Wys tans plasings met die etiket wees niemand iets verskuldig nie. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wees niemand iets verskuldig nie. Wys alle plasings

Maandag 28 Julie 2014

Wees niemand iets verskuldig nie

Die tema van leen/uitleen kan saam met hierdie behandel word:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/leenuitleen.html
========================================================================

Ons het gesien onder die onderwerp van "om te leen" of "uit te leen" in die Bybel, leen/uitleen geensins iets is om oor skaam te voel nie;  inteendeel, daar was selfs wette rondom die onderwerp ingestel! JESUS HET OOK VIR ONS GELEER DAT ONS BARMHARTIG MOET WEES EN BEREID OM AAN MEKAAR UIT TE LEEN:  Matt. 5:42  "Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie" (natuurlik is dit in konteks met "die wat behoeftig is. nie die wat begeer nie!"). 
 Maar hoe moet ons dan verstaan wat bedoel word in Rom. 13:8 -  "Wees aan niemand iets skuldig nie..."?

Wanneer ons die skrif in konteks lees, sal ons sien hoekom dit gese is.  DIT IS NIE GESE OMDAT ONS NIE MAG UITLEEN OF LEEN NIE, MAAR OMDAT ONS MOET ONTHOU OM TE BETAAL WAT ONS SKULD! En dit gaan ook nie net oor om vir iemand "geld" terug te betaal wat geskuld word nie, maar spes. oor wat iemand anders toekom, bv. eer of vrees wat moet bewys word aan wie dit toekom.
 Dit is dus nie verkeerd van iemand om te leen nie, maar ons moet seker maak dat ons dit terugbetaal.  So, in konteks gaan die gedeelte veral oor "DAT ONS MOET BETAAL WAT VAN ONS VERWAG WORD", bv. belasting - MAAR NIE NET WAT GELDE AANBETREF NIE, MAAR OOK DINGE SOOS RESPEK EN EER.  Dit gaan ook daaroor dat wanneer jy iemand nie betaal wat hom toekom nie, dan moet jy vrees, want dan is jy verkeerd - en dan het jy nie liefde vir jou naaste nie.

LEES ROM. 13:1-10 IN KONTEKS:
(Rom 13:1)  Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,
(Rom 13:2)  sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.
(Rom 13:3)  Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang;
(Rom 13:4)  want hy is ‘n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ‘n dienaar van God, ‘n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.
(Rom 13:5)  Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.
(Rom 13:6)  Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.
(Rom 13:7)  Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
(Rom 13:8)  Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.
(Rom 13:9)  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
(Rom 13:10)  Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
(Vgl. dit met 1 Pet. 2:13-15).
ONS MOET M.A.W. SEKER MAAK DAT ONS BETAAL AAN ANDER, WATOOKAL HULLE TOEKOM (WANT DIT IS LIEFDE!). As jy weier om iemand te betaal wat hom toekom, dan is dit nie liefde nie;  HETSY ONS PRAAT VAN GELD, TOL, EER, RESPEK...watookal die persoon toekom.  Wanneer jy by iemand leen, dan doen jy nie die persoon kwaad nie, want hy wil ook vir jou help, maar as jy nie terugbetaal WAT HOM TOEKOM nie, dan doen jy hom kwaad en is jy verkeerd en het jy nie jou naaste lief nie. Net so, as jy nie vir iemand die eer gee wat hom toekom nie, dan doen jy kwaad.  Alles moet in liefde geskied.  (Daarom mag ons nie egbreek, of doodslaan, of steel, of valse getuienis gee, of begeer nie!  -  op dieselfde wyse gaan jy jou naaste kwaad doen as jy weier om hul te gee wat hul toekom!). 
(Luk 20:25)  "Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom".
========================================================================

ANDER SKRIFTE:

(Mat 17:24)  En toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie?
(Mat 17:25)  Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting—van hulle seuns of van die vreemdelinge?
(Mat 17:26)  Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry.
(Mat 17:27)  Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.

(Deu 24:14)  Jy mag ‘n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie verdruk nie.

(Pro 3:27)  Hou ‘n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.

(Mat 7:12)  Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

"EER AAN DIE WAT EER TOEKOM":
(Eks. 20:12)  Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.

(Ef. 6:2)  Eer jou vader en jou moeder—dit is die eerste gebod met ‘n belofte—

(1Ti 5:17)  Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.

(1Ti 6:1)  Almal wat diensknegte is onder ‘n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.

(1Pe 2:17)  Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.

(Lev 19:32)  Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.

(1Pe 3:7)  Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

(Ef. 5:33)  In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.
========================================================================

AAN DIE ANDER KANT WORD DAAR VAN DIE GELOWIGE WAT UITLEEN, VERWAG DAT HY NIE MOET UITLEEN MET DIE HOOP OM TERUG TE ONTVANG NIE (Luk. 6:34,35), MAAR DIT IS NIE VIR DIE PERSOON WAT "LEEN" OM TE BESLUIT OF DIT TERUGBETAAL WORD OF NIE -   ONS MOET IEMAND BETAAL WAT HOM TOEKOM!