Wys tans plasings met die etiket vrug tot ewige lewe. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vrug tot ewige lewe. Wys alle plasings

Vrydag 13 Mei 2016

In Sy rus ingaan

IN HIERDIE BLOGPOST KYK ONS NA WAT DIT BETEKEN OM "in Sy rus in te gaan".  

-  Die ongehoorsames sal nie in Sy rus ingaan nie (Hebr. 3:18).
-  Selfs die wat deel is van God se volk, maar Hom nie aanbid en gehoorsaam nie, sal ook nie ingaan in Sy rus nie (Ps. 95:11).
-  "Om in Sy rus in te gaan" verwys natuurlik ook deels na die teenwoordige (vir die wat in Hom glo), maar is veral toekomstig.
_________________________________________________________________________________
(1)  WANNEER ONS KYK NA SEKERE OU TESTAMENTIESE SKRIFTE, DAN WORD DIT DUIDELIK DAT DIE VOLK VAN GOD EERS WERKLIK IN TOTALE RUS SAL VERKEER WANNEER HULLE IN HUL LAND GEVESTIG IS EN AL HULLE VYANDE VERWOES IS.
- (Isa 14:3)  "En op die dag as die HERE jou rus gee van jou smart en van jou onrus en van die harde diensbaarheid waarmee hulle jou laat dien het".
Die wat Sy rus ingaan, is m.a.w. ook die wat Sy koninkryk beerwe.
- Jesus Christus se ewige koninkryk, wat begin met die 1000 jaar, en Sy heerskappy vanuit Jerusalem (en Sy heilige berg), word in Jes. 11 voorgestel  as 'n "RUSPLEK" (Jes. 11:9,10).

(2)  Hierdie selfde spraak was ook gebruik in ander O.T. skrifte:
-  om hulle plek in te neem in die beloofde land, is gesien soos om "tot rus" te kom, ook "rus van vyande" (Deut. 3:20; 12:10; 25:19; Jos. 1:15; 22:4; 23:1; Rig. 3:11; 2 Sam. 7:11...)(vgl. ook met Deut. 28:65)
-  Vgl. ons dit met Neh. 9:28 sien ons dat die rus weggeneem was wanneer die volk in sonde verval het. 
Op dieselfde wyse gee die Here Jesus rus vir Sy kinders, maar hierdie rus kan weggeneem word waar 'n Christen in sonde verval! (m.a.w. waar kinders van die Here hulle harte verhard soos baie van die volk in die woestyn...).

(3)  Christus het self ook verwys na hoe almal wat vermoeid en belas is en na Hom toe kom, Hy hulle rus sal gee (Matt. 11:28);  en Hy het gevra dat ons Sy juk moet opneem en van Hom moet leer want dan sal ons rus kry vir ons siele (Matt. 11:29)...

(4)  Om in "rus in te gaan" kan ook verwys na "doodgaan" (Eccl. 8:10).  OM IN SY RUS IN TE GAAN VERWYS ook DEELS NA HOE ONS DOODGAAN VIR DIE WET MAAR LEWE VIR DIE HERE. Hierdie word veral in vele N.T. skrifte verder verduidelik.  MAAR OM IN SY RUS IN TE GAAN VERWYS OOK NA DIE TOEKOMSTIGE "INGAAN IN SY KONINKRYK" (m.a.w. "om die koninkryk te beerwe"), en Christene word veral gewaarsku in verskeie N.T. skrifte (sien onder) van hoe hulle nie hulle harte moet verhard soos baie in die woestyn ( in sonde verval en ongeloof ) nie.  Vgl. dit ook met bg. Neh. 9:28 wat 'n vb. is van die volk wat rus verkry maar dit word weggeneem wanneer hulle in sonde verval.

(5)  Om in Sy rus in te gaan word verder vgl. met 'n "sabbatsrus" - soos God 6 dae gewerk het en op die sewende gerus het (die sabbat), so sal ons rus van ons werke wanneer ons ingaan in die koninkryk van God.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Heb 4:9)  Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God;

(Heb 4:10)  want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
IN HIERDIE onderstaande skrifgedeelte VERWYS "in rus ingaan" NA "DOODGAAN":

(Ecc 8:9)  Dit alles het ek gesien deurdat ek my hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word, in ‘n tyd waarin die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.
(Ecc 8:10)  So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.
(Ecc 8:11)  Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen;
(Ecc 8:12)  aangesien ‘n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe—alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, omdat hulle voor sy aangesig vrees,
(Ecc 8:13)  en dit nie goed sal gaan met die goddelose, en hy die dae nie sal verleng soos ‘n skaduwee nie, omdat hy voor die aangesig van God nie vrees nie.
(Ecc 8:14)  Dit is ‘n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.

"Om dood te gaan" is 'n tipe van "in rus ingaan" - meer spesifiek "rus van werke", maar in 'n letterlike konteks.  Figuurlik gesproke gaan die persoon wat tot bekering en geloof kom, ook dood t.o.v. die werke van die wet - VGL. HIERDIE MET ANDER SKRIFTE  (vgl. dit ook met Hebr. 4:9,10) "om in rus in te gaan, het te doen met "rus van werke" / om "in Sy rus in te gaan, het ook te doen met rus van werke...".  Die persoon wat nooit in Sy rus ingaan nie, se naam sal nie onthou word nie;  hulle nagedagtenis word vergeet;  die naam van die goddelose vergaan. Die wat deel is van die volk van God, maar ongehoorsaam, sal onder die vloek van die wet val en sy naam sal uitgedelg word...(Deut. 29:20).
(Ecc 2:16)  Want daar sal op die duur net so min gedagtenis wees van die wyse as van die dwaas, omdat in die dae wat kom, alles lankal vergeet is; en hoe sterf die wyse net soos die dwaas!

(Ecc 9:5)  Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.

(Psa 31:12)  (31:13) Ek is vergeet uit die hart, soos ‘n dooie; ek het geword soos ‘n ding wat lê en vergaan.

(Jer 17:13)  o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat.

(Heb 10:38)  Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.

(Pro 10:7)  Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.  Die onregverdige se werke sal nie onthou word nie, maar die regverdige se werke sal wel onthou word, want die regverdige werk vir die Here self.  Die regverdige is geroep om vrug te dra (vir die Here / deur Sy Gees) - "VRUG tot ewige lewe" (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html)- werke wat ONTHOU sal word - werke wat vir iemand die ewige lewe gee (nie gehoorsaamheid aan die wet nie, maar gehoorsaamheid aan die Here).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In hierdie onderstaande skrifgedeelte word die volk van God opgeroep om eer te gee aan hulle Skepper, om Hom te aanbid en voor Hom neer te buig, maar hulle word gewaarsku dat hulle nie hulle harte moet verhard soos baie van die volk in die woestyn gedoen het nie, wie verder beskryf word as die met dwalende harte wat, alhoewel hulle die Here se werke gesien het, nie Sy wee geken het nie  -  van hulle het Hy gesweer DAT HULLE WAARLIK NIE IN SY RUS SAL INGAAN NIE!  (Num. 14; 32...).

(Psa 95:8)  Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;
(Psa 95:9)  waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.
(Psa 95:10)  Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;
(Psa 95:11)  sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In hierdie gedeelte word ook gepraat van die wat die Here versoek - van hulle word gese dat hulle nie in Sy rus sal ingaan nie.  En l.w. dat hier gepraat word met die kerk, met die volk van God!  Hierdie is 'n waarskuwing. (Lees gerus in konteks).(Heb 3:12,13: - "Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie").


(Heb 3:11)  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.


(Heb 3:18)  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Hierdie gedeelte is in konteks met Hebr. 3.  Dit word vir ons verduidelik wat dit beteken om in Sy rus in te gaan.
-  Om "in rus in te gaan" (soos in die geval van "om dood te gaan") is "om te rus van werke" (kyk konteks Eccl. 8).
-  Om "in Sy rus in te gaan" gaan ook oor om te rus van werke, maar meer spes. "om te rus van die werke van die wet" (dien nie meer die wet nie). Die wat die wet onderhou verkry die beloftes, maar die wat dit nie onderhou nie, val onder die vloek van die wet.   Geen werk wat die mens probeer doen kan hom saligheid gee nie, want niemand kan die wet ten volle onderhou nie (Jak. 2:10);  dit veroorsaak dat almal wat nie die wet onderhou nie, onder die vloek van die wet val.   Hierdie onderhouding van die wet is WERKE wat op die ou end vir niemand saligheid kan bewerkstellig nie want almal verval onder die vloek van die wet (omdat hulle dit nie volkome kan gehoorsaam nie). Om nou egter in Sy rus in te gaan, is om DOOD TE GAAN VIR DIE WET en daarom te rus van die werke van die wet - MAAR DIT BETEKEN NIE DAT DAAR GEEN GEHOORSAAMHEID VERWAG WORD NIE!, want waar ons vroeer gehoorsaam was aan die wet is ons nou gehoorsaam aan 'n Ander. Dit beteken ook nie dat die wet tot niet is nie, want almal word deur die wet geoordeel;  en inteendeel het die wet 'n sterker betekenis gekry in die Nuwe Testament!  Waar gehoorsaamheid aan die wet vroeer bepaal het wie deel sal wees van die volk wat in Sy koninkryk sal ingaan, word gehoorsaamheid aan Jesus Christus nou vereis (EN NATUURLIK GEHOORSAAMHEID AAN SY WOORDE!).  Die wat in Hom glo, word saam met Hom begrawe in Sy dood (gaan dood vir die wet) en word saam met Hom opgewek tot 'n nuwe lewe (gehoorsaamheid aan Hom).

 As 'n Christen hom egter deur die sonde laat verlei, dan is hy besig om die Here te versoek - so iemand se hart is verhard en dit wys op ongeloof (kyk ook Tit. 1:16 en 3:3). Wanneer die gelowige sy hoop in die Here Jesus Christus plaas OM HOM GEHOORSAAM TE WEES (plaas nie hoop in wet nie), dan gaan hy dood vir die sonde en wil nie die sonde dien nie, maar wil gehoorsaam wees aan die Here (wat wys op geloof). 

(Heb 4:9)  Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God;

(Heb 4:10)  want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

(Heb 4:11)  Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.
(Heb 4:12)  Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
(Heb 4:13)  En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.
(Heb 4:14)  Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
(Heb 4:15)  Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
(Heb 4:16)  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Maandag 06 Oktober 2014

BYBELSTUDIE GIDSE

Op die Ware Christene blog is ook nou 'n link vir 
"Bybelstudie gidse":

-  Die vrug tot Ewige Lewe:  http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html 

-  Die Waarheid:  http://warechristene.blogspot.co.nz/p/die-waarheid.html


========================================================================

KLIK HIER VIR VERKORTE OPSOMMINGS VAN HIERDIE GIDSE: