIE SKRIF VERWYS WYSHEID NA IEMAND WAT GOED/MAGTIG IS MET WOORDE" - HY HET SO GOED GESPREEK DAT HULLE DIT NIE KON WEERSTAAN NIE... (en toe hulle geen antwoord het nie, toe maak hulle asof hy laster... - dit is wat baiemaal gebeur as iemand so wys is dat die nie kan terugantwoord nie, dan word die wyse beskuldig van iets wat nie die waarheid is nie - dit is die vyand se laaste manier om te keer dat mense die waarheid glo). STEFANUS HET PRESIES GEWEET WAT OM TE SE;  VGL. DIT MET EKS. 4:12 EN MATT. 10:19,20 - WANNEER 'N GAWE VAN WOORDE VAN WYSHEID DEUR IEMAND WERK, KRY HY INSIG OM IETS IN WOORDE UIT TE DRUK - "die Gees waardeur hy spreek" - die Gees praat deur hom... (Luk 21:14,15 - "Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie. Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie").
- Jesus:   Jesus Christus  het van kleins af baie wysheid gehad - (Luk 2:40 - "En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van WYSHEID. En die genade van God was op Hom)(Luk. 2:52; Matt. 13:54; Mark. 6:2), en Sy leringe het ook gewys dat Hy baie wysheid het! (Mark. 6:2; Matt. 13:54). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) Praktiese voorbeelde van wysheid, hoe dit tot voordeel is in die alledaagse lewe...:

- Wysheid kom goed te pas in die uitvoer van opdragte en was bv. 'n voorwaarde vir die verkiesing van die diakens in Hand. 6. Ons het reeds gesien dat mense met wysheid "prosesse" goed verstaan en dus weet wat om wanneer te doen, en hoe... In hierdie geval help wysheid iemand om 'n spesifieke taak uit te voer (volgens die Here se wil). 'n Ander vb. is Josef wat moes voorberei vir die jare van hongersnood... (Gen.41:33), en om dit te kan doen het God dit so laat gebeur dat Josef oor Farao se huis aangestel was, en oor die hele Egipteland. Die een met wysheid kan gebruik word om 'n taak uit te voer (en dit dan ook gewoonlik die rede waarom wysheid aan iemand spesifiek gegee word). Salomo is ook 'n vb. hiervan, want hy het wysheid ontvang sodat hy die volk kon lei.  Ons sien dus dat mense met wysheid baiemaal 'n spesifieke aanstelling of leiersposisie ontvang (sodat hulle 'n spesifieke taak kan uitvoer) - en die omstandighede speel baiemaal ook saam!;  m.a.w., die geleentheid word geskep. 1Kon. 2:9 is nog 'n vb. van waar iemand 'n opdrag gegee word, maar hy dit gegee word omdat hy "die wysheid" het om dit te kan uitvoer (hy kry die opdrag maar word nie presies vertel hoe om dit te doen nie, maar sal weet omdat hy wysheid het...). 

- Die Here gebruik ook somtyds "wysheid" as 'n manier om vernederdes te verhoog (1 Kon. 10:23,24; Dan. 1:17; 5:14; Spr. 4:7,8), alhoewel ons doel vir die begeerte na wysheid nie moet wees om onsself te verhoog nie.  Koning Salomo het baie wysheid gehad (Matt. 12:42), maar sy begeerte na wysheid en kennis was bloot omdat hy wou dien (2 Kron. 1:11,12) - hy het dit nie begeer vir redes van selfverheffing nie. So word iemand (met wysheid/a.g.v. wysheid) somtyds verhoog, maar nie vir die doel van om geëer te word nie maar sodat die persoon die vermoë het om te doen wat hy moet doen (bv. 'n opdrag uitvoer), of te spreek wat moet gespreek word. So iemand word in hierdie geval "gevrees" sodat hy die waarheid kan spreek en mense dit kan ontvang. Vrees is die beginsel van wysheid, en die persoon wat nie vrees nie, sal nie wysheid ontvang nie. Hierdie metode van "vernederdes verhoog" word dus somtyds gebruik sodat die wil vd Here uitgevoer kan word (bv. sodat iemand kan lei volgens die wil vd Here, en die mense dus sy leiding ontvang)(of sodat iemand kan lering gee volgens die waarheid, en dat mense ontvanklik is vir die woord)(ens.). Maar natuurlik is hierdie nie altyd die manier wat gebruik word nie, want baiemaal stuur die Here iemand, maar die persoon word nie ontvang nie... (en die Here laat dit toe om so te gebeur - ook met 'n doel;  bv. Sy Seun gestuur, en hulle het Hom gekruisig, maar l.w. dat daar ook 'n tyd was wat Hy verhoog is sodat die skares Sy lering en dade kon ontvang). 

- Waar 'n onderwerp bespreek word, kom wysheid goed te pas, kyk bv. in Hand.6... - hulle kon die wysheid en die Gees waardeur Stefanus gespreek het nie weerstaan nie.   

- In tye van verdrukking kan wysheid in iemand se guns tel, soos in Josef se geval... - God het hom uit al sy verdrukkinge verlos en hom guns en wysheid geskenk voor Farao - en dié het hom goewerneur gemaak oor Egipte en oor sy hele huis! (Hand. 7:10).

- Dit is deur wysheid wat Salomo die insig gehad het van hoe om in vrede te lewe met mense rondom, asook die insig gehad het om die tempel te bou (1 Kon. 5:12; 10:4). 

- Wysheid kom goed te pas wanneer besonderse kennis nodig is in 'n spesifieke veld (Eks. 28:3), bv. "kunsvaardiges", bv. die wat verantwoordelik was vir Aäron se heilige klere... Let wel dat hulle hierdie kunsvaardigheid verkry het deurdat die Here vir hulle 'n "gees van wysheid" gegee het (hulle gees is wys gemaak)(Eks. 28:3). Hier verwys dit beslis nie na wysheid wat verkry word oor jare nie, maar na wysheid wat ontvang word deur die Heilige Gees, soos nodig.  In v.4,5 word meer spesifieke dinge genoem van waarvoor hulle bekwaam gemaak is, bv. om kunstige planne uit te dink en hoe om dit uit te voer met die gebruik van verskillende metale, ook snywerk en houtsnywerk (Eks. 31:6 - "En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak"). Vgl. dit ook met Hiram in 1 Kon. 7:14. So hier kan ons sien dat die Here vir hom besonderse INSIG gegee het om verskillende handewerke te doen. In die geval van iets wat die Here wil laat uitvoer, sal Hy iemand wys maak sodat die persoon dit volgens Sy wil kan uitvoer... (Mat 23:34 - Hy gee hom die insig en kennis en maak hom bekwaam.

- 'n Wyse man kan grimmigheid tot bedaring bring (Spr. 29:8; 16:14; Dan. 2:14-16).

- "Wysheid van bo" het tot gevolg dat geregtigheid kan geskied (1 Kon. 3:16-28). 'n Volk wat geen wyses het wat hulle lei nie, is op die afdraende...

- Wysheid kom goed te hulp wanneer lering gegee word, bv. waar inligting vd vaders oorgelewer word (Job 15:18,19; Spr. 22:17; 24:23). 

- Deur wysheid (bv. wysheidspreuke) kan iets op die naam genoem word wat gewoonlik nie so maklik is om oor te dra nie - "die woorde van die wyse manne is soos prikkels..." (Pred. 12:11) - hierdie verwys na "woorde van wysheid" (soos die Gees 'n gawe "woord van wysheid" deur sommige gelowiges werk).

Kol. 1:11,12 leer vir ons dat die "wysheid van bo" dinge soos lankmoedigheid, lydsaamheid, dankbaarheid ens. tot gevolg het, en volgens v.10 'n begeerte na meer kennis (maar meer spesifiek, "kennis vd Here") en beskaafdheid (bv. onderdanigheid en goeie vrug, maar onderdanig aan die Here, en dra vrug vir Hom)... Ons sien dus dat prakties gesproke, "wysheid van bo" wonderbaarlik is vir die mens, want dit beinvloed lewenswandel en skep 'n begeerte by iemand om meer van die Here te leer. 

- Volgens 2 Pet. 3:15,16; Kol. 1:28; en Spr. 31:26 is dit die met wysheid wat kan onderrigting gee (die waarheid verkondig).  

- Die met wysheid kan toetse makliker te deurstaan (bv. versoekinge)(Jak. 1:5).

- Die met wysheid het insig om te weet hoe om ander mense te hanteer (bv. hoe om te wandel teenoor die wat buite is)(Kol. 4:5); en verstaan dinge wat ander mense nie verstaan nie (bv. verstaan die krag van God en roeping...)(Ef. 1:18-21).

- Die met wysheid kan oordeel, beoordeel en besluite neem (meer spesifiek, besluite wat tot geregtigheid lei)(1 Kor. 3:16-28). Uit heelwat ander Skrifte leer ons dat die met wysheid die verstand het om hulleself in woorde uit te druk, vermoë het om besluite te neem en om probleme op te los, kennis het, ens.  Die persoon met wysheid het raad (kan raad gee, beoordeel) en verstand (intelligent, diskresie, redenasie, verstaan)(Job 12:13; 28:12). Wysheid maak iemand m.a.w. "slim"! (Job 39:13-17), en deur wysheid verkry hy diskresie en weet hoe om subtiel op te tree, kan ander se bose bedoelinge onderskei (Spr. 8:12), ens...  

- Die wyse weet wanneer om stil te bly (Job 13:5) en wanneer om te praat  (Matt. 10:16 en Spr. 14:8). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5) Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde/skrifte waarin die woorde "WYS/E" gebruik word:
 

-  Gen_41:33  Laat Farao dan nou uitkyk na ‘n verstandige ("bene" - intelligent, weet, tentatief, verstandig, ens.) en wyse (Hebr. woord " khaw-kawm' " - wyse, subtiel, uitgeslape) man en hom aanstel oor Egipteland. -IN HIERDIE GEVAL MOES DIE "WYSE MAN" 'N GROOT TAAK UITVOER, NL. OM VOOR TE BEREI VIR KOMENDE HONGERSNOOD. JOSEF WAS TOE OOR FARAO SE HUIS EN OOR DIE HELE EGIPTELAND AANGESTEL (net Farao self was bo hom). HIER SIEN ONS HOE "WYSE MENSE" DIE VERMOE HET OM LEIDING TE KAN NEEM (hulle het die insig en wysheid om dit te kan doen). 
-  1Ki_2:9  Maar nou moet jy hom nie ongestraf laat bly nie, want jy is ‘n wyse man; daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy grys hare met bloed in die doderyk laat neerdaal. -IN HIERDIE GEVAL SOU "SALOMO WEET WAT OM TE DOEN" OMDAT HY WYSHEID HET... HY WAS DEUR DAWID BEVEEL OM IEMAND TE STRAF, MAAR WAS NIE VERTEL PRESIES HOE HY DIT MOES DOEN NIE.
-  Pro_16:14  Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar ‘n wyse man bring dit tot bedaring. - 'N WYSE MAN BRING GRIMMIGHEID TOT BEDARING.Vgl. dit met Spr. 29:8 - "Manne wat spot, bring ‘n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring". Vgl. dit met Dan. 2:14-16.
-  Pro_24:5  ‘n Wyse man is sterk, en ‘n man van kennis ontwikkel krag. - 'N WYSE MAN IS STERK (verwys na krag of mag). 
-  Ecc_9:15  En daarin is ‘n arm wyse man gevind; dié het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie. - IN KONTEKS (kyk v. 14-18) WAS DIE WYSE MAN NA WIE HIER VERWYS WORD, 'N ARM MAN - hy het in 'n klein stadjie gebly met min manne daarin, en 'n groot kong het daarteen gekom en dit omsingel en groot beleëringswerke daarteen gebou... - en die wyse man kon die stad deur sy wysheid red, maar omdat hy 'n arm man was is op hom neergekyk (v.16-18 - "Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie. Woorde van wyse manne, wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van ‘n heerser onder die dwase. Wysheid is beter as oorlogswapens, maar een sondaar bederf baie goeie dinge"). WAT HELP DIT DAAR IS 'N WYSE MAN ONDER HULLE MAAR HULLE LUISTER NIE NA HOM NIE... - DIT IS WAT BAIEMAAL TUSSEN MENSE GEBEUR, IS DAT DAAR NEERGEKYK WORD OP DIE EEN MET WYSHEID - WAT TOT GEVOLG HET DAT DIT "DIE GOEIE DINGE BEDERF". En kyk ook die volgende verse/hfst. (10:1,2 - "Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; ‘n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer. Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ‘n dwaas is na links).
-   (Pro 29:9)  Het ‘n wyse man met ‘n sot ‘n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.
-DIE WYSE WEET WANNEER OM TE PRAAT EN WANNEER OM STIL TE BLY. Vgl. dit met (Spr. 26:4,5 - "Antwoord ‘n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie. Antwoord ‘n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie).  
-  (Deu 1:13)  Bring tog wyse en verstandige en ervare manne aan volgens julle stamme, dat ek hulle as julle hoofde kan aanstel. - DIE WYSES IS GEWOONLIK DIE WAT INSTAAT IS OM TE KAN LEI.
-  (Deu 1:15-18 - "Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en opsigters volgens julle stamme. En ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen ‘n man en sy broer en die vreemdeling wat by hom is. Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem. So het ek julle dan in dié tyd al die dinge beveel wat julle moet doen). - DIE WYSES ONDER DIE VOLK WAS DIE WERK GEGEE OM REGSAKE TE HANTEER.  EN SOMMIGE IS WYSER AS ANDER (V. 18). MAAR LET WEL DAT AL WAS HIERDIE MENSE WYS, IS HULLE OOK BEVELE GEGEE - WYSE MENSE WEET NIE ALTYD ALLES NIE, EN MOET HULLE ONDERWERP AAN DIE HERE SE WIL.
-  (Est 1:13)  En die koning het aan die wyse manne, die kenners van die tye, gesê—want só word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê; - IN HIERDIE SKRIF WORD "WYSE MANNE" GENOEM "DIE KENNERS VD TYE" - vgl. dit met 1 Kron. 12:20 (kyk die woorde "met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen"). HULLE WORD VERDER IN DIE SKRIF VERDUIDELIK AS "KENNERS VD WET EN REG". DIE WYSE MANNE WAS KENNERS VD TYE EN VD WET EN REG. In die ander volke rondom Israel het wyse manne ook gewoonlik verwys na die wyses en geleerdes (asook die besweerders en waarseers)(Dan 2:27), WAT OOK DAAROP WYS DAT DIE ALGEMENE PERSEPSIE VAN MENSE MET WYSHEID WAS DAT DIT VERWYS NA DIE WAT GELEERD IS EN WEET WAT OM TE DOEN - HULLE HET MEER INSIG IN 'N SITUASIE AS ANDER MENSE. IN DIE HEIDENSE VOLKE SE GEVAL HET WYSES O.A. VERWYS NA DIE BESWEERDERS EN WAARSEERS, MAAR NATUURLIK IN DIE GEVAL VD VOLK VAN GOD SOU DIT WYSES EERDER DAN VERWYS NA DIE WAT DIE TYE KEN en DIE PROFETE of SIENERS. Die konings het dus gewoonlik die wyse manne ingeroep wanneer hulle insig gesoek het, of raad op wat gedoen moes word (Est. 6:13; Dan. 5:7; ens.).
-  (Job 15:18,19)  wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer; aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie. -IN HIERDIE SKRIF SIEN ONS DAT DIT DIE WYSE MANNE IS WAT LERING GEGEE HET (O.A. INLIGTING "VAN HULLE VADERS AF OORGELEWER". (Spr. 22:17 - "Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis") ; (Spr. 24:23).
- (Pro 1:5)  laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry, - WYSHEID KOM WANNEER IEMAND "LUISTER" (dan sal sy insig vermeerder...). MENSE WAT LEER WORD WYS. Natuurlik is daar 'n verskil tussen wereldse wysheid en wysheid van bo - ons moet liewer die wysheid van bo begeer (wereldse wysheid is baiemaal dwaas)(Jes. 19:11; 10:8; ens.).(Jer 10:6,7 - "Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag. Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie").
- (Ecc 7:4,5)  Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde. Dit is beter om te luister na die bestraffing van ‘n wyse as dat ‘n mens luister na die lied van die dwase. - DIE WYSE MAN "SIEN" WAT WERKLIK AANGAAN.
- (Ecc 7:7)  Sekerlik, afpersing maak ‘n wyse dwaas, en ‘n geskenk bederwe die hart. - DIE WYSE WEET WAT GEDOEN MOET WORD, MAAR KAN VERLEI WORD. HIERDIE IS IETS WAT BAIE AANGESPREEK IS IN VELE SKRIFTE, BV. VAN HOE DAAR NIE OMKOOPGESKENKE AANGENEEM MOET WORD NIE...  WANNEER 'N WYSE OMGEKOOP WORD, DAN KAN REG NIE GESKIED NIE, OF DIE WIL VAN DIE HERE KAN DAN NIE UITGEVOER WORD NIE.
- (Ecc 12:11)  Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee. - DIE PREDIKER PRAAT HIER VAN HOE DIE WOORDE VAN WYSE MANNE (en verwys hier veral na wysheidspreuke) WOORDE VAN WAARHEID is, "soos prikkels, en soos spykers"... (vgl. met Jer. 23:29; Matt. 3:7; Hand. 2:37; Hebr. 4:12).
- (Isa 29:14)  daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil. - IN HIERDIE VB. WAS DIE STRAF DAT DIE WYSHEID SAL VERGAAN... 'n Volk sonder wyse manne is op sy afdraend... (Jer. 51:57).
- (Dan 2:18)  en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie. - WYSE MANNE RAADPLEEG DIE HERE - HULLE SOEK DIE WYSHEID VAN BO.
- (Dan 2:21)  Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het; -WYSHEID EN KENNIS KOM VAN DIE HERE. Hierdie verwys na "wysheid van bo" (dit is anders as wysheid wat aards is). Dit is eintlik die Here wat wys is, en Hy maak sekere mense wys...
- (Mat 23:34)  Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg, - DIE HERE GEBRUIK WYSE MANNE OM SY WIL UIT TE VOER (bedien).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------