Wys tans plasings met die etiket yoga. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket yoga. Wys alle plasings

Woensdag 20 November 2013

Mag die Christen mediteer (oosterse manier), of joga doen?

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-voer-ons-die-stryd.html

---------------------------------------------------------------------------------------------
Mag die Christen deelneem aan praktyke soos die oosterse meditasie of joga?  Nee!  Oosterse meditasie en joga kan op geen manier geregverdig word nie!  

Die Christen mag nie by enige heidense praktyke betrokke raak nie - so eenvoudig soos dit... 

As ons die waarheid liefhet en ons wil die Here gehoorsaam wees, dan sal ons ag gee op Sy opdrag dat ons geen gemeenskap moet he met heidense praktyke nie (sodoende hou ons onsself veilig!).   

 En as jy as Christen regtig die waarheid ken, behoort jy te weet wat die betekenis van meditasie is IN DIE SKRIF (en dat dit niks te doen het met oosterse meditasie of joga nie!).  Sou ons egter "mediteer" volgens die manier wat vir ons in die Bybel beskryf word, dan sal ons ook nie 'n behoefte he aan enige ander vorm van meditasie nie!!!
--------------------------------------------------------

========================================================================

Vir 'n volledige uiteensetting en skrifte oor die verskil tussen hoe die Christen "mediteer" en oosterse meditasie, gaan na my blogpost getiteld:  http://warechristene.blogspot.co.nz/p/m-p.html


Baie mense (en Christene) beoefen hierdie soort meditasie, bloot vir die voordele wat hulle daaruit kan kry.  In sekere kerke gebruik hulle ander name om dit meer "Christelik" te maak, maar ons moet verstaan dat al word die name ook verander, die fisiese praktyk met spesifieke oefeninge ens.,  'n oosterse praktyk is wat niks te doen het met Christenskap nie.  Die oosterse metode van meditasie, word nerens in die Bybel gevind nie.  Behalwe dit, is dit absoluut deel van Hindoeisme!  En om die "oefeninge" ander name te gee, maak dit glad nie Christelik nie.  

Die rede hoekom baie Christene vandag moontlik dink dat hulle iets soos oosterse meditasie of joga nodig het, het te doen met die feit dat hulle 'n leemte het - en hierdie leemte het verseker baie te doen met die feit dat gelowiges nie TYD MAAK MET DIE HERE nie!  Jesus het dit duidelik gemaak dat ons geen vrug kan dra as ons nie IN HOM BLY nie - dat ons ook niks kan doen sonder Hom nie...  
Omdat baie Christene vandag nie hierdie tyd maak met die Here nie, of tyd maak om HOM TE BEDINK, EN SY WOORD TE BEPEINS NIE, (wat eintlik die betekenis is van opregte meditasie!),  voel hulle dat die dinge van die wereld vir hulle te veel raak.  DIE ANTWOORD IS NIE OM ANTWOORDE TE SOEK BY HEIDENSE PRAKTYKE NIE, MAAR OM GEHOORSAAM TE WEES AAN DIE HERE!  
DIE ANTWOORD IS NIE OM BLOOT 'N 'gedagte te laat verbygaan nie', maar om ons gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus

========================================================================

MENIG CHRISTENE DOEN DAAGLIKS 'N GEBED WAARIN HULLE DIE WAPENRUSTING VAN GOD AANTREK: 



 "neem die skild van die geloof op" - TOG PLAAS HULLE NIE HULLE VERTROUE IN DIE HERE NIE, maar in heidense praktyke?

"neem aan die helm van verlossing" - TOG IS DIE HERE NIE VIR HULLE GENOEG NIE, want hulle soek verlossing in ander gelowe?

- "skoene aan  voete, die bereidheid vir die evangelie van vrede" - TOG, HULLE VERKONDIG NIE DIE WARE EVANGELIE NIE, maar verkondig 'n oosterse deur ander broers en susters se hoop te plaas op wereldse wysheid?

 "lendene met die waarheid omgord" - TOG, HULLE SOEK NIE DIE WAARHEID NIE - BEPEINS NIE DIE HERE EN SY INSETTINGE NIE,  EN BEDINK NIE DIE DINGE DAARBO NIE, (maar begeer om hulle gedagtes bloot te stel aan 'n sg. kosmiese bewustheid?)



-  "borswapen van die geregtigheid" - TOG, HULLE SOEK EN DOEN NIE DIE WIL V/D HERE NIE, maar soek die wil van iemand wat hulle lei in 'n praktyk wat glad nie skriftuurlik is nie?






- "neem aan, die swaard van die Gees—dit is die woord van God" - TOG GLO HULLE NIE REGTIG DIE WOORD NIE, maar verander die beginsel vd woord deur dit ander betekenis te gee deur die toepassing daarvan op heidense praktyke?

Wat help dit iemand trek die wapenrusting in woorde aan, maar nie in daad nie?  
SO IEMAND IS NIE VEILIG NIE!