Wys tans plasings met die etiket mensgemaakte wette. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket mensgemaakte wette. Wys alle plasings

Vrydag 16 Augustus 2013

Moenie OORDEEL / VEROORDEEL nie (3)

VIR DIE EERSTE TWEE GEDEELTES RAKENDE HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-2.html
---------------------------------------------In in die volgende paar blogposts gaan ons kyk na
Vb.e van SKRIFTE "oordeel"/"veroordeel":
(Wanneer is dit verkeerd om te oordeel?) 

In hierdie blogpost:
OM "TE VEROORDEEL" BETEKEN:
(1) OM IEMAND TE OORDEEL OP (MENSGEMAAKTE) WETTE, op EIE SIENINGE en menslike wysheid (in so 'n geval, oordeel iemand volgens die vlees)
 (Matt. 12:7)(Rom. 14:23)(Joh. 8:15,16)





========================================================================

(1)  Matt. 12:7 - "Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie" 

-  in konteks gelees, het die Fariseers Jesus en Sy dissipels geoordeel op wette 
- hulle was so behep met die onderhouding van wette, dat hulle die barmhartigheid nagelaat het, en so onskuldiges beskuldig het. Terwyl hulle gereken het dat hulle onderhouding van wette vir God 'n offerande is, wou God liewer BARMHARTIGHEID he.  Die Fariseers het vir Jesus en Sy dissipels verkeerd geoordeel en hulle so veroordeel.(Mat 12:3)  "Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie—toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het—(Mat 12:4)  hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?";  (Mat 12:6)  "En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier".............................(Mat 12:8)  "want die Seun van die mens is Here óók van die sabbat".
-  Vgl. dit met Matt. 9:13 - (konteks:  Jesus en Sy dissipels eet saam met tollenaars en sondaars - die Fariseers oordeel hulle - Jesus antwoord hulle:  (Mat 9:12,13 -  "........Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering")) - ook hier het die Fariseers hulle verkeerd geoordeel, en so veroordeel - hulle wette was weer belangriker as "barmhartigheid".

HIERDIE TIPE VAN OORDEEL WORD BAIE GESIEN IN DIE KERK VANDAG, EN SO WORD VELE ONSKULDIGES VEROORDEEL -  dit is WAAR WETTE BELANGRIKER IS AS OM BARMHARTIGHEID TE BEWYS...  
"n Vb. is soos wanneer 'n diens op 'n spesifieke tyd begin, maar weens goeie rede is iemand laat - daar moet liewer barmhartigheid bewys word aan die persoon, as wat hy onmiddellik geoordeel word - wette is daar vir orde ja, maar waar dit veroorsaak dat iemand nie barmhartig optree nie, is dit verkeerde oordeel. (Dit is bv. vir iemand wat kilometers ver moet stap om by die kerk te kom, moeiliker om op tyd te wees as vir iemand met 'n motor! Mens moet meer barmhartig wees teenoor so iemand, en meer vryspreek.
 (Gelowiges moet liewer op aanhoudende sondes tereggewys word, nie op (kerk of mensgemaakte) wette nie!)

(waar iemand egter sy "ja", "nee" maak, sondig hy!, en sou hy dit aanhoudend doen, dan moet hy tog nou geoordeel word...).

VERGELYK DIT OOK MET: (Joh 7:24)  "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel".(gaan lees gerus in konteks)
========================================================================
(2)  (Rom 14:23)  Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde"

(Rom 14:1)  En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.
(Rom 14:2)  Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.
(Rom 14:3)  Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.

(Kol 2:16)  "Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie"


WAAR ONS ANDER OORDEEL OP "WAT VIR ONS REG IS", OP ONS SIENINGE, OP MENSGEMAAKTE WETTE, IS DIT VERKEERDE OORDEEL. ONS MOET BARMHARTIG WEES TEENOOR MEKAAR, EN MEKAAR RESPEKTEER IN DAARDIE OPSIG.  ELKEEN SAL VIR HOMSELF AAN GOD REKENSKAP GEE - AS IETS DAN VIR IEMAND GEOORLOOF IS, DAN IS HY NIE ONDER OORDEEL NIE; EN IEMAND ANDERS MOET HOM OOK NIE OORDEEL DAARVOOR NIE - MAAR L.W. DAT DIE KONTEKS IN HIERDIE SKRIFGEDEELTE NIE GAAN OOR SONDE NIE! (soos om te hoereer, lieg, kwaadspreek ens. nie) - MAAR oor mensgemaakte wette, dit wat vir iemand self geoorloof is!  M.a.w. dit wat elkeen sien as "reg", wat vir hom geoorloof is, spes. hier in die sin van wat is geoorloof om te eet en wat nie. In die geval waar dit gaan oor (aanhoudende) sonde soos leuenaars, kwaadsprekers ens., moet die persoon geoordeel word;  maar waar dit gaan oor sieninge en mensgemaakte wette, is dit verkeerd om te oordeel. 

(Rom 14:14)  Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.(Rom 14:15)  Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie. 

 (Rom 14:22)  "Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie".

(Rom 14:17)  "Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees".

 (1Ti 4:1)  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang
(1Ti 4:2)  deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,
(1Ti 4:3)  wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.
(1Ti 4:4)  Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;
(1Ti 4:5)  want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.
========================================================================
(3)


(Joh 8:15)  Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie.
(Joh 8:16)  En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.

OOK IN HIERDIE GEVAL HET HULLE JESUS VERKEERD GEOORDEEL - konteks:  (Joh 8:13)  Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.(Joh 8:14)  Jesus antwoord en sê vir hulle: Al getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan. Maar julle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie.
Hulle het Hom geoordeel op "hoe hulle sien", "op wat vir hulle logies is"..... (1Kor. 3:20)  "...Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is".
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/die-post-wat-het-logika-daarmee-te-doen.html

WAAR ONS ANDER OORDEEL OP "ONS MANIER VAN SIEN", IS DIT VERKEERDE OORDEEL, maar waar oordeel geskied volgens die wil van die Vader, is dit regte oordeel.

(1Kor. 3:2)  Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,(1Kor. 3:3)  omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?(1Kor. 3:4)  Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie?

========================================================================