Wys tans plasings met die etiket vrug van die regverdige. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vrug van die regverdige. Wys alle plasings

Donderdag 06 Maart 2014

Boom van die Lewe



IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE ONDERWERP "BOOM VAN DIE LEWE". 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BOOM VAN DIE LEWE:

Daar is maar sowat 9 verse in die Bybel wat melding maak van die BOOM VAN DIE LEWE. In Gen. 2 was daar 'n boom van die lewe in die tuin van Eden... (in die middel van die tuin-Gen. 2:9). Dit leer dat Adam en Eva toegang gehad het tot die boom, maar na die sondeval was hulle nie (meer) toegelaat om van die vrugte van hierdie boom te eet nie (Gen_3:24 - "So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak").  Vers 22 leer vir ons dat as iemand van hierdie boom se vrugte eet, hy VIR EWIG KAN LEWE! (Gen_3:22 - "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!").  Openb. 22:2 leer dat hierdie boom (se vrugte) GENESING gee (Oepnb._22:2 - "In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies"). In Openb.2:7  belowe Jesus dat die wat oorwin, van die boom van die lewe sal eet... (en in hierdie vers word geleer dat hierdie boom "in die paradys van God is ("Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is")(vir 'n studie oor "paradys" en die tuin van God, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/eden-tuin-van-eden.html). 

As iemand van hierdie boom se vrugte eet kan die vrugte genesing bring;  dus, iemand kan dan vir ewig kan lewe... Daar is slegs 2 plekke in die Skrif wat melding maak van waar hierdie boom te vinde is (of was), (1) in die tuin van Eden (binne-in die tuin van God)(wat weggesink het na die onderwereld-Gen. 2:9,22,24), en (2) in die Nuwe Jerusalem (wat eendag uit die hemel op die aarde sal neerdaal-Openb. 22:2,14) - die wat gered word sal eendag in hierdie stad, die "Nuwe Jerusalem" bly en toegang he tot hierdie boom wat genesing en ewige lewe gee (Openb. 22:14 - "Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die BOOM VAN DIE LEWE en ingaan deur die poorte in die stad"). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE VRUG VAN DIE REGVERDIGE IS 'N LEWENSBOOM...:

Die vrug van die geestelike mens word ook somtyds voorgestel soos "vrug tot lewe" (Spr. 11:30 - "Die vrug van die regverdige is ‘n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys") - asof  die geestelike mens 'n "boom van lewe" is wat hierdie soort vrug dra. In hierdie geval verwys dit nie na die letterlike boom wat bv. beskryf word in Genesis en Openbaring nie, maar is geestelik bedoel wat wys daarop dat die geestelike mens instaat is om die ewige lewe eendag te oes. VGL. DIT MET:  (Joh 4:36 - "En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees"), en  (Spr. 3:16-18 - "In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede. Dit is ‘n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig"). IN DIE VERGELYKING WAAR DIE WOORDE "in sy regterhand is lengte van dae" GEBRUIK WORD, IS DIT DUIDELIK DAT "LEWENSBOOM" TE DOEN HET MET DIE TEMA VAN "LEWE", of soos in die geval van bg. skrifte, "EWIGE LEWE".  

Vgl. gerus hierdie ook met die tema van  "OPSTANDING TOT LEWE" en skrifte waarin die woorde "ewige lewe" voorkom:
-(Dan 12:2) - "En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik").
-(Mat 25:46) - "En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe".
-(1Jn 2:25)  En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe". 
-(Mat 19:16)  "En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê"?
-(Joh 3:16)  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (Joh 3:17)  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
-(Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
-(Joh 12:25)  Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
-(Joh 17:2)  soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. (Joh 17:3)  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
-(Joh 12:50)  En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
-(Rom 6:23)  Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
-(Jud 1:21)  en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------