Wys tans plasings met die etiket uit woorde geregverdig. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket uit woorde geregverdig. Wys alle plasings

Sondag 18 Augustus 2013

Moenie oordeel/veroordeel nie (4)

Moenie OORDEEL / VEROORDEEL nie:

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeel-veroordeel-nie-3.html
-----------------------------------------------------------
Ons kyk na
Vb.e van SKRIFTE "oordeel"/"veroordeel":
(Wanneer is dit verkeerd om te oordeel?) 
(Wat is die gevolge van verkeerde oordeel?)
In die vorige blogpost het ons gesien dat:
OM "TE VEROORDEEL", BETEKEN:

(1) OM IEMAND TE OORDEEL OP (MENSGEMAAKTE) WETTE, op EIE SIENINGE en menslike wysheid (in so 'n geval oordeel iemand "volgens die vlees")


In hierdie blogpost: 
OM "TE VEROORDEEL" BETEKEN:

(2)  OM IEMAND VERKEERD TE OORDEEL DEUR WOORDE (Matt. 12:37), bv. "kwaadspreek". Ook iemand se DADE (tekort aan barmhartigheid) kan bewys dat hy 'n hart het wat ander oordeel.

========================================================================

(1)  Mat 12:37 - "Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word"
 -  in die geval het die Fariseers gese dat Jesus die duiwels uitdryf deur die owerste v/d duiwels - Jesus verduidelik aan hulle hoe versigtig hulle moet wees "wat hulle spreek", want hulle het Hom verkeerd "geoordeel" deur wat hulle van Hom se, en in die dag van oordeel sal hulle daarvoor "veroordeel" word (hulle sal skuldig bevind word). (Mat 12:36 - "Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag").

Hulle het KWAAD GESPREEK van Hom - dit is die "foutsoekers" van die dag!  Hulle het heeltyd loop en fout soek by Jesus om hom te veroordeel.  (Mat 26:59)  "En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie".  Om valse getuienis teen iemand te spreek, is 'n bewys van afguns en jaloesie - hierdie foutsoekers het nie 'n hart van barmhartigheid getoon nie!  As hulle die Vader regtig geken het, sou hulle ook kon onderskei en weet dat Jesus die Seun van God is.  So is daar ongelukkig heelwat "gelowiges" wat ook nie regtig die Vader ken nie - die foutsoekers van die dag - die wat loop en kwaad spreek van ander (valse getuienis oor broeders versprei) - hulle woorde is gebore uit afguns en jaloesie en hulle vrug getuig van wat in hulle harte aangaan.
Gaan na my blogpost getiteld "Envy in the church": http://biblicalchristians.blogspot.co.nz/p/biblical-discussions.html vir meer bybelverse rondom die onderwerp.

Hoekom sal ons woorde ons regverdig, of veroordeel?
(lees die gedeelte in konteks!)
(Mat 12:33)  Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.
(Mat 12:34)  Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
(Mat 12:35)  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.

In konteks verwys Jesus weer-eens na die HART (v.35) - Wat gaan in die hart aan?  Iemand se WOORDE gaan dus wys wat in sy hart aangaan - "want uit die oorvloed van die hart praat die mond" (v.34) - en dit is daardie "woorde" wat hom sal regverdig, of veroordeel. Baie gelowiges het 'n gewoonte om kwaad te spreek van ander en OORDEEL so verkeerdelik.  Hulle verstaan ongelukkig nie hoe gevaarlik dit is nie, en dat sou hulle aanhoudend in hierdie sonde stap, dit hulle saligheid kan kos!  (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie").
In hierdie sin OORDEEL iemand deur sy woorde, deur kwaad te spreek van ander - die gevolg?  Hy sal self uiteindelik veroordeel word vir dit (v.37)- elkeen sal rekenskap gee van wat hy teen ander  spreek - (Mat 12:36)  "Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag". Net so kan iemand se DADE homself veroordeel, omdat hy voorgee dat sy hart reg is, maar hy toon nie barmhartigheid nie (kyk punt 2 ondertoe).

(1Co 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
(1Co 5:12)  Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
(1Co 5:13)  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

Hier kan ons duidelik sien die verskil tussen "verkeerde oordeel" en "regte oordeel" - die kwaadspreker is die een wat ander verkeerd oordeel en ons word beveel om nie met so iemand om te gaan nie -  om te verhoed dat die "hele deeg suur raak", is dit belangrik dat die gelowige "die wat binne is" oordeel.
(Jak. 4:11)  Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder OORDEEL, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter.
(Jak. 4:12)  Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat ‘n ander oordeel?
(In konteks, gaan dit spesifiek hier oor "om KWAAD TE SPREEK" van ander broeders).

(So getuig die vrug van die gelowige van wat in sy hart aangaan)

-------------------------------------------
"Om kwaad te spreek" van 'n broeder, is dus verkeerde oordeel, maar ons moet ook verstaan wat met "kwaadspreek" bedoel word.  (gaan na hierdie blogpost, punt (1), om meer te verstaan oor die tema van kwaadspreek: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/sou-jy-paulus-nog-respek-betoon.html).  Die persoon wat kwaadspreek, is nie die persoon wat "die een wat kwaadspreek" vermaan nie!  Daar die verskil tussen verkeerde oordeel en regte oordeel...
========================================================================

(2)  
(1Jn 3:17)  Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? (1Jn 3:18)  My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. (1Jn 3:19)  En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, (1Jn 3:20)  want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. (1Jn 3:21)  Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God;
- waar woorde, maar geen dade (sonder barmhartigheid), dan sal iemand se hart homself veroordeel - en as iemand deur sy eie hart veroordeel word, dan het hy nie vrymoedigheid teenoor God nie.

(So getuig die vrug van die gelowige van wat in sy hart aangaan)
========================================================================