Wys tans plasings met die etiket morester. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket morester. Wys alle plasings

Vrydag 24 November 2017

Beeldspraak van "ster" en skyn" (en Môrester); Kinders vd dag

Daar is 'n geloof onder sekere groepe dat mense hulle plek inneem onder die (letterlike) sterre van die hemel wanneer hulle doodgaan - hierdie geloof is natuurlik glad nie wat die Skrif leer nie, maar dat "sterre" in BEELDSPRAAK somtyds in die Skrif gebruik word in verband met mense is ook nie verkeerd nie. O.a. word Josef se broers voorgestel soos sterre in Josef se droom; en die vermeerdering van Abraham se nageslag voorgestel as sodanig "soos die sterre vd hemel" (maar ook "soos die sand wat aan die seestrand is")(Gen 22:17; Deut. 1:10).  In Num. 24:17 word die Messias genoem " 'n ster wat te voorskyn kom uit Jakob". Die wyse manne uit die ooste wat in Jerusalem aangekom het (in Matt. 2:2-10), het geweet dat die Koning van die Jode (die Messias) gebore is OMDAT hulle sy ster gesien het - in hierdie opsig was 'n werklike ster ook 'n bewys van Sy geboorte (nie dat Hy die fisiese ster was nie, maar dat die ster 'n TEKEN was van Sy geboorte). Christus Jesus noem Homself ook die blink môrester in Openb. 22:16. Christus word verder voorgestel as die lig wat in die duisternis skyn (Joh. 1:5). Hy is die LIG UIT DIE HOOGTE wat ons besoek het (Luk. 1:78), om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit...

Die profetiese woord word ook soos 'n lamp voorgestel (wat in 'n donker plek skyn)(2 Pet. 1:19).  Amper asof dit op die aarde huidiglik voorgestel word as 'n DONKER PLEK en DIE DAG HET NOG NIE AANGEBREEK NIE (1 Pet. 1:19) - maar die dag kom! Gaan ons terug na die begin van Genesis, dan sien ons dat die aarde letterlik woes en leeg en onder water was aan die begin, EN DONKER! (en duisternis was op die wêreldvloed - Gen. 1:2).;  maar in bg. sin waar dit nou voorgestel word as 'n donker plek, is dit  natuurlik figuurlik bedoel en verwys eerder na die toestand van die mens as na die aarde, alhoewel die toestand vd mens ook 'n invloed het op die aarde... (bv., sonde het 'n invloed op die aarde http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/06/wanneer-is-die-einde-van-die-wereld-en.html).  Solank die dag nog nie aangebreek het nie, is Christus en die profetiese woord soos 'n lig wat skyn in die duisternis. In Openb. 1:16 en 20 word die engele (boodskappers) vd (Christelike) gemeentes ook voorgestel soos "sterre" - sekerlik omdat hulle die profetiese woord vir die mense bring.  Hulle bring m.a.w. vir hulle die "lig".

God is die Een wat lig uit duisternis kan laat skyn, en dit is Hy wat in ons harte skyn om verligting aan te bring van kennis (vd heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus)(2 Kor. 4:6).  Die ongelowiges se sinne is nog verblind (dit is donker vir hulle), en die VERLIGTING VAN DIE EVANGELIE skyn nie op hulle nie (2 Kor. 4:4).... (hulle verstaan nie die evangelie nie en "SIEN" nie).  Maar Christus, wat die blink môrester is, is 'n lig vir die gelowiges. Gelowiges "sien" anders as die ongelowiges, bv.: -al word hulle verdruk, is hulle nie teneergedruk nie;  en al voel hulle daar is geen uitweg nie, is hulle nie radeloos nie (2 Kor. 4:8);  en al word hulle vervolg, is hulle nie verlate nie; en al word hulle neergewerp, kan hulle nie vernietig word nie! (2 Kor. 4:9).  Gelowiges "SIEN" (hulle het 'n LIG), maar vir die ongelowiges is dit DONKER. Ongelowiges word verder voorgestel soos mense wat (in die dode slaap), maar gelowiges as "die wat opstaan uit die dode"!, en Christus skyn oor hulle (Ef. 5:14). Die wat in Christus glo sal wel eendag deur Hom ook letterlik opgewek word tot lewe, maar huidiglik is die gelowige ook soos iemand wat opstaan uit die dode (waarvan die Christelike doop o.a. 'n teken is - http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html - in konteks verwys dit na die wat begin lewe vir Christus en die "ou lewe" (wat soos dood voorgestel word), afle.   Hulle WAS vroeër IN DUISTERNIS (en kon nie "sien" nie), maar IS NOU IN DIE LIG VAN DIE HERE (Ef. 5:8)(en kan nou "sien").  Kinders van die lig wandel ook soos kinders van die lig (Ef. 5:8) - dade en optrede is dus 'n bewys van of iemand 'n kind is vd lig, of 'n kind vd duisternis. Kinders van die Here word bv. deur Christus voorgestel as "die lig van die wêreld" (Matt. 5:14), en word beveel om hulle lig te laat SKYN oor die mense.  Wat is dit wat die mense moet sien?  Wat is dit wat oor die mense skyn?, m.a.w. "wat is dit wat in die donker skyn"?  - (Mat 5:16 - "Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik"). In hierdie skrifgedeelte verwys dit na goeie werke (natuurlik verwysend na goeie werke uit gehoorsaamheid aan die Here - http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/goeie-vrug-en-goeie-werke.html) is soos lig wat in die duisternis skyn, en behoort by kinders van die lig.

In Openb. 2:28 sien ons 'n interessante belofte wat die Here maak aan die wat daar oorwin: "En Ek sal hom die môrester gee". Kyk ons na die konteks in hierdie gedeelte van wie dit is wat gesien word as oorwinnaars, is dit die wat nie ag gegee het op valse leerstellings nie en vashou tot Christus terugkom. Maar wat presies hierdie môrester na verwys (wat aan hulle belowe word), is natuurlik 'n punt van redenasie, maar kan vgl. word met 2 Pet. 1:19 wat verwys na hoe die morester sal opgaan in gelowiges se harte WANNEER DIE DAG AANBREEK... Vgl. dit gerus ook met Matt. 13:43 - "Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor". Net soos Christene huidiglik GEESTELIK opstaan in 'n nuwe lewe - m.a.w., opstaan uit die dood om te lewe vir Christus (en dus die ou lewe van duisternis afle), en dus opstaan uit die duisternis, net so sal hulle eendag LETTERLIK opstaan tot ewige lewe (nuwe liggame) - wat lyk of dit voorgestel word soos "die morester wat opgaan in hulle harte".  - dan breek die dag aan!... - m.a.w., dit gebeur wanneer Christus terugkom. Vgl. dit ook met Dan 12:3, wat spesifiek gaan oor die tyd van DIE OPSTANDING - "En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos".  Dit beteken nie dat hulle in sterre gaan verander nie, maar gaan oor hulle glans (hulle is kinders van die dag). Maar hoekom word die beeldspraak van "morester" ook gebruik ten opsigte van die "koning van Babel" in Jes. 14? - want duidelik is die "man" waarvan daar gepraat word  nie 'n kind van die dag nie! (man of koning van Babel verwys sekerlik hier na die anticrhis - baie geleerdes noem hierdie "koning van Babel" die duiwel, wat ook nie noodwendig verkeerd is nie, want die duiwel sal hom sy mag gee...).  Dit is wat ons moet verstaan oor die beeldspraak van "môrester", is dat dit nie gaan oor om 'n naam vir iemand te gee nie, maar dat dit gaan oor die betekenis daarvan (m.a.w., waarna verwys "morester" of "seun van dageraad"?), want vir die nasies sal hierdie man in Jes. 14 wees soos 'n seun van die dageraad (Jes. 14:12) - "seun van dageraad" verwys na die wat lig bring. (2Kor. 11:14,15 - "....... die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig". Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke"). Vir die wereld sal die antichris 'n lig wees soos Christus 'n lig is vir die Christen.  Vir die wereld sal die antichris se kennis 'n lig wees (bv. die valse profeet se woord), maar vir die Christen is die profetiese woord en waarheid wat Christus gebring het, 'n lig.
Christus Jesus is nie net enige morester nie, maar "die blink môrester" (Openb. 22:16) - Hy is die werklike Lig! (Luk. 1:78; Joh. 1:4, 7-9; 9:5; 12:36; Luk. 2:32). Christus Jesus is soos 'n lig (is die Lig) wat in die donker skyn sodat ons kan SIEN (kan dus voor ons in die pad sien, gevare raaksien ens.). Die wat nie vir Christus Jesus ken nie, is soos mense wat in die donker stap - hulle kan nie SIEN nie.  Op dieselfde wyse is die profetiese woord en die waarheid wat Christus gebring het, vir ons 'n lig.

Ons is ook wel bekend met die seëning wat die Here Aäron beveel het om oor die kinders van Israel uit te spreek:  "Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee" (Num. 6:24-26). As die Here Sy aangesig oor iemand laat skyn, dan spreek dit van GENADE (Num. 6:25) - Hy seen die oor wie Hy GENADIG is - bv.,  "SKYN LIG " oor hulle planne... Job het graag hierdie beeldspraak gebruik en het bv. op 'n stadium die Here kwalik geneem omdat dit lyk of Hy hom (Job) veroordeel maar Sy lig laat skyn oor die goddelose... (Job 10:3). Wanneer die Here 'n lig skyn oor iemand se planne of pad ('n lig skyn oor sy weë), dan is Hy GENADIG teenoor so iemand en sy wee geseend en kom tot stand (Job 22:28). Wanneer die Here IEMAND SE LAMP LAAT SKYN, dan laat Hy die duisternis opklaar - Hy gee bv. verlossing vir die verdruktes, en verhoog die nederiges (Ps. 18:26-29; 31:15-17; 80:3,4). Hierdie is nie iets wat die Christen altyd ervaar in sy huidige lewe nie want hy gee sy lewe op ter wille van Christus, maar wanneer Christus terugkom sal Hy uiteindelik verlossing gee en die hoogmoediges verneder - daarom is Sy wederkoms ook 'n tyd waarna verwys word as 'n tyd wanneer die dag aanbreek (nie net vir die gelowiges nie, maar ook vir die aarde omdat die bloedskuld uit die land verwyder sal word).   Dit is ook in hierdie konteks wat Dawid verstaan het wat dit beteken as die Here "Sy aangesig oor iemand laat skyn" (Ps. 119:35) - (Psa 67:1)  Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n Psalm. ‘n Lied. (67:2) Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela". Wanneer Christus terugkom, dan breek die dag aan! - al die nasies vd aarde sal die Here se weg ken en sal Hom loof en bly wees en jubel omdat Hy hulle regverdig oordeel - die Here sal die nasies op aarde lei en hulle sal Hom vrees en loof. Die Lig sal onder hulle woon (Christus, die blink Morester) en hulle sal die kennis van die Here heeltyd onder hulle he (die profetiese woord en Sy waarheid). Verder sal almal (asook die aarde), Sy seen kan ervaar (Ps. 67:2-8).  In hierdie konteks verstaan ons wat bedoel word met die woorde, "Hy Sy aangesig by hulle laat skyn" (v.2). 
_________________________________________________________________________________

Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe 
(1 Thess. 5:5-10).

_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html
_________________________________________________________________________________
SKRIFTE:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Job 10:2)  Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.
(Job 10:3)  Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

(Job 22:28)  Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ‘n lig.

(Job 25:5)  Kyk, selfs die maan—hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.

(Psa 18:26)  (18:27) by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
(Psa 18:27)  (18:28) Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.
(Psa 18:28)  (18:29) Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar.

(Psa 31:15)  (31:16) My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
(Psa 31:16)  (31:17) Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

(Psa 80:3)  (80:4) o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

(Psa 119:135)  1Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Num 24:17)  Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ‘n ster kom te voorskyn uit Jakob, en ‘n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.

Mat 2:2  en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.............
Mat 2:7  Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra; .....................
Mat_2:9  En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was. 
Mat_2:10  En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug. 

Openb. 22:16  Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester

(Joh 1:1)  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
(Joh 1:2)  Hy was in die begin by God.
(Joh 1:3)  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
(Joh 1:4)  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
(Joh 1:5)  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

(Luk 1:76)  En jy, kindjie, sal ‘n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;
(Luk 1:77)  om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,
(Luk 1:78)  deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,
(Luk 1:79)  om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.

(Joh 5:35)  Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir ‘n tyd in sy lig te verbly.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Gen 37:9)  Daarna het hy nog ‘n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ‘n droom gehad—die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Hand. 7:43)  Ja, julle het die tent van Molog opgeneem en die ster van julle god Remfan, die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant Babilon wegvoer.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Jes. 14:12  Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! ("koning van Babel")
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

2Pe_1:19  En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte

(2Co 4:6)  Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

(Ef. 5:14)  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.

(Num 6:25)  die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

Openb. 2:28  En Ek sal hom die môrester gee. 

(2Kor. 4:3)  Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
(2Kor. 4:4)  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

(Rev 1:20)  die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Job 10:2)  Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.
(Job 10:3)  Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

(Job 22:28)  Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ‘n lig.

(Job 25:5)  Kyk, selfs die maan—hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.

(Psa 18:26)  (18:27) by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
(Psa 18:27)  (18:28) Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.
(Psa 18:28)  (18:29) Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar.

(Psa 31:15)  (31:16) My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
(Psa 31:16)  (31:17) Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

(Psa 80:3)  (80:4) o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

(Psa 119:135)  1Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.

(Psa 67:1)  Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n Psalm. ‘n Lied. (67:2) Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.
(Psa 67:2)  (67:3) Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.
(Psa 67:3)  (67:4) Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
(Psa 67:4)  (67:5) Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.
(Psa 67:5)  (67:6) Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
(Psa 67:6)  (67:7) Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.
(Psa 67:7)  (67:8) God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 5:14)  Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
(Mat 5:15)  en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
(Mat 5:16)  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

(Mat 13:43)  Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
_________________________________________________________________________________