Wys tans plasings met die etiket heiliges. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket heiliges. Wys alle plasings

Sondag 01 September 2024

Die begrip "Regverdiges"

- Die woord "regverdiges" kom in sowat 67 verse voor in die Bybel. 

- Die woord "regverdige" kom in sowat 164 verse in die Bybel voor.

- Die woord "regverdig" kom in sowat  86 verse in die Bybel voor.

DIT IS DUIDELIK DAAR IS HOPE VOORBEELDE WAARVANAF ONS KAN LEER WAT MET DIE WOORD REGVERDIG/E/S BEDOEL WORD. Kom ons kyk na 'n paar:
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- JESUS WAS GESIEN AS 'N REGVERDIGE MAN (1 Joh. 2:1; Matt. 27:19,24)("regverdig" hier is die Gr. woord "dik'-ah-yos", wat verwys na iemand onskuldig en heilig - regverdig, bedagsaam)....

- Dit is ditto Gr. woord in Joh 7:24 waarin Jesus leer: "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel". 
- God oordeel altyd 'n REGVERDIGE OORDEEL (1 Tim. 1:9; Hebr. 1:8; Openb. 19:2; ens.).

- Dit is die Hebr. woord " tsad-deek' ", wat beteken "wettig (wettiglik reg), regverdig".  In Gen. 18 kon daar nie eens 10 regverdige mense gevind word in Sodom nie...! (Gen. 18:32) (Gen 18:28 - "Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie?")Ons kan duidelik die verskil sien tussen regverdiges en onregverdiges (goddeloses) - in Ps. 1 word die regverdiges (wat die teenoorgestelde is van goddelose en sondaars) beskryf as die wat behae het in die wet van die Here en dit gedurigdeur oordink, en hulle sit nie in die kring van spotters nie en wandel nie in die raad vd goddelose nie... (Psa 1:1) - (Psa 1:5 - "Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie"). 

- REGVERDIGES MOET GOED WEES VIR ALLE MENSE, NIE NET VIR ANDER REGVERDIGES NIE...;   ALHOEWEL DIE UITEINDE VD GODDELOSE VERVLOEKING IS, SORG DIE HERE VIR SLEGTES EN GOEIES... (Mat 5:44,45 - " Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges"). REGVERDIGHEID WORD VERAL GEKENMERK DEUR BARMHARTIGHEID! (Mat 9:13 - " Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering") - Vgl. dit met Matt. 25 (skape is barmahrtig) - hulle gee om vir ander mense..., nie net vir ander regverdiges nie, maar ook vir die onregverdige, die vyand, en die wat jou haat, beledig, vervolg. (Psa 37:21)  Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee").

- REGVERDIGES is tipies daardie groep wat nie in die oordeel sal kom nie! Ons sien dit in Matt. 25... - die skape/regverdiges sal GERED WORD en SAL DIE KONINKRYK BEERWE (maar die sondaars sal nie in hulle vergadering inkom nie - Ps. 1:5 - die weg vd goddelose sal vergaan... v.6). (Spr. 3:33)  Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges").(Spr._10:24  Waar die goddelose bang voor is—dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy").(Spr._10:28  Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan")(Spr. 11:21,23; 12:5)....ens. DIE REGVERDIGES SAL DIE AARDE BEERWE: (Psa 37:29 - "Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon")(https://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html). (Matt. 13:43 - "Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor").(Psa 37:21,22 - " Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word"). (Psa 75:11)  En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word").(Spr. 10:6,7  Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld. Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan")(Spr. 10:30).

- DIE Oë VAN DIE HERE IS OP DIE REGVERDIGES: (Psa 34:16 - "Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep"). Vir 'n studie oor "die oë vd Here is op jou", gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/08/die-oe-van-die-here-is-op-jou.html) - die Here help en hoor die regverdiges! (Psa 37:17 - "want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges")(Psa 37:39)  Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid")(Spr. 15:29). (1Pe 3:12 - "Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners").

- DIE WAT GOED GEDOEN HET, SAL VERGELD WORD IN DIE OPSTANDING VD REGVERDIGES: (Act 24:15)  en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.(Luk 14:14)  en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.

- BESONDERSE KARAKTERTREKKE VAN DIE REGVERDIGE, IS O.A.dat die mond vd regverdige wysheid verkondig en sy tong spreek wat reg is (Psa 37:30; Spr. 10:21).

- DIE VURIGIE GEBED VD REGVERDIGE HET GROOT KRAG! (Jak. 5:16 - "Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag").

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
REGVERDIGE MENSE IS MENSE WAT NIE DIE SONDE DIEN NIE (HULLE DIEN DIE HERE):