Wys tans plasings met die etiket verlossing. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verlossing. Wys alle plasings

Saterdag 09 Februarie 2013

en bedroef nie die Heilige Gees van God nie...

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waar-n-gelowige-die-here-versoek-wys-hy.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Ef. 4:30)  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
------------------------------------------------------------
Volgens hierdie vers is die Christen  "verseël  tot die dag van verlossing" (die dag van die wederkoms).  Die  tema van "verseëling", is 'n interessante onderwerp in die Skrif - in hierdie geval het dit dieselfde betekenis as die van 'n seëlring, 'n "merk",  sekuriteit vir die "dag van verlossing",  Jesus se wederkoms - wat  gepaard gaan met "oordeel" en "God se wraak" - die persoon wat verseel is, is fisies veilig (nie in die sin dat hy voor die tyd geen verdrukking sal deurgaan nie, maar vry van die oordeel van die tweede dood en van die "wraak van God"). (Dit beteken nie dat die Christen nie ook geoordeel gaan word nie, want dit is duidelik volgens die Skrif dat gelowiges, sowel ongelowiges geoordeel gaan word).  In die geval van "God se wraak", is die gelowige dus beskerm - in ander woorde kan ons se:  Die Christen kan seker wees dat hy die ewige lewe gaan ontvang - (Ef 1:13)  'in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte'.

Ef. 4:30 begin egter met die volgende woorde:  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie ( deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing) - in die skrifgedeelte le die klem nie op die feit dat ons verseel is nie,
 maar op die opdrag:  "bedroef nie die Heilige Gees van God nie"

Dit is dus duidelik dat dit moontlik is vir die gelowige om die Heilige Gees te bedroef.  Watter gevolge sal dit he, sou iemand die Heilige Gees bedroef?  

Wanneer ons Ef. 4:30 in konteks gaan lees, sal ons gou vind waarna Paulus verwys het.  Hy begin met die volgende woorde:  (Ef. 4:1)  "Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is...".  Dan gaan hy verder deur te verduidelik hoe ons een in Gees moet wees, in die sin van dat God gawes werk deur elkeen (soos Hy wil) en hoe ons mekaar moet respekteer hierin. Hy gaan verder deur te se:  (Ef. 4:17-) "Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie— mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe. Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede....."  Lees gerus verder hoe hy hulle voorskryf wat dit beteken om die "oue af te le" en "om hulself met die nuwe te beklee".  

 As jy weier om die oue af te le en jou met die nuwe te beklee, m.a..w om aan te hou lieg, of aan te hou om ander af te breek, heeltyd kwaad bly vir ander, verbitterd, onvriendelik, ens., wat sal die uiteinde daarvan wees?  As jy dan die Een bedroef "deur wie jy die verseeling ontvang het", wat sal die gevolge wees van hierdie optrede? As die Christen dan 'n opdrag ontvang dat hy nie die Heilige Gees moet bedroef nie, dan moet daar tog 'n gevolg wees sou hy ongehoorsaam wees!  Die feit dat die Christen uit genade gered is, beteken NIE dat daar "niks van hom verwag word nie"! 
===============================
...en bedroef nie die Heilige Gees van God nie...