Maandag 19 Mei 2014

Wat word bedoel met ONWETENDE sonde?

Die tema van "onwetende sonde" (sonde uit onwetendheid begaan - "weet nie wat hy doen nie"), was nie 'n onbekende begrip by God se volk nie.  Hulle het goed verstaan wat dit beteken - daar was ook 'n offer vir onwetende sondes!: -Eseg. 45:20; Hebr. 9:7; 1 Pet. 1:14.  Toe Paulus dan die volgende stelling maak in 1 Tim. 1:12,13 waarin hy verklaar dat die Here aan hom barmhartigheid bewys het omdat hy "onwetend" gesondig het, het Timotheus goed verstaan wat hy bedoel het.  So ook die volk toe Petrus vir hulle preek in Hand. 3, en hy verklaar dat hulle dit in onwetendheid gedoen het toe hulle Jesus gekruisig het!  -(Selfs Jesus het op die kruis gebid, "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie").  

----------------------------------------------------------------------
IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS VERAL NA 2 VOORBEELDE KYK OM HIERDIE ONDERWERP BETER TE VERSTAAN:
- (1)  1 Tim. 1:12,13 (waar Paulus verklaar dat hy oorspronklik ONWETEND gesondig het, in ongeloof); en
- (rol af vir 2)  Luk. 23:34 (waar Jesus op die kruis gebid het,  "Vader, vergeef hulle, WANT HULLE WEET NIE WAT HULLE DOEN NIE").
 (rol af vir punte 1 en 2 - "uiteensetting van versgedeeltes")

Ons gaan ook kyk na: 
(Hand. 3:17)  En nou, broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes;
(Hand. 3:18)  maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.
(Hand. 3:19)  Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

========================================================================

KOM ONS KYK EERSTENS NA 'N PAAR ANDER SKRIFTE OM BETER TE VERSTAAN WAT MET "ONWETENDE" SONDES BEDOEL WORD:

-(Lev 4:27)  En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word;
-(Lev 4:28)  of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;
VOLGENS HIERDIE SKRIF IS DIT DUIDELIK DAT NIE ALLE SONDE ONMIDDELLIK AAN IEMAND "BEKEND" IS NIE;  M.A.W. DIT IS MOONTLIK VIR IEMAND OM NIE ALTYD BEWUS TE WEES VAN WANNEER HY SONDIG NIE!

VGL. DIT MET:
(Eseg. 45:20)  So moet jy ook doen op die sewende in die maand ter wille van die wat hulle uit swakheid of uit onwetendheid misgaan het; so moet julle dan vir die huis versoening doen.
IETS WAT REEDS DUIDELIK IS UIT O.T. SKRIFTE, IS DAT DAAR OOK 'N OFFER NODIG WAS VIR "ONWETENDE SONDES", M.A.W. DAAR WAS OOK 'N OFFER NODIG VIR WANNEER IEMAND SE SONDE AAN HOM BEKEND WORD... DIE OOMBLIK TOE HY "KUNDIG" RAAK DAAROOR, TOE MOES HY HOM BEKEER DAARVAN. Iemand wat kundig raak, maar weier om hom te bekeer, kies om ongelowig te wees!

(Heb 4:15)  Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde................
(Heb 5:2)  as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.
IN HIERDIE STUDIE SAL ONS SIEN HOE BARMHARTIG DIE HERE IS T.O.V. SONDE WAT ONWETEND BEGAAN IS... Maar, alhoewel die Here Jesus op die kruis gebid het, "Vader, vergeef hulle..." (m.a.w., hulle barmhartig was), was daar steeds van hierdie mense verwag om hulle te bekeer TOE HULLE SONDE AAN HULLE BEKEND WORD! (Hand. 3:17-19). Sou hulle egter tot insig kom, maar daarna kies om die Here ongehoorsaam te bly en weier om hulle te bekeer tot Hom, dan sal die Here nie barmhartig wees t.o.v. hulle ongeloof nie!(vgl. dit met Rom. 1).

---------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
(in hierdie blogpost gaan ons spes. kyk na waar GELOWIGES onwetende sondes pleeg)


Die woord vir "onwetend" (1 Tim. 1:12,13), is die Griekse woord: "ag-no-eh'-oh", wat beteken 
"not to know, be ignorant, not understand". 
Mense sien somtyds nie iets as sonde nie, terwyl dit dan eintlik is! - soos in die geval van Paulus (toe nog Saulus) wat die Naam van die Here Jesus gelaster het en die gemeente vervolg het - IN SY GEVAL WAS SY SONDE GESIEN AS "ONWETENDE SONDE" (hy was "onkundig/het nie verstaan"). Die Here is baie barmhartig teenoor sulke onwetende sondes, maar dit beteken nie dat iemand nie nodig het om hom te bekeer daarvan wanneer sy sonde aan hom bekend word nie! (Hierdie sondes was ook nie in die O.T. outomaties vergewe nie, maar het 'n offer nodig gehad om vergifnis te ontvang...).

Iets wat ons in gedagte moet hou wanneer dit by barmhartigheid en vergifnis kom, is dat ons moet weet wat "sonde" is. Sonde gaan oor of iemand die "wil van die Here doen, of nie" - dit is eevoudig:  "die wat nie die wil van die Vader doen nie, sal nie ingaan in die koninkryk van God nie"! (Matt. 7:21; 21:31) - dit is ook op hierdie manier hoe daar onderskei kan word tussen die wat "slegs voorgee", en die ware. Maar wat ons moet verstaan, is dat daar wel sondes is wat iemand kan pleeg in onkundigheid, m.a.w. waar die gelowige dink hy doen die wil van die Here, terwyl dit nie so is nie! Waar 'n gelowige egter weet iets is sonde, en dit steeds doen, stap so iemand 'n gevaarlike paadjie!  So 'n gelowige dien sy eie wil, of het weer die sonde begin dien (waarvan sommige van sulke gelowiges erken dat hulle sondig, maar hulle nie bekeer daarvan nie;  ander gee voor asof hulle die wil van die Here doen, maar weet goed dat hulle nie die wil van die Here doen nie).  

So, in die geval van onwetende sonde,  dink die gelowige dat hy die wil van die Here doen, maar is eintlik besig om te sondig! Wat nodig is, is dat die persoon se sonde aan hom bekend word, maar in die geval van opsetlike sonde, is sy sonde alreeds aan hom bekend
--------------------------------
KOM  ONS KYK NET VINNIG NA VERSKILLENDE SOORTE SONDES, sodat ons verstaan wat die verskil is tussen onwetende sondes, en ander sondes:
(L.w. dat sonde nie hier bespreek word in die geval van "die ongelowige" nie, maar spesifiek in die geval van die GELOWIGE SE SONDE)

-(1)  SONDE (in geval van gelowiges)(waar iemand weet hy doen nie die wil van die Here nie, en dit bely, en/of hom bekeer van daardie sonde)(waar gelowiges egter weier om sonde af te le, kan dit wys op of "groter sonde", of "sonde tot die dood").

-(2) (GROTER) SONDE (in geval van gelowiges)(waar iemand weet hy doen nie die wil van die Here nie, maar gee voor asof hy die wil van die Here doen - hy het 'n "verharde hart" en weier om te erken dat hy verkeerd is - so iemand moet bestraf word sodat hy berou kan kry)(hierdie gelowiges is die "geveinsdes", die "akteurs") - http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html

-(3) ONWETENDE SONDE (in geval van gelowiges)(waar iemand dink dat hy die wil van die Here doen, maar eintlik nie Sy wil doen nie - so iemand is "onkundig") - rol af om dit beter te verstaan

-(4) SONDE TOT DIE DOOD (in geval van gelowiges)(waar iemand weet hy doen nie die wil van die Here nie, en erken selfs dat hy in sonde stap, maar bekeer hom nie van die sonde nie - hy het m.a.w. weer die sonde begin dien)(om so iemand tot berou te bring, moet hy bestraf word - gelowiges word beveel om nie vir gelowiges te bid wat stap in "sonde tot die dood" nie....) - http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html

-(5) DIE ONVERGEEFLIKE SONDE (in die geval van gelowiges)(waar iemand laster teen die Gees van God).  (In hierdie geval verwys dit nie na "onwetende sonde" nie, maar eerder na 'n "groter sonde" (wat in hierdie geval nie vergewe kan word nie!).  Die persoon wat hierdie sonde doen, se hart is verhard-soos in die geval van "groter" sonde - staan hy die waarheid tee en gee voor dat hy die wil van die Here doen, maar weet goed dat dit nie so is nie - dit is gewoonlik in daardie toestand van die hart wat mense laster teen die Gees)(nie alle tipe laster is onvergeeflik nie)
-------------------------------------

WAT ONS MOET VERSTAAN VAN ENIGE TIPE SONDE, IS DAT BEKERING/BELYDENIS/BEROU, ALTYD 'N VOORVEREISTE IS VIR "VERGIFNIS VAN SONDES"!  Watter sonde die persoon ookal pleeg, hy moet hom eers bekeer tot die Here, en/of bekeer van afgode, en/of bekeer van werke voor hy vergifnis van sondes ontvang. 
Sommige geleerdes preek dat die Here outomaties "onwetende sondes" vergewe, maar dit is nie so nie!!!  Dit is eerder duidelik dat selfs in voorbeelde van evangelie-prediking in die skrif, "bekering" ook 'n voorvereiste was vir die wat "onwetende sondes" gepleeg het (voor hulle vergifnis van sondes kon ontvang) - (lees Hand. 3:17-19).  Die persoon wat onwetend sondig, het egter nie nodig om deur 'n roetine te gaan waar hy tot berou gelei moet word nie, maar hy moet eerder "tot insig" kom (kundig raak), sodat hy sy hele gedagtegang kan bekeer tot die Here (hy word dan outomaties oortuig van sy sonde). Maar die gelowige wat die "groter sonde" pleeg, of stap in "sonde tot die dood" - wat terloops alreeds kundig geraak het, en reeds weet dat hy sondig, moet eers tot berou kom, en moet bestraf word om tot daardie berou te kom (omdat hy nie wil erken dat hy weet hy is verkeerd nie) - sodat hy hom kan bekeer van daardie sonde. Vir diesulkes, wat "voorgee" of stap in sonde tot die dood, sal dit nie maklik wees in "die oordeel" nie!, en hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang. Alle gelowiges gaan geoordeel word en het die Here se barmhartigheid nodig op daardie dag van die Here!  

Wat baie Christene nie besef nie, is dat barmhartigheid nie net iets is wat ons in hierdie lewe ontvang nie, maar ook iets wat in die toekoms nog aan die gelowige bewys gaan word... (in die oordeel wanneer die Here Jesus terugkom). ...As ons nie barmhartigheid nodig het wanneer Jesus terugkom nie, hoekom skryf Judas dan die volgende? -(Jud 1:20)  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid(Jud 1:21)  en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.  En hoekom skryf Jakobus dan die volgende? -(Jak. 2:13)  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel. En hoekom skryf Paulus dan die volgende oor die huis van Onesiforus? -(2Ti 1:18)  Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in dié dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Éfese bewys het".
Vir iemand om vergifnis van sondes te ontvang, het hy "barmhartigheid" nodig, en ons moet verstaan dat die Here se barmhartigheid nie sonder voorwaardes geskied nie. Iemand moet hom eers BEKEER VAN SONDE, voor hy vergifnis kan ontvang in die Here Jesus Christus!  Die Here bewys barmhartigheid aan die wat hulle BEKEER.  (dit is maklik vir iemand wat onwetend gesondig het om hom te bekeer wanneer sy sonde aan hom bekend word, maar die persoon wat opsetlik sondig, moet eers tot berou kom - nie tot insig nie, want hy het alreeds insig!).
 So ja, daar is versoening vir sondes onder die bloed van Christus, maar daar is voorwaardes vir die ontvang van hierdie versoening.  Ons kan nie staatmaak op die Here se barmhartigheid, maar nie die voorwaardes nakom nie!  'n Gelowige kan nie stap in "sonde tot die dood" en verwag dat die Here (op die dag wanneer Hy terugkom)(in die oordeel) hom barmhartig gaan wees nie!  Die Here is nie barmhartig t.o.v. sondes waarvan iemand hom nie wil bekeer nie, maar is altyd barmhartig teenoor die wat hulle bekeer tot Hom en Hom gehoorsaam! 
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/barmhartigheid.html  
-----------
Hoekom moet iemand se sondes vergewe word?  -DIE DOEL VAN "VERGIFNIS VAN SONDES", IS SODAT IEMAND NIE ONDER GOD SE TOORN VAL NIE. Wie sal onder God se toorn val (m.a.w., aan wie word daar nie barmhartigheid bewys nie)? 
Kom ons kyk na 'n paar verse:
*  (Kol. 3:5)  Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,
(Kol. 3:6)  waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom
(M.A.W., GOD GAAN NIE BARMHARTIG WEES OP DIE ONGEHOORSAMES NIE - hulle sondes word nie vergewe nie!  In hierdie gaval word spesifiek gepraat met gelowiges - vgl. dit met die tema van "sonde tot die dood").

*  (1Th 2:16)  deurdat hulle ons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.
(M.A.W., DIE "ONGELOWIGE JODE" SAL NIE GOD SE TOORN VRYSPRING NIE! - in hierdie geval verwys dit spes. na die wat "gehoor het, maar nie glo nie").

*  (1Th 5:9)  Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
(DIE WAT ONDER GOD SE TOORN VAL, SAL NIE DIE SALIGHEID VERKRY NIE!)
(DIE WAT ONDER DIE TOORN GAAN VAL, WORD GENOEM "KINDERS VAN DIE TOORN" - dit verwys na almal wat "nie glo nie!" - Ef. 2).
(DIE KINDERS VAN DIE TOORN, DIEN DIE SONDE -stap volgens die begeerlikhede van die vlees - Ef. 2:3 - m.a.w. hulle is nie gehoorsaam aan die Here nie, maar gehoorsaam aan die sonde).

*  (Joh 3:36)  Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
(DIE WAT NIE DIE SEUN, DIE HERE JESUS CHRISTUS GEHOORSAAM NIE, SAL ONDER DIE TOORN VAL - in hierdie geval word GEHOORSAAMHEID vgl. met GELOOF!).

Die punt is, daar is 'n toorn aan die kom! (Luk. 3:7).  Dit is slegs die aan wie daar barmhartigheid bewys word, wat die toorn sal vryspring.
--------------------------------------------------------------
 So, dit is nie dat Paulus nie bewus was van wat hy gedoen het nie, maar dat hy dit gedoen het in onwetendheid  - hy was onkundig en het gedink dat hy die wil van die Here te doen, terwyl hy eintlik besig was om te sondig! DIT IS EGTER ANDERS AS WANNEER IEMAND WEET WAT DIE WAARHEID IS, MAAR STEEDS ONGEHOORSAAM IS! - soos bv. die ongelowige Jode in Hand. 17:5 - "Maar die ongelowige Jode was afgunstig en het slegte manne van die leeglopers saamgeneem en die stad in opskudding gebring deur ‘n volksoploop te bewerk. En hulle het die huis van Jason aangeval en probeer om hulle voor die volk te bring". - dit is nie dat hulle nie "geweet" het nie, maar hulle was afgunstig. Wanneer iemand "afgunstig" is, dan weet hy goed wat die waarheid is, maar wil nie he dat dit voorspoedig moet wees met die persoon wat die waarheid hou of deel nie, en hy wil ook nie he dat ander mense daardie waarheid moet hoor nie! - sulke sondes is nie onwetend nie! 'n Ander goeie vb. hiervan is Josef se broers wat "afgunstig" op hom was (Gen. 37:11).  Jaloesie is baiemaal die rede waarom mense die waarheid teestaan!(Hand. 7:9); m.a.w., omdat hulle geweet het wat is die waarheid, was hulle afgunstig op hom.  Op dieselfde wyse was daar die wat afgunstig was op Moses en Aaron (Ps. 106:16). 
 "Die Here sal barmhartig wees oor wie Hy wil barmhartig wees,  en Hom ontferm oor wie Hy wil" ! (Vgl. dit met die onderwerp van "wie is vir die Here welgevallig?" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/wat-beteken-uit-genade-gered.html).  Ons moet verstaan dat  die "genade in Jesus Christus"  nie VERWYS NA "GENADE (guns) OP die goddelose sondaars NIEmaar genade (guns) op  DIE WAT vir Hom lief is, en Hom gehoorsaam (Joh 9:31 - "En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, dié verhoor Hy"). Om uit genade gered te word, beteken nie dat iemand nie die voorwaardes van geloof hoef na te kom nie! - iemand kan barmhartigheid ontvang, maar dit beteken nie dat hy outomaties gered is nie!  Saligheid word slegs verkry deur geloof!  
(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/wat-beteken-uit-genade-gered.html).  
Baie Christene verstaan hierdie vreeslik verkeerd, en dink dat omdat hulle "glo", die Here ook barmhartigheid sal bewys selfs waar hulle "groter" sondes pleeg, of stap in "sonde tot die dood" sonder om hulle te bekeer daarvan, maar die waarheid is dat die skrif vir ons iets anders leer! Hierdie gelowiges stap 'n gevaarlike paadjie, en kan nie seker wees dat hulle in die oordeel, nie onder God se toorn sal val nie. Dit is ook hierdie gelowiges wat bestraf moet word sodat hulle tot berou gedwing kan word in die poging om hulle te "red" (sodat hulle vergifnis kan ontvang)! - so iemand word nie maklik vergewe nie, en as hy nie berou kry nie, dan kan hy dalk glad nie vergewe word nie, al verklaar hy dat hy 'n kind van God is!   Kyk gerus na hoe Johannes die Doper sekere mense nie wou doop nie - sy woorde was dat hulle nie die "vrug dra wat by die bekering pas nie" - hulle het wetend gesondig, en hulle is "vergifnis van sondes" geweier! (in hierdie geval het dit gegaan oor "sonde tot die dood"). 

Daar word nie baie barmhartigheid bewys aan die wat nie wil "hoor" nie! (Matt. 13:15; 10:14; Mark. 6:11; Luk. 9:5; 10:11,12; Hand. 13:51)!  Dit is gewoonlik die persone wat nie die waarheid kan verdra nie - hulle staan dit tee, en doen kwaad aan die wat die waarheid verkondig; tog gee hulle voor dat hulle die waarheid ken en verkondig terwyl hulle goed weet dat hulle nie besig is om die wil van die Here te doen nie, maar valse leerstellings verkondig wat in stryd is met die waarheid (1 Tim. 1:20; 2 Tim. 4:14,15; 2 Tim. 2:17,18...). 
(Maar ons praat NIE hier van die persoon wat valse leerstellings "onwetend" verkondig nie! - so iemand het nie bestraffing nodig nie (tensy hy natuurlik die waarheid hoor, en dit teestaan!), maar moet self eers kundig raak om in sy manier van dink, hom te bekeer tot die Here:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/as-iemand-se-werk-verbrand-word-sal-hy.html). Maar hoe kan die persoon wat "onwetend sondig" tot berou kom vir iets wat hy in die eerste plek nie besef het sonde is nie??? So iemand moet eers kundig word voor hy hom bekeer tot die Here. Kyk ook na die betekenis van die woord "bekering" toe Johannes die Doper die mense opgeroep het tot bekering, en toe Jesus waar Hy met Sy bediening begin het, die mense geroep het om hulle te "bekeer" - die woord "bekeer" in hierdie betrokke skrifte is die Griekse woord:  "met-an-o-eh-o", wat beteken, "om agterna anders te dink; oorweeg; om te bely" - m.a.w. om te bekeer van die manier hoe hulle "gedink" het.
 http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html
Ook in die geval van waar Petrus gepreek het op die dag van Pinkster, en hy hulle versoek het om hulle te "bekeer", was hierdie Griekse woord gebruik wat beteken dat hulle hul moet bekeer tot die Here, bekeer van hoe hulle "gedink" het (Hand. 2:38).  Dit is duidelik dat hierdie mense "onkundig" was voor die tyd!  Hulle het onwetend gesondig teen die Here, en was ongelowig a.g.v. "onkunde".  Ook waar Petrus preek in Hand. 3 sien ons dieselfde - PETRUS MAAK SELFS DIE VOLGENDE STELLING:  "En nou, broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes" (Hand. 3:17). Ook hier in v. 19 word die wat die evangelie hoor, beveel om hulle te bekeer van die manier hoe hulle dink, en ook gevra dat hulle hul moet draai na die Here (m.a.w. om hulle te bekeer tot die Here!).

Die volk het verstaan wat met "onwetende sonde" bedoel word - (Heb 9:7).  Christene vandag verstaan nie altyd hierdie so goed nie, en maak geen onderskeid tussen "sondes" nie.  As ons dit nie verstaan nie, verstaan ons ook nie wanneer die Here barmhartig is (OF NIE!), of wanneer daar van ons barmhartigheid verwag word nie!
--------------------------------------------------------------------------------
=================================================================
UITEENSETTING VAN VERSGEDEELTES:

(1)  Paulus skryf die volgende in  1Tim. 1:12,13 - "En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het, my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof". Op daardie stadium toe Paulus nog gelaster het teen die Here Jesus Christus, en die gemeente vervolg en baie doodgemaak het, se hy het hy dit ONWENTEND gedoen. Wat beteken "onwetende sonde" - het Paulus dan "nie geweet wat hy doen" nie?  Die woord vir "onwetend" in hierdie skrif, is die Griekse woord: "ag-no-eh'-oh", wat beteken "not to know, be ignorant, not understand". 


Paulus (toe nog Saulus) was "onkundig/het nie verstaan". Ook die wat vir Jesus gekruisig het was onwetend, (maar l.w. dat die wat Hom oorgegee het, nie onwetend was nie!  Hulle het die "groter sonde" gepleeg (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html).  Paulus het nie besef dat hy eintlik sondig teen die Here nie, en was ongelowig a.g.v. onkunde. Daar is 'n verskil tussen iemand wat "ongelowig" is omdat hy onkundig is, en iemand wat "ongelowig" is omdat hy, nadat hy kundig geraak het, besluit om ongelowig te wees! In Paulus (Saulus) se geval het hy gedink dat hy die wil van die Here doen, maar hy het nie! Hy was "ongelowig" omdat hy onkundig was.  Sommige ongelowige skrifgeleerdes en Fariseers was nie onkundig nie, (alhoewel sekere owerstes wel onkundig was-Hand.3:17) en nie ongelowig omdat hulle onkudig was nie, maar het goed geweet wat die waarheid is en het gekies om ongelowig te wees (maar voorgegee dat hulle gelowig is!).  Hulle het uit afguns die waarheid teegestaan.  Hierdie persoon/e het die "groter sonde" gepleeg! (Joh. 19:11)  - hulle het geweet dat hulle nie die wil van die Here doen nie, maar voorgegee asof hulle die wil van die Here doen! - dit is hulle vir wie Jesus genoem het "geveinsdes" (wat beteken, "akteurs") - (so iemand erken ook nie dat hy sondig nie, want dan moet hy erken dat hy weet dat hy nie die wil van die Here doen nie!).  Hierdie persone is gewoonlik daardie gelowiges wat "afgunstig" is op die wat die waarheid verkondig. 

GELOOF IS UIT DIE GEHOOR:
1Tim. 1:12,13 - "En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het, my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof".Let ook op die woorde "in ongeloof" - (Rom 10:17 - "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God"). Iemand wat "geloof" het, soek na die wil van die Here - hy doen nie soos hy dink hy moet doen of wat van hom verwag word nie, maar wil doen soos die Here hom opdrag gee - hy is 'n "dienskneg van die Here".
Een van die werke van die Heilige Gees, is om mense te OORTUIG VAN SONDE:  
(Joh 16:7)  Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
(Joh 16:8)  en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel


HIERDIE FEIT  van die geloof uit die gehoor, IS OOK DUIDELIK UIT ANDER SKRIFTE:
(Joh 4:41)  En baie meer het op grond van sy woord geglo (Joh 4:42) en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is;  
---------------------------------------------
(Joh 7:45)  Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?
(Joh 7:46)  Die dienaars antwoord: Nooit het ‘n mens so gespreek soos hierdie mens nie.
(Joh 7:47)  En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?
(Joh 7:48)  Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?
(Joh 7:49)  Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!
(Joh 7:50)  Nikodémus—hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was—sê vir hulle:
(Joh 7:51)  Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?
(Joh 7:52)  Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie.
(Joh 7:53)  En elkeen het huis toe gegaan.

- OOK IN HIERDIE GEVAL SIEN ONS DAT DIE DIENAARS GEGLO HET UIT WAT HULLE GEHOOR HET!  (maar toe hulle gestuur is om Hom te gaan haal, het hulle nie geglo nie, want hulle het nog nie gehoor nie!).
--------------------------------------------
(Heb 3:13)  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.
(Heb 3:14)  Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;
(Heb 3:15)  omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.
(Heb 3:16)  Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?
(Heb 3:17)  En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?
(Heb 3:18)  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?
(Heb 3:19)  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.

- GELOOF HET DUS BAIE TE DOEN MET DIE "GEHOOR" - AS IEMAND SY HART VERHARD NADAT HY GEHOOR HET, DAN PLEEG HY DIE "GROTER SONDE", OF IS BESIG OM TE STAP IN "SONDE TOT DIE DOOD"!  -(soos in die geval van die wat in opstand gekom het teen Moses en Aaron en afgunstig was teenoor hulle - rol af vir meer skrifte hieroor). Iemand wat m.a.w. kundig is en nie kan se dat hy nie geweet het nie, stap 'n gevaarlike paadjie as hy sy hart verhard. Waar iemand kundig is, maar besluit om steeds die sonde te dien, of om sy eie wil te doen (en selfs voorgee asof hy die Here gehoorsaam is), moet hy eers bestraf word om tot berou te kom, en as hy berou het, kan hy vergewe word, maar as hy hom nie bekeer nie, sal hy nie vergewe word nie!  In die oordeel sal hierdie gelowiges dit nie maklik he nie!

KYK OOK:  (Ef. 1:13)  "in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte".


-  nadat iemand gehoor het, moet hy ook glo!  Dit help nie jy "hoor", maar jy glo nie (en l.w. dat geloof veral gaan oor gehoorsaamheid; m.a.w. aan wie jy jouself ondergeskik stel om hom te dien - dien jy die sonde, of dien jy die Here?).  Vgl. hierdie gerus met die gelykenis van die Saaier, waar die klem ook le op die wat "HOOR"; (- ...die wat hoor, maar net vir 'n tyd glo!; of die wat hoor, en vashou aan die geloof...ens).
=================================================================================

(2)  (Luk 23:34)  "En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp".

(Behandel gerus die onderwerp van "groot en klein sonde" om hierdie nog beter te verstaan:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html).
Joh 19:10  En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie? 
Joh 19:11  Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.  "GROTER SONDE" gaan oor opsetlike sonde (nadat iemand tot die waarheid gekom het, maar steeds stap in die sonde sonder om hom te bekeer daarvan). 
- Maar is alle sonde dan nie opsetlik nie?  Dit is dieselfde as hoe almal tog goed geweet het wat hulle doen toe Jesus gekruisig is, tog was daar die van wie Jesus gese het, "hulle weet nie wat hulle doen nie"!?  Daar is dus (kleiner) sonde, 'n geval waar mense nie weet wat hulle doen nie. In die geval van die "wat vir Jesus oorgelewer het", was dit groter sonde, omdat hulle goed geweet het wat die waarheid is!, EN HET OPSETLIK IN OPSTAND GEKOM TEEN DIE WAARHEID!- (dit is die groter sonde, die sonde wat iemand "wetend" doen!).  Die ander ("wat nie geweet het wat hulle doen nie"), was nie seker van wat die waarheid is nie. 

-Daarom se Paulus ook dat ons moet pasop "hoe ons bou", want baie maak hulle ore oop vir valse leerstellings - so iemand kan hierdie leerstelling sy lewe lank verkondig en dink dat hy vrug versamel vir die ewige lewe, maar op die dag van die Here, sal sulke werke verbrand word, alhoewel die persoon self gered sal word, maar al die werk wat hy ingesit het om daardie leerstelling te leef en verkondig, vir hom geen vrug opgelewer het nie.  In hierdie geval is dit "onwentend" - die persoon gaan steeds onder oordeel val, maar sal nie onder God se toorn val nie. 
MAAR waar iemand weet wat die waarheid is, maar bly vashou aan valse leerstellings, of dit kies om verkeerde redes, bv. vir die voordele wat hy daaruit kan kry, kan daardie leerstellings vreeslike gevolge he, en staan so iemand die gevaar om sy vrug  te verloor - en wat nog as hy daardie leerstellings ook aan ander geleer het?  In hierdie geval is dit "wetend" (groter sonde). (VGL. DIT MET DIE BRIEF AAN DIE GEMEENTE VAN PERGAMUS - (Openb. 2:14-16 - "Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om ‘n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer. So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat. Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond)). Terwyl hierdie gelowiges goed geweet het dat dit verkeerd is "om afgodsoffers te eet", of "om te hoereer", het hulle die valse leerstellings steeds aangeneem!  Sodoende het hulle in opstand gekom teen die waarheid en WETEND gesondig! DIE HERE IS NIE BAIE BARMHARTIG TEENOOR HIERDIE TIPE SONDE NIE!  Hierdie werke sal nie bloot verbrand word eendag omdat hulle Christene is nie, maar inteendeel, omdat dit nie onwetende sondes was nie, sal die Here teen hulle oorlog voer met die swaard van Sy mond as hulle hul NIE BEKEER NIE! Dit is dieselfde met "opsetlike" sonde, waar iemand voortstap in 'n sonde sonder om hom daarvan te bekeer! (nl. "sonde tot die dood") -(Jer 6:15) "Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het; tog skaam hulle hul nie in die minste nie, tog weet hulle nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd dat Ek aan hulle besoeking doen, sal hulle struikel, sê die HERE".

In die oordeel sal die Here meer barmhartig wees teenoor "onwetende" sondes  - hierdie werke sal verbrand word, maar die persoon self gered word (dit sal m.a.w. nie enige beloning vir hom oplewer nie!). http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/as-iemand-se-werk-verbrand-word-sal-hy.html.=================================================================================
 Die wie se sondes vergewe is, sal nie onder Sy toorn val nie!, maar waar gelowiges nie opreg is nie, of hulle harte verhard,  kan hulle nie verwag dat die Here dieselfde barmhartigheid aan hulle gaan bewys nie. Baie gelowiges dink dat die huis van God glad nie geoordeel sal word nie, maar die skrif verklaar die teenoorgestelde!  - en inteendeel sal hulle op sekere sondes, 'n swaarder oordeel ontvang! (Daarom het Jesus verklaar dat ons geregtigheid OORVLOEDIGER moet wees as die van die skrifgeleerdes en Fariseers - Matt. 5:20 - natuurlik moet ons GEHOORSAAM wees!). Waar 'n gelowige stap in sonde tot die dood, kan hy nie verwag dat hy nie onder God se toorn sal val nie!  

HIER IS DIE WAARHEID! (maar ons moenie net "hoor" nie, maar glo!): 
(1Pe 4:17)  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
(1Pe 4:18)  En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?
(1Pe 4:19)  So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.

EN HIERDIE IS GESKRYF VIR DIE GELOWIGE WAT "GEHOOR" HET, MAAR NIE GLO NIE!:
(L.W. VIR CHRISTENE GESKRYF!!!)
(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God
(Rom 2:6)  wat elkeen sal vergeld na sy werke:
(Rom 2:7)  aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;
(Rom 2:8)  maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;
(Rom 2:9)  verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;
(Rom 2:10)  maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.
(Rom 2:11)  Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.
(Rom 2:12)  Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;
(Rom 2:13)  omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.
========================================================================
Daarom is dit baie gevaarlik wanneer iemand tot die waarheid kom, maar dit ignoreer bloot omdat "sy kerk dit verkondig", of watter rede ookal.  Waar iemand bewus is van die waarheid, maar in opstand kom daarteen, is so iemand SE HART VERHARD.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


  

Geen opmerkings nie: