Wys tans plasings met die etiket nuwe of ou laslap. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket nuwe of ou laslap. Wys alle plasings

Saterdag 23 Januarie 2016

Nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word

(Mar 2:22)  En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In hierdie blogpost gaan ons kyk na die betekenis van bg. stelling.  Wat het Jesus nou eintlik hiermee bedoel?
_________________________________________________________________________________
Ten eerste moet ons gaan kyk na die konteks van die betrokke skrif, en ook na enige kruisverwysings.  Iets wat duidelik is in sowel Mattheus, Markus en Lukas se weergawes hiervan, is dat dit hier in konteks gegaan het oor "vas". Daarom sal ons natuurlik ook na die tema van vas moet gaan kyk om beter te verstaan wat Jesus hier bedoel het (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/om-te-vas.html).

Opsomming:

In hierdie studie sal dit duidelik word dat hierdie tema baie te doen het met die manier "hoe die Here SIEN", en hoe ons ons moet bekeer tot die manier hoe Hy sien. Dit is ook veral waarna die woord "bekering" verwys het toe Jesus (en Johannes die doper) mense opgeroep het tot bekering.  Jesus se leerstellings het baie hieroor gegaan, oor hoe ons moet HOOR.  Die "ou leersak" is daardie persoon wat nog sien soos die ou verbond of daardie persoon wat hom nie bekeer tot die Here of Sy woorde glo nie. Die "nuwe leersak" is daardie een wat sien soos die nuwe verbond en het hom bekeer van die manier hoe hy sien en begeer om te sien soos die Here sien.
(Matt. 13:13-17).
En dit dan ook waaroor "om te vas" gaan, is om die Here te raadpleeg omdat Hy ons uitkoms bepaal,  en Sy woorde (wysheid en kennis) te soek. Terwyl die Bruidegom (Jesus Christus) teenwoordig was, het Hy hierdie woorde van die Vader aan hulle verkondig, en daarom het Sy dissipels nie nodig gehad om te vas terwyl Hy nog by hulle was nie (want hulle het die wyn, wysheid en kennis, by Homself gekry en hulle kon dit enige oomblik van Hom vra), maar toe Hy weggaan het Hy ons nie heeltemal alleen gelaat nie, maar vir ons die Trooster (die Gees) gestuur om vir ons te lei en te leer en te oortuig. Sommige Christene dink dat as hulle die Heilige Gees het, hulle glad nie hoef te vas nie, maar Christus het dit duidelik gemaak dat ons (wat wel die Heilige Gees het) nodig het om te vas terwyl Hy weg is... Om te vas is soos om die nuwe leersak (die persoon wat wedergebore is) te vul met nuwe wyn (met die Here se woorde - Sy wysheid en kennis). 

Die ou leersak soek die ou wyn (die kennis en wysheid van die ou verbond) en begeer nie die nuwe wyn nie , en sou hy in elk geval die nuwe wyn (kennis en wysheid van die nuwe verbond) ontvang, sal dit nie hou as hy dit in die ou leersak gooi nie.  HIER SIEN ONS DUS DIE BELANGRIKHEID VAN BEKERING - A.G.V. DIE FEIT DAT SOMMIGE CHRISTELIKE KERKE NIE MEER BEKERING PREEK NIE, IS DAAR HEELWAT GELOWIGES WAT DIE NUWE WYN ONTVANG, MAAR NIE HOU NIE... (l.w. dat "nuwe wyn" nie na die Heilige Gees verwys nie, maar na die "kennis en wysheid").  As iemand "wat tot bekering kom" bv. weier om sondes af te le of steeds "sien soos hyself sien", dan begeer hy nie regtig die wil van die Here nie;  m.a.w. hy wil nog nie SIEN SOOS DIE HERE SIEN nie (maar glo wat hyself sien as "waarheid"). Hy begeer nie die nuwe verbond se wysheid en kennis nie. Hy is nog 'n ou leersak en nuwe wyn in so 'n ou leersak sal nie hou nie (want nuwe wyn laat ou sakke bars - die wyn loop uit en die sakke vergaan...).  Hy sal ook nie die nuwe wyn regtig soek nie, want die oue smaak vir hom beter! VGL. DIT GERUS MET DIE GELYKENIS VAN DIE SAAIER WAARIN DIE KLEM VERAL LE OP "HOE IEMAND HOOR" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html).   Om nuwe wyn te hou, moet jy 'n nuwe leersak wees...

Die nuwe leersak (die wat deur die waterdoop is en gevul is met die Gees) soek die nuwe wyn (die wysheid en kennis van die nuwe verbond), en word onderrig deur die Gees - hulle treur wel omdat die Bruidegom weggegaan het, maar het die Trooster deur wie hulle gelei en geleer word in die waarheid). Hulle is die "hoorders" !, die wat ag gee op die waarheid.  En hulle het die "vas" nodig sodat hulle gevul kan word met "nuwe wyn". Nuwe leersakke weet nie alles nie, maar het 'n begeerte om te leer.  Hulle wil graag "sien soos die Here sien" en die manier hoe hulle "self sien", kruisig. Geen Christen is altyd so ingestel dat hy presies weet wat die Gees se nie en omstandighede en die wereldse dinge veroorsaak dat ons nie altyd luister nie.  Dit is maar net so dat die Christen wat 'n gewoonte het om te vas,  baie meer seker is van waarin die Here hom lei en kan beter gebruik word in Sy gawes en bedieninge. So iemand "hoor" beter van die Here en het meer sekerheid van wat die Here se wil is en wat die waarheid is.  Die wat nie so gereeld vas nie word darem gevoed deur die wat die woord bedien (en word natuurlik ook geleer deur die Gees), maar kan ook maklik 'n valse leerstelling aanvaar of predikers kies wat hulle in die gehoor streel omdat hulle self nie noodwendig ingestel is op die Gees se of seker is van wat die waarheid is en wat nie. Christene wat egter vas, verstaan die Skrif beter en word deur die Gees self geleer (en hulle is seker van wat die wil van die Here is). Ek het dit ook in my eie lewe gesien dat die tye wat ek nie gereeld gevas het nie die tye was wat ek baiemaal onseker was van wat die waarheid is of wat die wil van die Here is - en ek weet dat dit ook die getuienis is van baie ander. Tye wat ek nie gevas het nie, was ook die tye waarin ek minder gebruik was in gawes en bedieninge omdat ek nie so ingestel was op dit waarin die Gees my lei nie. En dit beteken nie dat ek in daardie tye nie die NUWE WYN (wysheid en kennis) begeer het nie, maar dat ek net nie gevas het nie en a.g.daarvan nie die nuwe wyn gekry het nie! Nuwe leersakke soek nuwe wyn, maar hulle (die wedergeborenes - gedooptes en die wat die Gees ontvang het) het die "vas" nodig sodat hulle hierdie wyn (wysheid en kennis) kan kry.

Ons sien bv. hoe gereeld die eerste Christene gevas het!  (Hand. 13:2; 14:23; 1 Kor. 7:5.......) - hulle het die Here in alles geraadpleeg. Ons moet dalk twee keer dink voor ons besluit dat "om te vas" is slegs opsioneel... 
_________________________________________________________________________________

KOM ONS BESTUDEER VINNIG DIE 3 BETROKKE SKRIFGEDEELTES van hierdie onderwerp:

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
MATTHEUS: 

(Mat 9:14)  Daarna kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie?

(Mat 9:15)  En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.

(Mat 9:16)  En niemand sit ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom ‘n erger skeur.

(Mat 9:17)  ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
MARKUS:

(Mar 2:18)  En die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?

(Mar 2:19)  En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.

(Mar 2:20)  Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.

(Mar 2:21)  En niemand werk ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom ‘n erger skeur.

(Mar 2:22)  En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LUKAS:

(Luk 5:33)  Toe sê hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook dié van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink?

(Luk 5:34)  En Hy sê vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is?

(Luk 5:35)  Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae.

(Luk 5:36)  En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel: Niemand sit ‘n lap van ‘n nuwe kleed op ‘n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie.

(Luk 5:37)  En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.

(Luk 5:38)  Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou.

(Luk 5:39)  En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is beter.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Opsomming (bg. 3 skrifgedeeltes):
(1)  Daar is geen rede waarom vas nodig is solank die bruidegom by hulle is nie. 
(l.w., Jesus Christus is die bruidegom)(Joh. 3:28,29)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/die-bruilof-van-die-lam-die-maaltyd.html).
(2)  Wanneer die bruigom van hulle weggeneem word, DAN SAL HULLE VAS!
(3)  Jesus vergelyk "vas" met 3 dinge: 
       - (1)  TREUR (Matt. 9:15)
       - (2)  om 'n (NUWE of ou) "LASLAP" te kry (Matt. 9:16; Mark. 2:21; Luk. 5:36)
       - (3)  om (NUWE of ou) "WYN" te kry (Matt. 9:17; Mark. 2:22; Luk. 5:37-39)
"Om te vas" is nie die "wyn of die laslap" nie, maar is die manier hoe die lap opgesit word of die wyn ingegooi word;  die vraag is nou of dit 'n nuwe lap is of 'n ou lap?  Of nuwe wyn of ou wyn? En is dit ou leersakke of nuwe leersakke?  Of ou lap of nuwe lap?

In bg. skrifte stel Hy die wat op daardie stadium vas (terwyl die bruidegom nog by hulle is), soos "ou lap" of  "ou leersakke" voor, en hulle soek nie regtig na die "nuwe wyn" nie (Luk. 5:39) - en as hulle wel daarna soek en nuwe wyn in ou leersakke gegooi word, sal die ou leersakke sowel die wyn vergaan! As hulle van die nuwe wyn wil he, dan moet hulle liewer eers nuwe leersakke wees.

ROL AF OM TE SIEN DIE BETEKENIS VAN "wyn" EN "nuwe leersakke.
_________________________________________________________________________________
Jesus maak dit ook duidelik dat daar geen rede is waarom hulle moet vas solank die bruidegom by hulle is nie:

 Hoekom nie?  Want hulle is gelukkig omdat Hy by hulle is en vir hulle die wyn gee wat hulle nodig het.  Johannes die doper se doel was om die volk terug te roep na die Here en die pad gereed te maak vir die Een wat aan die kom was  - nl. Jesus Christus. Johannes die doper het getuig van Hom en vertel hoe hierdie Een hulle sou doop met die Heilige Gees (hulle m.a.w. "nuwe leersakke" maak), maar Johannes se dissipels het nog staatgemaak op "vas" vir meer wysheid en kennis terwyl die Een (wat die wysheid en kennis het) in hulle midde was! Hulle moes na Hom luister, maar hulle het apart gevas asof Hy nie daar is nie? Jesus Christus is die Een wat hulle kon verander in nuwe leersakke en hulle moes liewer onder Sy lering gaan sit en ag gee daarop as wat hulle "vas" om wysheid en kennis van God te ontvang asof Sy Seun nie in hulle midde was nie! Dit wys dat hulle siening van "hoe die wet vervul word" verkeerd was en kan vgl. word met die wat nog onder die ou verbond is en nie die nuwe wil aanneem nie.  Hulle maak meer staat op die wet as op die Gees! Die oue smaak vir hulle beter. (Gal 5:4 - " Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval"). Nuwe leersakke (die wat die Gees van God het) dien nie die wet nie, maar dien die Here - is m.a.w. nie gehoorsaam aan die wet nie, maar gehoorsaam aan die Here - daarom is die manier hoe hulle die wet vervul anders as die manier hoe die een wat die wet dien, dit vervul.  Jesus het vir ons kom wys "HOE DIE WET VERVUL WORD" en dat die hele wet en profete hang aan die eerste twee gebooie (Matt. 22:36-40). Om die Sabbat te onderhou en daar geen werk gedoen mag word op die Sabbat nie, beteken bv. nie dat daar geen barmhartigheid mag geskied nie omdat dit die Sabbat is nie! M.a.w., om te werk op die Sabbat omdat jy barmhartigheid bewys, is steeds vervulling van die Sabbat.  Dit moet nie slegs 'n wet wees wat nagekom word nie, maar hang aan die eerste twee gebooie en word so vervul.

_________________________________________________________________

-"Leersak" verwys na iemand se binneste:  ROL AF OM DIE BEGRIP VAN "LEERSAK" BETER TE VERSTAAN - Job. 31:2-19.  "Nuwe leersak" verwys dus na NUWE BINNESTE.

Kom ons kyk na die begrip van "nuwe", in die sin van "nuwe leersakke".  Die persoon wat tot wedergeboorte kom, word 'n NUWE mens in die Here en die waterdoop is ook o.a. 'n teken van hierdie doodgaan van die ou mens en opstading van die nuwe.  Die tweede deel van die wedergeboorte is die ontvang van die Heilige Gees.  Die wedergeborene is soos 'n NUWE LEERSAK wat die Gees van God ontvang het en wie deur "vas" nuwe wyn (wysheid en kennis - Job 32:2-19 - rol af vir skrifte) van die Gees ontvang (wat dus in nuwe leersakke gegooi word).

- (Jer 31:31)  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;
(Jer 31:32)  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.
(Jer 31:33)  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

(Mat 13:52)  Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ‘n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.

(Mat 26:27)  Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.
(Mat 26:28)  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
(Mat 26:29)  Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.

(Mar 1:27)  En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?

(Joh 13:34)  ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

(Rom 6:4)  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

(2Co 3:6)  wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.

(2Co 5:17)  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

(Eph 4:24)  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

(1Jn 2:7)  Broeders, dit is geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar ‘n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het.
(1Jn 2:8)  En tog skryf ek aan julle ‘n nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle, want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds.
(1Jn 2:9)  Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.
(1Jn 2:10)  Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie.


(Heb 8:13)  As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Wyn" kan na verskillende dinge verwys in die skrif - hieronder is 'n uiteensetting. Waar dit egter in vgl. gebruik word met "nuwe leersakke" verwys dit na KENNIS en WYSHEID afkomstig van die Gees:
(1) (Job 32:19)  "Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars".

KONTEKS:  (Job 32:2)  En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.(Job 32:4)  Maar Elíhu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.(Job 32:5)  Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.(Job 32:6)  En Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel...............(Job 32:8)  Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.(Job 32:9)  Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.(Job 32:10)  Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.

 IN HIERDIE GEVAL WORD "WYN" VOORGESTEL SOOS KENNIS EN WYSHEID - MAAR HY MAAK DIT OOK DUIDELIK DAT DIT DIE GEES VAN GOD IS WAT MENSE VERSTANDIG MAAK, NIE DIE OUDERDOM NIE!  EN HY STEL SY BINNESTE VOOR SOOS 'N NUWE LEERSAK

Dit is duidelik dat hierdie beeldspraak van wyn en nuwe leersakke nie onbekend was by die volk van God nie.  So, wat is "die wyn" (geestelik gesproke)?
- as ons dan deur "om te vas" hierdie wyn verkry, dan verstaan ons ook beter waaroor "vas" gaan en die belangrikheid daarvan en waarom Jesus ook gedink het dat ons NODIG sal he OM TE VAS wanneer Hy weggeneem is...  Om dit nog beter verstaan moet ons verstaan wat die bedoeling is van "om te vas".  Deels het vas te doen met die feit dat ons treur omdat die Bruidegom nie by ons is nie, maar die Here gee vir ons nuwe wyn deur Sy Gees:  (Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Wysheid en Kennis word nie verkry deur ouderdom nie, maar deur die Gees van God! (Job 32:9).

(Joh 16:5)  En nou gaan Ek (Jesus Christus "die Bruidegom") na Hom (die Vader) wat My gestuur het; en niemand van julle vra My: Waar gaan U heen nie?
(Joh 16:6)  Maar omdat Ek dit vir julle gesê het, het droefheid julle hart vervul.
(Joh 16:7)  Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
(Joh 16:8)  en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
(Joh 16:9)  van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;
(Joh 16:10)  en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;
(Joh 16:11)  en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

(Spr 31:6)  Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.
(Spr 31:7)  Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.

(Eph 5:18)  Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. - in hierdie skrifgedeelte word die teenstelling gegee vir dronk word van wyn, m.a.w. in plaas van om dronk te word van wyn, moet ons liewer die wyn van die Gees kry! In konteks gaan die skrif oor hoe Christene nie moet verval in sondes nie, want diesulkes sal nie ingaan in die koninkryk van God nie. Ons sou seker kon se dat hulle nie moet dronk word van dit wat die wereld bied nie, maar eerder moet dronk word van die Gees (dit wat die Gees vir ons bied).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) In hierdie geval verwys die wyn nie na soos bg. waar dit verwys na kennis en wysheid (nuwe wyn) wat deur die Gees verkry word nie, maar verwys na wyn wat deur die Here gegee word in Sy toornigheid, bv.(Psa 75:8)  (75:9) "Want in die hand van die HERE is ‘n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink".

(Psa 78:65)  Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos ‘n held wat oorweldig is deur die wyn;
(Psa 78:66)  en Hy het sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle ‘n ewige smaadheid aangedoen.


 (Psa 60:3)  (60:5) "U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink"
Watter wyn word gegee?  Of watter wyn is dit wat iemand drink of "laat drink" word? 
In hierdie geval verwys "wyn" na hoe God toornig was op die volk en hulle verstoot en harde dinge laat sien het - Hy het hulle nie gehelp teen hulle vyande nie, maar hulle bedwelmd laat maak met ander wyn.    

(3)  Hierdie geval verwys ook nie na die wyn waarvan ons lees soos in punt 1 nie, alhoewel dit ook verwys na kennis en wysheid, maar praat van kennis en wysheid wat nie op die waarheid gegrond is nie en nie deur die Gees van God gegee is nie - m.a.w., watter wyn is dit wat iemand drink? 
Hierdie beeldspraak van "dronk word" verwys na kennis en wysheid (wat aangeneem word) wat veroorsaak dat mense sondig ( http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html) - kyk bv. na Openb. 17:2 en hoe hulle dronk word van die "wyn van haar hoerery". In konteks met die res van die Skrif en wat dit beteken om "dronk te wees" (hier nie letterlik bedoel) (en m.a.w. "OM NIE NUGTER TE WEES NIE), gaan dit oor losbandigheid en die wat die waarheid verdraai (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/wees-nugter.html). Die "vrou" in Openb. 17 laster en beweeg ander om eerder haar waarheid aan te neem as "wat die waarheid regtig is" - vgl. dit met die tema van valse profete. "Dronk gelowiges" (NIE VERWYSEND HIER NA DIE WAT DRONK IS VAN DIE GEES NIE!) se sinne is bedorwe - meer presies verduidelik die skrif dat so iemand se gedagtes bedorwe is en dat hy gevang is om die wil van die duiwel te doen (2 Kor. 10,11).  Hulle word rondgeslinger deur allerhande en vreemde leringe (Heb. 13:9). En al is hulle verkeerd, glo hulle later hulle is reg... (Rom. 1:21,24).  Dit is die wat nie ag gee op die waarheid nie - hulle soek nie werklik die koninkryk en die waarheid nie en is daarom nie gehoorsaam aan Christus nie, maar dien hulleself, hulle eie manier van sien en besluit self wat hulle dink is reg en verkeerd en maak eie wette van wat hulle dink die Here van ons verwag - hulle kom godsalig voor, maar dit is gebou op valse waarheid. 
--------------------------------------------
Nog skrifte wat te doen het met "dronk word van sonde" of hoe die Here mense dronk maak met die beker van Sy grimmigheid:
(Pro 4:17)  Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.
--------------------------------------------
(Jer 23:9)  Wat die profete betref—my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos ‘n dronk man en soos ‘n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die HERE en sy heilige woorde.
(Jer 23:10)  Want die land is vol owerspelers; want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg.
(Jer 23:11)  Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die HERE.
---------------------------------------------
(Jer 25:15)  Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur,
(Jer 25:16)  dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle stuur.
---------------------------------------------
(Jer 51:7)  Babel was in die hand van die HERE ‘n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword.
---------------------------------------------
(Rev 14:9)  En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
(Rev 14:10)  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.
---------------------------------------------
(Rev 17:1)  En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,
(Rev 17:2)  met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.
----------------------------------------------
(Rev 19:11)  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
(Rev 19:12)  En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
(Rev 19:13)  En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
(Rev 19:14)  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
(Rev 19:15)  En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
(Rev 19:16)  En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
-----------------------------------------------------------------------
(Rev 16:18)  En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.
(Rev 16:19)  En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.
(Rev 16:20)  En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;
(Rev 16:21)  en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.
___________________________________________________________________________________