Die woord "vervloek" kom in sowat 69 verse in die Bybel voor en verwys na iets of iemand wat vervloek is... - kom 'n vloek op hom... (Hebr. woord "aw-rar", wat verwys na kwaad wat vererger word = "vervloek")(Gr. woord "at-ar-ah'-om-ahee", wat ditto beteken Hebr. woord, verwys na "is verdoem" = vervloek).
Om iemand te seën is bv. die teenoorgestelde van vervloek, en gaan oor wat jy vir die ander persoon toewens. As jy iemand vervloek wens jy die slegte vir hom toe...- 'n vyand wil bv. hê dit moet mt jou sleggaan, maar Jesus het geleer dat ons sons vyande moet seën. Ten spyte van die feit dat hulle wil hê dit moet sleggaan met ons, moet ons nie dieselfde aan hulle doen nie, maar die goeie vir hulle toewens... (Matt. 5:22).
Christene het nie die reg om enige iemand te vervloek nie (Rom. 12:14).
In Mark. 11 het Jesus 'n vyeboom vervloek, en dit het verdroog (v.21) - wanneer 'n boom verdroog kan dit nooit weer vrug dra nie L.w. dat die rede waarom Jesus die boom vervloek het is omdat dit nie vrug gedra het nie - sy kans is toe weggeneem om ooit weer vrug te dra.../Mark. 11:13,14 - dieselfde sal gebeur met kinders van die koninkryk wat geen vrug dra nie... (Joh. 15:4,6) - hulle sal "vervloek" word... VERVLOEKTES VAL ONDER 'N OORDEEL - dit is soos 'n STRAF (bv. toe die aarde vervloek is, het dit met moeite vrug opgelewer en dit het dorings en distels voortgebring - wat die werk nog meer gemaak het vir die mens).
In elke geval van "vervloekte" kan daar beskryf word "wat die vloek is", en kortom is dit nooit iets goed nie! Toe Kain vir Abel doodgemaak het was hy deur die Here vervloek... - as hy die grond bewerk, sou dit nie sy vermoë aan hom meer gee nie, en dit het verder beteken dat hy ‘n swerwer en vlugteling was op die aarde. Dit hang af waarna die vloek verwys. In geval van die onbarmhartige bokke (Matt. 25) is hulle vervloek tot die ewige vuur...
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------