Wys tans plasings met die etiket grimmigheid van God. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket grimmigheid van God. Wys alle plasings

Dinsdag 17 September 2024

Die begrip "Grimmigheid van God"

Is die "GRIMMIGHEID VAN GOD" dieselfde as die "wraak van God"?, en in watter konteks word dit in die Skrif gebruik.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

INLEIDING:

Die woorde "die grimmigheid van God" verwys veral na wraak op God te TEESTANDERS.  In die Openbaring skrifte waar die woorde veral voorkom (in die konteks van spesifieke teestanders vd laaste dae), verwys dit na GRIMMIGHEID OP:

- "DIE DIER" en op 

-"DIE WAT DIE DIER EN SY BEELD AANBID (maw, die met die merk vd dier).

Die Here sal wraak op hulle neem onder DIE LAASTE 7 PLAE (ook skale genoem) en DIE SLAG VAN ARMAGEDDON (Dan. 11:36; Openb. 14; 19:15-21).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OPSOMMING:

grimmigheid (Gr. woord " thoo-mos' ", wat verwys na baie kwaad word - "is kwaai met 'n passie", soos om hard asem te haal... =felheid, verontwaardiging, wraak).

Konteks vd woord "grimmigheid":  Die Here is grimmig op Sy TEESTANDERS... (Hy sal op hulle wraak neem - is kwaai op hulle met 'n passie...).  Kyk o.a. 2 Kron. 36:16 om te verstaan wat met teestanders bedoel word -(2Kron. 36:16 - "Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag en met sy profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie"). Teestand word gewoonlik gekenmerk deur hierdie dinge, nl. veragting en bespotting (dit is tipiese kenmerke wat beskryf word van sommige in die laaste dae.. -hierdie mense word veral goed beskryf in die boek van Judas en Rom. 1.). Nog kenmerke wat teestanders kan identifiseer is, is die feit dat hulle trots is en leuens vertel. Dawid het bv. ook sy vyande en teestanders (Ps. 59:2) beskryf as trotsaards en mense wat leuens vertel... (Ps. 59:13,14). In Jer. 7 word die op wie die Here grimmig geword het ook verduidelik as mense wat die Here terg (v.19)(hulle het op bedrieglike woorde vertrou, het vals gesweer, gesteel, doodgeslaan en owerspel bedrywe en selfs agter ander gode aangeloop..., en dan gelieg deur te se dat hulle verlos is sodat hulle die gruwels kan doen... (Jer 7:10). Vgl dit gerus met Nah. 1:2 - God is 'n jaloerse God! Wanneer Sy kinders so optree dan is hulle besig om Hom te terg en besig om in teestanders te verander...

In die boek van Openbaring, waar die woorde "grimmigheid van God" gebruik word, is dit veral in konteks met DIE DIER en DIE WAT DIE DIER EN SY BEELD AANBID (Babilon val ook onder hierdie "teestanders";  alhoewel die begrip "grimmigheid van Sy toorn" daar gebruik word - die woord toorn word weer gewoonlik gebruik in konteks van "vyande"...)(Nah 1:2 - "‘n Jaloerse God en ‘n wreker is die HERE, ‘n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; ‘n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande").  

KOM ONS KYK VINNIG NA HIERDIE VB.E IN die boek van OPENBARING:

-   Openb. 14:10  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. (DIE WAT DIE DIER EN SY BEELD AANBID;  MAW, DIE MET DIE MERK VD DIER)

Openb. 14:19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God(VGL. DIT MET OPENB. 19:15-21 - SLAG VAN ARMAGEDDON - DIE DIER en die konings vd aarde sal teen die Here en Sy leër in oorlog optrek (Openb. 16:13-16; 19:17-19), maar die Here sal hulle oorwin;  en die dier en die valse profeet sal lewendig in die poel van vuur gegooi word...). 

-   Openb. 15:1  En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig. (DIE 7 LAASTE PLAE /SKALE - OP WIE? = bose sere OP DIE MET DIE MERK VD DIER; die konininkryk van DIE DIER sal verduister word, pyne en swere...; ens. - IN KONTEKS HIER IS "DIE DIER" GOD SE TEESTANDER, ASOOK DIE MET DIE MERK VD DIER)- (Openb. 15:7  En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid).-  (Openb. 16:1  En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat gebeur wanneer die Here grimmig is op mense?

- Die Here wreek Hom op hulle (Hy sal wraak neem/sal hulle straf): (Nah 1:2 - "‘n Jaloerse God en ‘n wreker is die HERE, ‘n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; ‘n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande").  

- Hulle verloor:  In die geval van Jer 42:18 sou die op wie die Here grimmig is, nie net hulle tuiste verloor nie maar 'n VOORWERP VAN VERWENSING WORD, VAN VERBASING, VAN VERVLOEKING EN VAN SMAAD...  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------