Maandag 31 Maart 2014

Wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees...

OM DIE TEMA VAN "BIND" OF "ONTBIND" TE VERSTAAN, MOET ONS NA DIE BETROKKE SKRIFGEDEELTES IN KONTEKS GAAN KYK, 
NL. MATT. 18 EN MATT. 16.  
In beide gevalle is dit Jesus wat die woorde gebruik het, maar wat het Hy nou eintlik hiermee bedoel?
------------------------------------------------------------

(Mat 18:18 - "Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees") 

*  Huidiglik is daar kerke wat leer dat hierdie gaan oor om die duiwel te "bind", of "sy mag te bind", maar dit is 'n heeltemal onskriftuurlike afleiding.  En behalwe dit weet ons goed dat die duiwel eers gebind sal wees in die 1000 jaar "Vrederyk"! Vele Christene het hierdie manier van bid aangeleer, nl. om te se: "ek bind jou, duiwel, in die Naam van Jesus", tog vind ons nie een vb. in die skrif waar so gebid is nie!  Sou ons egter gaan kyk na die konteks van die tema van "bind" en "ontbind" (in die gedeeltes waar Jesus daaroor gepraat het), sal ons sien dat daar min predikers is wat regtig die waarheid hieroor leer.

*  Ander geleerdes is van mening dat dit verwys na "die Here se gebooie", en bring dit in konteks met ander skrifte waar die "bind" gebruik was as teken, bv. 
-(Spr. 6:20,21 - "Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals"); 
-(Deu 6:8 - "Ook moet jy dit (woorde van die Here) as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees"); 
-(Deu 11:18 - "Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees); 
-(Spr. 3:3 - "Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart");  
-(Spr. 7-3 - "My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel; bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart"). 

(Sommige geleerdes verduidelik dit min of meer as volg, dat dit Petrus en die ander dissipels is wat die gebooie vir die kerk neergele het - hulle het sake "gebind", en ander "ontbind" ;  hulle het die reels vir die kerk neergele...).  DIE DISSIPELS HET GROOTGEWORD MET HIERDIE SKRIFTE, EN HET SEKERLIK HIERDIE BEELDSPRAAK VERSTAAN - DIT SOU DUS 'N LOGIESE AFLEIDING WEES DAT DIE BIND-KWESSIE TE DOEN HET MET DIE HERE SE GEBOOIE (of dan, met die evangelie van die koninkryk)..., MAAR ONS MOET NATUURLIK OOK GAAN KYK NA DIE KONTEKS VAN DIE SKRIFTE WAARIN JESUS SPESIFIEK DIE STELLING GEMAAK HET.  ALHOEWEL HIERDIE O.T. KONTEKS MEER LIG WERP OP DIE ONDERWERP, IS DIE KONTEKS VAN die skrifte waarin Hy die STELLINGS GEMAAK HET,  BELANGRIKER!  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS GAAN KYK NA DIE TWEE GEDEELTES IN KONTEKS:
---------------------------------------------------------------------------------------------

OPSOMMING:

(1)  MATT. 18:

 (Mat 18:18)  Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. 
(Mat 18:19)  Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
(1)  Wanneer ons hierdie gedeelte in konteks lees, sal ons sien dat Jesus praat oor die tema van "vergifnis"; spes. in die geval van waar een broeder "teen 'n ander broeder sondig"- in hierdie geval is dit ook duidelik dat die broeder nie erken dat hy verkeerd is nie (al weet hy dat hy verkeerd gedoen het);  daarom dan dat hy bestraf moet word! In hierdie geval is dit belangrik vir die broer om eers berou te he, voor hy vergewe word! - DIT GAAN DUS OOR "OF DIE PERSOON VERGEWE WORD", OF NIE!  - "WORD SY SONDES VERGEWE? (ontbind);  of WORD SY SONDES GEHOU? (gebind).   (l.w. dat hierdie nie 'n geval is van "onwetende" sondes NIE!)
(Rol af na punt 1 om hierdie gedeelte in konteks te sien).
-------------------------------

(2)  MATT. 16:
(Mat 16:18)  En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
(Mat 16:19)  En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
(2)  In die geval van Matt. 16, lyk dit of dit meer tot Petrus gerig is.  Die konteks gaan daaroor dat die Vader aan Petrus openbaar het dat Jesus die Christus is!, en dan verklaar Jesus dat Petrus die een is wat die gemeente sal begin bou, en Hy se ook die volgende: "en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie". Die konteks hier is dus "die gemeente", die "opstanding tot lewe", en die "evangelie van die koninkryk".   Dit wil regtig lyk of die konteks van Matt. 16:18,19, te doen het met die O.T. konteks van "bind" (soos skrifte bo);  alhoewel dit nie dieselfde geval is in Matt. 18:18 en 19 nie - maar moet ons ook verstaan dat, in die geval van Matt. 18 waar dit gaan oor "vergifnis", dit ook 'n wet is wat volbring is in die evangelie van die koninkryk!, en sodoende ook in konteks gebring kan word met die O.T. konteks van die woord "bind", maar dan in daardie geval "die tema van vergifnis in die evangelie van die koninkryk". 
(Rol af na punt 2 om hierdie gedeelte in konteks te sien).
---------------------------------------------------------------------------------------------

(1)  Matt. 18 :
(Mat 18:15)  En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;
(Mat 18:16)  maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.
(Mat 18:17)  En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
(Mat 18:18)  Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
(Mat 18:19)  Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 18:20)  Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
(Mat 18:21)  Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?
(Mat 18:22)  Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.
(Mat 18:23)  Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ‘n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.
(Mat 18:24)  En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was.
(Mat 18:25)  En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.
(Mat 18:26)  Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.
(Mat 18:27)  En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.
(Mat 18:28)  Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.
(Mat 18:29)  Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.
(Mat 18:30)  En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.
(Mat 18:31)  En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie
bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het.
(Mat 18:32)  Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;
(Mat 18:33)  moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?
(Mat 18:34)  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.
(Mat 18:35)  So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.


VERGELYK DIT MET:
(2Kor. 2:10)  "Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het—as ek iets vergeef het—dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie" - IN HIERDIE GEDEELTE PRAAT PAULUS OOR "BESTRAFFING"!, en dit lyk of die hele gemeente betrokke is by die bestraffing - (vgl. dit met Matt. 18 bo, hoe Jesus geleer het ons moet doen om iemand te dwing tot berou sodat hy vergifnis van sondes kan kry-
 *  m.a.w. in die geval van "groter sonde" -waar iemand weet dat hy nie die wil van die Here doen nie, maar voorgee asof hy die wil van die Here doen.

-(2Kor. 2:6)  "Vir so iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg;
-(2Kor. 2:7)  sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie.
-(2Kor. 2:8)  Daarom vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig.
-(2Kor. 2:9)  Want daarom het ek ook geskrywe om julle beproefdheid te weet, of julle in alles gehoorsaam is.
-(2Kor. 2:10)  Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het—as ek iets vergeef het—dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie"
IN HIERDIE GEVAL IS DIT DUIDELIK DAT DIE PERSOON UITEINDELIK BEROU GEHAD HET VIR SY SONDE, WANT PAULUS VRA DAT HULLE HOM MOET VERGEWE EN VERTROOS..." (vgl. dit met Matt. 18:19) "As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is"; en met v. 18: -"Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees". 

OM OP TE SOM, GAAN DIE TEMA HIER VAN "BIND" EN "ONTBIND", OOR VERGIFNIS!  (m.a.w. of die gemeente die persoon vergewe, of nie). EN L.W. DAT HIERDIE MAG WAT DIE GELOWIGE KRY OM TE VERGEWE, OF NIE TE VERGEWE NIE, NIE BETEKEN DAT HY KAN DOEN WAT HY WIL NIE!, NEE, DIT IS JUIS ONDERWERP AAN DIE WIL VAN DIE HERE!  ELKE GELOWIGE WAT WEIER OM TE VERGEWE WAAR DIE HERE IEMAND SOU VERGEWE, SAL GEOORDEEL WORD OP SY ONBARMHARTIGE HART!  ((Mat 6:15)  Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie).

Paulus bemoedig die gemeente om die persoon te vergewe (omdat hy duidelik hartseer was oor sy sonde), en gebruik dan die volgende woorde: (2Kor. 2:10)  "Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook". Hy herinner hulle nie net aan hoe "barmhartig" hulle moet wees nie, maar wil he dat hulle saamstem oor hierdie saak, en as hulle die persoon se sonde vergewe, sal hy ook vergewe!  Hy gee hulle egter nie 'n opsie van "sy sonde hou" nie, want die persoon het berou, en dit word van hulle verwag om dan te vergewe - HY WIL HE DAT HULLE SAAMSTEM OOR HIERDIE SAAK.
 Die Christen se "mag" om te vergewe, moet geskied volgens die Here se reels oor vergifnis (want ons vergewe in die Naam van die Here) - ons kan nie vergifnis gee waar die Here nie vergifnis sal gee nie, maar ons moet vergifnis gee waar dit van ons verwag word. (Jes. 26:10 - "Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ‘n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie"). Ons kan nie vir mense "hulle sonde vergewe" as hulle geen berou het daaroor nie! (l.w., ons praat nie hier van onwentende sondes nie).  Iemand kan nie beide die sonde dien, en die Here dien nie!  (Hierdie is 'n groot probleem in die kerk vandag, dat Christene dink dit nie van hulle verwag word om hulle te bekeer van sondes nie - daar word vir mense vertel dat hulle sondes vergewe is, en voorgegee dat dit reg is vir 'n gelowige om nog die sonde te dien omdat saligheid slegs verkry word deur geloof, maar die begrip van wat geloof beteken, word nie eintlik verduidelik nie!).

VGL. HIERDIE OOK MET DIE VOLGENDE:
(Joh 20:22)  En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.
(Joh 20:23)  As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.
Let wel dat hulle hier die Heilige Gees ontvang het (nie die "krag van die Gees" nie), en dat Jesus hierdie woorde in v. 23, van dat hulle kan vergewe,  in konteks met die "ontvang van die Heilige Gees" gebruik het.  Die wat bv. die evangelie (wat hulle bring), aanneem en hulle bekeer, sal vergifnis ontvang (word vergewe), maar die wat dit nie aanneem nie, sal nie vergifnis ontvang nie (word nie vergewe nie - in so 'n geval word hulle sondes gehou). MAAR L.W. DAT IN DIE GEVAL VAN SONDES "TEEN 'N ANDER BROEDER", DIT OOK VAN IEMAND VERWAG WORD OM EERS TE BELY/BEROU TE HE, VOOR HY VERGEWE WORD! (Matt. 18).  Dit is waarom "bestraffing" nodig is, want as hy na jou luister, dan het jy hom gewin!  As hy na jou luister, m.a.w. as hy erken dat hy teen die broeder gesondig het en berou het daaroor, dan het jy hom gewin (dan kan hy vergifnis ontvang). Niemand ontvang vergifnis as hy hom nie eers bekeer nie!  Ons kan nie die Here se reels verander soos ons wil nie! As ons vir mense laat dink dat hulle sondes vergewe is terwyl die persoon hom nie bekeer daarvan nie, het ek hom "nie gewin nie"!  - so iemand staan die gevaar in die oordeel om onder God se toorn te val!  (Jak. 5:19,20 - "Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek").
 (Dit is natuurlik anders in die geval van "onwetende" sonde! - In die geval van onwetende sondes, hoef iemand nie eers bestraf te word om tot insig te kom nie,  maar moet eerder tot "kennis" kom van die waarheid! So iemand sondig uit onkunde...)
-"en wat hy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees" (wie se sondes hy hou, sal gehou word), "en wat hy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees" (wie se sondes hy vergewe, sal vergeef word)
(Joh. 20:23).
-------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na vb.e waar dit lyk of "sondes gehou/gebind" is:
*  (Mar 4:12)  "sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie".  Dit is duidelik dat Jesus nie sondes vergewe waar verharde harte in die prentjie is nie!  Iemand wie se hart verhard is, sondig "wetend", m.a.w. in sy kop weet hy wat is reg, maar hy wil nie die regte ding doen nie, en kry ook nie berou daaroor nie! - hy wil hom nie daarvan bekeer nie!  (hy kom in opstand teen die Here, teen die waarheid of teen Sy Gees).  Inteendeel,  Jesus het die dissipels gewaarsku teen sulke "gelowiges": (Mar 8:15 - "En Hy het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes"). So iemand moet bestraf word (wat Jesus inderdaad ook met die ongelowige Fariseers gedoen het! - Joh. 8; Matt. 23...), maar hulle het hulle steeds nie bekeer nie - in so 'n geval is iemand se hart verhard - die Here gee nie vergifnis aan iemand wat hom nie bekeer nie! - dan is iemand se sondes "gehou".

*  In 'n brief aan Timotheus, het Paulus die volgende geskryf: (1Ti 1:20)  "onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie".  - Paulus het hulle nie vergewe nie, maar "aan die Satan oorgegee";  (2Ti 4:14)  Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!  - Nie net weier hy om Alexander te vergewe nie, maar hy waarsku ook vir Timotheus teen Alexander(2Ti 4:15)  "Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan".

*  (Heb 3:10)  Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, (Heb 3:11)  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. (Heb 3:12)  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. (Heb 3:13)  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.  Iemand wat hom deur die verleiding van die sonde verhard, sal nie in Sy rus ingaan nie! So iemand word nie vergewe nie (die gelowige is veronderstel om so iemand se sonde "te hou", sou hy nie berou kry na die roetine van bestraffing nie!).  Dit is gewoonlik ook die persoon met die verharde hart wat "laster teen die Gees" - die sonde van lastering teen die Gees, kan glad nie vergewe word nie, nie in hierdie eeu, en ook nie in die volgende nie. Geen gelowige is in die mag om sondes te vergewe wat eintlik gehou moet word nie!

KYK OOK HOE DIE BEELDSPRAAK VAN "BIND" GEBRUIK WORD IN DIE VOLGENDE SKRIFTE:
-(Mat 13:30)  Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.   -(ONKRUID WAT GEBIND WORD)
-(Mat 22:12)  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.(Mat 22:13)  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.   -(DIE EEN SONDER BRUILOFSKLEED, WAT GEBIND WORD)

DIESELFDE GELD IN DIE GEVAL VAN WAAR IEMAND "HOM BEKEER TOT DIE HERE" (bekeer van gedagtes, werke, afgode) OF "NIE BEKEER NIE" - die persoon wat hom bekeer, se sondes word vergewe!, maar die een wat hom nie bekeer nie, se sondes word nie vergewe nie!  Waar iemand homself verhard en die evangelie wegwys, kan sy sondes "gehou" word.- "en wat hy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees" (wie se sondes hy hou, sal gehou word), "en wat hy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees" (wie se sondes hy vergewe, sal vergeef word)
(Joh. 20:23).

Hoekom kry die gelowige hierdie "mag"? (Joh. 20:22,23) -omdat hy die Heilige Gees van God in hom het - gebore is uit God!, maar hierdie "mag" is natuurlik onderwerp aan die Here se wil!, en gaan juis oor barmhartigheid!!!  Iemand kan nie verklaar dat hy die Gees van God het, en uit God gebore is, maar hy het nie sy broeder lief nie! Net so kan ons nie vergifnis gee volgens ons eie reels nie, maar volgens die Here se reels!  Gelowiges het nie meer mag as hulle Koning nie, maar tree slegs op in Sy Naam!
---------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  Matt. 16 :

(Mat 16:18)  En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
(Mat 16:19)  En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

In die geval van Matt. 16, lyk dit of dit meer tot Petrus gerig is.  Die konteks gaan daaroor dat die Vader aan Petrus openbaar het dat Jesus die Christus is, en dan verklaar Jesus dat Petrus die een is wat die gemeente sal begin bou, en Hy se ook die volgende: "en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie". Die konteks hier is dus "die gemeente", die "opstanding tot lewe", en die "evangelie van die koninkryk"Jesus het die sleutels van die doderyk en van die dood (Openb. 1:18) - Hy sal besluit wie opstaan tot lewe, en wie nie. In Matt. 16:18,19, gee Hy vir Petrus die SLEUTELS VAN DIE KONINKRYK VAN DIE HEMELE!  Jesus het die evangelie van die koninkryk van die hemele kom preek - Hy het die waarheid kom deel - nou gee Hy die sleutels oor, en die dissipels moet die evangelie verder verkondig.  Op daardie dag van Pinkster, was dit Petrus wat eerste opgestaan het, en die evangelie verkondig het!, en dit is daar waar die eerste gemeente ontstaan het. (En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie). Dit was Petrus wat besluit het dat hulle die Here meer gehoorsaam gaan wees as die geestelike leiers van hulle tyd (Hand. 4:19)!  Petrus was ook die eerste een wat die evangelie aan die heidene gebring het! - Hand. 15:7 (hy was die een aan wie die Here die doek gewys het met die rein en onrein diere). Hy het baie sake opgelos in die eerste gemeente, en geleer wat die Here verwag (bv. Hand. 15).... Hy het in daardie konteks sake "gebind" of "ontbind".  Hy het sake van die "evangelie van die koninkryk" gebind (bv. bekering, doop -Hand. 2:38; en ander reels soos dit waarvan die gelowige hom moet onthou, bv. dat hy nie bloed mag eet nie ens. -Hand. 15:29 ), maar ander sake ontbind, bv. die "besnydenis" en die "juk van die wet van Moses" (Hand. 15).  

Dit wil regtig lyk of die konteks van Matt. 16:18,19, tog te doen het met die O.T. konteks van "bind"
---------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-beteken-dit-dat-daar-krag-is-in-die.html
---------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: