Wys tans plasings met die etiket leers van die hemel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket leers van die hemel. Wys alle plasings

Vrydag 19 Februarie 2016

Die Skepping (5)

Vir die ander dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
-  TWEEDE DEEL (opdeling en uitleg van skepping): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-2.html

-  DERDE DEEL (aan/langs/bo uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-3.html

-  VIERDE DEEL(die hemel daarbo/hoogste hemel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-4.html

-  VYFDE DEEL (verskillende elemente v/d hemel en uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-5.html

-  SESDE DEEL (Jesus Christus se mag op hemel en aarde): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-6.html

-  SEWENDE DEEL (dit wat onder die aarde is): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-7.html
_________________________________________________________________________________
PSALM 104:
WAT KAN ONS  LEER OOR "DIE SKEPPING" VOLGENS PS. 104?

(Psa 104:1)  Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed—
(Psa 104:2)  wat Uself omhul met die lig soos met ‘n kleed, wat die hemel uitspan soos ‘n tentdoek;
(Psa 104:3)  wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
(Psa 104:4)  wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.
(Psa 104:5)  Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
(Psa 104:6)  U het dit met die wêreldvloed soos met ‘n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.
(Psa 104:7)  Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik—
(Psa 104:8)  berge het opgerys, laagtes het weggesak—na die plek wat U vir hulle reggemaak het.
(Psa 104:9)  ‘n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
(Psa 104:10)  Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.
(Psa 104:11)  Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.
(Psa 104:12)  By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.
(Psa 104:13)  Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.
(Psa 104:14)  Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,
(Psa 104:15)  en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.
(Psa 104:16)  Die bome van die HERE word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het;
(Psa 104:17)  waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.
(Psa 104:18)  Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is ‘n skuilplek vir die dasse.
(Psa 104:19)  Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.
(Psa 104:20)  U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.
(Psa 104:21)  Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.
(Psa 104:22)  As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.
(Psa 104:23)  Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.
(Psa 104:24)  Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!
(Psa 104:25)  Daar is die see, groot en alkante toe wyd—daar is ‘n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.
(Psa 104:26)  Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel.
(Psa 104:27)  Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.
(Psa 104:28)  U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.
(Psa 104:29)  U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.
(Psa 104:30)  U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
(Psa 104:31)  Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,
(Psa 104:32)  Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.
(Psa 104:33)  Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.
(Psa 104:34)  Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE!
(Psa 104:35)  Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!
_________________________________________________________________________________

SKRIFTE OOR "HEMEL" WAT maklik VERKEERD GEINTERPRETEER KAN WORD:
(dit is belangrik om te besef dat waar daar na "hemel" verwys word in die Skrif, dit na een van 3 kan verwys, nl. na die deel waar die voels vlieg, of na die deel waar die son, maan en sterre is;   of na waar God woon.

-(Deu 1:28)  Waarheen moet ons optrek? Ons broers het ons hart laat versmelt deur te sê: Dit is ‘n volk groter en hoër van gestalte as ons; die stede is groot en tot aan die hemel (H8064 - "SKY") versterk; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.-  VERWYS HIER NA DIE LUG NET BOKANT, M.A.W. WAAR DIE VOELS VLIEG.
(kyk ook Deut. 9:1)

- DIE TORING VAN BABEL: (Gen 11:4)  En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie. - ONS WEET NIE HOE HOOG HULLE GEGAAN HET NIE, maar geleerdes is eerder van mening dat die kwessie nie gaan oor hoe hoog hulle gebou het nie, maar dat die toring van Babel 'n afgodstoring was....  


_________________________________________________________________________________
Naam bestendig onder hemel / uitdelg onder hemel:

'n Naam is belangrik en elkeen wil graag hulle naam laat bestaan. Die mens heg waarde aan 'n naam wanneer iemand suksesvol is in wereldse terme, maar die Here heg waarde aan 'n naam wanneer iemand Hom dien / wanneer 'n persoon ag gee op Sy Skepper.  Die goddeloses en ongehoorsames se name sal nie onthou word nie, want die Here sal hulle name uitdelg sodat dit ONDER DIE HEMEL vedwyn:

(Deu 7:24)  Ook sal Hy hulle konings in jou hand gee, dat jy hulle naam onder die hemel kan laat verdwyn; niemand sal teen jou standhou totdat jy hulle verdelg het nie.
(kyk ook Deut. 9:14; 25:19; 29:20)

Geen geskiedenisboek in hierdie wereld kan 'n naam vir ewig ophemel nie, want die Here sal besluit watter name staande bly...

(Deu 11:21)  sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat die HERE aan julle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die hemel bo-oor die aarde.

(Psa 89:28)  (89:29) Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas.
(Psa 89:29)  (89:30) En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.

(Isa 66:22)  Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.

_________________________________________________________________________________
Hemel en aarde as getuies:

(Deu 30:19)  Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,
(Deu 31:28)  Laat al die oudstes van julle stamme en julle opsigters by my vergader, dat ek voor hulle ore hierdie woorde kan spreek, en teen hulle die hemel en die aarde as getuies kan neem.

(Deu 4:26)  dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word.
_________________________________________________________________________________

Leërs van die hemel:

DIE TERM "leër/s van die hemel" VERWYS in meeste gevalle in die Skrif NA DIE SON, MAAN EN STERRE (Deut. 4:19; 17:3; 2 Kon. 23:5; Sef. 1:5; Jer. 8:2; Hand. 7:42,43)(vgl. ook Gen. 22:17 en Jer. 33:22), maar kan natuurlik ook verwys na die leërs in die hoogste hemel (Openb. 19:14).  Dieselfde woord vir "leër/mag" word in die Hebreeus in Gen. 2:1 gebruik:  (Gen 2:1 - "So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag")  -  "leër/s van die hemel" verwys spesifiek na die leermag VAN DIE HEMEL, spesifiek verwysend na die ligte.  En alhoewel meer gebruik in beeldspraak in Dan. 8:10 (want "sterre word ook vgl. met die nageslag van God se volk), sien ons die vgl.  (Dan 8:10) tussen leërmag en sterre:  "En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap".

Verse waar afgodsaanbidding tot leer van die hemel genoem word:
(2Ki 17:16)  En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, ‘n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Baäl gedien.
(2Ki 21:3)  En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Hiskía verniel het, en altare opgerig vir Baäl en ‘n heilige boomstam gemaak, soos Agab, die koning van Israel, gemaak het, en hom gebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;
(2Ki 21:5)  En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die HERE;
(2Ki 23:4)  Toe gee die koning die hoëpriester Hilkía en die priesters van die tweede rang en die drumpelwagters bevel om uit die tempel van die HERE al die voorwerpe uit te bring wat gemaak is vir Baäl en Asjéra en die hele leër van die hemel; en hy het dit buitekant Jerusalem in die velde van Kidron verbrand en die as daarvan na Bet-el laat dra.
(2Ki 23:5)  En hy het die afgodspriesters uitgeroei wat deur die konings van Juda aangestel was om op die hoogtes in die stede van Juda en in die omgewing van Jerusalem rook te laat opgaan, en ook die wat vir Baäl, vir die son en die maan en die sterrebeelde en die hele leër van die hemel offerrook laat opgaan het.

(Isa 47:13)  Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; laat hulle tog optree en jou red—die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom.

(Jer 10:11)  so moet julle vir hulle sê: Die gode wat die hemel en die aarde nie gemaak het nie, sal vergaan van die aarde af en onder hierdie hemel uit—

(Jer 19:13)  En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein; naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel en drankoffers uitgegiet het vir ander gode.

(Zep 1:5)  en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom.

(Act 7:42)  Maar God het Hom afgewend en hulle oorgegee om die leër van die hemel te dien, soos geskrywe is in die boek van die profete: Julle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel?
________________________________________________________________________________
God is in beheer:

(Jos 10:13)  Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ‘n volle dag.

(Amo 9:2)  Al dring hulle deur in die doderyk, my hand sal hulle daaruit haal; en al klim hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar laat neerdaal.

(Deu 4:39)  daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.

(Deu 33:26)  Niemand is daar soos God, o Jesúrun, wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.

(2Sa 22:8)  Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was. - Ons sien baie dinge wat sal gebeur met die aarde aan die einde van dae wanneer Jesus terugkom, en ook wat spesifiek genoem word van die leers van die hemel, hoe die son swart, maan rooi, sterre val ens.  

Hierdie hemel en aarde sal verbygaan (Matt. 24:35), maar die Here se woorde, en die nuwe hemel en aarde sal bly staan (Jes. 66:22).
_________________________________________________________________________________