Donderdag 07 Mei 2026

Die duiwel / die Satan / die ou slang / groot draak

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE VOLGENDE TERME: DUIWEL/DIE SATAN/ DIE OU SLANG/GROOT DRAAK (wie is hy?, en wat doen hy?, die betekenis van die betrokke woorde..._ - en ons kyk ook in op ander name wat somtyds aan die Satan toegeskryf word, bv. LEVIATAN, LUCIFER EN BEELSEBUL).

Rol af vir die volgende opsommings:

- Begrip (die duiwel, die groot draak, leviatan, satan, beelsebul, ou slang, lucifer)

- Die betekenis van die woord DUIWEL (en maniere hoe dit gebruik word).

- Wie presies is die Satan/ou slang? (en gebruik vd woord),

Terme "sinagoge vd Satan", "dieptes vd Satan" en "troon vd Satan".

- Die uiteinde van die duiwel en sy engele.

- Hoeveel mag het die duiwel? (en waaroor het hy mag?).

- Sal die duiwel enige mag hê in die volgende bedeling?

- Beelsebul, owerste oor die onreine geeste. 

- Die begrip "owerste van hierdie wereld is geoordeel".

- Gee aan die duiwel geen plek nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------BEGRIP: Om te verstaan na wie die Satan of ou slang verwys (of nie verwys nie!), kom ons bestudeer kortliks die betekenis van terme wat gewoonlik aan hom toegeskryf word:

- DIE DUIWEL:  Daar is baie duiwels... (https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html), maar daar word na 'n spesifieke wese somtyds verwys as "die duiwel" (want hy is 'n duiwel!). Bv. Matt. 4:1 ("Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel") - die woord duiwel hier is die Gr. woord "dee-ab'-ol-os", wat beteken valse AANKLAER, duiwel, LASTERAAR (en somtyds word daar na hom verwys as 'n "groot draak" of 'n slang, bv. "die ou slang", want hy is listig - hy word ook somtyds na verwys as "die Satan"... - al hierdie verskillende name wat vir hom gegee word, beteken iets (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). Die duiwel se doel is om die hele wêreld te verlei, en die manier hoe hy dit doen is deur "om te laster" (hy is baie bewus van die waarheid, maar verander die waarheid in 'n leuen, want hy wil nie he dat die mens in die waarheid glo nie). Hy is ook 'n "aanklaer" (Gr. woord "katēgoros", wat verwys na 'n aanklaer soos een vd wet) en kla ons bv. aan by God... (kyk die vb van Job) - sy doel is om te oordeel en dat ons gestraf word (in die volgende paragraaf word nog meer ingekyk op die betekenis van die woord "duiwel").  Bose geeste word ook somtyds na verwys as duiwels... (Mark. 9:32,33)(Gr. woord daemon, wat beteken "duiwel"). 

- DIE GROOT DRAAK: Die woord "draak" (Jes. 27:1) is die Gr. woord "tan-neen'" of "drak'-own" (Openb. 12:7), wat verwys na 'n groot see-monster of slang of walvis / draak. In Openb. 13, waar die "dier uit die see" en die "dier uit die aarde" beskryf word (wat terloops o..a. verwys na koninkryke), leer die skrif dat die draak sy mag aan die dier uit die see gee, en dat die dier uit die aarde praat soos 'n draak (bv., kla aan, laster) - l.w. dat die "draak" waarna verwys word in die betrokke Skrif (soos wie hy praat), nie noodwendig na die Satan verwys nie, maar dit wil liewer voorkom of dit verwys na die "voorrooi draak" ('n koninkryk/Babilon?)(vgl. dit ook met Openb. 16:3). Kortom, nie oral waar die woord "draak" gebruik word in die Skrif verwys dit na die Satan nie (bv. Jes. 27:1), maar die Satan word ook o.a. 'n draak genoem..., wat miskien meer vewysend is na hoe magtig hy is/groot (die Skrif leer bv. dat die Satan owerste is oor die duiwels/Matt. 12:24, en engele onder hom het/Openb. 12:7..., en dit is duidelik dat hy mag het)(kyk die woord "GROOT" draak)(Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp")(kyk ook Openb. 20:2). Kan dit beskrywend wees van hoe hy lyk? - wie weet... Daar word dus beslis ook na die Satan verwys as 'n draak (nl. "groot draak") - kyk Openb. 12:7,8, en volgens hierdie skrif wil dit voorkom of hierdie groot draak (Openb. 12:7-9) 'n plek "in die hemel" het en die aarde kan deurkruis... (lyk of hy instaat is om voor God (in die derde/hoogste hemel) te verskyn, en ons voor God kan aankla/Job 1:6,7 - "En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het"). Openb. 12 leer dat die draak uiteindelik neergewerp sal word/is (Openb. 12), wat beteken dat wanneer hy neergewerp is (nl. op die aarde), sal die aarde (wat huidiglik onderwerp is aan owerhede, magte, wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, bose geeste in die lug/Ef. 6:12) die eiendom word van onse God!, wat beteken dat Jesus Christus koningskap opneem/opgeneem het. Op hierdie stadium het hy nog mag om "aan te kla", asook om te verlei.  Net voor Jesus Christus terugkom sal die duiwel se mag "OM, MENSE AAN TE KLA", weggeneem word..., en wanneer hy gebind word (nadat Jesus Christus teruggekom het), sal hy (en dus ook die duiwels onder hom) nie meer toegelaat word om mense te VERLEI nie - vir 'n 1000 jaar lank! (die duiwel sal dan gebind wees/ Openb. 20:2,3)(en in daardie dae sal Jesus Christus oor die hele aarde vanuit Jerusalem regeer).  Wanneer die DRAAK/die Satan neergewerp is, het hy min tyd..., en sal alle stops uithaal om mense te verlei en te probeer verwoes (Openb. 12:2; 1 Pet. 5:8)(dit is dae waarin die dier uit see regeer en die stad Babilon oor die konings vd aarde.../Openb. 13,17). Sommige geleerdes is van mening dat Openb. 12 leer dat die duiwel alreeds "uitgegooi is" en nie meer 'n plek in die hemel het nie, siende hy ons bv. nie meer kan aankla nie (Openb. 12:7-10)(daar is verskillende interpretasies van Openb. 12, sommige glo dat dit histories is, en ander glo dat dit nog vervul moet word, nietemin, hetsy hy ons nog kan aankla of nie, die wat aan Jesus Christus behoort word deur Hom beskerm). 

- LEVIATAN: Daar word somtyds na die Satan verwys as die "Leviatan" (Hebr. woord "liv-yaw-thawn'", wat verwys na 'n slang of groot see-monster, en figuurlik konstellasie van 'n draak, ook simbolies van Babilon). Die woord "Leviátan" word in 'n paar verse in die Skrif gebruik (Job 3:8; Ps. 74:14; 104:26; Jes. 27:1), maar dit verwys nie noodwendig na hierdie spesifieke wese (die Satan) nie, maar is miskien meer simbolies van iets anders, soos "Babilon"...  Die Leviatan word o.a. na verwys as 'n "slang", en die Satan word ook na verwys as 'n slang, nl. die "ou slang" (Gen. 3:1-4, 13,14; 2 Kor. 11:3; Openb. 12:9,14,15; 20:2);  sekerlik is hierdie die rede waarom die woord "Leviatan" ook somtyds aan die Satan toegeskryf word, maar dit wil voorkom of in die skrifte waar die begrip "Leviatan" gebruik is, dit eerder beeldspraak is van iets anders (bv., Babel of Egipte). Kyk (Jes. 27:1 - "In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is"); -kan bv. verwys na die koning van Babel/Jer. 51:34 of koning van Egipte/Eseg. 39:3 - en die woord "see" na "see van mense"). Nog 'n skrif waarin die woord Leviatan voorkom, is (Psa 104:26 - "Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel"). In Ps. 74 wil dit ook voorkom of hierdie monster, die Leviatan, 'n beeld is van die Here se teëstanders... (Psa 74:14 - "U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir ‘n volk—vir woestyndiere"). Kortom, die woord "Leviatan" verwys nie noodwendig na die spesifieke wese, nl. die Satan nie, maar word somtyds ook so na hom verwys omdat hy 'n (ou) slang is (en die woord "leviatan" beteken slang of groot seemonster).

- SATAN: Die woord "Satan" is die Gr. woord "sat-an-as'" (wat verwys deels na "aanklaer", meer presies is hy 'n valse aanklaer... dit is die duiwel;  asook verwys die woord na 'n "teëstander"). Die klem is hier op die feit dat hy 'n AANKLAER is. 'n Goeie vb. is die boek van Job..., waar die Satan (Hebr. woord "saw-tawn'" in daardie skrif, wat verwys na 'n opponent, die groot vyand van wat goed is, 'n teestander) vir Job aankla (volgens Job 1:7 swerf/deurkruis hy die aarde..., en dit is duidelik dat hy soek wie hy kan aankla of probeer verwoes deur hulle te verlei). In die boek van Job word daar vertel hoe die Satan (verwysend na hierdie wese - duiwel/draak/ou slang) hom voor die Here gaan stel het op die dag wat die seuns van God hulle plek voor die Here gaan inneem het... (Job 1:6), en hy het God aangehits teen Job om Job op hierdie manier te probeer vernietig (Job 2:3). (Sag. 3:1 - "Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae") - in hierdie vers sien ons hoe die Satan mense aankla in die hemel by God (maar neem kennis dat Jesus sit nou aan die regterhand van die Vader!, en Hy tree vir Sy kinders in vir wie Hy duur betaal het!);  terloops, ons sien ook in die boek van Job dat die Satan mense kan siek maak, en selfs kan doodmaak..., dit is as God hom toelaat (Job 2:6,7). Die Satan is duidelik daarop uit om mense te verslind... (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle TEëSTANDER, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"), en een manier hoe hy dit probeer doen is om mense "aan te kla..." - bv., hy het baie mense aangehits teen die dissipels, en hierdie is bv. ook die rede waarom Jesus op die ou end gekruisig is! (is omdat die mense die leuens/vals aanklagte geglo het). Die Satan "hits mense aan" sodat daardie mense teen ander mense optree - "aankla" in hierdie sin gaan nie net daaroor dat hy ons by God probeer aankla nie, maar hy gebruik ander mense om om teestanders van ons te word;  hy skep bv. verwarring sodat mense 'n verkeerde opinie vorm en dan teen ons optree (sodat hulle verkeerd optree teen / die regverdiges te na kom, of hulle oordeel/"is aanklaers"). In Matt. 16 waar Jesus vir Petrus "Satan" noem, het Hy natuurlik nie beweer dat Petrus self die Satan is nie, maar het verwys na hoe hy op daardie oomblik "soos" die Satan gepraat het... (Mat 16:23 - "Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan (Gr. woord "sat-an-as'", wat verwys na 'n aanklaer of 'n duiwel/lasteraar)! Jy is vir My ‘n struikelblok (Gr. woord "skan'-dal-on", wat verwys na "in strik vang" - 'n okkasie wat geskep word om iemand te laat val), omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense". Hy het nie bedoel dat Petrus die Satan self is nie, maar eerder dat Petrus homself op daai oomblik laat gebruik deur die Satan (of soos die Satan optree) - Petrus het soos die wereld gedink, nie soos God nie.

- BEëLSEBUL:  Matt. 12:24,26 leer dat die Satan DIE OWERSTE VAN DIE DUIWELS is (owerste van die "bose of onreine geeste" wat terloops ook bekend staan as "duiwels")(vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html)(dit wil voorkom of dit is waarna die woord Beëlsebul hier verwys).  Die woord "Beëlsebul" word dus somtyds vir die Satan gebruik (as owerste vd duiwels), maar neem ook kennis dat die naam "Beelsebul" eintlik die naam van 'n Fililstynse god was wat later gedoop is as "die god van wat vuil is/vuilgoedhoop" ("poop god / dung god")(Beelsebul is 'n woord wat deur profete gebruik was om na gode te verwys as vals en nietig). Die Satan word in Matt. 12 die owerste van die duiwels genoem..., en "Beelsebul" (die god van wat vuil is, nl. van die demone wat onrein is - die woord onrein beteken "vuil")(Mark. 3:22,23 - "En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! (Gr. woord "beh-el-zeb-ool'", 'n naam van Satan) en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit. En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?").  Dit is ook interessant om te merk dat die bose geeste (in die lug, wat somtyds in mense intrek) net soos die Satan mense o.a. kan siek maak... (bv. Matt. 17:18)(alhoewel nie alle siektes van bose geeste kom nie). Die Satan het 'n koninkryk... (Mark. 3:23-27) - hy is die owerste/regeerder/hoof van die bose (onrein, vuil) geeste, en hy het ook engele saam met hom... (Openb. 12:7). 

- OU SLANG: In Openb. 12:9 word daar na die duiwel/draak/Satan o.a. verwys as die "ou slang" (Gr. woord "of'-is", wat verwys na 'n listige slang) - die klem hier is op die feit dat hy LISTIG is (2Kor. 11:3 - "Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid (die Gr. woord "pan-oorg-ee'-ah", wat verwys na hoe hy mense in 'n strik vang deur sy listigheid/subtiel) bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus") (Gen 3:4,5 -"Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken"). Die Skrif leer o.a. dat DIE DUIWEL IS 'N VERLEIER wat die hele wêreld verlei... (Openb. 20:3).  Wat die woord "slang" dus veral verwys, is dat die Satan 'n BEDRIEER en VERLEIER is, en hy mense op hierdie manier probeer vang om sy wil te doen in plaas van die Here se wil (2 Tim. 2:26).

- MôRESTER / LUCIFER (?):  Die woord "lucifer" word baiemaal gebruik vir die duiwel..., maar neem kennis van die betekenis vd woord!, en dat die woord nie aan een persoon toegeken word nie, want dit beteken bloot "môrester" (Openb. 2:28; 22:16) en gaan in hierdie konteks oor "woord wat skyn". Baie geleerdes is van mening dat "môrester " en  "die seun van dageraad" in Jes. 14 daar verwys na die duiwel (wat oop is vir interpretasie) - die een na wie daar verwys word word bv. o.a. "môrester" genoem., wat nie bedoel is om 'n naam aan iemand spesifiek toe te skryf nie (want Jesus word bv. ook "môrester" genoem, nl. "blink morester"), maar die term gaan oor die betekenis daarvan in daardie konteks... (Jes. 14:12 - "Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester (Hebr. woord "hay-lale'", wat verwys na "skyn"/môrester - lucifer), seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!"). En natuurlik hang dit ook af na wie daar spesifiek verwys word.  As Jes. 14:12 bv. inderdaad vewys na die duiwel soos baie geleerdes glo, dan beteken dit dat hy 'n "lig" bring vir die mense... (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html) - hierdie "lig" verwys na kennis..., maar in hierdie konteks nie die ware lig (die profetiese woord en waarheid/2 Pet. 1:19) is nie!, want die duiwel doen hom voor as 'n engel van die lig en baie sal glo dit is die waarheid maar hy bring nie die ware lig nie - en net so sy dienaars (die valse profete)... Bv., kyk 2 Kor. 11:13,15, waar valse apostels die Satan se dienaars genoem. (2Kor. 11:14 - "En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig").  Die duiwel doen homself voor as iets wat hy nie is nie, nl. 'n engel van die lig... (op dieselfde wyse doen die valse apostels hulleself voor as dienaars van geregtigheid, wat hulle nie is nie). Die duiwel is NIE 'N ENGEL VAN DIE LIG NIE (en duidelik ook nie die engele onder hom nie). Die woord/kennis wat hulle bring, bederf mense se sinne sodat hulle nie die waarheid of evangelie kan ontvang nie (2 Kor. 11:3) - vgl. dit met (1Tim. 4:1 - "Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang"). Vir die wereld, nl. die wat verlore gaan, is die duiwel soos 'n lig, maar vir die een wat gered word is Christus die Lig!, en Christus het die ware lig/waarheid/profetiese woord!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------BETEKENIS VAN DIE WOORD "DUIWEL":

DIE DUIWEL:  Die Satan, na wie ook somtyds verwys word as "die duiwel", word ook na verwys as 'n "groot draak", somtyds na 'n slang, bv. "die ou slang" (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). In Matt. 4:1 is die woord duiwel die Gr. woord ("dee-ab'-ol-os", valse aanklaer, duiwel, lasteraar)(Matt. 4:1 - "Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel"). Hierdie is 'n goeie voorbeeld van hoe die duiwel opereer, nl. dat hy mense aankla en leuens oor hulle verkondig (sodat hulle geoordeel kan word) - die manier hoe hy dit doen is dus deur bedrog... (hy bederf mense se sinne sodat hulle nie die evangelie ontvang nie)(Matt. 4:1-11; 2 Kor. 11:3) - hy draai mense teen die een wat die waarheid verkondig of praat.  

SOOS 'N DUIWEL: Waar die woord "duiwel" gebruik word in die Skrif, verwys dit nie altyd na die spesifieke wese nie. In Joh 6:70 waar Jesus vir die dissipels sê "Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel!", is dit bv. dieselfde Gr. woord wat daar gebruik word vir die woord "duiwel", maar Hy verwys nie hier na Judas Iskáriot as die wese, die ou slang, nie, maar wys dat hy (Judas) 'n lasteraar en aanklaer is soos die slang. In ander woorde, waar die woord "duiwel" gebruik word verwys dit nie altyd na die wese, nl. die "groot draak" of  "ou slang" nie, maar dit word somtyds gebruik om te beskryf dat die persoon "soos die ou slang is". 

DIE DUIWEL AS PA? In Hand. 13:10 noem Paulus vir Elimas (die towenaar) "kind vd duiwel" - hoekom? -... omdat hy "die reguit weë van die Here verdraai het", soos die duiwel doen! (Elimas het vir Barnabas en Saulus teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof) - in ander woorde, hy was 'n lasteraar (en verleier, teestander...), soos die duiwel.  Kinders is soos hulle pa..., en dit die rede waarom Paulus hierdie vgl. maak. (op ditto wyse is weergeborenes bv. kinders van God, wat daarna verwys dat hulle "soos God" is, bv. hulle dink en sien soos God, en doen soos hulle hemelse pa) - vgl. dit ook met Joh. 8:44. (1Jn_3:8 - "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek"). Om "soos jou pa" te wees, wys "uit watter saad" iemand gebore is (in hierdie geval, geestelik bedoel). Weergeborenes is "uit God se saad gebore", dit is waarom hulle soos God is en nie die sonde dien nie, maar wanneer iemand die sonde dien is hy soos iemand wat uit die duiwel gebore is (geestelik bedoel) - dit verwys nie daarna dat die persoon 'n wese is wat fisies gebore is uit die Satan self nie, maar wys dat hy soos die Satan is, asof uit hom gebore... Maar weergeborenes word gesien asof "gebore uit God", want hulle is soos hulle Pa, die Here! (1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) - hulle het die Gees van God, maar die natuurlike mens het die gees vd wereld. Kinders van die duiwel sal noodwendig eendag opeindig saam met hulle "pa"..., nl. in die ewige vuur (wat berei is vir die duiwel en sy engele/Matt. 25:41) = "vervloektes".

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------WIE PRESIES IS DIE SATAN/OU SLANG?

Die Satan word deur verskillende name beskryf..., wat natuurlik op beurt elk iets van sy karakter vertel...;  bv.:

- die woord "satan":  =aanklaer;  

- die woord "slang":  =listig; 

- die woord "draak": =groot monster/slang/walvis  (die woord "Leviatan word ook gebruik); 

- die woord "duiwel": =valse aanklaer en lasteraar; 

- die woord "Beelsebul", 'n naam wat aan hom gegee is as die owerste vd duiwels/bose geeste (god van die onreine). 

Elkeen van hierdie name beskryf iets van hoe hy lyk, wat hy doen, of sy karakter... (bv., hy is 'n verleier, hy is 'n aanklaer, hy is 'n lasteraar, ens.). Ons lees die eerste keer van die "slang" in die Genesis-verhaal, waar die slang vir Eva verlei om ongehoorsaam te wees aan die Here..., en daar sien ons iets van die Satan se karakter, nl. dat hy listig is ("soos 'n slang") waarmee hy vir Eva (en Adam) gevang het om sy wil te doen.  

Is die Satan 'n engel?  Baie geleerdes is van mening dat die Satan 'n engel (wese) is (alhoewel die woord "engel" eintlik verwys na 'n "werk"  nl. is 'n boodskapper, nie noodwendig 'n spesifieke soort wese nie - die woord word bv. in baie Skrifte gebruik om te verwys na die wesens "wat daardie werk doen" - 'n mens kan bv. 'n engel genoem word/boodskappers-Openb. 1:20).  Alhoewel daar nie duidelikheid is oor wat se soort wese die Satan is nie, is daar Skrifte waarvan sommige geleerdes hierdie afleiding maak..., bv. die woorde dat die Satan hom voordoen as 'n engel van die lig... (2Kor. 11:14 - "En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig") - wat verwys daarna dat hy hom voordoen as iemand wat 'n boodskapper van die Here is.  Die feit dat hy soos die seuns van God (wat gewoonlik ook deur sommige na verwys word as engele), tussen hulle ook voor die Here kan verskyn... (Job 1:6 - "En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom"), is 'n ander rede waarom hy gesien word as een van die "seuns van God" (maar duidelik, as hy is, is hy 'n ongehoorsame seun van God!).  Nog skrifte wat somtyds gebruik word om na die Satan as 'n seun van God te verwys, is Jes. 14 en Eseg. 28, alhoewel die betrokke skrifte nie noodwendig na die duiwel verwys nie... (https://warechristene.blogspot.com/2018/03/verwys-dele-in-jes-14-en-eseg-28-regtig.html). Of die Satan 'n engel-wese is of wat se wese ookal, wat wel seker is is dat hy 'n wese is!, nie 'n denkbeeldige voorstelling in een of ander mite nie;  en alhoewel hy onder God se mag is (en bv. toestemming moet kry voor hy iets aan die Here se kinders kan doen - kyk die vb. van Job), dra hy nie God se belange op die hart nie;  inteendeel is hy 'n verleier en verwoester.

Nog 'n rede waarom hy baiemaal gesien word as 'n engel-wese, is omdat hy sekere mag het. Bv., wat engele aanbetref wil dit voorkom of sommige van hulle (of almal?) groot mag het, en sterk is... (Openb. 5:2; 18:1), en instaat om baie dinge te doen soos om mense siek te maak, bv. iemand stom maak (Luk. 1:20) blind maak (Gen. 19:11)..., ens. (vir 'n studie oor engele, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/engele.html).  Bose geeste kan ook mense siek maak (en terloops, baie geleerdes is van mening dat bose geeste die kinders is van gevalle engele/boek van enog..). - kyk vir Job /  en onthou ook dat die Satan die owerste is van die bose/onreine geeste. Alhoewel baie mense die duiwel mag gee in hulle lewens (hy is die "god vd wereld"), het hy nie almag nie!  Die Skrif leer dat die engele ONDER Jesus Christus gestel is en alle engele van God Hom moet aanbid... (Heb 1:6-8 "En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer"). 1 Pet. 3:22 leer ook vir ons dat die engele aan Jesus Christus onderwerp is, en Jesus Christus is aangestel bo elke naam, alle owerheid en mag en krag en heerskappy. (1Pe 3:22 - "wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is") -  in hierdie sowel die toekomstige wêreld (Ef. 1:20-23), en Hy gebruik die engele as boodskappers en hulle DIEN Hom (Hebr. 1:6,7). Dit gese, is nie almal engele van die lig nie! Daar was bv. ook 'n groep (engele) wat "geval" het en ongehoorsaam was aan die Here - hulle het hulle (hemelse) woning verlaat en agter vreemde vlees aan gehoereer... (Gen. 6:4; Jud. 1:6,7), daardie groep engele is huidiglik in die hel gebind is (en hulle wag op die oordeel / 2 Pet. 2:4; Jud. 1:6). 

- WAT SE SOORT WESE IS DIE SATAN? Alhoewel hy die OWERSTE VAN DIE BOSE GEESTE is (Matt. 12:24,26; Mark. 3:22,23) beteken dit nie hy is ook 'n bose gees self nie.  Meeste geleerdes is van mening dat die Satan 'n engel (seun van God) is... (en het engele onder hom)(Matt. 25:41; Openb. 12:9; 2 Kor. 11:14), maar hy en hulle is duidelik nie "boodskappers van die lig" nie (soos reeds bespreek, waar die woord "engel" gebruik word in die Skrif is die klem op "werk", nie op "wese" nie). Die feit dat die Satan s trawante as "engele" verwys word, beskryf nie regtig presies wat se soort wesens hulle is nie, liewer beskryf dit dat hulle sy boodskappers is. Die Satan word 'n "groot draak" of Leviatan genoem..., en lyk dus bes moontlik soos 'n groot monster/slang (?), maar sy karakter beskryf eerder wat se soort wese hy is. Dit is duidelik dat hy toegang het tot die (derde) hemel (Job 1,2) en voor God kan verskyn, maar hy sal eendag daardie plek verloor (Openb. 12:7,8). Dat hy 'n "regering" het, is verseker, want hy het selfs engele onder hom, en is ook die owerste van die bose geeste (hierdie "regering" wat o.a. na verwys kan word as 'n koninkryk.)(Matt. 12:26 - "En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?")

- DIE SATAN IS 'N VYAND: Hy probeer mense verwoes (die boek van Job is 'n goeie vb.), en hy kan mense siek maak, en selfs doodmaak as hy toegelaat word (Job 1:12). Selfs in die Christelike kerk saai die duiwel somtyds onkruid onder die koring... (Matt. 13:39) met die doel om die valses te gebruik om die gemeente te verwoes (https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html)(hierdie valses verwys nie na kaf nie... - kaf is mense wat gered is maar nie vrug dra nie of vrugeteloos word,  terwyl "onkruid" mense is wat voorgee hulle is gered maar hulle is nie/is vals). Die "ingesluipte" se doel is om die koring te verlei deur bv. leuens te verkondig en in opstand te kom teen die wat die waarheid verkondig, sodat hulle die ander kan verlei (soos wat duiwels doen!). In ag geneem dit wat in die vorige paragraaf beskryf is, is dit baie moontlik dat hierdie valses wat in die kerk insluip, mense is wat bose geeste het...(alhoewel nie noodwendig nie)(?). Ingesluiptes is soos diewe, en 'n dief se doel is om te steel en slag en verwoes... (Joh 10:10) - vgl. dit met Matt. 13:39 waarin DIE DUIWEL o.a. 'n VYAND genoem word. Jesus het geleer dit is wanneer die kerk "slaap" wanneer onkruid onder die koring gesaai word, en die een wat hulle daar saai is die vyand (nl. die Satan)!  

- DIE SATAN IS 'N VERLEIER - hy verlei mense om sy wil te doen / hom te dien en aanbid: Soos in die eerste opsomming gesien, beteken die woord "satan" aanklaer en teestander - hy is die vyand!, en sy doel is om mense te verlei (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). Mense wat deur die duiwel verlei is is "gevang om sy wil te doen" - dit is presies wat hy wil he, is sodat mense sy wil doen, en nie die Here se wil nie (diesulkes word somtyds in die Skrif beskryf as "dronk", asof hulle van hom gedrink het) (2Ti 2:26 - "en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die Satan is daarop uit om mense te vernietig! - as hulle sy wil kan doen, is hulle lewens oppad na nietigheid (gaan dood) (Luk_22:31 - "En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif") (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). En deels hoe hy dit doen, is om mense se sinne te verblind... (terloops, daarom is dit nodig dat hulle oë geopen word!/Hand. 26:18) - die wat "verblind" is is "in die duisternis"... (soos mense wat nie kan sien nie! - hulle verstaan nie)(Hand. 26:18);  en terloops, hierdie skrif leer verder dat diesulkes onder "die mag van die Satan" is! (hulle sien en dink anders)(2 Kor. 4:3,4). Wammeer mense "soos die wereld" dink en sien, is hulle onder die mag van die Satan, hulle is verlei... (1Jn 5:19 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê").  Die duiwel/die Satan is die owerste van die bose geeste, en somtyds gebruik hy die bose geeste/duiwels/onreine geeste om sy doel te bereik;  bv., somtyds trek bose geeste in mense in en beweeg hulle om die wil van die duiwel te doen... (Openb. 16:13,14; Joh. 13:2,27; Luk. 22:3)(https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html). Joh. 13:27 verklaar dat die Satan in Judas ingevaar het... - of dit na 'n bose gees verwys is nie seker nie, maar beslis het dit Judas beweeg om die wil van die duiwel te doen. Die Satan kan mense beweeg om die verkeerde te doen, bv. Hand. 5:3 waar Ananias vir die Heilige Gees gelieg het en het nie gedoen wat die Here van hom verwag het nie - die Skrif verklaar dat die Satan sy hart vervul het (om te lieg). Die Satan wil gedien en aanbid word (Luk. 4:8). In Matt. 4 het die Satan probeer om Jesus te versoek om eerder sy wil te doen as die Vader se wil - in v.3 word die duiwel o.a. "die versoeker" genoem, en hy het verskillende maniere probeer om vir Jesus te laat val, eerste probeer om Sy vas te breek, toe Hom probeer kry om vir God (die Vader) te versoek, en toe het hy Hom probeer kry om hom te dien en te aanbid..,  maar Jesus het vir geen van sy versoekings geval nie. Op dieselfde wyse probeer die Satan gelowiges versoek om nie die wil van die Here te doen nie, en om sy wil te doen, of hulle eie wil eerder as die Here se wil te doen! Die Satan kan terloops mense verhinder om te doen wat hulle beplan... (1 Thess. 2:18). God laat toe dat Sy kinders somtyds versoek/beproef word.  In tyd van versoeking val sommige af... (nl. van die wat tot geloof gekom het), en die rede hiervoor is gewoonlik omdat hulle nie geestelik groei nie (maw, groei en vrug dra is belangrik) - as iemand nie geestelik groei en die vrug van die Gees dra nie, is dit maklik om af te val in tyd van versoeking en die wil van die Satan te doen (kyk die tweede groep in die gelykenis vd saaier -ons moet verstaan hoe belangrik geestelike groei is!). Hierdie is een van die rede waarom opsieners nie nuwelinge moet wees nie en 'n goeie getuienis dra, sodat hulle nie "in verangting IN DIE STRIK VAN DIE DUIWEL VAL nie! (1 Tim. 3:7).  Wanneer iemand al geestelik gegroei het en die vrug van die Gees dra, dan staan hulle makliker vas (en sal dan nie so maklik deur die duiwel gevang kan word om sy wil te doen nie)(en l.w. v.6..., "verwaand word en in die oordeel vd duiwel val nie" - die wat die wil van die duiwel begin doen, in plaas van die Here se wil, kan nie verwag om anders op te eindig as die duiwel nie - hulle uiteinde is saam met die een vir wie hulle gehoorsaam). . 

 In 1Tim. 5:15 word die woorde gebruik dat die wat vir versoeking val "afwyk agter die Satan aan"... (m.a.w. hulle doen sy wil).  Kinders vd Koninkryk moet ook ag gee dat hulle die duiwel geen plek gee om hulle te versoek nie! (bv. waar ons versoek kan word deur ons eie begeertes - een so 'n vb. is in 1Kor. 7:5 waarin huwelikspaartjies gevra word om hulle nie te lank van mekaar te onttrek (bv. as hulle vas) nie -  die rede? = "sodat die Satan hulle nie in versoeking bring deur hulle gebrek aan selfbeheersing nie")(kyk ook 1 Tim. 1:20)(Matt. 5:30 - "En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie"). 

- HY IS 'N VALS AANKLAER WAT AANHITS: Die Satan kan iemand beinvloed om iets spesifiek te doen..., bv. in 1 Kron. 21:1 waar hy teen Israel wou optree het hy Dawid aangehits (om Israe te tel...). Op 'n ander geleentheid het hy die Here opgehits teen Job... (om vir Job te vernietig sonder oorsaak)(Job 2:3). Een van van sy kenmerke, soos ons reeds gesien het, is dat hy mense vals aankla... (Job 1), en is die juiste rede waarom hy o.a. "duiwel" genoem word. Kyk ook (Sag. 3:1 - "Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae") - in die brokke gedeelte het die Satan vir Josua, die hoëpriester, aangekla by God, maar die Here het Josua se skuld weggeneem. In Job 1 kla hy vir Job aan by God - die Satan swerf oor die aarde en kyk "wie hy kan verslind" (Job 2:2)(1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Terwyl ons nie kan keer om aangekla te word nie, het die wat in Jesus Christus glo nou iemand wat vir hulle intree..., nl. Jesus Christus tree vir ons in! (Heb 7:25 - "Daarom kan Hy (Jesus) ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree")

- HY KAN MENSE SIEK MAAK: Die Satan kan mense siek maak... - hy het bv. vir Job met bose swere getref (Job 2:7).  Neem ook kennis dat hy die owerste (genoem, Beëlsebul) is van die bose geeste (Luk. 11:18), onreine geeste wat mense kan siek maak - bv., in vele skrifte waar Jesus duiwels uitgedryf het, het die mense gesond geword nadat die duiwels uit is. Nog 'n vb. is Luk. 13:11,16 vd vrou wat 'n gees van krankheid gehad het... (sy was inmekaargetrek en nie instaat om regop te kom nie) - in v.16 noem Jesus dat sy "deur satan gebind was" vir al daardie jare. Die Satan verderf vlees... (1 Kor. 5:5) - (vgl. dit met 1 Kor. 5:5). Wanneer 'n engel van satan gestuur word (bv. om iemand siek te maak)(2 Kor. 12:7) beteken dit NIE 'n bose gees trek in nie, maar die Here laat somtyds toe dat sy kinders deur die Satan se engele "met die vuis geslaan word", bv. Paulus noem dat in sy geval dit was sodat hy homself nie verhef nie. Wat presies hierdie "doring in die vlees" was is nie seker nie, maar dit kon moontlik 'n siekte wees. Ook in Job se geval was die Satan toegelaat om vir Job siek te maak (alhoewel nie toegelaat om hom dood te maak nie), maar dit beteken nie dat daar 'n bose gees in Job ingegaan het nie, alhoewel die Satan ook bose geeste kan stuur om in sekere mense in te gaan... (siende hy immers hulle owerste is), maar neem kennis dat bose geeste slegs kan intrek in 'n huis/iemand wat voorberei is vir hulle! (bv. mense wat op die bose vertrou/Matt. 12:43-45, bv. afgode aanbid of afgodspraktyke volg, die bose raadpleeg, ens...). 

- HY PROBEER VERHOED DAT MENSE DIE EVANGELIE AANNEEM: Die Satan bedink nie die dinge van God nie (Matt. 16:23; Mark. 8:33), en kan die woord wat gesaai is uit mense se harte wegneem sodat hulle nie die evangelie aanneem nie... (Mark. 4:15). Somtyds doen hy homself voor as 'n "engel van die lig" (2 Kor. 11:4) - in ander woorde, hy gee voor dat hy die woord vd Here en waarheid bring, maar hy doen nie. En somtyds gebruik hy allerhande kragtige dade en tekens en wonders vd leuen om mense te vang... (1 Thess. 2:9).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Terme "sinagoge vd Satan", "dieptes vd Satan" en "troon vd Satan":

Sinagoge van die Satan: Hierdie woorde word in 2 skrifte gebruik, en verwys na 'n "vergadering van mense"/gemeente wat voorgee dat hulle Jode is, maar nie is nie... - is eintlik 'n groep LASTERAARS (/kwaadsprekers) en LEUENAARS (Openb. 2:9; 3:9) - vir 'n studie hieroor, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/11/sinagoge-vd-satan-dieptes-vd-satan.html).

Troon van die Satan: Openb. 2:13  Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon (Gr. woord "thron'-os", wat verwys na 'n sitplek van mag / troon) van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woonDit is duidelik dat die woord "troon" hier verwys na 'n troon van 'n god... (l.w. dat die Satan en die bose geeste onder hom ook gesien kan word soos sy koninkryk/Matt. 12:26).  Of Openb. 2:13 letterlik opgeneem word of beeldspraak, is nie seker nie, maar baie moontlik dat dit gebruik is in konteks van Openb. 12:2..., waar die draak sy mag en krag oorgee aan 'n wereldse koning/koninkryk (en daardie geval kan dit verwys na 'n fisiese troon(?)). Nietemin, die Satan word deur baie aanbid soos 'n god, en hierdie "troon" kan bloot verwys na 'n spesifieke plek waar hy aanbid word (wat so na verwys word).(https://warechristene.blogspot.com/2025/11/sinagoge-vd-satan-dieptes-vd-satan.html)

Dieptes van die Satan: Openb. 2:24  En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes (Gr. woord "bath'-os", wat verwys na diepgaande of mate - diep (te)) van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.         -  Om die woorde "dieptes vd Satan" beter te verstaan, kan ingekyk word op ander skrifte waarin soortgelyke woordgebruik. Wat die die gemeente in Thiatíre aanbetref was daar 'n valse profetes toegelaat om lering te gee (sy het die gemeente verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet). Die "lering" wat sy gebring het was duidelik soos 'n openbaring vir die wat daarvoor geval het - duidelik nie wysheid van God nie!, en bes moontlik aan haar geopenbaar deur onreine geeste... (wysheid wat sy van die bose gekry het ="dieptes van Satan").(https://warechristene.blogspot.com/2025/11/sinagoge-vd-satan-dieptes-vd-satan.html)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE UITEINDE VAN DIE DUIWEL EN SY ENGELE: 

(Matt. 25:41 - "Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele") - die EWIGE VUUR was berei vir die duiwel en sy engele.  Aan die begin van die volgende bedeling (die "volgende" bedeling, nl. 'n 1000jaar tydperk wanneer Jesus oor die hele aarde regeer) sal die duiwel/draak/ou slang/die Satan gebind word vir die 1000 jaar lank (hy sal in die afgrond gewerp en toegesluit word, sodat hy nie die nasies kan verlei nie)(Openb. 20:2,3). Aan die einde van die 1000 jaar sal hy 'n kort tydjie ontbind word... (Openb. 20:3)(hy sal uit sy gevangenis ontbind word en sal uitgaan om die nasies te verlei, en hulle selfs versamel vir oorlog - dan sal hulle die laer vd heiliges en die geliefde stad omsingel, maar vuur sal uit die hemel neerdaal, van God af, en hulle verslind / Openb. 20:7-9). Hy sal uiteindelik in die poel van vuur en swawel gewerp word... (Openb. 20:10).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOEVEEL MAG HET DIE DUIWEL? (en waaroor het hy mag?):

Alhoewel baie mense die duiwel mag gee in hulle lewens (hy is die "god vd wereld"), en hy wesens het wat onder hom dien, en is bv. die leier vd bose, onreine geeste/duiwels (hy is "Beelsebul"), en is ook instaat om sekere ander dinge aan mense te doen bv. om hulle te verblind of verlei, siekmaak of selfs dood te maak, ens. (as God hom toelaat);  maw, hy het nie die algehele mag nie! Inteendeel, die Skrif leer dat hy eers moet toestemming vra voor hy iets aan God se kinders kan doen, en ook is alle engele onderwerp aan Jesus Christus! - Jesus Christus is die Een met die mag! (soos ons in die vorige paragraaf gesien het). 
Die duiwel is NIE God NIE.  Daar is net een God (wie bestaan uit die Vader, Seun en Heilige Gees). Die Skrif leer dat alle magte ONDER Jesus Christus gestel is en Hom moet aanbid.... (Hebr. 1:6,7) - Jesus Christus is aangestel BO elke naam, alle owerheid en mag en krag en heerskappy! Ook die engele is aan Jesus Christus onderwerp... -1 Pet. 3:22, l.w., "in hierdie, sowel die toekomstige wêreld" (Ef. 1:20-23), en Hy gebruik die engele (verwysend van die boodskappers vd lig) en hulle DIEN Hom (Hebr. 1:6,7). 

Daar is 'n groep engele wat "geval" het en ongehoorsaam was aan God... - hulle het hulle (hemelse) woning verlaat en agter "vreemde vlees aan hoereer" (Gen. 6:4; Jud. 1:6,7)(het met vrouens hoereer wat verbode was - alle wesens het nie dieselfde vlees nie...).  Hierdie engele is huidiglik in die hel gebind (en hulle wag op die oordeel / 2 Pet. 2:4; Jud. 1:6) en het groot verwoesting op die aarde teweeggebring omdat hulle baie mag het. Die Satan is 'n wese met mag, wat se wese hy ookal is (?) - wat wel seker is is dat hy 'n wese is!, nie 'n denkbeeldige voorstelling in een of ander mite nie;  en alhoewel hy onder God se mag is (en bv. toestemming moet kry voor hy iets aan die Here se kinders kan doen / kyk die vb. van Job), dra hy nie God se belange op die hart nie;  inteendeel hy is 'n VERWOESTER. Dus, alhoewel die duiwel instaat is om sekere dinge aan mense en in die wereld te doen, is hy NIE God is nie, en het nie algehele mag nie.  Wat die huidige wereld aanbetref, is baie mense "onder die mag van satan", maar dit is omdat hulle hom die mag gee (hulle kies om hom te gehoorsaam). 
 
- Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

- Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

- In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan...  Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12) - dit wys weer-eens vir ons wie het eintlik die mag!

- Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit, of iemand aanhits... (Job 2:3). 

- Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

- Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

- In Openb. 2:10 het die duiwel sommige Christene in die gevangenis gewerp sodat hulle op die proef gestel kon word (en hulle het vir 10 dae verdrukking gehad - die duiwel gebruik baiemaal mense om sy wil uit te voer). 

- Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

WAT KAN DIE DUIWEL NIE DOEN NIE: 

(1) Die duiwel se mag kan wel ook beskryf word as 'n "koninkryk", want hy het bv. engele onder hom en is die owerste van die bose of onreine geeste ("Beelsebul"/Matt. 3:22,23; 12:24; 17:8), maar noodwendig sal hy nie "duiwels uitdryf" nie..., want dit sou beteken dat hy (sy koninkryk) teen homself verdeeld is;  in ander woorde, die Satan sal nie iets doen wat kan veroorsaak dat sy koninkryk verwoes word nie - m.a.w., DIE SATAN KAN/SAL NIE BOSE GEESTE UITDRYF NIE (Mat 12:22-32 - "Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien. En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie? Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie"). Hierdie is 'n interesante punt van bespreking... Dit gese, nie almal wat duiwels uitdryf ("duiwelbesweerders") is noodwendig deur die Here gestuur nie! (Hand. 19:13-17) - vir iemand om te kan duiwels uitdryf moet hy ten eerste vir Jesus Christus ken, want Jesus Christus het die mag (dit is waarom die geeste uitgaan in die Naam van Jesus Christus) en Hy is die een wat iemand die mag gee (Luk. 10). 

Slegs wanneer iemand mag oor ander het, kan hy hulle gebied. Dus, alhoewel die duiwels 'n owerste het (nl. die Satan, en hulle hom gehoorsaam), het Jesus algehele mag en hulle moet Hom gehoorsaam... (Matt. 17:18 - "Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af") ; (Mark.7:26  En sy was ‘n Griekse vrou, ‘n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.......v:29,30  En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.Mrk_7:30  En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê") ; (Luk_4:33,34 - "En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu. En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak") ; (Hand_10:38  "met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was"). 

(2) In Joh. 12:31, 14:30 en 16:11 verwys Jesus na die duiwel as die "die owerste van hierdie wêreld", en in 2 Kor. 4:4 word hy die "god van hierdie wêreld" genoem;  meer presies die god van die ongelowiges en die kinders van ongehoorsaamheid...  (2Kor. 4:4 - "naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie"). Die wêreld is onder die mag van die bose... (maar die wat in Jesus Christus glo is deur Jesus verlos van daardie mag/Kol 1:13 - "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde"). (1Jn 5:19 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê"). Die kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID (deels "gebore in sonde", en deels omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR HY HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / het die Heilige Gees). Die natuurlike mens is soos 'n slaaf van sonde... Die mens word in sonde gebore;  of anders gestel, hy word in slaafskap onder sonde gebore (en het dus vrymaking nodig van hierdie slaafskap!) - hierdie is een van die dinge wat Jesus bewerk het, nl. dat Hy die mens kan vrykoop uit hulle slaafskap. Die natuurlike mens doen dus nie die wil van die Here nie, maar doen die wil van die duiwel (gehoorsaam aan die sonde / asof onder die mag van die duiwel). Maar geestelike mense doen die wil van die Here... DIE DUIWEL HET GEEN MAG OOR MENSE WAT DIE WIL VAN GOD DOEN NIE.  Geestelike mense is maw vrygekoop van slaafskap onder sonde... (doen nie meer die wil van die duiwel nie). In ander woorde, die wat vrygekoop is is nie meer "kinders vd duiwel" nie, en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie..., want hulle het nou 'n nuwe vader (1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). 

(3) Die owerste van hierdie wêreld is geoordeel! (Joh. 16:11).(Joh 12:31 - "Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word"). DIE DUIWEL SE MAG IS GEBREEK...: nl, die duiwel het mag gehad oor die dood, maar Jesus het daardie mag verbreek  (Heb_2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—). DIE DUIWEL HET NIE MAG OOR DIE DOOD EN DODERYK NIE, maar Jesus Christus het... (Openb. 1:18 - "en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek  leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek (Jesus Christus) het die sleutels van die doderyk en van die dood"). M.a.w., die weergeborene het oorwinning oor die dood, want wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterwe het opwek uit die dood - ook wat die doderyk aanbetref het Jesus hulle losgekoop... (die doderyk kan hulle nie gevange hou nie). Alhoewel die duiwel mense kan doodmaak, sou God hom toelaat, het hy nie die mag om mense in die doderyk te hou of onder oordeel te laat kom nie. Jesus Christus het die mag en sal besluit wie losgekoop word, en wie nie, wie opgewek word tot lewe en wie nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Sal die duiwel enige mag hê in die volgende bedeling?

Die duiwel word wel huidiglik die "god van hierdie wereld" genoem omdat almal in sonde gebore word, hy mense kan verlei en natuurlike mense hom mag gee oor hulle lewens (hom gehoorsaam), maar uiteindelik, wanneer Jesus Christus terugkom, sal hy nie meer toegelaat word om mense te vang om sy wil te doen nie. 

...Dit sal gebeur WANNEER JESUS CHRISTUS TERUGKOM  - DAN SAL DIE DUIWEL GEBIND WORD vir 'n 1000 jaar sodat hy NIE instaat is om DIE MENS te VERLEI NIE (Openb. 20:1-3).  Tereg, in die volgende bedeling sal almal gedwing word om vir Jesus Christus te aanbid en Hom gehoorsaam!, maar aan die einde van daardie bedeling, wanneer die duiwel weer losgelaat word vir 'n kort ruk, sal die wereld ongelukkig weer onder sy mag kom (Openb. 20:7-10).  Dit sal eindig in die verbranding van die aarde, en die duiwel sal in die poel van vuur gewerp word (Openb. 20:10; Matt. 25:41). 

In die volgende bedeling "sal alles Jesus Christus se eiendom wees", wat sekerlik veral verwys daarna dat Hy "die God van die wereld" sal wees, nl. dat almal vir Jesus Christus sal aanbid EN GEHOORSAAM.. (om dat beter verstaan, kan ingekyk word op Luk. 4:5-8)(in die volgende bedeling sal die duiwel nie meer die mens kan verlei nie, en sal hulle nie kan aankla nie) (Openb. 12:10 - "Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Beëlsebul, owerste oor die onreine geeste:

In Luk 11:15, Matt. 12:24 en Mark. 3:22 word Beëlsebul die "owerste" van die duiwels genoem (Matt. 9:24). "Beelsebul" is dus ook o.a. 'n naam wat aan Satan toegeskryf word... (Matt. 12:24,26),en dit verwys na "die god van vuilgoed" (sien eerste opsomming).  In ander woorde, DIE SATAN IS DIE OWERSTE VAN DIE DUIWELS, die "onreine" ("duiwels" hier verwys na bose of onreine geeste) (Mark. 3:22,23 - "En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul (Gr. woord "beh-el-zeb-ool'", 'n naam van Satan)! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit. En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?"). Wat is hierdie "duiwels"?:  - hulle is geeste..., en kan in mense intrek. Woorde wat o.a. in die Skrif gebruik word vir mense wat duiwels in hulle het, is die woorde "duiwel besete" (Matt. 9:32; 15:22; Joh. 10:20/8:49) - wat beteken dat hy 'n duiwel (in hom) het... (Matt. 9:32 is so 'n vb., van iemand wat "van die duiwel besete" was; kyk ook Mark. 9:32; Matt. 15:22). Bose geeste kan in mense ingaan en het 'n invloed op die persoon in wie hulle intrek - daar word o.a. ook na bose geeste verwys as "onrein" (Joh. 10:21), want waar hulle ookal intrek maak hulle die plek ONREIN (besoedel/vuil). Iemand wat 'n bose gees het word verder beskryf as "is onder die mag van die duiwel" (Hand. 10:38). Bose of onreine geeste swerf rond oor die aarde op soek na plek om te rus... (Matt. 12:44,45), en as hulle in iemand ingegaan maar uitgedryf is, probeer hulle weer terugkeer (en neem dan baiemaal nog 'n klomp duiwels saam met hulle)(Luk. 11:24; Matt. 12:45; Mark. 9:25).

Daar is baie bose (of onrein of "ander") geeste, wat terloops somtyds op die naam genoem word in die Skrif, bv.gees van hoerery (Hos. 4:12), stomme gees (Mark. 9:17), 'n gees wat waarse (Lev. 20:27), ens. Hierdie geeste bly nie noodwendig in iemand nie, maar word somtyds geraapleeg (wat natuurlik verbied word!/Deut. 18:10,11). Waar hulle ookal intrek het hulle 'n invloed op die persoon..., bv. in Luk_8:29 het die onreine gees 'n man so sterk gemaak dat hy boeie uitmekaar kon ruk, en het hom somtyds in die woestyn ingedrywe. In Luk_9:42 het die duiwel iemand laat stuiptrekkings kry. In vele voorbeelde sien ons dat die duiwels mense siek gemaak het, bv. Luk. 11:14 het 'n duiwel iemand stom gemaak. Natuurlik, nie oral waar daar in die Skrif verwys word na iemand het sus of so 'n gees..., verwys dit spesifiek na 'n bose gees nie, maar kan bloot 'n beskrywing wees van die toestand van iemand se gees (die mens se gees).  Vir 'n studie oor bose geeste, gaan na:  https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html

Lasteraars en verleiers word somtyds beskryf as "het 'n duiwel (bose gees)"... (bv. hulle het so van Johannes gepraat..., maar natuurlik was hy nie 'n lasteraar en verleier nie/Matt. 11:18;  maar die vb. leer vir ons dat daar lasteraars en verleiers gesien is as mense met bose geeste - het 'n duiwel;  dit is wat die woord duiwel immers beteken, 'n aanklaer en lasteraar). Wat interessant is!, want ons dink gewoonlik dat mense met bose geeste slegs meer uiterlike gebare sal toon, soos mal voorkom of struiptrekkings kry, of wat ookal (wat baiemaal die geval is, maar nie noodwendig nie, want dit hang af wat se gees in iemand ingetrek het).  Dus, dit is duidelik volgens die Skrif dat lasteraars en verleiers gesien is as mense wat bose geeste in hulle het...  Kyk ook die vb in Matt. 9:34 waar sommige Fariseërs Jesus voorgestel het as 'n lasteraar (en Hom beskuldig het dat hy die duiwel uitdryf d.m.v. die owerste van die duiwels). Indirek wil dit voorkom asof hulle Hom beskuldig het dat Hy 'n bose gees het (Joh. 7:20, en vgl. ook met Joh. 8:47-49 waarin sommige Hom aankla as met die duiwel besete) , maar natuurlik was dit nie die waarheid nie, en Jesus was nie die een wat gelaster het nie - liewer was hulle self die lasteraars! In ag geneem dat die duiwel, en dus ook die onreine geeste (wat ook somtyds na verwys word as "duiwels", wat terloops aanklaers of lasteraars beteken) verleiers is, is dit nie onwaarskynlik dat 'n mens wat 'n verlei en laster 'n bose gees in hom het nie...

Waar die Koninkryk van God naby is, het die duiwel nie mag nie: Alhoewel die duiwel mag het oor die duiwels, het hy geen mag waar die Koninkryk van God teenwoordig is nie... Bv., wanneer die Here iemand outoriteit gee om geeste uit te dryf, kan hy hulle gebied om die plek heeltemal te verlaat - en hulle sal en moet luister!, want die persoon het meer mag oor hulle...;  bv., weergeborenes in wie die Heilige Gees is, het hierdie mag (want God is daar dmv Sy Gees!, en in so 'n geval sal die duiwel se mag oor iemand se lewe, gebreek word). God het die algehele mag (en Hy gee daardie mag aan sy dienaars);  dus, al is die Satan owerste (hoof) oor die bose geeste, moet hulle die Here (en Sy diensknegte in wie die Heilige Gees is) gehoorsaam waar hulle ookal gestuur word (1 Sam. 16:14). 

Waar die Heilige Gees teenwoordig is, is die koninkryk van God naby..., in so 'n geval het die duiwel geen mag nie want die Here het algehel mag (Mat 12:28)  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom")   (Mar 16:16,17 - "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek"). Jesus gebruik 'n soort beeldspraak in Matt. 12:29 om hierdie beter verduidelik, bv. dat daardie bose geeste wat uitgedryf word is soos diewe wat geboei en weggeneem word... Die duiwels word nie fisies gebind nie (want as dit die geval was sou hulle nie meer enige iemand kan verlei nie/Openb. 20:2), maar wat dit beteken is dat hulle uitgesmyt word uit daardie spesifieke huis, en wel nie meer daardie persoon kan verlei nie (wat die persoon self aanbetref, is hulle dus soos gebindes), en hulle kan weggestuur word na 'n ander plek (Matt. 8:28-34). In die volgende bedeling (nadat Jesus terggekom het) sal nie net die duiwel gebind wees nie, maar dit wil voorkom of ook die ander duiwels sal na 'n spesifieke plek gestuur sal word (Openb. 18:2). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GEE AAN DIE DUIWEL GEEN PLEK NIE:

Eph_4:27  en gee aan die duiwel geen plek nie.

Eph_6:11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Die wat die wil van die duiwel doen, is "in sy strik gevang"... - kan ook vgl. word met mense wat dronk is en nodig het om nugter te word (2Ti_2:26  en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen). 1Pe_5:8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

Jas_4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 15 April 2026

Boom van kennis van GOED en KWAAD

IN HIERDIE POS KYK ONS NA WAARNA DIE BOOM VAN KENNIS VAN GOED EN KWAAD VERWYS en WAT DIE GEVOLG WAS TOE ADAM EN EVA DAARVAN EET.

- Vir 'n pos oor DIE BOOM VD LEWE, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/03/boom-van-die-lewe.html.

- Vir 'n pos oor DIE TUIN VAN EDEN, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/eden-tuin-van-eden.html.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Rol af vir die volgende opsommings:

- Inleiding (kort opsomming)

- Verskille tussen "die boom vd lewe" en "die boom van kennis van goed en kwaad".

- Is die bome slegs beeldspraak?

- Konteks Gen. 2 en 3

- Waarna verwys die "kennis van goed en kwaad"?

- Wat gebeur met die wat van altwee bome eet?

- OPSOMMING

- Is dit moontlik vir iemand wat verbode vrugte geëet het, om weer toegang te kry tot die boom van die lewe?__________________________________________________________________________________

INLEIDING (kort opsomming):

Adam en Eva was verbied om van die boom van kennis van goed en kwaad te eet... (Gen. 2:9; 3:3) - daar is maar enkele skrifte in die Bybel wat melding maak van hierdie boom van kennis van goed en kwaad (Gen. 2:9, 17, 22), tog is die hele Skrif deurtrek met die tema van lewe en dood en wat daarna lei. (wat lei tot lewe?, en wat lei tot die dood?). Hierdie twee bome kan beslis ook gesien word as beeldspraak, alhoewel dit tog wil voorkom of dit ook fisiese bome was in die tuin van Eden (en die "eet" vd vrugte het inderdaad ook fisiese gevolge gehad). Die verhaal gaan veral oor die feit dat Adam en Eva nie die wil van die Here gedoen het nie en van die "verbode vrugte" geëet het... Dit beteken nie dat  "kennis van goed en kwaad" verkeerd is nie (want God self het bv. kennis van goed en kwaad/Gen. 3:22), maar gaan oor "watter kennis" van goed en kwaad ons oor praat... Die Joodse idioom "kennis van goed en kwaad" verwys bv. na insig om te kan oordeel tussen reg en verkeerd - in konteks wil dit voorkom of die eet van die verbode vrug veral gegaan het oor die feit dat die mens op sy eie insigte of ander bronne begin staatmaak het, in plaas van op die Here

In plaas van om die Here te vertrou (nl. die manier hoe Hy sien/dink - wat Hy sien as reg en verkeerd) het Adam en Eva op die vlees begin staatmaak (Eva wou verstand kry en het die slang vertrou, en Adam het die vrou vertrou...).  Ons INSIG oor wat is reg en verkeerd (goed of sleg) moet nie uit onnsself (vlees) of van ander bronne (afgods; ander geloofsbronne) kom nie, maar moet van die Here af kom (ons moet die kennis vd Here soek). Die wat van die boom vd lewe eet, maak staat op die kennis van die Here, maar die wat van die boom van kennis van goed en kwaad eet, maak staat op die vlees en op ander bronne (1 Joh. 2:16; Ef. 2:3). In ander woorde, wêreldse insig is nie dieselfde as die Here se kennis nie! (die natuurlike mens het bv. wereldse wysheid, wat o.a. beskryf word as dat hulle "'n gees van dwaling" het).  Vertroue in die vlees en in ander geloofsbronne, lei tot die dood...;  dit loop uit op NIETIGHEID (wat in hierdie geval verwys na ander geloofspraktyke. nl. verbode kennis, of staatmaak op eie insig/besluit self wat is reg en verkeerd).  In ander woorde, Adam en Eva het hulle vertroue in DIE VLEES en ANDER BRONNE begin plaas, in plaas van om die Here te vertrou/raadpleeg - "sien en dink" soos die wereld, nie soos die Here nie...  

Die Here ons Skepper is veronderstel om ons bron te wees, nie eie insig of ander geloofsbronne nie (Spr. 3:5 - "Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie"). Ons moet dus onderskei tussen die "kennis vd Here" en "wêreldse wysheid". Waar kom jou insig vandaan? (bv., hoe weet jy wat is reg en verkeerd?  - soek jy die Here se wil, of besluit jy self wat is sleg en goed?). "Ken"/kennis in hierdie konteks beskryf veral die manier hoe iemand "sien en dink", wat op beurt 'n bewys is van in wie hulle hul vertroue plaas (die ewige lewe word bv. veral beskryf as om "die Here te ken";  m.a.w., die wat die Here KEN, dink en sien soos Hy, maar die wat Hom nie ken nie dink en sien soos die wêreld). 

Om beter te verstaan waarna die boom van kennis van goed en kwaad verwys, kan o.a. ingekyk word op die verskille (asook miskien ooreenkomste) tussen die boom vd lewe en die boom van kennis van goed en kwaad.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na 'n paar VERSKILLE tussen DIE BOOM VD LEWE en die BOOM VAN KENNIS VAN GOED EN KWAAD:

(1) DIE "boom vd lewe" en "die boom van kennis van goed en kwaad" verwys beide na BOME, asook word daar na beide se VRUGTE verwys...;  maar alhoewel dit op die letterlike wys, is dit interessant hoe baie hierdie tema ook in beeldspraak gebruik word in die Skrif (hetsy iemand dood of lewe oes, word bv. voorgestel soos vrug;  bv., geestelike mense dra vrug tot lewe, en natuurlike mense dra vrugte vir die dood). M.a.w., hierdie twee bome vewys nie bloot na fisiese bome nie, maar moet ook geestelik interpreteer word (bv. dat die bome verwys na die bron waarin jy jou hoop plaas, en vrug dit "wat" geëet word verwys na verbode geestelike voedsel). Basies gaan die tema vd "boom vd lewe" en die "boom van kennis van goed en kwaad" oor die BRON ("boom") wat gekies word (wie is dit vir wie jy vertrou/jou hoop in plaas), en wat gebeur wanneer jy die boom se VERBODE VRUGTE eet (bv., die persoon begin dink en sien dan anders as die Here, en die gevolg daarvan is die dood - die wat die dood eendag oes word o.a. in die Skrif beskryf as "het 'n wêreldse gees/het die gees van dwaling" - 'n term wat beskryf dat hulle soos die wêreld dink en sien, nie soos die Here nie. Dit vewys na die ongehoorsames en onregverdiges, die wat nie die wil vd Here doen nie en Hom nie ken nie)Die Here God (ons Skepper) het dit duidelik gemaak dat sekere vrugte (bronne waarin jy jou hoop plaas) verbode is!, en as jy daarvan "eet" sal dit die dood voortbring... (die boom van kennis van goed en kwaad kan gesien word as 'n voorstelling van verbode geestelike voedsel en water; bv., afgodsdiens). Die kennis van goed en kwaad kan allerhande begeertes tot gevolg het.  Die wat die "wêreld oorwin" verwys egter na mense wat die Here vertrou - hulle eet nie die "verbode vrugte" nie.  Hierdie tema het beslis te doen met begeertes (bv., Eva het gesien dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan BEGEER om verstand te verkry/Gen. 3:6). 

(2)  Dit is belangrik om te merk dat waar die "boom van lewe" se vrugte GENESING en EWIGE LEWE gee (Openb. 22:2; Gen. 3:22), die vrugte vd "boom van kennis van goed en kwaad" die DOOD voortbring. (Gen 2:16,17 - "En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe"). Hierdie is 'n baie groot verskil tussen die twee bome, nl. dat die een se VRUGTE lewe gee, en die ander die DOOD voortbring (l.w. dat die dood nie onmiddellik ingetree het toe hulle daarvan eet nie...). Die Skrif het baie te sê oor lewe en dood (bv. wie dit is wat die ewige lewe sal beerwe, en wie die dood sal oes/Rom. 7:5); bv., die Skrif leer dat natuurlike mense dra vrugte vir die dood;  anders gestel, natuurlike mense sal die dood oes... (hulle is soos mense wat verbode vrugte eet omdat hulle "verstand" wil verkry (vir die sg. voordele), maar hierdie verstand verwys na wereldse wysheid / het 'n "gees van dwaling").  Geestelike mense dra vrug tot lewe;  in ander woorde, hulle is soos mense wat van die boom van die lewe eet - hulle eet die regte soort geestelike voedsel wat "vrug tot lewe" tot gevolg het (het die Gees van waarheid). Ook interessant dat die boom van die lewe "genesing" gee... (Mal 4:2 - "Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal"); maar die wat hulle verhard teen die waarheid (die wat steeds by die ander boom eet) kan nie genesing kry nie (Spr. 29:1 - "‘n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is"). 

(3) Die mens self word ook somtyds voorgestel soos 'n boom... - soos saad wat in die wêreld geplant word en groei tot 'n boom wat vrug dra. Bv., weergeborenes word o.a. voorgestel soos "bome van lewe" (want hulle dra vrug tot lewe); maar die wat vleeslik is dra vrugte vir die dood. In ander woorde, die regverdige se vrug word voorgestel soos 'n "boom van lewe"... (Spr. 11:30), maar  die onregverdige se vrug is "tot die dood" (Rom. 7:5). Hierdie is nog 'n geval waar die Skrif beskryf wie die lewe sal oes, en wie die dood sal oes -  REGVERDIGES SAL DIE LEWE OES (hulle "eet vd boom vd lewe"), maar ONREGVERDIGES SAL DIE DOOD OES (hulle "eet vd boom van kennis van goed en kwaad"). Nog 'n manier hoe die Skrif verduidelik "wie" die lewe sal oes en "wie" die dood, is deur onderskeid te maak tussen DIE WAT DIE WIL VD HERE DOEN EN HOM KEN (1Jn 2:17 - "En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig")(Spr. 10:2), en DIE WAT NIE SY WIL DOEN NIE EN HOM NIE KEN NIE (Gen. 3:4)(Matt. 7:21; 12:50; Joh. 5:3; 8:40). Anders gestel, onregverdiges, en die wat nie die Here ken nie, en die wat nie Sy wil doen nie, verwys na mense wat die verbode vrugte eet.  Die geestelike mens is soos iemand wat vd boom vd lewe eet (en is dus self 'n "boom" wat vrug tot lewe dra), en die natuurlike mens is soos iemand wat van die boom van kennis van goed en kwaad eet (en is dus 'n "boom" wat vrugte vir die dood dra).  Rom. 7:5 stel hierdie verskil weer op 'n ander manier voor..., nl. dat iemand of "VLEESLIK OF GEESTELIK" is, wat gaan oor HOE IEMAND SIEN EN DINK (wat terloops afhang van die saad waaruit iemand gebore is, want jy is soos jou pa). Die rede waarom natuurlike mense anders "dink en sien" is omdat hulle vd verbode vrugte eet - natuurlike mense is "kinders is van Adam" (is in sonde gebore, Adam was 'n slaaf van sonde, hulle word onder slaafskap gebore = wat wys hulle is vleeslik - wys hoe hulle dink en sien, nl. soos hulle pa/bron). Die manier hoe iemand sien en dink wys wie se kind hy is... - geestelike mense bedink die dinge van God want hulle het die Heilige Gees (is gebore uit God se saad), maar vleeslike mense bedink die vleeslike dinge (het wêreldse wysheid) (Ef. 2:3,11; Rom. 6:21)(Rom. 8:8,9; Joh. 3:6; Gal. 5:16,17; Tit. 3:3). Kortom, natuurlike mense dink en sien nie dieselfde as geestelike mense nie, en die rede hiervoor is "watter vrug hulle eet" (natuurlike mense dien die sonde;  geestelike mense dien die Here - dit gaan oor gehoorsaamheid, wie jy dien / "slaafskap"). 

(4) Dit is dus duidelik dat die twee bome se vrugte verwys na iets soos KENNIS/WYSHEID, meer presies "wil".  Bv., om "kennis van goed en kwaad" te hê beteken nie dat jy daardie kennis kies nie;  alhoewel, sou jy dit opsoek (nl. "die verbode vrug eet") dan kies jy dit inderdaad!  Hierdie tema gaan sekerlik geestelik oor die feit dat SEKERE KENNIS VIR DIE MENS VERBODE IS, WANT WANNEER MENSE HULLE HOOP DAARIN PLAAS IS HULLE BESIG OM DIE HERE TE VERLOEN - die "kennis van goed en kwaad" BESKRYF NIE NOODWENDIG HOE DIE HERE SIEN EN DINK OF WAT HY WIL VIR DIE MENS NIE... Ons moet die verskil sien tussen "kennis van goed en kwaad" en "kennis vd Here". Die Skrif leer dat die wat die "kennis vd Here" het soos Hy "dink en sien"... - en dit lei tot lewe (sien die vrugte vd boom vd lewe)(wat verwys na die wat die wil vd Here doen en Hom ken - jhulle kies Sy kennis/waarheid, die manier hoe Hy sien en dink, wat terloops nie dieselfde is wat hoe die wat die verbode "vrug" eet, sien en dink nie - dit is hoekom natuurlike mense anders sien en dink as geestelike mense).  Die wat die vrug vd boom vd lewe eet, verwys na die wat die Heilige Gees het (nl. die Gees van WAARHEID) - hulle dink en sien soos die Here (Ef. 1:17; Eks. 35:31). Kennis van die waarheid (kennis vd Here se wil en wet/Rom. 2:20) lei tot godsaligheid en ewige lewe... (Tit. 1:1,2), maar die verbode kennis ("kennis van goed en kwaad") lei tot die dood.  DIE BEGRIP "KENNIS VD HERE" IS m.a.w. 'N BEGRIP WAT BESKRYF HOE DIE HERE DINK EN SIEN, TERWYL "KENNIS VAN GOED EN KWAAD" 'N BEGRIP IS WAT BESKRYF HOE DIE WERELD DINK EN SIEN. Om wetend te wees van/ kennis hê van hoe die wêreld, beteken nie jy dink en sien self so nie (Gen. 3:22), maar of jy kies om soos die wêreld te sien en dink (die verbode vrugte eet), dit is wat verkeerd is! (dit gaan hieroor "in wie jy jou vertroue plaas" - na wie luister jy? Vir wie gehoorsaam jy?). Geestelike mense het bv. kennis van goed en kwaad, tog kies hulle die Here se wil/kennis vd Here. Die wat die vrugte (kennis van goed en kwaad) kies, word beskryf as mense met "wereldse wysheid" (hulle het die gees van DWALING - "dink en sien nie soos die Here nie").  "Kennis van" kan o.a. beskryf word deur vriendskap..., want vriende KEN mekaar, luister/vertrou mekaar (Joh 15:14 - "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel" ) - dit gaan beslis hier oor "na wie jy luister"/gehoorsaam, wat dus op beurt bepaal wat se soort kennis jy ontvang. Gehoorsaamheid aan Jesus Christus bewys dat jy Hom vertrou en glo dat Hy weet die beste (vriende luister na/vertrou mekaar/vir wie "ken" jy?). Anders gestel, die wat die Here ken/vertrou/raadpleeg/Sy wil doen, verkry die kennis vd Here... (het Sy Gees - drag vrug tot lewe/genesing), maar die wat nie die Here ken/vertrou/raadpleeg/nie Sy wil doen nie (die wat hulle harte verhard teen die waarheid en die kennis van goed en kwaad kies), verkry wêreldse wysheid (het 'n wêreldse gees - is soos mense wat vd verbode vrugte eet en sal dus die dood oes!) . 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------IS DIE BOME SLEGS BEELDSPRAAK?

Die twee bome word gewoonlik ook gesien as beeldspraak, bv. dat die wat van die "boom van die lewe" eet die gehoorsames voorstel (nl. die wat die Here ken en Sy gebooie liefhet/Joh. 17:3; 12:50);  maar die wat van die boom van kennis van goed en kwaad eet verwys na die ongehoorsames (bv. die wat hulle eie wil doen/lewe volgens eie begeertes, en gevang is in die strik vd duiwel/2 Tim. 4:3; Spr. 6:32; Joh. 8:44; 2 Tim. 2:26). Alhoewel die slang na 'n fisiese slang verwys in die tuin van Eden (net soos die bome ook na fisiese bome verwys), wil dit voorkom of die slang ook na die duiwel/die Satan kan verwys (wat terloops die "ou slang" genoem word!/Openb. 20:2).  

Die kennis (van die "boom van kennis van goed en kwaad") verwys na 'n wereldse INSIG van goed en kwaad/reg of verkeerd - dus, alhoewel die vrug ook na fisiese vrug verwys, wil dit voorkom of dit ook verwys na verbode "geestelike vrug".  Die mens word ook baiemaal in die Skrif soos 'n boom voorgestel.., bv. (Mat 12:33 - "Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken"), maar dit gaan oor die vrug wat elkeen van ons dra. Tereg stel "vrug" iets voor!, en bv. in geval van die boom van die lewe stel die vrug LEWE voor... (want "lewe" verwys na om die Here te ken, en dit gaan oor die wat die kennis vd Here kies), maar in die geval van die boom van kennis van goed en kwaad, stel die vrug (wêreldse) KENNIS voor (wat terloops die dood voortbring). Natuurlike mense (die wat die sonde dien) word terloops van gesê dat hulle 'n "gees van dwaling" het (wanneer iemand sy hoop in die kennis vd bose lê, bv. dit kies, soek, raadpleeg..., dan het hy 'n gees van dwaling - hy dwaal in die manier hoe hy "sien en dink" - hy sien en dink nie soos die Here nie)(1 Kor. 2:12-14; Joh. 8:45-47; 10:27).

- Die wat van die boom van die lewe eet, neem die "vrug wat lewe gee", nl. kies om die Here te KEN en Sy wil te doen (sien en dink soos die Here)(hulle het die Heilige Gees, nl. die Gees van waarheid, en kan dus vrug tot lewe dra)(Openb. 22:2);  en 

- Die wat van die boom van kennis van goed en kwaad eet, neem VERBODE geestelike vrugte (bv. verbode INSIG (nl. vrug wat die dood voortbring... - kom tot NIET) -bv.  'n kennis van goed en kwaad wat nie beskryf word soos die Here goed en kwaad beskryf nie;  in ander woorde, hulle kies eerder wêreldse kennis as die Here se kennis (die wat verbode vrug eet, het 'n gees van dwaling)(1 Joh. 4:16; 2 Pet. 3:17; 2 Pet. 2:18; 2 Thess. 2:11; Ef. 4:14; Rom. 1:27).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Konteks Genesis 2 en 3:

DIE KONTEKS:
Wat presies het met Adam en Eva gebeur toe hulle vd BOOM van KENNIS VAN GOED EN KWAAD EET? (hierdie opsomming sluit nie die ander vervloekings nl. rondom die aarde en die slang in nie):

- (1)  Hulle het "KENNIS VAN GOED EN KWAAD" ontvang;  meer presies, hulle het hulle hoop daarin begin plaas... (het dit geëet): (Gen 3:22 - "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!").  Hierdie "kennis" verwys nie na kennis van die Here nie, en alhoewel die insig na "goed en kwaad" verwys, is die beskrywing van daardie goed en kwaad nie noodwendig dieselfde as hoe die Here sien en dink nie (Tit. 1:15). God ken goed en kwaad (reg en verkeerd), maar nie alle "kennis" is hoe God sien as wat is reg en verkeerd nie. Daarom is dit belangrik om die Here te raadpleeg en die kennis van die Here te he (nie wereldse wysheid nie). Die wat die Here ken het die Gees van waarheid, maar die wat Hom nie ken nie het 'n gees van dwaling. 

Die woord "KENNIS" in hierdie konteks = (Hebr. woord "dah'-ath" - bewustheid, verstand, uitgeslape).  Die woord "GOED" in hierdie konteks = (Hebr. woord "tobe", wat wys op wat goed is - mooi, beste, beter, opgewonde, gemaklik, oorvloedig, in guns, gaan goed, tevrede, plesier, kosbaar, vriendelik, welvaard, rykdom, gereed, wel af, ens.).  Die woord "KWAAD" in hierdie konteks = (Hebr. woord "rah, raw-aw'", wat wys op wat sleg is - teespoed, ellende, sleg, ontevrede, rampspoed, nood, boos, smart, swaar, seerkry, moeilikheid, ergerlik, goddeloos, verkeerd, ellende, onheil,...ens.). Die geestelike mens se siening van bv. "plesier" is baie anders as die wereldse siening daarvan. Ons insig of beskrywing van "plesier" is veronderstel om te wees hoe die Here dit sien (wanner is dit reg, en wanneer is dit verkeerd? - hoe word dit beoordeel?).  Eva het verwag om "verstand" te kry (Gen. 3:6 - "verstand"=Hebr. woord "saw-kal'", wat verwys na intellek, instruksie, lering, verstand, wysheid, ens.)(1 Kor. 1:19), wat wys daarop dat dit gaan oor hoe iemand SIEN EN DINK... (verstand hier is die Hebr. woord " saw-kal' ", soos iemand wat intellegensie verkry deur lering, verstand, wysheid, vooruitgang, instruksie, leiding, ens.)- (Gen 3:6 - "Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet")(Matt. 15:15,16). Die Skrif verwys o.a. hierna as die "wysheid van die wêreld" (1 Kor. 3:19; 1 Kor. 1:19,20; 1 Kor. 2:6; Rom. 1:21,22) of "menslike wysheid" (1 Kor. 2:4,5,6,13; 1:19). Dit is 'n wysheid wat vergaan... (1 Kor. 2:6)(vgl. dit met die tema van afgode - "nietigheid"). Ons moenie die verbode "verstand" soek nie, maar eerder die kennis van die Here soek, want dit lei tot die ewige lewe... (1Jn 5:19,20 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê. En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te KEN; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe")(1 Pet. 1:13; Hebr. 10:16; Luk. 24:45).

- (2)  Hulle sal STERWE (verwys nie net na die liggaam nie, maar ook die siel):  (Gen 2:17 - "maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe"). - "Dood" verwys nie net wanneer die liggaam sterwe nie, maar ook na die "tweede dood" (Openb. 20:14; 21:8), wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur ('n deel deel van die hel)("oordeel vd hel") gewerp word. Die poel van vuur was oorspronklik bedoel vir die duiwel en sy engele, maar as iemand die duiwel "as vader" het (hom gehoorsaam), dan sal hy saam met die duiwel in die vuur beland (https://warechristene.blogspot.com/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html).  Hierdie was die gevolg van Adam en Eva se ongehoorsaamheid, en God het hulle hierteen gewaarsku... ("sal jy sekerlik STERWE").  Adam en Eva het begin om die sonde te dien - hulle het slawe van sonde" geword, en noodwendig word hulle kinders as slawe (van sonde) gebore. Natuurlike mense kan o.a. gesien word soos mense "sonder lig" - is "kinders van die nag", wat miskien hier beskryf kan word as dat dit meer verwys na die innerlike mens wat nie die asem of lig het vd Gees nie...;  bv.,  natuurlike mense word o.a. bv. beskryf as mense wat die gees van dwaling het. Dit is die effek van "verbode vrugte", 'n pad wat lei tot nietigheid.  Hierdie was nog altyd die groot verskil tussen die wat die Here KEN en dien, en die wat Hom nie ken/dien nie.  Die wat die Here ken/dien het die Heilige Gees (in midde O.T.,Jes. 63:11/in hulle N.T.) en sien en dink anders..., nl, dink soos die Here (KEN die Here). Die Heilige Gees is soos lig (soos lig vir 'n plant, of soos ASEM vir die liggaam is - die geestelike mens leef deur die asem vd Heilige Gees). In hierdie konteks word die "natuurlike mens" somtyds voorgestel asof "dood" (wat nie noodwendig 'n skriftuurlike gesegde is nie, maar hulle word o.a. in die Skrif voorgestel as "kinders vd nag") - wat eintlik maar verwys na die pad waarop iemand stap, in hierdie geval sal hulle die dood oes (eet verbode vrug).  Die Christelike doop is bv. o.a. 'n voorstelling van iemand wat opstaan uit hierdie "dood" - so iemand word vernuwe na water en Gees! (sy sonde word afgewas en hy ontvang die Heilige Gees),wat natuurlik verwys na vernuwing van die innerlike mens, want die uiterlike mens word eers vernuwe in die opstanding wanneer Jesus terugkom - en word ook daagsliks vernuwe op die pad van godsaligheid, maar die liggaam wat nog nie vernuwe is nie sal steeds sterf (rol af na punt 4). Deels verwys "verligting" na die nuwe verheerlikte liggaam waarmee weergeborenes eendag oorklee sal word - hulle sal  "verlig" word... (Dan. 12:3; 2 Pet. 1:19; Matt. 13:43; Openb. 2:28), wat verwys daarna dat hulle ook nuwe geestelike liggame sal kry (huidiglik is geestelike mense se innerlike alreeds vernuwe, en word o.a. voorgestel as "opgestaan uit die dood"!). Die "natuurlike mens" (nl. Adam en Eva se staat na die sondeval...) kan voorgestel word met "is donker".. (is kinders vd nag).  Dit is maw die staat waarin Adam en Eva verval het nadat hulle vd boom van kennis van goed en kwaad geeet het (nadat hulle hierdie "verstand" wou bekom, nl. verbode vrugte eet), en gaa nie net oor die kennis wat hulle nou ontvang het van goed en kwaad nie maar eintlik oor die feit dat hulle dit gekies het/die sonde begin dien het. Kinders van Adam is dus "natuurlike mense" gebore... - en het nodig om weergebore te word (sodat hulle kinders van die dag word) - dit gaan basies oor "wie jy dien/gehoorsaam/soek/raadpleeg" (hoe "dink en sien" jy?). Weergeborenes (GEREDDES) wat eendag deel het aan die eerste opstanding (maw, die wat opstaan tot lewe) het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie... (Openb. 20:6) - terwyl hulle alreeds gesien word as kinders vd lig en hulle innerlike mens alreeds "opgestaan het uit die dood", sal hulle liggame dan ook verlig word... (sal opstaan uit die dood wanneer Jesus terugkom)(Dan. 12:3; Joh. 5:29). 

- (3) Bewus geword van hulle sonde-toestand/is naak (en het klere nodig, en klere van heil): (Gen 3:7-11 - "Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak. En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?  En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?).      Alhoewel hierdie ook wys op die feit dat Adam en Eva letterlike naak was, word naaktheid gewoonlik ook gebruik in beeldspraak om te verwys na die wat sondig is en bedekking nodig het (vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/05/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_23.html). Die wat gered is se sonde is bedek, en hulle moet seker maak dat hulle hulle klere bewaar... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/die-keiser-se-nuwe-klere.html).  Die wat hangende is tussen die Here en die bose (die wat van beide bome eet), word tipies as "lou" beskou (hulle is besig om geestelik te hoereer/Eseg. 16:36,37; Hos. 2:10) - besig om hulle "skaamte te ontbloot"...  

- (4) Die mens se (1) werk was nou moeitevol en (2) sy liggaam sterwe: (Gen 3:17-19 - "En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer").   (1) Adam se werk was nou moeliker - "in die sweet van sy aangesig sou hy nou brood eet", en die grond het dorings en distels voortgebring.  Dit het bv. meer werk beteken omdat die grond omgespit en dorings en distels verwyder moet word... (en as Adam dit nie doen nie, sal die dorings die vrug verstik). Hierdie feit is dieselfde wanneer dit kom by "geestelike vrug", want goeie vrug (wat die geredde dra) kan ook verstik word deur dorings in jou lewe (kyk gelykenis vd saaier)(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/hoe-siekte-vrug-affekteer.html) - dorings is gevaarlik, want dit is hoe geestelike mense vrug verloor..., en daarom belangrik om jou te bekeer van die "dorings" in jou lewe want sonder vrug kan jy nie die ewige lewe oes nie (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/sonder-vrug-tot-lewe-kan-jy-nie-die.html). (2) Verder sal die liggaam terugkeer na stof... (die liggaam wat uit grond gemaak is, sal weer grond word) - maw, die mens se liggaam sal sterwe! Dit is die pad van verbode vrugte - hierdie verstand het veroorsaak dat jy op 'n pad van nietigheid is, maar die wat die Here ken is op 'n pad van lewe;  alhoewel die geredde se liggaam steeds sterwe (want dit is nog nie vernuwe soos die innerlike vernuwe is nie), het weergeborenes die belofte van opstanding wanneer Jesus Christus terugkom, in nuwe geestelike liggame wat vir ewig sal lewe... (https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html). 

- (5)  Hulle was nie toegelaat om meer vd boom van die lewe te eet nie: (Gen 3:22 - "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!")  - Wat presies die rede was hiervoor is sekerlik omdat die mens nie toegelaat word om van beide bome te eet nie. Jy kan nie op beide die pad van lewe asook die pad van nietigheid wees nie. Of jy KEN die Here, of jy ken Hom nie... (Joh 17:3 - "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het"). As iemand nie redding kry nie en verbode geestelike voedsels neem, is hy op 'n pad van nietigheid - diesulkes is in die strik van die duiwel, en l.w. dat die duiwel en sy engele se uiteinde die poel van vuur is. Die poel van vuur is oorspronklik bedoel vir hom en sy engele;  dus, die wat die verbode vrugte (geestelike voedsel vd bose) eet, sal ook in die vuur beland, want daardie pad lei tot nietigheid... Jy kan nie verwag om lewe te oes as jy nie die Here ken nie (want die ewige lewe is om die Here te ken). 

- (6) Die vrou se moeite is vermeerder en haar swangerskap moeilik gemaak: (Gen 3:16 - "Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers"). - (1) Die vrou het nou meer moeite gehad, die man heers oor haar en haar begeerte is na hom ;  (2) En haar swangerskap is nou moeilik en sy baar met smart kinders.  Adam moes nie na die vrou geluister het nie, maar eerder "oor haar geheers" het, nl. moes ten spyte van dat sy die verkeerde gekies het, die regte ding gedoen het. Sy het basies bewys dat sy verlei kan word, maar net soos sy deur die slang verlei is, so was Adam deur haar verlei! - dit hoort nie so nie, wat Adam moes doen is om oor haar te heers... Dit is wat God verwag.  'n Goeie vb. is in die verhaal van Kain en Abel, waar God van Kain verwag om oor die sonde te heers (Gen 4:7 - "Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers"). Op ditto wyse is die vrou se begeerte na haar man..., en die man moet oor haar heers (Hebr. woord "maw-shal'", wat verwys na regering, het mag oor)(Gen 4:7 - "Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers"). Dit wil voorkom of die konteks hier o.a. gemik is op die feit dat ons oor die sonde moet heers...;  in ander woorde, Adam moet nie toegee aan die vrou nie maar eerder die regte ding te doen - Adam was wel nie verlei (soos Eva) nie, maar hy het verkeerd gedoen deur na haar te luister. Dit hoort nie so nie (hy was veronderstel om "oor haar te heers" - haar begeerte was na hom;  in ander woorde, haar begeerte was dat hy verkeerd doen, maar hy moes daaroor heers!).  Op geen stadium word daar van ons verwag om iemand te volg wat verkeerd is nie/bv. wat verlei word nie (1 Tim. 2:12; 1 Kor. 11:8,9). Jesus het o.a. geleer dat as jy 'n blinde leier volg, jy saam met hom in die sloot sal val (Matt. 15:14)(as jy jou vertroue in 'n blinde leier plaas, wys dit eintlik dat jy self blind is). "Sien" in beeldspraak verwys na die wat die wat die kennis van die Here het, maar die wat blind is verwys na die wat wereldse insig het (Deut. 29:4; Matt. 13:13-17; Rom. 11:8; ens.). Hierdie is wat met Adam gebeur het, nie dat Eva sy leier was nie..., want hy was immers die eersgeborene/priester vd familie, maar hy moet nie self blind wees nie maar oor haar heers.../oor die sonde heer wat sy begeer het hy moet doen (haar begeerte was na hom). Hierdie is 'n groot les wat die mens moet leer, want baie het al gesondig in die naam van blindes wat oor hulle heers, en die uiteinde is dat hulle self as blindes gesien word!  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waarna verwys "kennis van goed en kwaad":  

- (1) Dit verwys na VERSTAND..., en gaan veral oor kennis van sleg en goed (maar nie noodwendig hoe die Here dit beskryf nie)(oordeel tussen reg en verkeerd), bv. kennis van smart (sleg) en blydskap (goed), kennis van swaarkry (sleg) en goedgaan (goed), kennis van onheil (sleg) en geluk (goed), kennis van agteruitgang (sleg) en vooruitgang (goed), ens. Dit wil voorkom of dit nooit die Here se wil was dat die mens dinge soos pyn en droefheid, moeitevolle arbei en dood ervaar nie - die slegte (bv. dood, moeitevolle arbeid, ens..) iets is wat Adam en Eva eers begin ervaar het NADAT HULLE VD BOOM VAN KENNIS (Hebr. woord "dah'-ath" - bewustheid, verstand, geslepeVAN GOED (Hebr. woord "tobe", wat wys op wat goed is - mooi, beste, beter, opgewonde, gemaklik, oorvloedig, in guns, gaan goed, tevrede, plesier, kosbaar, vriendelik, welvaard, rykdom, gereed, wel af, ens.EN KWAAD (Hebr. woord "rah, raw-aw'", wat wys op wat sleg is - teespoed, ellende, sleg, ontevrede, rampspoed, nood, boos, smart, swaar, seerkry, moeilikheid, ergerlik, goddeloos, verkeerd, ellende, onheil,...ens.) GEëET HET (Gen. 3). Of meer presies is dit die pad wat hulle gekies het!, die "kennis van goed en kwaad" - natuurlik kan hulle nie iets anders verwag nie, maar sal dit alles ervaar omdat hulle gekies het om op hierdie pad te stap. Wanneer iemand "verbode vrugte" (verbode geestelike voedsel) kies, kan hy nie verwag om dit te oes wat op die ander pad is nie.  Dit gesê is dit ook belangrik om te verstaan dat die Here se definisie van die betrokke begrippe nie dieselfde is as die wêreldse definisie daarvan nie (die manier hoe liefde bv. as vleeslik beskryf word deur die wêreld, is nie dieselfde as hoe God dit beskryf nie). Hierdie is veral die konteks wat belangrik is om in te sien..., is dat "verbode geestelike voedsels" 'n ander manier is van "sien en dink" tot gevolg het, en die wat so sien en dink nie sien en dink soos die Here doen nie (dit is die verskil tussen "kennis van die Here" en "wêreldse wysheid"). 

- (2) Al is ons wetend van hierdie verbode kennis, is dit belangrik om dit nie te soek nie: Die Here ken goed en kwaad (Gen 3:22 - "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!"), maar sien en dink anders as die wereld. Bestudeer gerus die tema van "geestelike lig, kos en water" om hierdie beter te verstaan (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html). Dit wil voorkom of hierdie tema beslis te doen het met watter verstand jy verkry;  óf die kennis van die Here (geestelike voedsel wat toelaatbaar is vir die mens), óf wereldse insig (verbode geestelike voedsel, wat verwys na 'n vleeslike manier van sien en dink).  Dien/soek/raadpleeg jy die Here?, of dien/soek/raadpleeg jy die bose? Die uiteinde van verbode geestelike voedsels is slaafskap onder sonde, wat terloops lei tot DIE DOOD...  (natuurlike mense word "gebore in sonde" -Ps. 51:7). Elke pad kom met sekere ervaringe, en dit hang af watter een jy kies. Natuurlike mense dra vrugte vir die dood... (Rom. 7:5). Alle mense word in sonde gebore omdat hulle kinders is van Adam (is uit sy saad gebore).  Adam was 'n slaaf van sonde, noodwendig word 'n slaaf se kinders as slawe gebore! (m.a.w., almal word as slawe van sonde gebore, en het vrymaking nodig, want hierdie spesifieke pad lei na die dood).  Ter wille van VERSTAND het Eva verbode vrugte geeet en die dood (die pad van nietigheid) gekies (wat hulle nie eens veronderstel was om te ervaar nie - die Here wou he hulle moet lewe). Ons het reeds bo bespreek die gevolg van hulle ongehoorsaamheid aan die Here en dus die kies van verbode geestelike vrugte, wat veroorsaak het dat Adam en Eva nou "natuurlike mense" was (dink en sien anders, het 'n gees van dwaling - is nie "kinders vd dag" nie, maar "kinders vd nag... (dit gaan beslis oor wie jy dien/soek/raadpleeg...). Wanneer iemand deur Jesus Christus vrygekoop word van hierdie slaafskap, KIES hy voedsel wat toelaatbaar is en dit plaas hom op 'n pad waar hy die ewige lewe kan oes. Ons moet egter verstaan hoe gevaarlik dit is wanneer geestelike mense (die wat vrygekoop is) weer besluit om "verbode vrugte" te eet nadat hulle gered is van daardie pad..., want verseker kan hulle nie verwag om die ewige lewe steeds te oes nie (want daardie "pad" lei tot nietigheid).  As jy weergebore is, moet jy in die Here bly (Joh. 15:6)(moet die Here raadpleeg, nie heidems-geloofsbronne nie, en moet die vlees afle)(moet Sy kennis en Koninkryk EERSTE soek). 

(3) Die woorde "goed en kwaad" verwys veral na 'n soort "kennis"; bv. "goed" verwys wel in konteks na mooi, opgewonde, gemaklik, oorvloedig, in guns, tevrede, plesier, kosbaar, welvaard, gereed, ens., en "kwaad" (kennis van kwaad) in konteks na teespoed, ellende, sleg, ontevrede, nood, seerkry, smart, goddeloos, verkeerd, onheil, ens.;  maar verwys na 'n spesifieke manier van "sien en verstaan". Die mens wat 'n gees van dwaling het, oordeel nie dieselfde op "reg en verkeerd" nie. Hierdie is die groot verskil tussen die natuurlike en die geestelike mens - die natuurlike mens (die wat nie die Gees van waarheid het nie, maar het 'n gees van dwaling) sien en dink anders oor die lewe as geestelike mense (die wat die Heilige Gees, die Gees van WAARHEID, het). 

Die woord "KENNIS" in hierdie konteks kan na die volgende verwys: (Hebr. woord "dah'-ath" - bewustheid, verstand, uitgeslape).  

Die woord "GOED" in hierdie konteks: (Hebr. woord "tobe", wat wys op wat goed is - mooi, beste, beter, opgewonde, gemaklik, oorvloedig, in guns, gaan goed, tevrede, plesier, kosbaar, vriendelik, welvaard, rykdom, gereed, wel af, ens.).  

Die woord "KWAAD" in hierdie konteks: (Hebr. woord "rah, raw-aw'", wat wys op wat sleg is - teespoed, ellende, sleg, ontevrede, rampspoed, nood, boos, smart, swaar, seerkry, moeilikheid, ergerlik, goddeloos, verkeerd, ellende, onheil,...ens.). 

Eva het verwag om "VERSTAND" te kry..., en duidelik het sy, maar wat se verstand?! Hierdie "verstand" (kennis van goed en kwaad) is inderdaad kennis om te kan oordeel op reg en verkeerd, maar is dit dieselfde as die Here se begrip van reg en verkeerd? Vir wie presies dien jy deur hierdie insig? (verstand hier is die Hebr. woord " saw-kal' ", soos iemand wat intellegensie verkry deur lering, verstand, wysheid, vooruitgang, instruksie, leiding, ens.). Met die sondeval het Adam en Eva hulleself begin dien... ("die vlees") - en dit lei tot die dood (Gen 3:6 - "Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet"). Hierdie "kennis" word bv. o.a. beskryf as VLEESLIK (Rom. 7:15; 8:5; 1 Kor. 3:3,4).  Hierdie "KENNIS wat hulle gekry het VAN GOED EN KWAAD" (toe hulle van die vrugte eet), het tot gevolg gehad dat hulle hulleself begin dien, en hulle het ook hulle hoop in die bose geplaas. Wanneer mense die bose vertrou lei dit hulle om hulle eie wil te doen (nie die Here se wil nie) - en dit bring die DOOD voort. God het hulle hierteen gewaarsku dat dit is wat sou gebeur as hulle vd vrugte eet.. ( Gen_2:17  maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.) - hulle het geweet dit lei tot niet, tog het hulle dit gekies (jy kan nie verwag om lewe te oes op 'n pad wat "nietig" is nie). (https://warechristene.blogspot.com/2025/11/afgode.html).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------WAT GEBEUR MET MENSE WAT VAN ALTWEE BOME EET? Is dit toelaatbaar vir iemand om van altwee bome te eet? ...en die antwoord is, Nee!, dit is nie toelaatbaar nie en die Here het dit besluit (Gen. 3:2,3). Dit is duidelik dat God iemand wat verbode vrug eet, nie sal toelaat om vir ewig te lewe nie! (Gen. 3:22). Dit is immers hoekom die mens redding nodig het..., nl. redding van hulle slaafskap onder sonde, wat terloops tot die dood lei (hulle het redding nodig vd dood, redding nodig vd dwalende pad waarop hulle is wat tot die dood lei - https://warechristene.blogspot.com/2020/07/bybelstudie-die-begrip-saligheid-hoekom.html). Maar wat van iemand wat gered is en begin om die Here te ken, maar weer van die verbode vrug begin eet - wat word van so 'n persoon? Mense wat van albei bome eet se verstand word bederf (2 Tim. 3:8; 1 Tim. 6:5; Ef. 4:18) en hulle sal beslis nie die lewe oes nie (Gen. 3:22) - die Here het dit baie duidelik gemaak dat ons nie verbode geestelike bronne mag soek en raadpleeg nie (https://warechristene.blogspot.com/2025/11/afgode.html). Ons sien 'n paar gevalle in die Skrif waar kinders vd Koninkryk gestraf is omdat hulle "verbode vrugte" geeet het (bv. koning Saul wat oor en oor sy eie wil gedoen het en die Here nie gehoorsaam was nie - die uiteinde was dat die Here hom nie meer geantwoord het wanneer hy Hom raadpleeg nie/1 Sam. 28:6;  en koning Saul sondig toe verder deur die dode te raadpleeg/1 Sam. 28:7-16, en die uiteinde daarvan was dat die koningskap van hom weggeneem is/Hand. 13:22; 1 Sam. 28:17). Neem kennis dat die Here Sy Gees van koning Saul weggeneem het en hom 'n bose gees gestuur het (1 Sam. 16:14) - dit is die gevolg van "eie wil" (wanneer jy self besluit wat is reg en wat is verkeerd). Kyk gerus ook die voorbeeld van die groep profete van God wat ongehoorsaam was en vals profeteer het in die boek van Konings (1 Kon. 22:13-22 - hulle het 'n "leuengees" ontvang). Dit is gevaarlik wanneer kinders van die Koninkryk hulle eie wil begin doen, en hulle kan nie verwag dat daar geen gevolge is as hulle hul nie daarvan bekeer nie. So iemand kan net sowel oorgegee word aan dwaling... (Rom. 1), en wat dan gebeur is dat hy begin glo hy is reg al is hy verkeerd (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html). 

Die Here het vir die mens 'n uitweg gestuur om vry te kom onder die mag van die sonde..., maar as iemand die Here begin KEN maar teruggaan na die dwaling sal hy nie toegelaat word om eendag te eet van die boom van die lewe nie. Slegs die wat oorwin sal hierdie reg kan geniet (Openb. 2:7 - dit is belangrik dat die Here jou eerste liefde is;  selfs al kan jy slegte mense nie verdra nie, het lydsaamheid, werk vir die Here sonder om moeg te raak... - hierdie dinge beteken niks as die Here nie jou eerste liefde is nie)(Luk. 10:27). Ons word nie toegelaat om LOU te wees nie (Openb. 3:16).  Die wat hardkoppig voortstap om van verbode vrugte te eet nadat hulle tot die kennis vd Here gekom het, is soos mense wat hullseself mislei om die leuen te glo (https://warechristene.blogspot.com/2020/09/mislei-misleiding-verlei-verleier.html), en wat met so iemand gebeur is dat hy op die ou end kan opeindig as 'n vervloekte wat nie meer tot bekering kom nie omdat hy begin glo hy is reg al is hulle verkeerd! (Rom. 1:24-32; Matt. 13:11-15)(Matt. 13:15 - "Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie")(https://warechristene.blogspot.com/2020/04/hart-verhard.html).  Bestudeer gerus ook die volgende pos om hierdie beter te verstaan: (https://warechristene.blogspot.com/2017/03/siener-raadpleeg.html - ...rol af na die bespreking oor die met 'n gees van dwaling). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING: 

Om te verstaan waarna die boom van kennis van goed en kwaad verwys, kan ons o.a. inkyk op die verskille tussen die boom van die lewe en die boom van kennis van goed en kwaad (rol op vir die tweede paragraaf waarin hierdie bespreek word). Ons weet bv. dat die vrugte van die boom van die lewe genesing (Openb. 22:2) en ewige lewe gee... (Gen. 3:22), maar die vrugte van die boom van kennis van goed en kwaad lei tot die dood (Gen. 2:16,17; 3:3). Bestudeer gerus die beskrywing van "ewige lewe" om beter te verstaan waarna die "boom van die lewe" verwys (want die boom van kennis van goed en kwaad verwys duidelik na die teenoorgestelde).  Bv, in Joh. 17, in 'n gebed wat Jesus tot die Vader gedoen het, het Jesus Christus die ewige lewe as volg beskryf: (Joh 17:3 - "En dit is die ewige lewe, dat hulle U KEN, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het") - "ewige lewe" verwys dus na "om die Here te ken" (die boom vd lewe se vrugte gaan oor "kennis vd Here");  in ander woorde, "dood" verwys na "nie die Here ken nie"... (die twee bome verwys maw nie na dieselfde kennis en verstand nie - in beide gevalle verwys dit na insig om te oordeel tussen reg en verkeerd, maar nie alle insig is van die Here nie;  dus, wereldse insig is dwaling, en kom terloops tot niet! - dit is belangrik om hierdie te verstaan, wat dit is duidelik dat NIE alle paaie na die ewige lewe lei nie - nie alle bronne verwys na "die Here ken" nie). Die groot verskil tussen die twee bome se vrugte is maw watter bron jy leer KEN... (bv. die wat nie die Here KEN nie, maw die wat nie Sy kennis soek nie, maak op die vlees of ander bronne staat). Om die begrip "kennis" beter te verstaan, gaan na hierdie pos (https://warechristene.blogspot.com/2018/03/kennis-gawe-van-kennis.html). In hierdie konteks verwys "KENNIS VAN" dus na wat dit is wat jy ken (insig/verstand; maw, hoe jy dink en sien... Bv., hoe beskryf jy lewe?, hoe beskryf jy goed of sleg, reg en verkeerd). 

Daar is net twee bronne van "kennis", nl. (1)  die KENNIS VD HERE (verwys na die wat van die boom van die lewe eet / hulle dink en sien soos die Here), en (2) EIE INSIG en WêRELDSE WYSHEID (verwys na die wat van die boom van "kennis van goed en kwaad" eet /dink en sien vleeslik) - om hierdie beter te verstaan, bestudeer gerus die verskil tussen die geestelike mens en die natuurlike mens. Die Skrif leer dat geestelike mense die Gees van waarheid (die Heilige Gees) het (en dra vrugte tot lewe), maar natuurlike mense het 'n gees van dwaling ('n wêreldse gees)(en dra vrugte vir die dood).  Hoe sien en dink jy? - hierdie is belangrik!, en wys op watter pad jy is..., nl. of jy op die pad vd lewe is, of die dood - dit wys of jy die waarheid KEN of dwaal (watter gees het jy? -Het jy die Heilige Gees?, of 'n wereldse gees?). In ander woorde, eet jy die vrugte vd boom vd lewe?, of eet jy die verbode vrugte van kennis van goed en kwaad (dit wys "watter gees jy het"). Anders gestel, het jy die kennis vd Here (wat tot lewe lei)?, of het jy wêreldse kennis (Hebr. woord "dah'-ath" - bewustheid, verstand, uitgeslape) wat tot die dood lei?  Natuurlike mense dink en sien anders as geestelike (nl. weergebore) mense... - watter boom se vrugte jy eet, bepaal wat soort "boom" jy is. 

Alhoewel die twee bome verwys na letterlike bome wat in die tuin van Eden is, verwys dit beslis ook na die geestelike..., want die tema van geestelike voedsel en water word baie in Skrif gebruik.  Dit gaan beslis oor KEUSE! (watter boom jy kies).  Bv., Adam en Eva se ongehoorsaamheid het bewys dat hulle nie die Here vertrou nie... (Eva het haar vertroue in die slang geplaas - ander bron;  en Adam het sy vertroue in Eva geplaas - vlees- dit waarin jy jou vertroue plaas wys watter KENNIS jy ontvang/het (jou keuse bepaal van watter boom jy eet).  Kennis bepaal hoe jy sien en dink, maar nie alle kennis is van die Here nie. Sien dus hoe belangrik dit is om die Here te gehoorsaam en nie verbode voedsels te neem nie (moenie jou hoop plaas in ander-geloofsbronne en die vlees nie). Die Genesis verhaal onderstreep die feit dat sekere (soorte geestelike) voedsel vir die mens verbode is!;  en dat sou die mens daarvan neem, hy sal doodgaan. Hierdie feit het nie verander nie. M.a.w., nie alle kennis is vir die mens toelaatbaar nie.... (Gen. 2:16,17) - die skepsel moet sy Skepper respekteer - God, is 'n jaloerse God. In die O.T. het God sy volk vele male gewaarsku teen afgode en afgodspraktyke, en dit is nie anders in die Nuwe Testament nie;  ook wat die vlees aanbetref, was die mens nooit veronderstel om staat te maak op eie insig nie... (Spr. 3:5).       Om meer te verstaan waarna geestelike kos en water verwys, gaan na: (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html). Geestelike water verwys bv. gewoonlik na die bron waarvan jy drink... (bv. die Here word o.a. soos 'n fontein/waterbron voorgestel.  Wie is dit in wie jy jou hoop plaas, glo, vertrou, raadpleeg, want dit is waar jy geestelike water drink.  Die wat afgode aanbid is besig om by verbode bronne te drink).  Geestelik voedsel verwys na kennis... (bv. waarheid/die woord van God verwys na geestelike voedsel, en verbode geestelike voedsels verwys dus na heidense geloofskennis en verstand - dit waarin mense baiemaal hulle hoop plaas bloot vir die voordele wat hulle daaruit kan kry, maar die waarheid is dat dit tot niet kom...).  Nie alle geestelike bronne is van die Here nie! As jy by verkeerde bronne eet en drink, dan is jy ongehoorsaam aan die Here (soos Adam en Eva)(dit wys dat jy Hom nie vertrou nie, en dus nie luister na Sy woorde/kennis nie).  Die gevolg? - Adam en Eva het opgeeindig met 'n gees van dwaling... Vir nog 'n studie oor waarna geestelike kos en water verwys, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2019/05/uiteensetting-die-liggaam-voedsel-en.html). Die twee bome beskryf maw twee bronne van KENNIS, nl. (1) die een bron is die Here, en die ander (2) is werelds/vleeslik (waar mense hulle hoop in die bose plaas, of in die vlees).  Die wat vd "boom van die lewe" eet verwys na die wat KENNIS vd Here verkry (Matt. 7:21; 12:50)(hulle doen Sy wil - vertrou Hom/glo in Hom, en begin daarom dink en sien soos Hy.../Rom. 8:6, het die "kennis vd Here", het die Gees van waarheid (bv., Jesus is die lewende Brood...-Joh. 6:54). Maar die wat vd "boom van kennis van goed en kwaad" eet verwys na die ongehoorsames, wat dus wêreldse KENNIS verkry (hulle is vleeslik)(hulle "dink soos die wereld "/ Joh. 8:44 - hulle het die gees van dwaling)

Die wat van die boom van die lewe eet verwys na mense wat die Here KEN en hulle doen duidelik Sy wil, maar die wat "van die boom van kennis van goed en kwaad eet" verkry kennis van ander bronne/hulle KEN nie die Here nie/hulle doen nie die Here se wil nie  (m.a.w., hulle "eet" dit wat vir hulle verbode is!) - hulle verwys m.a.w. na die ONGEHOORSAMES. Of meer presies verwys dit na insig om te kan oordeel tussen reg en verkeerd, om te besluit wat is goed en wat is sleg... Wanneer daardie insig van die Here kom, KEN jy Hom en dit is soos om te eet van die boom van die lewe (is dan besig om die wil vd Here te doen = gehoorsames);  maar die wie se insig uit hulleself kom of van ander geloofsbronne, is soos om te eet van die verbode vrug (hulle is nie besig om die wil vd Here te doen nie = ongehoorsames).

Let wel dat die woord "dag" (nl. die dag wat hulle die verbode vrug sou eet) hier nie noodwendig vewys na die spesifieke dag wat hulle dit eet nie, maar in Hebr. verwys die woord o.a. na 'n tydperk (bv. in hierdie geval onbekend hoe lank hulle sal lewe voor hulle doodgaan, maar hulle sal doodgaan...). Hierdie is sekerlik die grootste verskil tussen die twee bome, en Adam en Eva het gekies om van die boom te eet wat hulle dood sou beteken, 'n pad wat wat nietig is. Hulle het basies 'n keuse gemaak tussen "lewe" (die kennis vd Here, wat uitloop op lewe) en "dood" (wereldse wysheid wat uitloop op die dood). Die begrip "dood" verwys nie net na die dood vd liggaam nie, maar ook na die tweede dood (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word)(Openb. 20:14; 21:8). Dit is nie die Here se wil dat enige iemand verlore gaan nie, daarom het Hy 'n weg geskep waardeur ons opstanding kan kry asook redding van die tweede dood (Openb. 20:6)... - HIERDIE IS VERAL WAAROOR DIE SALIGHEIDSBOODSKAP GAAN!  Beslis het die Here ons nie net gelos nie maar Hy gee om vir die mens - al word die kinders van Adam gebore op 'n pad wat tot nietigheid lei... (want hulle het 'n wereldse gees), het die Here 'n weg geskep waarop die mens verlos kan word van hierdie slaafskap.  Die vraag is of iemand die weg sal aanvaar wat die Here geskep het om redding te ontvang?  Jy het net jouself te blameer as jy dit aannaam nie... VIR 'N STUDIE OOR "hoekom die mens saligheid nodig het", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/07/bybelstudie-die-begrip-saligheid-hoekom.html

Kyk gerus die rede waarom Eva haar hoop in die slang se woorde geplaas het..., was omdat sy VERSTAND (Hebr. woord " saw-kal' ", wat o.a. verwys na "wete, wysheid, vertandig, lering, instruksie, voorspoed, vaardigheid", ens.) wou verkry.  Ter wille van "verstand" plaas mense baiemaal hulle hoop in verkeerde bronne..., maar die Skrif leer duidelik dat nie alle kennis en wysheid in hierdie wêreld is van die Here nie.  Wanneer iemand sy hoop plaas in verbode kennis, dan luister hy na die bose (Eva het na die slang geluister)(1 Kor. 10:20) - natuurlike mense is in hierdie strik, en die uiteinde daarvan is DIE DOOD (Gen 2:16 - "En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe"). Eva het haar vertroue in die slang geplaas (verkeerde bron), en Adam het sy vertroue in Eva geplaas (verkeerde bron - hy't sy hoop in die vlees geplaas). L.w. dat die "tweede dood" is bedoel vir die duiwel en sy engele, maar die wat ag gee op die bos, word gesien soos kinders van die duiwel (1 Joh. 3:10);  dus noodwendig is hulle uiteinde ook die tweede dood...  

Ons leer in Genesis dat die onmiddellike gevolg van Adam en Eva se ongehoorsaamheid was dat hulle gewaar het hulle is NAAK...  - hulle het bewus geword van "die self", die "eie ek" - hulle was skaam omdat hulle hul hoop in 'n ander bron geplaas het (bv. die bose, of die vlees). Hierdie naaktheid verwys nie net letterlik daarna dat hulle naak was nie, maar het ook 'n geestelike betekenis. Sonde laat mens naak voel - net soos die uiterlike mens klere nodig het om jou naaktheid te bedek, net so het die innerlike "bekleding" nodig (is "naak" a.g.v. sondetoestand, en het geestelike klere, nl. klere van heil, nodig). Hierdie skaamte (agv van naaktheid) of die "self" (soos dit ook baiemaal deur geleerdes beskryf word) verwys na die "eie ek" wat nie onder die wil van die Here staan nie - amper asof hierdie ongehoorsaamheid van Adam en Eva veroorsaak het dat hulle nou hulle eie wil bly volg, in plaas van die Here se wil (die mens het maw 'n slaaf van die sonde geword, en dit is presies wat die Skrif leer). Woorde wat die Skrif o.a. hiervoor gebruik, is "VLEES" en "verkoop onder die sonde": (Rom 7:14-20 - "Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.  En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon"). DIE OOMBLIK TOE HULLE KIES OM NIE DIE HERE TE VERTROU NIE EN UIT ONGEHOORSAAMHEID VAN DIE VRUGTE EET, WAS HULLE "VERKOOP ONDER SONDE"... - hulle het die sonde begin dien, EN IS DUIDELIK DIE REDE WAAROM DIE MENS REDDING NODIG HET! (nl. het redding nodig van sy slaafskap onder sonde)! (Rom 7:23,24  maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?").Toe Adam en Eva van die boom van KENNIS van goed en kwaad eet, het hulle nie net slawe van sonde geword omdat hulle die Here ongehoorsaam was (wat die dood gevolg het; Gen. 3:3,4,17; 2 Pet. 2:19; 1 Kor. 7:22; Rom. 5:12-21; 6:16; ens.), maar hulle manier van "sien en dink" het verander... (Gen 2:9)(die Skrif verwys o.a. hierna dat diesulkes 'n "gees van dwaling" het - hulle dwaal). Dit was 'n keuse wat Eva gemaak het - sou sy vir God vertrou, of nie? (na wie sou sy luister - na God, of na die slang?); en dit was 'n keuse wat Adam gemaak het - sou hy na God luister of na die vrou? (hy het "vlees" as sy bron gekies). Omdat hulle vd boom van goed en kwaad geëet het (wat hulle nie mag gedoen het nie), het hulle begin staatmaak op die vlees vir insig oor goed (reg) en kwaad (verkeerd/sleg), nl. die verbode kennis/verstand - die gevolg?  Hulle het verander in "kinders vd nag"...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Is dit moontlik vir iemand wat verbode vrugte geëet het, om weer toegang te kry tot die boom van die lewe?

Daar is 'n rede waarom Adam en Eva verban is uit die tuin van Eden...(Gen. 3:22-24- "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak"). Wat priesies die rede hiervoor is...(?) kan verseker bespreking uitlok.., maar wat miskien veral die moeite werd is om te noem in hierdie verband, is die feit dat God 'n jaloerse God is!, en die mens word nie toegelaat om beide Hom en die bose te raadpleeg nie - die mens word nie toegelaat om aan beide tafels te eet nie (1 Kor. 10:21), die mens word nie toegelaat om op beide die kennis van die Here asook wereldse kennis of die vlees staat te maak nie. Die uiteinde hiervan is die staat waarin Adam en Eva verkeer het na die sondeval (en hoe hulle kinders is = "natuurlike mense")(hulle was "slawe van sonde";  m.a.w., hulle kinders word as "slawe" van sonde gebore).

Deur God se saligheidsplan kan die mens herstel word tot die plek waar hy vrylik weer van die boom van die lewe kan eet!  Bv., die Skrif leer dat die wat eendag in die Nuwe Jerusalem op die nuwe hemel en aarde gaan bly, sal vrylik kan eet van DIE BOOM VAN DIE LEWE (Openb. 2:7; 22:2,14), maar hierdie verwys nie na mense wat sit aan altwee tafels nie en die vrugte van beide geniet het nie. Nee, die wat eendag gaan toegang he tot die boom van die lewe, verwys na die wat die kennis vd Here soek - Hom gehoorsaam en Hom AS EERSTE LIEFDE KEN (Openb.2:4-7). L.w. dat die geestelike mens ook terloops voorgestel word soos 'n "boom van die lewe" wat vrug kan dra (vrug tot ewige lewe)(Joh. 4:36; Rom. 6:22). Ten spyte van die feit dat die mens nie geluister het nie, is God goed en het Hy het vir baie eeue 'n plan in plek gehad om die mens weer te laat vrykom van dit waaronder hy geval het. Nou wonder sommige waaroor die hele "glo in Jesus Christus" evangelie gaan?, maar neem kennis dat Hy is die weg wat God die Vader geskep het sodat die mens nie die dood oes nie - Jesus Christus, die Seun van God, kan jou red van nietigheid! (bv. "geestelike mense", altans "weergeborenes", altans die wat in Jesus glo en deur Hom nuut gemaak word, is nie meer op die pad wat tot niet lei nie maar is instaat om vrug te dra tot lewe... - 1 Joh. 3:9/ - want hulle dien nie meer die sonde nie, maar dien die Here en het dus die belofte dat hulle die ewige lewe sal oes). Die wat gered word word vrygemaak van hulle slaafskap onder sonde (wat beteken, hulle dien nie meer die sonde nie, maar dien die Here / dien Sy Gees - "is onder die wet vd Gees";  kortom, hulle het die Gees van WAARHEID, nie meer die gees van dwaling nie).  Hulle word gered deur WATER (afwassing van sondes) en GEES (hulle ontvang die Heilige Gees) - dus, hulle begin SIEN EN DINK soos die Here (want hulle het die Gees van waarheid)(Hebr. 8:10).  Die asem van die Heilige Gees is ook soos lig vir die geestelike mens - daarom het hulle lewe, en word o.a. na verwys as "kinders van die dag" (hulle is verlig - nie meer dood nie, maar lewe nou).  

Geestelike mense (nl. weergeborenes - die wat oorwin) het die belofte dat hulle eendag van die boom van die lewe sal kan eet, maar l.w. dat hulle self ook voorgestel word soos bome vd lewe..., omdat hulle vrug dra "tot ewige lewe"! Vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/p/blog-page.html. Die Here het hierdie groot plan gemaak sodat die mens weer toegang het tot die boom vd lewe - die wat gered word sal eendag op 'n nuwe hemel en aarde bly, waarin terloops geen dood meer sal wees nie, hulle sal dan nie meer huil nie, en geen moeite meer hê of bedroef wees nie... (Openb. 21:4). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------