Wys tans plasings met die etiket oordeel van die hel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket oordeel van die hel. Wys alle plasings

Saterdag 20 Februarie 2016

Die Skepping (7)

Vir die ander dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
-  TWEEDE DEEL (opdeling en uitleg van skepping): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-2.html

-  DERDE DEEL (aan/langs/bo uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-3.html

-  VIERDE DEEL(die hemel daarbo/hoogste hemel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-4.html

-  VYFDE DEEL (verskillende elemente v/d hemel en uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-5.html

-  SESDE DEEL (Jesus Christus se mag op hemel en aarde): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-6.html

-  SEWENDE DEEL (dit wat onder die aarde is): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-7.html
_________________________________________________________________________________

IN HIERDIE GEDEELTE GAAN ONS KYK NA DIT WAT "ONDER DIE AARDE" IS.

Ons gaan dus kyk na die begrippe 
"onderwereld / onderste plekke van die aarde / die kuil / die doderyk" 
- dit is verwysend na 'N PLEK (onder die aarde) - hierdie plek word ook "hel" genoem in sekere skrifte. Wanneer die wat hier beland in die poel van vuur gewerp word, dan verkry hulle die straf van die tweede dood (Openb. 20:14).  Ander woorde wat vir "poel van vuur" gebruik word, is ewige straf, ewige vuur of oordeel van die hel (ewige oordeel). Die wat onder hierdie oordeel sal val, is die vreesagtiges, ongelowiges, gruwelikes, moordenaars, hoereerders, towenaars, afgodedienaars, leuenaars, die wat teen die Heilige Gees gelaster het, die bokke, die wat nie vir God ken nie, die wat ongehoorsaam is aan die evangelie van Jesus Christus, die goddelose, die wat agter vreemde vlees aanloop, die spotters, murmureerders, die wat volgens eie begeerlikhede wandel, trotsaards, onbarmhartiges, sondaars, die wie se name nie in die boek van die lewe. 
 Slegs die wie se sondes vergewe is, die gelowiges, die wat oorwin, die wat deel het aan die eerste opstanding, die wat in Jesus Christus se woorde glo, die regverdiges, sal nie onder hierdie ewige oordeel val nie. 

Geleerdes deel die onderwereld op in verskillende dele. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-3.html
Volgens sekere skrifte wil dit lyk of mense wat na die doderyk (hel) gaan, nie onmiddellik in die poel van vuur gegooi word nie, maar na verskillende plekke in die doderyk (of onderwereld, of onderste plekke vd aarde, of die kuil) gaan waar hulle wag vir die oordeel van die groot dag (vgl. dit met Openb. 20:11-15 - WIT TROON OORDEEL) - as hulle onder die "oordeel van die hel" val, dan word hulle in die poel van vuur gegooi. Petrus praat bv. van die engele wat gesondig het, hoe hulle nie gespaar is nie, maar in die hel gewerp is en aan kettings van duisternis oorgegee is OM VIR DIE OORDEEL IN BEWARING GEHOU TE WORD (2 Pet. 2:4). Die boek van Judas verwys ook hierna, na hoe hierdie betrokke engele onder die duisternis bewaar word VIR DIE OORDEEL VAN DIE GROOT DAG (Jud. 1:6). Jesus se wederkoms sal ook gepaardgaan met OORDEEL (wat natuurlik nie verwar moet word met die wit troon oordeel nie), en Hy sal oordeel tussen skape en skape: 
- tussen skape (barmhartiges) en bokke (onbarmhartiges),
- tussen koring (die ware gelowiges) en onkruid (die valse gelowiges), en
- tussen koring (die wat vrug dra) en kaf (die wat slegte of geen vrug dra nie). Hy sal ook gerig hou oor almal, oor die goddelose, en oor die wat harde woorde gespreek het teen Hom (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-1.html).

(Hand. 10:42)  "En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy (die Here Jesus Christus) is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode".
_______________________________________________________________ (Vir 'n studie oor "ewige oordeel" of "tweede dood", gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html).

_________________________________________________________________________________
ONS HET GESIEN IN DIE VORIGE BLOGPOSTS DAT DIE SKEPPING BESTAAN UIT:

- DIE AARDE (dit wat OP die aarde is, en dit wat ONDER die aarde is); en
- DIE HEMEL (die uitspansel:  dit wat LANGS die hemel is - waar die voels vlieg;  en dit wat AAN die hemel is - die ligte: son, maan en sterre).

- en dan die HOOGSTE HEMEL (waar God woon).
Ons het reeds baie gesels oor die hemel en geraak aan dit op die aarde, maar nou gaan ons bietjie stilstaan by skrifte wat handel oor DIT WAT ONDER DIE AARDE IS.
(Daar is dele onder die aarde en daar is ook water onder die aarde: -(Eks. 20:4 - "Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie")).
_________________________________________________________________________________
Onder die aarde / Onderste plekke van die aarde:

VERSKILLENDE WOORDE WORD GEBRUIK VIR HIERDIE "ONDERSTE PLEKKE VAN DIE AARDE" wat spesifiek verwys na die plek waar die goddeloses, ongehoorsames en ongelowiges gaan. Volgens Eseg. 31:14 verwys "die dood", of "om te gaan na die onderste van die aarde", of  "om na die kuil neer te daal" alles na dieselfde plek.  Verskillende woorde word dus gebruik, maar dit is dieselfde plek (alhoewel dit ook lyk volgens verskillende skrifte asof hierdie plek in verskillende dele opgedeel is.

 -(Eseg. 31:14 - "sodat al die bome wat by water staan, nie hoog sou groei en hulle top nie sou verhef tussen die wolke nie, en hulle magtiges nie sou gaan staan in hulle hoogheid, almal wat water drink nie! Want hulle is almal oorgegee aan die dood om te gaan na die onderste van die aarde, onder die mensekinders, na die wat in die kuil neerdaal"). IN ANDER WOORDE, "as iemand oorgegee word aan die dood", dan beteken dit die volgende:
-  hy gaan na die onderste van die aarde;
-  hy gaan na die wat in die kuil neerdaal.

Kom ons kyk na die betekenis van die woord "kuil" in hierdie skrifte:
- (Job 33:18 - "sodat Hy sy siel kan red uit die kuil (die Hebr. woord "shakh'-ath"
From H7743; a pit (especially as a trap); figuratively destruction: - corruption, destruction, ditch, grave, pit); en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie").
KOM ONS KYK NA NOG 'N PAAR SKRIFTE WAAR DIESELFDE WOORD GEBRUIK WORD (en kyk ook hoe dit vgl. word met 'n kuil):
-(Job 33:22)  Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.
-(Job 33:24)  en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het ‘n losprys gevind—
-(Job 33:28)  Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.
-(Job 33:30)  om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
-(Psa 9:15)  (9:16) Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het. - BEELDSPRAAK, MAAR OOK VERGELYKING
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Psa 9:17)  (9:18) "Die goddelose sal teruggaan na die doderyk ( שׁאל    שׁאול
she'ôl  she'ôl
sheh-ole', sheh-ole'
From H7592; hades or the world of the dead (as if a subterranian retreat), including its accessories and inmates: - grave, hell, pit.
 ), al die heidene wat God vergeet".
_________________________________________________________________________________

Nog skrifte:

(Psa 30:3)  (30:4) HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.

(Pro 1:12)  laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal;

van koning van Tirus: (Eze 28:8)  In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.

(Jon 2:5)  Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.
(Jon 2:6)  Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!

-(Eze 32:18)  Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal (hy met die dogters van geweldige nasies) in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil (בּור, bôr, bore, From H952 (in the sense of H877); a pit hole (especially one used as a cistern or prison): - cistern, dungeon, fountain, pit, well) neergedaal het.

-(Psa 28:1)  ‘n Psalm van Dawid. Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.
-(Psa 30:3)  (30:4) HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.
-(Psa 30:9)  (30:10) Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?
-(Psa 88:4)  (88:5) Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag,
-(Psa 88:5)  (88:6) vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lêaan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.
-(Psa 88:6)  (88:7) U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.
-(Pro 1:12)  laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal;

-(Isa 24:21)  En in dié dag sal die HERE besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde;
(Isa 24:22)  en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in ‘n kuil en bewaar word in ‘n kerker; maar ná baie dae sal daar op hulle ag gegee word.

(Isa 38:18)  Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.

-(Eze 26:20)  dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.

-(Eze 31:16)  Deur die geluid van sy val het Ek die nasies laat bewe, toe Ek hom na die doderyk laat neerdaal het saam met die wat in die kuil neerdaal; en al die bome van Eden, die uitgesoektes en bestes van die Líbanon, almal waterdrinkers, het hulleself getroos in die onderste van die aarde.

-(Eze 32:18)  Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal (hy met die dogters van geweldige nasies) in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil neergedaal het.

-van Assur se menigte: (Eze 32:23)  wie se grafte gemaak is in die uithoeke van die kuil, en sy menigte is rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes.

-Elam en sy menigte: (Eze 32:25)  Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom ‘n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat skrik voor hulle versprei is in die land van die lewendes; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê.

-Edom, sy konings en al sy vorste: (Eze 32:29)  Daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het.

-(Eze 32:30)  Daar is die vorste van die Noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs wat neergedaal het saam met die wat verslaan is, en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid; en nou lê hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.
_________________________________________________________________________________

(Job 26:5)  Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
(Job 26:6)  Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie—
(Job 26:7)  voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ‘n niks;
(Job 26:8)  wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
(Job 26:9)  wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
(Job 26:10)  Hy het ‘n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.