Wys tans plasings met die etiket krag vd Gees. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket krag vd Gees. Wys alle plasings

Maandag 17 Julie 2023

Gawes, Bedieninge en Werke (2)

Hierdie is die tweede pos in 'n reeks poste getiteld "gawes, bedieninge en werke". Vir die eerste deel, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/gawes-en-bedieninge.html, waaronder 'n inleiding tot hierdie onderwerp en die volgende bespreek word: (-Inleiding; -die belangrikheid van bron, en; -die invloed van 'n gees).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In hierdie pos kyk ons na:

- Waarna verwys Gawes van die Gees?

- Waarna verwys Bedieninge vd Gees?

- Waarna verwys Werkinge vd Gees?


Ons sal op 'n volgende pos in meer diepte inkyk op elkeen van die verskillende bedieninge en gawes.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

INLEIDING:

Geestelike mense (die wat die Heilige Gees ontvang het) is soos GESALFDES (hulle word afgesonder vir 'n spesifieke doel). "Salwing" word gedoen met 'n doel, bv. in die Skrif was dit nog altyd bedoel vir die een of vir iets wat AFGESONDER WORD vir die Here se werk. As geestelike mense dan nou soos gesalfdes gesien word (m.a.w. gesalf deur die Heilige Gees), dan is dit met doel...  (1Jn 2:27)  "En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle........" ;  (1Jn 2:20)  "En julle het die salwing van die Heilige en weet alles". Wanneer iemand die Heilige Gees ontvang is dit soos 'n salwing wat die persoon ontvang.  Die geestelike mens is onder die Heilige Gees se lering (is afgesonder vir die waarheid) en is afgesonder vir die bediening (verkry gawes, bedieninge en werke soos die Gees aan elkeen uitdeel). Die Gees werk bv. verskillende gawes en bedieninge deur die geestelike mens wat hom/haar instaat stel om vir die Here te werk. Kinders vd belofte word o.a. gesien soos 'n heilige priesterdom... - hulle is m.a.w. afgesonder om priesters te wees vir die Here (en elkeen kry spesifieke werk soos die Gees dit uitdeel). Om meer te leer oor hierdie onderwerp van hoe/waarvoor geestelike mense afgesonder word, gaan na die dagstukkie getiteld "'n Heilige priesterdom, 'n volk as eiendom verkry".  Daar is 'n rede waarom weergeborenes "die volk van eersgeborenes" genoem word! - hulle het immers die belofte van koningskap en prieterskap, en is GESALF vir hierdie doel (bestudeer gerus die pos getiteld "en ons gemaak het konings en priesters vir Sy God en Vader", asook die onderwerp van "eersgeborenes/eerstelinge/priesters"). 

___________________________________________________________________________________
Waarna verwys die begrippe "GAWES , BEDIENINGE en WERKINGE vd Gees:
Gawes, Bedieninge en Werke kan gesien word soos "kwalifikasies", werk of opdragte wat uitgedeel word aan weergeborenes (deur die Heilige Gees), met die doel om vir die Here te werk...;  om te getuig, die gemeente te stig en toe te rus, ens. Geestelike mense behoort aan 'n liggaam/is lede van 'n liggaam, en elkeen kry sy werk... -1 Kor. 12:27. 

(1Kor. 12:4)  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
(1Kor. 12:5)  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
(1Kor. 12:6)  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

(1) Die woord GAWE (vd Gees) verwys na:
 'n geestelike geskenk of kwalifikasie (die Gr. woord "char'-is-mah");  somtyds wel, maar weinig bedoel om die self te stig want gawes vd Gees gaan veral oor dit wat nodig is - "OP WAT NUTTIG IS" (1 Kor. 12:7)(bv. het 'n gawe van profesie om die Here se woord of wil oor te dra). GAWES kan dus gesien word soos "kwalifikasies" wat nie verdien word nie, maar uitgedeel word deur die Gees volgens die genade wat aan elkeen bewys word. 
(2) Die woord BEDIENING (vd Gees) is:
 die Gr. woord "diakonia", wat verwys na 'n diens wat gelewer word - dit verwys na die bedienaars/diensknegte in die kerk. Die doel van bedieninge is om die heiliges toe te rus vir dienswerk (bv. het die werk/bediening van lering om lering te gee en dus die gemeente toe te rus met kennis), en om die "liggaam van Christus" op te bou (Ef. 4:11,12)(met "liggaam van Christus" word maar bedoel die volk van weergeborenes...). BEDIENINGE kan dus gesien word soos dienste wat gelewer word en is onderwerp aan die mate van geloof wat aan elkeen toebedeel word.
(3) Die woord WERKINGE is:
 die Gr. woord "energēma", wat te doen het met die operasie/werking vd "liggaam". Bv., die Gees lei iemand om iets op 'n spesifieke manier te doen, wat nodig is sodat die liggaam reg kan funksioneer (bv., lei groep in gebed vir die afsondering van iemand wat na die weduwees omsien, ens.).WERKE wat deur die Here uitgedeel word is nodig vir die operasie vd "liggaam" (die gemeente)(1 Kor. 12:3-8).
 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is die "Gawes vd Gees"?
Wat is die "Bedieninge vd Gees"?

(1) Die GAWES vd Gees:
Die "gawes vd Gees" verwys na iets anders as bv. bedieninge of werkinge, en verwys meer spesifiek na dit wat in die Skrif na vewys word as "KRAG VAN DIE GEES".  Bv. op die dag van Pinkster toe die krag vd Gees uitgestort is op die daar bymekaar, het hulle in die GAWES VAN DIE GEES begin stap... Hierdie KRAG of gawes vd Gees kan tot groot voordeel wees vir emand wat in 'n BEDIENING (bv. helper, regering, apostel, leraar,... ens.) stap - kyk bv. 'n evangelis (die gawe van genesing kan bv. tot groot voordeel wees omdat dit God se krag wys;  of wanneer 'n evangelis 'n gawe van ander tale ontvang en in die mense vir wie hy bedien se taal praat, dan is dit tot voordeel vir sy bediening omdat hulle hom kan verstaan) - so is daar ook baie ander gawes wat tot voordeel kan wees vir die verskillende bedieninge, bv. 'n woord van wysheid, 'n woord van kennis, profesie, ens. Ons kan verstaan hoekom die Here gedink het Sy bedienaars het hierdie krag nodig. 
Maar alhoewel GAWES dus belangrik is en tot groot voordeel vir die BEDIENING!, is geloof, hoop en liefde belangriker... (en liefde is die grootste)(1 Kor. 13);  m.a.w., waar die gawes funksioneer maar geloof, hoop en liefde ontbreek, is daardie "stap in gawes" tot geen hulp vir die bediening nie.  Bv., sonder lankmoedigheid, vriendelikheid, verdraagsaamheid,........ ens. sal die bediening nie vrugte afpluk nie. 

1 Kor. 12 identifiseer 12 verskillende gawes (asook verskeie bedieninge in rangorde, sien onder).
Gawes 
word ook o.a. na verwys as
"geestelike gawes"-1 Kor. 14:1 (dit word nie aangeleer nie, maar ontvang); of
"genadegawes"-1Kor. 12:4 (alhoewel dit soos kwalifikasies gesien kan word, word dit nie verdien nie maar uit genade ontvang).
Die gawes genoem in 1 Kor. 12 is as volg:
-  woord van wysheid
-  woord van kennis
-  geloof
-  genadegawes van gesondmaking
-  werkinge van kragte
-  profesie
-  onderskeiding van geeste
-  allerhande tale
-  uitleg van tale.


(2) BEDIENINGE vd Gees:
Alhoewel bedieninge sekerlik sonder die gawes kan opereer, sal dit nie noodwendig dieselfde vrugte pluk nie. Daar is 'n rede waarom die dissipels bv. steeds die krag vd Gees nodig gehad het! - hulle was reeds as apostels geroep maar hulle het krag nodig gehad... (en ons kan sien watter verskil hierdie "krag" vir hulle bediening beteken het op die dag van Pinkster). Terwyl die gawes meer gaan oor dit wat nodig is in die oomblik (op wat nuttig is), kan bedieninge gesien word soos langtermyn WERK (en soos bo gesien, is die doel spesifiek om die gemeente toe te rus en op te bou).  Bedieninge word deur die Here uitgedeel en daar is gewoonlik 'n spesifieke stadium waarop so iemand deur die Here geroep word (kyk o.a. die vb. van profeet in die O.T. - is geroep op 'n spesifieke tyd en afgesonder/gesalf vir daarde werk...)(die 12 apostels was bv. ook elkeen uitgekies/geroep op 'n spesifieke tyd-Luk. 6:13; Hand. 1:2)(Paulus was ook geroep op 'n spesifieke tyd, om prediker, apostel en leraar te wees vir die heidene-Rom. 1:5; 11:13; Hand. 9:15; 1 Tim. 1:1,12; 2 Tim. 1:11).  

Bedieninge in 'n volgorde van outoriteit (1 Kor. 12:28,29):
- (1) apostels
- (2) profete
- (3) leraars
- (4) kragte 
- (5) genadegawes van gesondmaking
- (6) helpers
- (7) regeringe
- (8) allerhande tale.  

Bedieninge het hierdie doel, en dit is om weergeborenes op te bou en toe te rus vir dienswerk (maar as iemand se doel anders is hoekom hy in 'n bediening in die Christelike kerk stap, dan is hy nie besig om in die Gees te stap nie/het dan bv 'n ander bron,, bv. homself). Bv., om in die bediening van "regeringe" te stap gaan nie oor belangrik wees nie, maar oor "om te stig" - BEDIENING gaan oor OM TE DIEN en die WIL VD HERE UIT TE VOER ('n profeet is bv. 'n boodskapper vd Here - hy bring woord van die Here af...). Dit wil voorkom of bedieninge ook onderwerp is aan "geestelike groei", bv. kennis en vrees vir die Here is belangrik vir die bediening van lering; gehoorsaamheid en gebed is belangrik vir die bediening van profesie..., ens. En so is elke bediening onderwerp aan "geestelike kos en water" en om "in die Here te bly", want sonder Hom kan ons niks doen nie (Joh. 15:5). Die Here is ons bron - ons moet ons kos en water by Hom kry.  As iemand in 'n "bediening" stap maar nie die Here as bron het nie maar sy geestelike kos en water elders kry, dan is hy nie besig om in ('n bediening van) die Gees te stap nie... - so 'n bediening is nie tot stigting vir die Christelike kerk nie. As iemand bv. voorgee dat hy 'n profetiese bediening het maar nie die Here as bron gebruik nie, dan is hy 'n waarseer (nie 'n profeet van die Here nie). In hierdie geval gee die apostoliese bediening die onderskeiding;  bv., 'n profeet is nie 'n profeet vd Here as hy iets anders preek as wat die apostels gepreek het nie. Op ditto wyse kan 'n leraar onderskei word;  bv., as die lering wat hy bring nie ooreenstem met Jesus Christus se woorde of die woorde van die Here se profete nie, of nie ooreenstem met die lering vd apostels nie, dan is so iemand se lering nie vd Here af nie en is dan nie tot stigting vir die Christelike kerk nie (waar 'n kerk so 'n valse leraar ontvang, sal hulle "verkeerd bou"). In hierdie opsig sien ons die belangrikheid van "rangorde" in die kerk..., want nie net gaan dit oor wat "meer nodig" is vir stigting nie, maar is ook 'n manier om te onderskei wat is waar en wat is vals.

Rangorde van bedieninge:
Ef. 2 beskryf die "volk van God" soos 'n "huis / woning / tempel", gebou op die hoeksteen Jesus Christus, en gebou op die fondament vd apostels en profete... (Ef. 2:20- "gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is"). Hier sien ons die belangrikheid vd rangorde in die kerk (en dit word deur die verskillende bedieninge beskryf).  Inderdaad kyk en luister ons eerstens na Jesus Christus (die Leier en hoeksteen), en dan volgende gee ons ag op die fondament wat deur Sy apostels en profete gele is (wat natuurlik ook deur Sy leiding was).
(1Kor. 12:28 - "En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale").
Sommige van hierdie bedieninge word ook in Ef. 4 bevestig:
- apostels
- profete
- evangeliste
- herders
- leraars. 
As hierdie inderdaad ook 'n rangorde voorstel dan sou dit beteken dat "evangeliste" en "herders" tussen profete en leraars le in volgorde van belangrikheid van die bedieninge (dus, apostels, profete, evangeliste, herders, leraars, kragte, genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale).  (Ef. 4:11 - "En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars"). Dit beteken nie dat die mense met bedieninge hoër op die rangorde, meer belangrik as ander mense nie, maar hulle het beslis meer verantwoordelikheid t.o.v. onderskeiding en omdat hierdie bedieninge belangriker is vir die kerk... (en moet dus geeer word in hierdie opsig). 
M.a.w., wat is "meer nodig" wanneer weergeborenes opgebou word of toegerus word vir die bediening?: 
- allerhande tale, of lering? 
- genadegawes van gesondmaking, of profesie? 
- regeringe, of helpers? 
In die Christelike kerk is 'n apostoliese of profetiese of evangelistiese bediening m.a.w. "meer belangrik vir opbouiing en stigting" (bedoelende "meer nodig" en dra meer krag) as bv. die bediening van herder of lering. Dit gaan oor wat meer nodig is en wat meer outoriteit dra..., nie dat die ander glad nie belangrik is nie! Al die bedieninge en gawes is nodig, maar sommige is "meer nodig" (veral op spesifieke tye) as ander (1 Kor. 12:28-31). 
_________________________________________________________________________________