Wys tans plasings met die etiket saambly. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket saambly. Wys alle plasings

Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (2)

========================================================================

OPSOMMING: 
(Rol af vir skrifte, onder)(l.w. dat hier veral met GELOWIGES gepraat word)

(1)  "TROU":

-Die woord TROU verwys na 'n verbintenis tussen 'n man en 'n vrou (soos Adam en Eva, ja!)(Gen. 2:24, Matt. 19:5, 1 Kor. 6:16).

-Dit kan nie verwys na 'n verbintenis tussen 'n man en man, of 'n vrou en vrou nie, want homoseksualisme is 'n sonde en kan daarom nooit toegelaat word nie, want sonde kan nie vervul word soos ander wette nie (m.a.w., sonde kan nie vandag verkeerd wees en more reg wees nie!)(Rom. 1:18-27, Lev. 18:22...).

- Vir 'n Christen, is dit sonde om meer as een huweliksmaat te he, omdat ons spesifiek beveel word dat 'n man slegs een vrou mag he, en 'n vrou slegs een man.  Alhoewel dit toegelaat was dat 'n man meer as een vrou kon he in die Ou Testament, is dit ook duidelik dat dit nooit God se oorspronklike bedoeling was nie.  En l.w. dat dit is a.g.v. hoerery (a.g.v. sonde) wat dit nie toelaatbaar is nie - om daardie rede skryf Paulus dat 'n man slegs een vrou mag he, en 'n vrou slegs een man. (kyk ook opsomming, onder).

-Die woord TROU verwys NIE na 'n verbintenis tussen geskeides wat weer trou (met ander maats) nie! (tensy natuurlik in die geval van 'n weduwee of wewenaar, maar let wel dat daar ook spes. vir hulle opdrag gegee word dat hulle nie met geskeides mag trou nie). Alhoewel dit in die wereld toegelaat word en hanteer word soos 'n huwelik wanneer geskeides weer trou, is dit nie die wil van die Here nie.  In so 'n "wereldse huwelik" is hulle volgens die skrif, nie regtig getroud nie, maar leef in sonde terwyl hulle getroud is, en staan dan as hoereerders bekend.  Daar is heelwat geskrifte wat bewys dat die eerste gemeentes geglo het dat geskeides glad nie weer mag trou nie, en Jesus het dit ook duidelik gemaak.  In sulke gevalle (waar twee geskeides getrou het met ander maats), was dit van hulle verwag om te skei van mekaar - dit sou dan nie sonde wees "om te skei" nie, want eintlik is hulle nie werklik "getroud" nie (omdat nog in huwelikverbond met vorige maat/s), en leef hulle in sonde solank hulle getroud is... (Mark. 10:9, Rom. 7:2, 1 Kor. 5:1,2...).(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.


 -  'n Man is gebind aan sy vrou, en so 'n vrou aan haar man, solank die ander nog lewe.  Dit is waarom die geskeide nie weer mag trou nie, en waarom iemand ook nie 'n geskeide mag trou nie.  Eers wanneer die een doodgaan, is die ander een weer vry om te trou (maar dan mag hy/sy natuurlik ook nie met 'n geskeide trou nie). (Rom. 7:2...).

 Volgens Paulus is dit beter om ongetroud te bly, maar wanneer twee ongetroudes (waarvan nie een van hulle geskei is nie) van begeerte brand, moet hulle liewer trou (sodat hulle nie hoereer nie).  Dit is dus verkeerd vir twee verliefdes om saam te bly in 'n seksverhouding sonder dat hulle in die huwelik verbind is.  In die O.T. was dit ook verwag dat 'n man met 'n vrou trou as hy met haar seks gehad het buite die huwelik - Deut. 22:28,29 (behalwe natuurlik in die geval van verkragting - in so 'n geval moes die verkragter doodgemaak word - Deut. 22:25). Dit is moeiliker vir die GETROUDE om die Here as Eerste Liefde te behaag, en selfs getroudes moet leef asof hulle ongetroud is (1 Kor. 7:29-35);  -ja, getroudes moet mekaar behaag en liefhe, en ja, dien ook mekaar, maar die Here moet steeds hulle eerste Liefde wees!

-  Gelowiges gaan nie trou in die hiernamaals nie. (Matt. 22:30, Mark. 12:25, Luk. 20:34).

-  Sommige mense is onbekwaam om te trou.  (Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------



------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SKRIFGEDEELTES:
==================================
(Mar 10:4)  En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei.

(Mar 10:5)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,

(Mar 10:6)  maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.

(Mar 10:7)  Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,

(Mar 10:8)  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.

(Mar 10:9)  Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

(Mar 10:10)  En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.

(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;

(Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Eks. 22:16)  As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
(Eks. 22:17)  As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 7:1)  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.
(Rom 7:4)  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
(Rom 7:5)  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
(Rom 7:7)  Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
(Rom 7:8)  Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.
(Rom 7:9)  En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WANNEER 'N GESKEIDE WEER TROU, WORD DIT NIE AS "TROU" GESIEN NIE, MAAR SOOS "HOERERY".  DAAROM, WANNEER TWEE MENSE "WEER" TROU, EN EEN VAN HULLE, OF ALBEI SE LEWENSMAATS NOG IN DIE LEWE IS, DAN IS DIT NIE SONDE VIR HULLE OM "TE SKEI" NIE, WANT EINTLIK LEEF HULLE IN SONDE TERWYL HULLE "GETROUD" IS;  INTEENDEEL, IN SO 'N GEVAL WORD DAAR VERWAG DAT HULLE MOET SKEI, WANT SOLANK HULLE SAAMBLY (hetsy in 'n seksverhouding of "getroud), LEEF HULLE IN SONDE EN IS HOEREERDERS.

(1Co 5:1)  ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
(1Co 5:2)  En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.

-  kyk ook die vb. van hoe Johannes die Doper vir Herodus vermaan het, en vir hom gese het dat dit hom nie geoorloof is om sy broer se vrou te he nie...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 7:1)  Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie.
(1Co 7:2)  Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
(1Co 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.
(1Co 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
(1Co 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
(1Co 7:6)  Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.
(1Co 7:7)  Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.
(1Co 7:8)  Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;
(1Co 7:9)  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.
(1Co 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie;
(1Co 7:11)  en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.
(1Co 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;
(1Co 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
(1Co 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
(1Co 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
(1Co 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?
(1Co 7:17)  Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.
(1Co 7:18)  Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie.
(1Co 7:19)  Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.
(1Co 7:20)  Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.
(1Co 7:21)  Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
(1Co 7:22)  Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus.
(1Co 7:23)  Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.
(1Co 7:24)  Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.
(1Co 7:25)  In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.
(1Co 7:26)  Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood—dat dit goed is vir ‘n mens om so te bly.
(1Co 7:27)  Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie.
(1Co 7:28)  Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.
(1Co 7:29)  Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie;
(1Co 7:30)  en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;
(1Co 7:31)  en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.
(1Co 7:32)  En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,
(1Co 7:33)  maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.
(1Co 7:34)  Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
(1Co 7:35)  Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ‘n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.
(1Co 7:36)  Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
(1Co 7:37)  Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
(1Co 7:38)  Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.
(1Co 7:39)  ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.
(1Co 7:40)  Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 16:17)  Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.