Wys tans plasings met die etiket vuurrooi draak. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vuurrooi draak. Wys alle plasings

Vrydag 06 Desember 2013

Drake, slange, beeldspraak...ens.

In die volgende paar blogposts gaan ons kyk na woorde in die Skrif soos "draak", "slang", "veldduiwels" ens. - bv., die woord "draak" word in heelwat skrifte gebruik - beteken dit dat daar regtig drake bestaan het? 
Verwys dit na 'n regte dier, of is dit net beeldspraak? 

- Sommige verstalings gebruik ook woorde soos "unicorn" en "satyr"??

-  En wat word bedoel met "slang" in die skrif - praat dit altyd van 'n regte slang, of is dit net beeldspraak? 

-  Wat beteken die woord "Levitian"?  

----------------------------------------------------------------
IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS SPES. KYK NA DIE GEBRUIK VAN DIE WOORD 
"DRAAK" 
IN DIE SKRIF:
========================================================================
DRAAK:
OPSOMMING:

- In sommige skrifte beteken die woord "draak", "fiery flying serpent".  In ander skrifte beteken dit "dragon, sea-monster, serpent, whale"en in ander,  "a fabulous kind of serpent, dragon"
 Die woord "serpent" word gewoonlik in simboliek gebruik, maar is ook 'n sinoniem vir "slang".

-Die woord "draak" word in meeste skrifte soos beeldspraak gebruik, o.a. van "die duiwel" (Openb. 12:9), en let wel dat die duiwel ook 'n "slang" genoem word in die betrokke skrifgedeelte. 
Dit is duidelik dat daar 'n verband is tussen die woord "draak" en die woord "slang". 

-In twee skrifte word die Faroa vgl. met 'n draak (Eseg. 29:3 en 32:2) - in hierdie geval, ook beeldspraak. 


-In een skrif verwys "draak" na 'n letterlike dier (Jes. 30:6) - "vlieende draak of slang".  Dit kan moontlik verwys na " 'n dier wat uitgesterf het", of na "vlieende slange".
   Ons lees ook van "fiery serpents" in Num. 21:6-8 en Deut. 8:15 ('n regte slang) en word in die Afrikaans vertaal as "giftige slange" - dit is duidelik dat hierdie slange 'n koperkleur gehad het (Num. 21:8,9) - of hulle ook vlieende slange was, weet ons nou nie...  

-
In sekere skrifte, meer spes. waar 'n vgl. met diere gemaak word en "draak" o.a. genoem word, bv. in die geval van Jer. 51:34, beteken die woord "draak":  - "seemonster, draak of slang".  Die woord "draak" verwys dus hier ook na 'n slang, maar 'n slang "in die groot water" (Jes. 27:1 ens.)- alhoewel beeldspraak in hierdie betrokke skrifgedeeltes, is dit 'n vergelyking, en waar 'n vgl. met iets, moet daardie "iets" tog noodwendig bestaan! Daarom, alhoewel die woord "draak" in baie skrifte soos beeldspraak gebruik word, is die vgl. daar met 'n regte dier (hetsy wat regtig bestaan het en uitgesterf het, of na bestaande groot seediere - "seemonster"/walvis - en/of in ander skrifgedeeltes, na iets soos "vlieende slange" - Jes. 30:6).


-  Die woord "draak" in die Skrif, word dus somtyds soos beeldspraak gebruik, en verwys andersins na 'n spes. dier, hetsy 'n dier (meer spes. slang of "monster") in die water, of 'n dier (slang) wat vlieg.  Daar is 'n verband tussen die woord "draak" en "slang", en beide terme word ook vir die duiwel gebruik.

(kyk skrifte en vollediger opsomming onder)

----------------------------

SKRIFTE:

*  (Jes. 14:29)  Wees nie bly, o ganse land van die Filistyne, dat die roede verbreek is wat jou geslaan het nie; want uit die wortel van die slang sal ‘n basilisk voortkom, en sy vrug sal ‘n vlieënde draak ("fiery flying serpent")(H8314 - fiery "serpent", seraph) wees.
---------------------
*  (Jes. 27:1)  In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak (H8577 - "dragon, sea-monster, serpent, whale") doodmaak wat in die groot water (see) is.
--------------------
*  (Jes. 30:6)  Godspraak oor die diere van die Suidland. In ‘n land van benoudheid en angs, waar leeuin en leeu uitkom, adder en vlieënde draak ("fiery flying serpent")(H8314), vervoer hulle op die rugge van esels hul rykdomme en op die bulte van kamele hul skatte, na ‘n volk wat geen voordeel bring nie.

 - Hier word Egipte voorgestel as die tuiste van die leeu, die adder en die "vlieende draak".

 - Alhoewel die voorstelling van die vlieende slang ook in simboliek gebruik is, is dit saam met ander diere geteken op ou Egiptiese papirus:    - net simboliek, of dier?  
-Sommige wetenskaplikes is van mening dat die vlieende draak verwys na die pterosaur wat veral opgegrawe is in die gebiede van Egipte en Arabie?
------------------------
*  (Jer 51:34)  Nebukadrésar, die koning van Babel, het my opgeëet, my vernietig; hy het my neergesit soos ‘n leë skottel; hy het my verslind soos ‘n draak (H8577); hy het sy buik met my lekkernye gevul; hy het my weggestoot.
-----------------------
*  (Eseg. 29:3)  Spreek en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak (H8577) wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak.
----------------------
*  (Eseg. 32:2)  Mensekind, hef ‘n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos ‘n draak (whale)(H8577) in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak.
---------------------
*  (Openb. 12:3)  En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak (G1404 - "a fabulous kind of serpent, dragon") met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;
(Openb. 12:4)  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
--------------------
*  (Openb. 12:7)  En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak (G1404) en sy engele het oorlog gevoer;........................
(Openb. 12:9)  En die groot draak (G1404) is neergewerp, die ou slang (G3789 - "snake, serpent") wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp......................
(Openb. 12:13)  En toe die draak (G1404) sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;...........................
(Openb. 12:16)  En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak (G1404) uit sy bek uitgegooi het.
(Openb. 12:17)  En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
-------------------
*  (Openb. 13:2)  En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak (G1404) het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag................
(Openb. 13:4)  En hulle het die draak (G1404) aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?.............................................
(Openb. 13:11)  En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak (G1404). (G1404 - "a fabulous kind of serpent, dragon")
-------------------
*  (Openb. 16:13)  En ek het uit die bek van die draak (G1404) en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.  - hier word die woorde "draak" en "dier" soos beeldspraak gebruik, maar ons weet wie die "draak" is - dit is die duiwel (Openb. 12:9) - wat ook genoem word "die ou slang" (kyk skrifte onder), "duiwel" (G1228 - "false accuser, slanderer, devil" - vgl. met Matt. 13:39, 25:41; Joh. 6:70; 8:44; 13:2; Hand. 13:10; Ef. 4:27; 6:11; 1 Tim. 3:6; 2 Tim. 2:26; Hebr. 2:14; Jak. 4:7; 1 Pet. 5:8; 1 Joh. 3:8,10; Jud. 1:9; Openb. 2:10; 12:9; 12:12; 20:2) of "satan" (G4567 - "the accuser" - Matt. 12:26; 16:23; 4:15; Mark. 8:33; Luk. 4:8; Luk. 10:18; Luk. 13:16; 22:3,31; Joh. 13:27; Hand. 5:3; 26:18; Rom. 16:20; 1 Kor. 5:5; 7:5; 2 Kor. 2:11; 11:14; 12:7; 1 Thess. 2:18; 2 Thess. 2:9; 1 Tim. 1:20; 5:15; Openb. 2:9; 2:13; 2:24; 3:9; 20:2; 20:7)(VGL. met H7854 "opponent, adversary, withstand" - 1 Kron. 21:1, Job 1:6-12; 2:1-7; Sag. 3:1,2; Matt. 4:10).
========================================================================

VOLLEDIGER UITEENSETTING:

(1)  Dit is duidelik dat die woord "draak" in meeste skrifte spesifiek gebruik word vir "die duiwel" (Openb. 12:9) - m.a.w., die duiwel word vgl. met 'n draak.  In Openb. 12:9 en ander skrifte (rol af vir opsomming "slang"), word die duiwel ook " 'n slang" genoem.  Die Hebreeuse betekenis van die woord "draak" in sekere skrifte, is "serpent" of "seraph"  - soos in Jes. 14:29; 30:6.  In Openb. 12:3 is die Griekse betekenis van die woord "draak", "a fabulous kind of  serpent".  DAAR IS DUS 'N VERBAND TUSSEN DIE WOORDE "slang" EN "draak".  Die duiwel word in die betrokke skrifte vgl. met " 'n slang". 

(2) Jes. 30:6 praat egter spesifiek van "diere" - (HIER, NIE BEELDSPRAAK NIE) - en onder die "diere" word die "vlieende draak" genoem.  Die betekenis van die woord "draak" in hierdie skrif, beteken "fiery serpent, seraph".   In hierdie skrif praat dit dus definitief van 'n letterlike vurige vlieende "slang" (flying snakes?)(of 'n dier wat uitgesterf het?) - gaan lees gerus meer hieroor... daar is verskillende interpretasies hieroor, maar wat ons moet verstaan, is dat hierdie "vlieende en vurige draak of slang", 'n fisiese dier was/is (http://www.christiananswers.net/dictionary/serpentfiery.html) ; (http://www.genesispark.com/essays/fiery-serpent/). In Jer. 51:34 leer ons iets van die karakter van 'n draak:   "hy het my verslind (swallow down) soos ‘n draak".

(3)  In Jes. 27:1, Jer. 51:34, Eseg. 29:3 en 32:2, kan die woord "draak" in die Hebreeus verwys na "seemonster" of  "walvis", of ook na " 'n slang" - tog is dit duidelik volgens die eerste gedeelte van Jes. 27:1 dat hy verwys na " 'n slang", maar wat in die "groot water" is. Ook in hierdie skrifgedeeltes word hy vgl. met 'n slang (maar in die water).  In Eseg. 29:3 en 32:2, word "die Faroa" vgl. met 'n draak!  Weer-eens is dit slegs 'n vergelyking (en beeldspraak). Let ook daarop, dat die woord  "waters" beeldspraak is vir "volke, menigtes en nasies" in Openb. 17:15. (Ook in die voorstelling in Dan. 7 van die "4 diere wat uit die see opklim", is dit duidelik dat hierdie diere verwys na koninkryke "wat uit die see opklim"... - uit volke, menigtes en nasies! Kyk ook Openb. 13, die voorstelling van die antichris as 'n "dier uit die see" - (vgl. v.2 met die 4 diere van Dan. 7 - "see" verwys ook hier na hoe die antichris sal opstaan uit volke, menigtes en nasies - en kyk na hoe die 10 konings hulle mag aan hom sal oorgee....)  (die "valse profeet" word bv. voorgestel as 'n "dier uit die aarde", nie 'n dier uit die see nie)).  

(4)  Die voorstelling van die "groot vuurrooi draak" in Openb. 12, is beeldspraak - spes. van die duiwel

(5)  En dan is daar die voorstelling met "vlieende" draak?  Waar daar van die "vlieende draak" gepraat word in Jes. 14:29, is dit duidelik dat dit beeldspraak is - moet ons dan nou vra waarna die slang, basilisk en vlieende draak verwys in hierdie skrif? - (en natuurlik is daar verskillende interpretasies!).    Waar die woorde "vlieende draak" egter in Jes. 30:6 gebruik word, lyk dit of dit na 'n spes. dier verwys, want dit is duidelik dat verskillende diere genoem word:  "Godspraak oor die diere van die Suidland. In ‘n land van benoudheid en angs, waar leeuin en leeu uitkom, adder ("venomous snake") en vlieënde draak " ("serpent") tog word die woord "serpent" gewoonlik gebruik in 'n konteks van simboliek, maar is ook 'n sinoniem vir "slang" - in hierdie geval sou ons miskien kon praat van 'n "vlieende slang".