Wys tans plasings met die etiket die Gees van die waarheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket die Gees van die waarheid. Wys alle plasings

Vrydag 22 Augustus 2014

Die Gees van God (1)

In hierdie blogpost gaan ons kyk na skrifte oor die Heilige Gees van God:  
-Die belofte van die Heilige Gees
-Wie ontvang die Heilige Gees?
-Is "om krag van die Heilige Gees" te ontvang, dieselfde as om die Gees te ontvang?
-Waarom ontvang die gelowige die Gees van God?
-Wanneer ontvang iemand die Gees van God?
-Waarvan getuig die Gees van God?
-Hoe werk die gawes van die Gees?

Die volgende twee onderwerpe kan saam met dit behandel word:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/die-tempel-van-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/en-bedroef-nie-die-heilige-gees-van-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/10/bedieninge-en-gawes.html

========================================================================
INLEIDING:

(Gen 1:2)  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die 
Gees van God het gesweef op die waters.

In die Ou Testament was God se Gees nie op al Sy dienaars uitgestort nie.  Die volk van God was bv. "diensknegte" van God genoem, tog het net sekeres van die volk die Heilige Gees ontvang.  Die wat wel die Gees van God ontvang het, was die wat bekwaam gemaak was om spesifieke werke vir die Here te doen,  om Sy wil aan die volk bekend te maak en hulle te waarsku waar hulle verkeerd gaan (2 Sam. 23:2).  Voorbeelde, bv. profete soos Samuel, Esegiel, Daniel, Jesaja ens. - hulle het die wil van God aan die mense bekend gemaak, die volk gewaarsku wanneer hulle verkeerd gaan, en somtyds ook geweet wat in die toekoms sou gebeur (2 Kron. 24:20; Neh. 9:30; Num. 27; 2 Kron. 15:1).  Daar was ook profete soos Elia en Elisa wat baie wonderwerke gedoen het.  Ander voorbeelde was sekere konings, soos koning Dawid en koning Salomo - die Here het baie wysheid vir hulle gegee, deur Sy Gees, sodat hulle Sy kon volk lei;  om daardie rede het die Gees van God bv. ook op mense soos Moses gerus.  Nog ander vb.e van mense wat die Gees van God op hulle gehad het, was bv. Besáleël - sodat hy wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid kon kry vir allerhande werk in die tabernakel (Eks. 28:3; 31:3; 35:31). IN ALLE GEVALLE, WAAR IEMAND DIE GEES VAN GOD ONTVANG HET, WAS DIT SPESIFIEK MET DIE DOEL OM INSTAAT TE WEES OM TE KAN DOEN WAT DIE HERE VAN HULLE VERWAG (om bv. te getuig of vir wysheid sodat hulle die volk kon lei, of vir kennis en bekwaamheid ens.), OF SODAT HULLE DIE HERE SE WIL BEKEND KON MAAK (Sy planne), EN DIE VOLK TERUGROEP NA HOM waar hulle afgedwaal het.  - http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html

Dit was duidelik om te sien wie die persoon is wat die Gees van God het, want hulle was instaat om dinge te doen en te weet wat ander mense nie kon doen nie, bv. om soos Josef drome uit te le (Gen 41:38,39); of om soos Simson 'n leeu te verskeur (Rig. 14); of om wonderwerke te doen (soos Elia en Elisa); selfs van een plek na 'n ander vervoer te word deur die Gees van God (soos sommige van die profete)! (2 Kon. 2:16; 1 Kon. 18:12; Eseg. 3:14; 8:3; 11:1,24 (ook in gesig); Eseg. 43:5; Eseg. 37:1; -kyk ook 'n vb. in die N.T. in Hand. 8:39).  Vgl. gerus hierdie met Jesus se woorde, hoe ons niks sonder Hom kan doen as ons nie in Hom bly nie! (Joh 15:5).  Die dienskneg van die Here (die een met die Gees van God), kan enige iets vra, en sal dit verkry;  en kan enige iets doen deur Sy Gees!  Maar natuurlik het hierdie O.T. gelowiges in wie die Gees van God was, verstaan wat die woord "dienskneg" beteken, en verstaan dat dit alles gaan oor die Here se wil, en nie ons wil nie.  Sommige het ook besonderse wysheid gehad (soos Salomo)(en 1 Kron. 12:18), ander besonderse kennis en bekwaamheid, ander het geprofeteer... Kyk ook die vb. in Num. 11 waar God vir 70 van die oudstes van die volk van Sy Gees wat op Moses gerus het, afgesonder het en bo-op die 70 geplaas het, sodat hulle vir Moses kon help om die las van die volk te dra - (dit was moeilik met die wat net sekeres die Gees van God gehad het, en Moses - wat die Gees van God gehad het - kon nie alleen die volk lei nie, want die las was te groot - gaan lees gerus die gedeelte om te verstaan waarom dit nodig was dat sekere oudstes afgesonder was om ook die Gees te onvang).  Kyk bv. Moses se woorde in Num 11:29 ... Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor hulle mag gee!".  Hulle het uitgesien na wat geprofeteer was dat die Here Sy Gees sou uitstort op al Sy diensknegte (nie net sekere diensknegte nie) wanneer die Messias kom (Jes. 32:15; 44:3; 59:21; Eseg. 36:27; 39:29; Joel 2:28; Sag. 12:10). Dit is dan ook op hierdie koninkryk waarop hulle gewag het vir eeue! (Mat 12:28). Die Messias sou die Gees van God op Hom he...en Hy sou ook die Gees aan Sy diensknegte en diensmaagde gee! 

Voor die tyd van die Israelietise konings, het die profete selfs ook die "werk van 'n koning" gedoen.  As iemand spesifiek na die Here se wil gesoek het in 'n situasie, dan het hulle na die profete gegaan.  As hulle wou weet wat die Here se planne is, dan het hulle die profeet genader!  As hulle wou weet of hulle moet oorlog voer, dan het hulle na die profeet gegaan... Hierdie persone was nie net as diensknegte van die Here gesien nie, maar ook "vriende", want hulle was bekend met die Here se wil, en kon Hom raadpleeg, soos Moses en Jakob (Eks. 33:11; Jes. 41:8).  Johannes die Doper het homself 'n "vriend" van die bruidegom genoem.  'n Vriend is nie net iemand wat soos 'n dienskneg gehoorsaam is nie, maar hy KEN ook sy heer persoonlik. Hy ken sy heer se planne en wil.  So is die profete en die konings en ander wat gevul is met die Heilige Gees (in die Ou Testament) gesien as die wat die Here se planne en wil geken het, Hom kon raadpleeg, en 'n antwoord op hulle gebed kry. Interessant hoe Jesus ook die volgende woorde aan Sy dissipels gese het:
(Joh 15:14)  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.
(Joh 15:15)  Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. En dit is ook in hierdie konteks waarin Hy hulle beveel het om "IN HOM TE BLY" (sodat hulle vrug kan dra), en die volgende woorde gebruik: (Joh 15:7 - "As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry").


In sommige gevalle, wanneer die Gees van God op iemand gerus het, dan kon hy vir iemand anders die hande ople om ook van die Gees te ontvang.  Kyk bv. hoe Moses vir Josua die hande opgele het (en Deut. 34:9; Num. 27:18; 1 Sam. 16:13 ens.) - hierdie was natuurlik ook net op direkte bevel van die Here!  Dit is die Here wat Sy Gees uitstort soos Hy wil en aan wie Hy wil en Hy het nie ons hande nodig om dit te doen nie (Num. 11), maar waar die Here so 'n opdrag gee, sal Hy Sy Gees op iemand sit deur middel van handoplegging. Die feit dat die apostels mense die hande kon ople om die Gees te ontvang, was ook 'n direkte opdrag deur Jesus Christus.  (Ons sien bv. in die N.T. dat Petrus en Johannes geweier het om vir Simon (Hand. 8) die hande op te le sodat hy die Heilige Gees ontvang, omdat sy hart en die rede waarom hy die Gees wou ontvang, verkeerd was).  Daarom moet ons verstaan dat die oordrag van die Heilige Gees deur handoplegging, absoluut onderwerp is aan die Here se wil, en wie Hy met Sy Gees wil vul! (1Ti 5:22 - "Moenie haastig iemand die hande oplê nie..."). 

Ons lees in baie skrifte (in die O.T.) van hoe die Gees van God op iemand kom, of hom vervul het, en hulle dan presies WEET WAT OM TE DOEN IN 'N SPES. SITUASIE (sodat hulle bv. die volk kon rig, of in oorlog lei ens. - Rig. 3:10; 6:34; 11:29; 13:25; 1 Sam. 11:6),  ASOOK OM DINGE TE DOEN WAT 'N GEWONE MENS NIE KAN DOEN NIE (deur die hulp van die Here natuurlik)(Rig. 14:6,19; 15:14).  Maar ons moet verstaan dat die persoon wat die Gees van God het, absoluut steeds afhanklik is van WAT DIE HERE WIL DOEN, WANNEER HY DIT WIL DOEN - dit gaan nie oor besonderse krag en wysheid wat die mens nou kry OM TE DOEN WAT HYSELF WIL NIE, nee - dit gaan oor gehoorsaamheid aan die Here (bv., ten spyte van al die dinge wat Simson kon deur die Gees van die Here kon doen, was hy steeds onderwerp aan die Here se wil, wat Hy wanneer wil doen en hoe Hy dit wil doen (Rig. 15:18,19). (1 Kor. 12:11 - "Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil"). http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/10/bedieninge-en-gawes.html


As jy die waarheid gesoek het, dan kon jy dit kry by die persoon wat die Gees van God het - die volk het gekyk na die wat die Gees van God het, vir leiding, maar die wat nie van die waarheid gehou het nie, het teen hulle in opstand gekom. Kyk maar bv. hoeveel profete is om die lewe gebring deur Agab en Isabel (1 Kon. 18).  Waarheid was nog altyd soos 'n swaard, en dit is om hierdie rede wat Jesus gese het dat Hy nie gekom het om vrede op die aarde te bring nie (want Hy het vir ons die waarheid gebring). Dit is ook om hierdie rede wat baie diensknegte van die Here doodgemaak is (dissipels, apostels...), omdat hulle die waarheid verkondig het! Jesus het die Gees van God "die Gees van die waarheid" genoem! (Joh. 14:17; 15:26; 16:13).  Die Gees is die WAARHEID (1 Joh. 5:6). Daarom word die dienskneg van die Here soos skape onder die wolwe ingegooi.  Die ware dienskneg van die Here (die persoon wat die Gees van God het), spreek die waarheid.  Die valse profeet spreek nie die waarheid nie!   Daar was ook baie profete in die O.T.  wat nie na die wil van die Here gesoek het nie, en nie in Hom gebly het nie, maar geprofeteer het uit eie wil - die wat "voorgegee" het dat hulle die Here KEN en Sy wil en woorde verkondig, maar wat nie werklik Sy profete was nie.... Waar iemand bv. WETEND is van die waarheid, maar steeds sy eie lering in stryd met die waarheid, of woorde in stryd met wat die Here eintlik vir iemand wil se, verkondig, is hy nie opreg nie - so iemand is besig met afgodsdiens, want eiesinnigheid is afgodsdiens.  So iemand kom wetend in opstand teen die waarheid, en sy bedoeling is dat mense hulle hoop plaas in hom en ander dinge, in plaas van in die Here.  Jesus het hulle genoem, "geveinsdes" (wat beteken "akteurs").  Hulle gee voor dat hulle die Here ken en Sy wil en waarheid verkondig, maar dit is nie waar nie - (Jer 23:31 - "Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek!").  Hierdie mense is in aansien omdat hulle verkondig wat mense eerder wil hoor as die waarheid - (Luk 6:26 - "Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen"). http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/wat-is-die-waarheid-3.html.  DIE PERSOON WAT DIE WAARHEID VERKONDIG (die ware dienskneg van die Here op wie die Gees van God rus), SAL VERVOLG WORD. MENSE GAAN NIE ALTYD VAN HULLE HOU NIE, OMDAT HULLE DIE WAARHEID PRAAT.  EN SOMMIGE WORD DOODGEMAAK TER WILLE VAN DIE WAARHEID.  HULLE IS LIEF VIR DIE WAARHEID, WANT HULLE HET DIE GEES VAN GOD ONTVANG! (1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- Die Gees van God, verander iemand in 'n ander mens!  (1 Sam. 10:6). 
- Die Gees van God het die volk in die woestyn onderrig (Neh. 9:20);  en hulle na rus gelei (Jes. 63:14).
- Dit is ook deur die Gees van God wat die opstanding gaan plaasvind (opstaan tot lewe) (Eseg. 37:14).
- Die Here openbaar dinge deur Sy Gees - wysheid en waarheid van bo (Luk 1:41; Mark. 12:36; Luk. 1:67; Luk. 2:25-27)
- Die Gees lei die dienskneg van die Here om te weet wanneer hy wat moet doen (Mat 4:1).
- Die dienskneg van die Here, in wie die Gees van God is, kry hulp deur die Gees om te getuig -(Mat 10:20-" want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek").
========================================================================

MET BOGENOEMDE IN GEDAGTE, KAN ONS VERSTAAN HOE DIE VOLK VAN GOD UITGESIEN HET NA DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES! 

(Luk 11:13)  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? 
=========================================================================
(Joh 1:33)  En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

(Joh 3:5)  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
(Joh 3:6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

(Joh 6:63)  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
(Joh 7:39)  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

(Joh 14:16)  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:

(Joh 14:17)  die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
(Joh 14:18)  Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

(Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

(Joh 15:26)  Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

(Joh 16:13)  Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

(Joh 20:22)  En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.

(Mat 3:11)  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

(Mar 1:8)  Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

(Luk 3:16)  antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
========================================================================
SIEN IN VOLGENDE BLOGPOST:

Die "HEILIGE GEES" is dieselfde as "DIE GEES VAN GOD", 
of as, "DIE GEES VAN DIE HERE" - word ook in sekere skrifte net gepraat as van "die Gees". 

=======================================================================