Wys tans plasings met die etiket waar God woon. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket waar God woon. Wys alle plasings

Saterdag 06 Februarie 2016

Die Skepping (1)

In die volgende paar blogposts kyk ons na 
"DIE SKEPPING".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir die ander dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
-  TWEEDE DEEL (opdeling en uitleg van skepping): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-2.html

-  DERDE DEEL (aan/langs/bo uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-3.html

-  VIERDE DEEL(die hemel daarbo/hoogste hemel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-4.html

-  VYFDE DEEL (verskillende elemente v/d hemel en uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-5.html

-  SESDE DEEL (Jesus Christus se mag op hemel en aarde): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-6.html

-  SEWENDE DEEL (dit wat onder die aarde is): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-7.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die voorstelling van hoe die aarde lyk of saamgestel is, is heelwat verskillend van wat sommige wetenskaplikes vandag leer.  In die tyd waarin ons lewe, is dit des te meer belangrik dat ons as Christene DIE KENNIS BEWAAR.  Christene het hierdie plig as eersgeborenes en priestervolk van die Here.
Maar voor ons dit kan doen, moet ons natuurlik eers tot insig kom van "wat die waarheid" is. Ons moet weet wat die Bybel presies leer oor "die skepping", bv.:

- Waar is die hemel waar God woon?
- Wat is die volgorde in hoe alles geskep is? 
- Waaruit bestaan die uitspansel?
- Het God alles geskep binne 6 dae (en die 7de gerus), of het dit onstaan oor miljoene jare soos baie leer en selfs baie Christene vandag glo?
- Waar is die hel?
ens.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wetenskaplikes wil graag he dat ons moet dink dat hulle slimmer is as die mense van die Bybel en dat hulle dinge nou weet wat vroeer nie geweet is nie.  Tog is die waarheid eerder dat die mense van die Bybel nie van ons kan leer nie, maar dat ons eerder van hulle leer !
_________________________________________________________________________________

God het die hemel en die aarde geskape
en Hy het dit gedoen in 6 dae (nie miljoene jare nie) - die Skrif is duidelik hieroor en dit word deeglik telkens verduidelik:  
"en dit was aand en dit was môre...".


AS ONS 'N DEEGLIKE STUDIE MAAK VAN JAARTALLE VOLGENS DIE BYBEL, DAN WORD DIE FEIT BEVESTIG DAT DIE AARDE SOOS ONS DIT KEN, en met die mens op aarde, NIE MILJOENE JARE OUD IS NIE, MAAR EERDER SOWAT 6000 JAAR.  (http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/ons-ware-geskiedenis.html).

DIE AARDE HET OOK NIE PER ONGELUK TOT STAND GEKOM DEUR DIE ALLERHANDE OPGEMAAKTE AFLEIDINGS EN IDEES VAN BAIE WETENSKAPLIKES VANDAG NIE, MAAR IS DEUR GOD SELF GESKAPE (binne 6 dae).  GROOT DELE VAN WETENSKAP en BIOLOGIE IS DEESDAE slegs 'N GELOOF ! (daar is natuurlik dele daarvan wat feite is, maar baie dele is opgemaak en gebou op afleidings en is niks anders as iets waarin iemand glo nie)  -  so iemand wat nie in die waarheid glo wat in die Bybel opgeskryf is nie, plaas hulle hoop in hierdie ander dinge, dus op bloot afleidings wat terloops kort kort verander.  Die waarheid van die Bybel verander nooit, maar word eerder bevestig soos tyd aanloop! 
-  (Gen 1:1)  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
(Gen 2:4)  Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het

_________________________________________________________________________________

God wat hemel en aarde gemaak het, is die HERE.

Elkeen sal eendag voor hulle Skepper, die Here wat hemel en aarde gemaak het, verskyn;  of hulle dit wil glo of nie! 


- (Jos 2:11)  Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die HERE julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.
- (Gen 24:3)  "... die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde...".

_________________________________________________________________________________

"IN DIE BEGIN" was die aarde WOES EN LEEG, ALLES ONDER WATER, ALLES DONKER.

(Gen 1:2)  En die aarde was:
- woes en leeg,
-en duisternis was op die wêreldvloed,
-en die Gees van God het gesweef op die waters.

Ons moet verstaan dat "die begin" van hierdie aarde soos ons dit ken, nie beteken dat dit ook op daardie tydstip "die begin" was van ander elemente of dinge of bv. die engele nie. Ons sien bv. in Gen. 1:9 hoe die droe grond sigbaar word (en dit lyk of dit nie hier "aan hierdie begin" geskep is nie) toe God die waters versamel.  Baie geleerdes glo ook dat v. 1 eerder verwys na vroeere skepping, en v.2 na huidige skepping...?  Wat ookal die geval hier, ons moet die toestand van die aarde besef sowat 6000 jaar gelede - toe was dit vir hierdie aarde "die begin";  en dit was "woes en leeg, donker en onder water.
_________________________________________________________________________________


DIE SKEPPING
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  LIG: (Gen 1:3)  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
(Gen 1:4)  Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;
(Gen 1:5)  en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

_________________________________________________________________________________

(2) UITSPANSEL: (Gen 1:6)  En God het gesê: Laat daar ‘n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.
(Gen 1:7)  God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.
(Gen 1:8)  En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.

Vgl. dit met:  (Psa 148:4 - "Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!".

Die woord "uitspansel" in die Hebreeus beteken "boog in die lug" (râqı̂ya‛, raw-kee'-ah
From H7554; properly an expanse, that is, the firmament or (apparently) visible arch of the sky: - firmament).  Uitspansel (of hemel) is soos 'n "boog oor die aarde" gespan - nie "die aarde" hier nie, maar "uitspansel wat "soos 'n boog oor die aarde" gespan is.  Ander skrifte brei ook meer uit oor hierdie onderwerp, o.a. Jes. 40:22 wat verduidelik hoe Hy die hemele uitspan soos 'n dun doek en dit uitsprei soos 'n tent om in te woon... (Job 37:18 - "kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos ‘n gegote spieël?"). Met deeglike studie sal ons sien dat "die hemel" uit verskillende dele bestaan, bv. 
-die gedeelte waar die voels vlieg (langs die uitspansel van die hemel), en 
-die ligte (aan die uitspansel van die hemel)...
-God se woning word ook "hemel" genoem, en ander skrifte leer vir ons dat Sy woning bo die uitspansel is (bo die hemel waar die voels vlieg en die ligte...).

Wat die Skrif vir ons leer oor 'n uitspansel bo die aarde (Gen. 1:7,8) wat "hemel" genoem word, is dat die uitspansel daardie deel is TUSSEN DIE WATERS. Dit was alles water en die grond was ook onder water, en alles was donker.  God het toe eerste die lig laat wees en skeiding gemaak tussen die lig en duisternis. Toe maak hy skeiding tussen die waters - en skep 'n uitspansel tussen die waters, en het die uitspansel hemel genoem. Daarna het Hy die droe grond laat sigbaar word (en dit aarde genoem) en die waters op een plek versamel (en dit see genoem). 

Somtyds word die woorde "aarde opgehang oor niks" in Job 26:7 gebruik om te probeer bewys dat die aarde in "die ruimte" opgehang is, maar wat Job. 26:7-10 eintlik vir ons leer (sou ons dit in konteks lees) is dat dit opgehang is oor niks TUSSEN die WATERS! 
(Job 26:7)  voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ‘n niks;
(Job 26:8)  wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
(Job 26:9)  wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.

(Job 26:10)  Hy het ‘n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
_________________________________________________________________________________

(3) DROE GROND / GRAS, PLANTE en BOME: (Gen 1:9)  En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.
(Gen 1:10)  En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.

(Gen 1:11)  En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.
(Gen 1:12)  Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
(Gen 1:13)  En dit was aand en dit was môre, die derde dag.

_________________________________________________________________________________

(4) LIGTE (son, maan en sterre): (Gen 1:14)  En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, - om skeiding te maak tussen die dag en die nag;
- en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.
- (Gen 1:15)  Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so. (Gen 1:16)  God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.
(Gen 1:17)  En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde
(Gen 1:18)  en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.
(Gen 1:19)  En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.

_________________________________________________________________________________

(5) LEWENDE WESENS IN DIE WATER (groot seediere, lewende wesens wat wemel in die water) / VOELS (gevleuelde voels): 
(Gen 1:20)  En God het gesê: Laat die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.
(Gen 1:21)  En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
(Gen 1:22)  En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.
(Gen 1:23)  En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.

_________________________________________________________________________________

(6) LEWENDE WESENS OP DIE DROE GROND (vee, kruipende diere, wilde diere) / MENSE / TUIN VAN EDEN:
(Gen 1:24)  En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so.
(Gen 1:25)  En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

(Gen 2:5)  was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
(Gen 2:6)  Maar ‘n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.

(Gen 1:26)  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor:
- die visse van die see / en die voëls van die hemel / en die vee / en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

- (Gen 1:27)  En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
- (Gen 2:7)  En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

TUIN VAN EDEN:
--------------------
(Gen 2:8)  Ook het die HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee.
(Gen 2:9)  En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
(Gen 2:10)  En daar het ‘n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword.
(Gen 2:11)  Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land Háwila loop waar die goud is.
(Gen 2:12)  En die goud van dié land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen.
(Gen 2:13)  En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop.
(Gen 2:14)  En die naam van die derde rivier is die Hiddékel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat.

(Gen 2:15)  Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
(Gen 2:16)  En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,
(Gen 2:17)  maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
(Gen 2:18)  Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.
(Gen 2:19)  En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.
(Gen 2:20)  So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.
(Gen 2:21)  Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.
(Gen 2:22)  En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens.
(Gen 2:23)  Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.
(Gen 2:24)  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
(Gen 2:25)  En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

(Gen 1:28)  En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
(Gen 1:29)  Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. (L.W., HIERDIE OPDRAG HET VERANDER IN GEN. 9:1-3, toe diere ook gegee is as voedsel, nie net plante en vrugte en groente nie).
(Gen 1:30)  Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.
(Gen 1:31)  Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
________________________________________________________________________________
(Gen 2:1)  So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.

----------------------------------------------------------------------------
(7) RUSDAG: (Gen 2:2)  En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
(Gen 2:3)  En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

(Exo 20:11)  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

_________________________________________________________________________________