Wys tans plasings met die etiket verkeerd oordeel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verkeerd oordeel. Wys alle plasings

Woensdag 14 Augustus 2013

Moenie OORDEEL/VEROORDEEL nie (2)

Vir die eerste deel van hierdie onderwerp bespreking (oordeel/veroordeel), gaan na http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-1.html
In die eerste deel het ons gesien in watter konteks Jesus die woorde gebruik het van dat ons nie mag  oordeel/veroordeel nie - Luk. 6:37 - en dit was dat dit van ons verwag word om BARMHARTIG te wees en ander VRY TE SPREEK.

(Mat 12:7)  "Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie".

Te veel male word die woorde "moenie oordeel" gebruik in konteks met waar iemand homself regverdig om in sonde te stap - ander dink dat dit hulle 'n kaartjie gee om hulle eie geloof te skep of die waarheid te verdraai. 
MIN CHRISTENE VERSTAAN  WAT BEDOEL WORD MET DIE WOORD, EN HULLE OORDEEL VERKEERDELIK DEUR "DIE WAT BUITE IS TE OORDEEL", KWAAD TE SPREEK VAN BROEDERS, FOUT TE SOEK EN ANDER TE OORDEEL OP HULLE MENSGEMAAKTE WETTE.  TOG LAAT HULLE NA OM "REG TE OORDEEL", DEUR AFVALLIGE GELOWIGES TE WAARSKU, IN SAGMOEDIGHEID DIE WAT IN AANHOUDENDE SONDE STAP TE VERMAAN, OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG EN GELOWIGES TE HERINNER AAN DIE PAD VAN GODSALIGHEID. 


Om ander gelowiges barmhartig te wees en vry te spreek, beteken NIE dat EK hulle VRYSPREEK "OM IN SONDE TE STAP", of afvallig te raak nie!;

Om mense barmhartig te wees en vry te spreek, beteken NIE dat ek DIE WAARHEID VERDRAAI omdat ek BARMHARTIG is nie! 


In hierdie blogpost gaan ons sien dat daar wel 'n "verkeerde oordeel", maar ook 'n "regte manier van oordeel" is; en ons gaan  kyk na hoe die woorde "oordeel" en "veroordeel" somtyds verkeerd verstaan word.

==============================================


INLEIDING:

Iets wat ons moet begryp is dat, alhoewel Jesus die stelling gemaak het in Luk. 6:37 van dat ons nie mag oordeel of veroordeel nie, Hy ook die volgende stelling gemaak het aan die skare in Joh. 7:24 - "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel"
 Kyk ook na Sy woorde in Luk 6:42 - "Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal"
Kyk ook Paulus se woorde aan die gemeente van Korinthiers: 1Kor. 5:12 - "Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?"...


Dit is dus duidelik dat, alhoewel ons beveel word om nie te oordeel/veroordeel nie, ander verse weer daarop dui dat dit van ons verwag word om somtyds te oordeel?  
-  oordeel ‘n regverdige oordeel
-  dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal
-  Oordeel julle nie die wat binne is nie?

Die woord "oordeel" het wel dieselfde betekenis in al bg. skrifte (dieselfde Griekse woord gebruik),
*  "oordeel" ("to judge" - "om te bevraagteken"); 
*  "veroordeel" ("to condemn" - wat beteken om iemand skuldig te verklaar, en in sommige verse ook: om te bevraagteken).  
 maar in die een word ons beveel om "nie te ooreel nie", maar in die ander om "wel te oordeel" - wanneer ons alles egter in konteks lees, dan sal ons sien dat die rede vir die gebruik van die woorde "oordeel/nie oordeel" eintlik oral dieselfde is. 


(rol af vir skrifte)
Daar is 'n verkeerde manier van oordeel (in daardie sin: "moenie oordeel nie")
maar ook 'n regte (regverdige) manier van oordeel (in daardie sin: "oordeel")


=================================================================

OPSOMMING:
(rol af vir konteks/uiteensetting skrifte ondertoe)

*   Om VERKEERD TE OORDEEL, beteken dat iemand onbarmhartig is en nie wil vryspreek nie - (in daardie sin is dit verkeerd om iemand te bevraagteken): 

-(soos in die geval van waar daar van die ongelowige verwag word om in geregtigheid te stap (1 Kor. 5:12,13)http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html)(Matt. 7:6) (kyk ook 2 de deel: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html);
-(of in die geval van waar ons ander oordeel op ons mensgemaakte wette (Rom. 14:1-23)(Kol. 2:16));
-(of in die geval van waar mense loop en fout soek by ander (Jak. 5:9), bv. deur ander te oordeel op sonde, maar self in sonde stap (Rom. 2:1-3));
-(of in die geval van waar daar kwaadgepreek word van ander (Jak. 4:11),of verkeerd oordeel deur woorde).


*   Om REG TE OORDEEL (regverdige oordeel), beteken dat iemand barmhartig is en wil vryspreek - (in daardie sin is dit reg om iemand te bevraagteken):

-(bv. in die geval van waar 'n gelowige beveel word om heilig te lewe (2 Kor. 7:1-3));
-(of waar 'n gelowige in sagmoedigheid vermaan word om aanhoudende sonde neer te le (Tit. 2:6)(Hebr. 3:13));
-(of waar die waarheid gedeel word (ook met waarskuwing en voorwaardes) (Joh. 3:18)).


=================================================================

Wat "om te veroordeel" NIE beteken NIE:
(1) 'n Verwagting aan 'n gelowige "om heilig te
      lewe"IS NIE "veroordeling" nie (rol af vir skrifte);
(2)  Teregwysing of vermaning IS NIE "veroordeling" 
       nie (rol af vir skrifte);
(3)  Om die waarheid te verkondig,  IS NIE
       "veroordeling" nie (rol af vir skrifte).


========================================================================
=====================================================================


UITEENSETTING BG. SKRIFTE:

 *  Die rede vir die een "oordeel" in Joh. 7:24, is dieselfde as die rede vir "oordeel" in Luk. 6:37. Die ander oordeel wat genoem word in Joh. 7:24, se rede is anders. As iemand "verkeerd oordeel", dan oordeel hy VOLGENS WAT HY SIEN (soos hy dit verstaan of sien; op mensgemaakte wette), maar sou hy "reg oordeel" ('n regverdige oordeel), dan oordeel hy met 'n barmhartige hart en 'n hart wat wil vryspreek. In beide skrifte word die woord "oordeel" gebruik ("moenie oordeel nie"; (moet)"oordeel") - maar die een spreek van VERKEERDE OORDEEL, en die ander van REGTE OORDEEL.(Luk 6:37)  En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word - (ons moenie verkeerd oordeel nie).  Joh. 7:24 - "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel" - (eerste deel:  verkeerde oordeel)(tweede deel: reg oordeel)

  Kyk gerus na die konteks waarin Jesus die woorde in Joh. 7:24 gebruik het:- (Joh 7:23)  "As ‘n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek ‘n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?" - en dan se Hy die volgende: (Joh 7:24)  "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel". Daar is m.a.w. 'n "VERKEERDE" OORDEEL en 'n REGTE manier van OORDEEL. In Luk . 6:37 het Jesus definitief verwys na "verkeerde" oordeel - daarom het Hy gese "moenie oordeel nie" - ook hier in Joh. 7:24 se Hy: "oordeel 'n regverdige oordeel", m.a.w. Hy vra hulle om "reg te oordeel". Waar iemand se hart verkeerd is en hy 'n ander verkeerd oordeel (met 'n onbarmhartige hart en nie wil vryspreek nie, (soos in die geval van Jona), gaan hy ander veroordeel omdat hy nie vir hulle die kans wil gun om vergifnis te ontvang nie (in so 'n geval gaan hy hulle nie vermaan nie, of die waarheid van hulle weerhou sodat hulle nie regmaak met die Here nie - dit is baie onbarmhartig!).  Andersins is iemand se hart verkeerd (en oordeel verkeerd) omdat hy oordeel op "sy manier van sien" (sy mensgemaakte wette).  
--------------------------------

*  In die geval van 1 Kor. 5:12, gaan dit ook oor regverdige oordeel.  
In hierdie geval kan van die gelowige verwag word om vrug te dra, maar dit kan nie van die ongelowige verwag word nie, want hy moet eers tot geloof kom - in daardie sin is dit "verkeerde oordeel" teenoor die wereld (sou ons van hulle verwag om in geregtigheid te lewe terwyl hulle nog nie geregtigheid ontvang het nie!),  maar dit is "regte oordeel" sou ons van 'n gelowige verwag om in geregtigheid te lewe. Ons moet barmhartig wees teenoor die daarbuite en hulle 'n kans gee om tot geloof te kom deur hulle "vry te spreek" (nie te oordeel nie), maar net so is ons barmhartig teenoor gelowiges wanneer ons hulle waarsku teen opsetlike sondes, omdat ons hulle 'n kans gee om reg te maak (dit is dan regte oordeel).

(kyk gerus na die onderwerp "onwetende sonde" om dit beter te verstaan - iemand wat onwetend is, moet eers tot insig kom voor daar van hom verwag kan word wat daar van die wetende verwag word)(maar om bv. die wereldling te waarsku teen die ewige oordeel, is nie verkeerde oordeel nie, want eintlik is jy besig om hom tot insig te bring... - jy is hom dus dan barmhartig en wil graag he dat hy tot geloof kom sodat hy vrygespreek kan word van sy sondes - in daardie sin is dit soos "regte oordeel")

========================================================================
UITEENSETTING SKRIFTE:
Wat "om te veroordeel" NIE beteken NIE:


(1) 'n Verwagting aan 'n gelowige "om heilig te lewe", IS NIE "veroordeling" nie:
In Joh 8:10,11 het Jesus 'n vrou vrygespreek, maar saam met die vryspraak (in die feit dat Hy haar nie veroordeel nie), gee Hy haar die volgende opdrag:  "Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie".  Hy het dus van haar verwag om verder heilig te lewe - om nie meer te sondig nie! "Uit genade" is sy vrygespreek, maar nou verwag Hy van haar om nie meer in daardie sonde te stap nie.  Hierdie aanmoediging om "die sonde neer te le", is self nie "veroordeling" nie!  Baie gelowiges sien verkeerdelik "verwagting om heilig te lewe" as "veroordeling".


Christene mag bv. nie ongelowiges ("die wat buite is") in hierdie opsig oordeel nie, maar word beveel om gelowiges ("die wat binne is"), te oordeel (1 Kor. 5:12,13)  

 Die Skrif is vol voorbeelde van vermaning, weerlegging, aanmoediging om heilig te lewe, e.a.  Jesus se evangelie-verkondiging het grootliks gegaan oor bekering, heiligmaking, die wil van die Vader soek, lewe afle vir die Here, om Hom meer lief te he as die wereld, ens.  Tog is baie Christene vandag verbaas as hierdie beginsels aangeroer word. Hulle is skoon uitgeboul wanneer hulle gevra word om "soos gelowiges te lewe", en beskuldig onmiddellik dat hulle "geoordeel", of "veroordeel" word! 

Wanneer iemand veroordeel word, dan het hy nie meer 'n kans nie - hy is dan skuldig verklaar.  Hy moet betaal vir sy sonde.  Niemand van ons verdien om "nie veroordeel" te word nie (net soos die vrou verdien het om veroordeel te word), maar Jesus gee vir ons 'n kans, al is ons skuldig en moes veroordeel word.  So moet ons almal 'n kans gee en vir hulle vertel dat Jesus hulle nie veroordeel nie, maar dat daar lewe in Hom is - dat Hy die offer is vir die oordeel wat ons verdien het.  As iemand dan nou hierdie kans geneem het om vry te kom van die oordeel wat hy eintlik verdien het, dan gaan hy tog nou nie voortstap in sonde om weer onder die oordeel te kom nie! Watter offer is daar dan vir hom/haar?  ("Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie" -  Outomaties word daar dus van die gelowige verwag om nie meer te sondig nie) - nie meer in aanhoudende sonde te stap nie, maar die sonde neer te le.  As iemand die sonde nie neerle nie:   (Heb 10:26)  "Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie".

Om hierdie WAARHEDE te verkondig, beteken nie dat iemand ander "veroordeel" nie, maar eerder wys dit daarop dat die persoon barmhartig is en wil vryspreek - nie soos Jona wat nie wou he dat hulle tot bekering kom nie!(Jak. 5:19,20)  "Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek". (en Let wel dat hierdie spesifiek geskryf is aan broeders en praat van "broeders" wat afgedwaal het van die waarheid).

Nog verse:
(2Kor. 3:9)  Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid. (- as die gelowige die wet nie nagekom het nie, was hy VEROORDEEL - maar Jesus het ons vrygemaak van die vloek van die wet!  Alhoewel die wet ook vervul is, beteken nie dat daar niks verwag word van die gelowige nie!  Die gelowige moet homself onderwerp aan die wil van die Here "en nie meer sondig nie"! -kyk (13).  Ons is nou vry van die vloek van die wet, maar:  "gaan heen en sondig nie meer nie").


(2)  Teregwysing of vermaning IS NIE "veroordeling" nie:
 In 2 Kor. 7:1-3 maak Paulus dit duidelik dat wanneer hy hulle vermaan om heilig te lewe, of bemoedig om die godsaligheid na te jaag, hy hulle nie "veroordeel" nie (2Kor. 7:3 - "Ek sê dit nie om te veroordeel nie..".). Baie mense sien "teregwysing of vermaning as "veroordeling" - dit is duidelik dat dit nie die geval is nie.   Ook word gelowiges in ander skrifgedeeltes beveel om ander gelowiges wat in opsetlike sonde stap, te vermaan...Tit. 2:6; Hebr. 3:13; 1 Pet. 2:11; 2 Tim. 2:2 ens. - dus, as vermaning veroordeling was, sou dit in hierdie skrifgedeeltes lyk of daar van die gelowige verwag word om te veroordeel!

Hoekom word teregwysing of vermaning nie as veroordeling gesien nie?  Omdat dit die ander persoon 'n kans gee om reg te maak (dink weer aan die vb. van Jona) - daarom moet vermaning in sagmoedigheid geskied - die doel daarvan is nie om vingers te wys nie, maar om uit barmhartigheid die persoon 'n kans te gee sodat hy vrygespreek kan word.  Jak. 5:20 - "laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek".

Om hierdie WAARHEDE te verkondig, beteken nie dat iemand ander veroordeel nie, maar eerder wys dit daarop dat die persoon barmhartig is en wil vryspreek - nie soos Jona wat nie wou he dat hulle tot bekering kom nie!

(3)  OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG IS NIE
       "VEROORDELING" NIE:
Die waarheid is dat elke mens wat nie in die Here glo nie, veroordeel gaan word: (Joh 3:18)  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

ALHOEWEL JESUS met Sy eerste koms nie die wereld VEROORDEEL het nie, SAL SY TWEEDE KOMS WEL MET "OORDEEL" GEPAARD GAAN - ook die gelowiges sal dan geoordeel word: (Joh 3:17)  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel ("te bevraagteken" of "skuldig te verklaar") nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

WIE SAL OP DIE "DAG VAN OORDEEL" VEROORDEEL WORD:
*  DIE WAT NIE IN JESUS CHRISTUS GEGLO HET NIE
*  DIE WAT NIE IN SY WOORDE GEGLO HET NIE
*  DIE WAT NA DIE VLEES WANDEL

Hierdie is WAARHEDE wat nie verdraai kan word ter wille van barmhartigheid of vryspraak nie;  inteendeel word barmhartigheid juis gewys aan die persoon wat die waarheid hoor, maar "die maat waarmee hulle hoor sal hulle gemeet word" - (die wat nie hoor nie, sal uiteindelik veroordeel word). Vryspraak geskied juis wanneer die waarheid verkondig word, omdat die persoon 'n kans gegee word om reg te maak.
Om te se dat die wat nie in Hom glo nie, veroordeel sal word, is die WAARHEID.
Om te se dat daar 'n oordeel oppad is met Jesus se wederkoms, is die WAARHEID.
As ons stilbly oor die waarheid, dan gee ons niemand 'n kans om reg te maak nie! - dit sou baie onbarmhartig wees en klink na 'n Jona hart...

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html
Nog Verse:
(Mat 12:41 - "Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!")
(Luk. 11:32)  -  in die geval waar die Fariseers vir Jesus 'n teken gevra het sodat hulle in Hom kan glo, en Hy vir hulle die teken van Jona gee 
(Mat 12:40 - "Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees") - die mense van Nineve het Jona se prediking geglo, en hulle bekeer, en hulle sal hierdie Fariseers "veroordeel" in die dag van oordeel, omdat hulle nie in Jesus geglo het nie  -  EN omdat hulle nie in Sy woorde geglo het nie 
(Mat 12:42 - "Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!")(Luk. 11:31).(Mar 16:16)  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
 (Rom 8:1)  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (Rom 8:2)  Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. (Rom 8:3)  Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees".
(Rom 8:34)  Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
  (Joh 3:17)  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel ("te bevraagteken" of "skuldig te verklaar") nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. (Joh 3:18)  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------