VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wanneer-iemand-die-here-versoek-wys-dit.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/wanneer-jy-die-here-se-wil-doen-beteken.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die pad wat ons moet stap om te ontvang wat die Here ons belowe, is nie altyd maklik nie. Toe Hy bv. vir Moses teruggestuur het na Egipte om die volk te verlos uit die hand van die Farao, was dit moeilike tye vir die volk. Dit is bv. interessant om te merk dat die Farao strenger op hulle geraak het en hulle harder moes werk voor hulle daaruit is (Eks. 6:5-23). Dit is ook moontlik dat hulle die eerste twee plae self ervaar het, siende God eers met die derde plaag spesifiek onderskeid gemaak het tussen Egipte en die Israeliete (Eks. 8:22,23). Hulle was presies gehoorsaam aan die Here en het die pad geneem wat Hy vir hulle aangewys het, maar bevind hulleself toe vasgekeer met die Farao en sy leermag op hulle hakke. Vir drie dae lank het hulle getrek van die Rietsee sonder water, en toe hulle by Mara kom, is die water bitter! Waar hulle knus in hulle huise gebly het in Egipte met volop vleis, het hulle hul nou bevind in 'n situasie met geen brood en vleis nie........en so kan ons aangaan. Die feit is, die Israeliete het hierdie situasie nie goed hanteer nie! In plaas van hulle oe te hou op die Here en hulle vertroue in Hom te plaas, lees ons hoe hulle gedurig gekla en gemurmureer het, ontevrede was en Moses en Aaron kwalik geneem het vir die situasie waarin hulle was. Hulle wonderwerk in wording, was toe nie so maklik nie!

Daar is baie ander soortgelyke situasies in die skrif. Dawid was bv. gesalf as koning lank voor hy koning geword het en die pad daarnatoe, was nie maklik nie; hy moes bv. op 'n stadium vlug vir sy lewe omdat koning Saul jaloers was op hom....ens.
Die magtige profeet, Samuel, het ook nie 'n maklike pad gehad nie en is ter wille van hierdie bediening, op 'n jong ouderdom van sy gesin verwyder...ens.
Die Here het vir Josef gewys in drome hoe hy oor sy broeders sou "regeer"- hiervoor is hy sleggese, verkoop as 'n slaaf, later in die tronk gegooi weens valse getuienis teen hom, ens....
Die dissipels het dit ook nie maklik gehad nie - hulle moes deur baie verdrukkinge gaan, somtyds honger gaan slaap, is in die gevangenis gegooi en sleggese....
Ons bevind ons ook baiemaal in soortgelyke situasies. Die feit dat die Here aan ons kant is, beteken nie dat die pad glad gaan wees sonder moeilikhede nie.
Waarin die volk egter gefaal het, keer op keer, was om te faal om die Here aan te roep en vir 'n uitkoms te vra, nee, hulle het liewer geloop en kla en bevrees geraak en Moses en Aaron skuld gegee vir hulle omstandighede. Hulle het hulle bevind op 'n plek waar hulle geen sekuriteite gehad het nie. Om die waarheid te se, hulle het verkies om liewer soos slawe te werk met al die sekuriteite, as om gehoorsaam te wees aan die Here en op Hom te vertrou! (Exo 14:11) "En hulle het vir Moses gesê: Het u, omdat daar in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die woestyn te sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit Egipteland uitgelei het? (Exo 14:12) Is dít nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe. (Exo 16:3) En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die HERE gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe". Daar was 'n korter pad vanaf Egipte na Kanaan, maar die Here wou hulle nie met daardie pad stuur nie, omdat Hy geweet het dat hulle a.g.v. hulle onvertroue net maar weer sou teruggaan na Egipte die oomblik as dit nie so goedgaan nie -(Exo 13:17) Toe Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.(Exo 13:18) Daarom het God die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek.; daarom het Hy hulle in 'n posisie geplaas waar hulle nie anders kon as om Hom aan te roep en te vertrou nie. Dit is eintlik 'n besturing wanneer die Here ons in 'n doodloopstraat instuur!
Moses het egter die geloof gehad en die Here telkens geraadpleeg en was tevrede met Sy manier van doen. Hy het homself onderwerp aan die God wat hemel en aarde gemaak het. Hy het nie geskrik vir moeilikheid nie, want die Here was telkens sy uitkoms. Hy het nie moeilikheid gesien as 'n probleem nie, want sy hoop was in die Here en hy het staatgemaak op die Here se uitkoms en het homself onderworpe gestel aan die Here se wil.
Moses het GELOOF gehad.
Om die wil van die Here te doen, beteken nie dat die pad gelyk gaan wees nie; dit beteken ook nie dat dit enige wereldse sekuriteite inhou nie. Vir 'n wonderwerk in wording, het ons GELOOF nodig/ ons moet nie so gou opgee nie, maar liewer BID en vir die Here vra vir 'n uitkoms / ons moenie onsself toelaat om ontevrede te wees oor ons omstandighede nie, maar liewer aanvaar dat die Here in beheer is daarvan en op Hom staatmaak om dit vir ons te verander/ ons moenie ons hoop sit in wereldse sekuriteite nie, maar in die Here; daarom gehoorsaam wees aan die Here, ten spyte van wereldse sekuriteite/ ons moenie so gou bevrees raak nie, maar dit vervang deur vertroue en die Here vra na leiding..... hierdie het alles te doen met die toestand van die hart, of ons onsself regtig onderdanig stel aan die Here en Hom in beheer plaas van ons lewens.
-------------------------------
(Ecc 11:4) Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.
(Jas 1:5) En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
(Jak 1:6) Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
(Jak 1:7) Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—
(Jak 1:8) so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking