Vrydag 13 Junie 2014

Wat is die WAARHEID ?

HIERDIE IS DIE EERSTE GEDEELTE VAN DIE TEMA "WAT IS DIE WAARHEID" - VIR DIE VOLGENDE TWEE GEDEELTES, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/06/wat-is-die-waarheid-2.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/wat-is-die-waarheid-3.html
==================================================================

(Joh 18:37)  "Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.(Joh 18:38)  Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? .....".  

---------------------------------------------------------------------------------------------
(Mar 4:23)  As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.
(Mar 4:24)  En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.
Nie almal hou van die waarheid nie.  Baie Skrifgeleerdes en Fariseers het aanstoot geneem aan Jesus wanneer Hy die waarheid gedeel het.  Die "waarheid" is nie net die mooi dele van die evangelie nie, maar ook die dele wat ons nie graag wil hoor nie, soos bv. dat ons ook op sonde gewys word, en herinner word aan die komende oordeel, of dat ons nie ons hoop moet plaas in wereldse sekuriteite nie, ens....  Die manier hoe die Here dinge sien, is nie hoe ons dit sien nie! Ons moet ons bekeer van die manier "hoe ons sien", en moet pasop "hoe ons hoor" - wanneer ons die waarheid hoor, kan ons nie net die dele aanneem wat ons in die gehoor streel nie! Jesus het nie net sekere dele van die waarheid verkondig nie, maar die volle waarheid gebring!  Baie het a.g.hiervan aanstoot geneem aan hom:  (Mat 15:12 - "Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?");  want die waarheid is nie altyd wat ons graag wil hoor nie! Net so het baie aanstoot geneem aan die prediking van Jesus se dissipels (wanneer hulle die waarheid gebring het)...

 Sou ons bv. 'n studie maak oor wat Jesus vir ons geleer het oor "geloof en gebed", dan kan ons nie net die verse aanneem wat vir ons goed klink of wat ons reken "stigting" is nie, maar moet ook dit aanneem wat selfs teregwysing is, of wat vir ons die onderwerp beter laat verstaan.  Die waarheid oor geloof en gebed is bv. nie net "dat ek kan vra wat ek wil en glo dat ek dit sal ontvang nie", maar ook dat ek volgens die Here se wil vra, en nie verkeerd of selfsugtig moet bid nie! As iemand werklik na die waarheid soek, dan is die dele wat negatief klink ook welkom.  As ek by my vind dat 'n deel nie so welkom is vir my nie, dan moet ek selfondersoek doen (wat natuurlik gereeld gebeur!). Niemand is goed nie, en almal het die volle waarheid nodig! Ons almal (gelowiges) moet aandag gee aan hierdie pad van godsaligheid, nie net om bv. godsaligheid te sien as die hoop van die ewige lewe nie, maar om alles wat ons leer oor godsaligheid in die Skrif in aanmerking te neem, m.a.w. dat dit ook gaan daaroor dat ek my liggaam moet kasty sodat dit kan diensbaar wees vir die Here!  Ek kan nie net daardie dele van die onderwerp aanneem wat my beter laat voel nie!  Nee, ek wil die volle waarheid weet.  Ek wil seker maak dat ek nie net 'n gedaante van godsaligheid het nie, maar sondes in my lewe afle. Ek wil nie net die mooi dinge van godsaligheid weet nie, maar wil alles weet oor die onderwep!  Dan kan ek se, ek soek na "die waarheid"!  Dan kan se dat ek 'n onderwerp verstaan...

 Waar iemand egter die waarheid hoor, maar dit wegwys (en gewoonlik dan aanstoot neem daaraan), wys dit daarop dat sy hart nie reg is nie.  Die persoon wat nie opreg is nie, stel nie belang in wat "die waarheid" is nie. Dit dan waarom Paulus skryf: (Gal 4:16)  "Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?".  Sommige mense is net nie ontvanklik vir die waarheid nie.  Hulle wil net daardie dele hoor wat hulle in die gehoor streel, en sien net dit dan as stigting, maar die waarheid is dat dit slegs "die waarheid" is wat vrymaak! (en iemand werklik kan stig)(Joh. 8:32).


Dit dan Jesus se woorde:  "Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem".  Iemand wat uit die waarheid is, neem nie net die woorde aan wat hom laat goed voel nie, maar LUISTER NA SY STEM en neem die woorde aan wat hom tot gehoorsaamheid bring aan Christus (aan Sy stem)!  
=================================================================

(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannesvan toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondigen elkeen dring met geweld daarin".  
(Joh 1:17)  "Want die wet is deur Moses gegee; die genade (grace, favour) en die waarheid (truth) het deur Jesus Christus gekom".
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 Alhoewel die gemeente van Korinthiers in geen enkele genadegawe agtergestaan het nie, noem Paulus hulle "klein kinders" - hy skryf hierdie feit toe aan die feit dat hulle nog "vleeslik" dink!  Tog het die gemeente gedink dat hulle baie "wys" was! Hulle oe was nie altyd gevestig op "wat die waarheid is" nie - sommige het net na Paulus geluister, ander net na Apollos, ander net na Cefas.......(1Kor. 1:12) - as gevolg hiervan was daar heelwat twiste onder hulle.  Hulle oe was dus nie gevestig op "wat die waarheid is" nie, maar op spesifieke mense, in "op wat hulle se die waarheid is";  dit het m.a.w. gegaan oor "vir wie hulle wil glo"Wanneer gelowiges hulle hoop plaas in mense (soos baie in die gemeente van Korinthiers), dan sukkel hulle om te erken wanneer die Here deur iemand tot hulle praat, want dan is hulle net ontvanklik vir sekere mense  - in so 'n geval, wanneer die Here vir hulle wel iemand stuur wat die waarheid verkondig, is hulle nie ontvanklik vir hom nie omdat hulle vleeslik dink!  (1 Kor. 3).  Waar iemand begin kies na wie hy luister, soek hy 'n teologie wat hom in sy gehoor streel, nie na "die waarheid" nie!
========================================================================

1Kor. 3:15  ("as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen").  Hierdie skrif is nie 'n bewys dat die gelowige glad nie sy/haar saligheid kan verloor nie, maar kyk ons in watter konteks dit geskryf is, is dit duidelik dat die "werke" waarna Paulus hier verwys, gaan oor watter leerstellings die gemeente toegelaat het. 'n Gelowige wat dus in hierdie geval "onwetend sondig", m.a.w. aan leerstellings vashou omdat hy onwetend is van wat die waarheid regtig is, se "werk sal verbrand word, en hy sal skade ly, maar self gered word". So iemand kan bv. vir jare 'n leerstelling verkondig en dink dat hy besig is om die evangelie te versprei en baie hard werk in die koninkryk, maar as dit nie die waarheid was nie, sal daardie werke verbrand word, en dit is dus duidelik dat hy ook geen beloning daarvoor sal ontvang nie! (alhoewel hy self gered sal word).

Dit is egter anders wanneer iemand kundig geraak het oor die waarheid!  Iemand wat opsetlik nie wil sien of hoor nie, staan die gevaar dat sy sonde nie vergewe kan word nie! (Mark. 4:12). Valse leerstellings kan saligheid beinvloed!  - veral waar so 'n  leerstelling tot gevolg het dat iemand in 'n sonde verval, en in "sonde tot die dood" stap,  bv. die gemeente van Pergamus, waar gelowiges o.a. vasgehou het aan 'n leerstelling wat leer dat dit reg is om te "hoereer" - Jesus se woorde aan hulle was as volg: (Openb. 2:16 - "Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond").
(Openb. 2:12-29; Openb. 2:14,15; 1Kor. 6:10).
"Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem" (Joh. 18:37).  

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/as-iemand-se-werk-verbrand-word-sal-hy.html
=================================================================
Nog skrifte oor die onderwerp van "waarheid":

(Joh 1:17)  Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

(Joh 3:19)  En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
(Joh 3:20)  Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
(Joh 3:21)  Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.


(Joh 8:30)  Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo.

(Joh 8:31)  En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.

(Joh 8:32)  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

(Joh 8:33)  Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?

(Joh 8:34)  Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.


(Joh 8:44)  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.
(Joh 8:45)  Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.

(Joh 14:6)  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

(Joh 14:16)  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
(Joh 14:17)  die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

(Joh 16:13)  Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

(Joh 17:15)  Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
(Joh 17:16)  Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
(Joh 17:17)  Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
(Joh 17:18)  Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

(Rom 1:18)  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

(Rom 2:8)  maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;
(Rom 2:9)  verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;

(1Co 13:6)  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

(2Co 4:2)  Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.

(Gal 4:16)  Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?

(3Jn 1:4)  Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.

(2Jn 1:2)  ter wille van die waarheid wat in ons bly en by ons vir ewig sal wees—

(1Jn 4:6)  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

(1Jn 3:18)  My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
---------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: