Wys tans plasings met die etiket welgevallig. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket welgevallig. Wys alle plasings

Woensdag 01 Januarie 2014

wat beteken UIT GENADE GERED?

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/moet-die-gelowige-wat-uit-genade-gered.html
---------------------------------------------------------------------------------------------

Die kerkperiode word veral gekenmerk as 'n genade-tydperk, maar wat beteken dit regtig? 
Joh 1:17 -  "Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom".  
Hand. 15:11 - "Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook".
Hand. 20:2 -  "Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God". KYK OOK Rom 5:12-15 ens.

maar WAT BETEKEN "GENADE" REGTIG?
EN IS DIE CHRISTEN NOG ONDERWERP AAN ENIGE WETTE?

-AS DIE GELOWIGE DAN ALREEDS GUNS (genade) ONTVANG HET, HOEKOM IS HY DAN NOG IN 'N WEDLOOP? (1Kor. 9:24) " Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal".
-(2Pe 3:18)  "Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen".  Hoe kan ons groei in genade as ons alreeds genade ontvang het?
-En alhoewel Johannes die sewe gemeentes in Asië groet met die volgende woorde: "Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom...", weet ons dat hierdie 7 briewe vol voorwaardes en waarskuwings was!  So, aan die een kant verklaar hy dat hulle guns by die Here vind, maar aan die ander kant word daar bepaalde dinge van hulle verwag sodat hulle "waardig geag mag word"!? (Openb. 2 en 3)
_________________________________________________________________


IN HIERDIE BLOGPOST (OPSOMMING):


(1)  Die woord "genade" verwys na "guns" (m.a.w. om in guns te wees) - wie is vir die Here welgevallig?  Ons kan nie guns verdien deur werke nie, maar slegs deur geloofJesus het nie gekom om te oordeel nie, maar om sondes te vergewe (vir die wat glo) - om guns te bewys (aan die wat glo), ten spyte daarvan dat niemand dit verdien nie (wanneer Hy egter terugkom, gaan Hy kom om te oordeel - dan gaan gelowiges geoordeel word op hulle "vrug", "werke" en "woorde" - en dit sal hulle regverdig of hulle regtig glo) ;
(2)   Die "genade in Jesus Christus"  VERWYS nie  NA "GENADE (guns) OP GODDELOSE SONDAARS (mense wat hulle nie bekeer) nie (Jud. 1:15), maar genade (guns) op GELOWIGES (goddeloses wat hulle bekeer het) ;

(3)  Om uit genade gered te word, beteken nie dat iemand nie die voorwaardes van geloof hoef na te kom nie!  As iemand guns verdien deur geloof, dan moet hy ten minste GLO!  Daarom moet ons verstaan wat geloof beteken.  Deur die geloof word iemand geregtig verklaar, m.a.w. dit is die wat hulleself onderwerp aan die Here om Hom gehoorsaam te wees, om Hom te dien (nie meer die sonde te dien nie).  Iemand kan lyk of hy gehoorsaam is aan die Here deur die onderhouding van wette, maar steeds die sonde dien - so iemand ontvang nie genade (guns) nie.  Niemand kan twee here dien nie!  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
UITEENSETTING:

(1)  Die woord "genade" verwys na "guns" - die griekse woord "charis", wat beteken: "acceptable, benefit, favour, gift, grace (ious), joy liberarity, pleasure, thank (s)(worthy)".  (Gen 6:8)  "Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE" - Hebreeuse woord "khane", "favour, grace (ious), pleasant, precious, (well)-favoured".


(Luk 1:30)  En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade (guns) by God gevind.

(Luk 2:40)  En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade (guns) van God was op Hom.

(Luk 2:52)  En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade (guns) by God en die mense.

(Joh 1:17)  Want die wet is deur Moses gegee; die genade (guns) en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.


(Hand. 15:11)  Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.
-------------------------------

WIE IS VIR DIE HERE WELGEVALLIG 
(wie word aanvaar - "accepted")?:  

-(Hand. 10:35)  "maar dat in elke nasie die 
*  een wat Hom vrees en 
*  geregtigheid doen, Hom welgevallig is".


-(Spr. 15:8)  "Die offer van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar 
* die gebed van die opregtes is Hom welgevallig".

-(Rom 14:17)  Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar 
*geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
(Rom 14:18)  Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.


-(1Pe 2:1)  Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;
(1Pe 2:2)  *en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,
(1Pe 2:3)  as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.
(1Pe 2:4)  *Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;
(1Pe 2:5)  en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.


-(1Jn 3:18)  My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
(1Jn 3:19)  En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel,
(1Jn 3:20)  want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles.
(1Jn 3:21)  Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God;
(1Jn 3:22)  en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.
----------------------------
OM WELGEVALLIG TE WEES VIR DIE HERE, HET TE DOEN MET DIE HARTSTOESTAND.  (1Jn 3:20)  "want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles".  DIT IS DIE "WAT HOM VREES", "DIE GEREGTIGHEID DOEN", "OPREG BID", "HY WAT CHRISTUS DIEN IN GEREGTIGHEID, VREDE EN BLYDSKAP IN DIE HEILIGE GEES".  God kyk na die hart, en daarvolgens is iemand "welgevallig", en daarvolgens word daar genade (guns) bewys.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*  Om geregverdig te word (m.a.w. sodat persoon nie onder die ewige oordeel val nie)(sondes vergewe word) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/regverdigmaking-geregverdig-regverdig.html , moet hy eers genade vind in die oe v/d Here (m.a.w. guns vind)(moet welgevallig wees).  
TOE JESUS DIE EERSTE KEER GEKOM HET, HET HY NIE GEKOM OM TE OORDEEL NIE, MAAR OM GENADE TE BEWYS (sondes te vergewe)(sodat die persoon geregverdig kan word), al verdien hy dit nie.(Joh 12:47)  "En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red". 
DIE DOOP IS 'N TEKEN HIERVAN, VAN ONS REGVERDIGMAKING,  HOE ONS SONDES AFGEWAS WORD, ons DOODGAAN VIR DIE SONDE, EN OPSTAAN IN 'N NUWE LEWE, EN NET SOOS CHRISTUS OPGESTAAN HET UIT DIE DOOD, SO SAL HY ONS OOK EENDAG LAAT OPSTAAN IN NUWE LIGGAME (die ewige lewe ontvang) (m.a.w. sal die ewige oordeel vryspring).

Die wet was nie volkome nie, en kon nie iemand volkome regverdig nie, maar Christus was die perfekte offerlam, en het mag om sondes te vergewe! 
-----------------------------------
(Rom 5:15)  Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.
(Rom 5:16)  En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.
(Rom 5:17)  Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus....

(Rom 5:1)  Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;


(Rom 5:2)  deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.
(Rom 5:3)  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,
(Rom 5:4)  en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;
(Rom 5:5)  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
(Rom 5:6)  Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. 

- alhoewel Christus vir almal gesterwe het, is dit slegs die "wat glo", wat hierdie genade ontvang. (Dit is dus nie verkeerd om te se dat Jesus ook vir die heiden gesterf het nie, maar die heiden het nie as gevolg daarvan outomaties saligheid nie! - hy moet eers begin "glo"). Die genade is beskikbaar vir almal, maar toegang daarna is net vir die "wat glo" - die wat vir die Vader welgevallig is - (die wat hulleself ondergeskik stel aan die Here, die Naam van Jesus begin aanroep en begeer om Hom gehoorsaam te wees; 

 GELOOF IS:
- "om Hom te KEN" (en jouself aan Hom te onderwerp),
- "Hom gehoorsaam te wees" (en sondes af te le),
- "Hom lief te he" (en eerste te stel in jou lewe)!
- DIT IS DIE "WAT HOM VREES" EN "SY GEREGTIGHEID DOEN".
 Iemand wat in goddeloosheid stap, het homself nog nie onderwerp aan die Here nie, m.a.w. "aan Sy wil" nie, en sy eie lewe is vir hom belangriker as om die Here te dien. So iemand ontvang nie genade van die Here nie;  DAAROM:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  Die "genade in Jesus Christus"  VERWYS NIE NA "GENADE OP GODDELOSES" nie, maar na "genade op die wat guns in die Here se oe vind" - m.a.w. die wat hulle bekeer het (goddeloses wat tot bekering gekom het), hulle vertroue in die Here plaas en hulleself onderwerp aan Hom om Hom gehoorsaam te wees en te dien.  


(Spr. 15:8)  Die offer van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.

(Spr. 3:33)  Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
(Spr. 3:34)  As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.
(Spr. 3:35)  Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.

1Kor. 6:8)  Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.
(1Kor. 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?

(1Kor. 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

(Jer 6:19)  Hoor, aarde! Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle planne; want na my woorde het hulle nie geluister nie, en my wet, dié het hulle verwerp.
(Jer 6:20)  Waarom sou daar tog vir My wierook uit Skeba kom en die kosbare kalmoes uit ‘n ver land? Julle brandoffers is nie welgevallig nie, en julle slagoffers is My nie aangenaam nie.


*(Jes. 26:10)  "Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ‘n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie":
Die "genade in Jesus Christus" VERWYS NIE NA GENADE OP GODDELOSES NIE,  want dan sou almal outomaties gered word en Jesus sou dan ook nie terugkom "om te oordeel" nie. (alhoewel alle nasies deur die saad van Abraham geseen is - Hand. 3:25, beteken dit nie dat almal gered is nie!)(alhoewel al die geslagte van die aarde deur Christus (saad) geseen is - Gal. 3:16, beteken dit nie dat almal outomaties gered is nie! - Gal. 3).  Iemand kan nie "onregverdig" wees, en dink dat hy steeds die koninkryk van God gaan beerwe nie!  

(Ef. 1:7)  "In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade"  -  om vergifnis van sonde te ontvang, het iemand genade nodig - slegs die wat hulle bekeer en GLO, kan hierdie genade ontvang om geregverdig te word (maar l.w. dat dit beteken dat die persoon hom onderwerp aan die Here om Hom gehoorsaam te wees, en nie meer die sonde te dien nie - as die persoon dan nou weer die sonde dien nadat hy tot bekering en geloof gekom het, dan gaan sy dade hom nie regverdig nie).

*  HOE ONTVANG IEMAND GENADE?:  -(Dan 9:13)  "soos in die wet van Moses geskrywe is—al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek 
-DEUR ons TE BEKEER van ons ongeregtighede en 
-AG TE GEE OP U WAARHEID nie".


IEMAND MOET EERS TOT BEKERING EN GELOOF KOM, VOOR HY UIT GENADE GERED KAN WORD!
-------------------------------------------------------------------

(1Kor. 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
(1Kor. 6:12)  Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

Die konteks van hierdie skrifgedeelte gaan nie oor die feit dat sommige afgewas en geheilig is nie, maar oor die feit dat daar die is wat se hulle is gelowig, maar hulle is "onregverdig" - sulke "gelowiges" moet nie dink dat hulle die koninkryk van God sal beerwe nie, want  "weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?" (v.9);  en "alhoewel alles my geoorloof is, moet ek my nie deur iets laat oorheers nie! (v. 12). NIEMAND KAN TWEE HERE 
DIEN NIE.  In hierdie geval bewys die persoon se werke of hy die Here dien, en of hy die sonde dien.(Jud 1:4)  Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.

(Rom 5:9)  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn. - OM UIT GENADE GERED TE WORD, EN GEREGVERDIG IN SY BLOED, BETEKEN DAT ONS GERED GAAN WORD VAN SY TOORN - die goddelose sal nie hierdie toorn ontsnap nie!  -(Jes. 26:9)  Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid. 

Jesus se bediening het begin by die oproep TOT BEKERING!  Iemand moet homself eerstens onderwerp aan die Here (tot bekering kom)(om nie meer die sonde te dien nie, maar die Here te dien) voordat hy guns in die Here se oe kan vind (om geregverdig te kan word). Iemand wat tot bekering gekom het, het homself onderwerp aan die Here OM HOM GEHOORSAAM TE WEES - en hy wil die DIE WIL VAN DIE VADER doen (omdat hy die Vader KEN)! - so iemand plaas sy vertroue in die Here as die Gesag oor sy lewe - die Here is sy Koning (die geloof is hom dus tot geregtigheid gereken) - hy het hom bekeer van die manier hoe hy dink, bekeer van afgode en bekeer van werke -weggekeer van sonde - dien nie meer die sonde nie - dien nie meer die wet nie, maar dien nou die Here.

 En alhoewel die persoon nou geregverdig is deur die geloof (uit genade, want hy het dit nie verdien nie), 

(Rom 3:24)  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is; (Rom 5:1) "Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus".
gaan sy werke hom nou verder regverdig (of hy regtig tot geloof/bekering gekom het).  

As ons verstaan wat "geloof" beteken, sal ons ook verstaan hoekom "bekering" nodig is.  Baie verklaar dat hulle deur genade gered is, maar iemand kan net "deur genade" gered word as hy werklik GLO! Vra vir enige Christen wat dit beteken "om te glo", dan is dit opmerklik om te sien hoe min regtig die term "geloof" verstaan! Ten eerste moet ons besef dat bekering geloof voorafgaan.  Dit dan waarom Johannes "bekering" gepreek het - dit is hoe hy die pad voorberei het vir die Messias se prediking. Jesus het ook bekering gepreek: (Mat 4:17)  "Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom". Niemand kan 'n kind raak van die koninkryk as hy hom nie eers BEKEER nie!  Iemand kan eers werklik geloof bely, wanneer hy hom bekeer het. 

=================================================================


(3)  Om uit genade gered te word, beteken nie dat iemand nie die voorwaardes van geloof hoef na te kom nie! (inteendeel, dit is aan die "gelowige" wat genade bewys word, nie aan die "ongelowige" nie!)

(daarom moet ons verstaan wat "geloof" beteken...)  Iemand kan nie bely dat hy uit genade gered is (geregverdig deur geloof), maar hy het nie die "werke" wat hom regverdig dat hy wel tot geloof gekom het nie!

 Hulle is die manne wat genade gevind het in die  van die Here, nl. Noag, Abraham, Lot, Jakob......ens.  Dit was almal manne wat Hom gevrees het  en Hom gehoorsaam het! (rol af vir verse). Die belofte aan Abraham se nageslag, was ook onderworpe aan hierdie voorwaardes, nl. dat hulle "die weg v/d Here moet hou om geregtigheid en reg te doen - hulle sou die kinders van die koninkryk wees - (Gen 18:19 - "Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het)  Aan wie gee die Here genade? -aan die die ootmoediges(Spr. 3:34); -die wat glo in Jesus (Rom. 3:26);(Job 8:5); -die wat na God soek en die Almagtige om genade smeek; -(Job 8:6)  as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid
Vgl. dit met Hand. 10:34,35 -
(Hand. 10:34)  "En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, (Hand. 10:35)  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is".
 In die evangelie van die koninkryk het Jesus heelwat gepraat oor die VRUG VAN DIE GELOWIGE, oor wat dit beteken om HOM AS EERSTE LIEFDE TE KEN, hoe ons MOET BID, wat dit is om DIE WIL VAN DIE VADER TE DOEN ens.  - hierdie kan alles soos "werke" gesien word, maar dit verwys na die "werke van die gelowige", nie "werke tot saligheid" nie, m.a.w. werke van die persoon wat reeds tot saligheid gekom het (en daardie werke regverdig hom, m.a.w. wys dat hy tot saligheid gekom het).

(Jak. 2:19)  Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.

(Jak. 2:20)  Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?

DIE VRAAG IS NOU:  WAT BETEKEN DIT "OM TE GLO"? Wat is bv. die verskil tussen 'n Christen wat "geloof het", en die duiwels wat "glo" dat Hy die Seun van God is? 
( Kyk bv. wat het die duiwels/onreine geeste gese oor Jesus wanneer Hy hulle uitgedryf het: (Mar 3:11)  En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!;  (Mar 5:7)  en skreeu met ‘n groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie;  (Mat 8:29)  En meteens skreeu hulle en sê: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig?; (Luk 8:28)  En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ‘n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie—"  -  dit is dus duidelik dat selfs die onreine geeste Hom erken het as die Seun van God en ook die allerhoogste God erken het - hulle glo dat Hy IS en die allerhoogste is en dat Jesus die Seun van God is!).  
 (Jak. 2:19)  "Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder". 
 "Geloof" gaan nie net oor "om te glo dat Hy die Seun van God" is nie, maar oor heelwat meer as dit!  Alhoewel die duiwels geglo het dat Jesus die Seun van God is, beteken dit nie dat hulle GELOOF gehad het nie, of die voorwaardes van die geloof nagekom het nie! Hulle het hulle bv. nie onderwerp aan Hom om Hom gehoorsaam te wees nie!

 Iemand wat nooit tot bekering gekom het nie, maar nog sy eie wil liefhet, onderwerp homself nie aan die wil van die Here nie! Iemand wat bv. nie "die sonde afle" nie, kom nie tot bekering nie en onderwerp homself nie aan die Here nie - hoe kan so iemand verklaar dat hy glo? So iemand VREES NIE DIE HERE NIE, en DOEN NIE SY GEREGTIGHEID nie.  Daarom het Jesus gese: (Mat 7:16)  "Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!".

Wanneer 'n gehoorsame kind verkeerd doen, dan word hy anders hanteer as 'n ongehoorsame kind wat verkeerd doen.  Daar word baie meer genade bewys aan die gehoorsame wat verkeerd doen en kanse gegee, maar aan die kind wat gewoonlik ongehoorsaam is, en verkeerd doen, word nie dieselfde genade bewys nie.  Daar is 'n verskil tussen iemand wat in opsetlik aanhoudende sonde stap, en iemand wat begeer om reg te stap, maar nou en dan val.  Lees gerus my blogpost, getiteld "Is daar iets soos groot en klein sonde:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html

DIE VRUG VAN DIE CHRISTEN, IS 'N BEWYS VAN OF HY REGTIG GLO OF NIE.  SOMMIGE KOM TOT GELOOF, MAAR BLY NIE DAARIN NIE;  ANDER WAT OOK TOT GELOOF KOM, BEGIN VRUG DRA, MAAR VERLAAT DIE HERE AS EERSTE LIEFDE (kyk die gelykenis van die saaier) - IN SO 'N GEVAL VERLOOR IEMAND SY VRUG, OF DRA GEEN RYP VRUG NIE - DIE GELOWIGE WAT NIE VRUG DRA NIE, SAL UITGEWERP WORD!
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die_16.html
---------------------------------------------------------------------------------------------------

In hierdie konteks, is dit dus nie almal wat genade vind in die  v/d Here nie, maar slegs die wat HOM VREES (hulself ondergeskik stel aan hul Skepper/Hom eer, vrees) en GEREGTIGHEID DOEN (Sy wil soek/doen) - hulle is vir Hom welgevallig, en dit is hulle WAT HUL BEKEER HET EN GLO! - en dit is hulle wat uit genade gered kan word.  Vgl. dit ook met Jesus se woorde in  Joh 6:44: " Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag". Baie gelowiges dink dat bekering en geloof nie vereis word om deur genade gered te word nie en dink dat geloof basies net 'n gebed is wat iemand opse (m.a.w. hulle dink dat "om Hom te vrees en Sy geregtigheid te doen", nie verwag word nie..), maar God kyk na die hart, en bekering is fisies iets wat iemand moet besluit om te doen! (en dan sal die gebed opreg wees!).

Dus, WAT BETEKEN GENADE ONDER DIE NUWE TESTAMENT REGTIG?   In ag geneem Petrus se aanmerking in Hand. 10:34,35?!  ONS MOET VERSTAAN DAT: 
Genade beteken NIE dat daar niks verwag word nie! - genade word slegs bewys aan die wat vir God welgevallig is (m.a.w. Hom vrees, en Sy geregtigheid doen, die ootmoediges, die wat Hom soek...)- m.a.w. die wat hulle bekeer! Dit gaan nie net oor die onderhouding van wette nie, maar oor onderwerping en gehoorsaamheid.  Dit is hulle wat deur die Vader getrek word om Sy Seun, Jesus Christus as hulle offerLam te aanvaar - dan word hulle uit "genade gered" (is hulle in guns)(word hulle sonde vergewe). 
-------------------------------------
(2Kor. 5:19)  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou......
.......(2Kor. 6:1)  En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie....

(Gal 1:6)  Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,

(Ef. 1:7)  In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,
(Ef. 1:8)  wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,
-------------------------------------------------------------------------
Neem die volgende in ag:  SONDE MOET GESTRAF WORD - DIE STRAF VIR DIE SONDE IS DIE (TWEEDE) DOOD:

JESUS CHRISTUS, DIE SEUN VAN GOD, WAS DIE PERFEKTE OFFER  SODAT ELKEEN WAT IN HOM GLO, NIE VIR DIE SONDE GESTRAF WORD NIE;  EN SOOS HY OPGESTAAN HET UIT DIE DOOD, HUL SO KAN OPSTAAN IN 'N NUWE LEWE - maar nou, as iemand nie in 'n nuwe lewe wil opstaan nie, homself wil onderwerp aan die gesag van die Here nie, nie wil dood wees vir die sonde nie, hoe kan hy dan guns vind in die oe van die Here sodat hy hierdie genade deelagtig kan raak???
  DIT IS DUS SLEGS DEUR "GELOOF" WAT IEMAND HIERDIE GENADE ONTVANG:
-   (bekering: die wat hulleself onderwerp aan die Here om Hom te dien, en nie meer die sonde te dien nie) en 
-  (in Jesus Christus glo as hulle Saligmaker - Sy offer aanneem - die Een wat gestraf is ter wille van hulle sodat hulle in Hom die ewige lewe kan ontvang - opstaan in 'n nuwe lewe - dood vir die sonde, en vir Hom lewe!).  

SO IEMAND VAL NIE IN GOD SE TOORN NIE;  m.a.w. word "geregverdig" (uit genade;  alhoewel niemand dit verdien nie) sodat hulle nie onder Sy toorn val nie  -  HY IS DUS VRY VAN DIE OORDEEL VAN DIE TWEEDE DOOD.  WAAR IEMAND NOU EGTER TOT GELOOF KOM, MAAR NIE LEEF ASOF HY GLO NIE, KAN HY DIE GENADE WAT AAN HOM BEWYS IS, WEER VERLOOR, want dan bewys hy dat hy nie regtig die Here vrees nie, en Hom gehoorsaam wil wees nie....ons moet verstaan wat "geloof" beteken!  Daarom, wanneer Jesus terugkom, en Hy almal sal oordeel, sal Hy besluit wie onder die (ewige) oordeel gaan val.  Hy sal oordeel, nie net tussen gelowiges en ongelowiges nie, maar ook tussen "gelowiges" en gelowiges.  Die wat NIE DIE NODIGE VRUG DRA NIE (wat nie regverdig word deur hulle werke nie), sal uitgekap word, en in die vuur gegooi word.  Dit is duidelik dat 'n gelowige wel sy saligheid kan verloor, sou hy dit nie oppas nie (sou hy nie die "werke" he, wat hom regverdig nie).

ons moet verstaan wat geloof beteken:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/gee-ons-meer-geloof.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/wat-meeste-preachers-jou-nie-vertel-oor.html


en ons moet verstaan wat dit beteken om tot bekering te kom:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html

 ====================================================================

 Vb.e van mense wat "genade gevind het":
(Gen 6:8)  Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE.- NOAG (Noag was 'n regverdige, opregte man, en het met God gewandel - v.9)


(Gen 18:3)  En hy sê: My heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie. -ABRAHAM (Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n vriend van God genoem - Jak. 2:23.  Hy was gehoorsaam aan die Here - Gen. 12:4; Gen. 22; Hebr. 11:8,17...)

(Gen 19:19)  Kyk tog, u kneg het genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterwe nie. -LOT (hy was regverdig en het hom gekwel oor die losbandige lewe v/d sedelose mense, m.a.w. hy het die geregtigheid gesoek - 2 Pet. 2:7; Gen. 18:23-33. Hy was gehoorsaam en het geglo - Gen. 19:14).

(Gen 33:5)  Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het. -JAKOB
(Gen 33:11)  Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het. (Jakob was 'n vredeliewende man - Gen. 25:27.  Hy het homself onderwerp aan die Here, Hom gedien en Hom gehoorsaam - Gen. 28, 31.  God het Jakob liefgehad - Mal. 1:2,3; Rom. 2:13.  

(1Kor. 3:10)  Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.


(Rom 3:23)  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
(Rom 3:24)  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
(Rom 3:25)  Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God
(Rom 3:26)  om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.


 (1Kor. 1:3)  Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
(1Kor. 1:4)  Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,
(1Kor. 1:5)  dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;
(1Kor. 1:6)  soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle,
(1Kor. 1:7)  sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,
(1Kor. 1:8)  wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.
(1Kor. 1:9)  God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.



(2Ch 33:12)  Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van die HERE sy God om genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders


(2Ki 13:4)  Maar Jóahas het die aangesig van die HERE om genade gesmeek. Toe verhoor die HERE hom, want Hy het die verdrukking van Israel gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk.


(1Sa 13:12)  het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die aangesig van die HERE nie om genade gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring.
(1Sa 13:13)  Toe sê Samuel vir Saul: Jy het dwaas gehandel, jy het die gebod van die HERE jou God wat Hy jou beveel het, nie gehou nie; want anders sou die HERE jou koningskap oor Israel vir goed bevestig het.


(Rut 2:10)  Toe val sy op haar aangesig en buig na die aarde toe en sê vir hom: Waarom het ek genade in u oë gevind, dat u in my belang stel alhoewel ek ‘n vreemdeling is?
(Rut 2:11)  En Boas antwoord en sê vir haar: Aan my is alles omstandig vertel wat jy aan jou skoonmoeder gedoen het ná die dood van jou man, en dat jy jou vader en jou moeder en jou geboorteland verlaat het en na ‘n volk getrek het wat jy gister en eergister nie geken het nie.