Wys tans plasings met die etiket verseel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verseel. Wys alle plasings

Vrydag 20 Januarie 2023

Teken/Merk/Verseël (op regterhand / voorhoof / vel)

 In hierdie pos kyk ons na die betekenis van 'n teken of merk (regterhand/voorhof/vel ens.),

- (1) Teken op hand / voorhofsband (gedenkseëls);

- (2) Verseël / Naam op voorhoof (144000) (weergeborenes);

- (3) Teken op hand en/of voorhoof (merk vd dier);

- (4) Sny of ingeprikte tekening op die vel;

- (5) Merk van Kain (Gen. 4:15).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1) TEKEN OP HAND / VOORHOFSBAND (tekens van herinnering en gedenkseëls)

Daar is gewoonlik 'n rede vir 'n "teken" bv., onder die volk van God was 'n "teken (Hebr. woord "oth", wat ditto betekenis het as 'n vlag, monument ens. - 'n merk bedoel vir "herinnering"-Deut. 6:9) op die hand of die voorhofsband" bedoel om hulle te herinner aan wat die Here vir hulle gedoen het, dat hulle Sy woorde onthou en dit vir hulle kinders leer... (hierdie "woorde" is ook op die deurposte vd huise en poorte geskrywe...-Deut. 6:9), en wil nie vookom of dit op die vel self gedoen was nie, maar op iets anders wat op die liggaam gedra is. In hierdie geval sien ons hoe die teken op die hand of die voorhofsband, as TEKEN gedien het vir iets... (bv., in hierdie geval "om hulle te laat onthou"...):  

-(Deu 6:6-8)  En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.

-(Deu 11:18-20)  Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees, en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;  en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,

-(Eks. 13:14-16) En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei. Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan die HERE alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los. En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.

Dit kan sekerlik vgl. word met die "gedenkseëls" waarna Jesus verwys in Matt. 23:5 - gedenkseëls in hierdie skrif is die Griekse woord "foo-lak-tay'-ree-on" (die engelse woord "phylactery" (Aramees "tefillin") wat verwys na skrifte wat hulle op hulle dra - word gedra as 2 swart leerbokse met skrif in, gewoonlik gedra op die voorhoof of op die linkerarm... -Exod. 13:1-10, 11-16; Deut. 6:4- 9; 11:13-21). Hierdie skrifte was bedoel om hulle te herinner aan die Here se woorde en Sy wil.  

Sommige geleerdes is van mening dat hoe die Here dit oorspronklik bedoel het (bv. die feit dat hulle dit moet bind as teken op hand en as voorhofsband tussen die oe) nie letterlik geinterpreteer moes word nie (Eks. 13:9; Deut. 11:18); tog, sou ons dit vgl. met die skryfwerk op die deurposte en poorte, dan wil dit tog voorkom of hierdie ook letterlik bedoel kon wees ( dit kan vgl. word met ander skrifte waar "om die skrif te bewaar" meer figuurlik bedoel is, sodat die onderskeiding gemaak kan word tussen wanneer dit figuurlik of letterlik bedoel was...: bv. Spr. 1:8,9;  3:1,3;  6:20-22; 7:2,3; Jer. 31:32  ; of kyk na die verwysing in  Deut. 6:6 - "En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees" - wat duidelik verwys na hoe hulle Sy woorde moet bedink en onthou. en in hierdie opsig nie letterlik uitvoer nie, alhoewel die letterlike uitvoer natuurlik ook kan help om die woorde in jou hart te hou!). Soos in hierdie skrifte genoem en bo gesien, is die teken op hand of voorhofsband maar net een vd metodes wat gebruik was om "te herinner" en "te onthou". Dit is dieselfde soos wanneer ons skrifte op papier uitskryf en dit op die kasdeur of die kerk se mure plak... - dit gaan oor die doel, en die rede vir hierdie gebare was "vir herinnering".

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(2) VERSEëL / NAAM/seël op voorhoof:

(144000)  (weergeborenes)

Daar is 'n paar skrifte waar daar verwys word na mense wat "verseël" is, bv. die wat verseël is deur die Heilige Gees, of die 144000 wat verseël sal word in die laaste dae... 

Van die 144000 word daar gesê dat hulle "op hulle voorhoofde" verseël sal word (Openb. 7:2,3)  En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie. Vgl. dit met Openb. 14 waar daar ook na die 144000 verwys word: (Openb. 14:1)  En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe. Die 144000 is mans wat vrygekoop word uit die stamme van Israel. Daar is redes waarom hierdie mans "verseël" word, en een rede word gegee in Openb. 14 - hulle is gekoop as eerstelinge vir God en die Lam, en sal die Lam volg waar hy ookal heengaan. 'n Ander moontlik rede word gegee in Openb. 7:3 - is om hulle te beskerm onder die gebeure onder die 7de seël (terwyl die wat nie die seël het nie onder God se wraak gaan val.../vgl. met Openb. 9:4).  

In hierdie geval word die 144000 dus o.a. "gemerk" vir beskerming ("signet"), en kan vgl. word met hoe weergeborenes "verseël is deur die Heilige Gees tot die dag van verlossing": (Ef. 4:30)  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossingL.w. dat weergeborenes ook gesien word soos 'n volk van eersgeborenes/'n heilige priesterdom...!(weergeborenes is gekoop onder die mensdom om vir God priesters te wees). Weergeborenes (geestelike mense / die in wie die Heilige Gees is) kan ook gesien word as "verseëldes", en daar is ook 'n rede hiervoor;   nl., dat hulle in bewaring gehou word (deur die Heilige Gees) tot die dag van verlossing... (sodat hulle nie onder oordeel val nie). "Seël" in hierdie konteks is amper dieselfde betekenis as die van 'n seëlring ('n SEëL of sekuriteit)(bestudeer pos getiteld "verseël tot die dag van verlossing"...)(Ef. 4:30; 2 Kor. 1:21,22).  Dit beteken egter nie noodwendig dat hulle beskerm word van verdrukking nie, maar verwys spesifiek na beskerming van oordeel (soos die tweede dood), of beskerming teen die wraak van God... (bv., kan verwys na gebeure onder die 7de seël). 

Vgl. dit ook met die profesie in Eseg. 9:4..., waarin sekere manne 'n teken op hulle voorhoofde kry (die wat sug en steun oor al die gruwels wat in die stad gedoen word) - in hierdie gedeelte word hierdie manne met die teken op die voorhof beskerm

Dit wil dus voorkom of die tema van "verseëling" veral te doen het met:
-   beskerming, maar gaan ook oor 
- "om iemand te merk" (dat hulle aan 'n sekere groep behoort, bv. "eerstelinge gekoop", of is deel vd volk van "eersgeborenes"...)("naam op voorhoof" kan bv. ook gebruik word om te beskryf "wie", bv. Openb. 17:5 - "en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde").
 .  
Kom ons kyk na nog 'n paar skrifte met die woord "seel" in konneksie met kinders vd koninkryk, om beter te verstaan waarna "seël" kan verwys:
-  (Rom 4:11 -  "En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word"); - ABRAHAM SE GELOOF WAS SOOS 'N MERK/TEKEN/BEWYS DAT HY GEREGTIG IS/"BESNY" IS (al was hy toe nog nie besny nie, is hy gesien soos 'n besnedene... - besnydenis is slegs 'n fisiese teken -bestudeer die tema "besnydenis vd hart" om hierdie beter te verstaan) - die vleeslike besnydenis is 'n teken, is soos 'n seël of merk.  Op ditto wyse kan geloof gesien word soos 'n seël...;  m.a.w., die wat GLO is soos mense wat besny is (is GEROEPENES). L.w. dat die wat glo (in Jesus Christus) ontvang die Heilige Gees, wat 'n bewys is dat hulle aangeneem is... (en hulle het die dus die belofte dat hulle sal opstaan tot lewe-Rom. 8:23 - is dus "beskerm", of word in bewaring gehou tot die dag van oordeel).

-  (1Kor.  9:2 - "As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here") - KERKE WAT DEUR PAULUS BEGIN IS, WAS SOOS DIE SEëL/TEKEN/MERK/BEWYS DAT HY 'N APOSTEL WAS.

-  (2Ti 2:19 - "Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid"). - DIE CHRISTEN SE WERKE WYS OF HY AAN DIE HERE BEHOORT / HULLE WERKE IS SOOS 'N TEKEN/STEMPEL/'n bewys DAT HULLE GLO. Net soos geloof gesien kan word soos 'n teken/seël dat iemand geroep is, so is werke weer is teken dat iemand glo! (geloof sonder werke is dood...).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3) TEKEN OP HAND OF VOORHOOF:

(die merk van die dier)

In die boek van Openbaring (Openb. 13) word daar verwys na 'n spesifieke "TEKEN OP DIE HAND OF VOORHOF" wat ook genoem word "die merk vd dier" (of die naam vd dier, of die getal van sy naam).  Die "merk" waarna verwys word in Openb. 13 is soos ander tekens ook duidelik "'n teken van iets"... Maar van wat? - die wat hierdie merk het, aanbid die dier... Die merk is 'n teken van wie "trou gesweer" het aan die dier. Op dieselfde wyse is die wat glo in Jesus Christus, en die Heilige Gees ontvang, soos mense wat gemerk is as die wat "trou gesweer" het aan Jesus Christus...   

Volgens Openb. 13 verwys die merk vd dier/"teken" na:

-  'n merk  (Griekse woord "khar'-ag-mah", wat verwys na 'n iets soos 'n stempel of iets gegrafeer); 

of 'n getal  (Griekse woord "ar-ith-mos'", wat verwys na 'n getal)   (en die dier se getal is 666 - Openb. 13:6); 

of 'n naam  (Griekse woord "on'-om-ah", wat verwys na 'n noemnaam - 'n outoriteit)  - m.a.w. "vd dier" in Openb. 13. 

Die teken op die hand of voorhofsband:
Onder die "dier uit die see" ("dier" hier verwys na 'n koninkryk en 'n koning)(Dan. 7:17,23,24) se bewind sal die valse profeet ("dier uit die aarde" - Openb. 13:11) maak dat almal (klein en groot, rykes en armes, vrymense en die slawe...‘n merk op hulle regterhand en/of  voorhoofde gegee word, sodat niemand kan koop of verkoop nie behalwe hy wat die merk of die naam van die dier ("dier uit see" - Openb. 13:1;  ook deur baie genoem "Antichris") of die getal van sy naam het (Openb. 13:16,17 - "En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het"). Niemand weet met sekerheid waarna presies hierdie merk verwys nie (bv. tekening of ingeprikte tekening, of iets wat onder die vel ingeplant word, ens.). Wat eerder belangrik is om te weet, is die REDE vir hierdie merk!  Die wat hierdie merk ontvang, is mense wat die dier aanbid. Die valse profeet sal ook maak dat almal gedwing word om hierdie merk te neem, en dat niemand kan koop of verkoop sonder die merk nie (Openb. 13:16,17). Hierdie wys beslis op 'n tyd van verdrukking vir die heiliges... - (Openb. 20:4 - "En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank").

L.w. dat elkeen wat hierdie merk neem sal onder God se oordeel val (Openb. 14:9-11; 16:2). Kinders van die koninkryk mag nie hierdie merk neem nie want deur dit te neem gaan jy die Here verloën... Die wat hierdie merk ontvang verwys na mense wat die dier aanbid en dien... - hierdie mense sal uiteindelik almal onder God se toorn val: -(Openb. 14:9-11 - "En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang");  -(Openb. 16:2 - "Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het").

Die rede waarom die valse profeet hierdie metode van 'n teken sal gebruik, mag miskien 'n nabootsing wees van die teken wat deur die Jode op die linkerarm of voorhoof gedra word (?), alhoewel hierdie teken miskien baie meer tegnologies gevorderd gaan wees. Sommige is van mening dat dit iets soos 'n tattoeeering sal wees en/of 'n strepieskode...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(4) SNY OF INGEPRIKTE TEKENING OP VEL:

Mense maak somtyds merke op hulle vel omdat dit iets voorstel... - bv. 'n ink merk of tekening wat jou toegang verseker tot 'n geleentheid, of 'n ingeprikte tekening (tatoeeering) vir versiering of omdat dit iets spesifiek voorstel...  Om daardie rede was snye in die vlees en ingeprikte tekeninge op die vel weens sekere redes vir die volk van God verbode (bv., waar dit "ter wille van 'n dooie" gemaak is)(Lev 19:28) - dit gaan oor die doel waarom dit gedoen is.  

Dit gaan dus hier oor DIE REDE vir SO 'N SNY OF TEKENING of MERK. Die volk van God mag hulle bv. nie "ter wille van 'n dooie" sny of ingeprikte tekeninge maak, stukkend kerwe of 'n kaalte maak nie... ((en mag terloops ook nie (kos)offerandes aan dooies maak nie))(Deut. 14:1; Lev. 19:27,28). Die feit dat die volk belet was om hierdie te doen was natuurlik bedoel in konteks met gevalle waar dit  gedoen is "ter wille van dooies" - hierdie gebruike was toegepas deur die heiden nasies wat hulle besig gehou het met afgodsaanbidding, oproep van dooies en allerhande ander verbode heindense praktyke (Lev. 21:5; Jer. 16:6; 48:47, ens.).  Dit gaan beslis hier oor die doel... - m.a.w. "waarom" dit gedoen word. Bv., dit is tog nou nie verkeerd as 'n man sy baard afskeer of 'n kaalte op sy hoof maak nie!, maar in 'n spesifieke konteks kan dit verkeerd wees... (Jes. 15:2 ). Dit gaan hier oor die REDE waarom dit gedoen word. Om 'n ingeprikte tekening op die vel te maak is nie noodwendig verkeerd nie, maar dit gaan beslis oor die REDE waarom dit gedoen word. 
___________________________________________________________________________________
(5)  Teken van Kain:

(Gen 4:15)  Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het ‘n TEKEN (Hebr. woord "oth" wat ditto betekenis het as 'n vlag of monument, ens., en beteken "merk of teken") gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

Niemand weet presies wat hierdie "teken" was wat Kain ontvang het nie.  Wat wel duidelik is is dat dit ook vir sy beskerming was! Omdat Kain vir Abel doodgemaak het, het die Here hom vervloek en hom uit die land verdryf ...(Gen. 4:12 -  "As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; ‘n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde") - hy sou nou 'n swerwer en vlugteling wees, en Kain was bang dat elkeen wat hom kry hom sal wil doodslaan (v.14).  Daarom het die Here hom "gemerk"(Gen 4:15 - "Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het ‘n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie") - hierdie TEKEN was vir sy beskerming sodat niemand hom doodslaan nie - die teken was soos 'n waarskuwing vir die wat hom wil doodslaan, want as hulle dit doen sal dit 7-voudig gewreek word.  Vgl. dit gerus met Lev. 26:18 waarin die volk van God ook "gewaarsku" word, dat sou hulle nie ag gee op die Here se woorde nie, Hy hulle 7-voudig sal tugtig!... ("En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig")(kyk ook ander skrifte waarin hierdie "7-voudig" gebruik word: Lev. 26:18, 21, 24, 28; Ps. 79:12; Spr. 6:30,31).

Vgl. dit met ander skrifgedeeltes waar 'n TEKEN ook dien "as beskerming", bv. (Eseg. 9:4-6 - "En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ‘n TEKEN OP DIE VOORHOOFDE van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; MAAR RAAK AAN NIEMAND OP WIE DIE TEKEN IS NIE, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was").

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------  

Saterdag 09 Februarie 2013

en bedroef nie die Heilige Gees van God nie...

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waar-n-gelowige-die-here-versoek-wys-hy.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Ef. 4:30)  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
------------------------------------------------------------
Volgens hierdie vers is die Christen  "verseël  tot die dag van verlossing" (die dag van die wederkoms).  Die  tema van "verseëling", is 'n interessante onderwerp in die Skrif - in hierdie geval het dit dieselfde betekenis as die van 'n seëlring, 'n "merk",  sekuriteit vir die "dag van verlossing",  Jesus se wederkoms - wat  gepaard gaan met "oordeel" en "God se wraak" - die persoon wat verseel is, is fisies veilig (nie in die sin dat hy voor die tyd geen verdrukking sal deurgaan nie, maar vry van die oordeel van die tweede dood en van die "wraak van God"). (Dit beteken nie dat die Christen nie ook geoordeel gaan word nie, want dit is duidelik volgens die Skrif dat gelowiges, sowel ongelowiges geoordeel gaan word).  In die geval van "God se wraak", is die gelowige dus beskerm - in ander woorde kan ons se:  Die Christen kan seker wees dat hy die ewige lewe gaan ontvang - (Ef 1:13)  'in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte'.

Ef. 4:30 begin egter met die volgende woorde:  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie ( deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing) - in die skrifgedeelte le die klem nie op die feit dat ons verseel is nie,
 maar op die opdrag:  "bedroef nie die Heilige Gees van God nie"

Dit is dus duidelik dat dit moontlik is vir die gelowige om die Heilige Gees te bedroef.  Watter gevolge sal dit he, sou iemand die Heilige Gees bedroef?  

Wanneer ons Ef. 4:30 in konteks gaan lees, sal ons gou vind waarna Paulus verwys het.  Hy begin met die volgende woorde:  (Ef. 4:1)  "Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is...".  Dan gaan hy verder deur te verduidelik hoe ons een in Gees moet wees, in die sin van dat God gawes werk deur elkeen (soos Hy wil) en hoe ons mekaar moet respekteer hierin. Hy gaan verder deur te se:  (Ef. 4:17-) "Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie— mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe. Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede....."  Lees gerus verder hoe hy hulle voorskryf wat dit beteken om die "oue af te le" en "om hulself met die nuwe te beklee".  

 As jy weier om die oue af te le en jou met die nuwe te beklee, m.a..w om aan te hou lieg, of aan te hou om ander af te breek, heeltyd kwaad bly vir ander, verbitterd, onvriendelik, ens., wat sal die uiteinde daarvan wees?  As jy dan die Een bedroef "deur wie jy die verseeling ontvang het", wat sal die gevolge wees van hierdie optrede? As die Christen dan 'n opdrag ontvang dat hy nie die Heilige Gees moet bedroef nie, dan moet daar tog 'n gevolg wees sou hy ongehoorsaam wees!  Die feit dat die Christen uit genade gered is, beteken NIE dat daar "niks van hom verwag word nie"! 
===============================
...en bedroef nie die Heilige Gees van God nie...