Saterdag 24 Junie 2017

Die Sabbat

In hierdie pos gaan ons kyk na die tema van "die sabbat".
-Moet die sabbat nog onderhou word?
-Hoe moet die sabbat vervul word? 
-Hoekom hou meeste Christene kerk op Sondag en nie op Saterdag (sabbatdag) nie, en maak dit saak watter dag? 
-Wat het Christus vir ons geleer oor die sabbat? 
-Wat is die doel van die sabbat?
-Wat word bedoel met die toekomstige "sabbatsrus"? 
-Het die betekenis vd sabbat verander tussen die ou en nuwe testament? 
_________________________________________________________________________________

Daar was 'n SABBATSRUS belowe vir die volk van God (vgl. met Hebr. 4:9-16).
Hierdie belofte van "rus", is beide huidig en toekomstig:
- (huidig) - want die Christen (die wat GLO) het alreeds in Sy rus ingegaan (en rus dus van die werke van die wet, m.a.w. het ingegaan in die "geestelike" koninkryk van God)(want net soos God 6 dae gewerk het en op die 7de gerus het, so kom die rus na die werk...).  (Heb 4:1)  Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie-
- (toekomstig) - maar hierdie rus is ook toekomstig omdat gelowiges en gehoorsames eers volkome sal rus wanneer hulle eendag in die "fisiese" koninkryk van God ingaan ("in Sy rus ingaan") (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html).

Vgl. gerus hierdie tema met hoe die Here baiemaal in sewes werk:  -6 dae werk, 7de dag volkome rus (Lev. 23:3); - 6 jaar die land bewerk, 7de jaar volkome rus (Lev. 25:4)..ens.
Jesus Christus se "fisiese" koninkryk word gesien as die tyd wanneer ons finaal in Sy (volkome) rus ingaan. Heelwat geleerdes is van mening dat sewes ook hier 'n rol speel - m.a.w. "6000 jaar land wat werk, en aarde sal dan 1000 jaar "rus" (Christus se 1000 jaar regering). Die 7de dag rus onder die wet (die Sabbat) het veral vinger gewys na dit wat sou kom, nl. "die Sabbatsrus" - m.a.w., "die sabbatsrus" waarna verwys word in Hebr.4 - huidiglik gaan die Christen "geestelik" in in hierdie sabbatsrus maar verkry dit eers werklik wanneer Christus terugkom (en dit is slegs die gehoorsames en gelowiges wat dan sal ingaan - rol af om hierdie beter te verstaan) - dit is m.a.w. huidig, maar veral toekomstig!  Die huidige rus of sabbat verwys veral na hoe die Christen rus van die werke vd wet, maar wat weer op sy beurt "vingerwys" na (of 'n skaduwee is van) die Sabbatsrus wat kom, nl. die 1000 jaar Ryk...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
MAAR nie almal wat bely dat hulle gelowig is, sal in daardie rus van die Here ingaan nie!:

*  Wie sal NIE in die rus van die Here ingaan nie?
- Die ONGEHOORSAMES en die ONGELOWIGES
(kyk veral hoe dit in Hebr. 3 verduidelik word)(en Psa_95:11 - "sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!").
Heb_3:11  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
Heb_3:18  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?
(Heb 3:19)  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.

*  Wie sal dus wel ingaan in die rus van die Here? 
- Die GEHOORSAMES en die GELOWIGES.

LET WEL DIE WAARSKUWING WAT AAN HIERDIE HEILIGE BROEDERS GEGEE WORD IN HEBR. 3 (m.a.w. "broeders wat afgesonder is vir die Here):  -(Heb 3:12 - "Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie").  Hierdie is geskryf aan GELOWIGES! (word in v.1 genoem "deelgenote van die hemelse roeping"). En dit is 'n waarskuwing vir hulle. Baie Christene sal vandag aanstoot neem in so 'n waarskuwing, want hulle glo dat niks wat die Christen doen, hom van sy saligheid kan beroof nie...!?  Hierdie is 'n leuen wat vandag deur baie predikers gepreek word.  Die waarheid is dat werke wel geloof beinvloed!, want werke wys of iemand inderdaad 'n dienskneg is van die Here (m.a.w., "werke" is 'n bewys van of iemand glo of nie)(Rom. 6). Die dissipels het baie oor hierdie onderwerp gepraat, en soos ons ook sien hier in Hebr. 3 is geloof sonder werke inderdaad dood!  Hebr. 3 verduidelik dat baie gelowiges in die O.T. nie ingegaan het nie a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, en waarsku dat hierdie gelowiges (in die N.T.) moet toesien dat hulle nie soos daardie betrokke gelowiges in die O.T., opeindig nie...  Christene gaan wel huidiglik in Sy rus in, in die "geestelike" Koninkryk van God, maar sal slegs ingaan in die "fisiese" Koninkryk van God (toekomstige volkome rus) as hulle GEHOORSAAM en GELOWIG bly (as hulle vashou / die wat oorwin).  Bv., geen Christen wat hoereer agter afgode aan (sonder om hom daarvan te bekeer), sal ingaan in die koninkryk nie, want dit is slegs die wat "vashou"en die wat "oorwin" wat sal ingaan (Openb. 2 en 3). Wanneer Christus terugkom, sal baie opstaan, maar nie almal sal opstaan tot lewe nie (Joh. 5:29; Hand. 24:15).
(1Kor. 6:8)  Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.
(1Kor. 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
(1Kor. 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. Sommige Christene dink dat hulle in sondes kan voortstap sonder om hulle daarvan te bekeer en dan steeds nog ingaan in die koninkryk van God wanneer Christus terugkom, maar die waarheid is dat wanneer Christus terugkom, Hy die koring (die wat wel vrug dra) van die kaf sal skei ("kaf" verwys na die wat lyk soos koring, maar nie vrug dra nie);  en daar sal ook skeiding gemaak word tussen die koring (m.a.w. ware gelowiges) en die onkruid (m.a.w. valse gelowiges);  asook tussen die skape (die barmhartiges) en bokke (die onbarmhartiges)...Matt. 25:31-46).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die viering vd Sabbat was 'n dag wat die volk vir ewig in hulle geslagte moes vier  -  hoekom?  WANT DIT WAS 'N TEKEN TUSSEN GOD EN DIE VOLK EN HULLE IN HUL GESLAGTE (Eks. 31:13)... Net soos God 6 dae gewerk en op die 7de dag gerus het, so moes die volk 6 dae werk en rus op die 7de. Die 7de dag was 'n dag van VOLKOME RUS, 'n dag wat hulle moes heilig (AFSONDER) vir die Here: Eks. 31:17 - " Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik". Alhoewel meeste Christene van mening is dat die Sabbat nie meer soos 'n wet onderhou hoef te word nie, is hulle tog oortuig daarvan dat daar 'n dag in die week moet uitgesit/afgesonder (geheilig) word  vir die Here, en besef ook die belangrikheid van fisiese rus (Eks. 20:8-11). Christus het ook vir ons geleer dat die sabbat gemaak is vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie! (Mar 2:27).  Die rede waarom God spesifiek die 7de dag geseen en geheilig (afgesonder) het in Gen. 2:3, is omdat Hy op die 7de dag gerus het van al Sy werke. Dit is dan ook die rede waarom "die dag" vir baie so 'n groot kwessie is. Maar alhoewel die Sabbat gevier was op die 7 de dag, is dit tog interessant hoe die eerste gemeentes veral bymekaargekom het op die 1ste dag van die week (Sondag) - (Joh. 20:19; Hand. 20:7; 1 Kor. 16:2). Dit was ook op die 1ste dag van die week wat aan hulle bekend gemaak is dat Christus Jesus opgestaan het uit die dood (Joh. 20:1; Luk. 24:1; Mark. 16:2,9).  En dit wil voorkom of die uitstorting vd Heilige Gees ook plaasgevind het op die 1ste dag van die week (Lev. 23:15)(?).  Geen wonder dat meeste Christelike kerke "sabbat" hou op die 1 ste dag vd week! Maar dit was nie iets snaaks die idee van samekomste op die eerste dag vd week nie, want op sekere geleenthede was die EERSTE DAG ook uitgesit as 'n heilige dag in die O.T. (Eks. 20:16; Lev. 23:7,8,35; Num. 28:18).  Dit is wel ook duidelik dat die Jode in die tyd vd eerste gemeentes steeds vergader het op die 7de dag vd week (Sabbat)(Saterdag), en die apostels het hiervan gebruik gemaak deur die evangelie te bring op hierdie dae, en lering te gee in die sinagoges op die Sabbat..., maar dit beteken nie dat hulle in die eerste gemeentes die 7de dag spesifiek uitgesit het vir lering nie, want in heelwat skrifte sien dat die eerste Christene bymekaargekom het op die eerste dag vd week... (en volgens Hand. 2:46, "dag vir dag" volhard in die tempel!).

(Eks 31:13,14 - "Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit").  Alhoewel die Sabbat 'n teken was vir die wat dit hou, was dit ook 'n TEKEN vir die volke rondom.  Die volke wat dit aanskou het, het dit gesien as 'n teken van wat?  -Eks. 31:13 ".....................sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig". Die Sabbat was dus ook 'n teken vir die ander volke, want deurdat die Hebreeuse volk hierdie Sabbat gehou het, het hulle vir die ander volke gewys dat hulle AFGESONDER (geheilig) is vir die Here! (vgl. dit met die tema van priesters).  Ons kan seker sê dat die bymekaarkom van Christene in die N.T. (hetsy watter dag ookal!) ook op dieselfde manier vir ander mense wys wie dit is wat vir die Here geheilig / afgesonder is. Ander mense kan op hierdie manier sien wie dit is wat bely dat hulle Christene is en vir Hom leef, en deur Hom gebruik word (omdat hulle afgesonder is). In die O.T. was hierdie wet van Sabbat-onderhouding spesifiek aan die volk van Israel gegee omdat die Here hulle uitgekies het tussen al die volke om vir Hom 'n volk te wees (om hulle vir Hom te HEILIG), maar in die N.T. word enige iemand uit enige stam, taal, volk of nasie geroep, sou so iemand hom bekeer tot die Here en glo in Sy Seun Christus Jesus...(Openb. 5:9)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html).  Die Christene uit die heidene word dus deel van die kinders van Abraham omdat hulle behoort aan Christus, en deur die Gees Sy kinders is...(Gal. 3:7) - dus "deel van die nageslag van Abraham" (Gal. 3:29) - wie? ...die wat gedoop is in Christus (Gal. 3:27,29)(dit is egter slegs die wat gewederbaar is, wat sal ingaan in die koninkryk van God-Joh. 3:3).  En l.w. dat Christus gebore is uit die nageslag van Dawid (uit die nageslag van Israel).  So beteken dit dan dat Christene verplig is om die Sabbat te onderhou op die 7de dag?, siende dit ingestel is as 'n EWIGE teken tussen die Here en die kinders van Israel? (- Eks. 31:17 - " Tussen My en die kinders van Israel is dit (die Sabbat) vir ewig ‘n teken..."). Baie Christene reken so;  tog, sou ons hierdie feit vgl. met die vleeslike besnydenis, wat terloops ook ingestel was as 'n ewige verbond! (Gen 17:13), pas hulle nie dieselfde reels daarop toe wanneer dit kom by vleeslike besnydenis nie!, en is die N.T. baie beslis daaroor dat dit nie van ons as Christene verwag word om die teken vd besnydenis te hou nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html).  Daarom moet ons verstaan dat wette verskillend vervul word in verskillende tydperke;  of sal ons liewer sê dat Christus vir ons kom wys het "HOE" dit vervul moet word.  Op dieselfde wyse wat die vleeslike besnydenis verskillend vervul word in die N.T. (as in die oue) omdat die klem is op die besnydenis van die hart en die teken vd besnydenis slegs 'n skaduwee was van wat sou kom, net so het Christus vir ons die uitnemender weg kom wys van hoe die sabbat vervul moet word, en moet ons onthou dat:  (1) -Die Seun van die mens is Here ook van die sabbat! (Mark. 2:28; Matt. 12:6,8):  As die priesters bv. in die tempel kan besluit wanneer dit geoorloof is om die sabbat "te ontheilig", hoeveel te meer kan Jesus Christus daaroor besluit, want, het Jesus vir hulle gese: (Mat 12:6)  "...Een wat groter is as die tempel, is hier". Laat Christus besluit hoe die sabbat geheilig word, en wanneer dit toelaatbaar is om dit te ontheilig (want na regte dink ons somtyds dat iets "ontheilig" word deur 'n sekere daad, terwyl ons net nie verstaan hoe dit vervul word nie...). Hy het ook verder vir ons geleer dat: (2) -Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie (Mark. 2:27).  Die Sabbat is nie veronderstel om gesien te word soos slegs 'n wet wat iemand moet onderhou nie, maar bedoel om ter wille vd mens te wees - dit gaan nie oor "om die Sabbat te dien" nie, want die sabbat is vir die mens gemaak...  (rol af na die gedeelte "wat het Christus vir ons geleer oor die Sabbat?").  DIE SABBAT GAAN VERAL OOR DIE TEMA VAN "RUS"!  Ons liggame het beslis fisiese rus nodig (werk 6 dae, rus 1 dag), maar dit verwys nie net na fisiese rus nie, maar ook nie geestelike rus, en dit is hierdie feit wat veroorsaak dat die vervulling van die sabbat verskillend lyk tussen die N.T. en die oue.  In die N.T. RUS die Christen vd werke vd wet (dit is waarvan die sabbat o.a. 'n teken was in die O.T.), maar alhoewel huidig, is hierdie rus ook toekomstig wanneer die wat oorwin in "Sy volkome rus" ingaan, wanneer Hy terugkom (daar wag 'n Sabbatsrus vir die volk.. - vgl. hierdie met Christus se koninkryk...).  En in die N.T. gaan die sabbat nie oor 'n spesifieke dag nie, maar "vandag"! (Hebr. 4)("vandag as julle Sy stem hoor...") - want elkeen wat nie hulle harte verhard nie maar luister wanneer hulle "vandag" Sy stem hoor, het die belofte om eendag in te gaan in die ewige Sabbatsrus.

Dus, net soos wat daar meer ag gegee word op die geestelike betekenis vd besnydenis in die N.T., net so word daar meer ag gegee op die geestelike betekenis vd Sabbat in die N.T......
- bv., Die ewige teken vd besnydenis is steeds geldig, maar die klem is op die geestelike, nie die vleeslike nie. En terloops, in die O.T. het selfs die vleeslike besnydenis niks beteken as hulle nie ook hulle "harte besny" het nie!  In die N.T. is die wet vd besnydenis nie tot niet nie, maar die klem is op die besnydenis van hart en ore (en dit is "hoe" dit vervul word in die N.T.)(die vleeslike besnydenis was slegs 'n TEKEN!) - m.a.w., in hierdie sin kon ons seker sê dat die wet vd besnydenis "anders vervul word" in die N.T.
-  Op dieselfde wyse het die wet vd Sabbat in die O.T. slegs gewys op die rus wat daar vir die volk belowe is... (huidig - rus van werke/en toekoms - ewige sabbatsrus).  Ook in die N.T. (en vir ewig!) is die wet van die Sabbat nie tot niet nie, maar die klem is op "vandag" (nie 'n sekere dag nie), en op "om in Sy rus in te gaan" (in die sin van "rus van werke vd wet").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waarvan was die Sabbat 'n teken?
Dit het verwys na 'n RUS waarin die volk sou gaan.
Rus van wat?  - "rus van werke".
Rus van watter werke?  - "die werke van die wet".
Dit is slegs die GEHOORSAMES en GELOWIGES aan wie die belofte gemaak is dat hulle sou ingaan in hierdie rus (Hebr. 3 en 4).  'n TEKEN is iets wat uitgevoer word deur iemand wat daardeur sy geloof bevestig in iets/iemand spesifiek.  Die Christelike Doop is bv. 'n TEKEN - die wat hulle Christelik laat doop, bely dat hulle glo in die Here Jesus Christus en plaas hulle hoop in Sy vergifnis en hoop op die opstanding tot lewe wat deur Hom gegee gaan word...  Die Nagmaal is ook 'n TEKEN - die wat dit neem, bely dat hulle glo dat Christus Jesus se bloed vir ons sondes betaal, en Sy liggaam vir ons gebreek is...  Hierdie sakramente is seremonies wat deur die gelowiges gevolg word.  Alhoewel die Christelike Doop en die Nagmaal deur Christus Jesus soos wet neergele is en gelowiges die opdrag het om hierdie tekens of seremonies te vier, moet ons ook verstaan dat verskillende seremonies pas in verskillende "bedelings".  As Christene dan nou die rus waarna die seremonie van die sabbat (as toe nog 'n toekomstige gebeurtenis) verwys, betree het, dan maak dit nie sin waarom die Christene vd N.T. steeds verplig sou wees om hierdie sakrament te vier nie (alhoewel ons moet onthou dat die doel vd Sabbat ook gegaan het oor "fisiese rus", en daar steeds nog 'n sabbatsrus oorbly...).  En dit is presies waarna die Hebreers skrywer verwys in Hebr. 3 en 4.  Baie van die wat behoort aan die volk van Israel wag nog op hierdie sabbatsrus want baie van hulle was ONGEHOORSAAM en ONGELOWIG! (Hebr. 4:9-11)(ongehoorsaam aan Christus Jesus)(verharde harte-Hebr. 4:7).  Vir so iemand maak die sakrament van die Sabbat sin, want hulle wag nog op hierdie RUS waarin hulle "VAN HULLE WERKE SAL RUS".  Die klem le op gehoorsaamheid en geloof - en net soos baie wat die sabbat gehou het onder die wet ongehoorsaam en ongelowig was (en die sabbat dus niks vir hulle beteken het nie), net so is daar ongelowige en ongehoorsame Christene wat bely hulle rus van die werke van die wet, maar nie regtig RUS (in die N.T.) nie, omdat hulle nog nie rus van hulle werke nie...  Hulle probeer steeds deur wette die Here beindruk, in plaas van om hulle tot Hom te bekeer en Hom gehoorsaam te wees en in Hom en in Sy waarheid te glo.

Die gehoorsame en gelowige Christen het reeds die RUS betree, en rus alreeds van die werke van die wet! Vir die Christen om nog hierdie TEKEN vd O.T. (7de dag sabbat) te vier asof hy nog nie in die RUS ingegaan het nie, maak dus nie sin nie, maar sou hy 'n sabbat neem om van sy fisiese werke te rus, of ag gee op die pad van godsaligheid waar gehoorsaamheid en geloof bo werke gekies word, dan is hy besig om te verstaan waaroor die sabbat werklik gaan! (en dan gaan dit ook nie slegs oor 'n spesifieke dag nie, maar "vandag).  Kyk ons bv. na briewe aan eerste gemeentes, word die Sabbat in die N.T. nie noodwendig gesien as 'n wet of opdrag nie, maar elkeen neem die dag waar soos hy vrede het daaroor (Rom. 14:5-8).  Christene word selfs beveel dat hulle mekaar nie mag oordeel in spys (wat ons mag eet) of in drank of  met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie (Kol. 2:16-23)(maar mag natuurlik ook nie mekaar kwalik neem sou dit wel vir iemand belangrik wees om 'n fees of sabbat te vier of ag te gee op die manier hoe hy eet nie....)(Rom. 14:3-13).  Dit wil tog voorkom asof dit nie so belangrik was om ag te gee op "die dag" (m.a.w. "watter dag) nie, want volgens Hand. 2:46 het hulle DAAGLIKS volhard in die tempel, en is brood DAAGLIKS van huis tot huis gebreek onder die eerste Christene... Hulle het ook ELKE DAG in die tempel, en van huis tot huis, lering gegee!
-Hand. 2:46 - "En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet".
-Hand. 5:42 - "En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is".
-(Kyk ook Luk. 24:53).
Die manier hoe die sabbat dus vervul word in die N.T. is nie bloot om die sabbat te hou asof die mens gemaak is vir die sabbat nie, maar die sabbat(rus) is vir die mens gemaak. Neem jou liggamlik rus, maar verstaan dat die wet van die sabbat slegs vervul word wanneer iemand GEHOORSAAM is aan Hom en in Hom GLO - dit is slegs die gehoorsames en gelowiges wat kan bely dat hulle die sabbat heilig (hulle vervul die wet van die sabbat). Daardeur sal ander sien wie regtig aan die Here behoort!, en wie priesters is vir Hom!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Om in Sy rus in te gaan" verwys egter nie alleenlik na die huidige rus waarin Christene nou rus van die werke vd wet nie, maar verwys ook na 'n toekomstige gebeurtenis! http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html.  Christene rus alreeds vd werke van die wet (waarvan die Sabbat 'n teken was), maar sal eers volkome rus wanneer hulle in die fisiese ewige koninkryk ingaan. Sommige skrifte bevestig hierdie feit dat die volk van God eers werklik IN TOTALE RUS SAL VERKEER wanneer hulle in hul land gevestig is en al hulle vyande verwoes is.  Dit verwys na die wat Sy koninkryk beerwe!  (en ons moet verstaan dat die koninkryk van God nie net geestelik is nie, maar ook fisies!)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html). Christus Jesus se ewige koninkryk, wat begin met die 1000 jaar, en Sy heerskappy vanuit Jerusalem (en Sy heilige berg), word ook in Jes. 11:9,10 voorgestel as 'n RUSPLEK. Om in "rus in te gaan" verwys dus na verskillende dinge in die skrif (en kan o.a. selfs verwys na doodgaan!-Eccl. 8:10), maar verwys in die N.T. veral na hoe ONS DOODGAAN VIR DIE WET MAAR LEWE VIR DIE HERE.  Ons sien egter dat die wat vroeer die beloofde land ingegaan het, dit verloor het deur hulle ONGEHOORSAAMHEID.  Net so het die wat oppad was na die beloofde land maar ONGEHOORSAAM was, die kans verloor om in te gaan!  Hierdie is die dinge waarna verwys word in Hebr. 4... Moet ons egter ook onthou dat die belofte aan die kinders van Israel as die uitverkore volk nie tot niet gegaan het nie!, maar sal nog volkome in vervulling gaan;  inteendeel, die Christene uit die heidene word deel van hierdie volk!!! (word "kinders van Abraham).  

(Exo 31:16)  En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.
(Exo 31:17)  Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.  So, alhoewel ons wil redeneer dat die wet van die Sabbat spesifiek gemaak is aan die KINDERS VAN ISRAEL (as "ewige teken"),
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat het Christus vir ons geleer oor die sabbat?

Wat ons moet verstaan is dat Jesus nooit die sabbat tot niet gemaak het nie, maar eerder vir ons kom leer het hoe dit VERVUL word.  Baie mense daardie tyd, en ook vandag, sien die sabbat as 'n offer wat aan die Here gebring (moet) word, maar Jesus het vir ons kom leer "hoe ons die sabbat moet sien", en dat dit eerder gaan oor die onderhouding vd eerste twee gebooie (m.a.w., die wat gelowig en gehoorsaam is, is die wat die sabbat vervul).  Hy't bv. geleer dat barmhartigheid belangriker is as offers...  Christus is Here oor die sabbat! (Mark. 2:28).  Hy besluit HOE die sabbat vervul word.

Kom ons kyk na 'n paar lesse wat Christus vir ons geleer het oor die Sabbat:
(1)  (Mar 2:27)  "En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie".

Konteks? (Mark. 2:23-28):   Jesus en Sy dissipels het op die sabbat deur die gesaaides geloop en are pluk, iets wat die Fariseers geglo het nie geoorloof was nie.  Jesus herinner hulle aan hoe Dawid, en die wat by hom was, in die huis van God ingegaan het en die toonbrode geeet het toe hulle honger was al was slegs die priesters geoorloof om dit te eet (vgl. dit met 1 Sam. 21:1-6).  
En daarmee se Hy dan: (v.27) - "Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie". 

Mattheus verduidelik dit nog verder:  
(Mat 12:3)  Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie—toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het—
(Mat 12:4)  hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
(Mat 12:5)  Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?
(Mat 12:6)  En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier.
(Mat 12:7)  Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;

Jesus verduidelik hier dat die doel nie is om die sabbat te onderhou ten spyte van nie, maar ter wille van die mens;  die offerande is nie belangriker as die barmhartigheid nie.  Alhoewel dit nie geoorloof is om op die sabbat te werk nie, bedoel dit nie dat dit onbarmhartig moet geskied nie, want baie dinge wat as "werke" gesien word, is ook "barmhartigheid".  Die doel van die Sabbat was nie bedoel om gesien te word soos slegs 'n wet nie (m.a.w. "die mens is nie gemaak vir die sabbat" nie), maar bedoel om ter wille van die mens te wees (m.a.w. "die sabbat is gemaak vir die mens). Die sabbat moet die mens dien, nie die mens die sabbat nie. So dus, alhoewel dit nie geoorloof was om op die sabbat te werk nie, is sekere "werke" nie verkeerd op die sabbat nie, bv. werke van barmhartigheid - want die Here soek eerder barmhartigheid as offerande!
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html.  Hier het Christus begin wys hoe die vervulling vd wet vd Sabbat anders vervul word as wat hulle gedink het...  

(2)  Die volgende stelling wat Hy maak, is:  (Mar 2:28; Matt. 12:6,8)  "Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat".  As die priesters in die tempel dan kan besluit wanneer dit geoorloof is om die sabbat "te ontheilig", hoeveel te meer kan Jesus Christus daaroor besluit, want, het Jesus vir hulle gese: (Mat 12:6)  "...Een wat groter is as die tempel, is hier".  Alles wat Hy van die Vader hoor, het Hy aan ons bekend gemaak (Joh. 15:15). Buitendien is hierdie feit ook bevestig in Hos. 6:6 dat die Vader 'n behae het in liefde, nie in offerande nie, en in kennis van God, meer as brandoffers! Barmhartigheid en liefde hier gaan oor kompassie en om gunstig te wees teenoor ander mense - om "om te gee".   Baie dinge waarvoor die Fariseers vir Jesus kwalik geneem het, was wanneer Hy barmhartig was, bv. om iemand te genees op die sabbat, of om saam met die tollenaars en sondaars te eet terwyl Hy vir hulle die evangelie deel (Mark. 9:10-13)...   Kyk ook wat Jesus gese het in Mat 23:23 - "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat".  Hier het Hy beslis vir hulle gewys dat dit gaan "oor die hart", en dat die wet vd sabbat nie vervul word deur slegs 'n offer nie, maar deur geloof en gehoorsaamheid.

Die hele wet en die profete hang aan die eerste twee gebooie (Matt. 22:40).  Die wet word VERVUL deurdat ons die Here liefhet en ons naaste liefhet, nie net deur bloot offers te bring nie! IN DAARDIE SIN IS DIE BLOTE ONDERHOUDING VAN DIE WET SELF, NIE BELANGRIKER AS die BARMHARTIGHEID NIE!  - inteendeel, barmhartigheid vervul daardie wet!!! DIE MANIER VAN HOE "DIE WET" vervul WORD, IS DUS ANDERS AS DIE MANIER HOE DIE FARISEERS DIT VERSTAAN HET! As hulle in Christus Jesus geglo het, en geglo het dat Hy Here is (groter as die tempel en Here vd sabbat!), dan sou hulle Hom nie verkeerdelik beoordeel het nie. Die feit dat hulle hom en Sy dissipels verkeerdelik geoordeel het toe hulle are gepluk het op die sabbat (toe hulle honger was), wys dat hulle nie Jesus se outoriteit aanvaar het nie want sou hulle in Hom glo, dan sou die barmhartigheid vir hulle belangriker wees as die offer.  Die manier "hoe die wet vervul word" is dus anders as wat ons baiemaal dink - Jesus (wie die outoriteit het) het vir ons kom toon hoe dit vervul word en ook hoe die sabbat vervul moes word en dat dit nie slegs soos 'n offer gesien moes word nie.

(3)  So onbarmhartig was hulle dat toe Jesus op een sabbat ingaan in die sinagoge waar ook 'n man was met 'n verdorde hand, het hulle Hom in oog gehou en het gewag vir die geleentheid om Hom aan te kla sou Hy die man genees op die sabbat (Mark. 3:1-6).  So min het hulle gevoel vir die man wat genesing nodig het - wat eerder vir hulle belangrik was, was die offer van die sabbat.  As hulle egter eerder ingestel was op barmhartigheid, dan sou die offer van die sabbat nie belangriker wees nie. Vgl. dit ook met Luk. 13:11-17. Hulle het verstaan dat hulle diere gevoed moet word ook op 'n sabbat en het daardie "werk"  regverdig op 'n sabbat, maar het nie daardie selfde barmhartigheid gehad vir hulle naaste nie. (Luk 13:15,16 - "Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie? Maar hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die Satan—dink daaraan! —agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?"). Vgl. ook met Luk. 14:1-6 en Joh. 5:1-18 en Joh. 7:10-24 en Joh. 9. In Joh. 7:24 beskuldig Jesus hulle daarvan dat hulle verkeerd oordeel:  (Joh 7:24 - "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel"). 

(Mar 3:1)  En Hy het weer in die sinagoge gegaan, en dáár was ‘n man met ‘n verdorde hand.
(Mar 3:2)  En hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.
(Mar 3:3)  En Hy sê vir die man met die verdorde hand: Staan op in hul midde.
(Mar 3:4)  Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, ‘n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.
(Mar 3:5)  En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.
(Mar 3:6)  Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.

Hierdie is baiemaal die rede waarom mense dink hulle vervul die wet, maar dit dan nie vervul nie omdat dit vir hulle gaan oor slegs die offer i.p.v. bv. barmhartigheid en liefde.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Laat niemand julle dan oordeel........met betrekking to 'n .....................sabbat"?:
(Kol 2:8)  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie..................................(Kol 2:16)  Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, (Kol 2:17)  wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus......................(Kol 2:20)  As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge (Kol 2:21)  soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —
(Kol 2:22)  almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense,(Kol 2:23)  wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees. (Kol 3:1)  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.(Kol 3:2)  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.(Kol 3:3)  Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

- Die aandag in hierdie skrifgedeelte moet wees op Jesus Christus - op hoe ons na Hom moet kyk en moet ag gee op Sy beginsels (nie die wereld se beginsels nie).  Mense oordeel verkeerd wanneer hulle ander oordeel op "wereldse beginsels" (menslike wysheid/gebooie).  Waarna hy hier verwys is nie dat ons glad nie wette het of bv. nie die sabbat moet onderhou nie, maar eerder dat ons getrou moet bly aan wat Jesus vir ons geleer het oor die wette en die vervulling daarvan.  Dit is duidelik dat die manier hoe hulle verstaan het dit vervul word, nie noodwendig die manier is hoe die Here dit bedoel het nie. As gevolg daarvan het hulle Jesus en Sy dissipels verkeerd geoordeel.  Wanneer iemand nie ag gee op die kennis wat Jesus vir ons gebring het nie, dan oordeel hy op die manier "hoe hy sien", nie op hoe die Here "sien" nie!  Dit is waarna Paulus hier verwys.  Die gelowige is nie sonder wette nie, maar ons moet verstaan hoe dit vervul word.  Die vir wie dit slegs gaan oor "offers bring", gee duidelik nie ag op Jesus se leringe nie!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na skrifgedeeltes waar die sabbat ingestel was:

(Gen 2:1)  So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.
(Gen 2:2)  En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
(Gen 2:3)  En God het die sewende dag geseën en dit geheiligomdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Aan die volk Israel na die uittog:
(Exo 20:8)  Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.
(Exo 20:9)  Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
(Exo 20:10)  maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
(Exo 20:11)  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

(Exo 31:13)  Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
(Exo 31:14)  Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
(Exo 31:15)  Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
(Exo 31:16)  En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.
(Exo 31:17)  Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is deur die Apostels besluit en geleer oor of die heidene wat tot bekering kom (wat nie Jode is nie)... - watter wette moes hulle gehoorsaam

In hierdie gedeelte was die kwessie nie die wet vd sabbat nie, maar dit het gegaan oor die wet vd vleeslike besnydenis.  Net soos die sabbat, was die wet vd besnydenis ook ingestel as 'n ewige verbond (Gen. 17:13).  Tog, al word die Christene uit die heidene ook deel van die nageslag van Abraham deur die waterdoop, was dit in die eerste gemeentes nie van hulle verwag die mans vleeslik besny word nie. Deur te kyk na hoe hierdie onderwerp van vleeslike besnydenis hanteer is, kan ons dalk beter verstaan hoe ons moet kyk na die wet vd sabbat, wat terloops ook 'n ewige instelling was... 
(Act 15:5)  Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.
(Act 15:6)  En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.
(Act 15:7)  En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.
(Act 15:8)  En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.
(Act 15:9)  En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.
(Act 15:10)  Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels ‘n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?
(Act 15:11)  Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.
(Act 15:12)  En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.
(Act 15:13)  En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my!
(Act 15:14)  Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.
(Act 15:15)  En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:
(Act 15:16)  Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,
(Act 15:17)  sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
(Act 15:18)  Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.
(Act 15:19)  Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,
(Act 15:20)  maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed.
(Act 15:21)  Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.
(Act 15:22)  Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was.
(Act 15:23)  En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete!
(Act 15:24)  Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,
(Act 15:25)  het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus—
(Act 15:26)  manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.
(Act 15:27)  Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.
(Act 15:28)  Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:
(Act 15:29)  (1)dat julle jul onthou van afgodsoffers (2) en van bloed en van wat verwurg is (3) en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

Kyk ook na Hand. 21:
(Hand. 21:21)  En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie.
(Hand. 21:22)  Wat staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat die menigte bymekaarkom, want hulle sal hoor dat u gekom het.
(Hand. 21:23)  Doen dan wat ons vir u sê. Ons het vier manne wat ‘n gelofte gedoen het;
(Hand. 21:24)  neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou.
(Hand. 21:25)  Wat egter die gelowiges uit die heidene betref het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van dié aard moet onderhou nie, maar hulle net moet (1) onthou van afgodsoffers en (2) bloed en van wat verwurg is, (3) en van hoerery.

Die wet "om te besny" is steeds geldig, maar dit word op 'n ander manier vervul: 
-(Rom 2:25)  Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy ‘n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.
(Rom 2:26)  As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?
(Rom 2:27)  En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die wet is nie?
(Rom 2:28)  Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
(Rom 2:29)  maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.



-(Rom 4:9)  Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.
(Rom 4:10)  Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.
(Rom 4:11)  En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;
(Rom 4:12)  en ook ‘n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.
(Rom 4:13)  Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.


-(Rom 15:8)  En ek sê dat Jesus Christus ‘n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig;

-(1Kor. 7:18)  Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie.

(1Kor. 7:19)  Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.

-(Ef. 2:11)  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,

(Ef. 2:12)  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
(Ef. 2:13)  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
(Ef. 2:14)  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het
(Ef. 2:15)  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
(Ef. 2:16)  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
(Ef. 2:17)  En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;
(Ef. 2:18)  want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.

-(Php 3:3)  Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;



-(Col 2:11)  in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,
(Col 2:12)  omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
(Col 2:13)  En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,

-----------------------------------------------

Op dieselfde wyse wat die besnydenis anders vervul word, is die wet van om die sabbat te onderhou steeds geldig, maar Christus het vir ons gewys HOE dit vervul word.  Die manier hoe die wette van God vervul word, moet wees volgens Christus se beginsels, volgens hoe "Hy sien", nie hoe ons sien nie! Daarom word daar bv. nie van die Christen verwag om die Sabbat te onderhou volgens die wet van Moses nie, maar volgens hoe Christus Jesus vir ons kom leer het. Die N.T. is baie beslis daaroor dat dit nie van ons as Christene verwag word om die teken vd besnydenis te hou nie, al was dit tog 'n ewige insetting.  Die rede hiervoor is NIE omdat die wet vd besnydenis TOT NIET is nie, maar Christus het vir ons kom wys HOE dit vervul word (bv. "besnydenis vd hart"), en daarom wil dit lyk of dit ANDERS vervul word as in die O.T.  Op dieselfde wyse wat die vleeslike besnydenis verskillend vervul word in die N.T. (as in die oue) omdat die klem is op die besnydenis van die hart (nie op die vleeslike besnydenis nie, en die teken vd besnydenis slegs 'n skaduwee was van wat sou kom), net so het Christus vir ons die uitnemender weg kom wys van hoe die sabbat vervul moet word.  Om hierdie rede het die paar wette wat die dissipels op die Christene uit die heidene gele het, bv.
(Hand. 15:29)  
(1) dat julle jul onthou van afgodsoffers

(2) en van bloed en van wat verwurg is 
(3) en van hoerery, 
nie beteken dat dit al wette is wat aan hulle gegee is, of dat wette tot niet is nie, maar dit beteken dat die wet op 'n baie uitnemender manier vervul word in die N.T. as in die oue - en in geval van hierdie 3 wette in v.29, word dit op dieselfde wyse vervul, soos baie ander wette wat veral spreek teen sonde.  Kyk maar hoeveel wette word aan Christene gegee in die briewe aan die gemeentes, maar nie met die doel om hulle terug onder die wet van Moses te plaas nie, maar sodat hulle besef hoe belangrik GEHOORSAAMHEID en GELOOF is, en dat dit die juiste manier is hoe hulle die wet vervul!  Ons vervul nie die wet bloot deur wette na te kom nie, maar sal dit slegs vervul WANNEER ONS HARTE REG IS. In bg. geval leer ons dus dat dit nie gaan oor die vleeslike besnydenis nie, maar meer oor die "besnydenis vd hart"!  Al is iemand ook vleeslik besny, beteken sy besnydenis niks as hy nie ook besny is na die hart nie...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: